Witzenberg Herald Vol. 24 no.36 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 36

R7.50

Friday, September 17, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 September

Vrydag 17 September

1° 19°

2° 23°

Saterdag 18 September

Vuurwapen bevoegdheid en Aansoeke

Sondag 19 September

4° 27°

CERES (023) 312-2144

4° 21°

VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn

Ceres Koekedouw dam

100%

Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar.

Lesing: 2021/09/15

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

Man sterf

Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie

MOTIVERINGS

Neels: 082-335-8331 CJ: 082-837-4325

www.witzenbergherald.co.za

Leerder (19) sterf na hy by skool inmekaarsak

‘n MAN van Ceres het die naweek gesterf nadat sy aanvallers hom aan die brand gesteek het.

Die voorval het tussen verlede Woensdagaand en verlede Donderdagoggend plaasgevind naby 4de Straat in die Vredebes behuisingskompleks oorkant Nduli. Die polisie en nooddienste is verlede Donderdag omstreeks 06:50 na die toneel. EMS het James Brink (53) na die hospitaal geneem waar hy Saterdag aan erge brandwonde beswyk het. Die voorval het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Die polisie vra nou die gemeenskap se hulp om die moordenaars op te spoor. Inligting Indien iemand oor inligting beskik, kan hulle s/sers. Seroot skakel by (023) 316-8500.

Munisipale verkiesing op 1 November DIE nasionale munisipale verkiesing vind op Maandag 1 November 2021 plaas. Daar was talle versoeke om die verkiesing tot Februarie 2022 uit te stel weens die COVID-19 pandemie. Die konstitusionele-hof het egter ‘n stokkie voor die uitstel gesteek. Kragtens die grondwet moet ‘n verkiesing binne 90 dae gehou word nadat plaaslike regerings se termyn verstryk het. Die huidige termyn het reeds in Augustus verstryk. Daar is tans 25.6 miljoen landsburgers wat vir die verkiesing geregistreer is. Hiervan is 55% vroue en 45% mans. Registrasie Die kieser-registrasie vir die munisipale verkiesings vind die naweek van 18-19 September van 08:00 tot 17:00 plaas. Matriekeindeksamen Die matriekeindeksamen is weens die verkiesing op 1 November, aangepas. Die eksamen sal nou op 27 Oktober begin met 207 vraestelle wat oor ‘n periode van vyf weke geskryf gaan word. Die departement van basiese onderwys het Woensdag bevestig dat Engels en Besigheidstudies na 27 en 28 Oktober vervroeg is. Stemgeregtigde leerders kan Maandag 1 November gaan stem.

nuus@witzenbergherald.com

VUURWAPEN AANSOEKE

JAYDEN Daniëls (19).

‘n NADOODSE ondersoek moet nou bepaal hoekom ‘n gesonde graad 11 leerder van Tulbagh skielik dood is. Jayden Daniëls (19), ‘n graad 11 leerder van Waveren Hoërskool, is Dinsdag onverwags dood kort nadat hy saam met skoolmaats raakrugby gespeel het. Die presiese omstandighede is nog onbekend. Daniëls het tydens die spelery blykbaar gestruikel en na bewering op sy kop geval. Hy het gesukkel om asem te haal en noodhulp is op hom toegepas. Die skoolmaats het hom tot by die skoolstoep geneem waarna hulle hom met die hulp van onderwysers na die nabygeleë kliniek geneem het. Hy is omstreeks 13:00 by die kliniek dood. Die tragiese voorval het tydens ‘n skoolpouse plaasgevind. WKOD het hul meegevoel teenoor die familie, vriende en skoolgemeenskap uitgespreek. Berading sal aan personeel en leerders beskikbaar wees. Gedenkdiens ‘n Gedenkdiens is Woensdagoggend vir Jayden by die skool gehou. Die uitslag van die nadoodse ondersoek en lykskouing sal eers later bekend gemaak word.

Minister Meyer besoek Tulbagh MAANDAG 13 September het die WesKaap minister van landbou, dr. Ivan Meyer, en die burgemeester van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, dr. Helena von Schlicht, boere op Tulbagh toegespreek. Meyer het op belangrikheid van landbou in die streek en ‘n goeie munisipaliteit gefokus. Landbou dra tot R 64.4 miljard by tot die Wes-Kaap ekonomie. VLNR: Dr. Ivan Meyer, Nic van Huyssteen (voorsitter van Tulbagh toerisme) en kol. Charlie Meiring (SAPD Tulbagh stasiebevelvoerder).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.