PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG
Volume 23 no. 13
Friday, April 10, 2020
CORONAVIRU S LOCKDOWN
ONLINE
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 9 April
12° 28°
Vrydag 10 April
13° 26°
Sondag 12 April
14° 23°
9° 19°
54%
Lesing: 2020/04/08
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: (023) 316-2023
Saterdag 11 April
Ceres Koekedouw dam
Die Witzenberg Herald sal vanaf 3 - 17 April slegs digitaal beskikbaar wees. Telephone: (023) 316-2021
087 095 361 7 WWW.JPTEK.CO.ZA INFO@JPTEK.CO.ZA
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.com
Huisbrake neem toe, talle beboet tydens inperking HUISBRAAK- en diefstalklagte het die afgelope week baie toegeneem in die Witzenbergstreek. Dit terwyl landsburgers ingeperk word en byna almal by hul huise is. Op Wolseley is daar tussen 1 April om 22:00 en 2 April om 07:20, by ‘n woonhuis op die dorp ingebreek. Toe die huiseienaar by die huis aankom sien hy dat sy voordeur oopstaan. Met nadere ondersoek vind hy dat sy Samsung Curve TV ter waarde van R12 000 gesteel is. Die Wolseley polisie is hiervan verwittig en twee lede, konstabels September en
Goliath, het gou met hul ondersoek begin en inligting vanuit die gemeenskap begin opvolg. Nie lank hierna nie is die TV in ‘n veld saam met die verdagte gevind. Die 22-jarige verdagte sal op 5 Mei in die Wolseley landdroshof verskyn op klagte van huisbraak. Hy bly in aanhouding tot sy hofverskyning. Dit is nie bekend of oortredings van die Wet op Rampbestuur bygevoeg sal word nie. Op Tulbagh, Ceres en Wolseley het die polisie talle mense gearresteer en beboet vir oortredings wat verband hou met die Wet op Rampbestuur.
Die nasionale inperking plaas baie druk op die polisie om regulasies toe te pas wat byna daagliks verander. Volgens Ceres SAPD gee die meeste mense gehoor aan die noodmaatreëls. Daar is steeds ‘n groot aantal inwoners van Nduli, Bella Vista en Pinevalley op Wolseley, wat hulle nie aan dié maatreëls steur nie. Die nasionale minister van vervoer, het minibus operateurs verlede week ‘n vergunning gegee om bejaardes rond te ry vir SASSA-uitbetalings. Baie het Maandag, toe daar na verlede week se regulasies teruggekeer moes word, dit verontagsaam.
Voertuie en minibusse mag net 50% en 70% van hulle passasiersgetal vervoer. Minibusse kan net tussen 05:00 en 09:00 en 16:00 en 20:00 mense vervoer. Tans moet die polisie bontstaan oor permitaansoeke om begrafnisse, veral in ander provinsies, by te woon. Twee jong verdagtes het Sondagaand 5 April net voor 24:00 ‘n drankwinkel in Bella Vista met ‘n petrolbom gegooi. Sover vasgestel kan word is geen klag by die Ceres polisie aanhangig gemaak nie. Die polisie stel egter voor dat eienaars van drankwinkels hul sekuriteit moet verbeter of die drank na ander persele verskuif.
MUNISIPALE werkers is Sondagoggend 5 April besig om Ceres se strate in die sentrale sakekern te ontsmet. Munisipaliteite probeer met die ontsmettingsproses keer dat die virus in hul dorp of streek toeslaan of versprei. Besighede help ook deur hul persele en winkels te ontsmet. In die Witzenbergstreek is nog geen positiewe geval van die COVID-19 virus aangemeld nie. In Kaapstad is 389 gevalle aangemeld en buite Kaapstad is dit Mosselbaai, George, Knysna en Stellenbosch met die meeste gevalle.
Pa (46) kry lewenslank
‘n MAN (46) van Pinevalley buite Wolseley, wat vir jare sy dogter verkrag en sy ander kinders met ‘n vuurwapen gedreig het, moet nou lewenslank agter tralies bly. Die pa is op 18 Maart in die Kaapstad Hooggeregshof lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van sy 12-jarige dogter. Volgens hofstukke was die man HIV positief en die slagoffer net 12 toe die saak by die polisie in 2019 aangemeld is. Uit die meisie se getuienis blyk dit dat hy haar verkrag het vandat sy ses jaar oud was. Hy het ook sy ander kinders van onderskeidelik 10 en 9 jaar oud, met ‘n vuurwapen gedreig en met ‘n sambok geslaan. Hy het ook tereggestaan op klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer, rig van vuurwapen en kindermishandeling. Hiervoor is hy ‘n verdere 18 jaar gevangenisstraf opgelê.
Ceres
Bly by die huis. Ons sal jou bestellings aflewer.