WH Herald
WHATSAPP: 060-794-4337
Witzenberg
Volume 23 no. 19
R7.00
Friday, May 22, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 21 Mei
Vrydag 22 Mei
7° 20°
10° 23°
Saterdag 23 Mei
SUSHI AFLEWERING! BESTELLINGS:
Dinsdae voor 18:00
AFLEWERINGS:
Woensdae 15:00 - 17:00
Stuur Whatsapp om Sushi-spyskaart te kry
COOL TECH COOLTECH
Sondag 24 Mei
8° 22°
27 Voortrekker Street, Ceres
Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
10° 20°
Ceres Koekedouw dam
47,6%
Telephone: (023) 316-2021
REFRIGERATION • AIR CONDITIONING
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar
Lesing: 2020/05/20
Fax: (023) 316-2023
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Ceres hofgebou ontsmet na werknemer positief toets CERES landdroshof is Saterdag 16 Mei deeglik ontsmet nadat een werknemer positief vir COVID-19 getoets het. Ses personeellede is nou in isolasie. Die hof funksioneer reeds ‘n geruime tyd met verminderde personeel maar moes sedert Maandag en Dinsdag met net vier personeellede klaarkom. Die personeel is isolasie wag vir hul toetsuitslae. * Dit is tans die enigste hof in die streek waar daar 'n positiewe geval aangemeld is.
SAPD glo optrede teen 2 was reg DIE SAPD se provinsiale kantoor sowel as Ceres SAPD weier volstrek om te sê hoe daar teen twee Ceres polisielede opgetree is wat vroeër die maand weens oortredings van die Wet op Rampbestuur (wet 57 van 2002) aangekla is. Dit is in skrille kontras met plaaslike inwoners wat oornag toegesluit is vir soortgelyke oortredings. Die twee lede werk steeds en is glad nie geskors nie. Die polisie hou vol in ‘n mediaverklaring dat die Ceres polisiebestuur die regte prosedures gevolg het onder die Wet op Rampbestuur (wet 57 van 2002). " Indien daar individue is wat hiervan verskil of voel dat daar strenger teen die lede opgetree moes word, kan hulle ‘n amptelike klag indien sodat dit ondersoek kan word". Die twee polisielede is blykbaar beboet nadat hulle onwettig drank vervoer en hul huise verlaat het met die aandklokreël in plek. Een moes ook na bewering in isolasie gewees het nadat die polisiestasie die eerste keer gesluit is toe ‘n ander lid positief vir COVID-19 getoets het. ‘n Konstabel (39) moet op 30 Junie in die Ceres landdroshof verskyn terwyl die 44-jarige sersant op 17 Julie in die landdroshof moet verskyn. Die week was daar net vier personeellede by Ceres landdroshof werksaam en daar kon nog nie vasgestel word of die twee polisielede wel beboet is, hoeveel die boete was en of dit betaal is nie. Ondersoek Betroubaar word verneem dat beide gevalle op provinsiale vlak ondersoek word.
DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het hande gevat met Agri Wes-Kaap, Stellenbosch landbou, plaaslike regering en die Overberg distriksmunisipaliteit om oortollige vrugte en groente na verskillende munisipaliteite in die streek te versprei. Verlede week is 8 ton sitrus versprei en uitgedeel. Hier is Witzenberg munisipaliteit se burgemeester, rdl. Barnito Klaasen en rdl. Hennie Smit (regs) besig om te help aflaai.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 21 - 24 MAY 2020 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR TOPS BUSINESS HOURS: SUPERSPAR BUSINESS HOURS: CLOSED DURING (023) 316-2226 Mon - Sun 07:00 - 18:00 LOCK DOWN Matured Sirloin Steak
Pork neck chops bulk
6999 p/kg
9999 p/kg
3kg 2kg 2kg 2kg
Butternut Onions Gemsquash Sweet Potato
COMBO
9900
Cumberland pork sausage bulk
69
12999
99
p/kg
p/kg
Beef tenderised steak bulk
89
Rudy’s Lamb rack
Spar Frozen Vegetables
3 FOR
French Loaf (long)
699
p/kg
1000
Panini’s
2 FOR
3000
499
2999
each
each
2 FOR
2000
19
each
99
each
Avo’s
each
Golden or Red Apples 1kg bag
1799 1099 each
700ml Wellington’s Tomato Sauce
1999
Naartjies Freshline Mushrooms 250g
1kg Jungle Oats
2L Spar Carbonated Soft drink Ass.
each
1kg Baby Potatoes
21
99
2500 3 FOR
99
450g Bokomo Weet-Bix
each
750ml Spar Sunflower Oil
1599 each
2
WITZENBERG HERALD
Friday, May 22, 2020
Heuningkwas of .....HARDEKWAS Francois Snyman
DIT maak ‘n mens woedend om te sien as kos vermors word. Met soveel nood en hongerte in die land, wonder jy oor hoeveel geld en kos word op mense vermors wat dit nie eintlik waardeer nie. Ongeveer 20 blikkies kos wat eers in 2021 verval, is verlede week in ‘n veld langs Polocross opgetel. Niemand weet hoe dit daar beland het, wie dit daar gegooi het of wie dit dalk geskenk het nie.
To all interested and Friends of Chain Chain Boland, the Animal Welfare Organization in the Witzenberg area will hold its annual general meeting on
Wednesday 22 April 2020
Further details will follow later. Chain Boland intends to make a number of changes to the current constitution. We cordially invite you to read the proposed changes via the document on our website. Please use the following link: http:// Dear friends of Chain chainboland.co.za/wp-content/uploads/ Due to the current situation 2020/02/Constitution-Chain-2020.pdf wechanges have decided to In short the are as follows: 2.1.1 Adding Op-die-Berg the Witzenberg postpone ourtoAGM towns as this was not mentioned; to a later moment. 2.1.3 Attempt to provide Free or Subsidised Please stay andinto AtSterilization etc. issafe changed tempt to provide Subsidised in case you need a Sterilization. Reason for this is that a donation companion for those lock towards vet costs is always asked; 3.5 down The required hasafter been that) added retimes text (and garding our PBO status which we do not hesitate reached at the 15th of November 2018; to contact us. is changed 4. Membership programme in “Friends of Chain” programme; Looking forward to 5.1 The management committee will be see you made up of notall lesssoon! than seven (7) will be changed to five (5). Reason for this is to always make sure we can obey to this rule in the constitution as getting volunteers on the committee stays a challenge; 5.4 As point 5.1 will be changed to five (5) the number of committee members present at a meeting and allowed to make decisions will be lowered to three (3); 9.3 As with the modern technology banking is not done via a withdrawal or cheque we plan to modernize this text into: all payments are done via online banking. Notification of any payment is received by the Chair AND ViceChair. The Treasurer has access to the banking account for control purposes and a final check is done via Sage and our Accountant. During our annual general meeting, a vote will take place for approval, whereby at least 51% of those present must give their approval. We look forward to see you at our Annual General Meeting in April. Elise van Holten (Chair person.)
ED N O P POST
TWEE weke gelede was dit Tulbagh se vullisstortingsterrein wat deur rondlopers aan die brand gesteek is. Dinsdag 19 Mei het P.A. Hamlet se stortingsterrein gebrand nadat bosslapers dit aan die brand gesteek het. ‘n Digte rookwolk het oor die dorp gehang en talle inwoners het gekla van die slegte reuk. Indien daar inwoners is wat weet wie die skuldiges is, kan hulle ‘n klag by polisie maak of die inligting aan die munisipaliteit deurgee. Behalwe vir die slegte reuk en ongerief vir inwoners het dit ook ‘n onnodige kosteimplikasie vir munisipaliteit om die smeulende hoop vullis te blus.
'n Glimlag wat meer sê as 'n duisend dankies TOEKIE Steyn van Ceres skryf: HY stap tydsaam na die vuilgoeddrommetjie wat op die sypaadjie regoor die dokter se spreekkamer staan. Ek hou hom dop - skat hom so agt jaaroud. Versigtig gooi hy die papiertjie, wat vir my na ‘n lekkergoedpapiertjie lyk, in die oorvol drommetjie. Dieselfde oomblik toe hy sy rug draai skep ‘n moedswillige herfswindjie die papiertjie uit die drom - terug tot op die sypaadjie. Ek stap stadiger en glimlag toe ek sien dat hy die papiertjie optel en met sy vinger dit dieper in die drommetjie druk. Ek staan by hom stil. “Jou pappie, mammie en jou juffrou sal trots wees op jou as hulle moes sien hoe jy ook help om ons sypaadjies mooi skoon te hou”. Hy lyk verleë. Om sy kop is ‘n wit doekie wat ‘n knoop in elke hoek het. Ek wonder of dit ‘n modegier is toe ek verder stap. Op my pad terug sien ek hom weer. Hy lê op die trappies voor die dokter se spreekkamer. Die doekie nog stewig om sy kop. Ek bly voor hom staan. Ons herken mekaar. Ek haal ‘n muntstuk uit my handsak en hou dit na hom uit. “Koop vir jou ‘n koeldrank.” Hy kom orent. ‘n Ry spierwit tandjies en ‘n glimlag. ‘n Glimlag wat meer as ‘n duisend dankies sê. Ek is so spyt dat ek nie sy naam gevra het en of hy nie dalk siek is nie.
Dankie vir elkeen se bydrae midde die krisis NA byna agt weke van nasionale inperking met vlak 5 en 4 maatreëls, bly die COVID-19 gevalle steeds styg. Veral in die WesKaap. Teen Woensdag 20 Mei was daar 210 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 157 herstel. Byna 1200 mense is getoets. Dit beteken hier is nou 53 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word en 39 mense is tans in kwarantyn in Dennebos. Agt COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld. Drie van die mense het in Worcester hospitale gesterf. Dit is egter baie duidelik dat die verskillende vlakke opgehef kan word aangesien meer as 60% van die bevolking die virus gaan opdoen. Die verskillende vlakke gaan nie help dat mense meer luister en meer bang wees nie. Vlak 5 of 4 gaan ook nie keer dat jy die virus gaan kry nie. Die verskillende vlakke van inperking was wel nodig sodat die land die virus kon trotseer en om mediese fasiliteite gereed te kon kry. Daar is nog net 48 lande in inperking (lockdown). Onder 0.2% van die Wes-Kaap bevolking is tans positief vir COVID-19 en jou kans om die virus op te doen is minder as om in ‘n motorongeluk te wees. Die land se ekonomie kan nie langer gekniehalter word nie en kan binnekort ineenstort met katastrofiese gevolge met erge werkloosheid (tot 50%) en hongernood. Bedank Elke plaaslike inwoner wat opofferings gemaak het in die twee maande, geluister het en sy of haar masker dra - baie dankie. Dankie aan al hospitaalpersoneel, polisielede en verkeerslui vir julle harde werk. Besighede gaan hard moet werk in die komende maande en baie meer op en in verskillende platvorms adverteer om weer hul besigheid op te hef tot die standaard wat dit was voor die virus toegeslaan het. Dankie ook aan elkeen wat gedurende die tyd iemand naby hom op een of ander manier gehelp het. Dit is goed om mense se goedhartigheid te sien en te ervaar. Een negatiewe ding wat ek gedurende die inperking geleer het en dit is dat daar altyd mense en kinders sal wees wat nie luister en ander inwoners om hulle nie respekteer deur aan noodsaaklike rampmaatreëls gehoor te gee of om maskers te dra nie. Hulle sal altyd so disrespekvol wees in alles wat hulle doen. Eers as hulle iets oorkom sal hulle dalk luister - heel moontlik te laat. As almal bly saamwerk en saamstaan om ons dorp, streek en land te beskerm gaan dié virus ons nie onderkry nie!
WITZENBERG MUNISIPALITEIT / MUNICIPALITY 2020/2021 KONSEP BEGROTING / CONCEPT BUDGET
Die konsep-begroting kan besigtig word op www.witzenberg.gov.za en word goedgekeur op 27 Mei 2020
Witzenberg Munisipaliteit se begroting is ‘n openbare dokument en inwoners word genooi om dit op ons webtuiste by www.witzenberg.gov.za te besigtig. Indien u enige navrae rakende die goedgekeurde begroting het, skakel Witzenberg Munisipaliteit se Finansies-afdeling by (023) 316-1854. The Witzenberg Municipality Budget is a public document and we invite residents to view it on our website at www.witzenberg.gov.za Should you have any queries regarding the budget, contact the Witzenberg Municipality’s Finance Department on (023) 316-1854.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, May 22, 2020
Minister tevrede met maatreëls wat in plek is TWEE Wes-Kaap ministers, David Maynier (finansies) en Ivan Meyer (landbou), het verlede Dinsdag 12 Mei die Witzenbergstreek saam met die Wes-Kaap premier, Alan Winde, besoek. Die ministers het ondermeer die nuwe siftings- en toetsfasiliteit by Ceres hospitaal besoek asook die Kalos plaas se nuwe isolasiegeriewe, Dutoit Groep en supermarkte. Hier gesels David Maynier met Karriem Adams (onderburgemeester) en Jean de Jager (Ceres Pick n Pay). * Hulle het ook PEP en Shoprite besoek.
DIE Wes-Kaap minister David Maynier (finansies) se hande word verlede Dinsdag ontsmet tydens sy besoek aan Ceres Superspar. Hy is vergesel deur die onderburgemeester Karriem Adams. Maynier was baie beïndruk met beide supermarkte asook ander besighede wat ‘n verskeidenheid maatreëls in plek gesit het om die COVID-19 virus hok te slaan. Maynier sê een van die grootste uitdagings is om mense se besoek aan winkels tydens Vrydae en Saterdae se besigste tye te bestuur en te reguleer.
Twee seuns (14) moet einde Mei weer in die hof wees
Inperkingvlakke moet gelig word ander stort ekonomie in duie TEEN Woensdag 20 Mei was daar 210 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 157 herstel. Byna 1200 mense is getoets. Dit beteken hier is nou 53 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word en 39 mense is tans in kwarantyn in Dennebos. Agt COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld. Drie van die mense het in Worcester hospitale gesterf. Die sterftes in die Wes-Kaap is nou 183, daar is 10558 positiewe gevalle en 4363 het herstel. * Bejaardes sowel as mense met hipertensie, hartsiektes, suikersiekte, HIV, TB en longsiektes se risiko is hoër met die COVID-19 virus. Meer as 90% van gevalle van mense wie COVID-19 kry, sal nié hospitalisering benodig nie en kan tuis versorg word tot hulle herstel. ** Daar is nog net 48 lande in inperking (lockdown). Onder 0.2% van die Wes-Kaap bevolking is tans positief vir COVID19 en jou kans om die virus op te doen is minder as om in ‘n ongeluk te wees. Die land se ekonomie kan nie langer gekniehalter word nie en kan binnekort ineenstort met katastrofiese gevolge met erge werkloosheid (tot 50%) en hongernood.
TWEE gewese skoliere van Waveren Hoërskool op Tulbagh moet weer einde Mei in die hof verskyn weens ‘n messteek-voorval in 2019 by die skool. Die SAPD se ondersoek na ‘n voorval waar ‘n 15-jarige hoërskoolleerder van Tulbagh met ‘n skêr gesteek is, is klaar en die saak kan nou begin. Dit is eers na Maartmaand uitgestel vir ‘n regsverteenwoordiger. ‘n Lasbrief is op 27 Maart oorgehou en die twee seuns moet nou op 28 Mei in die hof verskyn op klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Agtergrond Die voorval het Maandag 14 Oktober 2019 omstreeks 12:00 op die skoolterrein van Waveren Hoërskool plaasgevind toe twee seuns van 14 jaar oud, ‘n medeleerder (15) met ‘n skêr gesteek het. Die leerder is na die voorval in ‘n kritieke toestand in die Tygerberg hospitaal opgeneem en behandel nadat hy in die bors en nek gesteek is. Die slagoffer het probeer weghardloop maar het geval waarna een van die verdagtes op sy kop gespring en hom getrap het. Die twee seuns is einde Oktober 2019 deur ‘n maatskaplike werker geëvalueer. Die slagoffer was ten tye van die voorval saam met ander leerders agter die skoolgebou. ‘n Tweede groep skoliere wat die twee verdagtes insluit, het uit die bloute die eerste groep genader en die slagoffer aangeval. Ouers se sorg Die twee seuns is sedertdien die voorval in hul ouers se sorg vrygelaat.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, May 22, 2020
Ontvoerders kry R3000 borg
DIE Wes-Kaap minister van landbou, dr. Ivan Meyer, het verlede Dinsdag 12 Mei landbouondernemings, die Kalos plaas en ‘n Dutoit pakstoor saam met die Wes-Kaap premier, Alan Winde en die burgemeester, rdl. Barnito Klaasen, besoek. Meyer was baie beïndruk hoe die Witzenberg landbousektor die COVID-19 maatreëls toepas en daaraan voldoen. Hier word Ismail Motala van Wolseley se koors gemeet tydens die besoek aan Kalos plaas waar die groep ondermeer die isolasiegeriewe vir personeel besoek het. Dit verlig die druk op die hospitaal.
VIER ontvoerders wat September 2019 in die Kaap vasgetrek is vir die ontvoering van ‘n Ethiopiër op Wolseley, se hofsaak gaan Juniemaand begin na ‘n uitgerekte borgaansoek. Die vier Somaliese mans moet weer op 17 Junie in die Wolseley landdroshof verskyn. Agtergrond Lede van die Kaapse blitspatrollie en die honde-eenheid was besig met roetinepatrollies op die Kaapse Vlakte toe hulle ‘n verdagte voertuig met vier mans in, afgetrek het. Daar is beslag gelê op ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie. Die mans is later ook met die ontvoering van ‘n Ethiopiër van Wolseley verbind wat la-
ter ongedeerd in Browns Farm gevind is. Die ontvoering het Dinsdag 24 September 2019 omstreeks 20:20 in Masibulelestraat, Pinevalley plaasgevind. Die waaksaamheid van dié polisielede het gelei tot die inhegtenisname van die verdagtes, Rashied Abukar (34), Abdul Kaadar (28), Abshir Nuur (30) en Zacharia Mohammad (18). Die polisielede het die Toyota Corolla deursoek en op ‘n 9mm pistool en 11 patrone beslag gelê. Borgtog Borg van R3 000 elk is aan die vier mans toegestaan. Net twee, Nuur en Kaadar het betaal. Die ander twee bly in aanhouding.
Moordsaak later op hofrol DIE moordsaak teen ‘n jong inwoner van Ceres gaan weer voort in die Ceres streekhof. Dit was ‘n tyd lank nie op hofrol terwyl die polisie vir DNS-bevestiging gewag het. Jason (Pakkie) Petersen (28), ‘n werknemer van Ceres Fruit Juices, is in die vroeë oggendure op 25 Maart 2018 op Ceres in Cilliersstraat in die industriëlegebied dood nadat hy omstreeks 03:30 met ‘n mes in die bors gesteek is. Die 22-jarige Llwel-
DIE Wes-Kaap minister van landbou, dr. Ivan Meyer, het verlede Dinsdag saam met die burgemeester, Barnito Klaasen, ‘n Dutoit pakstoor besoek.
ADVERTISING SPECIALS FOR JUNE & JULY 2020 Times are tough and budgets tight - that’s exactly why we created these amazing deals! CLASSIFIEDS SPECIAL
¼ PAGE AD SPECIAL
ANY SIZE AD SPECIAL
Book any classified advert for 4 weeks and get 1 FREE ADVERT
Book a quarter page advert and get 1 FREE ADVERT T&C Apply
Book any size advert and get 25% DISCOUNT T&C Apply
Enquiries: erika@witzenbergherald.com
LOCKDOWN OPERATIONAL NOTICE
lyn Beukes, ook bekend as Wange, is later gearresteer en het hy die polisie na ‘n huis geneem waar daar op die bebloede mes beslag gelê is waar dit bo-op ‘n kas weggesteek was. Beukes moet weer op 7 Julie in die Ceres streekhof verskyn. * Die saak is in Augustus 2018 van die hofrol geskraap. Die DNS-uitslag van bloed wat op moordwapen gevind is, is in November 2019 teruggekry waarna die saak teruggeplaas is op die hofrol en die verhoor kan begin.
Saak na streekhof ‘n 18-JARIGE man van Wolseley wat daarvan verdink word dat hy ‘n inwoner na ‘n argument vermoor het, gaan later vanjaar in die streekhof verhoor word. Franco Tieties moet weer op 26 Mei in die Wolseley hof verskyn waarna ‘n streekhofdatum toegeken sal word. Agtergrond Riaan Fredericks (26) was Dinsdag 10 Desember 2019 by sy huis op Kluitjieskraal toe ‘n argument daartoe gelei het dat hy met ‘n mes gesteek is. Hy het op die toneel gesterf. Die moord het omstreeks 11:50 by Kluitjieskraal, Wolseley, plaasgevind. Fredericks was saam met ‘n vriend by die huis toe Franco Tieties (18), verby stap en na Fredericks se vriend roep. Fredericks het die vriend gekeer en self nader gestap. ‘n Argument het tussen die mans begin waarna die Tieties ‘n mes uitgepluk en Fredericks in die bors gesteek het. Fredericks het terug na die woonhuis gestrompel waar hy op die huistrappe inmekaar gesak en gesterf het.
Non-Contact Infrared Thermometer
We are a registered essential service and are still performing maintenance services. PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG 087 095 3617
087 095 361 7
info@jptek.co.za www.jptek.africa
sales@jptek.co.za
R1 650 incl. VAT per unit
www.jptek.africa IN STOCK. AVAILABLE WHILE STOCK LAST
INTEGRATED TECHNOLOGY SOLUTIONS
WITZENBERG HERALD
Friday, May 22, 2020
5
6
WITZENBERG HERALD
classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Jakobus Markus
1959/09/15 - 2020/05/13 Privaat begrafnis: Son. 24 Mei 2020
Slegs 45 naasbestaandes. Afstand van 1,5m moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Onthou om hande te was of gebruik sanitizer
Huis: 12:00, Klapperstraat 8, Tulbagh Graf: Tulbagh
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Magrieta de Bruyn
1949/04/03 - 2020/05/17
Die familie van wyle Magrieta de Bruyn, wil graag hul opregte dank en waardering betuig teenoor naasbestaandes, vriende en belangstellendes, wat op watse wyse ookal behulpsaam was tydens die heengaan van ons geliefde moeder. Die Here seën.
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Hector Hanekom
082-399-4068 Services: sell, install & repair
✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o
Friday, May 22, 2020
Finansies en geld in rekening, lotto en powerball, geluk olie vir perde en casino, geld binne 24 uur. Vertraagde werk deur ander genesers gratis, eis u pensioen- of voorsorgfonds binne 3 weke. Magic beursie, verhoudings en swangerskap.
Skakel Julius 083-388-2491
Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensioners pay after job is done. Skakel or whatsapp 071-707-2066
PLANT AND TOOL HIRE
1999/05/21 - 2018/03/25
Jy is nou 2 jaar en 2 maande weg van ons. Baie geluk, jy sal nou jou 21ste asook kroonverjaarsdag gevier het. Ons mis jou nog baie my kind. Rus in Vrede. Van pa Baai, ma Hester, Vivian, Hilla, Tasha en kinders
Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 3162021 w.t.o.
prof Prins
My naam is Nicole van Paarl en my lewe was baie swaar sonder geld. Nou is dit nie meer ‘n probleem nie, sedert prof Prins my geseën het. Na 32 jaar van swaarkry het prof Prins my lewe kom red. Kom kry ‘n sleutel om alle geslote deure in jou lewe te open. Kom na prof Prins, ek waarborg jou lewe sal verander. Probeer prof Prins altyd. Skakel of whatsapp
083-885-8142
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414
c/o Vos- & Faure Street 83
Wêreldwye wettige besigheidsgeleentheid CROWD1. Verdien Woensdae bonusse en hanteer u eie rekening. As u belangstel of vir meer inligting skakel of whatsapp 071-549-0317 c/s CX16 22/5
Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin. KOOP ASB. PLAASLIK
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300 Jes. 55:7 “Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.”
Evangelis Jacobs
WITZENBERG HERALD
7
Friday, May 22, 2020
Kospakkies - kan jy help?
Fabriek weer oop na vier dae RHODES Food Group, een van die grootste werkverskaffers op Tulbagh, het Woensdag 13 Mei weer heropen nadat die fabriek tydelik vir vier dae gesluit was. Die fabriek is Saterdag 9 Mei tydelik gesluit nadat nege werknemers vroeër positief vir COVID-19 getoets het. Maatreëls is in plek om personeel sowel as kliënte se veiligheid te verseker en almal moet voorgeskrewe protokol van die departement van gesondheid en die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NIOS) volg. Die fabriek is ook deeglik ontsmet. * RFG het ook ‘n COVID-19 taakspan saamgestel en projekte is geloods om werkers landswyd tydens die krisis te ondersteun. RFG het reeds R6 miljoen hiervoor bewillig en senior bestuurslui het ook salarisverlagings geneem om die fonds te ondersteun.
Veiligheid van bloedskenkers, personeel en pasiënte bly ‘n prioriteit DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) wil graag vir bloedskenkers verseker dat dit veilig is om bloed te skenk en dat personeel en bloedskenkers ons top prioriteit bly. Die WKB het daarom verdere voorsorgmaatreëls ingestel om die veiligheid van bloedskenkers en personeel te verseker namate die COVID-19 pandemie ontwikkel. Alle WKB personeellede het ‘n sak grootte, alkohol gebaseerde handontsmettingssproei gekry en gemeenskaplike handontsmettingstasies is beskikbaar by alle ingange op die perseel asook by alle bloedskenkklinieke. Alle oppervlaktes en toerusting by bloedskenkklinieke word gereeld ontsmet. Alle personeel het ook persoonlike beskermende toerusting (PPE) gekry soos gesigsmaskers, en gesigskerms vir diegene wat in direkte kontak is met skenkers. Alle bloedskenkers moet ook hul gesigsmasker dra wanneer hulle kom bloed skenk. Skenkers sal ook ‘n COVID-19 risiko-assessering vraelys invul voordat hulle kan bloedskenk. Sosiale distansiëring word gehandhaaf deur die hoeveelheid beddens by klinieke te verminder, die aantal bloedskenkers op enige gegewe tydstip te beperk en toubeheer word ook toegepas. Hierdie voorsorgmaatreëls voldoen aan al die vereistes van die ontwikkelende wetgewing, sowel as die beste praktykriglyne van
die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en internationale bloedoortapping owerhede. “Die veiligheid van personeel, bloedskenkers en pasiënte was nog altyd ons belangrikste prioriteit en die Diens het sedert die begin van die COVID-19 pandemie streng higiëne- en voorsorgmaatreëls inplek gestel om veiligheid verder te verseker”, sê dr. Gregory Bellairs, uitvoerende hoof en mediese direkteur by die WKB. Die WKB wil nogmaals beklemtoon hoe uiters belangrik dit is dat skenkers sal aanhou om bloed te skenk sodat ons die WesKaap kan voorsien aan voldoende, veilige bloed gedurende hierdie uiters uitdagende tydperk. WKB doen ‘n beroep op alle nuwe en gereelde bloedskenkers, wat aan alle bloedgroepe behoort, om te kom bloed skenk. Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 wees, 50kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Vir meer inligting rakende waar om te skenk skakel ons gerus by (021) 507-6300 of besoek die WKB webtuiste by www.wcbs. org.za WKB wil namens hul pasiënte, baie dankie sê aan hul getroue en lojale skenkers wat gedurende hierdie inperkingsperiode steeds uitkom en lewens red.
COVID-19 impact - Now is the time to advertise
Jumpstart your business
Advertise NOW!
WEENS die geweldige impak wat die COVID-19 virus op die Witzenberg-gemeenskap het en mense wat nie kos op die tafel het nie oor hulle die afgelope twee maande geen inkomste ontvang nie, word inwoners nou gevra om te help. Ceres Moedergemeente se sopkombuis het tot stilstand gekom toe die regering verantwoordelikheid vir die haweloses oorgeneem het. Daar is egter groot hongernood in die Ceres-omgewing. Drie vroue help tans uit hul eie sak en met donasies van sop en brood om kos aan ongeveer 500 mense te voorsien. Die sopkombuis se mense ondersteun ook nou die vroue. Tans is daar twee groepe in Rooikamp en op P.A. Hamlet. Met die nood wat elke dag toeneem het, het die vroue nie genoeg middele om in die nood te voorsien nie. Inwoners wat graag vir honger mense wil kos gee, maar nie self fisies kan nie, kan
hier help! Die hulp gaan direk na die honger mense - nie via die staat/regering of ‘n derde party nie. Die vroue ontvang slegs bestanddele - nie kontant nie. Bydraes “Jy kan die volgende produkte skenk: Bruin brood, Royco dik groente soppoeier, sopmengsel, wortels, sopbene asook mieliemeel of groente wat in sop gebruik kan word. Jy kan ook jou donasie EFT na OK wat dié bestanddele by die vroue aflewer”. Stuur net ‘n bewys aan Alba by 083-298-3994. Die bankbesonderhede: Vallei Mini Mark, Nedbank tjekrekening, takkode: 198765, rek no: 1190059681 met verwysing: Projek Lilly. Inwoners word gevra om te bid vir die projek en veral vir die vroue wat kook se gesondheid. Die projek word in samewerking met die Rooi Kruis en Dirk Swart aangepak. Vir enige navrae skakel Alba Muller of Christine Basson by 076-033-8505.
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, May 22, 2020
Witzenberg Herald
Hennie pak wedloop aan om fondse vir WAPD in te samel WITZENBERG APD vra inwoners en sakelui om meer bewus te wees van die omstandighede van gestremdes en hul families in die Witzenbergstreek. Gestremdes vind tans geen baat of verligting wanneer dit kom by aflewering van kospakkies nie. WAPD het al voor die COVID-19 krisis finansieël gesukkel en ook om ‘n administratiewe persoon te onderhou. Nou het WAPD kragte saamgesoer saam met Hennie Moses (links) en die Ceres atletiekklub om te help om fondse in te samel. Hennie, ‘n afgetrede onderwyser, gaan op
Saterdag 23 Mei tussen 06:00 en 09:00 die 42.2 km Phillipides marathon in ‘n sirkelroete om Ceres aanpak. Dit is ook ‘n boodskap van Hoop. Die roete geskied oor 4.5 rondtes met die eerste drie kilometer in Dennesingel. Hennie gaan in Lyellstraat begin via, Barlinka, Starking deur skoolstegie, Eilandstraat langs die rivier af en oor die treinbrug na St. George en Fabriekstraat. Hennie gaan verder in St. Luke-, Buckingham, Voortrekker, Retief en Vosstraat hardloop via Skurweberg- en Vierdelaan oor die rivierbruggie na Kiewietstraat agter die hospitaal
om af in Dennesingel, Krigestraat, Gholfsingel, Randstraat tot op die hoek van Lyellen Sportstraat. Hy gaan klaar maak by die WAPD kantoor by die Welsynsentrum in Lyellstraat. Skenkings Die gemeenskap kan kospakkies skenk aan WAPD en dit by hul kantoor aflewer. Vir diegene wat kan help met donansies - dit kan by ABSA, tjekrekening 407-3055454 inbetaal word. Vir enige navrae of borgskappe, kan belangstellendes vir Hennie skakel by 078052-4260.
WERELD rugby beleef tans ‘n stilstand weens die COVID19 virus. Maar daar is ook positiewe nuus. Die Hanekombroers van Ceres, Storm en Cameron, het kontrakte onderteken om hul rugbyloopbane by die Newport Gwent Dragons in Wallis en by die Blou Bulle voort te sit. Newport Gwent Dragons het die dienste van Storm (links), ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr en 2019 WP rugbyakademielid, vir twee jaar bekom. Hy het ook tyd vanjaar saam met die Newport Gwent Dragons se o/20 span deurgebring. Cameron Hanekom (foto bo), tans 'n matriekleerder van Paarl Boys High en oudleerder van Charlie Hofmeyr, gaan hom vroeg in 2021 by die Bulle se oefengroep aansluit.
Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.
PUT YOUR
WHERE
YOUR ♥ IS KOOP PLAASLIK BUY LOCAL
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○