Witzenberg Herald Vol.23 no.16 (online no. 5)

Page 1

1L OF FUEL = 15C INSTANT CASH REWARDS

Volume 23 no. 16

Friday, May 1, 2020

ONLINE

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 30 April

10° 27°

Bl. 3

Vrydag 1 Mei

11° 27°

Saterdag 2 Mei

12° 26°

8° 20°

Ceres Koekedouw dam

51.2%

Lesing: 2020/04/29

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Telephone: (023) 316-2021

Fax: (023) 316-2023

Editor: 082-468-2649

LOCKDOWN TRADING

Sondag 3 Mei

nuus@witzenbergherald.com

49 Lyell Street, Ceres ☎ (023) 312-3578

OPEN FOR ESSENTIAL SERVICES ONL Y ONLY please call for assistance www.witzenbergherald.com

Julie in landdroshof

Bewaarder vas na hy kwarantyn-maatreëls oortree ‘n BEWAARDER van Ceres is ver- die dorp gejaag. Hy is later in Voortrekkerlede week gearresteer na hy ramp- straat naby die skoolkoshuis en die bebestuur noodmaatreëls oortree het. graafplaas voorgekeer. Johan Jones (50), ‘n bewaarder by die Warm Bokveld korrektiewe dienste buite Ceres, is Dinsdag 23 April gearresteer na hy na bewering na polisielede, korrektiewebeamptes en die verkeersbeamptes gespoeg het. Die voorval het tussen 10:30 en 11:30 plaasgevind nadat hy vroeër geweier het om kwarantynvereistes na te kom. Polisie- en verkeerslede was besig met ‘n roetine rampbestuur padblokkade toe hulle ingelig is dat dié bewaarder kwaratynmaatreëls verbreek. Hy moes op die Korrektiewe dienste perseel bly maar het dit geignoreer en dorp toe gery om winkels toe te gaan. Jones se Toyota Corrolla is opgemerk waarna verkeersbeamptes, die polisie en lede van EST (korretiewe dienste se taakmag) hom agterna gesit het op die Eselfonteinpad. Hy het later ‘n U-draai gemaak en deur

Na ‘n onderonsie het ‘n worsteling skynbaar plaasgevind waar hy na van die uniformlede gespoeg het. Hy is in hegtenis geneem en by die polisiestasie aangekla van verset teen arrestasie en die nie-nakoming van rampbestuur noodmaatreëls. Klagtes van aanranding kan ook later bygevoeg word sodra persone wat raak gespoeg is, klagtes gaan lê. Hofverskyning Jones is op waarskuwing vrygelaat en sal eers op 28 Julie in die Ceres landdroshof verskyn. Kwarantyn Dit is nie bekend of Jones vir COVID-19 getoets is nie en wat sy uitslag was nie. Talle navrae hieroor aan die nasionale minister sowel as provinsiale kommissaris was na dae steeds onbeantwoord.

JOHAN Jones (50) het verlede week na bewering vir die polisie en verkeersbeamptes weggejaag.

Kospakkies word uitgedeel DIE gemeenskap van Ethiopië (huiswinkeltjies op Tulbagh), die Ethiopiese kerk in Bellville, Somalië, Bangladesh, Indië (Pop Inn), China, private donateurs, grondeienaars en Rica, het 28 April verligting vir behoeftige gesinne gebring op Tulbagh. Almal het kragte saamgesnoer om die 350 koshampers wat ook brood en aartappels ingesluit het, uit te deel. Die koshampers is afgelaai by wonings terwyl die plaaslike polisie ‘n ogie oor alles gehou het. FOTO: Peter Luitjies

PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG

087 095 361 7

info@jptek.co.za www.jptek.africa

LOCKDOWN OPERATIONAL NOTICE We are a registered essential service and are still performing maintenance services. 087 095 361 7 info@jptek.co.za www.jptek.africa


2

WITZENBERG HERALD

Friday, May 1, 2020

Moedergemeente lui kerkklok

DIE gelui van kerkklokke op ‘n Sondag het die afgelope weke stilgeraak en dit is vir baie mense ‘n groot vermissing! Kerkklokke is vir eeue gebruik om lidmate te herinner aan eredienste en is vir baie sinoniem met die atmosfeer wat op ‘n Sondag ingelui word. Die afgelope Sondae van die inperkingstyd, is die kerkklokke nie gelui nie om daarmee erkenning te gee dat die kerk die inperkingstyd respekteer. Eredienste is egter steeds d.m.v. selfone en rekenaars uitgesaai. Aangesien hierdie inperking vir groter groepe waarskynlik nog maande kan duur, wil ons gemeente graag vanaf Meimaand se Sondae weer ons kerkklok op ‘n Sondagoggend lui. Dit sal ‘n herinnering wees daaraan dat lidmate gereed kan maak vir die erediens wat uitgesaai sal word. Indien daar lesers is wat hierby sou wou inskakel, kan hulle met die skriba, Lucia Brand, skakel deur ‘n whatsapp boodskap na 078232-2441 te stuur. Mag die klokke se gebeier ons almal herinner dat Jesus Christus opgestaan het en lewe!!

CHARLIES ons bevind ons tans in ‘n tyd van onsekerheid. ’n Tyd waar soveel eerstes, laastes en ietsie in die middel van ons kom steel is. ’n Tyd waar “normaal” vir ons bietjie vreemd is. Ons gejaagde lewens waar ons so dikwels vergeet om die mooi in elke oomblik te waardeer en tye saam met mekaar te koester, is nou tot stilstand gebring. Tyd - dit is wat ons nou het. Neem hierdie tyd en spandeer dit saam met jou familie, vriende (al is dit via videocalls), jouself en God. Haal asem en waardeer dit wat jy voorheen altyd as vanselfsprekend ervaar het. Ons wil elkeen aanmoedig om in hierdie tyd nie op die negatiewe te fokus nie, maar die positiewe te laat groei - Hoop,omgee en liefde te laat groei! Charlie Hofmeyr se skoolgebou mag dalk leeg wees, maar Charlie Hofmeyr is nie die skoolgebou nie. Ons is Charlie Hofmeyr en saam gaan ons hierdeur kom. Soveel besondere ervarings en pragtige herinneringe lê en wag vir ons om saam te koester. Sterkte met die rukkie by die huis - byt vas en onthou om steeds jou Charliewaardes ten volle uit te leef. Bly hoop, vertrou en bid en weet dat Charlies nog nooit bang was om dinge soms ‘n bietjie anders te doen nie. Boodskap van VRL 2020 op Charlies se Facebook-blad.

MARIETJIE Brink van P.A. Hamlet het Sondag 26 April die foto in die dorp geneem.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, May 1, 2020

Positiewe gevalle nou 102, vier sterf in streek

NA meer as ‘n maand van inperking, is daar tans 102 COVID-19 gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Vier mense - twee van die Tulbagh-omgewing, een van Nduli en een van die Koue Bokkeveld - het al in die streek gesterf. Die Witzenbergstreek se hoë voorkoms van positiewe gevalle is egter kommerwekkend. Die streek het die tweede hoogste voorkoms van positiewe gevalle buite Kaapstad. Die Wes-Kaap minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, het Dinsdag 28 April ‘n blitsbesoek aan Nduli en Ceres ge-

bring en het ook Dutoit Groep se fasiliteite besoek. Die leier van die opposisie in die WesKaap, Cameron Dugmore, het Woensdag 29 April Ceres besoek saam met die ANC Witzenberg se verteenwoordiger, Pat Marran. Hulle het met o.a. raadslede sowel as verteenwoordigers van unies en mediese verteenwoordigers vergader om pogings te verskerp om die virus in die area te stop. Volgens dr. Mbombo is siftingstoetse in die munisipalegebied verskerp. Sy het in ‘n TVonderhoud gesê elke inwoner het ‘n belangrike rol om te speel om die virus te keer en by die huis te bly. Sy het ook vier sterftes bevestig en gesê dat meer as 50 van die gevalle in Nduli voorkom

en meer as 20 by die Warmbokveld korrektiewe dienste sentrum. Sy sê daar word gekyk na ‘n isolasieplek vir Nduli aangesien dit moeilik is om in eenvertrek huisies te selfisoleer. ‘n Verdere bekommernis is die feit dat net Ceres provinsiale hospitaal in die streek oop is na-ure. Dr. Mbombo is bewus van positiewe COVID19 gevalle op Ceres, Wolseley en Tulbagh. Sy het voorts gesê dat die Witzenbergstreek ‘n noodsaaklike landbougebied is met talle pakstore wat nie kan stop met produksie nie. Sy het na haar besoek aan Nduli die Dutoit Groep se fasiliteite besoek. Wes-Kaap Agri en AFASA het saam met die

Wes-Kaap regering 35 000 maskers beskikbaar gestel aan plaaswerkers. Ander tydelike sluitings Ceres polisiestasie is Saterdag 25 April tydelik gesluit nadat ‘n polisielid positief vir COVID-19 getoets het. Hulle is tydelik in die speurderskantore gehuisves terwyl die polisiestasie ontsmet is. Al die polisiebeamptes het Sondag toetse ondergaan waarna nog drie positief getoets het. Netcare, Clicks en Pick n Pay op Ceres was ook verlede week tydelik gesluit weens COVID-19 voorvalle. Beide winkels, die hospitaal en polisiestasie is daarna deeglik ontsmet. Die ondernemings het ook maatreëls in

plek om personeel sowel as kliënte se veiligheid te verseker en volg voorgeskrewe protokol van die departement van gesondheid en die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NIOS). Nuutste statistieke Teen Woensdag 29 April was daar volgens die departement van gesondheid 102 positiewe gevalle van die COVID-19 virus in die Witzenbergstreek aangemeld. Die sterftes in die land is tans 103 met 5350 gevalle. Hiervan is 42 sterftes in die WesKaap. Wes-Kaap het 2135 positiewe gevalle met 26 pasiënte wat in die waakeenheid behandel word en 624 wat herstel het. Daar is nou 162 bevestigde gevalle van mense wat positief getoets het vir COVID19 in die Kaapse Wynlandstreek. Vier persone, ‘n man van 57 en drie vroue van 33, 58 en 61 is die nuutste sterftes. Al vier het onderliggende of ander mediese probleme gehad. Die sterftesyfer word tans net vir Wes-Kaap aangegee (42 sterftes) met geen spesifieke area - een van die redes hiervoor is weens pasiënt-vertroulikheid. Daar word uit talle oorde gevra dat die Witzenbergstreek se syfers opgedeel moet word in dorpe. As Kaapstad in streke/voorstede opgedeel kan word, wat is die probleem dat dit nie met Witzenbergstreek ook gedoen kan word nie. Verder moet die munisipaliteit help om die virus te keer maar hulle weet nie in watter areas die positiewe gevalle is nie. Wees versigtig Bejaardes sowel as mense met hipertensie, hartsiektes, suikersiekte en longsiektes se risiko is hoër met die COVID-19 virus.

Gee terugvoering oor publieke vervoer DIE Wes-Kaap departement van vervoer en publieke werke het ‘n verantwoordelikheid dat openbare vervoeroperateurs aan die regering se maatreëls moet voldoen tydens die inperking. Beperkings op hoeveel persone vervoer kan word, higiëne en die afstand tussen mense is van die belangrikste aspekte waaraan operateurs moet voldoen. Inwoners het nou ‘n stem en kan met die nuwe USSD platform help om COVID-19 te bekamp maar kan dit ook gebruik om terugvoering aan die departement te gee of minibus- en busoperateurs aan dié vereistes voldoen tydens inperking, of die bestuurder ‘n masker dra, watter tipe voertuig dit is, of die voertuig skoon is en of daar handreiniger in die voertuig is. Die nommer is *134*234# Tydens inperking mag minibusse slegs 70% van toegelate passasiers vervoer. Dit beteken ‘n 16-sitplek minibus kan slegs die bestuurder en 10 passasiers vervoer. Busse en vervoerdienste soos Uber, mag net 50% van hul permitvoorwaardes vervoer.

Statistieke belangrik STATISTIEKE vertel ook ‘n storie.

Van die wat tans positief in WesKaap getoets het is: ● 4% is tussen 0 en 19 jaar oud ● 44% is tussen 20 en 39 jaar oud ● 38% is tussen 40 en 59 jaar oud ● 13% is tussen 60 en 79 jaar oud ● 1% is bo 80% Van die wat in die Wes-Kaap aan die virus gesterf het is: ● 56% is tussen 40 en 59 jaar oud ● 25% is tussen 60 en 79 jaar oud ● 19% is bo 80 jaar oud ● 70% van al die sterftes het onderliggende of ander mediese probleme gehad Besigheid Stats SA het verlede week gesê dat huidiglik gaan 42% besighede in Suid-Afrika nie weer oopmaak nie. 50% van besighede is tydelik toe en 36% moet mense afdank. 20% werkers is tydelik uit diens gestel. Die peiling het ook bevind dat indien Suid-Afrika drie maande in inperking (lockdown) gaan wees, dat meer as 85% besighede en maatskappye nooit weer gaan heropen. Plaaslik gaan die meeste ondernemings eers in vlak 3 oopmaak en ander soos salonne, spa’s en haarkappers eers op vlak 1. Restaurante en kitskosplekke kan net tuisaflewerings doen. Eetplekke kan eers in vlak 1 weer besoek word as jy wil gaan uiteet.

ONDERDELE VERKOOPSPERSOON

SO het dit verlede Donderdag 23 April by Ceres polisiestasie gelyk. Die mense het almal in lang toue gestaan om begrafnispermitte te bekom in ander provinsies. Die aansoeke plaas ‘n onnodige gesondheidsrisiko op polisiebeamptes asook onnodige druk aangesien hulle nie rampbestuurmaatreëls effektief kan toepas nie. CBI is ook gevra om die SAPD te vra om nie verder dié permitte uit te reik nie. Die polisie kan ook nie bepaal of die oorledene waarvoor permit uitgereik word, wel afgesterf het nie. * Vier lede op verskillende skofte het al positief vir COVID-19 getoets.

Positief toets - wat gebeur WANNEER iemand positief toets vir COVID-19 of in kontak was met iemand wat positief getoets het, kan die persoon tuis of in ‘n gesondheidsfasiliteit afgesonder word. Tydens sifting (screening) vra gesondheidswerkers vrae aan individue oor hul gesondheid om te bepaal of dit nodig is vir die persoon om getoets te word vir COVID-19. Wanneer iemand getoets word, word monsters geneem van die vloeistof agter in sy/haar neus en keel. Dit is ‘n veilige prosedure. Bly by die huis en volg die vyf goue reëls: ● Was jou hande gereeld en vir minstens 20 sekondes met seep en water ● Moenie aan jou gesig raak voordat jy jou hande gewas het nie ● Hoes of nies in jou elmboog of in ‘n sneesdoekie. Gooi dadelik die sneesdoekie weg. ● Hou ’n afstand van ten minste 1,5 meter van ander mense ● Bly by jou huis. As jy siek voel, skakel 0800-029-999, (021) 928-4102 of stuur ‘n WhatsApp na 0600-123-456.

Vereistes: • Ten minste 3 jaar ondervinding in landbou onderdele • Trekker kennis asook kennis van Rovic Leers produk-reeks sal in u guns tel • Rekenaarvaardigheid is nodig • Kennis van prossesering van waarborg eise sal in u guns tel • Kreatiewe denker met nuwe idees.

GEKWALIFISEERDE WERKTUIGKUNDIGE Vereistes: • Gekwalifiseerd met ten minste 5 jaar ondervinding in landboumasjinerie • Rekenaarvaardigheid sal u aansoek versterk. Algemene vereistes vir beide poste: • Trekker kennis asook kennis van Rovic Leers produk-reeks sal in u guns tel • Kandidate moet bereid wees om in Ceres gevestig te wees • ‘n Positiewe uitkyk op die lewe hê en sonder toesig kan werk. WESKUS MEGANISASIE IS ‘N FILIAAL VAN DIE ROVIC AGRI GROEP en bied die volgende voordele aan die suksesvolle kandidate: • Kompeterende vaste pakket en bonus • Mediesefonds • Pensioenfonds. Indien u aan die vereistes voldoen, stuur asb u CV vir aandag Cindy Richards by: E-pos: admin@weskusmeg.co.za Faks: 086 668 0466. Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Mei 2020 Begindatum: Voor of op 1 Julie 2020


4

WITZENBERG HERALD

Friday, May 1, 2020

DIT is verblydend dat verskeie rolspelers in die Tulbagh gemeenskap saamspan om kos te voorsien aan behoeftige mense. Die Row for All groep bestaan uit Agmad Klaasen, Stephen Jurguns, Belinda Jurgens, Julia Mentoor, Liz Pedro, Celia Malies, Jasmine Walters, Catherine Filander, Nick van Heerden en Tulbagh Together. Hulle het Woensdag 22 April kos in die Chris Hani woonbuurt uitgedeel. FOTOS: Peter Luitjies

CERES polisiestasie is nou weer oop! Dit is Saterdag 25 April tydelik gesluit nadat ‘n polisielid positief vir COVID19 getoets het. Al die polisiebeamptes het sedertdien toetse ondergaan waarna nog drie positief getoets het.

VERLEDE Woensdag 22 April het ouers van Hoërskool Waveren ingespring om kos vir behoeftige inwoners uit te deel by die Tulbagh AGS kerk.

Vyfde digitale uitgawe VANDAG se uitgawe is die vyfde in digitale formaat en word so uitgegee weens die nasionale inperking na die uitbreek van die Covid-19 virus. Dit is die eerste keer in 23 jaar dat die Witzenberg Herald nie in gedrukte formaat op kafees en supermarkte se winkelrakke beskikbaar is nie. ‘n Skakel word op Witzenberg Herald se Facebook-blad geplaas waar lesers die volgende paar weke van inperking, die koerant gratis kan lees. Lesers kan ook die Issuu toep (app) by Google Play aflaai om dit op foon te lees. Die inperking het reeds ‘n geweldige impak op plaaslike besighede. Sakelui vra inwoners om gehoor te gee aan die maatreëls.

Voordele van digitale koerant:

• Nuus met die druk van ‘n knoppie • Toegang tot elke week se digitale uitgawes • Advertensies gekoppel aan webtuistes • Goedkoper as jy vooruit betaal Belangstellendes in die digitale uitgawe, kan hul besonderhede stuur na nuus@witzenbergherald.com Kostes sal per jaar of vir ses maande deurgegee word.

Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.

KOOP PLAASLIK


5

WITZENBERG HERALD

Western Cape Liquor Authority suspends 14 licenses The Western Cape Liquor Authority (WCLA) have conducted 37 investigations on matters of non-compliance with the National Disaster Regulations whereby liquor traders sold alcohol during the lockdown period.

Of the 37 investigations conducted, 14 liquor licenses have now been suspended and 19 reports are being prepared for the Liquor Licensing Tribunal’s (LLT) consideration. The Minister of Community Safety, Albert Fritz, reiterates his warning that any liquor vendor operating during the lockdown will be eligible for a fine and may lose their license, subject to an investigation. As per section 71 (1) of the Western Cape Liquor Act, the Liquor Licensing Tribunal may grant an interim order suspending a license upon application by an inspector or a designated liquor officer if there is an imminent threat to the health, wellbeing or safety of the

Friday, May 1, 2020

MARINDA Mankapan, a local seamstress from Ceres, has successfully registered a small business to make protective masks. She started producing cloth masks to help local community members last month and has now increased her production to supply a factory in the agriculture sector and a local spaza shop in Ceres, who is donating masks to local community members in need. The masks are also being supplied to essential staff such as the local department of social development and the local police. Sewing used to be a hobby for her, making bathroom sets, couch covers and basic tailor work, until her funds for her supplies ran out. However, thanks to the Perdekraal East Wind Farm’s enterprise development programme, assistance was provided to help sustain this local enterprise. Miranda registered her company in March 2020 with the motivation and support from the local wind farm. The wind farm recently supplied Marinda with fabrics and other sewing necessities so that she can keep up with the increased demand for material masks.

public. Minister Fritz said: “I have requested that the WCLA ensure that any outlet which contravenes the lockdown conditions be liable for a maximum fine of up to R115 610 or have their license revoked permanently, subject to investigation". "It has further been requested that the WCLA join the PROVJOINTS committee and be included in every case were liquor was sold or an arrest was made to better track the original point of sale. I further welcome the resolution taken by PROVJOINTS on 25 March that no alcohol will be returned to any outlet after paying admission of guilt fine.” “I urge members of the public who are aware of the illegal sale of alcohol to immediately report such to SAPS. Any persons wanting to lodge a complaint or report a contravention of the regulations can contact the WCLA on (021) 204-9805.”

Best practices to rehabilitate stagnant water AS soon as the South African lockdown COVID-19 period ends, people will start heading back to their work premises that have for weeks now been unoccupied or sparsely used as a result of the lockdown. IOPSA (Institute of plumbing South Africa) point out that that water not drawn through a plumbing system within a building over an extended period of time will become stagnant. Stagnation of water within building pipes and other water systems may contain excessive amounts of heavy metals. As a result this may support the accelerated growth of many micro-organisms and pathogens, such as Legionella Pneumophila that can cause great harm to building occupants. Just as with the COVID-19, those that are at the greatest risk of becoming ill from such pathogens are the elderly and those who are immuno-compromised. Plumbing systems will therefore have to be prepared for regular use again and protecting the public’s health and safety. Therefore, attention should be given to the rehabilitation of

VANAF 1 Mei is die dra van maskers verpligtend!

such water systems within 5-7 days before the building is re-occupied. Below are some guidelines and best practices to be considered to rehabilitate a stagnant water line for regular use again: ● Flushing of all water systems. All water systems in buildings will need to be thoroughly flushed prior to being put back into service. ● Flushing includes the opening of all water outlet taps, mixers, showers including toilets and urinals. ● Flushing the system will purge the stagnant water and improve water quality. ● Remember to flush all drinking water fountains. Water coolers need to be emptied, cleaned as per the manufacturer’s requirements, and refilled with fresh potable water. ● All hot water storage heaters (geyser) including point of use geysers would need to be adequate flushed and heated to a minimum of 60 degrees Celsius for at least 1 hour wherever possible.

Adopt-a-learner

N.Kosi, Chairperson of Witzenberg Community Development Forum, writes:

PUT YOUR WHERE YOUR ♥ IS

BUY LOCAL

environment. Currently waiting for numbers of children in need off assistance. Besides the struggle for data to perform basic home schooling, there is an enormous need for printing worksheets in order for childAS the Witzenberg Community Devel- ren to complete their weekly assignments. opment Forum we have a project that’s Not everyone has access to printers, lapcalled ADOPT-A-LEARNER. tops etc. to be able to perform the homeHowever we need a lot of help with the schooling that was launched on the online project. It’s a mammoth task and it will hope- platform. We have in our communities sevfully spread and be supported by other towns eral households that can not provide food for within the Witzenberg-area. their children let alone print school work. Whilst the need for food is well taken care Children are the leaders of our future and I of, we discovered a need in our education can not see how we can allow this pandemic to deprive these learners with a will to succeed, but not the means too, to not be able to function fully with school work during this time. I have contacted headmasters from the schools in Witzenberg-area and will receive a list of children in need shortly. We will need advice on and sponsors for paper, ink, printing facilities etc. Already started working on a plan to collect print works from sponsors, delivering to the school from where the headmaster will drive the delivery to the children. When I receive the list from the school, I will allocate a child/children to or sponsor and will email work sheets as received from the school to the sponsors for printing and arrange collection or drop off the work. In the interim if anyone is interested in ADOPT-A-LEARNER, stay in Witzenberg area, I will appreciate if you can email: witzenberg.cdl@gmail.com with your name and surname and contact details or donate to this account: no: 62844596257, Branch Code: 200107, Ceres.

Stop the virus in Witzenberg

Information For more information, contact the writer at 073-294-3642.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.