Jain-moord
Polisielid in hof vir borg
‘n POLISIELID wat begin Desember op Piketberg gearresteer is, gaan Vrydag 23 Desember ‘n borgaansoek bring.
Die ondersoekspan wat die Jain-moord in Maart 2021 buite Wolseley ondersoek, het begin Desember ‘n polisielid, a.o. Maurice Arries (43),by sy huis gearresteer.
Hy het verlede Maandag vlugtig in die landdroshof op Porterville verskyn op klagtes van ondermeer moord, bedrog, korrupsie, vervalsing en regsverydeling.
Die saak is tot Vrydag 23 Desember uitgestel vir ‘n borgaansoek. Arries bly in aanhouding in Malmesbury.
Arries se verskyning hou verband met ‘n beweerde voorval waar hy ‘n gevangene by die Voorberg korrektiewe sentrum op Donderdag 25 Maart 2021 gaan haal en onder vals voorwendsels uitgeboek het om in die hof te verskyn. Die gevangene is blykbaar nie onmiddellik teruggeneem na die gevangenis nie en was moontlik betrokke by die moord op die 51-jarige Reneé Jain (foto regs).
Volgens inligting het die tronkowerhede op Saterdag 27 Maart 2021 vir Arries gevra waar die gevangene is waarna Arries die gevangene later die middag inderhaas na Voorberg teruggeneem het.
Toppresteerder ontvang sy prys
Dorpe meer as 50 uur sonder krag nadat weerlig sub-stasie tref
DONDERSTORMS met swaar reënneerslae het verlede Saterdagmiddag in die Witzenbergstreek en Tankwa Karoo uitgesak. Saam met die reën was daar ook weerlig en plek-plek ligte haelneerslae.
Talle kleiner plaasdamwalle het in die Tankwa Karoo gebreek nadat ‘n paar riviere in vloed afgekom het.
Behalwe vir skade aan vrugteboorde, plaasdamme en woonhuise, het weerlig Sondagaand net na 19:30 ‘n sub-kragstasie van die Witzenberg munisipaliteit en Eskom in die Witzenbergvallei raakgeslaan.
Ceres, Op-die-Berg, P.A. Hamlet en omliggende plase was tot Dinsdagaand net na 23:00 vir meer as 52 uur sonder enige krag.
Sedert die krag af is het Eskom en die Witzenberg munisipaliteit se elektriesespan volstoom gewerk om die skade te herstel.
Hulle het ook gereeld kennisgewings op sosiale media geplaas om terugvoering aan inwoners te gee rakende die kragprobleem.
Maandag 12 Desember het Eskom ‘n skadebepaling voltooi en nuwe onderdele is per pad ingebring. Die kon egter weens swaar reën nie geïnstalleer word nie. Teen laatmiddag was daar aanduidings dat die krag nie teen die aand herstel sou wees nie aangesien die werk eers Dinsdag 13 Desember voltooi kon word. Veiligheidstoetse moes ook gedoen word alvorens die krag na omliggende dorpe versprei word.
Nadat die nodige herstelwerk gedoen is, het die krag steeds uitgeskop en moes die Eskom spanne verder soek na die fout. Kragtoevoer is later die aand omstreeks 23:11 weer herstel.
Die munisipale bestuur het inwoners bedank vir hulle geduld terwyl Eskom in erge weersomstandighede en moeilike terrein, die herstelwerk aan die substasie en netwerk voltooi het.
Swaar neerslae
Hulp is ook die afgelope paar dae ingeroep om inwoners van die Tankwa Karoo by te staan waar daar talle oorstromings plaasgevind het en gaste en inwoners op plase vasgekeer was.
Skade is oor ‘n wye gebied aangerig met Tankwa padstal en Tankwa Tented Camp wat onder water was. Die plaas Avontuur was ook onder water. Die presiese skade sal eers bepaal kan word sodra al die plase bereik is. Baie grondpaaie het verspoel.
Met al die reën het ‘n grondstorting in Theronsbergpas-omgewing plaasgevind en ‘n groot hoeveelheid sand en klippe oor die pad gestrooi. Dié bergpas was ‘n tyd lank gesluit vir opruiming.
Ander probleme
Weens die kragonderbreking was al die polisiestasies onbereikbaar en die Ceres landdroshof kon ook nie hul fone beantwoord
of aangaan met hofsake nie want hulle het nie kragopwekkers nie.
Groot ondernemings soos Pick n Pay, Shoprite en Superspar op Ceres moes ten duurste hulle groot kragopwekkers die heeldag lank gebruik om vleis- en suiwelprodukte koel te hou, besighede moes ekstra uitgawes aangaan om kragopwekkers vir twee werksdae te laat loop en talle huishoudings se yskaste en vrieskaste het heeltemaal afgeloop. Groot en klein winkels wat nie kragopwekkers het nie, was die paar dae gesluit.
MASTHEAD Financial Planning
Neels Boshoff (Financial Planner) (023) 004-1338 l 082-335-8331 nboshoff@mastheadfp.co.za
Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) (023) 004-1338 l 082-376-6498 aboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za Aan ons kliënte, mag julle ‘n Geseënde Christusfees beleef en ‘n Voorspoedige 2023. Baie dankie vir al die ondersteuning deur die jaar.
Ceres Besigheidsinisiatief bedank hiermee alle sakelui en lede vir nog ‘n jaar se ondersteuning.
“Dankie vir die samewerking om CBI in staat te stel om ‘n verskil in ons dorp en omgewing te maak. Dankie dat elkeen, ten spyte van die ekonomiese druk, steeds hul ondersteuning gee.
Dit word opreg waardeer. Geseënde Feestyd word elkeen toegewens”. Neem asb. kennis van CBI reëlings: Jannie Conradie, bestuurder van CBI, is met verlof tot einde Januarie. Hannes van Schalkwyk sal gedurende die ses weke instaan as CBI bestuurder CBI se kantoor sluit Donderdag 15 Desember 2022 en heropen weer op Maandag 9 Janurarie 2023.
Enige navrae in hierdie tydperk kan aan Hannes gerig word by 083-414-6956.
Ondersoek na verdwyning van ampsketting nog nie afgehandel nie
DIE polisie se ondersoek na die verdwyning van die Witzenberg munisipaliteit se ou burgemeestersketting, is nog nie afgehandel nie.
Die ketting ter waarde van nagenoeg R30 000, het einde 2020 stilweg verdwyn kort nadat dit vir ‘n naweek-funksie by ‘n kerk gebruik is. ‘n Nuwe ondersoekbeampte is onlangs aangewys en ondersoekwerk moet nog afgehandel word. Beweringe dat die ou ampsketting sy opwagting in die Durbanomgewing gemaak het toe iemand dit daar wou verkoop, is deel van die ondersoek.
Die ou ampsketting (soos in die argief-foto hiernaas regs) is steeds weg en die redes waarom dit weg is en nie aangemeld is nie, word ook deur die munisipaliteit en polisie ondersoek. Die ketting word gewoonlik na funksies in ‘n kluis in die administratiewe gebou gebêre.
‘n Nuwe ketting moes teen byna R30 000 aangekoop word kort voor 2021 se inhuldiging van die nuwe burgemeester. Die Witzenberg munisipale bestuurder, mnr. David Nasson, het vroeër vanjaar in ‘n kort verklaring gesê daar kan nie met presiesheid bepaal word wanneer die burgemeestersketting misplaas, gesteel of verlore geraak het nie.
Moordsaak na 2023 uitgestel
DIE man wat verdink word van die skietdood van ‘n Kliprug-inwoner, se saak is tot 2023 uitgestel vir verdere ondersoek.
Johnley Daniëls (26) van P.A. Hamlet, het op 6 Desember weer in die landdroshof verskyn waarna die saak tot 23 Januarie 2023 uitgestel is. Sy borgtog van R1 500 is verleng.
Dan Coetzee (49) van Kliprug, is op 8 Junie vanjaar omstreeks 20:00 in Eerstelaan, P.A. Hamlet, doodgeskiet.
Die polisie se moordondersoek het hulle na Daniëls gelei waar hulle hom op 9 Junie in hegtenis geneem het.
Koor vier 60ste jaar
DIE Immanuel Mannekoor van VGK Ceres het op 3 Desember hul 60ste bestaansjaar gevier. Die koorlede wil hul opregte dank uitspreek teenoor elke lid en vir hul bydraes en opofferings die afgelope 60 jaar. * Die koor wil ook vir Micano’s Take Aways bedank vir hul bydrae om die 60ste verjaarsdagviering so spesiaal te maak.
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS VAN
DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 2023
Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad:
Datum
Dinsdag, 24 Januarie 2023
Dinsdag, 28 Februarie 2023
Dinsdag, 28 Maart 2023
Dinsdag, 30 Mei 2023
Dinsdag, 1 Augustus 2023
Dinsdag, 22 Augustus 2023
Dinsdag, 31 Oktober 2023
Dinsdag, 5 Desember 2023
Tyd 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00
Plek
Stadsaal, Voortrekkerstr., Ceres
Besonderhede
Raadsvergadering
Festive Season Greetings
On behalf of the Council and Administration, I would like to wish everyone a Merry Christmas and a happy, healthy and prosperous New Year! Enjoy the festive season with family and friends. We pray for traveling mercies and your safe return. May 2023 be a great year for all. Don’t speed, and drink and drive.
Take caution when in nature and around water bodies on hot summer days. We urge all to use water and electricity sparingly.
Kindly note that our offices will be closed over the festive season from 22 December 2022 at 13:00 and will reopen on 4 January 2023 at 07:30.
Witzenberg Traffic and Law Enforcement officers and ALL essential services will be operational throughout, as well as the Witzenberg 24-hour Control Room, call (023) 316-2328/9. Waste removal services will continue as usual, except on 25 December 2022 and 1 January 2023.
Geseënde Feestyd
Namens die Raad en Administrasie wil ek almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n gelukkige, gesonde en voorspoedige Nuwejaar toewens! Geniet die feestyd saam met familie en vriende. Ons bid vir reisgenade en u veilige terugkeer. Mag 2023 ‘n wonderlike jaar vir almal wees. Ry versigtig en moenie drink en bestuur nie. Wees versigtig wanneer u in die natuur is en veral om watermassas op heerlike warm somersdae. Ek doen ook ‘n beroep op almal om water en elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
Neem asseblief kennis dat ons kantore oor die feesseisoen vanaf 22 Desember 2022 om 13:00 gesluit sal wees en op 4 Januarie 2023 om 07:30 sal heropen. Witzenberg Verkeers- en Wetstoepassingsbeamptes en ALLE noodsaaklike dienste sal deurgaans operasioneel wees, asook die Witzenberg 24-uur Beheerkamer by (023) 316-2328/9. Vullisverwyderingdienste sal soos gewoonlik voortgaan, behalwe op 25 Desember 2022 en 1 Januarie 2023.
PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL
COUNCIL: 2023
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council:
Date
Tuesday, 24 January 2023
Tuesday, 28 February 2023
Tuesday, 28 March 2023
Tuesday, 30 May 2023
Tuesday, 1 August 2023
Tuesday, 22 August 2023
Tuesday, 31 October 2023
Tuesday, 5 December 2023
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
Time 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00
Venue
Town Hall, Voortrekker St., Ceres
Particulars
Council meeting
Umbuliso ngeXesha leziYunguma
Ngokomyalelo weBhunga neSebe loLawulo, ndinqwenelela wonke ubani iKrisimesi emyoli, engcono kunye nonyaka omtsha oyokozela amathamsanqa! Yonwabela ixesha lakho leziYunguma nezihlobo nezalamane. Sithandazela uhambo oluhle nokuba nibuye nisakhuselekile. Yanga unyaka ka2023 ungangunyaka oyokozela amathamsanqa kuni nonke. Ungaqhubi ngesantya esiphezulu, ungaseli ubutywala uqhuba.Lumka xa uphakathi kwezendalo nasemanzini ngelixa laseHlotyeni. Sibongoza wonke ubani asebenzise amanzi nombane ngobunono
Qaphela ukuba ii-Ofisi zethu ziyakube zivaliwe kwelilixa leziyunguma ukusuka ngomhla wama 22 kweyoMnga 2022 ngentsimbi yoku 13:00 kwaye ziyakuphinda zivulwe ngomhla wesi 4 kweyoMqungu 2023 ngo 07:30. Amagosa oGunyaziso Mthetho neZithuthi kunye nabo basebenza kwiiNkonzo ezingundoqo bayakube bengxashile kwaye besebenza, kunye negumbi loLawulo lonxibelelwano kuMasipala liyakube livulwe iiYure ezingama 24, tsalela (023) 316-2328/9.
Ukuthuthwa kwenkunkuma kuyakwenziwa njengesiqhelo ngaphandle kwangomhla wama 25 kweyoMnga kunye nomhla woku 1 kweyoMqungu 2023.
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Albert Peres (Oom Plom)
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o. Indien
HOOFAFRIGTER
God Looked God looked around His garden, and found an empty place. He then looked down upon the earth, and saw your tired face. He put His arms around you and lifted you to rest. God’s garden must be beautiful, He always takes the best. He saw the road was getting rough, and the hills were hard to climb. So He closed your weary eyelids, and whispered “Peace be Thine”. It broke my heart to lose you but you didn’t go alone, for part of me went with you, the day God called you home.
1953/06/21 - 2020/12/13
Two years in heaven but it still feel like yesterday. Although I loved and very much still love you deeply I could not make you stay. My confidant and source of inspiration and motivation. You will always stay alive in my memories and heart. Rest easy in sleep eternal.
From your Wife
Albert Peres (Oom Plom)
1953/06/21 - 2020/12/13
Two years ago your earthly journey came to an end yet it still feel like yesterday when we had to say goodbye. We talk about you often and miss you even more. Your sense of humor is something that is missed at all our gathers. We were so blessed to call you dad. Always in our thoughts, forever in our hearts.
From Hugh-Marie, Denver, Ross and Garrath
John Albert Peres (Oom Plom)
1953/06/21 - 2020/12/13
Our dad,our hero. We are forever grateful for the footprints you left in our hearts. Gone but not forgotten. Always loved.
From Porcia, Wallace, Joshua and Ava
John Albert Peres (Oom Plom)
1953/06/21 - 2020/12/13
A greater role model we couldn’t have asked for. Thank you for the investment of an unshakable foundation we as the House of Peres, firmly still stand on. Remembering you is easy I do it everyday, missing you is the heartache that never goes away.
From Grant
SAPD geskakel word of Lt. kol. Ballack by 082-778-6810 Sy vrou Rika by 072-145-6969 of 060-673-4856 Die Donkerbos kantoor by (023) 317-0838 of (023) 317-0691
gewaar kan
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
PLANT AND PLANT AND PLANT TOOL HIRE
spelers • Goed gedissiplineerd, doelgedrewe en stiptelik • Professioneel wees Aansoeke kan ingedien word by: Vygiestraat 4, Montana, Wolseley, 6830 of per Epos by: wolseleyrugbyklub@gmail.com Sluitingsdatum: 23 Desember 2022 Skakel Patrick Delis: 076-088-6869
Witzenberg Herald wens u en u gesin die vreugde van die feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe!
Dankie vir u ondersteuning in 2022.
Witzenberg Herald wish you and your family the joy of the holiday season and a happy new year. Thank you for your continued support in 2022.
MERRY CHRISTMAS & HAPPY NEW YEAR
Geseënde 2022 Kersfees vir jou
wanneer ons dit vir mekaar toewens. Maar die woord ‘geseënd’ het ook ‘n baie dieper betekenis.
GESEËNDE Kersfees is woorde wat ons baie in hierdie dae uitspreek. Die woord geseënd word sekerlik uiteenlopend verstaan. Waarskynlik dink meeste mense hiermee aan ‘n aangename familietyd.
Ons kry prentjies in ons gedagtes van families se jaarlikse vakansie, volgepakte motors op pad na die plek van groot samesyn. Ons sien ons familie en vriende in vreugde arriveer en hoe hulle gereed maak vir Kersfees en ‘n mooi Kersboom en geskenke… en dan natuurlik die maaltyd!
Hoeveel beplanning en gereedmaak verg dit nie. Alles tot by die nagereg - in my familie van oorsprong, was dit altyd Trifle.
Geseënd beteken gelukkig en ons verstaan al hierdie lekker dinge vir ‘n vreugdevolle “Geseënde Kersfees”,
Christmas message
In die teksgedeelte hierbo lees ons in enkele verse van ‘gelukkig’ en ook ‘geseënd’. In die oorspronklike Grieks word hier twee verskillende woorde gebruik waarvan die een meer dui op ‘n bede vir geluk en tweedens nl. Makarios, op ‘n staat van goddelike geluk. Die 1953 vertaling van die Bybel vertaal die gelaaide woord met ‘salig’ (soos in die saligsprekinge).
Makarios gaan oor die geluk wat God vir sy kinders gee. Mens beleef dit wanneer Jesus in jou lewe kom en deur jou wese sy lewenskwaliteit skenk. Dan ontvang jy die Vrede wat alle verstand te bowe gaan, die dieper sin en betekenis vir hierdie lewe en sekerheid oor die Ewige Lewe. Dit mond uit in lof en aanbidding tot God en bring die sondaarmens tot by die verruklike troon van God: presies soos by Maria. Dit wat sy in haar salige, geseënde, Makario-toestand kon doen. Mag ons almal gedurende hierdie Kersfees waar daar soveel steurings is, die ongeskeurde volle betekenis van so ‘n Geseënde Kersfees beleef. ‘n Vol tafel, ‘n vol huis, maar veral ook ‘n hart vol van Jesus.
Heuningkwas of
HARDEKWAS
Francois Snyman
LOJALITEIT van kliënte is seker een van die beste en gratis hulpmiddels wat enige klein besigheid voor kan vra.
In ruil daarvoor kry die kliënt ‘n goeie produk plaaslik beskikbaar, vriendelike diens en meestal billike pryse maar dalk ‘n klein bietjie duurder as in die stad of groot dorp. Veral op die platteland is lojaliteit gewoonlik een van die steunpilare van enige klein besigheid of onderneming. Maar daardie steunpilaar word gou afgebreek wanneer pryse of dienste buite dorpsgrense verkies word bo die van jou eie dorp. Dié kopers/kliënte koop iets buite die dorp maar verwag dat die plaaslike besighede dit vir hulle moet regmaak, vervang of installeer.
Die afgelope drie jaar, twee jaar van COVID-19 en die eerste jaar van herstel daarna, het baie klein ondernemings harde bene laat kou. Meer as 95% van hulle het ook geen hulp van banke of die regering gekry nie. So voordat jy dié 2022 kersseisoen in jou motor spring en buite die dorp gaan koop, kyk eers of jy dit wat jy soek nie plaaslik kan kry nie. Jy ondersteun so besighede wat jou kind se skool of ‘n sportspan ondersteun met donasies.
Vergeet van die buitelanders se winkels - hulle betaal nie BTW of belasting nie en jou geldjies verdwyn vinnig oorsee.
I am aware that this year was a tough and challenging one for many or all of us. However, we thank God for his constant love and protection. We thank God for being with us through our painful moments and difficulties of this life.
As people of God, we are called to be alert and watchful for the manifestation of a God who is always with us. In celebrating Christmas, we are given a unique revelation of God in Jesus. Jesus is the Word made flesh, co-ming into history in a particular place and at a particular time.
It is easy to be non-vigilant.
We become numb by eating and drinking too much, by getting caught up in entertainment or pleasure and pursuing wealth and power as if they were the source of happiness.
Our challenge is to be vigilant not only at Christmas time. Rather, we are to be watchful as the Lord appears to us through the course of our ordinary lives. If we are awake, we will notice Jesus in the cry of the poor, in the stranger who has no home, in the love of a grandmother, and yes, in times of suffering and trial. Jesus’ presence is omnipresent - Jesus is everywhere revealing the love and forgiveness of God.
Though the world is in darkness we sense that the dawn is near. There is more than a light at the end of the tunnel. Jesus himself, the light of the world, will scatter the darkness of sin and death. He will set us free.
Beloved enjoy a beautiful Christmas time.
The Revd. Wilfred Maritz
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
Witzenberg Herald
Henri Ferreira wen kompetisie
CERES gholfklub het Saterdag 17 Desember ‘n enkel stableford kompetisie aangebied.
Henri Ferreira was die wenner met 38 punte. Emile Marais was in die tweede plek met 36 punte. Hy is gevolg deur Bjorn Zimri en Rodney Engelbrecht, ook met 36 punte.
Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 of bespreek op Clubmaster. Die baan is Kersdag (25 Desember) gesluit.
Sosiale-kompetisie
Die tweede naaste aan die kol kompetisie (putjie 4 se skoonveld) word weer iewers in Januarie 2023 aangebied. Koste beloop R130 per speler wat ‘n braaipak met 120g sirloin steak, tjoppie en stukkie wors insluit.
Klub gaan die vuur en hout en slaai gee en inskrywingsgeld sluit 6 x balle (kanse) in vir die naaste aan die kol kompetisie.
Ekstra balle is beskikbaar teen R25 vir 3x balle. Kompetisietyd is ‘n Vrydagmiddag vanaf 15:30 tot 17:30.
Kinders gaan ook aan ‘n setkompetisie (putting) deelneem vir R10 per rondte. Een met minste houe na al die vlaggies op oefensetperk, wen ‘n prys.
Adriaan in top 6 met beste tyd in 2022
ADRIAAN Wildschutt, bekende langasem en oud-Ceresiet, tel nou onder die top ses 10 000 meter mansatlete in Suid-Afrika wat met tye onder 28 minute spog. Adriaan se beste tyd is die tweede beste van S.A. atlete van alle tye. Net Hendrick Ramaala se tyd 27:29.94 in 1991 is nog beter. Beste tye vir 2022: Adriaan Wildschutt met 27:38.54, gevolg deur Mbuleli Mathanga met 28:22.74 en Elroy Gelant met 28:25.32.