Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
Volume 23 no. 15
Friday, April 24, 2020
ONLINE
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 23 April
13° 24°
Vrydag 24 April
12° 24°
Saterdag 25 April
14° 26°
Sondag 26
April 13° 26°
Ceres Koekedouw dam
52.2%
Lesing: 2020/04/22
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Telephone: (023) 316-2021
Fax: (023) 316-2023
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.com
Geen permit
Raadslid steur hom nie aan rampmaatreëls
‘n RAADSLID van die Witzenberg munisipaliteit wat agt seisoenwerkers na ‘n dorp in die Noord-Kaap vervoer het, is nou in erge moeilikheid nadat hy inperkerkingmaatreëls en rampbestuurwetgewing oortree het. Petrus Herandien, raadslid van Witzenberg en ‘n arbeidsmakelaar en pastoor van die streek, het sonder die nodige permitte probeer om dié werkers wat oorspronklik van Calvinia en Fraserburg se omgewing is, na Calvinia te neem. Hulle was sedert Januariemaand werksaam in die Witzenbergstreek. Herandien is eers deur Citrusdal polisie aangesê om terug te draai waarna die groep na Calvinia is. Die polisie het hulle ook op Calvinia voorgekeer en terug oor die WesKaap grens begelei. Herandien het egter ‘n
ent verder met die werkers omgedraai en na Vanrhynsdorp gery. Daar het hy die ses mans en twee vroue in die straat afgelaai en elkeen blykbaar net R100 gegee. Billy Claasen, direkteur van die Organisasie vir Landelike en Plaaswerker Ontwikkeling, se hulp is ontbied. Hy het met die hulp van die polisie en amptenare van die Matzikama munisipaliteit, die werkers na Vredendal geneem waar hulle vir die Covid-19 virus getoets is en na plek van veiligheid gebring is. Claasen het Woensdag 22 April op sy Facebook-blad bevestig dat die plaaslike owerhede van Noord-Kaap en Wes-Kaap goed saamgewerk het. Die agt mense is nou op Calvinia en Fraserburg by hul huise. Hulle is Dinsdagaand huistoe geneem.
Claasen het ook al die rolspelers bedank vir hul hulp. Polisie klagte en ondersoek Claasen het Maandag 20 April ‘n klag by die Vanrhynsdorp polisie ingedien ingevolge oortreding van die rampbestuurwet. Die Witzenberg munisipaliteit kan nog nie kommentaar oor die voorval lewer nie. Die speaker is opdrag gegee om verklarings te bekom waarna ‘n komitee van die munisipaliteit met ‘n ondersoek teen hom gaan begin. Die bevinding sal later aan die munisipale raad en aan die minister oorhandig word vir optrede. Icosa het gesê hulle gaan Herandien eers ‘n kans gee om sy kant te stel. Na gelang wat Herandien sê en wat die polisieondersoek en raadsondersoek bevind, sal hulle optree.
PETRUS Herandien, ICOSA raadslid van Witzenberg munisipaliteit.
Netcare Ceres tydelik gesluit na twee werkers positief toets NETCARE Ceres is Dinsdag tydelik gesluit nadat twee personeellede positief vir COVID-19 getoets het. Die hospitaal neem nou geen pasiënte in nie en die noodafdeling is as voorsorgmaatreël gesluit. Volgens Craig Murphy, streekdirekteur van Netcare hospitaalgroep, het ‘n personeellid wat verlede week aandskof gewerk het, die hospitaal in kennis gestel dat sy met iemand in aanraking was wat die virus onderlede het. Sy is in isolasie geplaas en vir die virus getoets. Verlede Vrydag is haar positiewe uitslag ontvang. Nog twee personeellede wat aandskof gewerk het, is as voorsorgmaatreël huistoe gestuur. Een personeellid se uitslag was positief. Later is nog drie personeellede huistoe gestuur wat verlede Donderdag dagskof gewerk het. Almal moet vir 14 dae in isolasie bly. Die hospitaal is intussen heeltemal ontsmet. Daar is tans geen pasiënt in Netcare Ceres en die noodafdeling sal so gou moontlik heropen.
PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG
087 095 361 7
info@jptek.co.za www.jptek.africa
‘n VRAGMOTOR wat vrugtemoes (pulp) vervoer, het verlede Vrydag na 16:00 in die treinspoordraai in Michellspas omgeslaan en sy vrag verloor. Die bestuurder is nie beseer nie. ‘n Deel van die bergpas was gesluit terwyl die vrugtemoes opgeruim en verwyder is. * Weens die nasionale inperking was dit die naweek baie stil op die plaaslike misdaadfront. Slegs sewe sake is op Ceres aangemeld. Van die sake wat ondersoek word sluit in ‘n dronkbestuursaak, aanrandings en bedrogsaak. FOTO: Keith Slamet
LOCKDOWN OPERATIONAL NOTICE We are a registered essential service and are still performing maintenance services. 087 095 361 7 info@jptek.co.za www.jptek.africa
2
WITZENBERG HERALD
Strenger optredes nodig DIE afgelope weke het talle inwoners hulle opinies op die Witzenberg Herald se Facebook-blad gelug oor die dorp wat baie besig is tydens die nasionale inperking. Dit lyk party dae of daar geen inperking heers nie en mense, veral die noodsaaklike werkers, se lewens word onnodig in gevaar gestel met die optredes. Die meeste het gevoel dat inwoners nie wil luister nie en dat daar strenger teen hulle opgetree moet word. Die ander het gevoel dat noodwerkers en personeel wat noodsaaklike dienste lewer, nie in die lang rye moet staan nie en net hulle permit moet wys om vinniger toegelaat te word.
To all interested and Friends of Chain
Friday, April 24, 2020
‘n Oproep om aksie JACOB Rooi skryf: ORAL in Suid-Afrika word daar tans inisiatiewe geloods vir die vestiging van aksie-netwerke om die maatskaplike impak van die Covid-19 -pandemie teen te werk. Benewens die vrees vir die virus, is daar die werklike behoefte aan kos vir mense van wie duisende wonder waar die volgende ete vir hul en hul kinders vandaan sal kom. Die spaarvarkie is in baie gevalle reeds oopgebreek en plek-plek in die land het die hongerte van mense al tot oproerigheid gelei. Voorts lê die wintermaande voor waartydens die nood verder gaan styg. Daarby kruip die virus al nader terwyl ons aanskou hoe slagoffers wêreldwyd sonder hul naastes begrawe word. Die vraag is dus: Wat kan meer vermoënde Witzenbergers doen om in hierdie groot
onseker tye die mindergegoede naaste se las te help dra? Dalk met ‘n R10, R20, R50 of R100-donasie vir die volgende drie maande? Een donateur het reeds beloof om R1000 (x3) te skenk. Deponeer donasie Inwoners kan geld deponeer in ‘n fonds wat nie-polities gedrewe, geloofwaardig en korrupsievry is en bestuur word deur mense wat reeds gewys het hulle gee om vir studente van Witzenberg: Die Witzenberg Matriekfonds wat al ‘n paar jaar bestaan. Dus, ‘n geloofwaardige, geregistreerde niewinsbejag-organisasie (Registrasie nr. 167- 853 NPO). Die voorsitter is Sarel Brown, senior onderwysspesialis by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Hoofde van die agt hoërskole dien op die bestuur. Ons beplan om weekliks verslag te doen van hoe ons met die fonds vorder. U kan ‘n skuilnaam of u eie naam (voorletter en van) as verwysing gebruik. So weet elkeen of u
bydrae die fonds bereik het. Begin u verwysing met WSF (vir Witzenberg Saamstaan Fonds). BANKBESONDERHEDE: FNB Tjek rek: WITZENBERG MATRIC FUND, no. 62590819565 en takkode: 20-01-07 Aktiviste en ander wat op grondvlak wil help, kan aansoek doen vir fondse om sopkombuise te begin of kospakkies op te maak. Insette hieroor word verwelkom. Soos die fonds vorder, sal inligting bekend gemaak word van hoe en waar aansoek gedoen kan word. *Ander opsies vir hulpbehoewendes is om intussen die provinsie se departement maatskaplike ontwikkeling te nader: 0800220-250 vir voedselpakkies; 0860-142-142 vir oproepe tussen 07:00 en 16:00 (Maandag tot Vrydag) of stuur ‘n Please Call Me na 079-769-1207 of e-pos te stuur na: service@westerncape.gov.za ** Die inligting word net aangestuur - daar is dus geen waarborg dat dit effektief is of werk nie.
Chain Boland, the Animal Welfare Organization in the Witzenberg area will hold its annual general meeting on
Wednesday 22 April 2020
Further details will follow later. Chain Boland intends to make a number of changes to the current constitution. We cordially invite you to read the proposed changes via the document on our website. Please use the following link: http:// Dear friends of Chain chainboland.co.za/wp-content/uploads/ Due to the current situation 2020/02/Constitution-Chain-2020.pdf wechanges have decided to In short the are as follows: 2.1.1 Adding Op-die-Berg the Witzenberg postpone ourtoAGM towns as this was not mentioned; to a later moment. 2.1.3 Attempt to provide Free or Subsidised Please stay andinto AtSterilization etc. issafe changed tempt to provide Subsidised in case you need a Sterilization. Reason for this is that a donation companion for those lock towards vet costs is always asked; 3.5 down The required text has been added retimes (and after that) garding our PBO status which we do not hesitate reached at the 15th of November 2018; to contact us. is changed 4. Membership programme in “Friends of Chain” programme; Looking forward to 5.1 The management committee will be see you made up of notall lesssoon! than seven (7) will be changed to five (5). Reason for this is to always make sure we can obey to this rule in the constitution as getting volunteers on the committee stays a challenge; 5.4 As point 5.1 will be changed to five (5) the number of committee members present at a meeting and allowed to make decisions will be lowered to three (3); 9.3 As with the modern technology banking is not done via a withdrawal or cheque we plan to modernize this text into: all payments are done via online banking. Notification of any payment is received by the Chair AND ViceChair. The Treasurer has access to the banking account for control purposes and a final check is done via Sage and our Accountant. During our annual general meeting, a vote will take place for approval, whereby at least 51% of those present must give their approval. We look forward to see you at our Annual General Meeting in April. Elise van Holten (Chair person.)
D E N O P POST
PAAR van die Ceres EMS personeel en hospitaalpersoneel met hul maskers op. VLNR: Gert Prins, Etna Watson, Alby Abrahams, Trevor Felix, Johan van Wyk (IT afdeling) en Buntu Gcora.
Wat doen Witzenbergers tydens die inperking? DUNCAN Davids.
DEMETRIUS van Rooyen, trail runner van Bella Vista. Die foto is Vrydag 11 April geneem pas nadat hy 42km in sy erf gehardloop het. Volgens Demetrius moes hy ongeveer 1 006 keer om die huis hardloop en dit het 7 lang ure geneem.
HENRY Brown van Ceres hou hom besig deur ‘n roetine te volg. “Ek werk tot middagete in die tuin en doen instandhouding - elke dag iets anders. Gedurende die eerste week van inperking het ek die Stanley Ecco Chip en Putt-baan ontwerp. Na middagete en ‘n slapie speel ek ‘n rondte gholf op Stanley Ecco landgoed - elke dag ‘n ander formaat. Die vierbal bestaan uit Taylormade Wit, Srixon Pink, Pinnacle Geel en Wilson Oranje. Aan alle Witzenbergers - Kom ons eerbiedig die maatreëls, want saam kan ons Covid-19 verslaan”.
CHRISTELLE Munnik en Sanita Rabe van Ceres. “Behalwe dat dit ‘n moeilike tydperk vir almal is, maak ons as gesin die beste daarvan. Ons bak en brou en leer om nuwe disse te maak. Die dierekinders kry ekstra aandag en die huis word mooigemaak. Ons het soveel tyd om saam die Here te loof en prys. Lawwe speletjies tot laat in die aand te speel met ‘n beker koffie en ‘n stuk tert. Sterkte aan almal en hou aan bid”.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, April 24, 2020
Vierde digitale uitgawe VANDAG se uitgawe is die vierde in digitale formaat en word so uitgegee weens die nasionale inperking na die uitbreek van die Covid-19 virus. Dit is die eerste keer in 23 jaar dat die Witzenberg Herald nie in gedrukte formaat op kafees en supermarkte se winkelrakke beskikbaar is nie. ‘n Skakel word op Witzenberg Herald se Facebook-blad geplaas waar lesers die volgende paar weke van inperking, die koerant gratis kan lees. Lesers kan ook die Issuu toep (app) by Google Play aflaai om dit op foon te lees. Die inperking het reeds ‘n geweldige impak op plaaslike besighede. Sakelui vra inwoners om gehoor te gee aan die maatreëls.
COVID-19 gevalle neem toe in streek
CORDRE Smith van Matroosberg het Dinsdagoggend 21 April die foto op die plaas geneem.
RDL. Barnito Klaasen, het Dinsdag ‘n kort verklaring rakende COVID-19 se impak op die Witzenbergstreek uitgereik. Ek wil van die geleentheid gebruik maak om terugvoering aan die publiek te gee. Die erge graad van die virus het nasionaal en internasionaal oorgeneem. Ons as gemeenskap moet die kurwe plat maak en keer dat die virus verder versprei. Positiewe gevalle Ongelukkig is daar talle positiewe gevalle binne die Witzenbergstreek aangemeld. Die virus is hoofsaaklik in Tulbagh, Nduli en by die Warmbokveld gevangenis op Ceres. Al die gevalle asook dié wat in aanraking met die persone gekom het, is in isolasie of word gemonitor. Volg die 5 goue reëls van die departement van gesondheid, behou jou afstand van ander en wees veilig en bly by die huis. Sodoende kan ons die virus stop. Ek weet as ons as gemeenskap saamwerk kan ons die onmoontlike, moontlik maak. Saam kan ons die virus stop.
RDL. Barnito Klaasen.
Positiewe gevalle styg skerp, drie sterf NA meer as drie weke van inperking, was daar teen Woensdag reeds 35 positiewe COVID-19 gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Die syfer het in agt dae van een geval na 35 gevalle geklim. Netcare Ceres hospitaal is Dinsdag tydelik gesluit na twee personeellede positief vir die virus getoets het (lees berig elders). Die Witzenbergstreek het die meeste (byna helfte) positiewe gevalle in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. Meer as 15 van die gevalle is personeel by Warmbokveld korrektiewe dienste op Ceres. Suid-Afrika het tans 3 465 positiewe gevalle, 1 055 het al herstel en 58 mense het sedert 1 Maart gesterf. Drie van die sterftes was moontlik in die Witzenbergstreek maar talle navrae hieroor aan provinsiale departement van gesondheid, kon dit steeds nie bevestig nie. Die syfer word net vir Wes-Kaap aangegee (22 sterftes) met geen spesifieke area - een van die redes hiervoor is weens pasiënt-vertroulikheid. Twee van die sterftes is vermoedelik uit die Tulbagh-omgewing afkomstig en een is ‘n Nduli inwoner wat in ‘n ander munisipalearea gesterf het. Vyf persone is die afgelope 24-uur in die Wes-Kaap oorlede. Drie mans van 43, 49 en 79 en twee vroue van 54 en 95. Boodskap In ‘n kort verklaring (sien elders op bladsy), het die burgemeester rdl. Barnito Klaasen gesê daar is talle positiewe gevalle binne die Witzenbergstreek aangemeld. “Die virus is hoofsaaklik in Tulbagh, Nduli en by die Warmbokveld gevangenis op Ceres aangeteken. Al die gevalle asook dié wat in aanraking met die persone gekom het, is in isolasie of word gemonitor”. Mediakonferensie Die Wes-Kaap premier Alan Winde en dr. Keith Cloete (hoof van Wes-Kaap gesondheids departement), het Dinsdag tydens ‘n mediakonferensie nog inligting bekend gemaak. Van die belangrikste inligting sluit in dat die verwagting is dat nagenoeg 80 000 mense in die Wes-Kaap die virus gaan opdoen maar dat 90% by die huis sal herstel. Die inperking help om die virus te vertraag
maar kan dit nie verhoed nie. Net 8.4% van die positiewe gevalle is tans in die hospitaal, 101 mense is in isolasie en 440 gevalle is in kwarantyn. Van die wat tans positief getoets het is: 4% is tussen 0 en 19 jaar oud 44% is tussen 20 en 39 jaar oud 38% is tussen 40 en 59 jaar oud 13% is tussen 60 en 79 jaar oud 1% is bo 80% Van die wat aan die virus gesterf het is: 56% is tussen 40 en 59 jaar oud 25% is tussen 60 en 79 jaar oud 19% is bo 80 jaar oud 70% van al die sterftes het onderliggende of ander mediese probleme gehad ● ● ● ● ●
● ● ● ●
getoets word indien hulle simptome toon. Die vermoede bestaan dat dié vrou onlangs ‘n begrafnis in Khayelitsha bygewoon het en moontlik dit daar opgedoen het. Khayelitsha het tans 67 amptelike gevalle. Nuutste inligting Teen Dinsdag 21 April was daar volgens die departement van gesondheid 35 positiewe gevalle van die COVID-19 virus in die Witzenbergstreek aangemeld. Dinsdag het die nasionale regering die 58 sterftes in die land bekend gemaak. Wes-Kaap het nou 1 068 positiewe gevalle met 19 pasiënte wat in die waakeenheid behandel word en 229 wat herstel het. Daar is nou 78 bevestigde gevalle van
partement van gesondheid alle personeel aan siftingstoetse onderwerp het. Volgens die maatskappy was die vrou nie by hulle in diens toe die virus by haar gediagnoseer is nie en was sy op 7 April - ‘n week voor die diagnose - laas by die werk. CFG het reeds voor dié diagnose streng maatreëls by hul maatskappy ingestel en alle werknemers se tempratuur word gereeld gemeet, riglyne van die departement van gesondheid word gevolg en ‘n bewusmakingsprogram is begin en ekstra higiënse maatreëls is ingestel. Positief toets - wat gebeur “Wanneer iemand positief toets vir COVID19 of in kontak was met iemand wat positief getoets het, kan die persoon tuis of in ‘n gesondheidsfasiliteit afgesonder word. Tydens sifting (screening) vra gesondheidswerkers vrae aan individue oor hul gesondheid om te bepaal of dit nodig is vir die persoon om getoets te word vir COVID-19. Wanneer iemand getoets word, word monsters geneem van die vloeistof agter in sy/ haar neus en keel. Dit is ‘n veilige prosedure”. Bly by die huis en volg die vyf goue reëls: Was jou hande gereeld en vir minstens 20 sekondes met seep en water Moenie aan jou gesig raak voordat jy jou hande gewas het nie Hoes of nies in jou elmboog of in ‘n sneesdoekie. Gooi dadelik die sneesdoekie weg. Hou ’n afstand van ten minste 1,5 meter van ander mense Bly by jou huis. As jy siek voel, skakel 0800-029-999, (021) 928-4102 of stuur ‘n WhatsApp na 0600-123456. *Inwoners word weer daaraan herinner om nie COVID-19 verwante boodskappe en stemposse te versprei nie. Jy kan onder die noodrampbestuur wetgewing aangekla word. ** Amptelike Wes-Kaap syfers bevestig tot 21 April om 17:00. ●
●
●
●
●
Eerste geval Die eerste geval, ‘n vroulike pasiënt wat ‘n kort tydjie as seisoenale werker werksaam was by CFG, is die vorige naweek opgeneem in die hospitaal en haar werkgewer is eers verlede Dinsdag hiervan in kennis gestel. Sy is steeds in die Ceres provinsiale hospitaal in isolasie waar haar toestand gemonitor word. Mense wat saam met haar op die erf woon moet in selfisolasie bly of in Dennebos in isolasie bly. Persone wat met haar in kontak was, sal
mense wat positief getoets het vir Covid-19 in die Kaapse Wynlandstreek. Plek van isolasie Die Dennebosoord is paar weke gelede geoormerk om isolasiegevalle van Covid-19 te hanteer. Elke munisipaliteit moes ‘n isolasieplek identifiseer en daarom is Dennebos gekies. Die oord is naby Ceres provinsiale hospitaal. Siftingstoetse CFG is verlede Dinsdagoggend van die werker se toestand verwittig waarna die de-
Die berig word deurentyd aangepas as amptelike syfers verander.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, April 24, 2020
Pick n Pay helps customers send digital grocery vouchers SOUTH Africans are being asked to social distance as the country fights the spread of Covid-19, but that doesn’t mean we can’t continue to care for those around us, or even celebrate special occasions. As the country enters its extended lockdown period, Pick n Pay has launched digital grocery vouchers - a safe and easy way to make sure someone you care for has access to essential items. Available through Webtickets or at any Pick n Pay Money counter, this new offering will provide a convenient way to purchase and send digital grocery vouchers. Vouchers will be available from R50 up to R1 000 and once purchased, customers can simply send the digital grocery voucher to anyone via SMS or email. The digital grocery vouchers can be used in any Pick n Pay store.
GEMEENSKAPKEURING en -toetsing vir COVID-19 - wat vroeër in ander dele van die Wes-Kaap begin het - het Maandag 20 April in Nduli woonbuurt plaasgevind. Dit is nie bekend wanneer Bella Vista aan die beurt kom nie maar die departement van gesondheid sal inwoners vroegtydig laat weet. * Gesondheidswerkers het vir inwoners ‘n paar basiese vrae oor hul gesondheid gevra en indien nodig, is individue getoets vir COVID-19.
Nduli en Tulbagh inwoners word getoets
GEMEENSKAPKEURING en -toetsing vir COVID-19 - wat vroeër in ander dele van die Wes-Kaap begin het - het Dinsdag 21 April op Tulbagh plaasgevind. Gesondheidswerkers het vir inwoners ‘n paar basiese vrae oor hul gesondheid gevra en indien nodig, is individue getoets vir COVID-19. Die departement van gesondheid vra dat die gemeenskap die gesondheidswerkers sal toelaat om met hulle te gesels. Gesondheidswerkers sal uitgeken word aan hul ID-kentekens en hul kleredrag. FOTO: Peter Luitjies
Climate Change Challenge EARTH Day is celebrated on 22 April to highlight environmental issues that are of greatest concern. This year’s theme is “Climate Action” and to celebrate, CapeNature will be hosting an online Climate Change Challenge and invite the public to participate in this meaningful, but also fun event during lockdown between 22 and 30 April 2020. “ Our current situation reminds us that if we don’t demand change to transform the Earth and mitigate our climate crisis, extreme weather events and pandemics will become the new normal. Change will only happen if we change our behaviour and stand up against actions that are causing climate change. Everyone can contribute to beating climate change by living more sustainably”. Families and individuals are invited to take a photo, short video or make a poster showing how they are saving the planet from climate change during lockdown. As an added incentive for creativity, CapeNature will be awarding a prize for the best sustainable hero’s post and best kid’s creative poster, each to the value of R 1000. We only have one Earth, we urge the public to make a meaningful change and join the CapeNature Climate Change Challenge. To participate and for more detailed information, visit the CapeNature Facebook page at www.facebook.com/ CapeNature1 and look out for the competition and challenge announcement. * Clinton Windvogel and children making their pledge.
Geniet ‘n Kaasfees by jou huis MET kaas kan geen dag - of selfs dae van inperking - ooit te blou wees nie! Daarom nooi die Suid-Afrikaanse Kaasfees alle feesvriende om hierdie komende naweek van Saterdag 25 tot Maandag 27 April, ‘n gratis virtuele #homebound #SACheeseFest op hul Facebook-blad @SACheeseFestival te geniet. Op die daaglikse program van 10:00 tot 18:00 is daar kompetisies, demonstrasies (11:00) én tuiskonserte (16:00) met bekende kunstenaars soos Sunset Sweatshop, Danie du Toit van Spoegwolf, en Jimm Harisson Project.Gaste kan Saterdag ondermeer uitsien na ‘n pas-en-proe van Chenin Blanc en kaas deur Alvi en Junel van der Merwe van Alvi’s Drift terwyl kaasliefhebbers Sondag kan deelneem aan ‘n #cheeseboard #challenge saam met die bekende glanssjefs Jenny Morris en Pete Goffe-Wood. * Vir meer inligting, besoek www. facebook.com/sacheesefestival.