3 minute read

gelede in die Zoutpansberger

Hierdie week, 25 jaar gelede, het onmin tydens die maandelikse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op Louis Trichardt in ‘n bekgeveg geëindig, met dreigemente van fisiese geweld toe ‘n GPF­lid ‘n inwoner met die woorde “ek breek jou vingers af” gedreig het. Tydens die vergadering het die destydse Hawama Noord Kindersorgsentrum vir hawelose kinders onder bespreking gekom. ‘n Vuurwarm debat het egter ontstaan tussen wyle oom Frans van der Merwe (wat reeds toe nou betrokke was by die versorging van hawelose straatkinders) en lede van die GPF. Dit nadat die voorsitter van die GPF gesê het hulle het ‘n komitee aangestel om klagte rondom die kinderhuis te ondersoek. Van der Merwe wou weet wie aan hulle (die GPF) ‘n mandaat gegee het om die “sogenaamde klagte” te ondersoek, aangesien die huis onder die beheer van die Departement van Gesondheid geval het. Die debat het breekpunt bereik toe ‘n polisiekaptein tydens die vergadering begin uitbrei het oor ‘n saak weke vantevore, waar sy na die tehuis gegaan het en Van der Merwe haar van betreding aangekla het. Van der Merwe het haar gewaarsku dat sy besig was om die wet te oortree deur te praat oor wat toe onder ondersoek was en waarvan hulle twee die hoofgetuies was. ‘n Ander lid van die GPF het toe die opmerking gemaak dat Van der Merwe “seker gesuip is”. Hy het ook vir Van der Merwe gesê hy gaan sy vingers breek as Van der likkewane hier. Dit was toe nou nie ‘n likkewaan nie, maar ‘n krokodil! Ek het my baas gebel en gesê: Julle sal my nou nie glo nie, maar hier is ‘n krokodil in die straat. Ek het hom toe agtervolg, maar dit het skielik hard begin reën en die krokodil is die bos in,” het Du Plessis gesê.

Advertisement

Krokodil gryp hond aan lip

Steeds in Musina het ‘n ander krokodil omstreek 00:30 Woensdagoggend ook amok gemaak.

Volgens inwoner Belinda Kruger bly hulle in ‘n doodloopstraat (Van der Merwestraat) met reënwater wat in die straat af deur hulle erf spoel. Hulle het Woensdagoggend wakker geword van hulle honde (twee Staffies buite en twee kleiner honde in die huis) wat die heeltyd blaf. Kruger het gesê die een hond blaf heeltyd vir alles, en hulle het bloot gedink hy is nou weer besig om iets te jaag. Intussen het haar 12-jarige dogter opgestaan en die deur oopgemaak vir haar steekbaardbrakkie. Dié het uitgehardloop. “Die volgende oomblik hoor ons net hoe tjank die een hond. My man het uitgehardloop saam met ons dogter. Oomblikke later het hy teruggekom en vir my gesê daar lê ‘n krokodil onder ons sleepwa. Ek het vir hom gesê dit kan nie wees nie! Daar kan nie ‘n krokodil in ons erf wees nie. Maar daar was!” het Kruger gesê. Sy vermoed die krokodil het onder hulle hek deur ingekom.

Kruger-hulle het daarna vir bykans ‘n uur gespook om die krokodil te vang. Einde ten laaste het hulle ‘n tou om sy snoet gekry. Toe sy bek toe was, was hy heel rustig. Die krokodil was ook sowat een-en-‘n-half meter. Ná die tyd sou ook blyk dat Kruger se een Staffie, Geralt, ‘n bytplek aan sy lip weg het waarvoor hy steke moes kry. Die krokodil is saam met Geralt veearts toe waar hy ‘n “check-up” gekry het en later in ‘n plaasdam weer vrygelaat is.

“Ons waardeer die reën, maar dit raak bietjie te erg as jy krokodille in jou erf begin kry,” het Kruger gesê.

Kyk waar jy trap

Met Sikloon Freddy in aantog en die moontlikheid van nog swaar reën oor die streek kan nog krokodille dalk hulle weg na woongebiede vind. Ja, hulle kan vir kilometers rondloop. Inwoners word dus gemaan om maar te kyk waar hulle trap, veral as hulle snags buite loop.

Merwe weer na hom beduie. Die voorsitter het toe vir Van der Merwe gevra om die vergadering te verlaat omdat hy mense ontstig.

In ander voorbladnuus daardie week het verskeie inwoners protes aangeteken teen die stadsraad se planne om erwe noord van Stubbsstraat in Louis Trichardt te ontwikkel. Die stadsraad het herhaaldelik teenkanting van die publiek hierteen ontvang, tot in 2022, toe die raad sonder enige konsultasie net begin het met die ontwikkeling van erwe in die gebied wat deur omgewingsbewustes beskou word as ‘n noodsaaklike deel van die dorp se “groen gordel”.

MAKHADO CARE GROUP IS A NON PROFIT ORGANISATION WHICH ASSISTS WITH THE CARE OF CANCER PATIENTS IN THE MAKHADO AREA

CONTACT DETAILS: Dr Casper Venter: 082 857 0022

Dr Emil Gaigher: 082 892 8862 Jernay Mcleod: 086 403 5752 Angela Brennan: 082 902 6271

This article is from: