Witzenberg Herald Vol.26 no.38 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

uitsiguitsig uitsig

(023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com

Gold Medal Carpet Care

SKOONMA AK VAN: •Alle matte

•Gestoffeerde meubels

•Matrasse

•Voertuigsitplekke

Mari Blom 084-212-3020

•Was ruite van huise en geboue (slegs buite)

Toestand kritiek

HOSPITAALPERSONEEL en EMS paramedici besig om die pasiënt in die helikopter te laai.

man na Tygerberg hospitaal

‘n MAN (32) is Vrydagmiddag met ‘n AMS helikopter na Tygerberg hospitaal vervoer nadat hy vroeër die dag ernstig aangerand is.

Die Air Mercy Services noodhelikopter is ontbied en het net na 17:00 by Ceres hospitaal geland om ‘n erg beseerde manlike pasiënt te kom oplaai en na die Tygerberg hospitaal te vervoer vir behandeling.

Die helikopter het omstreeks 18:15 weer opgestyg nadat medici eers die pasiënt moes stabiliseer vir die vlug na Kaapstad.

Polisie ondersoek

Die polisie op P.A. Hamlet ondersoek dié aanranding en poging tot moordklag nadat Bokang Motinkhoane van die Heldersig plaas in die Koue Bokkeveld omstreeks 13:30 aangerand is naby Slangboskloof.

Motinkhoane is volgens die polisie verlede Vrydagmiddag met ‘n staalpyp van 1.2 meter teen die kop geslaan deur Rhamkati Tslana (31).

Tslana het hom voor die aanval beskuldig van ‘n verhouding met sy vrou.

Na die voorval het Tslana met die erg beseerde Motinkhoane na Ceres hospitaal gery sodat hy behandeling kan ontvang.

‘n Bewustelose Motinkhoane is later die middag met ‘n AMS-noodvlug na Tygerberg hospitaal geneem. Hy verkeer nog in 'n kritieke toestand in die hospitaal.

Tslana is na die voorval deur die polisie gearresteer en het hy Dinsdag 26 September in die Ceres landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding. Die saak is tot 3 Oktober uitgestel.

MOZAMBIQUE - MASINGA BEACH INHAMBANE Treat yourself to 5 nights in an ocean front deluxe villa (with private plunge pool) R22 880 per person sharing Valid until 15 December 2023. Incl: • Return direct flights between JHB and Vilanculos on Airlink Return road transfers between Vilanculos and Resort (±2.5 hours) • Welcome drink on arrival • Daily breakfast, lunch & dinner • Afternoon tea coffee & cake • Snorkelling at Fingers Reef off the beach with gear • Rock & surf fishing (excl. rod deposit) • Beach games, kayak, surf boogie boards, beach cycling • Selected nonmotorised activities. https://www.mainlinetravel.co.za/ Telephone:
Advertising:
erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 38 R 8.50 Friday, 29 Septembers 2023 CERES KOEKEDOUW DAM 100% TULBAGH DAM 100% WAVERENSKROON TULBAGH 53% Lesings geneem: 2023/09/27 4-Da4-Da
gwgw g weereer eereer
Donderdag 28 September 11° 28° Vrydag 29 September Saterdag 30 September Sondag 1 Oktober 11° 27° 7° 17° 5° 25°
4-Dagwgw
vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig
DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter was Vrydag 22 September na Ceres ontbied om ‘n erg beseerde manlike pasiënt (32) te kom oplaai en na die Tygerberg hospitaal te vervoer vir behandeling.
AMS vlieg beseerde
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226 SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00 ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 28 SEPTEMBER - 1 OCTOBER 2023 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Crosse & Blackwell Tangy and Creamy Mayonnaise only 750g Sunshine D 60% Fat spread Tub 1kg Spar Corned meat 300g Spar cold meats range 200g Milk Tart Lamb bulk braai chops Douw Egberts Coffee ass. 200g Ceres Spar bulk Boerewors Spar Beef Espetada Lancewood cheese range 900g Lamb bulk stew packs Koo Baked beans in Tomato Sauce 410g Nestlé KitKat (41,5g) Smarties (40g) Bar One (52g), Tex (40g) or Aero (40g) All Gold Tomato Sauce 700ml 9899 p/kg French loaf long Spar 1-ply mini toilet rolls 300 sheets 18’s 2299 each Castle Lite cans 6 x 500ml 15000 BUY 2 FOR Annabelle Cuvee Blanche or Rosé 750ml 7499 each 13999 p/kg 12499 p/kg 12999 p/kg Spar Chicken Espetada 8999 p/kg 6499 each 2999 26000 2 FOR 2399 each 799 each 2999 each 2 FOR 2600 12999 each 3499 each 3999 each 3 FOR 3000

DIE Tulbagh Lionsklub het onlangs inwoners uitgenooi om Saterdag 23 September aan die “Walk in Heels Against Gender-based Violence”-projek deel te neem. Die doel van die optog en saamstap van 500 meter met hoëhak-skoene, was om ‘n groter bewustheid te skep oor geslagsgeweld. Alle opbrengste is aan The Warrior Project geskenk. * Die organiseerders bedank al die deelnemers asook hul borge; Tarzan Shoes, Oude Compagnies, Rijk’s Wine Estate and Hotel, Lemberg, The Taste at Manley, Trident Health Centre, Daphne’s Tulbagh, Herholdt’s Pub & Grub, Tulbagh Wine and Tourism en Witzenberg Herald.

BETREKKINGS BETREKKINGS BETREKKINGS BETREKKINGS

ACVV HUIS DISA TULBAGH RESIDENSIëLE FASILITEIT VIR OUER PERSONE

WERKSWINKELBESTUURDER

‘n Vakature het ontstaan op een van Doornkraal Agri se produksie eenhede vir ‘n toegewyde, gemotiveerde en gekwalifiseerde persoon om dienste te lewer as Werkswinkelbestuurder. Die aangewese kandidaat sal ook beskik oor uitstekende tegniese- en probleemoplossingsvaardighede. Die posbekleër sal aan die Operasionele bestuurder rapporteer. Noodsaaklike pligte: • Bestuur van werkswinkel personeel en onderhoudspan • Verantwoordelik vir instandhouding van alle geboue, pakstoor, pompe, boorgate en implemente op die plaas • Verantwoordelik vir alle bouwerk wat op aanvraag gedoen moet word

• Opleiding van personeel - tegniese vaardighede en veiligheid • Verantwoordelik vir alle werkswinkel-verwante bestellings • Doen finale besluitneming ten opsigte van werkskaarte en verseker dat die werk akkuraat verrig word • Opstel en uitvoer van jaarlikse onderhoudskedule en dienste beplanning (tydskedule).

Vereistes : • Matriek • Toepaslike tegniese kwalifikasie (gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige hoogs voordelig)

• Minimum 5 jaar ondervinding in soortgelyke agtergrond

• Goeie rekord van bestuur van mense.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Oktober 2023

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

CV kan gerig word aan: hr@dkagri.co.za

Aansoeke word ingewag vir die volgende betrekking:

HOOF / BESTUURDER

PLIGTE BEHELS: • Bestuur van die residensiële fasiliteit en leefreg vir ouer persone • Bestuur en ontwikkeling van personeel • Bestuur van begroting • Skakeling met inwoners, gemeenskap en beheerraad • Administratiewe pligte/ sekere finansiële pligte • Bemarking en fondsinsameling.

POSVEREISTES: • Goeie menseverhoudinge • Vermoë om ‘n span te lei en te motiveer • Kennis en ervaring in personeelbestuur en finansies • Kennis en ervaring van ouer persone sorg • Tweetalig (Afrikaans/Engels) • Geldige rybewys • Rekenaarvaardig.

AANBEVELING: • Toepaslike naskoolse kwalifikasie • Ervaring van die bestuur van ‘n residensiële fasiliteit vir ouer persone kan in jou guns tel • Enige soortgelyke toepaslike ervaring.

SLUITINGSDATUM: 9 Oktober 2023 E-POS VOLLEDIGE CV AAN: (Onlangse foto en twee verwysings moet aansoek vergesel) huisdisa.admin@absamail.co.za Indien u geen terugvoer ontvang het teen 20 Oktober 2023 kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Mouton Sitrus ‘n produsent-verpakker en uitvoerder van sitrus en rooibostee in die Citrusdal area benodig ‘n geskikte kandidaat om die rol van Elektriese Tegnikus te vervul.

ONS IS OPSOEK NA ‘N

ELEKTRIESE TEGNIKUSPAKHUIS

Brakfontein Estate, Citrusdal

VERANTWOORDELIKHEDE: • Installering van nuwe toerusting en vervang ou toerusting • Herstel en voer voorkomende instandhouding uit • Diens van masjinerie tydens stilstand • Probleem soektog effektief tydens onklaarrakings, voer kwaliteit blywende herstelwerk uit • Voer roetine-inspeksies uit en teken alle dienste aan • Voer beplande instandhouding uit soos geskeduleer • Skakeling met en toesig oor kontrakteurs soos nodig • Voldoening aan alle veiligheidstandaarde en -regulasies te alle tye • Afbestelling van onderhoudsonderdele • Aanmelding en aantekening van alle instandhouding wat uitgevoer is vir toekomstige voedselveiligheidsoudits • Onderhoud en roetine-instandhouding van alle rugsteunkragopwekkers, insluitend batterye op alle besienswaardighede in samewerking met die werkswinkelpersoneel.

VEREISTES: • Diploma in Elektriese Ingenieurswese of Handelssertifikaat (Millwright/ Elektries, Instrumentasie of elektronika) • 5 Jaar minimum ondervinding vereis op verpakkingstoerusting, meganiese passing, PLC-kontroles, instandhouding en foutopsporing • Kennis en ondervinding van karton oprigmasjiene sal voordelig wees • Rekenaarvaardig en moet tegniese tekeninge kan verstaan • Gemotiveerde selfbeginner met goeie interpersoonlike en projekbestuursvaardighede • Geldige kode EB bestuurslisensie.

Stuur jou CV en dekbrief na: anchen@moutoncitrus.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Oktober 2023

R5 movie Fridays het einde Augustus afgeskop by die Togryers museum op Ceres en is nou ‘n gewilde tydverdryf vir die jongspan. Die Togryers museum wys dié Oktober nie een, maar drie flieks op 2, 4 en 6 Oktober. Alle ouderdomsgroepe welkom. Almal kan die flieks kom kyk. Bring jou R5 en eie eetgoedjies en kom spandeer die middag saam met die museum personeel. Besprekings kan by 060-7110-509 gedoen word. NB: Hou die Witzenberg Herald se FB-blad of webtuiste en die Togryers museum se Facebook-blad dop vir die naam van die volgende fliek.

Kunskompetisie sluit 20 Oktober

DIE Witzenbergstreek se jeug word uitgenooi om deel te neem aan die Togryers museum se Jeug kunskompetisie. Die kompetisie vorm deel van die Kuns-en Digfees in Oktober. Skole of individue kan die inskrywingsvorm en reëls by die museum kom afhaal of dit kan ook per e-pos aangestuur word. Sluitingsdatum vir inhandiging van kunswerke is 20 Oktober. Vir meer inligting skakel (023) 312-2045.

KENNISGEWING

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende nor male kantoor ure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Die plaas

Morgenster Nr.505 / The farm

Morgenster No.505, Ceres

Ligging / Location

Môrester, Koue

Bokkeveld

Aansoeker / Applicant

M H B

Trust (Denzil van der Merwe 083-3275559)

Aard / Nature

Hersonering vanaf Landbou I na Landbou II (geboue groter as 1000m²) / Rezoning from Agricultural I to Agricultural II (buildings greater than 1000m²)

Sluitingsdatum / Closure date

30/10/2023

2 l WITZENBERG HERALD l 29 SEPTEMBER 2023

CBI kies nuwe voorsitter

CERES Besigheidsinisiatief (CBI) het verlede Donderdag hul ledevergadering in die Ceresvallei kerksaal gehou. Tydens die geleentheid het sakelui afskeid geneem van die voorsitter, Naas van der Merwe. CBI het hom ook tydens die geleentheid bedank vir sy jarelange diens aan CBI en die 12 jaar wat hy voorsitter was. Nuwe verwikkeling binne CBI is ook bekendgemaak. Pieter du Toit sr. is die nuwe voorsitter en neem die leisels oor by Naas van der Merwe. Hannes van Schalkwyk neem sedert Augustusmaand waar as bestuurder in die plek van Jannie Conradie. Hannes sal tot Desember waarneem en Marthinus de Villiers sal van begin Januarie 2024 oorneem as CBI se nuwe bestuurder.

VLNR: Hannes van Schalkwyk, Pieter du Toit, Naas van der Merwe en Marthinus de Villiers. INLAS: CBI het ook Jannie Conradie bedank vir sy harde werk die afgelope vier jaar.

Tankwa-verdagte uit op borg

‘n WERKLOSE Sedgefield inwoner wat op Ceres van verkragting aangekla word, is na ses maande agter tralies, op borg vrygelaat. Die 26-jarige verdagte het Dinsdag 26 September weer in die Ceres streekhof verskyn op die verkragtingsklag. Hy is vir meer as ses maande in die Worcester gevangenis aangehou voordat hy begin Augustusmaand, R3 000 borg betaal het.

Die saak is na 25 Oktober uitgestel.

Soektog en ondersoek

Die man van Sedgefield is na ‘n polisiesoektog van 8 maande en goeie speurwerk weens ‘n verkragtingsvoorval in die Tankwa Karoo vasgetrek. Speurders van Ceres GKS het die man - wat eers later geïdentifiseer kan word as hy gepleit het - op Sedgefield gearresteer en na Ceres gebring.

Die voorval het tussen 1 en 2 Mei 2022 tydens ‘n vorige AfricaBurn geleentheid plaasgevind.

Brandstigter later in hof

‘n VERMEENDE brandstigter het verlede week weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Ashlin Brandon Paulse (24) staan tereg op klagtes wat verband hou met die brand einde Meimaand waarin die Matroosberg skihut en drie voertuie in puin gelê is. Die saak is tot 2 November uitgestel.

Paulse is Maandag 3 Julie deur Wes-Kaap speurders gearresteer. Hy word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.

Agtergrond

Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend 15 kilometer gaan stap. Met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref. Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.

Ondersoek

Dié ondersoek is deur die Wes-Kaap speurdiens oorgeneem en brand deskundiges was kort na die brand op die toneel. Die forensiese verslag is nog nie deur die brandeenheid wat in Pretoria gestel is, afgehandel nie.

Grafies saamgestel deur Witzenberg Herald

DIE Witzenbergstreek het vanjaar meer reën (meer as 60%) ontvang as vir die ooreenstemmende tydperk van Januarie tot September 2022. Net Juniemaand se reënvalsyfers is plek-plek meer as die Januarie tot September 2022 syfers. Die Ceres Koekedouwdam staan tans steeds op 100%, Tulbagh dorpsdam op 100% en die nuwe Waverenskroondam op 53%. * In die Warm Bokkeveld wat Ceres dorp insluit is van Januarie tot September 1081.4 mm gemeet, in die Bo-Swaarmoedomgewing 594.4 mm, by Romansrivier (Wolseley) is 898.6 mm gemeet en 715.3 mm in die Winterhoek-area (Tulbagh). **Die reënvalstatistiek is deur Hortec Ceres en ileaf beskikbaar gestel.

Koor wen kompetisie

Môrester se gemengde koor was onlangs die algehele wenners van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum koorkompetisie. Die spoggeleentheid het Saterdag 16 September in die Ceres stadsaal plaasgevind.

29 SEPTEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 3 SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa 023 1000 515 info@jptek.co.za

Heuningkwas of .....HARDEKWAS

Gebruik gerus jou gesonde verstand voor jy plasings maak

DIT lyk vir my of die toenemende tyd wat mense op sosiale media spandeer, hulle elke dag dommer en luier maak.

Niemand dink meer vir hulself nie en wil elke denkbare vraag op sosiale media vra en beantwoord kry. Gesonde verstand (common sense) of breinselle word nie gebruik of ingespan nie.

Poste word byvoorbeeld op Facebook gepubliseer om werksoekers te help. In die advertensie is daar posvereistes, telefoonnommers van die betrokke onderneming en ‘n epos adres om jou CV na te stuur.

Hier is ‘n paar kommentare van werksoekers:

Ek soek werk, Bel my of Ek stel belang

Hoekom sal die werkgewer jou skakel as jy sulke simpel kommetare los? Wat maak jou spesiaal of anders as die ander werksoekers. As jy nie kan lees wat van jou verwag word nie - hoe gaan jy die werk by daardie onderneming kan doen?

Vir baie werksoekers is sulke kommentare by die advertensie hul eie ondergang. Voeg daarby ‘n paar vreeslose digitale-ridders met hul kommentare, opinies en plasings en geen werkgewer daar buite gaan jou in ‘n pos aanstel nie.

Hou op om jou onvermoë ten toon te stel en dink mooi wat jy op jou sosiale platvorms kwytraak en deel. Nie net werksoekers maar ook diegene met ‘n vaste werk. Dalk sal versigtigheid, gesonde verstand en logika help om jou ‘n werk te besorg of te behou.

Hierdie is net bietjie gratis en goeie raad

Klein maar getryn

HYMAN skryf:

DIE Ceresvallei NG gemeente is onlangs deur die Bella Vista VGK gemeente uitgenooi om hulle sangdiens by te woon.

Ek sit die Sondag op ‘n bank reg langs die paadjie en raak bewus van ‘n klein seuntjie - so agt jaar oud - wat kort-kort by my verbystap, flink die trappies na die verhoog opspring en dan skielik verdwyn.

Waarheen op aarde sal hy gaan, bly ek wonder. Hy hou seker sy speelgoed iewers agter die verhoog en redeneer sy ouers miskien, is dit die enigste manier om hom tydens die lang diens besig te hou.

Ná die diens kom ek vir Martha, een van die kerk se diakens wat ek al lankal ken buite in die sonlig tee. “Dankie tog,” groet ek. “Jy sal my hopenlik kan help.”

“Natuurlik! Ek help graag, sê sy vriendelik.

REGISTRASIE VANAF 06:30 BY BRONAAR GROENTE-PAKSTOOR

PRYSE VIR DIE EERSTE 3 POSISIES IN ELKE ITEM (BEHALWE 5KM). MEDALJES VIR ALMAL.

GELUKKIGE TREKKINGS!

NAVRAE: RIAAN 082-563-2072 EN HEINIE 083-229-9132

AKKOMMODASIE-NAVRAE: JEANETTE 083-562-1925

INSKRYWINGS DEUR ENTRYNINJA

HT TPS://WWW.ENTRYNINJA .COM/EVENTS/79150-OP-DIE-BERG-MTB -AND -TRAIL-RUN/ENTER

“Wie is die outjie met die blou langbroekie en truitjie wat tydens die diens so heen en weer by my kerkbank verby is, wil ek weet. Sy lag te lekker. “Hy’s die man wat die dromme so knap tydens die singery speel,” sê sy trots.

Ek kyk haar verstom aan. “Maar hy’s dan nog so klein!” “Klein maar getryn,” lag sy. Die volgende dag soek ek ons dominee op. Self ‘n kranige musikant wat Sondae ewe bedrewe agter die dromme inskuif vir ons gemeente se sangsessies.

“Jy het kompetisie,” val ek met die deur in die huis en gaan aan en aan oor die kind se ongelooflike talent.

Dominee is later net so entoesiaties soos ek.

“Ek soek juis iemand wat my plek bietjie kan inneem”, sê hy opgewonde. “Los dit vir my. Ek gaan sommer nou dadelik met sy dominee reël.”

Op pad huis toe vang ek my beeld in die truspieëltjie, groot glimlag op die gesig. Miskien was ek nou die begin van groot toekomstige roem vir die jongman. En op die koop toe sal ek hom mos intussen sommer ook meer gereeld op ons kerk se verhoog kan sien.

*Hyman is die skuilnaam van ‘n bejaarde Ceres inwoner. Na ‘n lang afwesigheid, het sy onlangs besluit om hierdie ervaring met inwoners te

4 l WITZENBERG HERALD l 29 SEPTEMBER 2023 RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. ESTERESTER ESTERESTER (Female) Born 02/02/2023 BELLABELLA (Female) Born 15/04/2023 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply LEXILEXI LEXILEXI (Female) Born 20/02/2023 FLAFFIEFLAFFIE FLAFFIE (Male) Born 05/06/2023 SHADOWSHADOW (Male) Born 14/02/2023 SMOKEYSMOKEY (Male) Born 14/02/2023
MTB PRETDRAF 50KM|R250|07:3021KM|R200|07:40 35KM|R200|08:0010KM|R100|08:15 25KM|R150|08:305KM|R50|08:40 (KINDERS
FIETSRY
KAN DIE 5KM
OOK)
deel. CORNEL Coetzee (8), is ‘n leerder van Bella Vista primêr en ‘n ywerig tromspeler. CHRYSALIS akademie studente het onlangs Hamlet Selfsorgoord besoek. Hier het hulle inwoners se hare gesny, binne help skoonmaak en tuingemaak. Inwoners waardeer die goeie gebaar.

TWEE ongelukke is die naweek van 9 en 10 September aangemeld. Op Saterdag 9 September omstreeks 03:30, het die bestuurder van ‘n Toyota Run X (foto bo) beheer oor die voertuig verloor en in ‘n sloot langs die Pine Valley-pad beland. Hy is met ligte beserings na die Ceres hospitaal geneem. Op Sondag 10 September omstreeks 17:00 het die bestuurder van ‘n Renault in Gydopas in ‘n sloot langs die pad beland. Die bestuurder is lig beseer maar het nie mediese behandeling benodig nie.

VRYDAG 15 September omstreeks 14:30 het die bestuurder van ‘n Renault van agter teen ‘n VW Citi Golf gebots. Die voorval het naby die Skilpadrug afdraai buite Tulbagh plaagevind. Twee kinders van 6 en 13 was saam met hul ouers in die VW Golf. Niemand het hospitaalbehandeling benodig nie.

TWAALF leerders van Laerskool Koue Bokkeveld het tydens vanjaar se Paarl Vallei Eisteddfod, Cum Laude toekennings verwerf. Die groep het aan Afrikaans Voordrag, English Recitation, Monoloog en Tweespraak deelgeneem.

EZELFONTEIN primêr het Vrydag 22 September, ‘n Mnr. en Mej. Ezelfontein primêr kompetisie, vir hul leerders aangebied. VLNR: Fatiema Barends (eerste prinses junior meisies), Kayleigh Bezuidenhout (wenner junior meisies), Ju-Maré Bezuidenhout (tweede prinses junior meisies), Monishe Vergotine (eerste prinses senior meisies), Chane van der Westhuizen (wenner senior meisies), Nerien Thomas (tweede prinses senior meisies), Adrian Krotz (eerste prins), Leam Goliath (wenner) en Nizaam Muller (tweede prins).

LAERSKOOL Gericke se o/12 sewesspan was die wenners van die onlangse Charlie Hofmeyr-sewestoernooi. Geluk aan Erin Botman en Hugo Wium wat as spelers van die dag aangewys is en individuele pryse ontvang het.

29 SEPTEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Daantjie de Wee

1951/04/02 - 2023/09/19

R oudiens: Do. 28/09/2023, om 19:00, Darlingstraat 596, Bella Vista Begrafnisdiens: Sat. 30 Sept. 2023

Huis: 08:00, Darlingstr. 596, Bella Vista

Kerk: 09:00, VGK Bella Vista

Graf: Bella Vista Psalm 23 “Na water waar rus is lei Hy my heen.”

Rachel Krotz

1955/10/22 - 2023/09/24

Roudiens: Do. 28/09/2023 om

19:00, Vreeland Plaas

Begrafnisdiens: Sat. 30 Sept. 2023

Huis: 09:00, Vreeland Plaas

Kerk: 10:00, Christian Mission

Tulpstr., Bella Vista Graf: Bella Vista

Boland

Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

LAERSKOOL Gericke het op Saterdag 2 September aan die ELTO 7’s-toernooi by Laerskool Mikro deelgeneem. Die o/11 sewesspan was die naaswenners in die plaat-afdeling.

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer ☎ ☎ (023) 316-1814

Johannes Ockhuis

20/02/1931 - 28/09/2014

BLACK MAGIC powerful stone

Swart genesende steen het die krag om geluk te bring:

•Om geld te kry

•Gee sukses in liefde, seksuele kragte

•In besigheid

•Beskerm jou teen bose magte, heksery

•Bevordering by die werk

•Politieke magte oor ander

•Wen geld, Lotto, casino, sportweddenskappe

•Verslaan jou vyande

•Wen hofsake en egskeidings

•Maklik om te gebruik met geen voorwaardes nie Hierdie steen is die antwoord vir al jou probleme.

Whatsapp FATUMAH 079-120-7165

DIANA & KIM

is there to help with:

LAERSKOOL Wolseley het op 15 September hulle jaarlikse Float-a-thon op een van die dorp se leiwaterkanale gehou. Een gelukkige persoon het R4000 gewen! Die Float-a-thon is ‘n jaarlikse geleentheid waar al die leerders ‘n kans kry om kaartjies te verkoop om fondse in te samel. Die geleentheid word deur Brenn-o-Kem geborg.

Pa is nou 9 jaar daar in die Hemel. Baie dankie Pa dat Pa vir ons almal en ook vir my die Regte Pad en Rigting, deur Pa se lewe saam met ons, aangewys het. Pa was, en is, nog steeds ons Rots en Vesting en daarom is die Vermisting en Verlange soms groot. Ek sal Pa nooit vergeet nie. Baie dankie Pa vir al die lang jare wat Pa opgestaan en gaan werk het om vir ons as kinders en gesin te sorg en so vir ons ‘n toekoms voor te berei het. Ons sal Pa altyd daarvoor dankbaar wees. Pa se Werk en Liefde leef vandag voort in ons lewens en in die wyse waarin ons leef. Totsiens Pa, tot ons mekaar weer sal sien. Met trots en liefde van Babie, Gaynor, Hanri en Gaylynne

Bondels koerante @ R30 per bondel. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases

•Pay after job is done 078-283-7310

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

GRATIS

Whatsapp die woord

HERALD

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items van onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

6 l WITZENBERG HERALD l 29 SEPTEMBER 2023
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE

ELF leerders van Laerskool Koue Bokkeveld is opgeneem in die Kaapse Wynland tennisspan wat op 13 en 14 Oktober teen Overberg en Weskus gaan deelneem. VLNR: Markus Tomlinson, Alize Fabricius, John du Toit, Jean Dreyer, Johan du Toit, Helené du Toit, Christi du Toit, Daniël du Toit, Stephan du Toit, Lukas Kotzé en Anmari Steenkamp.

DIE o/13 rugbyspan van Laerskool Waveren het onlangs naelskraap vir Saron met 10-7 geklop. Die wedstryd het hul 2023 rugbyseisoen op ‘n hoë noot afgesluit. * Hier is die groep spelers saam met hul afrigters Gerswin Waterboer en Colin Swanepoel afgeneem.

BOLAND Laerskole se pettefunksie vir o/12 rugbyspelers het op 22 September by De Heide primêr op Bredasdorp plaasgevind. Hier is die Witzenberg spelers saam met beamptes afgeneem na die funksie. VLNR: Gerath Jabani (Morrisdale primêr), John du Toit (Laerskool Koue Bokkeveld), Daniël van Deventer en Heinz Rautenbach (Laerskool F.D. Conradie), Aldo Sauls van St. Marks primêr (Boland o/12 afrigter) en Martin Absalom (Mooi Uitsig primêr). * Boland Laerskole rugby het ook terselfde tyd ‘n pettefunksie vir o/13 sewesspan gehou. Net een speler, Jordan Kywa (Tandfontein primêr), is in die Boland span opgeneem.

nuusbrokkies

DIE jaarlikse Eselfontein bergfietswedren en trailrun vind weer van 13-15 Oktober 2023 plaas. Die opbrengs van verlede jaar se byeenkoms is tussen 5 instansies verdeel en elkeen het R40 000 ontvang. Ceres Tuiste ontvang ‘n ekstra R12 000 wat ingesamel is vir hul Dementia- en Alzheimer-afdeling. Besoek gerus Entry Ninja vir inskrywings.

VRIENDE van die Togryers museum bied op 29 September ‘n heerlike spaghetti-aand aan by die Village restaurant vir fondsinsameling. Koste beloop R150 p.p. Archie van Biljon is die gasheer van die aand en is verantwoordelik vir die vermaak. Bespreek nou jou plek by (023) 312-2045.

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas in Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar.

Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-6574673 of stuur ‘n epos aan: isaac jacobs 50@yahoo.com

DIE jaarlikse Eselfontein bergfietswedren en trailrun vind weer van 13-15 Oktober 2023 plaas.

BOLAND Laerskole het op 25 en 26 Augustus hul o/12 proewe in die Boland Stadion op Wellington aangebied. Hier is die groep Witzenberg spelers saam met afrigters Alrich Smith (De Eike primêr), Ryno Farmer (Morrisdale primêr), Edwhal Felix (St. Marks primêr) en Remick van Wyk (Ceres primêr), afgeneem

29 SEPTEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 7

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Jodey en Rodney wen kompetisie

SATERDAG het Ceres gholfklub ‘n tweebal sametelling kompetisie aangebied.

Jodey Kayer en Rodney Engelbrecht was die wenners met 77 punte. JC van Niekerk en M. Vorster was tweede met 69 punte en AJ Minnaar en Simon Molaza was in die derde plek met 64 punte. Spelers word herinner om hul telkaarte volledig in te vul, te teken en hul two clubs op die telbord en telkaart invul.

Putjiespelkompetisie

Agt spanne in die dubbel putjiespel kampioenskappe het nou tyd tot 16 Oktober om sake uit te spook vir ‘n plek in die finaal. Enkel putjiespel inskrywings is ook nou oop. Spelers het drie weke kans om in te skryf vir die 2023 enkel putjiespel kompetisie. Sluitingsdatum is 16 Oktober. Koste beloop R220 per speler. Inskrywings kan nou by die klub of via 084-5876-332 gedoen word.

Kompetisies vir September

Saterdag 30 September word ‘n enkel stableford kompetisie by die klub aangebied en op Saterdag 7 Oktober, ‘n enkel houespel kompetisie. Die jaarlikse Valley Cup vind ook die naweek van 29-30 September plaas.

Belangrike inligting Die AJV vind plaas op 25 Oktober om 19:00.

BELLA Vista het die naweek aanskoulike rugby opgedis en Young Blues maklik met 52-24 geklop. Met die oorwinning het Bella Vista vir die tweede agtereenvolgende jaar hul plek in die Top 12 kompetisie verseker. Een van die uitblinkers was Bella Vista se agtsteman, Thierry Grootboom (met die bal).

Bella Vista bespreek ‘n plek in Top 12

BELLA Vista het die naweek aanskoulike rugby opgedis en Young Blues maklik met 52-24 geklop.

Met die oorwinning het Bella Vista vir die tweede agtereenvolgende jaar hul plek in die Top 12 kompetisie verseker.

Van meet af het Bella Vista die pap dik aangemaak op hul tuisveld. Young Blues het geen antwoord gehad vir Bella Vista se inklimspel nie en teen rustyd was hulle gerieflik 31-10 voor.

Marno Sanders (losskakel) het ‘n skitterende wedstryd beleef en kon hy die agterspelers vinnig wegstuur. Cameron Davids en Durin Nasson het weer die spel gelewer wat hul teenstanders vrees.

Die nuwelinge in die span, Martinique Jacobs en Ethan

Swartz, het hul teenwoordigheid in die span laat geld en was saam met Lurencó Jumath, Selwin Jafta en Adrian Mars aan die voorpunt van talle bewegings.

Young Blues toets die tuisspan se verdediging tot die einde en word beloon met twee drieë voor die eindfluitjie blaas.

Vir Bella Vista het Marco Manus, John-Lee Skippers en Martinique Jacobs, elkeen twee drieë gedruk.

Marno Sanders en Jared Manus het ook ‘n keer agter die doellyn gaan kuier. Durin Nasson het met ses doelskoppe geslaag.

Bella Vista rugbyklub speel die naweek tuis teen Evergreens van die Paarl en ‘n oorwinning sal hulle weer die streekkampioen maak.

CORNEL Muller, oudleerder van Charlie Hofmeyr en tans ‘n PGA gholfspeler verbonde aan die Metropolitan gholfklub in Groenpunt, was verlede week ‘n lid van die Suid-Afrikaanse gholfspan wat aan die Viernasies PGA toernooi op die Moonah Links gholfbaan in Victoria, Australië, deelgeneem het. Hulle het teen Australië, Nieu-Seeland en ‘n internasionale span kragte gemeet. Die Viernasie-reeks is deur Australië gewen met SA in die derde plek.

Wedvlug verskuif weens gure weer

WEDVLUGDUIWE moes Saterdag 23 September vanaf Kimberley gevlieg het, maar weens ongure weer, is die wedvlug na Modderrivier verskuif.

Die duiwe het ook ‘n baie moeilike vlug van Modderrivier beleef. Mike Lofts van CPS duiweklub en Cyril Davids van CHPS duiweklub het onderskeidelik die twee Ceresvallei Federasie wedvlugte gewen. Die naweek vlieg die duiwe weer vanaf Britstown. CHPS

Modderrivier Ope 2

1. Theo Swartz -1286.107 mpm

2. Hendriks familie -1265.205 mpm

3. Team Koopman -1230.988 mpm

4. Theo Swartz - 1219.714 mpm

Modderrivier Ope 3

1. Cyril en Ann Davids - 1325.094 mpm

2. Cyril en Ann Davids - 1258.066 mpm

3. Hendriks familie -1246.336 mpm

4. Cyril en Ann Davids - 1147.658 mpm

CPS

Modderrivier Ope 2

1. Mike Loft - 1305.074 mpm

2. Meyer en Van Wyk -1283.670 mpm

3. Van Rooy Loft -1275.909 mpm

4. E. Loft - 1261.709 mpm

5. Mike Loft - 1253.195 mpm

Modderrivier Ope 3

1. Camerin Mars -1315.510 mpm

2. Blue Mountain Loft -1313.130 mpm

3. M. & Morrin Koopman - 1312.335 mpm

4. Mike Loft - 1305.074 mpm

5. Mike Loft - 1290.699 mpm

8 l WITZENBERG
HERALD l 29 SEPTEMBER 2023
FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.