Witzenberg Herald Vol.25 no.38 (Online Weergawe)

Page 1

Marx-gesin in gru-botsing

‘n BEKENDE gesin van Ceres was die naweek in ‘n ernstige motorbotsing waarin een gesinslid gesterf het, twee ernstig beseer is en ‘n vierde insittende (17) ongedeerd uit die motorwrak geklim het.

‘n 26-jarige vrou van die Paarl wat die ander motor bestuur het, is opslag dood.

Petrus en Maryke Marx (regs) van Ceres was Saterdagaand omstreeks 19:50 op pad terug na Ceres toe hulle ernstig beseer is in ‘n kop-aan-kop botsing op die R312 Fisantekraalpad. Maryke se ma, Elthia Kremer (80), het in die ongeluk gesterf. Hul seun, Jeandré, het ongedeerd uit die wrak geklim.

Die egpaar het hul 21-jarige dogter, Rochelle, vroeër die dag op die Kaapstad lughawe gaan aflaai en was op pad na Maryke se suster, Petra en haar swaer Henri Bestbier in Wellington, toe die ongeluk gebeur het.

Petrus (54) het Saterdagaand die gryskleurige Subaru bestuur en was ‘n tyd lank in die wrak vasgekeer en moes met die lewenskake uit die wrak bevry word. Hy het ondermeer talle beenbreuke opgedoen.

Maryke (50) is ook ernstig beseer en is saam met Petrus na die Cape Gate Mediclinic gehaas waar hulle in die intensiewesorgeenheid opgeneem is.

Maryke het haar arm sleg gebreek en is vroeër die week geopereer. Petrus het veelvuldige beenfrakture opgedoen.

Hy is steeds in die intensiewe-sorgeenheid aan ‘n ventilator gekoppel. Hy moet in die week nog operasies ondergaan.

Oorsaak van ongeluk

Die bestuurder van ‘n Ford Figo, Kassandra Demmer (26), het ook in die kop-aan-kop botsing gesterf.

Dit is nog onbekend wat presies gebeur het.

Die Klapmuts-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag. Enige ooggetuies van die ongeluk word versoek om met die polisie te skakel. Boodskappe van bemoediging

Die afgelope week het daar van heinde en ver boodskappe van bemoediging en ondersteuning vir die familie ingestroom.

“Ouma Elthia se dood is vir ons almal ‘n ongelooflik groot skok. Sy was die definisie van gee, onvoorwaardelike liefde en omgee. Sy was bekend vir haar karakter om uit haar pad vir ander te gaan. Haar sonskyn-persoonlikheid, die mooiste glimlag en ‘n warm barmhartige hart vir God het die atmosfeer gevul waarin sy beweeg het. Ouma Elthia was só geliefd! Ons gaan haar verewig mis” het haar een klein-

dogter, Alicia Bestbier, geskryf.

EMS-nooddienste personeel besig op die ongelukstoneel by die Ford Figo. Die Subaru het in die gras agter die ambulans tot stilstand gekom. PETRUS Marx (54) het Saterdagaand die gryskleurige Subaru bestuur en was ‘n tyd lank in die wrak vasgekeer en moes met die EMS-lewenskake uit die wrak bevry word. Hy het ondermeer talle beenbreuke opgedoen. ONGELUK FOTOS: Facebook/Titanium Securitas Medical Response.
Telephone: (023) 316-2021 Fax: 086-211-5774 WA: 066-316-3003 nuus@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.co.za WH H e r a l d Witzenberg Volume 25 no. 38R 8 Friday, September 30, 2022 Ceres Koekedouw dam 71,3% Tulbagh dam 75% Lesings geneem: 2022/09/28 4-Da 4-Da g wg wg wg wg weer eer eer v v voor oor oor oor uitsig uitsig Donderdag 29 September 8° 23° Vrydag 30 September Saterdag 1 Oktober Sondag 2 Oktober 5° 22° 4° 26° 10° 30° Nuwe sperdatum slegs vir die uitgawe van 14 Oktober 2022 Mari Blom 084-212-3020 SKOONMA AK VAN: •Alle matte •Gestoffeerde meubels •Matrasse •Voertuigsitplekke •Was ruite van huise en geboue (slegs buite) Gold Medal Carpet Care The trusted name in commercial and residential Waterproofing. 087 094 8092087 087 094 8092087 www.rubberroofs.co.za
Geen begrafnisreëlings is nog gefinaliseer. Elthia Kremer (80). ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 29 SEPTEMBER - 2 OCTOBER 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS + OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSP SUPERSP SUPERSPAR AR AR AR AR (023) 316-2226 NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM\ VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK. Nescafe Classic Coffee (excl. decaf) 200g Britos sandwich ham Foccacia smoked Chicken + Peppadew Chicken Fillet burger + Chips Bulk Lean mince 7kg Potato bag, Sweetcorn 4’s, 1kg Onion, 750g Carrots, 350g Baby Marrow SUPERSPAR: Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00 Pork belly Baby Soft 2-ply toilet rolls 18’s Spar White sugar 2,5kg 3 42 99 39 99 Lancewood cheese 900g 89 99 p/kg 79 99 p/kg 26 99 each 89 99 p/kg PER COMBO 12000 SERVING SUGGESTION 24 90 p/meal 99 99 each 10 99 99 89 99 15 89 99 74 99 Bain’s Single Grain Whisky 750ml259 99 each Wellington VO Brandy 750ml139 99 each Ceres Agrimark 29 Retief Street, Ceres (023) 312-1094 Come visit the new Agrimark for a variety of affordable products Business hours: Monday - Friday 07:30 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Efekto roundup 25500 1L 89 00 140ml 75 00 200ml M/Agro MCPA 15900 Protek kunsmis KAN 5kg Variety of garden products available www.agrimark.co.za Follow us @agrimark Available only Friday 30 September and Saturday 1 October 2022 Bayer coopex aerosol 18500270ml M/Agro Lawntyl 11200200ml 12900 Protek kunsmis 2:3:4 5kg

Verkeersbeamptes, gaan help by verkeersligte

LANGHENDRIK van Ceres, skryf:

DIE Witzenberg munisipaliteit is ‘n goedbestuurde organisasie waar dienslewering steeds op hoë standaard aan sy inwoners gelewer word. Iets wat maar raar is in SA!

Daarom het ons genoeg rede om dankbaar te wees as inwoners.

‘n Area waar drastiese verbetering egter benodig word, is die aanwending van Ceres verkeersbeamptes - spesifiek gedurende kragonderbrekings.

Gedurende ‘loadshedding’ in die dag, word verkeer deur verkeersbeamptes by die verkeersligte in Voortrekker/Vosstraat beheer. Dit maak die goeie en veilige vloei van verkeer moontlik.

Verkeersbeamptes by die verkeersligte op die hoek van Spar en die poskantoor, skitter egter in hul afwesigheid gedurende die krag-

onderbrekings. Hierdie kruising dra baie verkeer: vragmotors wat die dorp binnekom / verlaat, motoriste wat kinders by skole wil aflaai of oplaai, motorfietse, fietse, voetgangers en verkeer na die winkelsentrum.

Die afwesigheid van verkeersbeamptes om dié kruising te reguleer, veroorsaak ‘n bitter gevaarlike en frustrerende situasie.

‘Loadshedding’ gaan nog lank met ons wees. Gelukkig kan ons almal darem tot ‘n mate beplan daarvoor deur gebruik te maak van die Eskom-skedule of app. Dieselfde kan verseker deur die verkeersdepartement gedoen word om sy verkeersbeamptes vroegtydig uit te plaas na kruisings wat hoë volumes verkeer dra, veral gedurende ‘loadshedding’?

Reguleer die verkeer as prioriteit in stede daarvan om sypaadjies te patroleer of net rond te staan.

Personeel vier Erfenisdag

BOEDELKENNISGEWING

BOEDELNOMMER: 007073/2018

In die boedel van WYLE ALICE SAS (IDENTITEITSNOMMER 530607 0141 086) ongetroud in lewe woonagtig te POPULIERSTRAAT 245, BELLA VISTA, CERES en oorlede te CERES op 31 MAART 2018

Geliewe kennis te neem dat alle persone wat geld verskuldig is aan die gemelde boedel asook persone aan wie geld verskuldig is deur die boedel, binne dertig (30) dae vanaf 30 SEPTEMBER 2022 die gelde verskuldig moet inbetaal en eise moet indien by die ondergemelde adres.

PROKUREURS INGELYF Russelstraat 75, Worcester, 6850

VERW: WT/CIV/S1281/2020

CERES GHOLFKLUB

is opsoek na ‘n entoesiastiese persoon om by hulle span aan te sluit

Klubhuis kroegassistent

Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos by ons Ceres-tak ontstaan: ADMINISTRATIEWE

BEAMPTE

Vereistes: • Deeglike kennis van Xero Accounting • Kennis van Freshdesk en Trello sal gunstig wees, maar kan ook geleer word • Goeie telefoon etiket en menseverhoudinge • Moet ten volle tweetalig (afr + eng) wees • Doelgerig, taakgerig, hardwerkend en goed georganiseerd • Ten minste 2 verwysings van vorige werk • Sober gewoontes.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag 10 Oktober 2022

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik E-pos volledige CV tesame met duidelike kopie van ID na: careers@jptek.co.za

Indien u nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat ons tans nie u aansoek verder gaan opvolg nie. Die reg word voorbehou om nie die pos te vul nie.

SLEUTELPRESTASIE-AREAS: • Alle verkope by kroeg, invordering van spelfooie en ledegelde • Netheid van kroegarea • Voorraadbeheer • Uitverhuring van karretjies • Besprekings van muurbalbane • Afsluit en balanseer van kasregister • Algemene administrasie en pligte soos van tyd tot tyd verlang.

VEREISTES: • Ervaring in ‘n soortgelyke posisie • Ervaring met verkope en bediening van kliënte sal voordelig wees • Uitstekende kommunikasie- en mensevaardighede • Probleemoplossingsvaardighede • Moet onafhanklik en pro-aktief kan werk • Moet goed tweetalig wees.

CV ’s en salarisver wagtings kan gestuur word na: admin@ceresgolfclub.com

Diensaanvaarding: 12 Oktober 2022

Sluitingsdatum vir aansoeke: 5 Oktober 2022

Indien u twee weke na u aansoek geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

Seven Oaks Winery, situated in the Breërivier, is looking for a wine tasting assistant to join the tasting room team on weekends.

Requirements : • Basic wine knowledge is essential • Must be available to work weekends or weekends/weekdays as may be required during high season (November to April)

• Own reliable transport is essential • Updated CV with contactable references.

DIE Togryers museum op Ceres het Vrydag 23 September ‘n onthullingsgeleentheid op die “Landjie” in Lyellstraat aangebied. Nagenoeg 50 mense, meestal uit Rooikamp, het dié geleentheid bygewoon. ‘n Historiese inligtingsbord is deur die Togryers museum opgerig om die geskiedenis van die twee areas op die Suider-end van Lyellstraat, te vertel. Sarie Hofmeester en Magda Snyders het belangstellendes vertel waar hul oorspronklik gewoon het op die Landjie en hoe hul verskuif is onder die Groepsgebiede Wet van 1950. Julleen Schroeder het ook haar verhaal met gaste gedeel. Deur die oprigting van die bord, hoop die museum dat die jonger geslag ook die geskiedenis van dié area beter sal leer ken.

Job description: Conducting wine tastings in an informative, friendly and professional manner. Clearing of tables, washing of glasses or any other task that might be relevant to the position. Time management and the ability to work under pressure are essential to succeed in this position.

Please email your CV to : caitlin@sevenoaks.co.za or WhatsApp (no calls, please): 072-610-3030

* Mark Mentor en Marinda Mankopan onthul die bord.

PERSONEEL van Lesvos Fisheries het Saterdag Erfenisdag gevier. VOOR: René, Edwina, Andrea, Harriet, Milla, Alice en Mildred. AGTER: Iris en Vuyo. BOKKIES gee om. Gedurende Septembermaand het Laerskool Koue Bokkeveld op Omgee gefokus. Leerders het onderleiding van Carlien Rossouw elkeen dierekos enprodukte ingesamel. Die produkte gaan aan Chain geskenk word.
WITZENBERG HERALD Friday, September 30, 20222
28 + 29 October 2022

Burgemeestersketting verdwyn na funksie

DIE Witzenberg munisipaliteit se ou burgemeestersketting

het einde 2020 stilweg verdwyn kort nadat dit vir ‘n naweekfunksie gebruik is.

Die ou ketting is steeds weg en die redes waarom dit weg is en nie aangemeld is nie, word deur die munisipaliteit ondersoek. Die ketting word gewoonlik na funksies in ‘n kluis in die administratiewe gebou gebêre.

‘n Nuwe ketting moes teen byna R30 000 aangekoop word kort voor verlede jaar se inhuldiging van die nuwe burgemeester.

Beweringe dat die ou burgemeestersketting sy opwagting in die Durban-omgewing gemaak het toe iemand dit daar wou verkoop, is deel van die ondersoek. Die onsuksesvolle soektog na die ketting het die munisipaliteit verlede week genoop om ‘n diefstalklag by die Ceres polisie aan te meld.

Kommentaar

Die Witzenberg munisipale bestuurder, mnr. David Nasson, het Dinsdag ‘n kort verklaring hieroor uitgereik.

Daar kan nie met presiesheid bepaal word wanneer die burgemeestersketting misplaas, gesteel of verlore geraak het nie. Ongeveer ‘n maand gelede het dit onder die munisipaliteit se aandag gekom dat dit blykbaar in Durban verkoop is.

Die verantwoordelike bestuurder het onsuksesvol gepoog om ‘n verklaring van die getuie te bekom en probeer om ‘n afspraak saam met die getuie en myself te maak.

‘n Diefstalsaak is later op regsadvies by die polisie aanhangig gemaak. Volgens inligting het ‘n bestuurder dit aan die vorige burgemeester oorhandig vir ‘n funksie.

Die aangeleentheid rondom die ketting se verdwyning is nou die onderwerp van ‘n kriminele ondersoek en die munisipaliteit wil nie die aangeleentheid verder vooruit loop nie. Die munisipaliteit kan ook nie kommentaar lewer oor waar die ketting moontlik kan wees nie.

Daar is geen toesmeerdery ter sprake nie en alle prosesse in terme van die munisipale raad se verkrygingsbeleid is gevolg.

Borgaansoek van twee polisiemanne duur voort

TWEE Wolseley polisielede wat al byna ‘n maand in aanhouding is, se borgaansoek gaan later die week voort op Wolseley.

Sers. Wayne Boer (44) en kst. Cashwinn Visagie (29) se borgaansoek word Donderdag 29 September voortgesit in die Wolseley landdroshof.

Hulle verskyn saam met twee oudkollegas, Byrone Williams (26) en Ricardo Conradie (39) en ‘n speurder van Wolseley, s/sers. Heinrich Hendricks (36). Die vyf staan tereg op klagtes van huisbraak, korrupsie en intimidasie.

Twee van die agt polisielede is al afgedank. Nog ‘n oudpolisielid wat saam met dié groep verskyn, is in Oktober 2021 afgedank.

Agtergrond

Speurders in die Boland het Dinsdag 6 September toegeslaan en dié polisielede gearresteer en in die Paarl aangehou.

Boer, Hendriks en Visagie was van diens af ten tye van hul arrestasies en Williams en Conradie, wat vroeër vanjaar uit die polisie geskop is en op Wolseley gestasioneer was, is ook gearresteer.

Die polisie het in ‘n vroeë verklaring gesê dat die vyf gearresteer is na ‘n diefstal-, intimidasie- en aanrandingsklag in Julie vanjaar by die polisie aangemeld is. Die voorval het op 20 Julie by ‘n privaat huis in Montana plaasgevind.

Klagtes

Boer verskyn op klagtes van intimidasie en korrupsie en Visagie op ‘n klag van huisbraak

met die doel om aan te rand. Hendricks word van regsverydeling aangekla. Hendriks en Williams is op waarskuwing vrygelaat en Conradie op R2000 borgtog.

Boer, Visagie en Conradie het nog ander strafsake in ander howe teen hulle.

Die saak teen Conradie is tot 2 November uitgestel wanneer hy weer in die Bellville handelsmisdaadhof moet verskyn. Die uitstel is toegestaan om vertoë tot die DOV te rig.

Saak uitgestel

DIE man wat verdink word van die skietdood van ‘n Kliprug-inwoner, se saak is tot Desembermaand uitgestel.

Johnley Daniëls (26) van P.A. Hamlet, het op 5 September in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak tot 6 Desember uitgestel is. Sy borgtog van R1 500 is verleng.

Dan Coetzee (49) van Kliprug, is Woensdag 8 Junie omstreeks 20:00 in Eerstelaan, P.A. Hamlet, doodgeskiet.

Die polisie het vroeër gesê dat Coetzee van sy huis gestap het toe hy drie keer met ‘n handwapen naby die sportveld geskiet is. Hy het ‘n paar treë verder in die straat inmekaar gesak en voor hy gesterf het, het hy blykbaar die skieter se naam geprewel.

Die polisie se moordondersoek het hulle daarna na Daniëls gelei.

NOTICE

APPLICATION IN TERMS OF THE NATIONAL HERITAGE RESOURCES ACT, 1999, ACT 25 OF 1999 (THE NHRA)

Please note that an application is to be made in terms of SECTION 27 of the NHRA regarding proposed alterations to No 34 Church Street Tulbagh which is a Provincial Heritage Site.

The property is at the northern end of Church Street

Short description: Internal alterations are required to make the house more functional and liveable A copy of the report can be obtained from:

AIKMAN ASSOCIATES: HERITAGE MANAGEMENT

E-mail: aikman@wol.co.za

Telephone: 083-306-6768

Postal Address: P.O. BOX 140, TULBAGH, 6820

And may be viewed at the Tulbagh Public Library Market Street Tulbagh. Any person wishing to object or comment on heritage grounds to the application must make such comment / objection in writing to the above address on or before 29 October 2022. (30 days from the date of publication). PETRUS Marx van Ceres het Saterdagaand die gryskleurige Subaru bestuur en was ‘n tyd lank in die wrak vasgekeer. Noodwerkers moes hom met meganiese lewenskake uit die wrak bevry. Hy het ondermeer talle beenbreuke opgedoen. Berig op voorblad. ONGELUK FOTO: Facebook/Titanium Securitas Medical Response. DIE burgemeester, rdl. Hennie Smit, met die nuwe burgemeestersketting na afloop van verlede jaar se inhuldiging. DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter was Sondag 25 September vir die derde keer die maand op Ceres. ‘n 22-Jarige man is per lugambulans van Ceres hospitaal na Tygerberg hospitaal vervoer. Hy het blykbaar vroeër ernstige beserings opgedoen tydens ‘n aanrandingsvoorval. Geen verdere inligting oor die aanranding is bekend nie en sover vasgestel kan word, het niemand nog ‘n klag by die polisie gelê nie.
WITZENBERG HERALD Friday, September 30, 2022 3

Forum fokus op leesvaardighede

DIE Koue Bokkeveld ECD Forum het op 15 September ’n bewaarskool- en nasorghoofde opleiding aangebied wat gefokus het op leesvaardighede.

Die opleiding is in die NG Kerksaal Op-die-Berg aangebied en was gemik op hoofde wat betrokke is by bewaarskole en nasorgsentrums in die Witzenbergstreek wat primêr op plase gesetel is.

Elke persoon wat die opleidingsessie bygewoon het, het ’n handleiding ontvang wat hulle toerus met voorbeelde en oefeninge wat die hoofde en hul personeel kan doen om die kinders in die grondslagfase te ondersteun om beter te leer lees.

Die forum het die tekortkoming in leesvaardighede raakgesien by hul sentrums en besluit om ’n praktiese handleiding te ontwikkel wat deur personeel gebruik kan word om hierdie groot uitdaging aan te pak.

Die handleiding fokus op al die boublokke van lees en gee aandag aan: luister en praat, lees en gedeelde lees en klanke.

Coriana van Zyl en Chrisna du Toit was die aanbieders en het die handleiding opgestel met die hulp van Magdel Botha (Leer en Leef) en Ammie de Bruyn en De Laura Meyer van Laerskool Koue Bokkeveld.

Linda van Litsenborgh van Koelfontein bewaarskool en nasorg sê dit was so interessant en leersaam. “Ek het soveel nuwe, praktiese wenke ontvang om elke dag te gebruik. Daar is baie kinders by die nasorgsentrum wat sukkel om te lees en ek voel nou in staat gestel om hulle nog beter te help deur gebruik te maak van die handige handleiding wat ons ontvang het.”

Meer inligting

Vir meer inligting oor die Koue Bokkeveld ECD Forum, skakel Mareé Lambrechts by 082-9223-227

INVITATION

REGISTRATION AS PROSPECTIVE SUPPLIERS ON ACCREDITED DATABASE

All interested parties are invited to register on the municipality’s database as prospective suppliers for goods and services. Prospective suppliers for goods and services are also encouraged to register on National Treasury’s Central Supplier Database (CSD) which will be utilized in future by Witzenberg Municipality.

The database of accredited prospective suppliers will be used by the municipality for the procurement of goods and services. Small, medium and micro enterprises (SMME’s) and local enterprises are encouraged to register.

Registration forms can be obtained from the Supply Chain Unit, Dromedaris Street, Ceres and can be downloaded from the municipality’s website at http:// www.witzenberg.gov.za/resource-categor y/tenders?categor y=132 or from Me. A. Poole at (023) 312-1765 or e-mail at andrewnecia@witzenberg.gov.za

Completed registration forms must be either hand delivered or posted for the attention of Me. A. Poole, Supply Chain Unit, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835. Registration forms received via fax or e-mail will not be accepted. She will also be available to assist applicants with the completion of the registration form.

Registration on the municipality’s accredited supplier database does not guarantee business opportunities with the municipality. All supplier information will be held strictly confidential. By registering on the accredited supplier database, prospective suppliers will adhere to the Supplier’s code of conduct which is annexed to the municipality’s Supply Chain Management Policy. The said policy can be found at http://www.witzenberg.gov.za/resource-categor y/ tenders?categor y=132

It remains the responsibility of suppliers to provide the municipality with updated information regarding their business.

September is Tourism Month!

Tourism Month is celebrated annually in September and highlights South Africa’s diverse tourism offerings, and the sector’s significant contribution to the country’s economy. The purpose of World Tourism Day is also to create awareness on the importance of tourism and its social, cultural, political and economic value. The theme for this year is “Rethinking Tourism”, compelling the sector to reimagine itself, following the pandemic.

Ceres Tourism would like to encourage everyone to celebrate Tourism month, by being a tourist in their own town or area. There is a whole range of attractions and activities right at your doorstep for you to explore - ziplining; hiking & mountain biking trails; 4x4 routes; wine, beer & cider tasting facilities and many more. By exploring your own town and area, you will not only support local businesses, but boost the local economy.

So, start planning your trip and get traveling!

If you would also like to know how you or your business can be part of tourism, please contact us Ceres Tourism Bureau on (023) 316-1287 or info@ceres.org.za www.ceres.org.za

CORIANA van Zyl en Chrisna du Toit was die aanbieders en het die handleiding opgestel met die hulp van Magdel Botha (Leer en Leef) en Ammie de Bruyn en De Laura Meyer van Laerskool Koue Bokkeveld. Hier is die hoofde, koördineerders en personeel wat die Witzenbergstreek leer lees. ENRICO Adams en Me-Jaine Warries het verlede Vrydagaand by Boontjiesrivier naby Wolseley, met die kroon weggestap toe hulle as Mnr. en Mej Boontjiesrivier gekroon is. Al die graad 7-leerders moes as ‘n span saamwerk om uit afvalmateriaal, klere te ontwerp vir die kompetisie. AGTER: Keano Seister, Geduld Veldsman, Henrico Peters, Andelene Michaels (skoolhoof), en Morné Swarts. VOOR: Devan Steyn, Jade Niemand (derde plek), Enrico Adams (Mnr. Boontjiesrivier), Me-Jaine Warries (Mej Boontjiesrivier), Revo Daniëls en Maylon Cupido (tweede plek). LEERDERS van Laerskool F.D. Conradie het verlede Saterdag uitgeblink by die jeugskou wat by Nampo-Kaap op Bredasdorp aangebied is. Die groeplede het die volgende plekke in drie klasse angora, melkbok en vleisbok behaal. AGTER: Mia Möller (vyfde), Githe van Dyk (derde), Cecilia Conradie (eerste), Heinz Rautenbach (tweede) en Mia de Bod (tweede). VOOR: Chadwick Vergotine (vierde), Ben-Herman du Toit (vyfde) en Olivia Swart (vierde).
WITZENBERG HERALD Friday, September 30, 20224

Mobiele gesondheidsdienste sterker met ‘n dokter aan boord

GESONDHEIDSWERKERS op mobiele bussies maak langer, gesonder lewens moontlik vir die duisende Witzenbergers wat hulle bedien. Bykans ‘n jaar nadat ‘n dokter aangestel is om die diens te versterk, glimlag pasiënte steeds breed.

Prens Muller (62) werk by Mount Cedar anderkant Opdie-Berg. Hy is een van ongeveer 6 000 mense in die Witzenbergstreek wie kroniese toestande het en wat staatmaak op mobiele klinieke.

Muller vertrek voor sonop van sy huis op Op-die-Berg en keer die aand terug. As deel daarvan om sy kroniese toestand te bestuur, benodig hy gereelde waarnemings deur gesondheidswerkers, asook medikasie.

Die pad tussen Op-die-Berg en Mount Cedar noodsaak dat jy stadiger en versigtiger ry, wat ‘n besoek aan die kliniek op ‘n werksdag bykans onmoontlik maak.

“Dit beteken regtig baie vir my dat julle uitkom,” sê hy waar sr. Nontombi Ciko en dr. Nadia le Roux hom sien by Mount Cedar.

“Ek het nooit geglo ek is iemand wie ‘n kliniek moet besoek nie, maar toe ek 60 word, sê iemand vir my dis tyd dat ek gaan,” vertel hy. Daar is toe vasgestel dat hy kroniese medikasie benodig.

Dienste beskikbaar

Mobiele klinieke is ‘n verlengstuk van dienste wat by Wes-Kaap gesondheid se klinieke beskikbaar is.

Die dienste is lankal goed gevestig in die Witzenbergstreek, maar die Witzenberg is die enigste area in die Kaapse Wynland waar ‘n dokter aangestel is om te fokus op mobiele dienste.

Dr. Nadia le Roux gee kliniese leiding aan personeel wat uitgaan met die bussies, beweeg op ‘n roetasie basis saam met die personeel op die verskillende bussies se roetes en besoek ook klinieke wat op plase gevestig is.

In gebiede waar mense dikwels baie ver van groter gemeenskappe en dienste woon, is vervoer nie altyd

beskikbaar nie óf die kostes is eenvoudig so hoog dat mense uiteindelik verkies om siek of in pyn te bly eerder as om hulp te kry. Die pasiënt se toestand verhoed hulle ook soms om na ‘n kliniek te gaan vir hulp.

“Die groot verskil is dat mense veiliger voel wanneer jy hulle in hul eie spasie sien. Hulle voel gemakliker. Hulle deel makliker inligting, en daarom is dit makliker om hulle die beste ondersteuning te kan gee,” verduidelik dr. Le Roux.

Sr. Ciko sê die feit dat daar ‘n dokter is wat gefokus is op ondersteuning aan mobiele dienste, beteken dat sy vinniger hulp kry oor die behandeling van ‘n pasiënt. Voorskrifte word ook vinniger hernu en die dokter leer die pasiënte ken - alles tot voordeel van die pasiënt.

Sr. Ciko se roete strek oor 1800 kilometer en sluit ongeveer 24 plase in. Daar is nog vyf roetes wat mobiele klinieke ry in die Witzenbergstreek. In areas wat minder afgeleë is en daar ‘n groter behoefte aan voorkomende dienste soos immunisering is, reël gesondheidswerkers met behulp van werkgewers dat die bussie by een plaas stop en mense van die omliggende area daarheen kom vir dienste.

Die belangrikheid van mobiele dienste

In landelike gebiede belê die departement in mobiele klinieke sodat meer mense kan baat vind by gesondheidsdienste. Mense wat dit gebruik kan hul gesondheid beter bestuur en hospitalisering verhoed. Die beskikbaarheid van mobiele dienste beteken nie net dat meer mense die geleentheid het om gesondheidsdienste te gebruik nie, maar ook dat daar minder druk op klinieke is.

In totaal lê gesondheidswerkers sowat 9 000 km ‘n maand af om mobiele dienste na mense te bring.

Tussen April en Junie vanjaar het meer as 10 000 Witzenbergers gebruik gemaak van die mobiele klinieke se dienste.

GESONDHEIDSWERKERS op mobiele bussies maak langer, gesonder lewens moontlik vir die duisende Witzenbergers wat hulle bedien. Hier is dr. Nadia le Roux saam met sr. Nontombi Ciko. LAERSKOOL Koue Bokkeveld is trots op die vier leerders. Hulle het aan die Paarl Vallei Virtuele Eisteddfod deelgeneem en elkeen ‘n Cum Laude toekenning vir Afrikaans voordrag ontvang. AGTER: Keisha Primo en Christi du Toit. VOOR: Luhan Botha en Sebastian van Zyl. DRIE tennsispelers van Laerskool Koue Bokkeveld is gekies om aan die 2022 Wilson Masters in Stellenbosch deel te neem. VLNR: Roné Lourens (eerste o/13), Anmari Steenkamp (tweede o/11) en Jomarié Kotzé(derde o/13).
WITZENBERG HERALD Friday, September 30, 2022 5 Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem. As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP! Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het ‘goed’ wat in die huis rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien.

kel (023) 316-2021 w.t.o.

MAMA FATIMA EN PROF

Junior

konsultant

dings.

egtelike verhoudings.

haar

060-619-2758

082-704-3276.

AND ANDPLANT AND AND TOOL HIRETOOL

ge. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193

WITZENBERG HERALD Friday, September 30, 20226 classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp) RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/ social media, as they are too small. WILLIE (Male) Born21/11/2021 EST EST EST EST ESTA A A (Female) Born 15/07/2021 ELLA (Female) Born 15/07/2021 NICK NICKY Y Y Y Y (Male) Born 16/02/2022 MEISIE MEISIE (Female) Born 05/06/2022 TINA TINA (Female) Born 15/05/2022 T T T T TASHA ASHA (Female) Born 15/05/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Incl a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Ska-
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer
of
w.t.o. Ceres self stora-
rek C27 w.t.o. Attie Muller 1955/01/19 - 2022/09/19 Begrafnisdiens: So. 2 Okt. 2022 Huis: 09:00, Abrahamstr. 8, PA Hamlet Kerk: 10:00, PA Hamlet Gemeenskapsaal Graf Bella Vista CERES NICO BEGRAFNISDIENSTE “By die stort van elke traan sal ons by u staan” ☎ (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John ceresbegrafnisdienste@gmail.com 1960/09/03 - 2022/09/22 R oudiens : Do. 29/09/2022 om 19:00, VGK Ceres Begrafnisdiens: Sat. 1 Okt. 2022 Huis : 08:00, Eilandstr. 15, Ceres Kerk: 09:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Regina Wilhelmina Kiewitz Maria Magdalena Gouws (Mary) 1948/12/25 - 2022/09/23 Begrafnisdiens: Sat. 1 Okt. 2022 Huis : 09:00, Vredestr. 851, Bella Vista Kerk: 10:00, Gemeenskapsaal, Bella Vista Graf: Bella Vista CERES NICO BEGRAFNISDIENSTE “By die stort van elke traan sal ons by u staan” ☎ (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John ceresbegrafnisdienste@gmail.com 1950/12/30 - 2022/09/26 Begrafnisdiens: So. 2 Okt. 2022 Huis: 09:00, Ernest Gordonstr. 10, Bella Vista Saal: 10:00, Gemeenskapsaal, Bella Vista Graf Bella Vista (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Andrew Johannes Muller 1932/12/03 - 2022/09/19 Begrafnisdiens: Sat. 1 Okt. 2022 Kerk: 09:00, Eerstelaan 9, PA Hamlet Kerk: 10:00, VGK PA Hamlet Graf: PA Hamlet (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Anna White VENUE @ Boutique Winery in Tulbagh Functions for smaller groups up to 45 people. Please contact: (021) 300 1130 It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda: •Relationship problems •Financial problems •Court cases •Divorce cases •Winning luck •Pregnant cases • Home protection •Bad luck • Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball • Money in account in 1 hour •Unfinished work and many more Call or WhatsApp Maama Sauda 071-707-2066 DANKIE PROF EDDIE EN MAMA My naam is Jacobus en ek wil dankie sê vir Prof en Mama dat hulle my lewe in ‘n gelukkige status verander het. Hy het my stresvolle lewe verander met die geluk van miljoene. Vandag besit ek ‘n pragtige huis, groot besighede en ry met van die duurste voertuie. Almal met probleme kan Prof en Mama skakel. Hulle help met lotto, finansies, liefdesprobleme, hofsake ens. Hulle is goedkoop en vra niks ekstra nie en kan binne 30 minute help. Skakel of Whatsapp 083-572-8057 Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT
verkoops-
Vereistes: •Goeie menseverhoudinge en in ‘n span kan werk. •Goed kan kommunikeer. •Vriendelik, energiek en goed versorgd. •Moet enkellopend wees en sonder afhanklikes. •Bereid wees om weg van die huis af te werk. •Moet tussen die ouderdom van 20 en 35 wees. •Verkoops- en bemarkings ervaring sal in u guns tel. Ons bied ‘n geleentheid aan kwalifiserende kandidate om te reis en die land te sien. Maandelikse salaris van R6 000 plus kontant aansporings. Whatsapp CV en 3 formele foto’s van jouself na: 063-0252341 of sessol007@gmail.com
Muti mama - die een wat lewens kan verander. Die beste van die beste! Ons wil almal wat al misluk het kanse gee. Ons help met: Mislukte huwelike. Onopgeloste finansiële probleme wat ander dokters nie mee kon help nie. Verlore liefde. Geliefdes wat jou gelos het vir iemand anders of egskei-
Stop buite
Maak hom/
net joune alleen. Stop hom/haar om op jou te cheat. Help om ‘n baba te kan kry, werk te kry, jou salaris te verdubbel en ‘n promosie te kry. Wil jy jou besigheid laat groei? Huur magic stok beurs vir lotto, casino, perde. Resultate binne 2 dae. Besoek ons in Ceres. Skakel of Whatsapp 073-149-4144

61 Meg Veterane Vereniging pak die Munga vir families in nood

61 Meg Veterane Vereniging het die afgelope twee jaar geld ingesamel vir mede-veterane in nood.

Pierre de Jager van Ceres het in 2020 die volle Munga aangepak en suksesvol voltooi, sy derde agtereenvolgende Munga.

Verlede jaar het hy en ‘n span van vier lede die aflos-gedeelte aangepak en meer as R185 000 ingesamel en meer as 25 families in nood is bygestaan.

Cordré Smith van Ceres was ook lid van verlede jaar se fietsryers en gaan vanjaar weer saam met Pierre en Bennie du Plessis, die

ander twee plaaslike ryers, aan die wedren deelneem.

“Ons wil graag vanjaar weer drie spanne van vyf lede inskryf om meer geld in te samel vir families in nood. Die gemeenskap se ondersteuning sal baie waardeer word”.

Donasie

Donasies en skenkings kan in 61 Mech Battalion Group Veterans Association se rekening by Standard Bank (0063050 inbetaal word in rekeningnommer 00 329 3661, verwysing Munga 22 en naam van donateur). Stuur bewys van betaling aan: admin@ 61mech.org.za.

Davids-duiwe vinnigste terug by hok

Hendriks familie - 1381.895mpm

Cyril en Anne Davids - 1297.608mpm

Hendriks familie - 1266.649mpm

Ope

1. Team Koopman - 1370.145mpm

2. Cyril en Anne Davids - 1300.187mpm

3. Cyril en Anne Davids - 1294.592mpm

4. Team Koopman - 1290.522mpm

5. Team Koopman - 1283.790mpm Hamlet duiweklub

Jaaroud

1. Erasmus hok - 1383.799mpm

2. Kitshoff hokke - 1333.783mpm

3. De Jager broers - 1305.469mpm

4. Erasmus hok - 1304.196mpm

5. De Jager broers - 1303.747mpm

Ope

1. Erasmus hok - 1394.864mpm

2. De Jager broers - 1387.065mpm

3. De Jager broers - 1386.997mpm

4. NJ Kitshoff jr.- 1357.358mpm

5. Kitshoff hokke - 1351.950mpm Tulbagh duiweklub Jaaroud

1. Silvervaring hok - 1238.54mpm

2. Always Rising - 1141.79mpm

3. Rodrick Albertus - 1079.04mpm

4. Rodrick Albertus - 1078.97mpm

5. Rodrick Albertus - 1078.89mpm

Ope

1. Silvervaring hok - 1210.30mpm

2. Silvervaring hok - 1202.24mpm

3. Rodrick Albertus - 1079.04mpm

4. Rodrick Albertus - 1078.97mpm

Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos by ons Ceres-tak ontstaan: ADMINISTRATIEWE

BEAMPTE

Vereistes: • Deeglike kennis van Xero Accounting • Kennis van Freshdesk en Trello sal gunstig wees, maar kan ook geleer word • Goeie telefoon etiket en menseverhoudinge • Moet ten volle tweetalig (afr + eng) wees • Doelgerig, taakgerig, hardwerkend en goed georganiseerd • Ten minste 2 verwysings van vorige werk • Sober gewoontes.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag 10 Oktober 2022

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik E-pos volledige CV tesame met duidelike kopie van ID na: careers@jptek.co.za

Indien u nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat ons tans nie u aansoek verder gaan opvolg nie. Die reg word voorbehou om nie die pos te vul nie

10 JAAR LANGDIENSTOEKENNINGS

Dié werknemers van Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk. het op 27 September 2022 hul 10 Jaar Langdienstoekennings van die Besturende Direkteur, Francois Malan ontvang.

DIE heel eerste burgemeestersbeker rugbywedstryd tussen Witzenberg en Drakenstein het die naweek plaasgevind. Die dag was ‘n groot sukses. Die geleentheid was ondermeer bygewoon deur die burgemeester, Hennie Smit, die onderburgemeester, Felicity Klaasen, die munisipale bestuurder, David Nasson en Boland Rugby se president, Bennie van Rooi. Dit was ‘n klipharde wedstryd en beide spanne het opwindende rugby opgedis in ‘n volgepakte stadium. Witzenberg wen 42-40. VIR die eerste keer sedert die skeiding van Hoërskool Waveren aan die einde van 2022, het die graad 7leerders van Laerskool Waveren gedurende die naweek van 16 tot 17 September by Boontjiesrivier ‘n motiveringskamp bygewoon. SENSHI Dojo het op 9 September aan die Combat Tang Soo Do Prosperity Do Jang KFS Cape Town Challenge deelgeneem. Senshi Dojo het 15 medaljes tussen 5 studente verower. VLNR: Retief Spence (kata-brons, kubudo-long weaponbrons, kubudo-short weapon-brons), Aiden Paxton (kubudo- short weapongoud), Morgan Paxton (kata-silwer, kumite-silwer, kubudo-long weapon-silwer, kubudo-short weapon-silwer), Mia Laubscher (kata-goud, kumite-goud, kubudolong weapon-goud, kubudo-short weapon-goud) en Logan Martens (kata-silwer, kumite-silwer, kubudo-long weapon-silwer). Jo-Ann Klazen, Sabata Majoro, Nkosinathi Mangala, Noyabathini Ntengane, Anroe Ayford, Jasne’ Vergotine, Yvonne Jabani, Charlene Geldenhuys, Richard Olivier, Petrovine Farmer, Daluthando Bokoloshe, Susanna van Rooi, Francois Malan (BD), Yolisile Kalo.
WITZENBERG HERALD Friday, September 30, 2022 7 Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere, skoene en huishoudelike items. Help ons asb. om die Gemeenskap te help. Ceres Omgeewinkel het VERHUIS VERHUIS na Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles) Besigheidsure: Ma - Vr:09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:30 WINTERKLERE UITVERKOPING AAN TOT 6 OKT. 2022 WEDVLUGDUIWE is Saterdag 24 September weer op Britstown gelos. Duiwe kon redelik maklik hul hokke bereik. Die naweek vlieg duiwe vanaf Bloemfontein wat ook die klubs se laaste langpadvlug vir die 2022-seisoen gaan wees. CHPS Jaaroud 1. Cyril en Anne Davids - 1386.914mpm 2. Cyril en Anne Davids - 1386.467mpm 3.
4.
5.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Ou-teursreg 1978 gerepro-duseer word nie.

Witzenberg Herald

Cronjé wen kompetisie

RUDOLF Cronjé het Saterdag die individuele stableford kompetisie met 40 punte gewen.

Carel Cronjé was in die tweede plek gevolg deur Connie Malherbe, beide met 39 punte. David Cohen was vierde met 38 punte gevolg deur Willie van Heerden met 37 punte. Meer as 40 spelers het aan die klubkompetisie deelgeneem.

Putjiespel 2022

Die 2022 enkel putjiespelkampioenskappe se derde rondte staan einde se kant toe en moet teen 3 Oktober voltooi wees. Die dubbelspelwedstryde moet teen 17 Oktober klaar wees.

DIE jaarlikse Fred Demone rolbaltoernooi is Saterdag 24 September by Ceres rolbalklub aangebied. Daar het 48 spelers vanuit die Kaap Wynlandstreek deelgeneem aan die gewilde toernooi. Die Ceres Superspar rolbalspan van Arno Koen, Pierre Bothma, Jannie Neethling en John Ackermann, het die toernooi gewen. Die Ceres-span (regs) van Pieter Mostert, Ria Möller, Charmaine Mostert en Wean van Rensburg, het in die derde plek geëindig. * Die dag is gepaslik met heerlike braaigeregte vir die spelers afgesluit.

Ceres wen gewilde rolbaltoernooi

Bergfietswedren weer op die kalender

NA twee jaar se afwesigheid, is die Wolseley bergfietswedren weer terug op die streekkalender.

Vanjaar word die wedren weer ten bate van Huis Mostertshoek en Badisa aangebied op 29 Oktober. Dit val saam met die NG kerk se basaar en Gian Groen sal ook optree. Die wedren begin en eindig by Mountain Ridge wynkelder.

Fietsryers kan inskryf vir drie afstande van 55km, 36km en 17km en hardlopers kan vir ‘n 10km wedloop inskryf. Die eerste gedeelte van die 55km wedren is oor Kluitjieskraal, bergaf na Suurvlak. Die roete is wild, rof en uitdagend. Dit is ‘n tegniese roete vir ervare fietsryers. Die 36km roete is dieselfde as voorheen en gaan nie oor Kluitjieskraal nie. Dit is ook ‘n uitdagende roete en is vir ryers wat geoefen het. Die 17km roete en 10km draf vind plaas op dieselfde fietsryroete vir die eerste 6 kilometer.

Vir navrae skakel Chelmarize Cronjé by 074-022-5149 of stuur ‘n e-pos na marketing.badisa@gmail.com.

Michell’s Pass Half Marathon

07:15

10km

JOHAN Zulch en Tania Vermaak het die afgelope naweek in die Ceres Toyota Ford Escort 1600 Sport aan die Freightmore Epress Riebeekvallei tydren deelgeneem. Hulle het in die elfde plek klaargemaak. Die tydren het op Malmesbury begin en in die Riebeeckvallei klaargemaak.
WITZENBERG HERALD Friday, September 30, 20228 Sport
ROAD RACE at
and 5km FUN RUN at 08:00
Wen ‘n GRATIS INSKRYWING na enige van die events indien jy die korrekte antwoord ken! Vir hoeveel jaar word die Eselfontein Fees al op Eselfontein Plaas gehou? Whatsapp jou naam en antwoord na: 066-316-3003 voor Vrydag 7 Oktober 2022

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.