Witzenberg Herald Vol.26 no.35 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Taxi tref man langs pad

‘n PLAAGBEHEERVOORMAN (60) van Goosen boerdery is Maandagoggend tragies dood nadat hy deur ‘n minibus taxi langs die pad getref is. Die voorval het omstreeks 08:15 by die Bella Vista-kruising plaasgevind. ‘n Bakkie van Goosen boerdery het vroeër die oggend langs die pad gaan staan waarna ‘n tweede voertuig kom help het. Hendrik Lakay (foto links), wat die laaste twee jaar vir Goosen boerdery gewerk het, is opslag dood nadat hy in die Toyota bakkie wat in die geelstreep geparkeer was, wou klim. Die minibusbestuurder, Moso Mokete, het hom langs die bakkie getref terwyl dié minibus besig was om in die middel tussen die twee plaasbakkies en 'n polisiebakkie, deur te ry. ‘n Strafbare manslagsaak word deur Ceres speurders ondersoek.

DINSDAGOGGEND was dit bibberkoud toe daar oornag en vroegoggend ligte sneeu in die Matroosbergomgewing geval het. Berge rondom Ceres en Worcester was met ‘n sneeukleed bedek. Die oggend omstreeks 08:50 het die sneeu nog geval maar later die middag vinnig gesmelt. Plaaswerktuie op Matroosberg en Erfdeel was ook met ‘n sneeulaag bedek.

* Gedurende Augustusmaand is 110.6 mm in die Warm Bokkeveld (Ceres) gemeet terwyl daar op Bo-Swaarmoed 39 mm gemeet is, Romansrivier (Wolseley) 73.9 mm en by Winterhoek (Tulbagh) is 48.3 mm gemeet. Tussen 1.1 en 6.7 mm is van 1-5 September in die Witzenbergstreek gemeet.

Skieter slaan op die vlug na hy man doodskiet

SPEURDERS ondersoek ‘n moord nadat ‘n man in Nduli doodgeskiet is.

‘n Taxi-eienaar van Nduli, Bonginkosi Chepane (35) is verlede Vrydag omstreeks 20:00 in Eluxolwenilaan doodgeskiet. Die skieter het gevlug. Geen verdere inligting is oor die voorval bekend nie.

(023) 312-1057

Arno, Pierre, Andre of Giepie Voortrekkerstraat 112, CERES

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 35 R 8.50 Friday, 8 September 2023 CERES KOEKEDOUW DAM 100% TULBAGH DAM 100% WAVERENSKROON TULBAGH 42% Lesings geneem: 2023/09/06
Donderdag 7 September 3° 22° Vrydag 8 September Saterdag 9 September Sondag 10 September 5° 23° 5° 23° 1° 14° (023) 312-1916 312-1916 (023) 312-1916 312-1916 CERESCERES CERESCERES CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
4-Da4-Da
Ceres het die week gebibber na skielike sneeu
FOTO: Cordre Smith
48
FROM P/M *Model shown for illustrative purposes only. While stocks last and subject to change without prior notice. Errors and omissions excepted. Includes R1 207,50 Initiation fee and R69 monthly administration fee. Fees as prescribed as per the National Credit Act. Initiation Fees for juristic entities falling outside of the National Credit Act is 1,2% of the financed amount up to a maximum of R7 500 and will adjust the advertised payment accordingly. The Toyota FutureDrive Guaranteed Future Value offer is based on 20 000kms per annum, variable interest rate may change and will adjust the advertised payment accordingly. Toyota Financial Services (South Africa) Limited. An Authorised Financial Services (FSP No. 7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62). Ts & Cs Apply. P/M R404 400 12,38% R299 256 0% RETAIL PRICE DEPOSIT NO OF INSTALLMENTS INTEREST RATE GURANTEED FUTURE VALUE R404 400 256 RETAIL DEPOSIT NO INSTALLMENTS INTEREST GURANTEED
R6 099

Skool bedank hulle borge

BELLA Vista Hoërskool wil met die skrywe alle donateurs, wat ‘n bydrae gemaak het tydens ons jaarlikse derby teen Ceres Sekondêr, hartlik bedank vir elkeen se onbaatsugtige diens aan ons skool.

Dit beteken regtig baie vir ons skoolgemeenskap en omgewing en elkeen se ondersteuning is vir ons van onskatbare waarde.

Die volgende donateurs word bedank vir hul bydraes: Beauty by Jamey, Rocky River Spur, Anna’s (André Paxton), Montana Lounge, Colourful Zone, Edwaan’s Hairspa, The Mint Blossom, Bradley’s Photography, Witzenberg Apteek, Bronwynne Davids, Clint Aplon, Marina Potgieter en Jacobus Spamer (De Keur), Stephen de Wet en Randall Julius.

It was indeed a very successful day and it would not have been possible without your contribution. This event brought these communities together to celebrate and compete in different forms of sport and we are thankful for the opportunity you gave to our underprivileged learners to feel that they are being celebrated for their talent in sport.

Basaar feestelik en lekker!

HUIS Maudie Kriel het die naweek ‘n baie geslaagde basaar aangebied. “Groot dank aan ons Hemelse Vader vir Sy voorsienigheid met die basaar op Saterdag 2 September. Baie dankie aan die Witzenberg gemeenskap vir hulle betrokkenheid en die skenkings wat aan ons gemaak is. Dankie ook aan elke sameroeper van die verskillende tafels asook die beheerraad en personeel vir hul hulp en insette. Vanjaar se basaar was weer feestelik, vrolik en lekker!”

IDA Kok, Tulbagh se Loslitdag ambassadeur, het die graad R-leerders van Laerskool Waveren besoek. Op die foto verskyn Ida Kok en Carla Louw saam met die kleintjies. Ida ook haar verskyning in die dorp gemaak en gesorg vir pret. Hier hang sy uit saam Marlene Fritz van

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure: Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:30

Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstr. 4, Ceres (ingang Lyellstr. - oorkant Ceres Cycles)

The Ceres Chase - Amazing Race is an initiative from Ceres Tourism and the Ceres Togryers Museum, in conjunction with the Witzenberg Rural Development Centre. The race will take place on Monday, 25 September 2023 and the entry fee is R120 per team (teams consist of 2 people). The entry fee also includes a race kit. Competing teams will be asked to complete a challenge at each location and upon successful completion, you will receive a clue for the next location. The whole race will be done on foot.

Registration for the race will be from 08:00 and the race will start at 09:00 from the Ceres Tourism Bureau. There will be lots of prizes up for grabs.

To book your spot, please send your information (name and contact details) to Ceres Tourism at (023) 316-1287 or info@ceres.org.za by Wednesday, 20 September 2023.

Come join us for a family fun adventure race as we crown the 2023 Ceres Chase Champs!

2 l WITZENBERG HERALD l 8 SEPTEMBER 2023
Tulbagh Spar.

LEAP gaan bydra tot beter veiligheid in Wes-Kaap

MET ‘n begroting van meer as R745 miljoen vir die huidige boekjaar wil die Wes-Kaapse department van polisietoesig en gemeenskapsveiligheid beter veiligheid in die hele Wes-Kaap verseker deur verbeterde samewerking tussen munisipaliteite. Reagan Allen, LUR van die department, sê die begroting word bestee aan verskeie programme om misdaad oor die provinsie heen te bekamp. Allen se departement het in Augustus begin om die munisipaliteite te skakel en sê dat die samewerking met die bekamping van misdaad in die provinsie versterk gaan word. Hy het ook met die Kaapse Wynland-distrikmunisipaliteit gesels wat Ceres insluit. Die doelwit is onder meer om die Wes-Kaap se veiligheidsplan en die Wetstoepassingsbevorderingsprogram (Leap) te bespreek. Hy sê die provinsiale veiligheidsplan, wat in 2018 van stapel gestuur is, fokus spesifiek daarop om die moordsyfer teen 2029 met 50% te verminder. * Afgevaardiges van die Kaapse Wynland-distrikmunisipaliteit verlede week hier saam met Reagan Allen op Ceres afgeneem.

Vier in hof vir moord

VIER moordbeskuldiges in die Reneé Jainmoordsaak van 2021, het verlede week onder swaar polisieteenwoordigheid in die Wolseley landdroshof verskyn.

Twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (25) en Anthony Schippers (22), het saam met Frederick (Freddy) Lottering (37), wat voorheen aan ‘n moord skuldig bevind is en ‘n gewese polisieman van Piketberg, Maurice Arries (48), in die hof verskyn. Ook die ondersoekbeampte in die saak het saam met ‘n lyfwag by die hof opgedaag.

Die vier mans staan tereg op aanklagte van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorko-

Jong meisie (13) sterf skielik

DIE Rijk Tulbagh skoolgemeenskap en inwoners van die dorp, is in skok na die skielike dood van ‘n jong leerder, Rolé Wessels (13).

Sy is Maandagoggend na die Ceres hospitaal gehaas waar sy later oorlede is. Dit is nie bekend waaraan sy oorlede is nie. Rijk Tulbagh privaatskool, het Woensdag die verklaring uitgereik en ondermeer op Facebook geplaas:

harte en in die liefdevolle herinneringe wat ons van haar het. Haar nalatenskap sal ons altyd herinner aan die wonder van ‘n jong persoon wat ‘n groot verskil in die wêreld gemaak het.

Met dankbaarheid vir die voorreg om Rolé te geken het en met ‘n biddende gedagte aan haar gesin, bied ons hierdie huldeblyk aan ‘n onvergeetlike leerder.

FREDDY Lottering (37) en Maurice Arries (48).

ming van georganiseerde misdaad.

Ondersoek

Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Reneé Jain (51) van Kaapstad, ingebreek en haar vermoor.

Dié inbrekers was deel van ‘n groep mans wat by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof ingebreek het.

Jain was die betrokke aand alleen by die huis. Sy is vermoedelik net na 23:00 dood nadat sy in die huis oorval, gewurg en vermoor is.

Visagie en Schippers is in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede.

Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, wat reeds gevangenisstraf uitdien, is onlangs bygevoeg as verdagte.

Die staat voer ook aan dat Lottering, Visagie en Schippers lede is van die Junior Cisko Yakkies (JCY’s) bende. Arries het die bende gehelp om as ‘n groep dié misdrywe te pleeg. Dit sluit klagtes van moord, huisroof, huisbraak, aanranding en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in.

Die saak is tot 18 Oktober uitgestel sodat Lottering ‘n prokureur kan aanstel en Arries om met sy prokureur te konsulteer.

Dit is met ‘n swaar gemoed en ‘n hart wat oorloop van verdriet dat ons hierdie brief skryf om hulde te bring aan ‘n spesiale leerder wat tragies oorlede is. Rolé Wessels was ‘n ligstraal in ons skoolgemeenskap en haar afsterwe het ‘n gaping gelaat wat nooit weer gevul sal word nie. Rolé het nie net uitgeblink in akademie nie, maar was ook ‘n uitsonderlike atleet, kunstenaar en ‘n medemens wat ‘n onuitwisbare indruk gemaak het op almal wat haar geken het. Haar passie, vriendelikheid en aansteeklike glimlag het ‘n blywende impak op ons skool gehad.

Sy het nooit geskroom om ander te help nie, of dit nou ‘n mede-leerder was wat ‘n hand nodig gehad het, ‘n onderwyser of ‘n gemeenskapsprojek waarvoor hulle hul tyd opgeoffer het. Rolé was ‘n inspirasie vir ons almal om ‘n beter weergawe van onsself te wees en om liefde en vriendelikheid te versprei waar ons ook al gaan. Haar afsterwe het ons almal diep getref en ons sal haar vir ewig mis. Tog wil ons nie net rou nie, maar ook vier wat ‘n ongelooflike persoon Rolé was en hoeveel sy vir ons skool en gemeenskap beteken het.

In hierdie tyd van hartseer, wil ons ook ons opregte simpatie uitspreek aan die gesin en vriende van Rolé. Ons kan nie begin om te verstaan hoe moeilik hierdie tyd vir hulle moet wees nie, maar ons staan aan hul sy en bied ons ondersteuning aan in elke moontlike manier.

Mag Rolé se gees vir ewig voortleef in ons

Rolé word oorleef deur haar ouers, Werner en Rozanne Wessels van Weltevrede, asook ‘n jonger broer. Geen begrafnisreëlings was teen Woensdag bekend gemaak nie.

8 SEPTEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 3 SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa 023 1000 515 info@jptek.co.za
NOLAN Visagie en Anthony Schippers.

Voetganger sterf na motor hom tref

‘n VOETGANGER het op 27 Augustus gesterf toe ‘n Nissan Sentra hom getref het. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 20:30 naby Anna’s tussen Hamlet en Bella Vista plaasgevind. Volgens inligting was die bestuurder, Abré Boer van Bella Vista, alleen in die motor en onderweg van P.A. Hamlet in die rigting van Ceres. * Enige iemand met meer inligting oor die slagoffer, net bekend as Nsidisi, kan die speurders skakel by (023) 313-3133.

Verdun Estates bied ’n werksgeleentheid vir ’n gemotiveerde werkswinkel assistent om aan te sluit by die maatskappy.

WERKSWINKEL ASSISTENT

Verantwoordelikhede : • Algemene instandhouding van voertuie • Algemene instandhouding van plaastoerusting

• Netheid van werkswinkel • Gereedskap kontrole.

Vereistes: • Effektiewe lees- en skryfvaardighede • 3 Jaar toepaslike ondervinding • Moet met basiese instandhouding kan aangaan sonder toesig • Vorige ondervinding in sweiswerk sal in u guns tel • Sober gewoontes • Hardwerkend

• Kennis van boordtrekkers, spuitpompe, algemene plaastoerusting • Moet goed in ‘n span kan werk • ‘n Geldige bestuurderslisensie sal in jou guns tel • ‘n Graad 12 kwalifikasie sal in jou guns tel.

Die maatskappy bied ‘n permanente pos met markverwante vergoeding.

E-pos aansoeke aan: hr@verdun.co.za

Navrae: Mareé Lambrechts (023) 313-3051

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 15 September 2023

Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.

DIE Pine Valley gemeenskap lewe die afgelope maande in vrees na verskeie moorde hier plaasgevind het. Op 20 Augustus het ‘n dubbele moord op twee inwoners weer die woonbuurt geruk. Een van die slagoffers was ‘n 10-jarige kind. Die polisie het talle leidrade opgevolg in hul soektog na die skieter wat vermoedelik van Lesotho afkomstig is en wat in besit was van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Maandag 21 Augustus omstreeks 02:13 het ses polisielede die verdagte in ‘n plakkershuis opgespoor. Polisielede het die verdagte probeer in hegtenis neem waarna hy hom teëgesit en ‘n stoeiery ontstaan het. Die verdagte is op die toneel doodgeskiet. * Vrydag 1 September het die polisielede van die Boland met tientalle voertuie en ‘n helikopter ‘n operasie geloods om onwettige immigrante in die Pine Valley omgewing te soek. Geen verdere inligting was teen Woensdag 6 September oor die misdaadoperasie beskikbaar nie.

Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk. , Suid Afrika se voorkeur prosesseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres, in die Wes Kaap.

MENSLIKE HULPBRONNE KLERK

Met rapportering aan die Menslike Hulpbronne Bestuurder sluit die posbekleër se verantwoordelikhede die volgende sleutelprestasie-areas in:

•Die bedryf van ‘n proses waar die lone en bonusse van werknemers bereken en korrek sowel as tydig betaal word in ooreenstemming met ouditvereistes

•Die bedryf van die “time and attendance” stelsel en invoer van goedgekeurde data op die stelsel

•Die druk van betaalstrokies, VIP verslae en die liassering van tydstate, kloktye en verslae volgens ouditvereistes

•Verskaf inligting i.v.m. aftrekkings soos UIF, Belasting en Rietvallei behuising aan die Salariskantoor

•Doen maandelikse oorbetalings bv. banke, prokureurs

•Rekonsilieer grootboekrekeninge

•Doen weekliks, maandeliks en jaarliks afsluitings

•Doen jaarlikse afsluiting van Belasting en druk van IRP5’s

•Voltooi dokumentasie vir Voorsorgfonds, sterfte-eise, ongeskiktheid, mediese kaarte en werkloosheidsversekering

•Onderhoud van persoonlike lêers; opdatering van oogsifting, gehoortoetse en medies; die vaslegging van alle resultate op sigblaaie, asook die opdatering van maandelikse beplanningstatistieke

•Vaslegging van alle beserings aan diens op die Compsol-stelsel

•Kontroleer die aankoop van kliniekmedisyne

•Byhou van menslike hulpbronne statistieke

Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik:

•Ondervinding in Payroll Administration/HRIS Systems (VIP)

•Min Graad 12 met verkieslik ‘n MH diploma

•Ondervinding van WVF, SAID en IRP5 rekonsiliasies

•Ondervinding van “Audit trails” op stelsel

•Goeie kommunikasie- en probleemoplossingsvaardighede

•Uitstekende rekenaarvaardighede

Ons vereis voorts dat die ideale kandidaat ‘n hoë energievlak, verantwoordelikheid en selfstandige optrede sal openbaar. Verkieslik moet die kandidaat so gou moontlik kan begin.

Rig asb. u aansoek aan:

Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

Posbus 366, Ceres of E-pos: dlintnaar@cfp.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 18 September 2023

‘n PLAASLIKE kontrakteur is vanaf 1 Februarie deur die Witzenberg munisipaliteit aangestel om indringer plante en bome teenaan die Dwarsrivier af te maak en te verwyder. Hierdie 3-jaar rivier restorasieprogram word deur die Nedbank Green Fund Trust befonds. Sover is 11.88 hektaar uitheemse indringerbome (meestal grys populier) verwyder. Om die rivieroewers te stabiliseer na die verwydering van die uitheemse indringer bome, is daar altesaam 250 inheemse Breederivier-geelhoutbome aangeplant. Altesaam 16 plaaslike EWP’s is aangestel om te help om die boom te plant, omgewingsbewustheid te bevorder en vullis op die rivieroewer van die Dwarsrivier op te tel. * Omgewingsbewustheid en opvoedingsgeleenthede is ook by verskeie skole in die Witzenberg-streek aangebied en van die onderwerpe wat aangeraak is, sluit in vullisherwinning, watersiklus en water besoedeling en die uitkenning en verskille tussen inheemse en uitheemse bome. Twee van die skole wat besoek was, is Mooi Uitsig primêr in Bella Vista en Errie Moller primêr (onder) buite Wolseley.

CERES FRUIT GROWERS (PTY) LTD.

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd., one of the leading fruit packing and storage companies in SA, requires an energetic and professional person for the following position at its Ceres plant:

ADMINISTRATIVE OFFICER: PACKHOUSES

Qualifications : • Grade 12 • Proven proficiency in MS Office (Word, Excel, PowerPoint, Outlook, and Internet).

Experience: • 1 - 2 years’ experience in production environment • 1 - 2 years’ administration experience

Skills and competencies : • Excellent administrative skills • Excellent communication skills (read, write, speak) in both English and Afrikaans (multi-levels: top down, bottom up, interdepartmental, diagonally) • Able to perform under pressure • Self-discipline (work without supervision) • Attention to detail and good problem solving capabilities.

R esponsibilities: • Production Department Receptionist • Packhouse administration and communication • Co-ordination of Laundry function with external service provider for all Packhouses • Provide administrative assistance to pest and hygiene control service providers • General Ad Hoc administrative duties.

Personal attributes: • Reliable team player • Deadline orientated, with a proactive approach to work • Punctual • Assertive • Trustworthy/credible.

Please send your application and three contactable references to: Employee Relations Manager, Ceres Fruit Growers (Pty) Limited, Private Bag X67, Ceres 6835 or by e-mail to hr@cfg.co.za

Closing date for applications: Friday 15 September 2023

IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL. In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.

4 l WITZENBERG HERALD l 8 SEPTEMBER 2023
EXCITING CAREER OPPORTUNITY CERES, WESTERN
CAPE
8 SEPTEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

FIREARM TRAINING

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com

066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel

082-859-2300

FAST Academy Vuurwapen bevoegdheidsopleiding tot op besigheidsvlak en regulasie 21

Skakel 082-773-2501

Merty Reneé Mouries

- 2023/09/03

R oudiens Do. 07/09/2023 om

19:00, Rietvalleistr. 4, Egoli, Ceres

Begrafnisdiens: Sat. 9 Sept. 2023

Huis: 08:00, Rietvalleistraat 4, Egoli, Ceres Kerk: 09:00, VGK Ceres Graf Bella Vista

081-742-6706

n/u: 082-5753-181

• Suspension • Brakes

• and more André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Marco Johnson

AND FRAMES

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Bondels koerante te koop

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

Advertensie-ruimte word geborg deur:

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by verhuisings. Verpak breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44

R30 per bondel

 (023) 316-2021

GRATIS

MAHHALA LIVRE GRATUITO SIMAHLA VERNIET

Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items met ‘n prys onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

6 l WITZENBERG HERALD l 8 SEPTEMBER 2023
classifieds
koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o. RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. OGIESOGIES OGIESOGIES OGIES (Male) Born 07/02/2023 LISELISE LISELISE (Female) Born 30/11/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply FLAFFIEFLAFFIE FLAFFIEFLAFFIE FLAFFIE (Male) Born 05/06/2023 SIMBASIMBA SIMBASIMBA SIMBA (Male) Born 15/03/2023 DD DAISYAISY AISYAISY AISY (Female) Born 03/01/2022 TIEKIETIEKIE (Female) Born 15/05/2023
Bondels
w.t.o.
1968/05/28
R oudiens: Do. 07/09/2023 om 19:00, Abrahamstr. 1, PA Hamlet Begrafnisdiens: Sat. 9 Sept. 2023 Huis: 09:00, Abrahamstr. 1, PA Hamlet Kerk 10:00, Gemeenskapsaal, PA Hamlet Graf: Bella Vista
1988/09/05
Dit
jou
Altyd
- 2023/08/31
081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Christie Abrahms
- 2010/12/11
is jou 13de verjaarsdag weg van ons. Die verlange en vermisting is groot. Wil jou graag ‘n drukkie gee, maar weet God sal dit namens ons doen. Sal
altyd liefhê.
liefde Daddy, Mammie & MJ
1958/11/17
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres MECHANICAL WORKSHOP • Engine overhaul • General Services
w.t.o BLACK MAGIC powerful stone Swart genesende steen het die krag om geluk te bring: •Om geld te kry •Gee sukses in liefde, seksuele kragte •In besigheid •Beskerm jou teen bose magte, heksery •Bevordering by die werk •Politieke magte oor ander •Wen geld, Lotto, casino, sportweddenskappe •Verslaan jou vyande •Wen hofsake en egskeidings •Maklik om te gebruik met geen voorwaardes nie Hierdie steen is die antwoord vir al jou probleme. Whatsapp FATUMAH 079-120-7165 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND AND TOOL HIRE TOOL TOOL HIRE TOOL Lydia Ayford
Lila met die nuwe lewensjaar.
Dana 10 September
Seënwense
Liefde

DRIE atlete van Ceres Sekondêr, Earlon Matthews (o/17), Christiano Klazen (o/17) en Emileo Sauls (o/14) het Saterdag 2 September die Boland landloopspan verteenwoordig by die Wes-Kaap byeenkoms wat in George aangebied is. By hulle staan Heinrich Moses (Boland

TOK laat kettings kraak

TANKWA Omgee Kettingkrakers (TOK) is Ceres Omgeemense se fietsrygroep. Daar word gereeld sosiale oorslaap fietstoere deur die groep gereël, veral uitstappies na die Karoo. Daar gaan ook altyd ‘n ondersteuningsvoertuig saam met die fietsryers en deelnemers hoef nie top fiks te wees nie. * Saterdag 2 September het tien fietsryers temperature onder vriespunt getrotseer om die 206 kilometer mee te maak. Katbakkiespas het die span laat sweet waarna die Tankwa beïndruk het met massas blomme. Die fietsryers het lekker by Tankwa padstal gekuier en daarna by Bike X Cape oornag. Die tweede dag van die toer was Bloubank die laaste uitdaging en teen 12:00 was almal terug by Matroosberg om bederf te word met ‘n lekker ete. ** Die volgende toere word vir September en Oktober beplan: Knysna na Uniondale op 23 September 2023 - die dag voor Karoo to Coast (K2C) vir deelnemers aan die 100 km en op 7 en 8 Oktober van Matroosberg na Kagga Kamma na Matroosberg oor ‘n afstand van 126 km en 92 km. * Vir meer inligting en inskrywings skakel Cordré by 082-8092-935 of stuur ‘n epos na cordre@erfdeel.co.za

Witzenberg SMME Mentorskapprogram

Witzenberg Munisipaliteit nooi entrepreneurs om deel te neem aan ‘n 6 maande Mentorskapprogram wat plaaslik geïmplimenteer sal word deur die Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling-eenheid. Die doel van die program is om opkomende besighede te help ontwikkel deur praktiese advies, leiding en ondersteuning te bied. Die program kan slegs ‘n beperkte aantal besighede akkommodeer.

Kriteria vir aansoeke:

•Die besigheid moet reeds vir 6 maande operasioneel wees

•Die besigheid moet oor ‘n besigheidsbankrekening beskik

•Voorkeur word gegee aan entrepreneurs wat nog nie voorheen deel was van ‘n mentorskapprogram nie

TWEE landlopers van Bella Vista Hoërskool, Shantru-Lee van Rooi en Stephen Boer, het die naweek deelgeneem aan die Wes-Kaap landloopkampioenskappe in George. VLNR: Desiree Pharo (spanbestuurder),

CERES FRUIT GROWERS (PTY) LTD.

EXCITING CAREER OPPORTUNITY CERES, WESTERN CAPE

Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd., one of the leading fruit packing and storage companies in SA, requires an energetic and professional person for the following position at its Ceres plant:

COLD ROOM SHIFT WORKER: REFRIGERATION

Qualifications: • Minimum Grade 12 (Std. 10) • Certificate in CAT A Ammonia Safe Handling (advantageous).

Experience: • 1 - 2 Years working experience on Refrigeration systems within maintenance environment • 1 - 2 Years’ experience working with Ammonia refrigeration systems.

Skills and competencies: • Proven working knowledge of refrigeration systems within a storage facility is imperative • Ability to work independently • Maintain good housekeeping • Knowledge of safe working practices, with specific reference to safe handling of Ammonia.

Responsibilities: • Monitoring and recordkeeping of Cold Room temperature

•Deelnemers/kandidate moet beskikbaar wees vir besoeke en konsultasies

Belangstellendes kan vir Rachel Sauls (rachel@witzenberg.gov.za) van die Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling-eenheid kontak, waarna ‘n munisipale mentorskap-aansoekvorm verskaf sal word. Slegs kandidate wat gekortlys word sal gekontak word.

Die sluitingsdatum is 29 September 2023

Witzenberg SMME Mentorship Program

Witzenberg Municipality invites local entrepreneurs to participate in a 6 month Mentorship Program that will be implemented by the Local Economic Development (LED) unit. The program aims to assist and develop emerging businesses by providing practical advice, guidance and support. The program can only accommodate a limited number of businesses.

Criteria for applications:

•The business must be in operation for 6 months

•The business must have a business bank account

•Preference will be given to entrepreneurs that did not participate in a mentorship program previously

•Participants must be available for site visits and consultations

Interested parties can contact Rachel Sauls (rachel@witzenberg.gov.za) from the LED Office for an application form. Only shortlisted candidates will be contacted. Closing date is 29 September 2023

Iinkqubo yokucebisa amashishini asakhasayo (SMME’s) aseWitzenberg

• Temperature monitoring of CA rooms

• Monitoring and recordkeeping of Machine Room pressure gauges

• Oversee and monitor compressors and condensers • Implement corrective actions and or escalate matters when temperature and pressure gauges are out of specification.

Umasipala waseWitzenberg umema oosoMashishini abasakhasayo kwinkqubo yophuhliso lwezakhono zoshishino ezakuthatha iinyanga ezintandathu nkqubo leyo yenziwa licandelo loPhuhliso lwezoqoqosho lwengingqi(LED).Injongo yalenkqubo kukuphuhlisa amashishini asakhasayo ngokuwacebisa, nokuwaxhasa ukuba akwazi ukulawula amashishini lawo. Lenkqubo iyakuthi ichonge inani elingummiselo loosomashishini.

Personal attributes:

• Absolute reliability and loyalty

• Willing to work unusual hours

• Self-disciplined

• Good health and sober habits.

Please send your application and three contactable references to: Employee Relations Manager, Ceres Fruit Growers (Pty) Limited, Private Bag X67, Ceres 6835 or by e-mail to hr@cfg.co.za

Closing date for applications: Friday, 22 September 2023

IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL. In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.

Izinto ezifunekayo xa usenza isicelo:

•Kufuneka ishishini lakho libe sele lisebenze ixesha elingaphezulu

kweeenyanga ezi-6

•Kufuneka ishishini lebene-akhawunti yebhanki

•Ishishini libe kanti alingazange libeyingxenye yenkqubo ekumila kunje

•Kufuneka amalungu ahlale ekhona xa kuzokwenziwa uhlolo

Ukuba unomdla/ifomu zezicelo qhagamishelana no Rachel Sauls (rachel@witzenberg.gov.za) ukwicandelo

loPhuhliso lwezoqoqosho lwengingqi. kuzakuqhagamishelwana nabo bathe bachongwa kuphela.

Umhla wokuvalwa 29 September/eyoMsintsi 2023

8 SEPTEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 7
beampte). * Christiano Klazen is opgeneem in die Wes-Kaap landloopspan wat op 30 September 2023 in Limpopo aan die S.A. byeenkoms gaan deelneem. Shantru-Lee van Rooi (16de plek), Stephen Boer (17de plek) en Karin van der Merwe (spanbestuurder).

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Bella Vista klop begeesterde

Newtons 13-12

BELLA Vista het Saterdag hul wedstryd teen Newtons naelskraap met 13-12 gewen.

Bella Vista se voorspelers wat die grondslag vir ‘n oorwinning gelê het en hul desperate verdediging in die tweede helfte, het Bella Vista die naweek laat wen.

Dinge wou maar net nie vlot vir die huidige streekkampioen nie. Besluitneming skiet vér te kort en week na week maak die plaasvervangers min of geen impak in die wedstryd.

Eers na 30 minute se spel in die eerste helfte, kon Bella Vista hul eerste punte aanteken nadat Jared Manus gaan druk en Durin Nasson met ‘n strafdoel slaag om rustyd 8-0 voor te loop.

Thierry Grootboom druk net na rustyd om die telling 13-0 te maak. Hierna was dit net Newtons op die veld en teken hulle 12 punte aan na volgehoue druk.

Die naweek reis Bella Vista na Oos Londen vir ‘n Rainbow Capital Gold Cup wedstyd teen Bobbies polisieklub.

Naweek se uitslae

In die Witsentraal Groot Uitdaagreeks klop Delicious vir Wellington met 48-19, Hillcrest wen 31-21 teen Evergreens, Roses United mors met Temperance en wen 42-16 en Wolseley verloor met 0-28 teen Young Blues. In die Streek Uitdaagreeks het Ceres hul wedstryd teen Op-die-Berg met 40-30 gewen, Lovedale klop La Plaisant 44-9, Young Westlyans klop Red Roses 28-15, Tulbagh klop Vastrap 29-10, Pumas net-net 25-22 baas teen Young Good Hopes en Lindeshof klop Paardekloof 28-16.

Parish of St. Andrew’s Tour de Dam

COME GET YOUR MEDAL! LOADS OF PRIZES TO BE WON.

Registration of R20 can be done at the Parish office in Voortrekker Street between 09:00 - 17:00 Monday - Thursday

AKEELAH Zimri, ‘n leerder van Ceres Sekondêr en ywerige gimnas, het onlangs aan die Wes-Kaap gimnastiek kompetisie op Saldanhabaai deelgeneem. Sy is na die byeenkoms opgeneem in die Wes-Kaap gimnastiekspan wat van 29 September tot 2 Oktober en van 2-5 Oktober aan die MAG en GSA gimnastiekkampioenskappe in Pretoria gaan deelneem.

Jodey Kayer wen kompetisie

JODEY Kayer het Saterdag die enkel houespel kompetisie gewen met ‘n telling van 74 houe.

Carel Cronjé was in die tweede plek met 75 houe gevolg deur AJ Minnaar en Danie Goosen, ook met tellings van 75. FK van Schalkwyk was in die vyfde plek met 76 houe.

Putjiespelkompetisie

Die tweede rondte van Ceres gholfklub se 2023 dubbel putjiespel-kompetisie het die week begin.

Wedstryde moet teen 18 September afgehandel wees en die nuutste lys is by die klub beskikbaar.

Die enkel putjiespel sal vroeg in Oktober aangebied word - net voordat die dubbelspel kompetisie afgehandel word.

REGISTRASIE VANAF 06:30 BY BRONAAR GROENTE-PAKSTOOR

MTB PRETDRAF

50KM|R250|07:3021KM|R200|07:40

35KM|R200|08:0010KM|R100|08:15

25KM|R150|08:305KM|R50|08:40 (KINDERS KAN DIE 5KM FIETSRY OOK)

PRYSE VIR DIE EERSTE 3 POSISIES IN ELKE ITEM (BEHALWE 5KM). MEDALJES VIR ALMAL. GELUKKIGE TREKKINGS!

NAVRAE: RIAAN 082-563-2072 EN HEINIE 083-229-9132

AKKOMMODASIE-NAVRAE: JEANETTE 083-562-1925

INSKRYWINGS DEUR ENTRYNINJA

HT TPS://WWW.ENTRYNINJA .COM/EVENTS/79150-OP-DIE-BERG-MTB -AND -TRAIL-RUN/ENTER

Koste beloop R220 per speler. Inskrywings kan nou by die klub of via 084-5876-332 gedoen word.

Kompetisies

Op 9 September word ‘n enkel syfer plus kompetisie aangebied. Spelers moet ook kennis neem dat die jaarlikse Slyder Cup ook op 9 September plaasvind. Daar sal later die jaar nog twee Rubberroofs gholfdae aangebied word - waarvan een ‘n Greensomes kompetisie gaan wees op Saterdag 16 September. Dit is die dag voordat Suid-Afrika vir Roemenië in ‘n Wêreldbeker uitspeelwedstryd pak.

Navrae

Bespreek op die Clubmaster app of skakel die klub by (023) 312-3068

DIE jaarlikse Kaapstad Sportraad toekennings in samewerking met die departement van sport en kultuur, is verlede Woensdag by die Lagoon Beach Hotel aangebied. Tydens die spoggeleentheid is Eric Moreland van Ceres, aangewys die Junior Sportman van die Jaar. Moreland het in Junie 2023 Suid-Afrika by die INBA World Championships in Manchester, Engeland verteenwoordig. Tydens die geleentheid is hy as die o/19 Natural Bodybuilding wêreldkampioen gekroon.

8 l WITZENBERG HERALD
SEPTEMBER 2023
l 8
BELLA Vista het Saterdag hul wedstryd teen Newtons naelskraap met 13-12 gewen. Lurenco Jumath (slot) was een van sy span se uitblinkers. FOTO: Trevor Felix.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.