WH Herald
PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG
Witzenberg
Volume 23 no. 37
R7.00
087 095 361 7 WWW.JPTEK.CO.ZA INFO@JPTEK.CO.ZA
Friday, September 25, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 24 September
Vrydag 25 September
12° 25°
9° 14°
Saterdag 26 September
COOL TECH COOLTECH
Sondag 27 September
7° 10°
Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
6° 10°
Ceres Koekedouw dam
100%
Lesing: 2020/09/23
Telephone: (023) 316-2021/3
REFRIGERATION • AIR CONDITIONING
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Tref-en-trap
Agt maande later en verdagte (26) steeds nie in die hof nie AGT maande nadat ‘n 26-jarige man ‘n vrou in Voortrekkerstraat op Ceres doodgery het, het hy nog nie in die landdroshof verskyn nie - al het hy homself aan die polisie oorgegee. Die verdagte moes al op 11 Maart in die Ceres landdroshof verskyn het op ‘n klag van strafbare manslag, maar die polisiedossier was toe nie by die hof nie. ‘n Nuwe verskyningsdatum van 2 Julie is later gegee maar die saak is weer nie op die
hofrol geplaas nie - die keer was daar getuieverklarings uitstaande. Na verskeie navrae kan die Ceres polisie steeds nie sê wanneer die ondersoek voltooi gaan word en dit op die hofrol teruggeplaas gaan word nie. Agtergrond Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie in die vroeë oggendure oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery.
Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou by Engen op Ceres gestop het. Sy het oor Voortrekkerstraat na Shell gestap toe sy deur ‘n voertuig getref is. Die tref en trap het omstreeks 01:45 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag. Die bestuurder (26) het homself later aan die polisie oorgegee. Verdere klagtes soos die gebruik van voer-
tuig sonder eienaar se toestemming en nie stop by 'n ongelukstoneel om besering of skade vas te stel, kan later bygevoeg word. Die verdagte het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Intussen is daar ook vasgestel dat die polisie ‘n dronkbestuurklag teen dié man ondersoek na ‘n voorval in Mei 2018. Dit is ook nog nie seker wanneer hy op dié aanklag gaan verskyn nie.
Heli-ambulans kom haal pasiënt TALLE Ceres inwoners het Maandag- en Dinsdagaand seker gewonder waarom hulle laatnag helikopters hoor. Maandagaand was dit die Netcare 911 noodhelikopter (regs) wat ‘n vroulike pasiënt kom haal het vir ‘n oorplasing na ‘n Kaapse hospitaal. Dié Netcare 6 helikopterambulans het net na 21:00 by Ceres Netcare hospitaal geland. Die helikopter het eers rondom 23:00 vertrek toe ‘n beskikbare bed vir haar gevind kon word. Nadat die helikopter vroeër die aand uit Kaapstad vertrek het, het Paarl Medi-Clinic laat weet dat daar nie meer ‘n bed beskikbaar is nie. Die pasiënt is later na die Vincent Palotti hospitaal oorgeplaas. * Geen verdere inligting mag deur die hospitaal bekend gemaak word nie. ** Nie een van die twee helikopterambulansdienste, AMS of Netcare911, het Dinsdagaand hierheen gevlieg nie. Die vermoede is dat dit 'n helikopter kon wees wat net laag oor die dorp gevlieg het.
National
BRAAI DAY
2020
24 SEPTEMBER 2020
(023) 316-2226 CERES SUPERSPAR Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS Mon - Fri 09:00 - 17:00
Ribeye steaks
Chicken Thigh Kebabs
Braai broodjies
7999 139 9999
15
p/kg
00
Large Spar Eggs 18’s
2699 2 FOR
Spar Crackers selection 400g
2000
Chargrill Beef Burger
each
COMBO
10000 2000 2 FOR
Spar Cooking Oil 2L
999 each
2299 each
Lettuce Heads
11
Cucumbers
99
3999 each
each
Koo Baked Beans
p/kg
2,5kg Spar Cake Wheat Flour
3499
Spar Macaroni OR Spaghetti
7999
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 24 - 27 SEPTEMBER 2020 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL.
1499
each
p/kg
7kg Aartappel 1kg Patat 1kg Uie 750g Wortels 1 heel Kool
each
Spar Firelighters
each
Smoked Sparerib
5999
each
1399
Panini 3’s
99
2999
SERVING SUGGESTION
p/kg
5kg Spar Briquettes
Spar paper plates 50’s
Bokomo Weetbix 900g
each
4199 each
Spar Long Life Milk, Full Cream, Low Fat or Fat Free 6 x 1L
69 66
2
WITZENBERG HERALD
Friday, September 25, 2020
Klanke is die oplossing
Ceres Pick n Pay wen Jerusalema-uitdaging PICK n Pay Ceres se Jerusalema-span het die nasionale Pick n Pay en Coca Cola Jerusalema-uitdaging gewen. Ceres het die eerste plek behaal van al die konsessiewinkels in Suid-Afrika en Namibië. Janine van der Merwe en Elize Pedro het personeel bymekaar gekry en begin om hul danspassies te oefen. Dit was so suksesvol dat die span al twee keer deur belangstellendes gevra is om weer in die parkeerarea voor die winkel op te tree. Binne 24-uur nadat hul danspassies op Ceres Pick n Pay se Facebook-bladsy verskyn het, het 40 000 mense dit gesien en 505 mense het dit gedeel. Honderde mense het ook die span gelukgewens. * Volgens die beoordelaars, was die span se geesdrif, die genot en oorgawe waarmee hul gedans het, duidelik sigbaar en aansteeklik. “Ceres Pick n Pay se beVERLORE AKTE stuur is trots op Janine, Elize en hulle span. Kennis geskied hiermee dat ingevolge die bepalings van Dit getuig van spangees en ‘n benadering Regulasie 68 van die Wet op Registrasie van Aktes,1937, van uitstekende diens lewer, ook aan ons daar van voorneme is om aansoek te doen vir gesertifiseerkliente”.
de afskrifte van Transportakte T13709/2012 uitgereik deur Salmon Jakobus Jantjies (ID nr 831008 5150 089) en Daneel Ybrehet Jantjies (ID nr 871003 0103 085), getroud binne gemeenskap van goed met mekaar, ten gunste van JACOB JANTJIES (ID nr 650314 5192 081) en ELIZABETH SUSARA JANTJIES (ID nr 660516 0132 080) getroud binne gemeenskap van goed met mekaar met betrekking tot Erf 6423 Ceres in die Witzenberg Munisipaliteit Afdeling Ceres Provinsie Wes-Kaap wat verlore of vernietig is. Alle persone met besware teen die uitreik van sodanige titelbewys word hiermee versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes by Kamer 1216, 12de Vloer, 90 Pleinstraat, Kaapstad, binne twee weke na die datum van publikasie hiervan. Gedateer te Worcester op 16 September 2020. MEYER & BOTHA PROKUREURS per. L.R. MEYER RUSSELLSTRAAT 102, WORCESTER, 6850 (Verw:LRM/na/GJ0553)
Baie dankie Dit voel vir ons om vanaf die Winterhoek-berge “dankie! dankie!” te skree dat dit kan weergalm in almal se ore. Ons wil al Tulbagh, Ceres, P.A. Hamlet, Koue Bokkeveld en Wolseley se mense bedank vir al die ondersteuning in die vorm van besoeke, oproepe, kos, blomme, briewe en veral die warm drukkies na die tragedie van 16 Augustus 2020. Ons weet nie hoe ons tot dusver sou kom sonder dit alles nie. Ons het 22 jaar gelede dieselfde liefde en ondersteuning gekry en weet dit is net gebede wat ons gaan dra. Ons glo dat ons Hemelse Vader ons sal oorspoel elke dag met Sy Genade en dat ons eendag weer gaan lag. Ons troos is dat Hennas, Dané, Pierre-Johann en Magiel nou saam en gelukkig is. Hiermee net weer ons dank aan Witzenberg Properties en De Keur Boerdery wat ons deur die tyd gehelp het en nogsteeds help met finaliteite.
Alle liefde Pierre + Betsie
POOLE
Gabriël John 24/09/1947 05/08/2020 It’s nearly 2 months since I last saw you, spoke to you, touched your hand, hugged you or just sat in your presence. I miss you! I really, really miss you. I miss the sound of your voice, miss your hugs. I really wish I could hug you right now. I miss your words of wisdom and I miss the sound of your laughter. Not a day goes by that I don’t imagine what life would be if you had not died. Every situation/place that I find myself in (family function, in the kitchen, seeing bees flying by) I imagine a scenario where you’re present and sharing in the happy moments. It’s your BIRTHDAY and I am a little envious of all the people who get to spoil their husbands on his day. In my head, I already have your gift, have the day planned and Marizel, boeta Chrissie and I are in cahoots to keep it a surprise for you, but then reality is stone cold. You’re not here anymore and I don’t get to do anything exciting for you. I do get to make a prayer for you, though. That’s something. It’s the only thing I can do, really. I also get to hold on to the memories. I get to look at the photos of you. I get to be proud when people talk about what a fantastic man you were. You were always there for people when they needed help and you never expected or wanted payment for helping people. Your generosity and selflessness is inspiring and unmatched. I like to believe you’re watching over all of us, Ousus, Philip, Gwynnie, Janneman, Marizel, Johne, Granville, your grandchildren - Boeta Aan, Chrissie, Dieudonneé, Taylor, Georgah, Nayla and I. When I dream about you, I feel happy and sad at the same time. Happy that you were in my dream and sad that it ended too soon. Thank you, Johnny Boy. Thank you for your love. Thank you for the memories. Thank you for being a good, hard working human being. Mostly, thank you for being my husband. I love you Happy heavenly birthday my love. Hannie
TRUIDA Joubert (96) het baie jare gelede na Ceres gekom om onderwys te gee. Sy het gimnastiek en sportafrigting gedoen by Laerskool Gericke en Charlie Hofmeyr Hoërskool. Sy het altyd ‘n passie vir onderwys gehad. Truida was net 10 jaar oud en in standerd 2, toe sy haar jonger sussie wat die volgende jaar moes skooltoe, geleer lees het. Truida het haar met klanke leer lees soos haar Miss Blake vir haar geleer het. Dit was ‘n groot sukses en Sussie het altyd presteer en later ‘n mediese dokter geword. Truida het ook haar twee oudste kinders met klanke leer lees voordat dit in skole afgelas is. Skole het toe ‘n ander leesmetode gevolg. Sy het egter met die klank-metode aangehou en later vriende se kinders asook haar eie kleinkinders met klanke leer lees. ‘n Paar jaar gelede besluit Truida om ‘n boekie: Ons leer klankklank te skryf sodat ouers asook ouer broers en suster, die jongeres kan leer lees. “Gelukkig hoef niemand ‘n graad of diploma te hê om jong kinders met klanke te leer nie. Die metode is eenvoudig. Daar is 6 klinkers, 20 medeklinkers, 10 dubbelklanke en 4 drie-klanke. Dit is al! Hulle moet net 26 klanke ken. Die Witzenberg Herald gaan die volgende paar weke uitreksels uit die boekie van Truida Joubert publiseer. Dit sal dit vir almal maklik maak om te leer lees.
Ons leer klank-klank lees
ELKE lettertjie maak, ‘n geluid en ons noem dit ‘n klank. Ons gaan ook ‘n storie vertel oor elke klank, sodat jul dit beter kan onthou en lag, lag gaan almal kan lees. Luister mooi wat juffrou vertel en julle sal self sien hoe verspot maklik dit gaan wees. “n Varkie het ‘n ronde snoet en hy sê: o o o o Hierdie varkie is baie stout en vroetel in my groentetuin rond. Ek neem ‘n stok en slaan die varkie langs sy snoet. Hy hardloop weg en skreeu: a a a a (beduie met jou vinger langs jou eie mond waar die stok die snoeitjie tref)
So ‘n varkie bly darem ‘n stouterd. Hy kom sowaar terug om aartappel uit my groentetuin te steel. Ek neem ‘n stok en slaan hom dwarsdeur sy snoet. Hy hardloop en skreeu: e e e e (wys weer met jou vinger dwarsdeur jou eie mond). Varkie het nie baie seer gekry, want ek het maar saggies getik. Varkie was sommer net kleinserig. Nou wag ek vir Varkie onder ‘n appelboom. ‘n Appel val op my kop en ek sê: i Dit is darem seer: u Hier is ‘n vet klankie wat op sy rug lê met sy bene in die lug en hy sê: “u”, Nou rus ek darem so lekker. Onthou dat elke woord een van hierdie twee klinkers moet hê al het die woord net twee letters. Ons bekyk nou die volgende sinne, woord vir woord en elke klinker is weer in ‘n vet lettertjie gedruk. a e i o u y 1. My jas is in ‘n kas. 2. Dit is ‘n mak kat. 3. Ons tel ‘n tol op. 4. Kom kyk na hom. 5. Sy het ‘n pen. 6. Sy pen is weg. 7. Dit is ‘n wit vis. 8. Sit dit in ‘n kis. 9. Ons ry in ‘n bus. 10. Sus rus op ‘n bed. Let weer op na die klinkers in elke woord: (j) Jan is laf. (i) Ina mors ‘n kol op my rok. (w) Wat kan ons las? (n) Nel sit op ‘n kis en wag. (r) Rek om dit by te kom. (e) Ek sal my tas dra. (v) ‘n Vars vis is vir my ma. (g) Gom sit vas. (f) Fred ry by die hek in. Ons ken nou die ses klinkers baie goed. Daar is net ses-entwintig klanke en ons ken reeds ses. Nou wil ons klanke hê wat hierdie klinkers, naamlik die: a e i o u y bystaan of help om ‘n woordjie te bou. Ons noem hulle medeklinkers. Hierdie klanke is so maklik, want hulle vertel sulke oulike storietjies en maak mooi geluide. Dadelik sien ons ‘n snaakse klank. Hier is ‘n ou lang man Dit lyk dan soos ‘n en ons sê l vir lang. slang. Wanneer ‘n Hierdie lang man kry slang kwaad word, ‘n stuk appel in sy keel. maak hy: s s s s Hy maak sy mond wyd Wat is dit? oop en sê: k en daar Dit lyk vir my soos ‘n vlieg die stuk appel uit. stoel. Die ou man Kan julle gaan sit op die stoel sien hoe en sê h nou sit ek wyd is sy darem lekker. mond oop? En die lelike ou? Hoe lyk hy dan vir julle? Vir my lyk hy soos ‘n gogga - g vir gogga.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, September 25, 2020
Gebruik nou vlak 1 om ekonomie reg te ruk
Aanrandingsaak weer uitgestel DIE saak teen ‘n man van Wolseley, is verlede Donderdag in die plaaslike landdroshof uitgestel. Die saak teen ‘n 29-jarige inwoner van Wolseley wat aangekla word daarvan dat hy ‘n ander inwoner ernstig aangerand het, se borg is verleng en na 22 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Morné Nel is vroeër deur speurders van Tulbagh in hegtenis geneem weens die aanranding van Bradley (Brado) de Bruin (26). Nel is einde Augustus op borg van R1000 vrygelaat. Hy moet aan streng borgvoorwaardes voldoen. Hy moet ondermeer in Worcester gaan bly, elke dag (eenkeer per dag) by die Worcester SAPD aanmeld en hy mag geen kontak met staatsgetuies hê nie. Nel se verskyning spruit uit ‘n aanrandingvoorval wat op Saterdag 22 Augustus omstreeks 23:30 op die Kluitjieskraalpad plaasgevind het. In ‘n video van die voorval wat deur ‘n skoolmeisie met haar selfoon verfilm is en op sosiale media platvorms gedeel is, kan gesien word hoe Nel op die rug van die kleiner slagoffer (Bradley de Bruin) sit, sy kop oplig en hom teen die kop slaan.
DIE afgelope ses maande het ‘n geweldige en negatiewe impak op die land se ekonomie gehad. Sekere bedrywe soos die restaurant- en motorbedryf, toerisme en die drankbedryf is hard geslaan. Besighede se omset en verkope per maand is nou seker tussen 20-50% teenoor dié van 2019. Die enigste manier om dit uit te wis, is om die ekonomie maar veral die klein dorpies se ekonomie, ‘n hupstoot te gee. Ondersteun en koop plaaslik en help so dat die mikroekonomie gouer herstel. Vergeet daarvan om in die Paarl of Worcester of Kaapstad te gaan koop. Witzenberg se ekonomie het dit ook nodig. Inwoners kan nie buite die dorp inkopies gaan doen maar dan verwag dat plaaslike besighede moet help om
skole, sportorganisasies, sopkombuise en kerke geldelik of met donasies te ondersteun nie. Plaaslike besighede kan ook probeer om die besigheid hier te hou deur ‘n groter verskeidenheid produkte aan te hou of dit gouer op aanvraag te bestel. Dit sal ook help dat personeel vriendeliker optree en ‘n beter diens lewer aan die beperkte kliënte of verbruikers daar buite. Dit is tot voordeel van die finansiële oorlewing van elke besigheid sowel as die personeel self. Dit sal besighede ook help om meer te adverteer en inwoners wat spandeergewys nou meer in hul dop gekruip het of meer selektief koop, bewus te maak van hul produk of diens. Vlak 1 het Maandag 21 September begin. Kom ons elkeen help om die dorp reg te ruk.
MORNÉ Nel (29) buite die Wolseley landdroshof.
PALS se jaarlikse ledevergadering het Dinsdag 22 September in die Dutoit Groep se raadsaal plaasgevind. Dit is weens die COVID19 pandemie vir die eerste keer via Zoom aangebied. Die gassprekers was dr. John Purchase van Agbiz en dr. Mogale Sebopetsa van die departement landbou. Die PALS inisiatief fasiliteer sedert 2014 hervorming in die landboubedryf op ‘n wyse wat ekonomiese groei, werkskepping en sosiale harmonie bevorder. Met elkeen se ondersteuning kan PALS voortgaan om ‘n beter gemeenskap te help bou, nasionale beleid te beïnvloed en saam met ‘n omgewing skep waarin almal ‘n meer volhoubare, veiliger toekoms kan geniet. VOOR: Pieter du Toit, Raymond Koopstad, Theo van Rooyen en Lien Visagie. AGTER: Gerrit van Vuuren, Reinette van Staden, Lisa Ambraal en Adri Fourie. * Gerrit, Reinette en Adri het namens die PALS kantoor die vergadering bygewoon en ander persone op foto is PALS direkteure. ** Die res van die direksie en lede het per Zoom ingeskakel.
SAPD neem afskeid van geliefde lid DIE SAPD het Dinsdag op gepaste wyse afskeid geneem van ‘n jare lange lid op Wolseley. A.O. Phillipus (Flippie) Calitz (49) is op 18 September na ‘n lang siekbed oorlede na hy vroeg in Julie 2020 met COVID-19 gediagnoseer is. Hy is in die Worcester Medi-Clinic se intensiewe sorgeenheid opgeneem. Hy het beterskap getoon maar onlangs ‘n terugslag beleef. Hy was tot sy dood op 18 September in die hospitaal. Hy het sy matriekjaar op Wolseley voltooi in 1989 waarna hy in 1991 in die polisie aangestel is. Hy was sedert 1994 werksaam by Wolseley SAPD. Hy word oorleef deur sy vrou, Ilze, en twee kinders. Gedenkdiens Calitz was die hoof van sigbare polisie by
Wolseley SAPD. A.O. Calitz se kollegas beskryf hom as ‘n toegewyde, pligsgetroue werker wie nooit geskroom het om aan hul raad en advies te gee en was te alle tye besorg oor hul welstand. Op Dinsdag 22 September het kollegas en familie van hom afskeid geneem met ‘n gedenkdiens voor die gesin se woning op Wolseley. Weens COVID-19 maatreëls en die impak daarvan op begrafnisse en die hoeveelheid mense wat dit bywoon, is ‘n optog met voertuie gehou as ‘n huldeblyk. Die gedenkdiens is bygewoon deur familielede, die streekbevelvoerder, maj. genl. Mene, talle offisiere, polisielede van Wolseley en omliggende stasies, verteenwoordigers van staatsdepartemente, buurtwagte en plaaswagte.
PERES & WILLIAMS TRANSPORT r Driver/learne ss ene r a w a t r o p s n a Tr Registreer voor 15 Oktober 2020 by Peres kantoor te Bella Vista Vir enige navrae, skakel 072-422-5996
Word aangebied aan in samewerking met: ◆ Departement van Vervoer en Publieke werke ◆ Padveiligheidbestuur • 10 plekke beskikbaar ◆ Departement van onderwys • Twee pryse om te wen
WEES VEILIG
4
WITZENBERG HERALD
nuusbrokkies SEPTEMBER is Erfenismaand en die Togryers museum loods ‘n nuwe projek met die tema: Elke straat vertel ‘n storie - Every corner tells a story. “ Ons is baie opgewonde om al die stories te lees en die museum argief so uit te brei. Daar is geen spesifieke jaartal nie dus kan dit uit enige tydperk uit dateer. Elke straat en sy inwoners - hetsy jy op Ceres, P.A. Hamlet of Nduli bly - het ‘n sto-
Sluit nou aan by nuwe fotoklub BELANGSTELLENDES kan aansluit by die Witzenberg Photographic Society (WPS). Alle belangstellendes wat in fotografie belangstel - kamera of selfoon - is welkom om aan te sluit. Skoliere wat wil aansluit is ook welkom. Vir meer inligting of ‘n lidmaatskapvorm, skakel Phillip de Lange by 078-8639-184 of Gerrit Opperman by 083-2538-240. Die klub kom op Donderdag 8 Oktober om 19:00 bymekaar in die Togryer museumsaal vir hul eerste vergadering. Klublede kom daarna elke tweede Donderdag van die maand bymekaar. Aansluitingsfooie Klubfooie kan in Witzenberg PS se Capitec bankrekening: 158-284-2947 inbetaal word. Lidmaatskapfooie beloop R200 vir volwassenes, R350 vir ‘n familie (2 lede), R100 vir ‘n student (na skool), R150 vir pensionarisse en skoliere is gratis. Die lidmaatskap is geldig tot Desember 2021.
rie om te vertel. Die Togryers museum wil graag stories van mense en hul dinge bymekaar maak. Of dit Krige, Lyell, Barlinka, Naudé of St.Paulstraat is - ons wil jou ervarings hoor. Inwoners kan hul vertelling opneem, tik om met die hand neerpen. Bring dit na die Togryers museum in Oranjestraat of stuur dit per epos na togryersmuseum@gmail.com ✗✗✗✗ VGK Ceres se eredienste begin vanaf Sondag 27 September soos normaal om 10:00. Bywoning van lidmate word beperk tot 250. Regulasies moet steeds gehandhaaf word: die dra van maskers is verpligtend, hande moet gewas word en afstand van 1.5 meter geld steeds. Vir navrae skakel J. Klazen by 082-227-0492. ✗✗✗✗ BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. ✗✗✗✗ HET jy ‘n belangstelling in Ceres se kultuurhistoriese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking, bewaring en uitbou van die groter Ceres se historiese erfenis. Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrybaar. ✗✗✗✗ BELANGRIKE KENNISGEWING. Die PPK toer na Israel vind weens COVID19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na isaacjacobs50@yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar.
SEW Plumbing is PIRB registered and provide services for all your domestic maintenance requirements which include bathrooms, drain clearing, appliance installation and repairs, roofing and building. Our service also includes Solar Heating, Fire equipment installation, renovations and new buildings, insurance work and Plumbing Certificate of Compliance (COC’s).
Contact Stewart Williams for a FREE quotation
068-045-3808 078-223-3722 Sewplumbing Pty/Ltd 8 St. Mathews Street Ceres, 6835
Woensdag, 30 September 2020 Woensdag, 28 Oktober 2020 Woensdag, 9 Desember 2020
DIE Togryers museum begin met ‘n nuwe klokke-projek. Die Vriende van die museum in samewerking met die museum begin eersdaags met die projek waarin ‘n databasis saamgestel word van al die historiese klokke in en om Ceres. Die publiek word gevra om die projek te ondersteun deur enige inligting deur te stuur. Indien daar ‘n klok is waar jy woonagtig is of jy is bewus van een naby jou, skakel Marthinus de Villiers (voorsitter) by Museumfriends 2020@gmail.com met die nodige inligting. Die instuur van fotos word verwelkom. Onthou om alle inskripsies of detail op ‘n klok sigbaar te fotografeer en nie net die klok in geheel nie. Die projek kan nie suksesvol wees sonder die hulp van die publiek nie en daarom maak ons staat om elkeen wat ‘n bydrae kan lewer.
Ons mis jou TER nagedagtenis aan Cathrine ‘Juffrou’ Fredericks. Vir ons kinders was jy ‘n dierbare ma. Vir vriende en familie iemand om op te steun - hulle moes jou net vra. Vir my as jou eggenoot was jy my lewensmaat - ‘n besonderse vrou, Ons het mekaar wonderlik aangevul, ek kòn en het jou met my hele lewe vertrou. Maans
✗✗✗✗ COUNCIL for Enterprise Development & Economic Reform (C.E.D.E.R.) nooi persone binne die Witzenbergstreek om ‘n seminaar by te woon. Die seminaar handel oor hoe om jou eie besigheid te begin. Hierdie seminaar vind drie dae per week plaas vanaf 28 September. Die opleiding is gratis. Plek en tye sal later deurgegee word. Alle belangstellendes moet ‘n e-pos stuur aan bolandceder@ gmail.com of whatsapp 071278-0544. ✗✗✗✗ SEPTEMBER is Erfenismaand en die Togryers museum loods ‘n nuwe projek met die tema: Elke straat vertel ‘n storie - Every corner tells a story.
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD In terme van Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) word hiermee kennis gegee van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum
Friday, September 25, 2020
Tyd
Plek 09:00 Virtuele vergadering
Besonderhede Gewone Raadsvergadering
HELENE van der Merwe (78) is op 17 September oorlede. Sy het in 1964 as ‘n onderwyseres by Hoërskool Charlie Hofmeyr begin en in 1967 is sy getroud met wyle Frans van der Merwe (Weltevrede). Helene het vir 25 jaar ‘n aktiewe rol in die Koue Bokkeveld se gemeenskap gespeel. Sy het later vir 21 jaar in Gordonsbaai gewoon voordat sy die laaste 5 jaar in Ceres Tuiste gewoon het. Sy sal onthou word as iemand wat haar Skepper, haar gesin en haar gemeenskap onvoorwaardelik gedien het. Haar familie bedank almal wat haar oor al die jare so getrou ondersteun en liefgehad het. Ons eer haar nagedagtenis. Die begrafnis was op 19 September op die familieplaas,Weltevrede, gehou.
Bekende dokter sterf skielik EEN van die Witzenbergstreek se bekendste inwoners is verlede week oorlede. Dr. Henry Alfred (Peter) von Buddenbrock (97) is verlede Donderdag oorlede. Hy was vir baie jare ‘n dokter op P.A. Hamlet. ‘n Gedenkdiens word voorlopig vir 17 Oktober beplan. Hy word oorleef deur Ray, Ean, Michael en families. * ‘n Berig met agtergrond oor sy lewe sal volgende week saam met finale gedenkdiensreëlings gepubliseer word.
PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council: Date Wednesday, 30 September 2020 Wednesday, 28 October 2020 Wednesday, 9 December 2020 D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
Time
Venue 09:00 Virtual meeting
Particulars Ordinary Council meeting
ERFENISMAAND HERDENKING WIE WAS KLARA MAJOLA KEN JY HAAR VERHAAL VAN DAPPERHEID
Die Togryers Museum deel haar verhaal daagliks vanaf 21 - 24 September met plasings van voorlesings, gedigte en radio onderhoude. Hou die Togryers Museum se Facebookblad dop vir hierdie verhaal uit die volksmond.
WITZENBERG HERALD
Friday, September 25, 2020
Taxi-baas op Tulbagh vermoor SEDERT middel Julie is daar vyf taxi-eienaars of taxi-bestuurders in die Witzenbergstreek doodgeskiet en een ernstig gewond. Die Wes-Kaap taxi-eenheid en die Tulbagh polisie ondersoek ‘n voorval waar ‘n plaaslike taxi-baas Vrydagoggend naby Nuwekloofpas doodgeskiet is. Die skietvoorval het omstreeks 07:20 plaasgevind. Onbekende aanvallers het Mzikayise Elliot Mzwakali (69), ook bekend as oom Elliot, geskiet en later op die vluggeslaan. Dit is die tweede taxi-verwante skietery op Tulbagh. Tsehla Mphutlane (25) is op 20 Julie ses keer geskiet en het op die toneel in die Chris Hani woonbuurt gesterf. Die voorval het omstreeks 22:35 plaasgevind. Nog ondersoeke en voorvalle Die Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek ook die dood van ‘n Nduli minibus-eienaar, Victor Mbangula (66). Hy is op 18 Augustus voor sy huis in Zolastraat doodgeskiet is. Mbangula het die oggend omstreeks 09:20 voor sy huis gestaan toe hy deur twee onbekende aanvallers doodgeskiet is. Hy is drie keer deur eerste aanvaller geskiet voordat ‘n tweede man omgedraai en hom nog twee keer geskiet het. Die aanvallers het te voet gevlug. In ‘n skietvoorval op 4 Augustus in Town Two, Lingelethu (buite Kaapstad) is Banele Mbuqe (46) van Ceres doodgeskiet. Op 25 Julie is ‘n buseienaar van Nduli, Sizwe (Mgeba) Adoons (41), ernstig gewond terwyl ‘n man wat saam met hom in sy bakkie gesit het, Mpiyakhe Qokole (48), doodgeskiet is. Inligting Indien inwoners oor enige inligting beskik of weet waar die aanvallers hulle bevind, kan hulle die polisie skakel 0860-010111. Die ondersoekbeampte van die moord van Mbuqe is sers. Ntyileko Mase (021) 360-2263. Die ondersoekbeampte van die moord van Victor Mbangula, is sers. Mdokwana en hy kan op 071-904-7404 geskakel word. Die Tulbagh SAPD kan geskakel word by (023) 230-8100.
5
THE Cape Winelands District Municipality (CWDM) is committed to supporting and growing local economic and community development through funding and other programmes. This is done through a variety of projects funded via the Municipal Grants-in-Aid Policy. This year, due to the COVID-19, the CWDM is unable to host large groups of Public Participation meetings. “We are doing things a little differently and hope that our partners will join us in our Public Participation process” The Mayor, Ald (Dr) Elna von Schlicht together with Natalie Fortuin, IDP coordinator, will host several radio shows on local radio stations during which they will outline the processes that need to be followed by those organisations or projects seeking funding. The radio shows will be broadcast on Valley FM, Worcester FM and in Radio KC on 5 October 2020. Visit our facebook page, Cape Winelands DM for times, live streaming and other options. If you have any questions and queries: idp@ capewinelands.gov.za DIE Safetek noodhulpkursus is vanaf 17 en 18 September by Riverside Lodge op Ceres aangebied. Dit is die eerste kursus wat aangebied word in nuwe konferensielokaal by die gastehuis. Hier is die kursusgangers afgeneem tyden die kursus.
St. Marks primêr op P.A. Hamlet is dankbaar vir die skenking van gesigmaskers en gesigskilde vir hul leerders. Beauty van Perdekraal East Wind Farm (gesigmaskers) en Naomi Betana van Witzenberg Justice Coalition (gesigskilde) het dit aan leerders geskenk. Hier is Adelle Swart saam met Naomi en Beauty afgeneem. Op die foto regs is graad 7 leerders, Jaybre Thomas en Jamelia Scholtz, met die maskers op.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Constance Prudence Lewies
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Skakel
082-859-2300 1998/09/25 - 2019/08/11
Connie mag jy ‘n wonderlike verjaarsdag saam met die Engele hê. Ek mis baie ons spelery en jou aansteeklike laggie. Ons huis is baie stil sonder jou, maar ons gun jou die rus. Van jou broer Jecisro
Angeline (Tietie Ann) Claasen
Jacoba Johanna Tieties
1969/09/25 - 2020/09/16
Privaat begrafnis: Sat. 26 Sept. 2020
Privaat begrafnis: Sat. 26 Sept. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend
Huis Huis: 09:00, Starkingstr. 24, Ceres Kerkdiens Kerkdiens: 10:00, Dienssentrum, Lyellstraat, Ceres Graf Graf: 12:00, Bella Vista
1947/03/15 - 2020/09/15
Slegs 100 naasbestaandes Afstand van 1,5m moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Onthou om hande te was of gebruik sanitizer
Huis: 10:00, Sederweg 470, BV Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Angeline (Tietie Ann) Claasen
Jade Zimri
Gebore te Ceres op 25 September 1969. Sy laat haar seun, Enrico, ouers, vier susters en twee broers agter.
“As familie is ons dankbaar vir elke bemoediging en gedagte ter vertroosting met die verlies van ons dierbare Tietie.”
Rus in Vrede
Katrina Magrieta Titus 1942/01/30 - 2020/09/15 Privaat begrafnis: Son. 27 Sept. 2020
Slegs 100 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer
1990/04/20 - 2016/09/25 “A light from our household is gone, A voice we loved is stilled. A place is vacant in our hearts, which never can be filled.” And everyday, for the rest of our lives, We’ll be missing you.
Gerald Lee
1966/11/15 - 2020/09/16
So skielik, het dit nie verwag, maar jy was my ysterman. Sal jou altyd lief hê.
Cathrine Fredericks
1953/01/20 - 2019/09/23 Jy is nou een jaar weg van ons by ons Hemelse Vader. Die vertroue is dat jy jou verjaarsdag sal vier, terwyl die Engele om jou vergader. Jou plek is leeg, jou stem is stil, Ons het dit aanvaar, dit was God’s wil. Van Loché, Zinovia, Rozetta, Michael en Maans
Mentoor Slinger (Oompie)
Van jou vrou, kinders, kleinkinders, susters
Gerald Lee 1966/11/15 - 2020/09/16 Privaat begrafnis: Sat 26 Sept. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend
Huis Huis: 9:00, Abrahamstr. 13, PAH Kerk erk: 10:00, V. G. K. , PA Hamlet Graf Graf:: Bella Vista
CERES NICO
Begrafnisdienste
/ Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
1998/09/25 - 2019/08/11 Dit voel soos gister dat ons jou verloor het, want jy het ‘n deel van ons harte saamgeneem. Vandag is dit jou tweede verjaarsdag in die Hemel en ons weet dat die Vader se liefde jou spesiaal vandag omvou. Rus in Vrede, my kind. Altyd lief vir jou. Van jou ouers Jimmy en Maria Lewies
Constance Prudence Lewies
Love Mom, Cameron and Cassidy
Huis: 11:30, Dahliastr. 106, Wolseley Kerk: 12:30, V.G.K., Wolseley Graf: Wolseley
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Constance Prudence Lewies
1998/09/25 - 2019/08/11
Dit is jou tweede verjaarsdag weg van ons, en die vermisting is groot. Maar ons weet ook dat dit jou beste verjaarsdag is, want dit is nog ‘n sorgvrye verjaarsdag by jou “Pappa”. Van jou Sussa Jean
TE KOOP
Moderne stort- en deurpaneel 900m x 1800cm
R1000
Gemakstoel nuut en modern oorgetrek.
R450
Skakel 073-561-3919 06/05/1967 - 25/09/2018
Jy is miskien weg, maar jou teenwoordigheid is altyd met ons. Ek sal jou nooit vergeet nie, jy laat goeie herinneringe en leringe agter. Tot weersiens. Dirkie Louw en familie
Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Kol. 3:22 “Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ‘n opregte hart uit eerbied vir die Here.”
Evangelis Jacobs
NUUT IN CERES Doggie Diva Honde Salon Voortrekkerweg (oorkant DK Karwas)
Skakel
083-396-5018 Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Dr Allan & Maama Joy
Happy people never reveal their secret. You too can change life with 6 lotto numbers from Allan. Money in account, lucky oil, and magic stick, increase your salary and get rid of jelousy people, clear debts and black list, ask about the spiritual loan. Chase away evils from your house or business, for powerball numbers, for jackpot.
083-341-0967
vir afsprake
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
KROEGMAN Betroubare persoon om oor naweke te werk. Moet ondervinding het en eie vervoer. Stuur CV en foto na
clubhazeoffice@gmail.com
BELANGRIKE KENNISGEWING Na talle navrae aangaande STERFGEV AL STERFGEVAL AL-KENNISGEWINGS in die Witzenberg Herald, net die volgende: ENIGE persoon kan begrafnisondernemers versoek dat hul familielid se doodsberiggie met persoonlike boodskap en begrafnistye in die koerant gepubliseer moet word. Dié kostes is gewoonlik by begrafnispolisse ingesluit. Inwoners kan dit ook direk by die Witzenberg Herald kantore in Voortrekkerstraat kom plaas. ☎ (023) 316-2021
Friday, September 25, 2020
WITZENBERG HERALD
Friday, September 25, 2020
7
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, September 25, 2020
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Wedvlugte word al langer
HARRY Hewitt (links) en Charles Basson.
Harry wen kompetisie SATERDAG het Ceres gholfspelers aan ‘n progressiewe stableford kompetisie deelgeneem. Harry Hewitt het die dag met 40 punte gewen. Charles Basson en David-John Versfeld, was na ‘n uittel onderskeidelik tweede en derde, ook met 40 punte. Johan Fourie was vierde met 39 punte. Goeie tellings is deur Dricus Swart (72), Cornell Muller (72) en Clemmie de Bruin (74) aangeteken. Ceres Classic Die jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas. Die toernooi is vol bespreek met 144 spelers (36 spanne) wat per dag gaan speel.
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 19 September op Britstown gelos. Saterdag 26 September skuif die wedvlugseisoen na die verste punt in Bloemhof, wat saam met die Kimberley wedvlug gevlieg word. CHPS Jaaroud 1. Cyril & Ann Davids 1369.428 mpm 2. Bryan Isaacs 1288.604 mpm 3. Clarence van Wyk 1279.455 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1262.911 mpm 5. Cyril & Ann Davids 1205.237 mpm Ope 1. Cyril & Ann Davids 1298.896 mpm 2. Bryan Isaacs 1292.159 mpm 3. Clarence van Wyk 1288.384 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1284.149 mpm 5. Cyril & Ann Davids 1272.203 mpm CPS Jaaroud De Jager broers 1389.013 mpm Krotz Lofts 1383.354 mpm
Meyer en Van Wyk Krotz Lofts Krotz Lofts Ope De Jager broers Krotz Lofts C.T. Nige Krotz Lofts Meyer en Van Wyk Hamlet duiweklub Jaaroud 1. Erasmus Hok 2. Erasmus Hok 3. L. Kitshoff 4. Erasmus Hok 5. Erasmus Hok Ope 1. J.J. Kitshoff 2. Erasmus Hok 3. J.J. Kitshoff 4. J.J. Kitshoff 5. J. KitshoffF jr. -
1376.377 mpm 1373.164 mpm 1364.982 mpm 1353.603 1285.576 1263.277 1239.949 1238.178
mpm mpm mpm mpm mpm
1371.384 1367.085 1304.679 1224.343 1223.939
mpm mpm mpm mpm mpm
1337.639 1336.464 1289.520 1265.377 1264.239
mpm mpm mpm mpm mpm
JADA Skye Gatyene van die Andries Douglas Martial Arts sentrum het onlangs aan die World Martial Arts Online games deelgeneem en goed presteer. Sy het ‘n derde plek behaal. By haar staan sensei Andries Douglas.
Karatekas presteer KARATEKAS van die Andries Douglas Martial Arts sentrum het onlangs aan die World Martial Arts Online games deelgeneem en goed presteer. Francios en Alex van Niekerk het ‘n derde plek behaal. Hier staan hulle met hul trofeë saam met hul pa, dr. Gerrit van Niekerk.
DANIEL Nieuwoudt van die Andries Douglas Martial Arts sentrum het onlangs aan die World Martial Arts Online games deelgeneem en goed presteer. Hy het ‘n tweede plek behaal in die kata-afdeling.
SEPTEMBER IS TOURISM MONTH!
Building Peace! Fostering Knowledge Ceres Tourism would like to encourage everyone to celebrate Tourism month and World Tourism Day on 27 September, by being a tourist in their own town or area. The purpose of World Tourism Day is to create awareness on the impor tance of tourism and its social, cultural, political and economic value. Ceres Tourism would like to thank Witzenberg Municipality, as well as the Ceres Tourism members, for their continued suppor t and assistance. Other businesses that are interested in becoming a member of Ceres Tourism can send e-mail manager@ceres.org.za By exploring your own town through the eyes of a tourist, you will not only support local businesses, but boost the local economy. So, start planning your trip and get traveling! Please contact us for a complete list of places to visit and discover including: ziplining; hiking & mountain biking trails; 4x4 routes; wine, beer & cider tasting facilities and many more. Ceres Tourism Bureau ☎ (023) 316-1287 info@ceres.org.za www.ceres.org.za
CERES KOUE BOKKEVELD VETERAANTREKKER KLUB