WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 35
R7.50
Friday, September 10, 2021
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 9 September
Vrydag 10 September
8° 29°
8° 25°
Saterdag 11 September
Avoid transmission
Sondag 12 September
7° 25°
6° 21°
Ceres Koekedouw dam
100%
(023) 316-2463 Lesing: 2021/09/08
Telephone: (023) 316-2021
For T&C’s visit www.steers.co.za
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Karoo-inwoner in koma na motor hom tref ‘n MAN wat Januariemaand deur die polisie in sy arm geskiet is nadat hy ‘n polisielid se vuurwapen gegryp het, kon die week nie sy hofsaak op Ceres bywoon nie. Die 37-jarige Carlo Saayman van die plaas Bullaagte in die Ceres Karoo moes Maandag 6 September in die Ceres landdroshof verskyn het op ondermeer aanklagte van aanranding op ‘n polisielid, die polisie verhinder om hul werk te doen en die rig van ‘n vuurwapen. Die voorval het vroeër vanjaar op 30 Januarie plaasgevind. Saayman kon egter nie die saak bywoon
nie omrede hy op 7 Augustus ernstig beseer is toe ‘n onbekende motorbestuurder hom naby Karoopoort raakgery het waar hy langs die pad gestap het. Die bestuurder het nie gestop nie en het weggery. Saayman is blykbaar nog in ‘n koma in die Tygerberg hospitaal. Agtergrond Saayman is op 30 Januarie omstreeks 16: 50 deur ‘n Ceres polisielid in die arm gewond. Die polisie is uitgeroep na die plaas op die Patatsrivier grondpad nadat Saayman se meisie gekla het dat hy hul kind al ‘n week by hom hou. Sy is saam met die polisie om die kind te gaan haal. Saayman het na bewering oproerig geraak en een van die polisielede
se vuurwapens gegryp. Die ander polisielid het daarna twee skote afgevuur waarvan een hom in die arm getref het. Saayman is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Hy is Sondag 31 Januarie na die Worcester hospitaal oorgeplaas en op 1 Februarie ontslaan. Saayman ontken die beweringe teen hom. Die polisielid wie se dienspistool Saayman na bewering gegryp het, het ook klagtes teen hom gelê. Saayman word ondermeer aangekla van aanranding op ‘n polisielid, die polisie verhinder om hul werk te doen en die rig van ‘n vuurwapen.
Dam loop oor
DIE Ceres Koekedouwdam was Dinsdag 7 September 100% vol en het Woensdag 8 September begin oorloop. Op 24 September 2018 het die dam vir die eerste keer sedert 2014 oorgeloop. Die jare tussenin het die streek egter ‘n erge droogte ervaar. Op 1 September 2020 het die dam weer oorgeloop en nou skaars ‘n jaar later, het die dam weer begin oorloop. * Volgens Hortec Ceres se statistieke het die Warm Bokkeveld-area van Januarie tot begin September meer as 725 mm reën ontvang.
From R3 799 p/m* ON GUARANTEED FUTURE VALUE *T’s & C’s apply.
Voortrekkerstr. 112, CERES Steyn, Arno, Giepie of Andre (023) 312-1057
Polisie soek na vermiste vrou DIE Tulbagh polisie, die gemeenskap en Pink Ladies is opsoek na Griet Claasen (66). Griet, wat swaksiende is, word sedert 28 Augustus vermis. Sy is die laaste keer op die plaas Dennegeur gesien in ‘n blou en swart baadjie, grys broek met geel strepe en swart skoene. Indien iemand weet waar sy haar bevind, kan hulle s/sers. Jacobs skakel by Tulbagh SAPD (023) 230-8100 of 074-765-5898. * Die polisie het haar teen Woensdag nog nie opgespoor nie. Polisieduikers fynkam nou die rivier.