Constantiakruin Nuus Julie 2016

Page 1

Nuusbrief vir lede van Constantiakruin Gemeente Julie/July 2016 Newsletter for members of Constantiakruin Congregation

Geliefdes in die Here Jesus Christus,

Beloveds in the Lord Jesus Christ,

Ons is reeds in Julie maand, wat beteken dat die jaar oor halfpad is! Dis goed om terug te kyk oor die afgelope ses maande en onsself as gelowiges 'n paar vrae te vra. Antwoord in jou stiltetyd daarop en wees met jouself eerlik:

We are already in the month of July, that means that half the year is gone! It is good to look back over the last six months and ask ourselves, as believers, a few questions. Answer them during your quiet time and be honest with yourself:

1. Watter waarhede het jy oor God geleer van Januarie-maand af? 2. Hoeveel ongelowiges het die Goeie Nuus geleer deur jou lewe en getuienis? 3. Is daar enige sonde (van Januarie af) in jou lewe aanwesig waarmee jy steeds volhard? 4. Op 'n skaal van 1 tot 10, hoe sou jy jou gebedslewe beoordeel? (1=swak en 10=sterk) 5. Wie ken die Here beter en wie se lewe het verander, omdat jy in daardie persoon belê het? 6. Sal jou vrou/kinders/vriende kan getuig dat jy nader aan die Here Jesus leef, of eerder verder? 7. Het jy CK medegelowiges regtig lief, ten spyte van hul persoonlikhede en tekortkominge? 8. Het jy daardie persoon wat jy die minste liefhet, ter wille van Christus begin aanvaar, vergewe en begin liefhê? 9. Het die Heilige Gees begin om nuwe gewoontes in jou lewe te vestig? 10.Sou jy sê dat jy nou 'n Christen of 'n dissipel van Jesus is?

1. What truths about God have you learnt since January? 2. How many unbelievers have learnt about the Good News through your life and witness? 3. Are there any sins (since January) present in your life with which you are persisting? 4. On a scale of 1 to 10, how would you judge your prayer life? (1=weak & 10 = strong) 5. Who knows the Lord better and whose life has changed, because you have invested in that person? 6. Would your wife/children/friends say that you live closer to Jesus, or further away? 7. Do you really love CK fellow believers, in spite of their personalities and short comings? 8. Have you, for Christs sake, started accepting, forgiving and loving that person that you love least? 9. Has the Holy Spirit begun to establish new habits in your life? 10.Would you say now that you are a Christian or a disciple of Jesus?

Hierdie vrae plaas jou lewe onder God se vergrootglas, want die sleutelvraag is of jy in jou geloof of dissipelskap regtig groei. Geen gelowige kan aan die einde van die jaar bely dat daar eintlik niks in hulle verhouding met God gebeur het nie. Om net eredienste by te woon, geld te gee en aan te gaan met jou lewe soos altyd, is Christenskap, maar om regtig te verander in jou karakter en te bly groei en 'n impak te maak waar jy woon en werk, is dissipelskap.

These questions put your life under God’s magnifying glass, because the key question is whether you are really growing in your faith or your discipleship. No believer can confess at the end of the year that nothing actually happened in their relationship with God. To attend the services, give money and carry on with your life as it always was, is Christianity, but to change in your character and keep growing and making an impact where you live and work, is discipleship.

Iemand skryf dat mense in gemeentes siek bly. Sondae sing hulle halleluja en Maandae slaan en vloek hulle mekaar by die huis en werk en pleeg karaktermoord! Niemand kan met 'n lewe wat net op Sondae werk, voortgaan nie. Ons het diepe transformasie in ons diepste menswees nodig. Dankie tog dat die Here vir ons Sy Gees en Woord gegee het wat ons alles leer wat ons in ons emosionele-, verhoudings- en geestelike lewe (een lewe) nodig het om te groei en te genees. Ja, geestelike groei is die antwoord op baie van ons probleme, want ons het net een lewe!

Someone wrote that people in congregations remain sick. Sundays they sing hallelujah and Mondays they verbally and physically abuse people at home and work - denigrating their characters! Noone can continue with a life that only works on Sundays. We have need of deep transformation in the depths of our humanity. Thank goodness that the Lord has given us His Spirit and Word that teaches us what we need in our emotional-, relational- and spiritual life (one life) to grow and heal. Yes, spiritual growth is the answer to many of our problems, because we only have one life!

Daarom het ons in Pinkster begin om jou aan gewoontes of ritmes bloot te stel, sodat nuwe gewoontes jou kan help om 'n gesonde groeilewe saam met Jesus te kan ontwikkel. Dit is so goed iemand wil fiks word, maar draf nooit, eet te veel en gaan net voort met sy ou gewoontes. Nee, 'n persoon oppad na fiksheid toe verander sy gewoontes, staan vroeg op, strek, draf, eet reg, drink water....en na 'n lang tyd begin die fiksheid en beter voel kom! Dis waarheen CK oppad is in die jare wat kom. Genoeg verskonings gehad, werklike groei deur die Gees en 'n gemeente wat egte dissipels van Jesus begin word het in woord, daad en impak.

Therefore during Pentecost we started to expose you to habits or rhythms, so that new habits can help you to develop a healthygrowing- life together with Jesus. Talk is easy, someone wants to get fit, but never jogs, eats too much and just continues with his old habits. No, someone on the road to fitness changes his habits, gets up early, jogs, stretch exercises, eats right, drinks water....and after a long time the fitness and feeling better comes along! This is where CK is going in the years ahead. Had enough of excuses, genuine growth through the Spirit and a congregation that starts becoming genuine disciples of Jesus in word, deed and impact.

Moenie met jouself moed verloor nie. Maak nie saak hoe skuldig jy voel oor die vrae hierbo nie, of oor wat in jou lewe verkeerd is nie, die Gees van Jesus wil jou nuut maak, vorm en lei.

Be courageous, don’t give up! Doesn’t matter how guilty you feel about the questions above, or about what is wrong in your life, the Spirit of Jesus will make you new, form and lead you.

Gehoorsaam en wees getrou in jou lewe, al agter Jesus aan!

Obey and be faithful in your life, following after Jesus!

Groete van huis tot huis. ●

Greetings from our home to yours. ● Dr Anton Fick

Dr. Anton Fick


'N SPESIALE 9 DAG TOER NA ISRAEL 2017! Ek hoor dikwels dat gelowiges hierdie een begeerte het en dis om Israel te besoek saam met vriende en bekendes! Wel hier is die geleentheid duisend!

Constantiakruin Jeugbediening hou daarvan om toegerus, ingelig en gemotiveerd te wees. Tien van ons kategete het die Bou-Bou-Bou die Koninkryk Kinderkonferensie op 28 Mei 2016 bygewoon. Die wêreld van kinder- en jeugbediening wriemel met nuwe idees vir kinders en jongmense om regtig in die teenwoordigheid van God te leef. Vernuwing vind oral plaas in die velde van lofprysing, eredienste, storievertel, bababediening, poppekas en selfs kinderbedieningsstrategieë. Ons kategete het hierdie konferensie met groot oorgawe geniet en is sommer weer vol planne.

Dr Anton en Adrie Fick lei 'n spesiale toer na Israel vanaf Vrydagaand 9 tot Sondag 18 Junie 2017. Om dertig dorpe en moet-sien plekke te besoek, maak hierdie toer spesiaal. Al die bekende bakens word besoek en dan buitengewoon die Genesis land waar ons 'n gevoel kry van die leefwereld van Abraham op sy reis deur die beloofde land, asook Wadi Qelt waar die verhaal van die barmhartige Samaritaan afspeel. 'n Stap in die muur van die ou stad bly asemrowend en die ontdek van Israel van die Dooie See tot by Joppe, gaan vir jou 'n persoonlike geestelike reis wees.

Constantiakruin se Jeugbediening is bevoorreg om toegewyde gelowiges te hê wat ons jeug se belange ten diepste op die hart dra en daarom sê ons vir alle betrokke personeel: “baie dankie!” ● Dr. Wicus van der Merwe Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig. Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal.

Israel 2017

Daar is plek vir 24 persone en 'n deposito van R10 000 word teen Januarie 2017 verlang, sodat die vliegtuigkaartjies vasgemaak kan word. Teken die datum aan en hou die spasie dop vir inligting en ook inligtingsaande! Praat met jou familie en vriende oor hierdie onvergeetlike Israeltoer! ● Dr. Anton Fick

Galasiërs 5:24&25 (Nuwe Lewende Vertaling 2006)

Die Constantiakruin-span wat onlangs na Makatini in KZN is om daar ’n verskil as gestuurdes te maak, kan getuig van vele wonderwerke tydens hul uitreik! Hou gerus die volgende uitgawe van Kruinbasuin dop om meer hieroor te lees.

Baie dankie vir al die bydraes ten bate van die Hulp & Hoop-bediening. Constantiakruin het ruimhartig gegee!

Nieu Zealand born pastor Paul Siaki, recently visited Constantiakruin’s English Congregation. Siaki, who has made South Africa his home together with his family since 1998, is the founder of the Ruimsig Community Church. He delivered a powerful message based on the question: “What is the real, real you are striving for?”. He urged believers to find out what their Godly purpose is in this world. ●

Hulp & Hoop se Gholfdag te Krugersdorp vind op 16 September 2016 plaas. Skakel vir Maggie Lindeque indien jy wil deelneem of betrokke raak, by 083 265 4930. ●


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.