WH Her ald
TRADING HOURS: Monday - Friday 07:30 - 17:30 Saturday 08:00 - 13:00
Witzenberg
Volume 24 no. 38
R7.50
Friday, October 1, 2021
Since 1997
LAY-BY NOW FOR CHRISTMAS 49 Lyell Street (023) 312-3578
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 30 September
Vrydag 1 Oktober
Saterdag 2 Oktober
Sondag 3 Oktober
6° 23°
-1° 15°
-2° 18°
5° 25° Ceres Koekedouw dam
100%
Lesing: 2021/09/29
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Jain-moord
Polisie wag vir forensiese verslae en selfoonrekords SES maande nadat ‘n Kaapse vrou buite Wolseley vermoor is, is daar nog min vordering in die Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad se ondersoek gemaak. Die ondersoek na Reneé Jain (51) se moord staan stil in afwagting van uitstaande forensiese verslae en selfoonrekords. Jain is in ’n oënskynlike huisrooftog vermoor. ‘n SAPD provinsiale mediawoordvoerder het vroeër gesê die ondersoek na die moord op 26 Maart op die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley gaan steeds voort. Agtergrond Reneé Jain van Kaapstad was die betrokke aand alleen by hul vakansiehuis tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is vermoedelik na 23:00 dood nadat drie mans haar in die huis oorval het. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het ook bloed op die vloer
Vier jou groen ruimte op Tuindag MEER as 'n jaar lank beleef Suid-Afrika reeds een of ander vorm van inperking en dit is dus geen verrassing dat die land (en as planeet!) maniere moes vind om bewustelik te leef en weer in harmonie met die natuur te kom. Daar moet maniere gevind word om landsburgers besig te hou en hul aandag van die situasie af te lei - daarom verwelkom ons Tuindag 2021 wat Sondag 17 Oktober gevier word. Dit is die sesde keer dat Tuindag gevier word. Een van die gewildste stokperdjies wat die laaste 18 maande wêreldwyd na vore getree het, is tuinmaak. ‘n Opname in 2020 deur GlobalData het tuinmaak as die tweede gewildste grendeltyd stokperdjie - 'n kortkop agter kosmaak - bevind. * Hier is 2020 se Blommekroon Ambassadeur, Adene Nieuwoudt van Wolseley.
opgemerk nadat hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. Ondersoekers probeer vasstel hoekom die veiligheidskameras by die Jain-woning na bewering nie gewerk het nie, hoe die drie aanvallers by die privaat reservaat ingekom het - wat byna 7 kilometer van die naaste teerpad geleë is - met ‘n heining om en ‘n elektroniese toegangshek, dat daar skynbaar geen gedwonge toegang was nie, dat die meeste van die gesteelde items in die gesteelde voertuig gelos is en dat mev. Jain vermoor is terwyl haar bure net in ‘n huisrooftog vasgebind is. Na die inbraak by die bejaarde bure, het die verdagtes in die Nederlandse egpaar se Nissan gevlug met tabletrekenaars, kontant, klere, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind.
Brand verwoes Wendyhuis ‘n WENDYHUIS het Vrydagaand (Erfenisdag) omstreeks 22:00 heeltemal uitgebrand op die hoek van Starking- en Gardeniastraat. Sover vasgestel kon word is niemand beseer nie en het brandweerlede die brand vinnig geblus. ‘n Kers het vermoedelik omgeval en moontlik die brand veroorsaak.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, October 1, 2021
Nalatenskap gevier DIE verhaal van Klara Majola, woonagtig op die plaas Die Eike, is gebaseer op die ware verhaal van ‘n jong meisie se dapperheid op soek na haar blinde pa en wat op 26 Julie 1950, in haar soektog, dood is nadat sy verkluim het. Met hierdie gedenkteken onthou die Togryers museum, nie net die nalatenskap van sulke dapperheid nie, maar beoog hulle ook om die vergete erfenis van die Ceres-gebied te bewaar vir toekomstige geslagte om te waardeer. Hierdie gedenkteken skep ‘n betekenisvolle ruimte waar die gemeenskap en besoekers die verlore tasbare skakel na die verlede kan vind. Onthulling Die gedenksteen sal in twee fases voltooi word. Die eerste fase van die gedenkteken word op Saterdag 2 Oktober onthul voor die John Steyn biblioteek om 11:00. Indien jy meer oor Klara wil hoor kan jy jou plek bespreek voor Vrydag 12:00 by (023) 312-2045. Bespreking is noodsaaklik.
Inwoners kan nou inskryf vir werkswinkel SKRYF nou in vir die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se Veiligheid en Noodhulp vir Kinderoppassers werkswinkel. Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n huishulp of “nanny” om meer te leer oor basiese noodhulp en kinderoppasser verantwoordelikhede en om ‘n gelukkige en veilige huis te verseker. Die werkswinkel sal o.a. die volgende inhoud bevat: veiligheid vir kinders in en om die huis, wat is die risiko’s en hoe om ongelukke te verhoed, basiese noodhulp vir kinders en baba’s wat K.P.R sal insluit en koorshantering, verstikking en watter tekens en simptome kan dui op siekte by ‘n kind. Kostes Koste beloop R730 per persoon. Daar sal toebroodjies en koffie/ tee beskikbaar wees. Inskrywings kan gedoen word by euria@ kbos.co.za
First Ceres Chase - Amazing Race took place on Heritage Day
ANNA-MART van der Merwe, skrywer van Stilte voor die Storm het onlangs die boek uitgegee. Sy vertel: “Die stilte is deur ‘n storm na 25 jaar en 7 maande verbreek. Stilte voor Storm / Silence before Storm vertel die verhaal van ons seun, Andries van der Merwe, se stryd met die genetiese siekte Sistiese Fibrose en die wonderwerk van ‘n dubbele longoorplanting wat hom die kans op kwaliteit van lewe gee. Die Here het in Sy groot genade al my gebede beantwoord en die skenker Storm en sy moeder, Lisa Smorenburg aan ons bekend gemaak. Andries is ‘n tweede kans op lewe gegun asook die bekendmaking van die skenkerfamilie om hulle in hul verlies te ondersteun, het my net laat besef dat ek hierdie wonderlike verhaal moet deel. Mag Andries se verhaal jou hart aanraak met hoop en vertroue in God - ‘n God van wonderwerke selfs vandag - vir jou lewe.” * Die koste van boek beloop R210 (koerier uitgesluit). Die boek is beskikbaar by Anna-Mart by 082-6196-080 of annamartvander merwe8@gmail.com asook by Triple One en Bargain Books landwyd. Dit word uitgegee deur Malherbe Uitgewers.
THE very first Ceres Chase - Amazing Race took place on Heritage Day, Friday, 24 September and was a combined initiative from Ceres Tourism and Ceres Togryers Museum , in conjunction with the Witzenberg Rural Development Centre. Competing teams were asked to complete a challenge at each location and upon successful completion, received a clue for the next location. A total of 22 teams took part and the whole race was done by foot. Special thanks to Witzenberg Municipality for all their assistance and contributions, as well as the following sponsors who donated prizes: Cape Winelands District Municipality, Ceres Zipline Adventures, Rocky River Spur, Anna’s, BigBite Roadhouse, The Creative Hub, Fynbos Guest Farm, Wolseley Tourism and Baba’s Jem. * Congratulations to Team Road Runners (Kearon Overmeyer & William Zekoe - photo left) who was crowned the Ceres Chase 2021 Champions!
BOEDELKENNISGEWING
Happy 40th anniversary Mom and Dad. Your love is still as young as 40 years ago. We love you. From Admirene, Ashlene, Adriette, Francois, Josch and Reign
In die boedel van wyle: DAWID FREDERICKS Id. no. 311229 5097 083 Wie oorlede is op: 16 Februarie 2016 Van: Zahnstraat 8, Tulbagh, 6820 Meester verw. no.: 002845/2019 Krediteure en Debiteure in bovermelde boedel word hierby aangesê om hulle eise te liasseer en hul skulde te betaal aan die ondergetekende binne 30 dae van die publikasie en kennisgewing, gedateer te TULBAGH op die 23ste dag van SEPTEMBER 2021.
J.P. FREDERICKS (TIAAN)
Arthur & Maureen de Bruin
Eksekuteur Zahnstraat 8, Tulbagh, 6820 082-220-8129
WORLD Heart Day which is celebrated annually on 29 September and Jungle South Africa, has conducted a lifestyle survey to understand what is affecting South Africans the most. High blood pressure came in as the biggest culprit, with nearly 40% of participants indicating that they, or one of their family members, had the condition. Still, only 50% of the respondents exercise regularly, and even fewer take steps to ensure good heart health.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, October 1, 2021
Moordenaars nog op vrye voet
DIE Ceres Koekedouwdam was Dinsdag 28 September steeds 100% vol al het ander damme in die Wes-Kaap se vlakke bietjie gedaal. Ceres Koekedouwdam het vir die eerste keer in 2021 op Woensdag 8 September begin oorloop. Op 24 September 2018 het die dam vir die eerste keer sedert 2014 oorgeloop. Die jare tussenin het die streek egter ‘n erge droogte ervaar. Op 1 September 2020 het die dam weer oorgeloop. * Die provinsie se gemiddelde damvlak is tans 81.7% teenoor die 79.1% in 2020.
DIE moordenaars van ‘n man van Ceres, wat aan die brand gesteek is en later in die hospitaal gesterf het, is nog skotvry. ‘n Beroep word op die Witzenberg gemeenskap maar veral die inwoners van die Vredebes woongebied, gedoen om na vore te kom met inligting rakende die grusame moord. Onbekende aanvallers het James Brink (53) aan die brand gesteek en vir dood agtergelaat. Die voorval het tussen 8 en 9 September plaasgevind naby 4de Straat in die Vredebes behuisingskompleks oorkant Nduli. Die polisie en nooddienste is 9 September omstreeks 06:50 na die toneel. EMS het James Brink (53) na die hospitaal geneem waar hy Saterdag 11 September aan erge brandwonde beswyk het. Die voorval het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Indien iemand oor inligting beskik, kan hulle s/sers. Seroot skakel by (023) 316-8500. Nog ‘n moordsaak Ceres speurders ondersoek ‘n moord- en poging tot moordsaak nadat ‘n Bella Vista inwoner die naweek doodgeskiet is. Die moord het Sondag 26 September omstreeks 02:50 in Palmstraat plaasgevind. ‘n Onbekende aanvaller het eers P.B. Saim in sy bors voor sy huis doodgeskiet en daarna Randal de Vlam in sy voet gewond. De Vlam is na Ceres provinsiale hospitaal geneem vir behandeling. Agt patroondoppies is deur die ondersoekers op die toneel opgetel. Geen arrestasies is gemaak nie.
Minder mense laat hulle inent
DAAR is die afgelope week ‘n afname opgemerk in die aantal Wes-Kapenaars wat hulle teen die koronavirus laat inent. Die Wes-Kaap gesondheids departement het verlede week ‘n verklaring uitgereik en gesê al hoe minder mense laat hulle inent. Die departement het weer beklemtoon dat inenting veilig is en dat die entstowwe deeglik getoets is. Mense bo 50 was geprioritiseer nadat data gewys het dat die ouderdomsgroepe ‘n hoër risiko loop om ernstig siek te word, gehospitaliseer of te sterf weens die virus. Statistieke wys dat meer as 502 000 mense ouer as 60 in die Wes-Kaap ingeënt is 67.5% van die ouderdomsgroep in die WesKaap. Meer as 50% tussen die ouderdomme van 50 en 59, is ook al ingeënt. Derde vlaag verby Volgens berekeninge behoort die WesKaap teen 2 Oktober uit die derde vlaag te wees. Volgens die nasionale instituut van oordraagbare siektes (Nios) is die derde vlaag in Suid-Afrika verby. Die nasionale sewe-dae-gemiddelde van nuwe gevalle wys dat die positiwiteitskoers afneem en dat daar ook ‘n afname van mense is wat positief toets. Slegs 5% van die mense wat nou getoets word, positief getoets het. Witzenberg statistieke Statistieke wys dat Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1767 gevolg deur Bella Vista met 1211, Wolseley met 1026, P.A. Hamlet met 974, Tulbagh met 963, Nduli met 539 en Koue Bokkeveld plase met 643. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar sedert die pandemie begin het, nog net 90 gevalle aangemeld.
Teen Dinsdag 28 September het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek van 74 na 40 gedaal. Daar is 7803 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld en hiervan het 7427 herstel. Drie honderd ses en dertig (336) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover is 71 gevolg deur Wolseley met 55, Bella Vista met 50, Tulbagh met 40, P.A. Hamlet met 38 en Nduli met 29. Die week het net 2 persone gesterf teenoor die vorige vier weke se 16, 11 en 2 persone. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 19688 (tot 27 September). Daar is al 518 216 positiewe gevalle aangemeld en 490 718 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 2,763 miljoen mense al herstel. Ongelukkig het meer as 87 216 mense weens die virus gesterf. Die land se herstelkoers is tans 95.4 %. Ander statistieke sluit in: 58% vroue laat hulle inent en die positiewekoers is 3.76%. In die Wes-Kaap was 2.781 miljoen mense teen 28 September ingeënt. Kom jou afspraak na sodat die entstof jou doeltreffende beskerming teen ernstige siekte weens COVID-19 kan gee. Ceres provinsiale hospitaal As deel van die gesondheids departement se maatreëls om pasiënte en personeel veilig te hou, is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal onbepaald uitgestel. Mense wie gehospitaliseer is by een van Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite, kan nie besoek word nie, hoewel uitsonderings gemaak kan word as dit kom by ‘n persoon wie in ‘n kritieke toestand is.
Registrasie Almal wat 18 jaar en ouer is, word aangemoedig om te registreer en na hul naaste inentingsfasiliteit te gaan. Deur jou inenting te kry, beskerm jy nie net jouself en mense na aan jou teen ernstige siekte weens COVID19 nie, jy verlig ook die druk op hospitaalpersoneel. Mense wie 18 jaar en ouer is, kan registreer en teen COVID-19 ingeënt word. Registreer deur die woord ‘REGISTER’ te stuur na 0600123-456 op WhatsApp of bel *134*832# en volg die instruksies. Kliniektye Ceres provinsiale hospitaal Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 15:00 P.A. Hamlet kliniek Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die-Berg kliniek -
Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek Vrydae van 09:00 tot 11:00 Nduli gemeenskapsaal Woensdae tussen 09:00 en 14:00. Die departement van gesondheid se Vooma inentingsnaweek vind Saterdag 2 Oktober plaas. Inwoners kan die Witzenberg verkeersdepartement tussen 09:00 en 14:00 besoek. Inwoners kan ook ‘n afspraak met suster Hester Truter maak by (023) 316-9600 indien hulle ‘n bedlêende familielid het wat ingeënt moet word.
Kabeldief bly agter tralies ‘n MAN wat vir die tweede keer in vier maande vasgetrek is nadat hy koperkabels op Ceres gesteel het, se saak is na middel Oktober uitgestel.
Mveliso Nanbani (28) moet weer op 18 Oktober in die Ceres landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding. Die Ceres polisie het Maandag 19 Julie vir Nanbani met twee 20 liter verfdromme betrap waarin gesteelde koperkabels in opgerol was. Dit is vermoedelik in die omgewing van Agri pakmateriaal op Ceres gesteel. Ander saak Ceres SAPD ondersoek ook ‘n diefstalsaak op 17 Maart waartydens Nanbani en ‘n onbekende makker, tydens beurtkrag besig was
om koperkabels te steel, toe die makker geskok is. Die voorval het omstreeks 18:45 by ‘n substasie naby Belmont Park plaasgevind. Ceres se krag het na ‘n beurtkrag-fase aangekom waarna die man geskok en hy erge brandwonde opgedoen het. Die makker is in die Ceres provinsiale hospitaal behandel en sou aangekla geword het sodra sy toestand verbeter het. Hy is egter ontslaan voordat die polisie van sy ontslag in kennis gestel is. Hy word tans deur die polisie gesoek en woon vermoedelik iewers in die berg agter die Dennebos. Indien die gemeenskap weet waar die man hom bevind, kan hulle die speurders skakel by (023) 316-8500.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, October 1, 2021
Promosie artikel
Betroubare naam in waterdigting
THE Western Cape Department of Agriculture joins the rest of the world in observing World Rabies Day 2021. The Western Cape Department of Agriculture’s Veterinary Services aims to vaccinate 70 000 pets this year. Therefore, it will host regular rabies vaccination outreaches in communities across the Western Cape that do not have easy access to veterinary services. Other initiatives include farmers’ education days and school talks. Veterinary officials hold regular farmer education days concentrating on diseases, issues farmers need to look out for and how to prevent them. Veterinary officials will ensure that Rabies awareness is included during their daily interaction with animal owners during their visits to farms, smallholdings and other premises where animals are kept.
nuusbrokkies SKRYF nou in vir die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se Veiligheid en Noodhulp vir Kinderoppassers werkswinkel. Koste beloop R730 per persoon. Daar sal toebroodjies en koffie/tee beskikbaar wees. Inskrywings kan gedoen word by euria@kbos. co.za BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek lewer sedert 16 Augustus beperkte dienste aan die gemeenskap. Let op tye wat die biblioteke oop sal wees. Biblioteke (Bella Vista, Montana, P.A. Hamlet, Rietvallei, Tulbagh, Wolseley, Witzenville en Op-die-Berg) sal van Maandag tot Donderdag oop wees tussen 10:00 en 15:00 en op Vrydae net van 10:00 tot 13:00. Die mini-biblioteke op
Laastedrif sal van 08-13:00 oop wees en in die Witzenbergvallei van 10:00 tot 15:00. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. COUNCIL for Enterprise Development & Economic Reform (CEDER) het onlangs hul jaarvergadering gehou. Die volgende persone is tot die nuwe bestuurskomitee verkies: Christophe Seroot, Julius Julies, Jan Skippers, Sylvia Jantjies en Henry Kiewiets. Add. lede: Florina Muller, Janetta Engelbrecht, Wilhelmina Kaalmeyer en Lea Filander. Vir navrae skakel Christophe Seroot by 071-278-0544.
JOU huis of gebou is ‘n belangrike bate. Een rede waarom RubberRoofs™ bewustelik die betroubare naam in waterdigting is. “RubberRoofs™ is daarop ingestel om ons kliënte die beste diens te lewer, met die beste moontlike resultate. Leer ons ken. By RubberRoofs™ waardeer ons goeie verhoudings met ons kliënte, werknemers, verskaffers en gemeenskappe deur eerlikheid, wat lei tot vertroue en op hul beurt lojaliteit opbou. Dit is vir ons belangrik om met selfvertroue by ons waarborg te staan en as daar ‘n probleem is, gee ons prioriteit aan die oplossing daarvan. Ons het van krag tot krag gegroei. Honderde huis-, kompleks-, kommersiële- en industriële-eienaars kan getuig van ons volgehoue, betroubare diens”.
Ek wil my dank uitspreek teenoor Donovan en sy span. Hulle is in baie opsigte wonderlik, hul werk, vaardigheid en respek. Malinga-familie, Johannesburg ‘n Trots Suid-Afrikaanse onderneming, RubberRoofs™, is gestig met die doel om die beste kwaliteit rubberverf waterdigting oplossing te vervaardig, met spanne RubberRoofs™ toedieners wat aan hoë standaarde voldoen. Suksesvolle toediening van rubberverf waterdigting, soos alle langdurige toepassings, verg deeglike metodes en kundige vaardighede. RubberRoofs™ toedieners verstaan kwaliteit waterdigting. Waterdigte verf formules verskil aansienlik van mekaar. Die kwaliteit van die bestanddele en formulerings beïnvloed die prestasie en stabiliteit van toepassings in ons harde Afrikaklimaat. Die RubberRoofs™ fabriek en ontwikkelingspan werk onder leiding van ‘n wêreldbekende laboratorium om die beste, eie, formulerings te verseker deur net bestanddele, prosesse en praktyke van uitstekende gehalte te gebruik. RubberRoofs™ se Liquid Rubber Paint ™ is ontwerp om die mark sowel as die 10-jaar produkwaarborg te oortref. Liquid Rubber Paint ™ is ‘n bewese on-
deurdringbare waterdigte versperring met ‘n onberispelike weerstand teen opname van water, uitstekende UV-stabiliteit en werklike weerstand teen UV-veroudering. Ons Liquid Rubber Paint ™, wat baie kleefbaar is aan ‘n verskeidenheid dakbedekkings, het uitstekende meganiese eienskappe, bly elasties deur ‘n wye reeks temperature en met ‘n hoë vlekbestandheid, terwyl dit omgewingsbewus is. “ In ons pogings om die beste moontlike waterdigtingoplossing toe te pas, is verskeie seldsame toedieningsbeheer die norm by RubberRoofs™, soos die effektiewe ontsmettings- en voorkomende behandelings wat ons toepas, om die probleme met alge, mos en bio-organismes te help beheer op alle kus-toepassings”. Effektiewe oplossing RubberRoofs™ bied meer as net ‘n effektiewe waterdigte oplossing. Hul uitstekende Liquid Rubber Paint ™ bied ‘n kostedoeltreffende, nuwe lewensduur aan ‘n huis of gebou en ‘n RubberRoofs™ toepassing verbeter eienaars se eiendomswaarde en selfs verkoopbaarheid aansienlik. Is u bewus van RubberRoofs se merkwaardige volgende generasie koel daktegnologie? ThermoTech ™ Titanium Cool Roof Technology™ het ‘n beduidende uitwerking op die interieurgemak van u huis of die binneprosesse van jou gebou. Lees meer oor ThermoTech ™ Titanium Cool Roof Technology op www.Rubber Roofs.co.za ‘n Pilaar van die RubberRoofs™ kultuur, is die belangrike aspek om ‘n deel van ‘n verlossingsproses te vervul, deur werkloses in diens te neem, om lief te wees vir die liefdelose. RubberRoofs™ is gestig deur dieselfde stigter van Hope Again Wellness Center, Frikkie Hefer. Hope Again Wellness Center, is ‘n multiperseel rehabilitasie-organisasie, sonder winsoogmerk. Baie RubberRoofs™ werknemers het werk gekry nadat hulle die terapeutiese program by ‘n Hope Again Wellness Center suksesvol voltooi het. Lesers is welkom om www.harc.co.za te besoek.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, October 1, 2021
Verkiesing op 1 November DIE nasionale munisipale verkiesing vind oor skaars ‘n maand plaas op Maandag 1 November 2021 plaas. Die regering moet nie huidige vlak-2 inperkings verslap nie en moet hulle die regulasies streng toepas. So het dr. Dasoo, sameroeper van die progressiewe gesondheidsforum gesê nadat daar versoeke was om inperkings te verslap tydens die verkiesing. ‘n Beroep is op politieke partye gedoen om ondersteuners te oortuig om in die aanloop tot die munisipale verkiesings, streng by CV-19 maatreëls te hou. Registrasie Daar is meer as 25.6 miljoen landsburgers wat vir die verkiesing geregistreer is. Hiervan is 55% vroue en 45% mans. Meer as 480 000 het verlede naweek by 23152 registrasiesentrums geregistreer.Meer as 29 000 het aanlyn geregistreer. Matriekeindeksamen Die matriekeindeksamen is weens die verkiesing op 1 November, ook aangepas. Die eksamen sal nou op 27 Oktober begin met 207 vraestelle wat oor ‘n periode van vyf weke geskryf gaan word. Die departement van basiese onderwys het Woensdag bevestig dat Engels en Besigheidstudies na 27 en 28 Oktober vervroeg is. Stemgeregtigde leerders kan Maandag 1 November gaan stem. Versoek Alle Witzenberg politieke partye en hul kandidate in die 2021 munisipale verkiesing word versoek om deurentyd verantwoordelik op te tree en aan ‘n skoon verkiesingsveldtog deel te neem. Daar moet op probleme in die gemeenskap gefokus word eerder as op verkiesingsopponente en munisipale amptenare. Inwoners en kandidate moet ook hulle weerhou om ongegronde uitlatings op sosiale media te maak.
DRIE stappers van Tulbagh, Rita Fortuin, Hanlë Zeeman en Hannie Penderis, het van 20-22 September ‘n staproete in die Winterhoekbergreeks naby Tulbagh aangepak. Die groep het oor die 4 dae sowat 79 km afgelê en meer as 710 meter geklim oor riviere, deur velde en driffies.
Drie plaaslike fotograwe verwerf erekleure DRIE lede van Witzenberg Photographic Society (WPS) het hul internasionale erekleure AFIAP (Artiste Fédération Internationale de l’Art Photographique) ontvang. Om vir die toekenning te kwalifiseer moes elke fotograaf ‘n minimum van veertig internasionale aanvaardings kry op hul fotos in FIAP kompetisies. Dit moet in vyftien verskillende lande wees waarvan vier fotos afdrukke moet wees. Vyf van die fotos moet in drie verskillende lande aanvaar word en ten minste twee fotos moet ‘n sertifikaat van meriete of ‘n medalje gewen het.
LOUISE de Lange
MARIANA Visser en Phillip de Lange.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Dr Mama Moses Herbal Healer TRADITIONAL & SPIRITU AL SPIRITUAL
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 Aloma Lettia Abrahams
Here for all your problems. Big or strong - she will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres
For free consultation call:
073-016-4088
Linda Sampson
PROPHET NAVI
1970/09/28 - 2011/01/17
1960/05/09 - 2021/09/26 Verassingsdiens Sat. 2 Okt. 2021
AND FRAMES
• 50 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 13:00, Impalaweg 237, Bella Vista Kerk: 14:00, Suiderland Gemeente Bella Vista Privaat Verassing
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Aloma (Loma) Lettia Abrahams 1960/05/09 - 2021/09/26
Today you are celebrating your birthday of 51 years, in Heaven. It’s your birthday and your not with us but we hope that you are dancing in the sky. We never stopped missing you. We hope the Angels know what they have and they will sing to you the most joyously. Happy Birthday in Heaven. from your Mom, brother, sisters and children
Johannes Ockhuis
20/02/1931 - 28/09/2014
Die seer is groot. Die herinnering oneindig. Maar die wete dat Mammie se pyn nie meer daar is nie, is ‘n berusting. Geen een van ons het Mammie se pyn geken nie. Ons vertroos ons dat Mammie op ‘n beter plek is. Rus sag ons Moeder en Ouma.
Denis Jakobs
Baie Geluk met Pa se 7 Verjaarsdag daar in die Hemel. Baie dankie Pa dat Pa vir ons almal en ook vir my die Regte Pad en Rigting, deur Pa se lewe saam met ons, aangewys het. Pa was, en is, nog steeds ons Rots en Vesting en daarom is die Vermisting en Verlange soms groot. Ek sal Pa nooit vergeet nie. Baie dankie Pa vir al die lang jare wat Pa opgestaan en gaan werk het om vir ons as kinders en gesin te sorg en so vir ons ‘n toekoms voor te berei het. Ons sal Pa altyd daarvoor dankbaar wees. Pa se Werk en Liefde leef vandag voort in ons lewens en in die wyse waarin ons leef. Totsiens Pa, tot ons mekaar weer sal sien. Met trots en liefde van Babie, Gaynor, Hanri en Gaylynne de
1962/08/25 - 2021/09/19 Privaat begrafnis: Sat. 02 Okt. 2021
• Slegs 50 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 10:00, St Thomasstr. 33, Ceres Kerk: 11:00, PPK Bella Vista Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Nomatshauina Gloria Baliso 1952/10/10 - 2021/09/24 Privaat begrafnis: Sat. 02 Okt. 2021
• Slegs 50 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 09:00, Khulanistraat 15, Nduli Graf: Nduli
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Tans word R8 000 p/m benodig om die projek te laat vlot, waarvan die NG Kerk Ceres reeds vir R4 000 instaan en vra hiermee vir enige kerk of organisasie om saam met ander, ons te help om die ander 50% tot ten minste einde Februarie 2022 te dek. Selfs al verbind u, u tot R250 of R500 p/m, sal dit help!
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476 Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
DIANA is there to help:
•Financial assistance •Bring back lost lovers •Court and divorce cases •Pay after job is done
073-597-8118 WARE VERHAAL
(Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asseblief, alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme, en liefdesprobleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel gerus vir “Mama” Sherry. Sy sal jou help.
073-304-3531
WEL OSES HAWEL WELOSES HA Komitee bestaan uit: Maddie Ross, David Fortuin, Rian Fick (Witzenberg Munisipaliteit) en Christelle Zulch
• • • • •
call or whatsapp 084-592-8716 Financial problems Bring back lost lover Magic wallet, stick and rings Court cases and delete loans Money in account
Friday, October 1, 2021
Prince Alfred's Hamlet. Senior dame is beskikbaar om kinders of bejaardes te help versorg of op te pas teen vergoeding. Het verpleegkundige agtergrond en goeie opleiding in noodhulp en kleutersorg. Goeie verwysings van dokters en skoolhoofde is beskikbaar. Woonagtig te Prince Alfred's Hamlet en het betroubare vervoer. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 079-690-2544 vir enige navrae. 1/10
CERES
I treat over phone
TE HUUR Eikestraat, Ceres Twee slaapkamerwoonstel met motorhuis te huur vanaf 1 November 2021. Loopafstand vanaf Laerskool Gericke teen R5 800 p.m. Geen rokers of troeteldiere.
Vir navrae skakel: 084-247-2308 of 083-236-3724
PLANT AND TOOL HIRE
Landswye Meubelvervoer. Ons doen gereelde vragte na en vanaf Gauteng. Deelvragte is ook beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising en ons doen ook verpakking van jou breekware. Ons beskik oor kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, langen korttermyn. Vir enige navrae skakel (023) 347-4092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of besoek www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
UITREIK NA BOESMANLAND 1 OKTOBER 2021
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Algemene Werker (Wolseley)
Op soek na ‘n hard-werkende persoon. Moet bystand kan verleen met die instandhouding van BOORGATE. Moet beskik oor geldige bestuurderslisensie, eie vervoer indien moontlik. Vir verdere navrae: Skakel Pierre by
083-663-3980 of (023) 231-1677
NG Kerk Ceres ABSA Bank Tjekrekening Nr: 035 058 0018 HAWELOSE PROJEK NAVRAE SKAKEL: Ds. A.P. Marais 082-890-3792 NG Kerk Ceres
Ons beplan om uit Ceres weer uit te reik na die boere van WILLISTON, BRANDVLEI EN FRASERBURG waar dit steeds bitter droog is en ons benodig asb. die volgende:
Vars produkte, kontant, klere, boeke, CD‘s, tydskrifte of meld jouself asb. aan Kontakpersone: DuToit Conradie Willem Burger Annes Geldenhuys Susan du Toit Diane Steenkamp Christine Conradie
071-675-0743 072-596-1255 082-653-2172 082-957-7052 084-247-2513 082-336-9324
Jes. 40:5 “Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien. Die Here self het dit gesê.”
Evangelis Jacobs
WITZENBERG HERALD
7
Friday, October 1, 2021
Net paar duiwe terug na moeilike wedvlug van Hopetown WEDVLUGDUIWE is Saterdag 25 September op Hopetown losgelaat. Die wedvlug het in ‘n baie moeilike wedvlug uitgdraai met slegs ‘n handjievol duiwe wat hul hokke Saterdagaand bereik het. Duiwe moes Sondagoggend verder geklok word. Saterdag 2 Oktober vlieg die duiwe weer vanaf Victoria Wes. CPHS Ope 1 1. Cyril en Anne Davids 1002.999 mpm 2. Clarence van Wyk 878.514 mpm 3. Cyril en Anne Davids 749.795 mpm 4. Cyril en Anne Davids 743.963 mpm 5. Cyril en Anne Davids 720.964 mpm Ope 2 1. Cyril en Anne Davids 1084.209 mpm 2. Bryan Isaacs 1011.832 mpm 3. Bryan Isaacs 892.706 mpm 4. Team Koopman 878.096 mpm 5. Clarence van Wyk 728.295 mpm Tulbagh duiweklub Ope 1 1. Little Loft 674.25 mpm 2. Rodrick Albertus 656.22mpm 3. Silvervaring Hok 652.58 mpm 4. Charles Swarts 629.25 mpm 5. Rodrick Albertus 625.21 mpm Ope 2 1. Little Loft 691.25 mpm 2. Rodrick Albertus 665.22 mpm 3. Silvervaring Hok 651.76 mpm 4. Charles Swarts 650.35 mpm 5. Silvervaring Hok 639.88 mpm Bertie Rabie van Tulbagh duiweklub was tweede in die WBU jaarlikse veiling wedvlug in die Rooi Karoo. CPS Ope1 1. Jason van Rooy 1086.343 mpm 2. Krotz Lofts 998.845 mpm 3. Krotz Lofts 990.229 mpm 4. Jason van Rooy 906.202 mpm 5. Riverside Lofts 860.103 mpm Ope 2 1. N. Jacobs 920.475 mpm 2. Krotz Lofts 872.759 mpm 3. Krotz Lofts 872.697 mpm 4. Riverside Lofts 854.411 mpm 5. Marius & Morrin Koopman 814.483 mpm BHPS Ope 1 1. R.A. van Wyk 911.677 mpm 2. M. Pieterse 889.912 mpm 3. R.A. van Wyk 887.297 mpm 4. M. Pieterse 867.388 mpm 5. M. Pieterse 811.216 mpm Ope 2 1. M. Pieterse 992.312 mpm 2. L. Koopman 811.345 mpm 3. M. Pieterse 761.055 mpm 4. M. Pieterse 729.037 mpm 5. R.A. van Wyk 723.602 mpm
DIE groep karatekas van Lakenvlei en renshi Andries Douglas is onlangs deur die Kiyobukan raad gekies om deel te vorm van die span wat die volgende twee maande sal deelneem aan die nasionale karateproewe. Die karatekas het uitstekend gevaar in die eerste rondte. Die studente van Lakenvlei ondergaan weekliks dissipline onderrig wat gegrond is op die waardes van karate wat insluit fokus, dissipline, selfverdediging, positiewe sosiale interaksie en respek. Indien hulle suksesvol is in uitdunne, sal hulle in 2022 na Amerika reis vir ‘n internasionale kompetisie. Vir meer inligting oor die program epos renshi@adkarate.co.za
DIE Ceres rolbalklub se span van Jannie Neethling, Cobie Coetzee, Engela Lambrechts en Stoffel Lambrechts, het onlangs uitstekend gevaar. Hulle was die wenners van die Wynland veterane enige 4’e kompetisie.
Huisrower bly agter tralies ‘n HUISROWER bly nog vir ‘n ruk agter tralies nadat hy nie sy borgtog betaal het nie. Die 31-jarige Charles Mafunga is in Junie gearresteer en het sedertdien ‘n paar keer vir ‘n borgaansoek in die Tulbagh landdroshof verskyn. Mafunga moet weer op 25 Oktober verskyn op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, besit van ammunisie en die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Borg van R6000 is toegestaan maar dit is nog nie betaal nie.
Skryf in vir dié kompetisie
Indien Mafunga die borg betaal sal hy onder 24 uur huisarres wees in Mfuleni in die Paarl. Tulbagh polisie ondersoek twee huisrooftogte buite Tulbagh op 7 en 17 Junie. Vier verdagtes het Donderdag 17 Junie omstreeks 20:00 ‘n gesin op die plaas Sneeusig buite Tulbagh oorval en beroof.Die Sneeusig-huisrooftog was skaars 10 dae nadat vier gemaskerde mans ‘n gesin op die plaas Duikersdrift oorval en beroof het. Die gesin van vier en ‘n personeellid is Maandag 7 Junie omstreeks 20:20 oorval en vasgebind.
Ceres CERES
Ons beskik tans oor die volgende vakature:
WERKSWINKEL ASSISTENT Vereistes: • N2 Sertifikaat (Motoriese teorie/Meganiese studies) • Tegniese agtergrond en kennis • Ondervinding in instandhouding t.o.v. werkswinkel en voertuie • Leergierige, eerlike, betroubare, hardwerkende geaardheid Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Oktober 2021 Stuur asb. ‘n verkorte CV na: Faks: (023) 312-3046 E-pos: jannie.brand@cnhind.com Indien u nie teen 28 Oktober 2021 terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
SLAGHUISBESTUURDER Vereistes: • Tenminste vyf jaar ondervinding. Uitstekende pakket onderhandelbaar, asook voorsorg fonds. Handig CV in by PicknPay Ceres of e-pos na: fceres@pnp.co.za Aansoeke sluit: Donderdag 14 Oktober 2021 Diensaanvaarding: 1 November of so gou moontlik daarna.
BUTCHERY MANAGER Requirements: • At least five years of experience Excellent package negotiable plus provident fund Hand your CV in at PicknPay Ceres or e-mail to: fceres@pnp.co.za Applications close: Thursday 14 October 2021 Employment acceptance: 1 November or as soon as possible thereafter
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
Tulbagh-span wen rolbaldag
WITZENBERG HERALD
Friday, October 1, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
DIE Athletics Foundation Trust het Dinsdag 28 September ‘n atletiek talent-identifiseringskliniek op die Bella Vista sportveld aangebied. Die bekende oudatleet, Zola Budd, was een van die afrigters wat by die kliniek betrokke was. Hier is Zola saam atlete van Mooi Uitsig primêr afgeneem tydens die kliniek. VLNR: Cordlin Jacobs, Shaskia Booysen, Lucrecia Visser, Zola Budd, Jaymarine April en Eswine Cloete.
TULBAGH rolbalklub het Saterdag 25 September ‘n baie suksesvolle Tarzan rolbaltoernooi aangebied wat jaarliks deur Tarzan Skoene geborg word. Die rolbalklub bied die toernooi aan om fondse vir die klub in te samel en die toernooi word goed deur Boland klubs en spanne uit die Kaap ondersteun. 12 Spanne het die naweek aan die toernooi deelgeneem. Tulbagh rolbalklub het die kompetisie met ‘n punteverskil van +33 vir die eerste keer sedert 1996 gewen. Worcester was tweede en Hexvallei was derde. VLNR: Paul Weber, Angie Josten, Pierre Perold en Christoff Aucamp. * Tulbagh rolbalklub speel in die herfs, winter en lente rolbal om 14:00 op ‘n Saterdag en 16:30 op Woensdae.
DIE Corner Boys krieketklub van Tulbagh het die seisoen deelgeneem aan die nuut gestigde Winelands Social Cricket Association liga. Die kompetisie het oor 20 weke gestrek waaraan klubs van Tulbagh, Wolseley, Gouda en Hermon deelgeneem het. Corner Boys 1 is gekroon as die ligakampioene nadat hulle Gouda Blitz in die T20 finaal met 32 lopies geklop het.
Fanna en Koos wen kompetisie FANNA du Toit en Koos Venter het Saterdag die beterbal stableford kompetisie met 45 punte gewen. Johan du Toit en Ernie Scholtz was in die tweede plek met 42 punte gevolg deur Cornel Muller en Lourens Strydom in die derde plek met 41 punte. Aubrey Isaacs en Bevan Davids was in die vierde plek met 41 punte en JC Hagen en Carel Cronjé vyfde met 40 punte. Daar het 41 spelers aan dié klubkompetisie deelgeneem. Cornel Muller (69) en Lourens Strydom (72) het goeie tellings aangeteken. Putjiespelkompetisie Die jaarlikse enkel- en dubbelputjiespelkompetisie se tweede rondte is afgehandel. Daar is vier spelers oor in die enkelspel-kompetisie se derde rondte wat teen 4 Oktober afgehandel moet wees. Justin Wesson speel teen Charles Basson en Francois Snyman en Glenny Nasson moet sake uitspook. Die vierde rondte van die dubbelspel moet teen 11 Oktober afgehandel wees. Vier spanne sal sake uitspook vir ‘n plek in die finaal. Booi van den Berg en Esman Boer sal kragte meet teen Francois Snyman en Pierre de Jager. In die ander semi-finaal sal Cornel Muller en Lourens Strydom teen Werner Pharo en Bevan Davids speel. Ledegeld Die klubbestuur doen ‘n beroep op lede om enige agterstallige ledegelde voor 30 September op datum te bring. Vir navrae skakel die klub by (023) 312-3068.
FANNA du Toit (regs) en Koos Venter het Saterdag die beterbal stableford kompetisie met 45 punte gewen.