Witzenberg Herald Vol.24 no.37 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 37

R7.50

Friday, September 24, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 23 September

Vrydag 24 September

8° 26°

6° 25°

Saterdag 25 September

Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

REFRIGERATION • AIR CONDITIONING 060-911-9535 (OORKANT WITZENBERG MUNISIPALITEIT) FRIDAY OPEN UNTIL 12:00

Sondag 26September

8° 27°

COOL TECH COOLTECH

9° 27°

Ceres Koekedouw dam

GARLIC+HERB CIABATA GARLIC BREAD GARLIC BUNS

100%

Lesing: 2021/09/22

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Vier passasiers beseer DIE Ceres SAPD ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur nadat ‘n taxi met 11 insittendes van die Witzenbergvallei en ‘n Mahindra bakkie die naweek by Bella Vista gebots het. Volgens die polisie het die ongeluk Saterdag 18 September omstreeks 08:25 by die eerste Bella Vista-kruising plaasgevind. Beide voertuie was van P.A. Hamlet onderweg. Die Mahindra se bestuurder wou blykbaar regs indraai by Blouberg/Goede Hoop Vrugte toe die bestuurder van die Foton minibus hom aan die regterkant verbygesteek het. Die taxi het die bakkie getref en daarna op sy sy beland en meer as 150 meter verder tot stilstand gekom. Twee passasiers is lig beseer en twee ernstig beseer.

Munisipale verkiesing vind op 1 November plaas DIE nasionale munisipale verkiesing vind op Maandag 1 November 2021 plaas. Daar was talle versoeke om die verkiesing tot Februarie 2022 uit te stel weens die COVID-19 pandemie. Die konstitusionelehof het egter ‘n stokkie voor die uitstel gesteek. Kragtens die grondwet moet ‘n verkiesing binne 90 dae gehou word nadat plaaslike regerings se termyn verstryk het. Die huidige termyn het reeds in Augustus verstryk. Registrasie Daar is meer as 25.6 miljoen landsburgers wat vir die verkiesing geregistreer is. Hiervan is 55% vroue en 45% mans. Meer as 480 000 het die afgelope naweek by 23152 registrasiesentrums geregistreer. Meer as 29000 het aanlyn geregistreer. Die laaste kieser-registrasie vir die munisipale verkiesings het die afgelope naweek in die Witzenbergstreek plaasgevind. Aanlyn-registrasies het Maandagaand gesluit. Registrasie van kandidate het Dinsdag 21 September gesluit. Dit is nie bekend hoeveel mense in die Witzenberstreek geregistreer het nie.

Matriekeindeksamen Die matriekeindeksamen is weens die verkiesing op 1 November, ook aangepas. Die eksamen sal nou op 27 Oktober begin met 207 vraestelle wat oor ‘n periode van vyf weke geskryf gaan word. Die departement van basiese onderwys het verlede week bevestig dat Engels en Besigheidstudies na 27 en 28 Oktober vervroeg is. Stemgeregtigde leerders kan ook Maandag 1 November gaan stem. Versoek Alle Witzenberg politieke partye en hul kandidate in die 2021 munisipale verkiesing word versoek om deurentyd verantwoordelik op te tree en aan ‘n skoon verkiesingsveldtog deel te neem. Daar moet op probleme in die gemeenskap gefokus word eerder as op verkiesingsopponente en munisipale amptenare. Inwoners en kandidate moet ook hulle weerhou om ongegronde uitlatings op sosiale media platvorms te maak.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.