Witzenberg Herald - Vol.23 no.14 (Online no.3)

Page 1

Volume 23 no. 14

Friday, April 17, 2020

ONLINE

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 April

8° 23°

Vrydag 17 April

10° 25°

Saterdag 18 April

PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG

Sondag 19 April

14° 31°

10° 29°

Ceres Koekedouw dam

53.2%

Lesing: 2020/04/15

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Telephone: (023) 316-2021

Fax: (023) 316-2023

087 095 361 7 WWW.JPTEK.CO.ZA INFO@JPTEK.CO.ZA

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.com

Eerste geval aangemeld NA meer as twee weke van inperking, is die eerste positiewe COVID-19 geval in die Witzenbergstreek aangemeld. Dit is Dinsdag uit talle bronne bevestig maar eers later die dag amptelik deur die Wes-Kaap departement van gesondheid bevestig. “ Die Wes-Kaap premier het in sy aankondiging oor die jongste gevalle die eerste positiewe geval van COVID-19 in die Witzenbergstreek gemeld. Daar is 30 bevestigde gevalle van mense wat positief getoets het vir Covid-19 in die Kaapse Wynlandstreek. Dié is ‘n geval wat in ‘n vorige kennisgewing onder die Bitou-omgewing gelys was, maar nou oorgedra is na die Witzenbergstreek toe die persoon se adres opgedateer is”. Die vroulike pasiënt is werksaam by CFG. Sy is tans in die hospitaal in isolasie waar sy gemonitor word. Mense wat saam met haar op die erf woon moet in selfisolasie bly. Die ander wat nie kan selfisoleer nie, gaan in Dennebos in isolasie bly. Die persone wat met haar in kontak was,

sal getoets word as hulle simptome toon. Die vermoede bestaan dat die vrou ‘n week gelede ‘n begrafnis in Khayelitsha bygewoon het en moontlik dit daar opgedoen het. Khayelitsha het tans 19 amptelike gevalle. Die Dennebosoord is paar weke gelede geoormerk om isolasiegevalle van Covid-19 te hanteer. Elke munisipaliteit moes ‘n isolasieplek identifiseer en daarom is Dennebos gekies. Die oord is naby Ceres provinsiale hospitaal. CFG is eers Dinsdagoggend van die werker se toestand verwittig waarna die departement van gesondheid alle personeel aan siftingstoetse onderwerp het. Statistieke Suid-Afrika het tans 2506 positiewe gevalle, meer as 410 het herstel en 34 mense het sedert 1 Maart gesterf. In die Wes-Kaap is daar 657 gevalle waarvan 184 herstel het en 35 nog behandel word. Meer as 2 miljoen mense in die wêreld het die virus onderlede. Amerika, Spanjé en Frankryk se daaglikse gevalle is byna soveel as Suid Afrika se totaal sedert 1 Maart. Positief toets

“Wanneer iemand positief toets vir COVID19 of in kontak was met iemand wat positief getoets het, kan die persoon tuis of in ‘n gesondheidsfasiliteit afgesonder word. Tydens sifting (screening) vra gesondheidswerkers vrae aan individue oor hul gesondheid om te bepaal of dit nodig is vir die persoon om getoets te word vir COVID-19. Wanneer iemand getoets word, word monsters geneem van die vloeistof agter in sy/haar neus en keel. Dit is ‘n veilige prosedure”. Sodra sifting en toetsing in spesifieke gemeenskappe in die Witzenberg begin, sal ‘n kennisgewing uitgereik word sodat inwoners op die uitkyk kan wees vir gesondheidwerkers wat in hul straat beweeg. “Ons vra dat Witzenbergers steeds gehoor gee aan die nasionale inperking maatreëls om die verspreiding van COVID-19 te stuit. Ons vra ook die gemeenskap om nie te spekuleer oor positiewe gevalle nie en pasiëntvertroulikheid te respekteer. Volg die vyf goue reëls: Was jou hande gereeld en vir minstens 20 sekondes met seep en water Moenie aan jou gesig raak voordat jy jou ●

hande gewas het nie Hoes of nies in jou elmboog of in ‘n sneesdoekie. Gooi dadelik die sneesdoekie weg. Hou ’n afstand van ten minste 1,5 meter van ander mense Bly by jou huis As jy siek voel As jy siek voel, skakel 0800-029-999 of (021) 928-4102 of stuur ‘n WhatsApp na 0600-123-456. *Inwoners word daaraan herinner om nie COVID-19 verwante boodskappe en stemposse soos tans in dié geval die rondte gedoen het, te versprei nie. Jy kan onder die noodrampbestuur wetgewing aangekla word. Maak seker dat die inligting wat jy aanstuur na ander, inligting is wat verkry is by www.westerncape.gov.za/coronavirus of op Facebook by @WCGHealth. Sulke onbevestigde aanmeldings saai onnodige paniek en kommer. ●

Die berig sal later aangepas word sodra amptelike syfers verander.

Bejaarde aangeval en beroof ‘n BEJAARDE inwoner van Ceres is verlede week tydens ‘n inbraak in sy huis oorval, erg aangerand en met drade vasgebind. Volgens die polisie is André Guy Briscot (84) verlede Woensdagoggend deur ‘n buurvrou in sy huis aangetref waar hy hulpeloos gelê het. Sy hande was met draad vasgebind en hy was erg aangerand. Briscot se hondjie het omstreeks 06:30 erg begin blaf waarna hy gaan ondersoek instel het. ‘n Inbreker het Briscot oorval en hom verskeie kere met ‘n pistool oor die kop geslaan. Sy polse is vasgebind en hy is ook met ‘n mes gedreig voordat hy in die gang afgesleep is. Die verdagte het geld geëis waarna Briscot vir hom R15 000 gegee het. Die inbreker het daarna die geld en vuurwapen gevat en op die vlug geslaan. Briscot het hom probeer loswikkel maar kon dit nie regkry nie en het later gekruip om ‘n paniekknoppie te druk. Hy was egter te swak om die knoppie te druk. ‘n Buurvrou gaan loer elke dag in om te hoor hoe dit met hom gaan. Dié betrokke oggend het sy weer gaan inloer,

toe tref sy hom in ‘n beseerde toestand in die huis aan. Sy het haar seun gaan roep wat die oom se hande losgemaak het. Hy het egter geweier om hospitaal toe te gaan vir behandeling en is later deur ‘n hospitaalsuster in die huis behandel waar sy sy wonde skoongemaak en verbind het. Hy herstel nou goed by die huis. Inligting en beloning Die polisie volg tans inligting op maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Indien iemand oor enige verdere inligting beskik of weet wie die inbreker is, kan hulle s/ sers. Hamman skakel by (023) 316-8500. ‘n Beloning word uitgeloof. Drie gearresteer Drie winkeleienaars op Wolseley is Maandag 13 April gearresteer nadat hulle nie-noodsaaklik goedere verkoop het. Hulle het ook sigarette aan die gemeenskap verkoop. Die polisie het beslag gelê op die sigarette. Die mans moet op 14 Julie in die Wolseley landdroshof verskyn.

ANDRÉ Guy Briscot (84).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald - Vol.23 no.14 (Online no.3) by Witzenberg Herald - Issuu