Witzenberg Herald Vol. 23 no. 36 (Online Weergawe).

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 36

R7.00

Friday, September 18, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 September

Vrydag 18 September

Saterdag 19 September

9° 17°

8° 17°

OLD MUTUAL INSURE

Sondag 20 September

11° 19°

CERES ☎ (023) 312-2144

Allsure Persoonlike versekering Multisure Besigheidsversekering Motorsure Motor(s) alleenlik

9° 13°

Ceres Koekedouw dam

100%

Anna-Marié Boshoff

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/09/16

Telephone: (023) 316-2021/3

Skakel ANNA-MARIÉ vir ‘n korttermynversekerings-ontleding en kwotasie by 082-376-6495 of aboshoff@mastheadfp.co.za

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Drie in Nyanga doodgeskiet

SATERDAG 12 September het vier plaaslike bergfietsryers die pad van Matroosberg reservaat na Kagga Kamma met hul bergfietse aangepak. Biepa Smith van Matroosberg het die ondersteuningsvoertuig bestuur. Twee gesoute bergfietsryers, Riaan Smit en Pierre de Jager, het langs die pad by hulle aangesluit en deur die Koue Bokkeveld die pas aangegee. Hulle het later teruggedraai Ceres toe. Na ‘n lekker middagete op Sandrivier is Katbakkiespas aangepak waarna die fietsryers by Kagga Kamma oornag het na 112 kilometer. Sondagoggend 13 September het die span die 96km deur die Karoo begin in harde reën teen Skitterykloof af om ‘n laat ontbyt by die Tanqua Padstal te geniet. Met die wind van agter is daar teen ‘n stewige pas getrap totdat die wind gedraai het. Hierna moes die fietsryers hard werk. Na Bloubank die laaste kragte getap het, was die span net na 15:00 terug by Matroosberg. Hier is Ryan Saunders, Boetie Hugo, Pietie Badenhorst en Cordré Smith afgeneem tydens ‘n ruskansie. FOTO: Biepa Smith.

DRIE mense waaronder twee motorkaping-verdagtes is verlede Donderdag in die Nyangaomgewing doodgeskiet. ‘n Vierde persoon is ernstig gewond in die aanval. Een van die drie oorledendes, Zukile Khuseko (34), was na die kaping van 5 Maart in die AgterWitzenbergvallei, vir ‘n tyd lank voortvlugtig. Khuseko is in Junie gearresteer na goeie samewerking tussen P.A. Hamlet speurders en speurders van die Kaap. Khuseko was verlede Donderdagaand omstreeks 20:00 saam met sy vriendin en medebeskuldigde, Kutala Memke (31). Beide is doodgeskiet in ‘n wit Toyota Fortuner in Browns Farm. ‘n Derde onbekende vrou het ook in die aanval gesterf terwyl ‘n vierde persoon ernstig gewond is. Die driedubbele moord word nou deur die Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek. Kapingsaak Khuseko en Memke sou op 28 Oktober in die Ceres landdroshof verskyn het weens die mislukte motorkaping in die Agter-Witzenbergvallei. Hulle was uit op onderskeidelik R3000 en R1000 borgtog. Polisielid ook geskiet ‘n Derde man en oudpolisielid van Ceres wat as persoon van belang deur die ondersoekspan by die kaping betrek is, se liggaam is ‘n ruk na die kaping in Khayelitsha aangetref.

Ntandazo Kuse (30) was sedert 6 Maart vermis. Sy liggaam is weke later met ‘n skietwond in die kop by Monwabisistrand naby Khayelitsha gevind. Polisie lê beslag op voertuie Die polisie het na die kaping ‘n wit Toyota Fortuner verlate in Harare buite Kaapstad gevind en op ‘n silwer Mercedes Benz beslag gelê. Die Fortuner is later aan die familie teruggegee.

Beide vermoor KUTALA Memke (31) en Zukile Khuseko (34) is verlede week in Kaapstad doodgeskiet.

Celebrate National Braai Day with us PRICES VALID ONLY FROM 14 - 26 SEPTEMBER 2020 BUSINESS HOURS FOR THURSDAY 24 SEPTEMBER 2020 08:00 - 13:00

11000

Coleman Combo Cooler

Come and visit us for all your other camping equipment

14000

LK’s Braai grid m/steel big box 440x330

8599

1 39900

LK’s Rib Stand

84900

Delico Boerewors p/kg

Braai Rotisserie flat basket + spit

69900

LK’s Potjie Pot Flat No. 14

1900

3399

Bri-Lite Firelighters

Chicken leg quarters imported frozen per kg

NORMAL BUSINESS HOURS: MONDAY - FRIDAY 07:30 - 17:00 SATURDAY 08:00 - 13:00

Ceres Agrimark, 29 Retief Street, Ceres ☎ (023) 312-1094

Come and visit us for all your other braai equipment

• All prices include VAT • E & OE • We reserve the right to limit quantities


2

WITZENBERG HERALD

RACHEL Beresford is kort na haar 89ste verjaarsdag oorlede. Dougie (90) en Rachel het jare lank ‘n restaurant op Tulbagh bedryf asook De Hoek Garage op die dorp. Oom Dougie bly by sy dogter, die kunstenaar, Rochelle Beresford, op Gouda.

Friday, September 18, 2020

DIE Wes-Kaap minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, het Maandag 7 September die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh besoek. Die museum is een van twee wat onlangs goedkeuring ontvang het om weer hulle deure vir die publiek oop te maak en sal tussen 09:00 en 15:00 oop wees. Die Togryers museum op Ceres het middel Augustus oopgemaak. VLNR: Nick van Huyssteen (voorsitter van Tulbagh toerisme), Anroux Marais, Jayson Augustyn-Clark (plaaslike historikus), Shurine van Niekerk (Tulbagh aardbewing museum) en Elizabeth Sidego (munisipale raadslid). FOTOS: Norman Collins

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter

Blapsie (Female. Born 21/07/2020. Small to medium Terrier Cross)

Snoopy (Born April 2020. Female, small breed. Playful, loving)

Blommie (Female. Born 21/07/2020. Small to medium Terrier Cross)

Jackie (Female. Born between Sept - Dec 2018. Gentle nature and obedient)

CA TS CATS

Huis Maudie Kriel Algemene Jaarvergadering Gasspreker: Ds. A Louw Onderwerp: “Ervaringe in die bediening” Datum: 22 September 2020 Plek: Annatjie Botma-saal h/v Phillip- & Krigestraat Tyd: 10:00 RSVP: 18 September 2020 ☎ (023) 312-1950 of admin.maudie@lando.co.za

PERMANENTE POS LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD

Kabous (Male. Born 01/07/2020. Small to medium Terrier Cross) All adoptions are subject to a homecheck. Adoption fees: Dogs R900* and cats R500*. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via tel., to make an appointment *Conditions apply

VINNIE (Male. Ready for adoption 25/09/2020)

V I C TTO OR (Male. Ready for adoption 25/09/2020)

Contact Elise on 081-849-2811 if interested

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram

Permanente beheerliggaamspos is tans beskikbaar te Laerskool Koue Bokkeveld Register Onderwyser - Gr 6; Engels Gr 4 - 7; NW Gr 4; Lewensoriëring Gr 4 en 7 Minimum vereistes: • Toepaslike onderwyskwalifikasie met ‘n groot E as sterk aanbeveling • Rekenaarvaardig • Betrokkenheid by sport en kultuur • Goeie menseverhoudingse en moet in ‘n span kan saamwerk asook entoesiasties wees. Werksure: 07:30 - 15:00 en sport op Saterdae, per geleentheid. Vergoeding: Kompeterende SBL salaris Sluitingsdatum van aansoeke: 31 Oktober 2020 Navrae: Mnr. Pieter de Bruyn (023) 317-0611 / 082-448-0483 E-pos: laerskoolkbv@gmail.com

TOELATING by Oude Kerk Volksmuseum is onderhewig aan streng COVID-19-voorwaardes, maatreëls en protokolle wat daagliks op ‘n deeglike wyse toegepas moet word, soos die skanderings- en saniteringsprosesse. Indien ‘n besoeker enige Covid-19-verwante simptome toon, sal dit onmiddelik gerapporteer word. VLNR: Nick van Huyssteen (voorsitter van Tulbagh toerisme), Natasha Dicey (Wolseley toerisme), Patty Nieuwoudt (Tulbagh toerisme), Anroux Marais, Elize Wynand (Wolseley toerisme) en Shirley Norman (Ceres toerisme).

THE Occupational Therapy team at the Red Cross War Memorial Children’s Hospital (RCWMCH) is helping to build resilience during uncertain times by empowering the parents and caregivers of their young patients. Occupational Therapy week (14-18 September) highlights the role that this discipline plays in the treatment and recovery journey of many medical conditions, including neurological conditions and severe trauma such as burns, vehicle accidents and gunshot injuries.

Make your life easier with Mobile convenience

CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

OPEN GATE VIA MISSED CALL

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES


WITZENBERG HERALD

3

Friday, September 18, 2020

Saak weer uitgestel

‘n MOTORBESTUURDER van Ceres is die naweek dood toe sy Toyota Tazz teen ‘n Toyota Yaris met ‘n CCDregistrasie gebots het. Die bestuurder het van die ongelukstoneel gevlug voordat die polisie of nooddienste daar aangekom het. Die Wolseley SAPD soek nou die bestuurder en indien enigiemand iets van hom/haar weet, kan hulle die polisie by (023) 231-8000 skakel. Die ongeluk het Vrydag 11 September omstreeks 23:05 op die R46 naby Brenn-O-Kem, gebeur. Die oorledene, Vuyile Ncapayi (39), was saam met ‘n passasier onderweg na Ceres toe die ongeluk plaasgevind het. Die polisie ondersoek ‘n strafbare manslagsaak. Nog klagtes kan later teen die bestuurder bygevoeg word. Die polisie het beslag gelê op die Yaris-voertuig.

Gemeenskap verloor 'n staatmaker

MARGERET Rose (Margie) Sampson (73).

DIE familie wil met hierdie skrywe erkenning gee aan ‘n rolmodel, ma en ouma wat ons verlaat het op 4 September. Margeret Rose (Margie) Sampson (73) was ‘n welbekende figuur in die Bella Vista gemeenskap, waar sy bekend was vir haar passie om mense te help veral deur middel van ‘n voedselskema. Haar gesindheid teenoor mense het bygedra dat sy met groot lof en respek behandel is hetsy besighede, skole en ander instansies. Respek was ook een van haar eienskappe wat haar uniek gemaak het en sy was ‘n groot PIONEER Foods het verlede Donderdag 10 September verbruikers inlig dat daar geen glasstukkies in hul 330ml blikkie Liqui Fruit rooi druiwesap is nie. Dit was gekristalliseerde wynsteensuur - ‘n natuurlike middel in druiweprodukte soos druiwesap en wyn. Wynsteensuur (kremetart) is heeltemal veilig vir menslike gebruik. Vebruikers word gevra om dit nie te drink nie nadat die druiwesap vroeër verlede week herroep is. Dit kan teruggeneem word na die winkel waar dit aangekoop is vir ‘n terugbetaling. Pioneer Foods wat Liqui Fruit op Ceres vervaardig, het bevestig dat onafhanklike laboratoriumtoetse gedoen is. * ‘n Groot gedeelte van die geaffekteerde voorraad is vanaf 5 September van winkelrakke verwyder. Die produk wat geraak was het die strepieskode 6001240225615 en kant strepieskode 6001240225592.

rugbyliefhebber. Haar streng en ferm houding kan getuig van haar bestuurstyl in die tyd toe sy betrokke was by Young Good Hope RFC waar sy ook kassier was. Sy was ook ‘n passievolle ondersteuner van Bella Vista rugbyklub. Sy het gelewe vir haar man William-John en haar familie. Haar skielike afsterwe was ‘n groot skok vir die familie sowel as die breë gemeenskap. Sy sal altyd onthou word vir wat sy gedoen en beteken het vir mense. Elkeen sal haar onthou vir die mens wat sy was. Rus in vrede Margaret Rose Sampson. ‘Gone but not forgotten’.

ANNELIE Jordaan (76), bekende inwoner van Tulbagh en deel van die Theuniskraalfamilie, is verlede week oorlede. Sy was wyd bekend vir haar pragtige tuin en blomrangskikkings, en het vir jare die blommesaal by die Tulbagh Skou gereël. Sy laat haar man van 55 jaar, Rennie, agter asook Andries, Lizbe en drie kleinkinders en Elsabe en Rehan Putter en twee kleinkinders.

DIE veroordeelde verkragter wat verdink word van die ontvoering, moord en verkragting van ‘n 8-jarige seuntjie op Tulbagh, is vir ‘n finale keer uitgestel vir verdere ondersoek. Jakobus Petoors (54), word aangekla van ontvoering, moord en verkragting van die 8-jarige Reagan Gertse. Reagan is verwurg en vermoedelik verkrag. Petoors wat ten tye van die misdrywe uit was op parool, se parool is kort na dié moord ingetrek en moet hy nou sy vonnis klaar uitdien tot Julie 2024. Agtergrond Gertse het Saterdag 29 Februarie omstreeks 11:00 vir sy ma, Louisa Gertse, gesê dat hy by vriende gaan speel. Sy het omstreeks 20:00 begin bekommerd raak toe Reagan nog nie by die huis is nie. Sy het sy stiefpa, Ricardo Davids, gevra om saam met familie en inwoners, na hom te gaan soek. Hulle het deurnag gesoek maar hom nie gekry nie. Sondagoggend om 07:27 het hulle hom as vermis aangemeld. Die polisie het onmiddelik ‘n groot soektog geloods en twee minderjarige getuies opgespoor wat die slagoffer vroeër saam met die verdagte gesien stap het. Petoors is kort

hierna deur die polisie in Chris Hani woongebied in hegtenis geneem, skaars ‘n paar huise vanwaar Reagan saam met sy familie gewoon het. Gertse se liggaam is later in digte bosse by ‘n rivier gevind. Paroolagtergrond In ‘n rare stap het die provinsiale departement van korrektiewe dienste op navrae gereageer en inligting oor die verdagte, Jakob Petoors, bekendgemaak. Volgens die inligting is Petoors op 24 Julie 2012 in die Paarl streekhof tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n 4-jarige seuntjie. Hy is ‘n verdere 3 jaar gevangenisstraf opgelê vir aanranding. Beide vonnisse moet samelopend uitgedien word. Petoors se parool is na net meer as 7 jaar agter tralies op 4 November 2019 goedgekeur. Volgens provinsiale departement van korrektiewe dienste het hy verskeie programme in Voorberg voltooi en is hy kort hierna vrygelaat. Hy het toe by sy broer gaan bly wat naby die slagoffer woon. Die seuntjie het gereeld daar gekom. Petoors se broer is in ‘n verhouding met die slagoffer se ouma. Saak uitstel Die saak is uitgestel na 24 November.

Verkragtingsaak word vir voor-verhoor uitgestel ‘n POLISIESERSANT moet weer in Oktober in die Wolseley streekhof verskyn op ‘n klag van verkragting. Die 2017-verkragtingsaak is Maandag 14 September na 12 Oktober vir ‘n voor-verhoor uitgestel. Die polisielid word daarvan aangekla dat hy na bewering ‘n gestremde meisie verkrag het. Die 39-jarige polisiesersant kan volgens die strafproseswet eers geidentifiseer word sodra hy gepleit het. (Hierdie bepaling is net van toepassing in sake van seksuele misdrywe). Die saak is ook in Augustus uitgestel sodat hy ‘n prokureur kon aanstel. Agtergrond Volgens inligting het die beweerde verkragting gedurende Mei 2017 in die polisiebarakke op Wolseley plaasgevind. Hierna het OPOD die saak vir meer as ‘n jaar lank ondersoek voordat hulle aanbeveel het dat die polisieman aangekla moet word. In Junie 2018 het hy in die Wolseley hof verskyn weens die beweerde verkragting van ‘n 22-jarige verstandelik gestremde vrou. OPOD het destyds geen skorsing aanbeveel en die verdagte werk sedertdien onverpoos voort by die Ceres polisiestasie.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, September 18, 2020

Virus eis 3 lewens

SPRINGBOK cyclist Mark Weadel and owner of Mark’s bicycle workshop congratulates Rashid van Rhyn (left) on his achievements as head mechanic of Ceres Cycles and Peter Diesel-Reynolds (middle) on achieving five years of growth in the cycle industry. Ceres Cycles sent Rashid for personal training by Mark Weadel during 2017. Since his initial training Rashid has become a highly respected bicycle mechanic in the Witzenberg region. Ceres Cycles is your go-to store for in-store repairs, bike builds and consulting on upgrades. Ceres Cycles staff also serves many events at various points running race repair stations at these events.

COVID-19 het die afgelope week drie inwoners van die Witzenbergstreek se lewens geëis. Die positiewe gevalle in die Witzenbergstreek staan nou op 1602. Drie en sestig Witzenberg-inwoners het sedert die pandemie uitgegebreek het, gesterf. Statistieke Teen Dinsdag 15 September was daar 1602 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 1502 herstel met 37 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (235), Bella Vista (331), Ceres (332), Tulbagh (124), Wolseley (226), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (194), Koue Bokkeveld plase (32), Warm Bokkeveld plase (21), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (44), Op-dieBerg (13), Agter-Witzenberg plase (14), Breërivier (8) en 2 gevalle buite Witzenberg. Ceres het tans 2 aktiewe gevalle, Bella Vista het 11 aktiewe gevalle, Wolseley het 3 gevalle en Tulbagh 4 gevalle. P.A. Hamlet het gestyg na 8 gevalle met Nduli wat net 2 gevalle tans het. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (16), 5-9 jaar (11), 10-19 jaar (94), 20-29 jaar (330), 30-39 jaar (381), 40-49 jaar (337), 50-59 jaar (228), 60-69 jaar (110), 70-79 jaar (45), 80-89 jaar (35), 90-99 (14) en 100-110 (1). Die grootste styging het die week in die 30-39 jaar groep voorgekom. Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 4079 (tot 15 September), daar is 107 886 positiewe gevalle aangemeld en 101 044 het volkome herstel. Drie en sestig (63)COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (Wolseley het

steeds die meeste sterftes met 15 daarna volg Bella Vista en Ceres met 10 elk, P.A. Hamlet 9, Nduli met 7, Tulbagh met 5 sterftes, Koue Bokkeveld plase met 3 sterftes, Agter-Witzenberg plase met 2 sterftes en Breërivier en Opdie-Berg met 1 sterfte elk. Primêre gesondheidsorg Jou kind se Road to Health-boekie sal wys wanneer dit weer tyd is vir ‘n roetine-immunisering. Immunisering beskerm kinders teen siektes wat dodelik kan wees - selfs later in hul lewens. Maak seker dat jou kind nie ‘n immunisering misloop nie. Jou gesondheidswerker kan help as al die immuniserings nie op datum is nie. Maak ook gebruik van dienste soos swangerskaptoetsing en gebruik die gratis voorbehoedmiddels wat beskikbaar gestel word by klinieke. Op hierdie manier kan jy jou en jou gesin se toekoms beplan. Moenie nalaat om jou te toets as jy al vir langer as twee weke hoes nie. Ander simptome wat daarop dui dat jy TB kan hê, is erge sweet snags, die hoes van bloed en die verloor van jou eetlus of gewig. TB hoef nie jou lewe te kos nie. Dit kan genees word. Kwarantyn en isolasie COVID-19 kan party mense baie siek maak, of selfs hul lewens eis. Jy kan voorkom dat COVID-19 van jou na ander versprei deur jouself af te sonder indien jy wag vir COVID-19-toetsuitslae en wanneer jy positief getoets het. Om afsondering vir jou makliker te maak, is plekke soos gastehuise geïdentifiseer en ingerig sodat jy jouself veilig hier kan afsonder. Vra jou gesondheidswerker om gebruik te maak van hierdie fasiliteite - dit is gratis!

Bestuurder hardloop weg na ongeluk SATERDAG 12 September het die bestuurder van dié Mazda in die agterkant van ‘n Toyota Hilux bakkie vasgery. Die Mazda se bestuurder het volgens ‘n passasier na bewering weggehardloop. Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur. Twee passasiers het geringe beserings opgedoen. Beide voertuie was in Ceres se rigting onderweg.

ADMIN / LOGISTIEKE KLERK Koue Bokkeveld Witzenberg Properties (Pty) Ltd bestaan uit boerderyeenhede in Ceres omgewing. ‘n Geskikte kandidaat word vir die volgende pos benodig:

PRODUKSIEBESTUURDER Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik aanvaar vir: • Bedryfsaktiwiteite van die produksie-eenheid (100ha appels en pere) • Optimale benutting van alle hulpbronne • Bestuur van kwaliteitstelsels, veiligheid en menslike hulpbronne. Hierdie pos verg ‘n energieke, goed georganiseerde persoon. Verdere voorvereistes behels: • Minimum van 5 jaar toepaslike ondervinding (hoofsaaklik appels- en pereproduksie) • ‘n Toepaslike 3 jaar diploma in landbou, B-graad of gelykwaardige kwalifikasie • ‘n Goeie spanspeler met bewese bestuursvaardighede • ‘n Progressiewe ingesteldheid ten opsigte van wêreldklas standaarde en -prosesse • uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede. Stuur gerus u CV, bewys van kwalifikasies, asook ‘n aanduiding van u verwagte vergoedingspakket per faks na 086-571-4299 of via e-pos na werwing@witzen.co.za

Aansoeke sluit: 26 September 2020 Meld asb. die posisie waarvoor u aansoek oorweeg moet word. Beskou u aansoek as onsuksesvol as u twee weke na die sluitingsdatum nie geskakel is nie.

Die Harmonie Groep, ’n goed gevestigde groep van landbou ondernemings, beskik tans oor hierdie beroepsgeleentheid op die vrugte- en groenteplaas, Môrester Landgoed.

Hierdie pos is gesentreer in die Uie Pakstoor. Die suksesvolle kandidaat sal deel vorm van ‘n bekwame span wat direk aan die Bemarkingsbestuurder rapporteer. Daar sal skakeling wees na die finansiële- en produksie departemente, sowel as kliënte en u sal verantwoordelik wees vir: • Vitrax program • Laai en versending van vragte • Opstel van die nodige uitvoerdokumentasie • Daaglikse kontrolering van lone • Ad hoc take en projekte soos van tyd tot tyd vereis. Die ideale posbekleër: • sal beskik oor toepaslike naskoolse opleiding in administrasie, sowel as logistiek • beskik oor die vermoë om interafhanklik te funksioneer • is detail gefokus • beskik oor toepaslike praktiese ondervinding • is georganiseerd • kan goed onder druk funksioneer • beskik oor goeie kommunikasievaardighede • Xhosa magtig sal in u guns tel. ‘n Markgerigte vergoedingspakket, gratis huisvesting en ander voordele eie aan ‘n dinamiese onderneming word aangebied in ruil vir die verlangde vaardighede en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Rig ’n bondige CV, wat 3 kontakbare verwysings insluit, in vertroulikheid per e-pos na: mannekrag@morester.co.za om ons teen 25 September 2020 te bereik. Die ontvangs van u aansoek sal bevestig word, maar slegs kortlyskandidate sal binne drie weke ná die sluitingsdatum weer gekontak word. Ons volg ’n Gelyke Geleenthede Beleid.


WITZENBERG HERALD

Friday, September 18, 2020

Help om veldbrande te voorkom

VUUR is een van die magtigste kragte van die natuur. Alhoewel vuur vernietigend kan wees, kan dit ook verjongend wees en ‘n vennoot wees in CapeNature se beskerming van die land se natuurlike erfenis. Die Wes-Kaap word gedurig bedreig deur onbeheerde brande. 1.Hoe begin veldbrande? Veldbrande kan deur die natuur veroorsaak word - meestal as gevolg van weerligstakings - maar die oorgrote meerderheid word deur mense veroorsaak. Hierdie oorsake sluit in: opsetlik brandstigting, kosmaak vure en verbranding van rommel/vullis. 2. Hoe groot is die invloed van veldbrande vir die mens ? Elke jaar brand vure derduisende hektaar veld af regoor die land. Die koste om brande te bestry en die waarde van die eiendom wat vernietig word beloop miljoende rande. Brande ken geen grense nie. Brande veroorsaak grootskaalse verlies aan habitat vir diere en beinvloed die voedselsekuriteit vir mense. Dit veroorsaak ook verlies aan lewe vir mens en dier wat nie geldelik bereken kan word nie. Grondbestuursagentskappe soos Cape Nature ervaar ‘n toename in gebruik van fondse vir brandbestryding wat geld weg neem van die ander prioriteite. 3.Hoe beveg jy veldbrande? Veldbrande het oor die jare heen in intensiteit gegroei, deels as gevolg van verhoogde brandstoflading op die grond. Die stryd teen hulle is ‘n moeilike, gevaarlike en duur proses, veral as die brande op steil hellings in bergagtige streke is. Alle bestuur en beheer van veldbrande word gedoen deur die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998. Die veiligheid van die brandbestryder en openbare veiligheid is altyd die top prioriteit. Verskeie maniere word gesamentlik gebruik om brande te beheer insluitend brandbane, helikopters en vliegtuie wat op die regte plekke gebruik word en grondspanne wat doeltreffende fisiese brand beheer toepas. Grondeienaars verbonde aan Brandbeskermings Verenigings waar brandbestuursplanne gesamentlik in plek gesit kan word en lede gehelp kan word om gereed te kry vir wanneer brande wel ontstaan. Die grondeienaar moet seker maak dat hy

of sy reg toegerus is om vure wat op sy eiendom ontstaan te beveg. Staatsinstellings soos munisipaliteite word vereis om deel te wees van die vereningings. 4.Hoe beïnvloed veldbrande die natuurlewe? Diere, soos mense, ken al die maniere om in en uit hul habitat te vlug en in reaksie op die vuur. Die meeste diere het die vermoë om, indien nodig, van die vuur af weg te beweeg. Baie diere wat in fynbos en renosterveld woon, is aangepas om brande te oorleef. In die verlede sou baie groot diere soos wildsbokke ontsnap het deur van die vuur na onverbrande gebiede te hardloop. Baie natuurlike gebiede is deesdae klein en word omring deur heinings, so diere word dikwels vasgevang en doodgebrand as hulle probeer ontsnap. Baie klein fynbosdiere beweeg ondergronds soos muise, molle en slange, omdat hulle nie van vuur kan weghardloop nie. Stadig bewegende diere het minder kans om te ontsnap uit intensiewe vure. 5. Waarom word daar van beheerde brande gebruik gemaak ? Beheerde en beplande brande hou natuurlike gebiede gesond. Dit kan teenproduktief lyk, maar voorgeskrewe brande het verskeie belangrike funksies. Dit verminder: - die risiko van katastrofiese veldbrande deur brandstof te beperk, - die belangrike habitat te herstel en te help om die habitat wat tans gesond is, te behou. Brandbestuurders kies versigtig wanneer hulle brand op grond van die weersomstandighede en die huidige omstandighede van die plantegroei. 6. Beïnvloed indringerplante veldbrande? Indringerspesies kan die risiko vir veldbrande verhoog deur gebiede oor te neem, die natuurlike balans te versteur en die veld te voorsien met ‘n oorvloed brandstof. Dit bedreig ook inheemse plante en wilde diere en hul habitatte . 7. Is vuur voordelig vir Wes Kaapse plantegroei? Natuurlike veldbrande het oor eeue heen gereeld in fynbos en renosterveld ekosisteme voorgekom. Hierdie brande is noodsaaklik om fynbos en renosterveld in ‘n ekologies gesonde toestand te hou. Vure is die kritiese

ekologiese dryfveer wat benodig word om die diversiteit van spesies in hierdie ekosisteme te behou. Onbeheerde brande as gevolg van menslike aktiwiteite benadeel die natuurlewe in die Wes-Kaap. 8. Hoe kan ons onbeheerde vure verhoed? - Daar mag geen oop vure in die veld gemaak word nie. Slegs in plekke waar dit aangedui word dat vure toegelaat word mag daar vure gemaak word. Daar is ook die moontlikheid dat selfs die plekke vir vure gesluit word wanneer dit te warm en winderig is. - Wanneer vure in toegelate plekke gemaak word moet ons seker maak dat die vuur altyd onder toesig is. Moenie vure verlaat sonder dat daar iemand is wat dit dophou nie. - Wanneer ons klaar is met die vuur moet dit

Klublede kom daarna elke tweede Donderdag van die maand bymekaar. Aansluitingsfooie Klubfooie kan in Witzenberg PS se Capitec bankrekening: 158-284-2947 inbetaal word. Lidmaatskapfooie beloop R200 vir volwassenes, R350 vir ‘n familie (2 lede), R100 vir ‘n student (na skool), R150 vir pensionarisse en skoliere is gratis. Die lidmaatskap is geldig tot Desember 2021.

deeglik met water doodgemaak word . Vure mag ook nie heelnag brand nie. - Maak sigarette deeglik dood voordat dit in die vullisblik gegooi word. 9. Hoe kan ons onsself beveilig teen onbeheerde vure ? - Skakel die Noodnommers 10177 of 112. - Dit is belangrik om ‘n brandveiligheidsplan te hê en om seker te maak dat almal weet hoe om die huis te ontruim indien daar ‘n brand is. - Maak seker dat die bedrading van elektriese toebehore in orde is. - Hou die area rondom jou huis skoon van materiaal wat kan brand, soos hout en vullis. - Moet nooit oop vure alleen los nie. - Moet nie rommel op ‘n warm of winderige dag brand nie.

VUUR is een van die magtigste kragte van die natuur. Alhoewel vuur vernietigend kan wees, kan dit ook verjongend wees en ‘n vennoot wees in CapeNature se beskerming van die land se natuurlike erfenis. FOTO: Internet-argief

SEPTEMBER IS TOURISM MONTH!

Building Peace!

Talle belangstellendes sluit aan by nuwe fotografieklub BELANGSTELLENDES kan aansluit by die Witzenberg Photographic Society (WPS). Inwoners wat in fotografie belangstel kamera of selfoon - is welkom om aan te sluit. Skoliere wat wil aansluit is ook welkom. Vir meer inligting of ‘n lidmaatskapvorm, skakel Phillip de Lange by 078-8639-184 of Gerrit Opperman by 083-2538-240. Die klub kom op Donderdag 8 Oktober om 19:00 bymekaar in die Togryer museumsaal vir hul eerste vergadering.

5

World Tourism Day - 27 September

Fostering Knowledge • When last did you visit the Ceres Togryers Museum? • Did you know that you can taste 5 different beer flavours at Ceres Brewery? • Did you know Christie Prins Trail is a short day hike outside Prince Alfred’s Hamlet? • Did you know you can go on a horse and carriage ride in Op-die-Berg?

By exploring your own town through the eyes of a tourist, you will not only support local businesses, but boost the local economy. So, start planning your trip and get traveling! Please contact us for a complete list of places to visit and discover including: ziplining; hiking & mountain biking trails; 4x4 routes; wine, beer & cider tasting facilities and many more. Ceres Tourism Bureau ☎ (023) 316-1287 info@ceres.org.za www.ceres.org.za


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Nell Davids 23 September

As you embrace this beautiful year of your life, may happiness accompany you in every endeavor you pursue in life. May God bless you so abundantly, that you run out of space to store the blessings. From your Davids / Elbring, van Huffel and Ambraal children and grandchildren

Dirk Hanse

1958/10/19 - 2020/09/09 Privaat begrafnis: Sat. 19 Sept. 2020

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Doggie Diva Honde Salon Voortrekkerweg (oorkant DK Karwas)

Skakel

083-396-5018

vir afsprake

Johan Baron (Tylor)

PLANT AND TOOL HIRE

16/09/1949 - 05/01/2011

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Die tyd vlieg so vinnig verby, want die 16de September is dit Daddy se 10de verjaarsdag weg van ons. Ons mis Daddy nog so baie. Tot ons weer ontmoet. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkind

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

Mandlakayise Pieter Mokola

NUUT IN CERES

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

Slegs 45 naasbestaandes Afstand van 1,5m moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Onthou om hande te was of gebruik sanitizer

Huis: 10:00, Vredestraat 36, Bella Vista Graf: Bella Vista

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o

082-859-2300

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Dr Allan & Maama Joy

Happy people never reveal their secret. You too can change life with 6 lotto numbers from Allan. Money in account, lucky oil, and magic stick, increase your salary and get rid of jealous people, clear debts and black list, ask about the spiritual loan. Chase away evils from your house or business, for powerball numbers, for jackpot.

083-341-0967

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

1997/04/29 - 2020/09/05 Funeral Service: Son. 19 Sept. 2020

• Only 45 next of kin • Distance of 1,5m • No handshakes or hugs • Wash hands or use sanitizer

House: 08:30, 11 Sonwabilestr., Pine Valley, Wolseley Church: 10:00, Zion Christian, Wolseley Grave: Wolseley

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Henry van Wyk

CERES (023) 316-2226 BLOKMAN 082-399-4068 Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

“Maar die vertroosting bly, ‘n weersiens sal daar wees. ‘n Tyd waar dit wat skei, verenig word in Gees.”

Van Mirty, Wendy en kleinkinders

Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. Enige belangstelling in Ceres se kultuur historiese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking, bewaring en uitbou van die groter Ceres se historiese erfenis. Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrybaar.

THE Bainskloof pass upgrades to the road surface and water draining systems has started and will continue for the next 17 months. A 24 hour Stop/Go will be in place during the construction.The 29km. section will be devided into 4 work zones. (Dept.Transport and Public Works). MOTORISTE in die Wes-Kaap wie se motorlisensies tydens die nasionale inperking verval het en dit teen einde Augustus moes hernu, het ‘n grasietydperk van 21 dae om dit te doen. Volgens verkeersdienste het motoriste wie se lisensies sedert Maart-Augustus verval het, tot 22 September om dit te hernu. Geen boetes sal gehef word as die lisensies teen 22 September hernu word nie. Rybewyse, leerlingrybewyse en padwaardigheidsertifikate moet teen 31 Januarie hernu word.

Die PPK toer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan past. Isaac ‘n NUWE fotografieklub vir die WitJacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na isaacjacobs50@yahoo. zenbergstreek is onlangs gestig. Belangstellendes kan begin aansluit by die com Beperkte plek beskikbaar. Witzenberg Photographic Society COUNCIL for Enterprise Development (WPS). Vir meer inligting skakel Phillip & Economic Reform (C.E.D.E.R.) nooi de Lange by 078-8639-184 of Gerrit Oppersone binne die Witzenbergstreek om ‘n perman by 083-2538-240. Die eerste seminaar by te woon. Die seminaar handel vergadering (elke tweede Donderdag van oor hoe om jou eie besigheid te begin. die maand) vind op 8 Oktober plaas in Hierdie seminaar vind drie dae per week die Togryers museum se saal. plaas vanaf 28 September. Die opleiding is gratis. Plek en tye sal later deurgegee Joh. 10:10 word. Alle belangstellendes moet ‘n e-pos “‘n Dief kom net stuur aan bolandceder@gmail.com of steel en slag en whatsapp 071-278-0544. DIE Togryers museum begin met ‘n nuwe klokke-projek. Die Vriende van die museum in samewerking met die museum begin eersdaags met die projek waarin ‘n databasis saamgestel word van al die historiese klokke in en om Ceres. Die publiek word gevra om die projek te ondersteun deur enige inligting deur te stuur. Indien daar ‘n klok is waar jy woonagtig is of jy is bewus van een naby jou, skakel Marthinus de Villiers (voorsitter) by museumfriends 2020@gmail.com met die nodige inligting. Die instuur van fotos word verwelkom. Onthou om alle inskripsies of detail op ‘n klok sigbaar te fotografeer en nie net die klok in geheel nie. Die projek kan nie suksesvol wees sonder die hulp van die publiek nie en daarom maak ons staat om elkeen wat ‘n bydrae kan lewer.

uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Evangelis Jacobs

Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.

Salaris onderhandelbaar

1936/09/18 - 2020/06/18

Ons hoop jy geniet jou Hemelse verjaarsdag. Dit is alreeds 3 maande wat jy so skielik weg is. Ons mis jou so baie.

Wat direk aan die slaghuisbestuurder sal rapporteer • Ondervinding in ‘n slaghuis as blokman sal u aansoek versterk • Goeie menseverhoudinge • Moet onder druk kan funksioneer • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Matriek is ‘n vereiste • Bestellings en voorraad opnames

nuusbrokkies

Friday, September 18, 2020

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

Diensaanvaarding: Spoedig moontlik Rig CV aan: ceres3@retail.spar.co.za Vir aandag: Slaghuisbestuurder Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 September 2020 Indien u teen 4 Oktober 2020 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

ONDERSTEUN PLAASLIK


WITZENBERG HERALD

7

Friday, September 18, 2020

Man ry teen fabriek se hek vas ‘n BESTUURDER het beheer oor sy BMW verloor en teen ‘n hek by CFG gebots. Niemand is in die voertuig beseer nie. Dit is nie bekend waarom die motorbestuurder teen ‘n fabriekshek vasgery het nie. Die ongeluk het Sondag 13 September omstreeks 18:00 plaasgevind.

Neem deel aan klokke-projek DIE Togryers museum begin met ‘n nuwe klokke-projek. Die Vriende van die museum in samewerking met die museum begin eersdaags met die projek waarin ‘n databasis saamgestel word van al die historiese klokke in en om Ceres. Die publiek word gevra om die projek te ondersteun deur enige inligting deur te stuur. Indien daar ‘n klok is waar jy woonagtig is of jy is bewus van een naby jou, skakel Marthinus de Villiers (voorsitter) by Museumfriends2020@gmail.com met die nodige inligting. Die instuur van fotos word verwelkom. Onthou om alle inskripsies of detail op ‘n klok sigbaar te fotografeer en nie net die klok in geheel nie. Die projek kan nie suksesvol wees sonder die hulp van die publiek nie en daarom maak ons staat om elkeen wat ‘n bydrae kan lewer.

Hospitaal soek man se naasbestaandes CERES hospitaal soek na die familie van Ronny van Peits (55) van Opdie-Berg. Hy is op 6 September in die Ceres hospitaal opgeneem. Hy is 1.6m lank, weeg 46kg en het kort hare. Skakel Geoffrey Vermeulen by (023) 316-9604 gedurende kantoorure.

ERFENISMAAND HERDENKING WIE WAS KLARA MAJOLA KEN JY HAAR VERHAAL VAN DAPPERHEID

Focus on diabetics helping to save lives THE focus on diabetic patients continues with promising early feedback. The project was initially launched to focus on high risk patients but have now added lower risk diabetics as well. “The project ensures that when a diabetic patient tests positive for COVID-19, the department of health makes daily contact with them. For high risk diabetics, we also encourage admission to a hospital in order to monitor their health”. Since its inception, 356 high-risk diabetic patients have been contacted, and of these 122 have been admitted to hospital. Of these, 87 have been discharged, 14 are still in hospital while 11 unfortunately passed away. This represents a 79,5% treatment success rate as this group is considerably higher at risk for severe COVID19 infection. This is on a background mortality in high risk of COVID-19 diabetics of approximately 28%. “Since the 7th of August, we have also started the phase of the project focusing on moderate risk diabetics with COVID-19 and have contacted 244 patients. Of this group 32 have been referred for a more intense follow up by a medical officer and five admitted. This initially started in the City of Cape Town and is now being rolled out across the province to all rural areas as well”. A call centre had been utilised to support the diabetic project by calling diabetic patients in order to determine whether these patients are at risk of developing more severe illness. The agents work from a pre-determined script and elevate at-risk patients to the medical team.

This focus on those people who are at greatest risk of severe illness and death, means that we are able to intervene early and ensure that proper treatment is given. While it is still early, the results we have seen show that this focus is saving lives. As the province enters the new phase of pandemic of moving forward, it must strengthen its behaviour change efforts to remain alert and vigilant to prevent infections. We also need to take special care of those who are vulnerable. People who are 55 years and older or an adult of any age with an underlying condition, such as diabetes, hypertension, kidney disease, TB, HIV, Chronic lung disease (e.g. asthma, emphysema, chronic bronchitis) or on cancer treatment are at high risk of getting severe coronavirus. We need to shield these vulnerable members (keep them safe). Should they develop symptoms (cough, sore throat, loss of smell or taste), they should also seek care faster and contact the provincial hotline straight away at 080928-4102 to arrange a test. If they remain ill, or become worse, they should also seek medical assistance.

Provincial hotline 080-928-4102

Die Togryers Museum deel haar verhaal daagliks vanaf 21 - 24 September met plasings van voorlesings, gedigte en radio onderhoude. Hou die Togryers Museum se Facebookblad dop vir hierdie verhaal uit die volksmond.

PUT YOUR

WHERE

YOUR ♥ IS SUPPORT LOCAL

○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○

○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○

• Balloon learners can apply including Abet learners as long as they have proof that they are enrolled students or learners • Mothers have to register their babies within 30 days


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, September 18, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 (2): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Moeilike wedvlug van Modderrivier

KOMPETISIE wenners: Wilhelm Muller en Connie Malherbe (onder). DUIWE het Saterdag 12 September ‘n harde wedvlug vanaf Modderrivier beleef. Duiwe moes hitte, stormsterk winde asook en reën trotseer op pad na hul bestemmings. Net ‘n paar duiwe het Saterdagaand by hulle hokke aangekom. Die wedvlugpunt is verskuif van Bloemfontein na Modderrivier wat later ‘n gewys het dit was ‘n goeie skuif gewees. Marquin Pieterse van BHPS se duif was die vinnigste terug by die hok na klipharde wedvlug. Saterdag 19 September word die duiwe op Britstown losgelaat. CHPS Ope1 1. Cyril & Ann Davids 995.595 mpm 2. A. & Aiden Koopman - 994.692 mpm 3. A. & Aiden Koopman - 743.217 mpm 4. Cyril & Ann Davids 715.217 mpm 5. Cyril & Ann Davids 705.478 mpm Ope 2 1. André & A. Koopman - 797.719 mpm 2. Bryan Isaacs 766.113 mpm 3. André & A. Koopman - 717.345 mpm 4. Cyril & Ann Davids 680.237 mpm 5. Clarence van Wyk 649.004 mpm BHPS Ope 1 1. M. Pieterse 1272.535 mpm 2. L. Koopman 1036.005 mpm 3. N. Pedro 988.599 mpm 4. N. Pedro 786.066 mpm

5. N. Pedro Ope 2 1. N. Pedro 2. M. Pieterse 3. N. Pedro 4. J. Van Rooy 5. J. Van Rooy CPS Ope1 1. Krotz Lofts 2. Meyer en Van Wyk 3. Krotz Lofts 4. C.T. Nige 5. Krotz Lofts Ope 2 1. Krotz Lofts 2. C.T. Nige 3. Meyer en Van Wyk 4. M. en M. Koopman 5. Meyer en Van Wyk Tulbagh duiweklub Ope1 1. Litte Lofts 2. Silvervaring 3. Litte Lofts 4. Litte Lofts 5. Litte Lofts Ope2 1. Dauw van der Berg 2. Litte Lofts 3. Dauw van der Berg 4. Silvervaring 5. Rodrick Albertus -

759.503 mpm 1104.642 mpm 1065.133 mpm 790.491 mpm 745.057 mpm 725.244 mpm 1148.829 1137.208 1062.723 1055.801 1051.745

mpm mpm mpm mpm mpm

1225.816 1223.678 1080.950 1071.703 1036.711

mpm mpm mpm mpm mpm

784.201 714.961 702.806 612.145 587.511

mpm mpm mpm mpm mpm

747.304 689.838 674.555 667.443 666.374

mpm mpm mpm mpm mpm

CASPER de Bruin.

Connie Malherbe en Wilhelm Muller wen kompetisies op Ceres

SATERDAG het 90 spelers aan twee kompetisies op Ceres gholfbaan deelgeneem. Die enkel stableford klubkompetisie is deur Connie Malherbe met 45 punte gewen. Alwynne Minnaar was in die tweede plek gevolg deur Hannes Laubscher en Drikus Swart, al drie met 38 punte. Goeie brutotellings is deur Cornell Muller (70), Vincent Hewitt (70), Drikus Swart (71) en Connie Malherbe (72) aangeteken. Ceres was die naweek die gasheer van die Boland Seniorreeks. Die A-afdeling is deur Francois Hanekom van Stellenbosch gewen met +1. Francois le Roux van De Zalze was tweede gevolg deur Adrian Kuiper van Hermanus en Tony Bailey van De Zalze. Casper de Bruin van Ceres was in die vyfde plek met +4.

Die B-afdeling (stableford kompetisie) is deur Wilhelm Muller met 36 punte gewen. Harry Hewitt van Ceres was tweede met 33 punte met Francois Steenkamp van Wellington in die derde plek met 32 punte. Jannie Conradie van Ceres was vierde met 32 punte. Ceres Classic Met twee weke oor om in te skryf vir die 2020 Ceres Classic, is daar nog ‘n handjie vol plekke oop. Die jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas. Daar is slegs nog plek vir 5 spanne vir Vrydag se kompetisie en 2 spanne vir Saterdag. Net 36 spanne kan per dag speel. Inskrywings kos R4000 per span.

Wen ‘n Eland-jag 2 ELANDE KAN GEJAG WORD (30KM BUITE CERES) TEEN R500 PER ELAND

ten bate van Huis Maudie Kriel

Skakel Ria Prins (Huis Maudie Kriel) per e-pos: bestuurder.maudie@lando.co.za of whatsapp: 083-628-2785 om ‘n NOMMER te bespreek, alvorens inbetaling gedoen word Allokasie van die bg. nommer sal dan toegeken word, onderhewig aan die bewys van betaling (EFT-aankope word aangemoedig) Jag moet plaasvind tussen 26 September en 10 Oktober 2020

(Trekking van gelukkige wenners word gedoen op Maandag 21 September 2020)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.