Stories vir lewe Omgeehandleiding

Page 1

Handleiding met Dagstukkies en Gespreksriglyne vir Kleingroepe


Jesus se woordprentjies wat jou vorm Stories! Eeue lank al het stories mense vermaak, laat lag, droom en huil. Stories fassineer ons. Toe kom daar ‘n Meester-storieverteller. Met meesterlike vaardigheid gebruik Hy woorde om prentjies te teken, waardes te illustreer en splinternuwe dinge oop te maak waaraan niemand vroeër kon dink nie. Mense het God nuut leer ken: as ‘n Vader wat vergewe al word Hy beledig. Skielik begin hulle verstaan hoe werk vergifnis en gebed en nederigheid en gehoorsaamheid... Ons noem daardie stories gelykenisse. Hulle vertel ons nie net hoe om te lewe nie, hulle word in Jesus se mond die bron van lewe. Vandaar die titel: Stories vir lewe. Jy hou in jou hand die resultaat van ‘n groot groep leraars uit verskillende kerke wat in verwondering die pad saam geloop het. ‘n Pad waarin ons nuut ontdek het hoe kragtig Jesus se gelykenisse is. Eeue lank al eggo daardie wysheid en verander dit lewens. Soos ons s’n. Ons gebed is dat hierdie 40-dae reis nuwe lewe vir jou sal beteken. Gerrie Doyer Namens al die medewerkers

2


Wat is die betekenis van ons embleem? Kyk bietjie mooi na die embleem op die voorblad. Sien jy die boek waarin Jesus se gelykenisse opgeteken is? Kyk hoe straal daar lig en krag uit sy bladsye. En die figuur vóór die boek? Dit lyk mos asof hy iets baie besonders ontdek het, nè? Daarom die arms só uitgestrek na bo. Dis dalk jy. Besig om Jesus se kosbare stories vir lewe te (her-)ontdek. En dan met vreugde en volheid te lewe.

Kom reis saam!

Jesus se gelykenisse is altyd daarop gemik om die gevestigde sosiale en ekonomiese strukture van hierdie wêreld - wat ons vir ons eie gerief en sekuriteit geskep het - op die kop te draai of te ondermyn. Elke gelykenis suggereer dat God se koninkryk ander waardes het as hierdie wêreld s’n - omgekeerde waardes! ~Sally McFague~

3


‘n Reeks oor Jesus se gelykenisse en die implikasies daarvan

Week 1

Die saaier se droom Week 2

Vaderliefde par excellence Week 3

Moet nóóit tou opgooi nie Week 4 Dis net ‘n skurk wat nie vergewe nie Week 5

Hoogmoed kom tot ‘n val Week 6

Dissipelskap is nie so duur soos jy dink nie… dis duurder!

4


Mens tot Mens

God

Tyd om God te loof en te prys en sy Naam groot te maak

God tot

Vind as groep uit wat God vir julle sê

Mens tot

Mens Skriflesing

Tyd om die Woord te lees. Bid saam dat God die Woord sal oopmaak

Vrae

Ons leer die Woord beter ken deur vrae te bespreek

Mens tot Medemens

“Hy

Hoor hoe dit met mekaar gaan deur die vrae te beantwoord

Nou is dit tyd om te bid en mekaar te seën vir die week wat kom

Gebruik die stukkie Bybelstukkie om saam met die wat vir in geluk geluk.” stil te word in elkeglo, dagbesit Here Gebbel jou besige dag 5


Week 1

Die saaier se droom

Elkeen van ons het dit al ervaar dat ons ‘n geestelike waarheid by iemand leer ten spyte daarvan dat ons nie gedink het ons iets by die persoon kon leer nie. Deel ‘n bietjie so ‘n ervaring met die groep.

Kom ons loof die Here deur gebede waarin ons vir Hom sê hoekom Hy ons asem wegslaan. Dan kan ons Hom ook met ons liedere eer.

Kyk na die DVD.

Lees Matteus 21:28-32 28“Wat sê julle hiervan? Daar was ’n man met twee seuns. Hy het vir die een gaan sê: ‘Seun, gaan werk vandag in die wingerd.’ 29‘Ek wil nie!’ antwoord hy, maar later het hy spyt gekry en tog gegaan. 30Die man het toe na die ander seun toe gegaan en vir hom dieselfde gesê. Hy het geantwoord: ‘Goed, Pa,’ maar hy het nie gegaan nie. 31Wie van die twee het gedoen wat hulle pa wou hê?” Hulle sê: “Die eerste.” Toe sê Jesus vir hulle: “Dit verseker Ek julle: Tollenaars en prostitute gaan eerder as julle in die koninkryk van God in. 32Johannes het gekom om julle die regte pad te wys, en julle het hom nie geglo nie, maar tollenaars en prostitute het hom geglo. Maar selfs toe julle dit sien, het julle nie agterna berou gekry en hom geglo nie.”

6


1. Deel met mekaar wat julle opval van hierdie gelykenis. Dalk is daar iets vreemd of miskien is iets vir jou onduidelik. Deel julle gedagtes met mekaar soos julle hardop saamdink.

2. Wat kan ons vanuit die konteks – die gedeeltes voor en na hierdie gelykenis – aflei oor die moontlike betekenis van hierdie gelykenis?

3. Vergelyk die eerste en die tweede seun se woorde noukeurig met mekaar. Watter seun sou jy sê tree met groter respek op?

4. Vergelyk nou al die daadwerklike aksies van die 2 seuns. Watter seun se optrede spreek jou meer aan?

5. Wat dink julle is die kerngedagte van hierdie gelykenis?

7


6. Hierdie gelykenis is soos ‘n spieël wat Jesus voor ons hou. Wat sien jy daarin ten opsigte van jou eie gesindheid en optrede?

è Deel met die groep wat die Here op jou hart druk om ‘n

doener van God se Woord te wees. è Kom ons vra die Here om ons te sterk in ware gehoorsaamheid.

8


Dag 1 Maandag

Die Saaier

God is die gróót Saaier in ons lewe. Hy saai die Woord, mense, ervarings, kennis en nog vele meer om in ons lewe te ontkiem en vrug te dra. Maar elkeen van ons is ook ‘n saaier in eie reg. Ons belê weer in ander se lewens met tyd, insette en moeite. Die gróót Saaier is intensioneel oor die saad wat Hy saai. Maar Hy wag ook geduldig vir die natuurlike groeiproses. Modelleer ek dit in die manier waarop ek saai? Is ek intensioneel genoeg ten opsigte van die mense in wie se lewe ek belê? Is ek geduldig genoeg met hulle groeiproses of probeer ek situasies ryp druk? Kom ons vra vir die Here vandag vir wysheid en sensitiwiteit in die manier waarop ek in ander se lewens saai. Skryf ‘n gebed hieroor hier neer:

9


Dag 2 Dinsdag

Die saad wat op die pad val

Lees Matteus 13:3 & 19 13 "‘n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ‘n deel van die saad op die pad geval, 19 Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. Dit gaan hier oor die mense wat volstrek weier om die woord te aanvaar en gehoorsaam. Wat interessant is, is dat hier van die aandeel van die duiwel gepraat word. Hy probeer opsetlik om te keer dat ons die Woord moet glo en aanvaar. Ons moet daarop bedag wees dat die duiwel wil keer dat ons gehoorsaam aan God sal wees. Hy wil nie net hê dat ons nie moet glo nie, maar ook dat ons nie die Woord met ongelowiges moet deel nie. Wat wil jy vir die Here in verband hiermee vra? Skryf ‘n gebed hieroor hier neer:

10


Dag 3 Woensdag

Die saad wat op die klipbanke val

Lees Matteus 13:5 & 20-21 5‘n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. 20 Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21 Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Ons moenie dink dat as ons die Woord gehoor het, dit genoeg is nie. Ons moet die Woord ook bewaar en beskerm teen alle pogings wat kan keer dat dit vrug dra. As die Woord nie lewensdiepte kry nie, kan dit wel opskiet, maar nie regtig groei en vrug dra nie. Die saad is altyd goed, maar daar is nie altyd goeie grond nie. Vra God om oppervlakkigheid uit jou lewe uit te haal. Skryf ‘n gebed hieroor hier neer:

11


Dag 4 Donderdag

Die saad wat tussen die

Lees Matteus 13:7 & 22 7 ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. 22 Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. Die dorings word as die sorge van die lewe wat die groeiende koring verstik, verklaar. Dit gaan nie oor hoe veilig en gelukkig ons bestaan op aarde is nie. Dit is juis waar die saad sy vrug moet dra. Die sorge het gekom omdat die wêreld van God en sy Woord vervreemd geraak het. As ons buite God om werk, sál daar sorge wees. Ons is geneig om God te ignoreer en dit laat die saad wel in ons harte groei, maar sonder dat dit vrug dra. Ons moet die Here vra om ons te help om dit uit ons lewe te weer, sodat sy Naam verheerlik kan word. Skryf ‘n gebed hieroor hier neer:

12


Dag 5 Vrydag

Die saad op die goeie grond

Lees Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig." Wat is dit wat van grond “goeie grond” maak? Wel, waarskynlik is dit omgespit, skoongemaak, kompos ingewerk, natgespuit... Daar is ‘n hele rits dinge wat meegewerk het om gewone grond in goeie grond te verander, om dit sodoende ontvanklik vir goeie saad te maak. Dink ‘n bietjie aan jou eie geestelike reis. Heelwaarskynlik was daar mense wat jou – doelbewus of onbewustelik – geestelik voorberei het om “goeie grond” te word. En heelwaarskynlik is jy vormend in iemand anders se lewe. Dank die Here vir die mense wat in jou lewe ingebou het, en vra die Here wie die mense is in wie se lewe jy vormend kan optree. Wie is hulle? Skryf hulle name hier neer en dank die Here vir hulle invloed op jou.

13


Dag 6 Saterdag

Die saad

Lees Matteus 13:8 Die ander saad het in goeie grond geval en ‘n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. Die saad wat die saaier gesaai het en wat in die goeie grond geval het, het ‘n buitensporige groot opbrengs opgelewer. Enige opbrengs van dertig- tot honderdvoudig is onnatuurlik groot en Jesus se gehoor het dit geweet. Dit is ’n Godgrootte oes – sonder God sou dit nie moontlik wees nie. Maar dit sê ook vir ons iets oor die gehalte van die saad. Die saad was van ‘n kwaliteit wat God se goedkeuring weggedra het. Wat is die saad waarmee ons in mense se lewens saai? Is dit wysheid wat ons uit God se Woord kry, of is dit maar pittige sêgoed wat enige wêreldling uit sy duim kon suig? In 1 Korintiërs 3:13 sê Paulus dat die gehalte van elkeen ons se werk – ons sou kon sê die kwaliteit van ons “saad” – gaan met vuur getoets word en die kwaliteit daarvan sal aan die lig kom. Die tyd is verby dat ons goedkoop salf in ons eie lewe en ander s’n kan aansmeer. Wie wil aan strooihalms vashou as jy aan God kan vashou? Kom ons keer terug na die Woord van die Here en gebruik dit as die saad wat ons saai. Dit is immers die enigste saad wat die toets van tyd deurstaan en ‘n Godgrootte opbrengs kan oplewer. Vra die Here om jou met dié saaiproses te help:

14


Week 2

Vaderliefde par excellence

Verlede week het ons in die erediens na die storie van die saaier en die saad geluister. En die saad op die goeie grond het baie goeie vrug gedra. As jy terugkyk oor die afgelope week, waar het jy vrug van saad wat in goeie grond groei, gesien? Hoe het verlede week se Storie vir Lewe jou in jou vorming as dissipel gehelp?

Dink aan al die seëninge wat julle het en loof die Here met liedere en gebede. (Kyk of julle Matt Redman se lied: “10 000 reasons” kan opspoor en kyk / luister.)

Kyk na die DVD. Vertel die verhaal van die verlore seun sin-vir-sin in julle groep. Elkeen dra net een gedagte by op 'n slag. Moenie dit jaag nie, kyk hoe lank julle dit kan uitrek. Julle kan ook digterlike vryheid gebruik om die verhaal ‘n bietjie in te kleur. Lees die verhaal nou in Lukas 15: 11-32. Kyk of daar elemente van die verhaal is wat julle in julle vertelling uitgelaat het. Gesels daaroor.

Lees Lukas 15:11-32 Die gelykenis van die verlore seun 11 Verder het Jesus gesê: “Daar was ’n man wat twee seuns gehad het. 12Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die 15


besittings wat my toekom.’ Hy het toe die goed tussen hulle verdeel. 13 “Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na ’n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe. 14Nadat hy alles deurgebring het, het daar ’n kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly. 15Hy het toe sommer by een van die mense van daardie land gaan bly, en dié het hom na sy plaas toe gestuur om varke op te pas. 16Daar het hy gewens hy kon sy honger stil met die peule wat die varke eet, maar niemand het hom daarvan gegee nie. 17 “Toe kom hy tot inkeer en sê: ‘My pa het wie weet hoeveel dagloners, en hulle het almal oorgenoeg kos, en hier vergaan ek van die honger. 18Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! 19Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.’20En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. “Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. 21Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ 22 Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ’n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier. 25“Sy oudste seun was nog in die veld. Toe hy terugkom en naby die huis was, hoor hy die musiek en die singery. 26Hy roep toe een van die bediendes nader en vra hom wat aan die gang is. 27Die bediende antwoord: ‘U broer het gekom, en u pa het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom behoue en gesond teruggekry het.’ 28“Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; 29maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos ’n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek ’n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers ’n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. 30Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!’ 31“Toe sê die pa vir hom: Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. 32Maar ons kan tog nie 16


anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.” 1. Die Fariseërs het geglo dat God Jerusalem laat verwoes het en talle mense dood is toe die Babiloniërs die volk in ballingskap weggevoer het omdat die volk goddeloos en ongehoorsaam geword het. God het hulle gestraf vir hul afvalligheid. En hulle het hulself aangestel as kampvegters vir hul volk se moraliteit. Al die wette van Moses en ook die verduidelikings van die rabbi's van vantevore moes getrou nagekom word, anders sou God wéér die volk so straf. Dus moes alle sondaars tereggewys, bestraf of tereggestel word. Daarom is owerspelige vrouens met klippe doodgegooi, en onheiliges uit die sinagoges geban. Jesus – wat ‘n rabbi was – se gedrag was uiters onwenslik toe Hy saam met vrate en wynspuipers gekuier het en toegelaat het dat sondaars aan Hom vat. Hoe help hierdie verduideliking ons om hierdie gelykenis beter te verstaan? Maak dit vir jou sin?

2. Jesus het duidelik 'n ander benadering.... Wat sou Jesus se benadering wees?

3. As jy in die storie was, êrens in :1-2, aan watter kant sou jy gestaan het?

17


4. Ons Afrikaanse mense is van kleintyd af geleer om hard te werk, die gebooie te onderhou en die regte ding te doen. Ons meng ons nie met die semels nie. Ken jy nog idiome en uitdrukkings wat dit onderskryf ?

5. Op watter manier voel jy jou goeie lewe behoort deur God in berekening gebring te word, soos die ouer broer dit graag wou hê?

6. Voel jy ook soms dat die lewe onregverdig is? Voel jy dat jy nou of in die verlede ingedoen is? Jy het jou kant gebring, maar jy is nie dienooreenkomstig beloon nie?

7. In die verhaal van die verlore seun vind ons dat albei seuns sterk emosies teenoor die pa toon, en selfs sonder respek optree teenoor hom. Bespreek elkeen se arrogansie en die redes daarvoor....

8. As die storie van die Cokes deel van die Bybelverhaal sou wees, wat sou die ouboet sê, en wat sou die jonger boet sê? Wat sou jy sê oor jou Coke?

18


9. Wat antwoord die pa vir die jonger seun? Wat antwoord hy vir die ouer seun?

10. Lees weer die woorde van die vader in :31 ‘n hele paar keer rustig. Kan jy dit vir jouself vandag toeëien?

11. Daar is 'n partytjie wat tans gebeur. God vier fees oor lewens wat verander en genade wat deurbreek. Waar sien jy die partytjie gebeur?

12. Is jy al deel van hierdie partytjie, of voel jy dit gebeur sonder jou?

Neem een minuut om oor hierdie gedeelte na te dink en neer te skryf wat jy dink die Here se opdrag vir jou is. Na die minuut stilte kry elkeen ‘n kans om te sê wat hy/sy neergeskryf het. Kom ons bid vir mekaar en vir ander dringende sake. Vertel volgende week vir ons waar jy God se partytjie gesien het en deelgeneem het.

19


Dag 8 Maandag

Intiem met Jesus

Lees Lukas 15:25-32 Johannes 14:9: En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’ Dit kan maklik gebeur dat ons jare saam met Jesus loop en 'n lewe lank al bid tot die Vader, maar nie een van hulle werklik ken nie. Die ouboet in die verhaal van die verlore seun was al daardie jare saam met sy vader. Daagliks het hy saam met sy pa gewerk. Hy het gesien hoe die vader die pad dophou terwyl die jongste weg was. Hy het die vader geken, maar toe die vader ʼn genadige hart openbaar, skop hy styf en weier om daardie sagte deel van sy pa se hart te aanvaar. Jesus sê dieselfde vir Filippus: Ons is al so lank saam. Jy het gesien hoe Ek bid, hoe Ek die wil van my Vader soek. Ek het herhaaldelik gesê dat Ek niks uit myself kan doen nie, en steeds verstaan jy nie die verband tussen my en my Vader nie? As jy hierdie studie doen, kom jy sekerlik al 'n paar jaar saam met die Here. Jy ken Hom as Verlosser, as Heer en Koning. Jy ken Hom dalk as Wonderwerker en Bron van hoop en krag. Nou nooi die Here jou nog nader: kom wees my intieme vriend. Daar waar jy jou diepste emosies met Hom deel en Hy deel word van elke faset van jou lewe. Wanneer ons sulke intieme vriende met Jesus word, verdwyn eensaamheid, want jy weet dat jy weet dat Hy altyd teenwoordig is. Dan benodig jy nie meer simpatie van ander mense nie, want jy put werklike vertroosting uit jou vriendskap met die Here. Iemand wat 'n intieme vriend van Jesus is, los 'n blywende indruk waar hulle ook al gaan: ander sien dat jou honger versadig is, dat vrede in jou heers en dat jy meer het om te gee as wat jy van ander nodig het. Maak 'n keuse vandag om nie in die strik van die ouboet te trap nie: om so besig te wees met die dinge van die Vader dat jy die Vader van die dinge nooit behoorlik leer ken nie. Hy was al hierdie tyd by sy vader, en steeds het hy nie sy vader se hart gehoor of sy motiewe verstaan nie. Kies vandag om veel meer intiem met Hom te wees. Skryf jou gebed in woorde hieronder uit:

20


Dag 9 Dinsdag

Skryf ons aan God voor?

Lees Lukas 15:1-2.

1 Samuel 3:9: en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!” Die Fariseërs het sterk opinies gehad oor wat Jesus doen, en hulle was uitgesproke daaroor. Later, wanneer Jesus die woordskildery van die verlore seun skets, tel Jesus dit op in die woorde van die ouboet. Hierdie ouboet het sterk opinies. Hy is uitgesproke. Hy sê vir die vader wat hy verkeerd doen. In twee volle verse pak hy sy hart uit. Hoe dikwels gebeur dit ook dat jy vir die Here vertel wat alles fout is en hoe dit alles reggestel moet word? Dikwels getuig ons gebede dat ons eintlik alles weet en die regte antwoorde op al die krisisse het - as die Here net wil hoor wat ons te sê het! Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee.” (Johannes 6:68). Hoe langer jy 'n navolger van Jesus is, hoe meer besef jy dat Hy die antwoorde het, nie jy nie. Jy besef jou eie sondige geneigdheid en sy suiwer wysheid. Jy besef dat jy eerder moet stilbly, want Hy het die woorde wat lewe gee. Dit lê opgesluit in die antieke wysheid van die priester Eli: Wanneer God roep, is dit nie in die eerste instansie vir jou om vir Hom voor te skryf of te vertel wat Hy alles moet doen nie. Die regte reaksie is om te vra dat Hy sal praat, en dan jou ore te spits. Wanneer ons in die gewoonte kom om dadelik te vra: "Praat, Heer, u dienaar luister!", word die lewe 'n avontuur. Die boek, Handelinge, is vol voorbeelde waar Jesus vanuit die hemel vir die dissipels leiding gegee het oor wat om te maak en te sê en waarheen om te gaan, bv. toe Filippus met die Etiopiër moes gaan gesels op die woestynpad, of toe die Here in ‘n droom vir Paulus verduidelik om Tessalonika toe uit te reik. Dink aan Petrus wat die doek vol onrein diere gesien het. Talle sulke voorbeelde bewys net dat jy nie suksesvol as dissipel van Christus kan optree as jy nie leer om jou ore te spits en te wag op sy stem en sy leiding nie. Neem tyd om jou eie hart te ondersoek: het jy onlangs in jou gebede vir die Here verduidelik hoe Hy jou verhoudings moet regstel? Of wat die eintlike antwoord vir jou finansies is, of vir jou gemeente is? Bely jou geneigdheid om vir die Here te sê wat Hy moet doen. Erken dit as hoogmoed en arrogansie. Neem dan tyd om die alternatief te bedink: Wat is die beter manier? Wat sou jou Here verkies? Skryf jou gebed hieronder neer.

21


Dag 10 Woensdag

Die proses van rein word

Lees Lukas 15: 22-23

1 Tessalonisense 5:23 Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Die verlore seun was baie verlore. Hy het liefdeloos en selfsugtig teenoor sy pa opgetree. Hy het hul verhouding seergemaak. Hy het gaan droogmaak in 'n vreemde stad deur al "sy geld te verkwis deur losbandig te lewe", en dit met "prostitute deur te bring" soos die ouboet later vertel. Hy het laag gedaal en hy het niemand anders gehad om te blameer as homself nie. Hy kom terug na die pa se huis met 'n geweldige skuldgevoel. Hy erken: "Ek is nie werd om pa se seun genoem te word nie". Maar dan doen die vader die ondenkbare: Hy raas nie, hy stel nie voorwaardes nie, hy omhels sy seun en herstel hom volkome. Dit was nie wat die jongman in sy wildste drome verwag het nie: hy kry 'n nuwe stel klere. Soos in Josef se geval toe hy 'n nuwe kleed van sy pa gekry het, is dit hier ook 'n teken van guns. Hy kry skoene vir sy voete - slawe het kaalvoet geloop, seuns kry skoene. Hy kry die seĂŤlring van die familie: dus hy kry status - hy is 'n erfgenaam van die vader, en kan optree met die vader se gesag en die familienaam verteenwoordig. Die vetgemaakte kalf word vir hom geslag - daar kon maklik tot 80 mense eet aan so 'n kalf se vleis - dus: die vader help die jongman om weer deel te word van die gemeenskap en versoen te word met almal daar. Kyk weer na die lysie: die dag toe jy na die Here gekeer het, het Hy dit alles aan jou ook gedoen. Ons dink soms net aan ons sonde wat vergewe is, maar daar is soveel meer. Ons gooi ons ou, vuil klere af, en dan ontvang ons guns, en kindskap en outoriteit en gemeenskap in die Gees. God wil ons volkome aan Hom toegewyd maak. Neem tyd om diep na te dink oor alles wat die Here reeds in jou verander het en nog wil verander. Waag dit om te bid: "Here, maak my so heilig as wat dit menslik moontlik is." Begin doelbewus om jou perspektief weg te skuif van die aardse dinge wat jou liggaam, siel en gees besoedel, en te fokus op die Here se planne, drome en doelwitte met jou lewe. Skryf jou gebed hieronder neer.

22


Dag 11 Donderdag

Toe ek weer sien

Lees Lukas 15: 3-7

1 Korintiërs 10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. As die skapie kon praat, sou sy storie soos volg wees? “Ek was nog rustig besig om saam met al die ander agter die herder aan te loop, toe ek hierdie lekker bossie met diepgroen blare sien en ek dink by myself hoe gelukkig kan een skapie wees. En een bossie het gelei na 'n volgende, en toe ek my oë uitvee, was die hele trop weg. Ek het maar net aan 'n lekker bossie geëet, maar toe ek weer sien, is ek verlore. En toe ek rondkyk om my, hoor ek hulle nie, sien ek hulle nie, en raak ek toe baie onseker oor watter kant toe ek nou moet gaan. En skielik kom al die stories by my op van wat wolwe en jakkalse met klein rondloper-skapies doen, en ek gaan lê op 'n hopie en weet nie wat om nou te doen nie." Om in sonde te verdwaal kan met enigeen gebeur. Versoekings is orals rondom ons. Laat die regte persoon maar net op die regte oomblik te vriendelik met jou wees. Of die geldlaai gaan op 'n onverwagse manier vir jou oop.... Dit word vertel dat die Engelse prediker John Bradford (1510-1555) gestaan en kyk het hoe hulle veroordeelde misdadigers na die galg toe geneem het vir 'n publieke teregstelling, en toe hierdie woorde gesê het: "There but for the grace of God, goes John Bradford". Hoe meer selfversekerd ons is, hoe gevaarliker raak die grond waarop ons staan. En toe jy weer sien, lê jou Bybel toe vir weke aanmekaar, of swig jy voor 'n buite-egtelike verhouding, of het materialisme jou lewe oorgeneem. Gebruik tyd om jouself in die skapie se situasie in te dink. Op watter maniere het jy ook agter geraak of van die herder geskei geraak? Neem weer opnuut 'n besluit om jou oog op Hom gevestig te hou. Kies vandag dat niks en niemand jou aandag van Hom sal aftrek nie. Neem ook 'n besluit om empatie vir ander skapies wat verlore geraak het te hê. Dit kon net sowel jy gewees het. As jy sulke skapies ken, maak tyd om vir hulle in te tree en hoor by die Here of jy iets aan die saak kan doen. Skryf jou gebed hieronder neer.

23


Dag 12 Vrydag

Die waarde van ‘n siel

Lees Lukas 15: 8-10

Johannes 3:16: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Dink jouself in: een oggend word jy wakker en tien persent van jou totale bankrekening is weg! Tien persent van al jou geld by die bank, selfs van al jou polisse se waardes. Kan jy die somtotaal bereken van jou skade? Wat sal jy doen in so 'n situasie? Die kanse is goed dat jy nie maar net jou skouers sal optrek en dit ignoreer nie. Ons sal optree, bank toe gaan, raas en baklei en veg vir wat aan ons behoort. Daardie som geld verteenwoordig jare se werk en moeite. Jy het hard gewerk daarvoor. Dit het groot waarde vir jou. In ons wêreld is geld mos belangrik. Vir God het geld geen waarde nie. Daar is nie Rande en Dollars in die hemel nie. Materiële dinge is waardeloos in God se geestelike wêreld, maar geestelike dinge het groot waarde! Alle mense bestaan uit liggaam, siel en gees, en daarom is mense van onskatbare waarde vir Hom. Elke mens wat verlore is of raak, is 'n kosbare skat wat verlore is, en daarvoor sal ons Here baie moeite doen en veg en baklei om daardie mens weer terug te kry. Wil jy weet hoe waardevol jy vir die Here is? As jy winkels toe gaan en 'n pragtige ring vir ‘n R1000 sien, dan neem jy 'n besluit: as die ring vir jou meer waarde het as jou R1000 sal jy die R1000 vir die winkel-eienaar gee en die ring vat. As die ring nie daardie waarde in jou oë het nie, sal jy dit nie koop nie. God kyk na my en jou in hierdie wêreld, en Hy gee sy Seun - met ander woorde: ons is vir Hom meer werd as sy eie Seun. Maak tyd om jou waarde in die oë van die Here te heroorweeg. Jy is vir Hom onmeetlik kosbaar. Jy "is losgekoop met die kosbare bloed van Christus" soos 1 Petrus 1:19 dit stel. As jy 'n nuwe waardering het vir hoe kosbaar jy werklik vir die Here is, neem dan die volgende stap: wanneer jy in die volgende week rondry, rondloop en tussen mense beweeg, leef bewustelik met die besef dat die Here presies so oor elke mens met wie jy oogkontak maak voel. Elkeen is vir Hom baie waardevol. Of hulle goed of sleg is, gesond of siek, arm of ryk, in paleise of tronke - daar is nie 'n mens in hierdie wêreld vir wie God nie so liefhet nie. Ons uitdaging is om hulle so waardevol te ag soos wat die Here hulle ag. Skryf jou gebed hieronder neer.

24


Dag 13 Saterdag

God se partytjie

Lees Lukas 15: 7, 10, 23-25.

Johannes 15:11: Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Jesus sê dat Hy gekom het dat ons die lewe in oorvloed kan hê. Hy begeer dat ons sy blydskap sal hê. Minstens drie keer sien ons feeste en partytjies in Lukas 15. 'n Mens kry die idee dat God ons geluk begeer. (Onthou jy nog die betekenis van "Makarios" in die saligsprekinge?) Diep in ons binneste smag elkeen van ons na geluk en vreugde. Soveel keer hoor ek dat mense die wens uitspreek: "Ek wil ook net gelukkig wees." En elke keer is mense daarvan oortuig dat 'n verhouding, of 'n inkomste of 'n verandering van werksomstandighede daardie geluk sal bring. Maar as ons kyk na Lukas 15, sien ons die geluk van 'n ander kant af kom: Geluk het veel meer te make met verlore wees en gevind te word, en om in die regte verhouding met die Here te staan. Dit gee 'n blydskap wat volkome is. Jesus sê dat ons sy blydskap moet hê, en in Johannes 4:34 sê Hy: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het. ”Laat Jesus dus toe om jou bron van blydskap te verander: weg van materiële dinge en ander mense se gedrag, na 'n dieper bron wat nie beïnvloed word deur ekonomiese skommelinge en menslike wispelturigheid nie. Sy bron van blydskap was om die wil van die Vader te doen. Om met God saam te werk. Om sy Koninkryk te sien kom. Om Hom beter te verstaan en geniet. Jesus het vir ons gewys dat die sorge van die lewe baie maklik hierdie saad in ons harte kan dooddruk, maar wanneer ons fokus verskuif na sy teenwoordigheid in hierdie wêreld, dan sien ons lig en hoop waar ons ook al gaan. En dis die geheime krag van sonde: enige versoeking se einddoel is dat dit beloof om jou blydskap te bevorder. As jy hier oortree en daar jouself bevredig, sal jy gelukkiger wees as nou. Nehemia 8:10 sê: "The joy of the Lord is your strength.” (NKJV) As jy die Here se feesmaal ontdek, en daagliks deel is van sy partytjie, verloor versoekings hul mag oor jou. Niks wat die wêreld rondom jou bied, kan meer blydskap gee as dit wat jy reeds by die Here gevind het nie. Dan is dit waar dat Christene die gelukkigste mense is wat op aarde leef. Sing dus jou lied. Herinner jouself aan al die magdom seëninge wat jy daagliks ontvang. Gesels gedurig met die Meester. Droom oor jou hemelse erfporsie. Glimlag en seën mense waar jy gaan. Jy dra die fees saam met jou

25


Week 3

Moet nóóit tou opgooi nie

è Gesels oor die verlede week se gelykenis/opdrag. è Gesels ‘n bietjie met mekaar oor die volgende vraag: Is

dit die moeite werd om te bid?

Jesus vertel hierdie gelykenis as deel van die groter gesprek om vir sy dissipels te leer hoe om te bid. Eers leer Hy hulle die Ons Vadergebed. Dan vertel Hy hierdie verhaal. Ons gaan nou vir mekaar help verstaan wat presies Hy ons met dié verhaal oor gebed wil leer. Hierdie verhaal van Jesus sluit ook baie nou aan by die afgelope erediens se gelykenis en dit sal ons baie help met vanaand se gesprek.

Wil julle nie nou tot God nader deur gebed en met liedere tot sy eer nie?

Kyk na die DVD. Op watter manier spreek hierdie boodskap julle aan? Lees Lukas 11:1-13 Onderrig oor die gebed (Matteus 6:9–15; 7:7–11) 11 Jesus was êrens op ’n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” 2En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom. 3Gee ons elke dag ons daaglikse brood ;4en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in 26


versoeking kom nie.” 5Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het ’n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, 6want ’n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’7En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie … ’8Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie. 9“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 11Is daar ’n pa onder julle wat as sy seun vir hom ’n vis vra, vir hom ’n slang sal gee in plaas van die vis? 12Of as hy ’n eier vra, vir hom ’n skerpioen sal gee? 13As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” Wat sou jou ervaring wees as jy die een is wat middernag opgeklop word as gevolg van nood? Het God jou al so getoets?

Waar vind jy jouself in hierdie verhaal? Kies ’n karakter of situasie. Belangrike agtergrond van hierdie verhaal is die beginsels van gasvryheid soos dit destyds toegepas is. Die beginsels was baie sterk. Jy kon nie ’n besoeker ontvang sonder om hom van kos te voorsien nie – al was dit middernag. Om dit nié te doen nie, was ‘n groot skande en sou jou in ‘n swak lig gestel het. Ons sien die verwysing in die teks na skaamte. Hy moes die verskil opweeg tussen die skaamte om nie sy besoeker behoorlik te ontvang nie of om sy vriend om middernag te gaan opklop. Al twee keuses hou verleentheid in vir ons hoofkarakter. 27


1. Gesels oor die verskille tussen God en die onwillige vriend. In hierdie gelykenis kontrasteer Jesus God en die vriend wat moet opstaan en uitleen om middernag met mekaar. Verwoord die kontras in jou eie woorde.

2. Watter gebed sal veral volgens :13 verhoor word?

3. Lees Romeine 8:26-27 26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesĂŞ word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Op watter manier help hierdie teks jou om Lukas 11, en ook Jesus se opmerking oor die Heilige Gees beter te verstaan?

4. Wat dink jy van Jesus se woorde in :9-13? Is dit jou ervaring van gebed? Leer hierdie uitsprake ons iets van God se Vaderhart?

28


5. Gee jy altyd vir jou kinders wat hulle van jou vra? (Volgens :11-13)

Sluit af deur vir mekaar te vertel waaroor hierdie gelykenis ten diepste gaan en wat Jesus vir ons oor gebed wou leer.

Twee opdragte kom hier na vore. è Die eerste en belangrikste gaan oor jou eie gebede. Pas hierdie lesse toe. Nader sommer nou tot God en doen dit gereeld en getrou deur hierdie reeks en sommer vir die res van jou lewe. è Die tweede is om hierdie week versigtig na mense om jou se indrukke oor gebedsverhoring te luister en te kyk hoe jy kan help en insig verleen met behulp van hierdie gelykenis.

29


Dag 15 Maandag

God is vir almal!

Lees Matteus 15:22-28 :25 “Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: Here, help my!” ‘n Persoon het gesê: “ Change our minds, but keep the change.” Dié vrou se optrede getuig van iemand wat haar gedagtes verander en vanuit die veranderde gedagtes opgetree het. Sy het haar nie laat afskrik deur die dissipels of Jesus se oënskynlike afwysende houding nie. Sy herhaal bloot haar versoek in die sekerheid dat Jesus Christus die onsigbares van die lewe spesiaal laat voel en hanteer. Dikwels voel en dink ons dat ons die onsigbare persoon van ‘n vriendekring, werksomgewing of samelewing is. Ons wil tou opgooi omdat ons waardeloos voel nadat iemand ‘n opmerking gemaak het oor ons. Wanneer ons egter na Jesus Christus luister, hoor ons dat Hy in dié gedeelte sê dat daar in God se koninkryk geen ongewenste persone is nie. Elkeen is in Christus welkom by die Vader. Daar is die sekerheid dat Jesus Christus geen onderskeid tussen jou en ander tref nie. Sy genade strek oor almal en alles. Ons kan ons gedagtes verander en dan aan die verandering vashou dat God vir almal is. Gebed:

Wees prakties: Weet jy van iemand wat dit dalk vandag nodig het om uit jou mond te hoor dat sy/hy belangrik is vir die God? Vertel hom/haar dan!

30


Dag 16 Dinsdag

Dans weer saam met God

Lees Jesaja 40:29 - 31 :29 “Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie.” Helen Keller is op ‘n stadium gevra wat sy as die moeilikste vir ‘n mens sou beskryf. Was dit moeiliker om doof te wees of om blind te wees? Helen se reaksie was dat dit wel baie erg is om blind te wees, maar dat daar nog iets erger is as dit. Dit is erger om wel te kan sien en dan nie régtig te kan sien nie. Dikwels dwing omstandighede ons om te erken dat ons aan die einde van ons menslike krag, antwoorde en oplossings gekom het. Die omstandighede waarin ons onsself bevind, beperk ons uitsig en maak ons oë dof. Ons het in sulke tye ‘n persoon nodig om ons te help om God weer te kan sien. Jesaja laat ons weer fokus op God wat naby moeë, worstelende en moedelose mense is. Elkeen wat stukkend is en nie kans sien vir die volgende tree in die lewe nie, word met God se krag versterk. Deur hierdie nuwe krag wat ons elkeen vul, het ons die moed om weer op die wrakke van die lewe te kan dans. Ons dans saam met Jesus wat God se daar-wees vir ons ‘n hoogtepunt maak. Hy nooi jou weer uit om jou dors by Hom te kom les. Gebed:

Wees prakties: Lees die woorde, “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee,” meer as een maal oor en laat die woorde jou vul.

31


Dag 17 Woensdag

Balans is tussen luister en bid!

Lees Lukas 11:1 - 13 :10 “Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” Maak dit enige verskil dat iemand vir jou bid? Die vraag kry vir ons al hoe meer betekenis hoe meer ons neerslagtig, lelik, lusteloos, onwelkom, vreemd en onbelangrik voel. Ons wil graag voluit lewe, maar daar is hierdie onsigbare kettings wat my in situasies van gister met min hoop vir môre vasgeanker hou. Dikwels probeer ons om ‘n masker van tevredenheid voorhou, maar kruip eerder daaragter weg. Dit is asof ons al die opwinding van die lewe om onsself raaksien, maar self nie kans sien om daarin te deel nie. Dit is agter hierdie verskonings, redenasies en aangeleerde oortuigings dat Jesus ons aanraak. Jesus raak jou aan omdat jy vir God spesiaal is. Ons word uitgenooi om weer balans te vind tussen doen en luister. Die balans is belangrik want daarsonder brand ons geestelik uit. Gebed en aksie is die twee roeispane van die roeiboot waarmee ons vorentoe beur. Sonder een van die spane sal ons aanhou om in die rondte te roei. As ek en jy regtig iemand wil help om agter die masker van valse tevredenheid op te staan, self los te wikkel van die kettings van gister en om balans te bly vind – bid. Wanneer ons bid, beantwoord God

gebede en ervaar ons hoe die onbekende wel bekend word. Wees prakties: Dink aan ‘n persoon wat vandag die boodskap nodig het en stuur die boodskap aan hom of haar! 32


Dag 18 Donderdag

God dobbel nie met jou lewe nie

Lees Psalm 3 :4 “Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien.” Albert Einstein skryf dat dit vir mense moeilik is om op die kaarte van God te loer, maar dat ons seker moet wees dat God nie met die lewens van mense dobbel nie. Hierdie mening word vinnig as verkeerd geïnterpreteer wanneer die omstandighede van die lewe voorgehou word. Die oortuiging in baie harte is dat omstandighede ons lewens breek sonder dat ons ‘n keuse daarvoor gemaak het. Wie kies nou om in ‘n bepaalde familie gebore te word? Wie kies dat iemand ‘n verkeerslig verontagsaam en ‘n ongeluk veroorsaak? Ons kies nie vir ‘n hartomleiding of Alzheimer nie. Omstandighede waarvoor ons nie gekies het nie, het dikwels/soms ‘n negatiewe invloed op ons lewens deur ‘n diep wond wat agtergelaat word. Vanuit hierdie seerkry-wonde tree ons teenoor ander en teenoor onsself op en dit bepaal ons uitkyk op die lewe. Dié Psalm onderstreep dat Dawid rustig slaap onder onstuimige omstandighede. Die rede daarvoor is dat hy oortuig is dat God vir hom sorg. Ons lewens word versteur deur al die omstandighede, maar die Psalm wil ons nooi om nie meer op ons beddens te bly lê en eie plannetjies te beraam nie. Dawid se lewe was self stukkend en tog het hy op God bly vertrou. Ons word ook genooi om op God wat nie dobbel met my en jou lewe nie, te bly vertrou. Gebed:

Wees prakties: Stel vandag jouself in om elke uur jou afhanklikheid van God te bely en Hom in die gebeure rondom jou raak te sien. 33


Dag 19 Vrydag

Jesus-blydskap!

Lees Johannes 2:1 - 12 :4 “Maar Hy sê vir haar: Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Die eerste wonderwerk van Jesus vind nie plaas by ‘n siekbed of polisiekantoor nie. Die eerste wonderwerk vind plaas by ‘n bruilof waar ‘n krisis ontstaan het. Ons weet regtig nie waarom die krisis ontstaan het nie. Die krisisse wat ons ervaar, is in die meeste gevalle net so ‘n verrassing as wat die tekort aan wyn in Kana was. Ons beplan en begroot. Dit alles word gedoen totdat die oomblik aanbreek wanneer ons planne faal en daar ‘n tekort aan hoop, sekerheid en oortuiging ontstaan. Die oplossing waaraan ons wil vashou is om tou op te gooi. Kom ons los alles want daar kan niks goed uit enige iets kom nie. Dit is egter hier waar die wonderwerk in Kana ons anders wil oortuig. Daar waar Jesus is, is blydskap. Ons elkeen wat Jesus volg, leef uit die bron van Jesus-blydskap. In die Jesus-blydskap kyk ons die lewe vierkantig in die oë met die sekerheid dat Jesus die bron van kwaliteit, verandering en oorvloed is. Jesus verander ons pogings met die stempel van Sy kwaliteit. Hy verander trane in lag, baklei in vrede en uitsigloosheid na ‘n panorama van hoop. Jesus is die oorvloed van God aan ons en hierdie oorvloed sal ons nooit kan opgebruik nie.

Gebed: Wees prakties: Identifiseer een area in jou lewe waar jy nie in volle Jesus-blydskap leef nie en skryf neer wat jou beperk om die oorvloed van Jesus te ervaar. Dra dit aan Jesus op in gebed. 34


Dag 20 Saterdag

Die Vriend wat verstaan

Lees: Hebreërs 4:14-16 :15 “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie...” Ons wil vinnig tou opgooi in die lewe omdat ons die grootste armoede beleef: eensaamheid. Ons behoefte is dat ons in ons krisisse iemand wil hê wat ons verstaan en vir ons omgee. Die antwoord op die behoefte is dat jy ‘n vriend moet hê wat jou kan heel maak en saam kan feesvier. Die skrywer van Hebreërs skryf vir ons wie die ideale vriend is. Die vriend wat ons sal oortuig om nie tou op te gooi nie, maar vas te klou aan God se beloftes. Jesus is anders as die hoëpriesters van vroeër. Jesus het empatie én mag. Jesus, die gewone mens soos ons, maar ook die Seun van God. Jesus weet waarom ons wil tou opgooi. Jesus ken jou en my beproewings en versoekings. Hy was self daarmee gekonfronteer as mens op hierdie aarde. Hy is self versoek deur die duiwel en Hy het gebid dat die beker van lyding weggeneem moet word. Jesus het begrip met ons, met al ons diepste vrae, selfverwyt, ons beproewings en ongeloof. Martin Luther deel sy oortuiging dat Jesus se woorde en optrede die olie op ons wonde tot genesing is. Jesus is die Vriend in ons eensaamheid wat saam met ons aanhou en ons aanmoedig om nie tou op te gooi nie. Gebed:

Wees prakties: Jesus verstaan ons en deur sy offer gee Hy ‘n nuwe begin. Deel die boodskap met iemand wat jy ortuig is dit moet weet voordat hy/sy tou opgooi. 35


Week 4

Dis net skurke wat nie vergewe nie!

è Hoe het verlede week se storie oor “nie tou opgooi nie”

jou lewe dié week geraak? è Vertel van ‘n insident waar iemand jou nie vergifnis wou aanbied nie.

Gesels met mekaar oor tekste of wyshede oor vergifnis en sing dan gerus ‘n paar liedere hieroor.

Kyk na die DVD.

Lees Lukas 7:36-50 Jesus by Simon, die Fariseër 36 Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die huis van die Fariseër ingegaan en aan tafel plek ingeneem. 37’n Sekere vrou in die dorp, wat ’n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ’n albaste flessie met reukolie 38en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf. 39Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: “Hy, as hy ’n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ’n sondares is.” 40Maar Jesus spreek hom aan en sê: “Simon, Ek het iets om vir jou te sê.” “Meneer, sê dit maar!” antwoord hy. 41Jesus sê toe. “Twee mense was in die skuld by ’n geldskieter. Die een het vyf honderd rand geskuld en die ander een vyftig. 42Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir albei kwytgeskel. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” 43Simon antwoord: “Ek 36


veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskel het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, 44en Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom - en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. 45’n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. 46My kop het jy nie eens met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. 47Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” 48En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” 49Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?” 50Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” 1. Vertel die verhaal in julle eie woorde vir mekaar. Deel nou wat jy in jou hart beleef het by die nadenke oor die verhaal.

2. Met watter persoon identifiseer jy die meeste, en hoekom? Simon. Die vrou wat vergifnis ontvang het. Jesus wat genade vrylik uitdeel.

3. Watter skade doen dit aan ‘n mens wanneer jy weier om te vergewe? Met ander woorde, as jy ‘n wrok aanhou koester.

37


4. Die vrou het God se vergifnis so intens beleef dat sy tot uiterstes toe gegaan het om haar dankbaarheid te wys. Watter effek het dit alles op jou as jy uit God se genade en vergifnis leef ?

5. Waarin het Simon se gebrekkige besef van genade en vergifnis sigbaar geword? Gebeur dit soms met ons ook?

6. SĂŞ die laaste twee sinnetjies in :50 so vier keer hardop saam. Wat beteken dit vir jou?

7. Hoe dink jy wil die Here hĂŞ moet jy reageer op hierdie verhaal?

Wat gaan ons as groep doen met die vergifnis wat ons van God ontvang het?

38


Dag 22 Maandag

Josef en sy broers huil saam

Lees Genesis 45:1-16 3 Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?” Sy broers kon hom nie antwoord nie, hulle was te bang vir hom. 4Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. 5Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red…14Toe omhels Josef sy broer Benjamin en hy huil; ook Benjamin het op sy broer se skouer gestaan en huil. 15Josef het al sy broers gesoen en daar by hulle gestaan en huil… Om te vergewe (en om vergewe te word…) kan emosioneel wees! Dit hoef nie, maar dit kan. Voordat jy kan vergewe, moet jy natuurlik eers ’n wilsbesluit neem om te vergewe, want soos met (agapé) liefde kan jy nie op gevoelens staatmaak nie. Gevoelens is nie betroubaar nie, dit wissel te veel. ’n Maatskaplike werker het haar moeilike werksveld in ’n baie arm en misdaadgeteisterde woonbuurt in Gauteng vir groener weivelde oorsee verlaat. Die Here het haar egter teruggeroep Suid-Afrika toe, na dieselfde woonbuurt toe. Toe iemand vir haar vra hoe sy haar daaglikse eise hanteer, antwoord sy nederig: “Every morning I choose to forgive in advance.” Kies elke oggend om vergewensgesind te leef! Gebed

39


Dag 23 Dinsdag

So ver as die ooste van

Lees Psalm 103:8-13 12 So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. Tydens die baie getuienisse wat gelewer is by die Waarheids- en Versoeningskommissie in 1995, het baie aangrypende verhale van vergifnis uitgekom. Die volgende is een van daardie verhale. ‘n Verswakte bejaarde swart vrou kom stadig orent. Sy is in haar sewentigs. ‘n Paar tree van haar, aan die oorkant van die vertrek, sit voormalige lede van die destydse SA Veiligheidspolisie, onder wie ‘n sekere mnr Van der Broek, wat so pas verhoor is en betrek is by die moord op haar seun en man… Sy vra onder andere die volgende: “Ek wil hê dat mnr Van der Broek my seun sal word. Ek wil graag hê hy moet ten minste twee keer ‘n maand by my in die lokasie kom kuier en die dag by my deurbring sodat ek die liefde wat ek nog oorhet, in hom kan belê.” “En laastens: ek wil hê hy moet weet dat ek hom vergewe, omdat my Jesus gesterf het sodat ander vergewe kan word… Kan ek iemand vra om my te ondersteun na die oorkant van die vertrek sodat ek mnr Van der Broek in my arms kan neem, en hom druk sodat hy weet hy is werklik vergewe.” Terwyl iemand die bejaarde vrou oor die hof lei, val mnr Van der Broek flou, oorweldig deur wat nou net plaasgevind het. Saggies begin die vrou se vriende in die hof, mede-verdruktes en slagoffers van ongeregtigheid, sing: “Amazing Grace, how sweet the sound…” (N.a.v. ’n preek deur ds. Adéle Strauss van NG Kerk Pellissier) Gebed

40


Dag 24 Woensdag

Sondes in die diepsee gegooi

Lees Miga 7:18-20 19 Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi. ’n Tyd gelede lees ek die skokkende en tog aangrypende verhaal in een van die kerk se nuusblaaie: Leraar vergewe vragmotorbestuurder. Dit klink nie te moeilik nie, né… Wag, daar is meer aan hierdie verhaal. ’n Predikantsgesin en hulle vriende was op pad terug vanaf hulle vakansiebestemming toe hulle laat die aand in ’n motorbotsing betrokke is. Dit was nie baie ernstig nie en niemand het baie seergekry nie, maar die voertuie was beskadig. Almal het buite hulle voertuie gestaan, stomgeslaan en dankbaar tegelyk. Toe gebeur die ondenkbare… ’n Vragmotor kom oor ’n blinde hoogte en ry in die stilstaande motors (wat pas in die botsing was) vas! ’n Tweede botsing, maar hierdie keer nie so onskadelik nie. Die predikantspaar se een dogter sterf as gevolg van hierdie sekondêre botsing. Die vragmotor kom ’n entjie verder tot stilstand en die geskokte bestuurder klim uit. Stel jou die skok, woede en hartseer van die dogter se ouers voor. “Dit was aangrypend,” getuig die vriende, “toe ds. Scholtz stadig oorstap na die vragmotorbestuurder toe, hom aan die skouer vat en sê: “Toemaar, dit was nie jou skuld nie, ons vergewe jou…” Gebed

41


Dag 25 Donderdag

Leer ons vergewe

Lees Matteus 6:12-14 12 …en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; 13en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. 14 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” Jesus se dissipels het Hom gevra om hulle te leer bid, maar Hy het hulle sommer daar en dan baie meer geleer as net om te bid. Hy leer hulle onder andere ook om vergewensgesind te wees! Na sy gebed gaan Hy voort en wys nadruklik op die plig om te vergewe. Dit klink amper of daar ’n dreigement by is… “as julle nie… dan…” Maar Jesus dreig ons nie, Hy inspireer ons. Ons ken seker almal die bekende gesegde: “Om nie te vergewe nie, is soos om gif te drink en te hoop jou vyand gaan dood…” Ja, Jesus dreig ons nie, maar Hy leer ons die noodsaaklikheid van vergifnis. Dit is eintlik mos vermetel om by die Vader om vergifnis te vra as ons nie self bereid is om te vergewe nie. Jesus is nie ’n prater nie, Hy is ’n doener! Toe hulle Hom doodmaak, vergewe Hy! En Hy inspireer. Een van die eerste mense wat sy voorbeeld nagevolg het, nog ’n doener, was Stefanus (Handelinge 7:60). Ek hoop en bid Hy inspireer jou ook. Gebed

42


Dag 26 Vrydag

Vader vergeef hulle

Lees Kolossense 3:13-14 13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. Ons het almal maar vrae oor vergifnis. Seker omdat dit nie altyd so maklik is om te doen nie. Petrus het self by geleentheid by Jesus navraag gedoen oor vergifnis (Matteus 18:21-22.) Is daar ’n norm? Moet ek vergewe? Wanneer moet ek vergewe? Hoeveel keer moet ek dieselfde persoon vergewe? Sodra ons begin rasionaliseer of probeer onderhandel oor om te vergewe, moet die rooi ligte flikker. God het in sy Woord dit vir ons baie duidelik uitgespel. Jesus het dit vir ons kom leer en voorleef. Die apostels skryf daaroor. Paulus gee vir ons die norm: ons móét vergewe! Geen keuse nie. Geen “ja, maar…” nie. En hoe? Eenvoudig: “soos die Here julle vergewe het…” Volledig, onvoorwaardelik, gou! Dit herinner my aan die koning wat sy boeke nagegaan het (Matteus 18:23 e.v.), sy amptenaar ’n enorme skuld vergewe het, maar die man wou toe nie sy vriend se veel kleiner skuld vergewe nie. Hoe kry ’n mens jou familielid se moordenaar vergewe? Hoe kry ’n vrou (soos Hettie Brittz byvoorbeeld) dit reg om op te staan en haar verkragter te vergewe? Dit kan alleen die werk van ’n vergewende God se Heilige Gees in hulle wees. Gebed

43


Dag 27 Saterdag

Gee die eerste tree na vrede

Lees Handelinge 7:55-60 60 Toe het hy (Stefanus) op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe. Philip Yancey vertel ’n aangrypende verhaal van vergifnis in sy 2002 topverkoper, What’s so amazing about grace? ’n Bom van die Ierse Republikeinse Leër het in 1987 Gordon Wilson en sy twintigjarige dogter letterlik onder amper twee meter puin begrawe. Net Gordon het dit oorleef. En hy het sy aanvallers vergewe. Sy boodskap aan die bomplanters was: “Ek het my dogter verloor, maar ek koester geen wrok nie… ek sal vanaand en elke aand bid dat God hulle sal vergewe.” Hierdie woorde het die media aangegryp en uit een man se hartseer en rou het die wêreld ’n blik op genade gekry. En dit het die konflik in Ierland verander. Genade, skryf Yancey, is die kerk se groot onderskeidingsteken. Dit is die een ding wat die wêreld nie kan dupliseer nie en die één ding waarna die wêreld bo alles smag, want net genade kan aan ’n stomgeslane en verwarde wêreld hoop en vernuwing bring. Wat is vergewensgesindheid anders as genade? Vergifnis het genesende krag, dit genees nie net die oortreder nie, maar veral die een wat vergewe! Die uitdaging: Vergewe! Gee die eerste tree. Soos Gordon Wilson en Stefanus en soos God…! Gebed

44


Week 5

Hoogmoed kom tot ʼn val...

è Gee bietjie terugvoer oor wat julle hierdie week oor

vergifnis geleer het? è Hoe voel julle oor die Oscar Pistorius saak? Is dit regverdig? è Waar het jy genade beleef wat jou verstom het? Fokus in kort gebede op dinge waarvoor julle teenoor die Here dankbaar is. Sing ook lof- en dankliedere. Kyk na die DVD. Laat verskillende groepslede die Skrifgedeeltees lees waar die volgende persone aan die woord is: Jesus aan die woord Die eienaar Arbeiders wat wag om gehuur te word (:7) 'n Vroeggehuurde arbeider Lees Matteus 20:1-16 1 "Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van ‘n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. 2 "Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk. 3 Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan, 4 en hy sê vir hulle: ‘Gaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.’ 5 Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen. 6 Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sê vir hulle: ‘Waarom staan julle heeldag werkloos hier rond?’ 7 Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ ‘Gaan werk julle ook in my wingerd,’ 45


sê hy toe vir hulle. 8 "Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’ 9 "Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon. 10 Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. 11 Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla 12 en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’ 13 "Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? 14 Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. 15 Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’ 16 "So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste." 1. Watter gevoelens beleef jy in die luister na die verhaal?

2. Iemand sê God is onregverdig. Wat sou jy so iemand antwoord? (Kyk na die moordenaar aan die kruis).

3. Wat gebeur met 'n mens wat heeltyd jaloers is op God se goedheid teenoor ander? (volgens :15)

46


4. Wat gebeur met iemand wat fokus op hoe goed die Here vir hóm is?

5. Kan jy dink aan voorbeelde van God se goedheid aan mense wat jy dink nie só behoort te wees nie?

6. Wat kan jy vir die ander vertel as jy jouself in die vorige vraag sien...

è Noem vir mekaar waarin jy God se goedheid in jóú lewe

duidelik sien. è Gaan sê vir iemand hoe jy God se goedheid raaksien. è Bid as groep saam vir die kwaliteit van ons besef van God se genade.

47


Dag 29 Maandag

Dit gaan vrot-sleg in Israel

Lees Joël 2:12 – 14 :13 Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep. Vir boerderymense is natuurrampe erg. En twee verskriklike rampe het hulle getref: ‘n Verskriklike droogte en sprinkane wat alles opvreet. “Hy het my wingerd verwoes, my vyeboom afgebreek, dit kaalgestroop laat lê...” Die Here stuur Joël om almal op te roep om tempel toe te kom en ‘n dag lank te vas. Die vas is niks, hulle moet klein en nederig hulle voor God verootmoedig, hulle harte in berou skeur en terugkom na die Here toe. Ek weet jy het al swaar tye beleef. Dit kan mos enigiets wees van gelddruk tot verhoudingsprobleme tot siekte tot werkspanning. Wat is die beste wat jy in só ‘n tyd kan doen? Verootmoedig jou voor die Here. Skeur jou hart, treur voor Hom. Die aangrypende, wonderlike waarheid is dat die Here genadig en barmhartig is, lankmoedig en vol liefde. Hy kan nie wag dat jy in Sy oop arms sal inloop nie. Skryf dit hier in ‘n gebed vir Hom:

48


Dag 30 Dinsdag

Maksimum dankbaarheid

Lees Miga 6:8 :8 Wat vra God? "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God." Watter wonderlike ding is dit wanneer 'n arbeider na sy baas kom en vra: "Wat kan ek vir u doen? Wat is u plan, hoe kan ek dit waar maak?" Wat meer algemeen is, is: "Wat is my regte, hoekom is my ure nie minder en my salaris meer nie, hoeveel verlof het ek, is dit ál bonus wat ek kry?" God het 'n plan met die wêreld. Hy wil mense se waarde vir hulle teruggee. Hy wil hulle laat voel hoe egte liefde lyk, sonder voorwaardes. Hy wil hulle laat voel hoe dit is om mense weer voluit te kan vertrou. Hoe dit is om waarlik vergewe te word …. Ons is verlengstukke van God se besig wees met die wêreld. Ons vind ons waarde daarin dat ons Sy droom vir die wêreld uitleef. Ek is angstig om Sy plan te verstaan en gereed om dit uit te voer. Ons teksvers vra spesifiek: è Hoe kan God deur my reg aan álmal laat geskied? è Hoe kan God deur my mense verras met genadebetoning? è Hoe kan God deur my betroubaarheid wys? è Hoe kan ek aan ander my respek vir God wys?

49


Dag 31 Woensdag

Ootmoedig nederig voor

Lees Matteus 5:3 :3 Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Ons samelewing beloon sterk, onafhanklike mense. Ons bewonder hulle, luister na hulle raad, behandel hulle met die grootste respek. Veral as hulle nog fisies gewelddadig raak. Ons gaan kyk na flieks met sulke karakters byvoorbeeld: Die Hard, Rocky, Top Gun... Dit klink nie vir ons reg dat Jesus só duidelik en onomwonde sê hoe geseënd (uiters gelukkig) mense is wat weet hoe afhanklik hulle is nie... Totdat ons besef dat daardie afhanklikheid van Gód is. Dan maak dit sin. Ek kan my bes probeer om op my eie bene te staan of om my eie verstand en goeie oordeel te vertrou. Maar gemeet teen God se krag en wysheid is ek klein, swak en gebrekkig. Hoeveel kragtiger en effektiewer kan ek nie wees as Gód van my besit neem nie? Daarom móét ek ál my gawes, talente, krag en vermoëns inspan. En dan besef: Ek het God nodig. Daar is soveel grense aan wat ek self kan regkry. Mét God is ek tot veel meer in staat. Wil jy dit nie nou in gebed aan die Here verklaar nie? Skryf hier vir Hom hoe nodig jy Hom het en hoe totaal jy jou hele lewe aan Hom oorgee:

50


Dag 32 Donderdag

Onbenullige beroemdheid

Lees Markus 12:41 :41 Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Wat het 'n man wat in die nag te voet in die Wildtuin verdwaal het, en 'n arm weduwee in die Bybelse tyd in gemeen? Nie een van hulle ontspan vir 'n oomblik nie. Twee woorde wat jy nie saam wou sien oor jouself in die tyd van die Nuwe Testament nie is "arm" en "weduwee". Dit het 'n seker en 'n aaklige einde voorspel. Dit is tye van spaar en jouself onttrek, sny, bedel. Mense verwag nie veel van jou nie, hulle weet wat jou dilemma is. Lank gelede word dit die tema van een van Jesus se beroemdste preke toe Hy sien sy gooi twee muntstukkies in die tempel se offergawekis. Sy maak die selfvoldane dissipels skielik onbeholpe leerlinge. "Wil julle weet wie is regtig ryk?" laat hulle oë skiet na die welgeklede handelaar wat pas 'n hele sak geld dramaties in die kis gegooi het. “Nee,” sê Jesus. “Julle moet laer kyk, heelwat laer. Sien julle niemand nie? Laat ek julle help .....” Wanneer iemand iets weggee wat hy nie nodig het nie, is dit baie bedagsaam. Wanneer iemand iets weggee waarvan hy oorgenoeg het, is dit edel, maar wanneer iemand sy vertroue in God wys deur te gee terwyl hy dit self nodig het, gaan staan die hele skepping op aandag. Dan stap God nader en ontferm Hom oor so ʼn persoon - nie omdat hy gegee het nie, maar omdat hy deur gee gewys het dat hy totaal van Hom afhanklik is.

51


Dag 33 Vrydag

Glimlag deur die trane

Lees Jakobus 4:8-10 "Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog." Daar is 'n reuse verskil tussen vreugde en pret: Pret beteken gelukkig wees sonder om die koste te bereken. Soms word die ergste sonde verskoon in die naam van "'n goeie tyd hê". Dan is daar ruimte vir dronk wees, swak grappe vertel, losbandig wees, beheer verloor …. Probleme gaan nie weg nie, maar word verdoof deur die rumoer. Pret is tydelik en teen 'n geweldige prys. Soms kan die skade wat in een onbesonne oomblik van "mal gaan" in 'n leeftyd nie herstel word nie. Dit gaan oor 'n vlug uit die realiteit. Wat regtig belangrik is, skuif totaal op die agtergrond. Vreugde, daarteenoor, is nie net 'n graadverskil van pret nie, dit is in 'n ander dimensie. Vreugde is juis gekoppel aan realisme oor die lewe. Om teen elke prys ontslae te raak van wat nie tot my en ander se voordeel is nie. Hoe baie keer het ek nie al voor 'n groot rugoperasie gehoor "Ek kon net nie so aangaan nie." En daarna: "Hulle met my liggaam omtrent vernietig om my rug te opereer. Toe ek egter wakker word was ek gehawend, maar die knaende pyn was heeltemal weg. Elke dag het ek net beter en beter geword. Na 'n paar maande het ek besef dat dit die beste ding is wat ek kon doen ….." Ek moet saam met die Here dit wat my vreugde steel opruim. Dink na oor watter vreugde daar al vir jou gekom het uit jou swaarkry...

52


Dag 34 Saterdag

‘n Visserman op sy knieë

Lees Lukas 5:1 – 11 :8 Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ‘n sondige mens.” Dit was die dag waarop Simon Petrus se hele lewe onherroeplik verander het. Dit het só gebeur: Hulle (Petrus en sy kollegas) het die hele nag vrugteloos visgevang. Toe die dag aanbreek, is hulle moeg, vies en vaak. Hulle spoel hulle nette uit. ‘n Klomp mense verskyn langs die meer en drom só om een Man saam dat Hy Petrus se skuit as ‘n preekstoel moet gebruik om rustig met hulle te kan praat. Petrus luister. Dalk effens skepties. Want toe die Man ná sy preek sê hy moet weer gaan visvang maak hy eers beswaar... en gee toe maar bes. Verstomming! Soveel vis dat die nette wil skeur en die bote dreig om te sink. Petrus is aangegryp. Hy sien skielik veel meer as ‘n man wat preek – hy sien die teenwoordigheid van die Here. Toe reageer hy diep uit sy hart uit: hy val voor Jesus se knieë neer en roep uit: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ‘n sondige mens.” Wil jy nie vandag jou ander oë oopmaak nie? Jou geestesoë. Dan gaan jy baie meer raaksien as die gewone, alledaagse dinge om jou. Dalk sien jy die wonderwerke van die Here raak: ‘n “per toeval” gebeurtenis, ‘n bonatuurlike genesing, God se liefde in ‘n glimlag, skoonheid in die skepping, vrede in jou hart... Kyk dieper. Dan sien jy agter dit alles ‘n groot, liefdevolle, wonderlike Here Jesus wat vir jou glimlag. Val nou hier voor sy knieë neer, verootmoedig jou en bid...

53


Week 6

Dissipelskap is nie so duur soos jy dink nie... dis duurder!

è Êrens die kans gehad om iets van God se goedheid en

genade te deel? Vertel bietjie hoe het dit met verlede week se opdrag gegaan. è Vertel van iemand (sonder om name te noem, behalwe as dit miskien jyself is) wat volspoed begin het om Jesus te dien en toe spoed verloor het? Hoekom dink julle het dit gebeur? Kom ons vra die Heilige Gees om Homself in hierdie saamgesels nuut aan ons te openbaar. Sing lofliedere tot eer van die Here. Kyk na die DVD. Lees Lukas 14:25-33 (Nuwe Lewende vertaling) Om ‘n dissipel te wees kos baie opofferings 25 Groot skares het Jesus gevolg. Hy het omgedraai en vir hulle gesê: 26”As jy my dissipel wil wees, moet jy My liewer hê as jou eie pa en ma, vrou en kinders, broers en susters - ja, meer as jou eie lewe. Anders kan jy nie my dissipel wees nie. 27En jy kan nie my dissipel wees as jy nie jou eie kruis dra en My volg nie. 28Moenie eers begin voordat jy die koste bereken het nie. Want wie sal met die oprigting van ‘n gebou begin sonder om eers kwotasies te kry en te sien of daar genoeg geld is om die rekeninge te betaal? 29Anders kan jy dalk net die fondament voltooi voordat die geld opraak. En dan sal almal mos vir jou lag! 30Dan sal hulle sê: ‘Daardie kêrel het mooi begin bou en sy geld was op nog lank voordat hy klaar was.’ 31 Of watter koning sal ooit droom om oorlog toe te gaan voordat hy saam met sy raadgewers gaan sit en beplan het of hy met sy 54


10 000 man sterk genoeg is om die aankomende 20 000 soldate te verslaan? 32As hy nie kan nie, sal hy, terwyl die vyand nog vér is, ’n afvaardiging stuur om vredesvoorstelle te maak. 33 Só kan niemand my dissipel word sonder om alles vir My prys te gee nie.” Kyk na hierdie gedagtes oor die gedeelte. Hoe help dit jou om dit beter te verstaan? Groot skares het Jesus gevolg, maar die gevaar is dat hulle nie die volle konsekwensies van volgelingskap besef nie. Jesus wil dit nou onder hulle aandag bring. Jesus stel sy eise so sterk moontlik. Daar mag geen misverstand wees nie. Kortliks kom dit daarop neer dat niks, selfs nie jou kosbaarste tussen jou en Jesus moet staan nie. Wanneer jy besluit om Jesus te volg, moet jy die kosbaarste wat hier genoem word “buite rekening laat” sê die Interliniêre Bybel. Letterlik: “haat.” Kruis opneem - ’n Veroordeelde moes sy eie kruis dra. Dus moet jy bereid wees om jou lewe op die spel te plaas. Jesus vertel twee gelykenisse (oor die bouer en die koning), waarmee Hy wil sê: “Bereken eers die koste voordat jy besluit om My te volg.” Die sout sê: ’n Volgeling van Jesus se getuienis moet geloofwaardig wees. Sout is uit die Dooie See ontgin, maar dit was nie suiwer nie en na ‘n tyd het dit sy soutgehalte verloor. 1. Watter teksvers hier werk jou emosies op en hoekom?

2. Wat bedoel Jesus met ‘afsien van alles’?

55


3. Hoekom wil Jesus volgens Matteus 6:24 hê ek moet afstand doen van alles?

4. Is dit menslik moontlik om daaraan te voldoen dit wat Jesus hier eis? Kyk ook na Markus 10:26 en 27.

5. Weet jy van mense wat al afstand moes doen van hulle kosbaarste omdat hulle Christene geword het?

6. Wat sou die konsekwensies wees as jy môre al jou besittings moet verloor omdat jy ‘n Christen is?

7. Watter eise word in ons dag aan jou volgelingskap gestel?

Opdrag: Besluit saam, as Omgeegroep, wat julle hierdie week kan doen om dit duidelik te maak dat julle Jesus se dissipels is. Stel ‘n Gebedslysie op en gee geleentheid vir gebed:

56


Dag 36 Maandag

Vergifnis en diensbaarheid

Lees Johannes 13:1-17 :14 “As Ek dan, julle Here en Leermeester, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was.” Hoofstukke 13-17 van die Johannesevangelie word deur sommige genoem “die ware dissipelskap”. Veral in hoofstuk 13 gee Jesus ‘n aanskoulike les oor die eise van dissipelskap. Jy het mos die verhaal van die voete was gelees, indien nie, doen dit asseblief nou. Omdat die mense in Jesus se tyd sandale gedra het, het hulle voete vuil geword. En omdat hulle by die tafel aangelê het, het die gebruik ontstaan om hulle voete te laat was. Dit was die werk van een van die geringste slawe. Maar so ‘n slaaf was blykbaar nie beskikbaar nie en nie een van die dissipels het hulle verwerdig om slaaf te speel nie. Hulle het immers sopas baklei oor wie die belangrikste is. Dán speel jy nie graag slaaf nie. As Jesus dan die taak op Hóm neem, is daar konsternasie in die kamp. Petrus weier botweg dat sy Meester sy voete was. Soveel so dat Jesus aan hom moes verduidelik dat hierdie voete was simbool is van God se vergifnis, maar dan ook ‘n oproep tot nederige diensbaarheid. As alles verby is, kom Jesus met hierdie uitspraak: “As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was.” As jy ‘n dissipel van Jesus wil wees, moet jy nie net aanvaar dat Jesus jou voete daagliks was nie, maar dat jy ook ander se voete moet was. Ook ander se vuil voete! En soos Hy kom dien het, moet jy dit ook doen. Is jy bereid? “Om te vergewe is ‘n reis. Hoe dieper die wond, hoe langer die reis.” LEWIS B SMEDES en “ As God nie bereid was om te vergewe nie, was die hemel dolleeg.” DUITSE SPREEKWOORD Jou gebed:

57


Dag 37 Dinsdag

Julle moet mekaar liefhê

Lees Johannes 13:31-35 :34,35 “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Die nuwe gebod wat Jesus gee is nie regtig nuut nie. Dit staan reeds in Levitikus 19:18. Maar hier is wel ‘n nuwe element by en dit is dat dit nie soseer gaan oor liefde vir my naaste nie, maar vir mekaar. Jesus het ons saamgebind aan Hom en ons verbondenheid aan mekaar moet sigbaar word in ons liefde vir mekaar. Die verdere belangrikheid is dat ons moet kyk hóé Jesus ons liefhet. Hoe anders gaan ons weet wat dit is om “soos Jesus lief te hê?” Hoe het Jesus lief ? “...tot die uiterste toe” sê Johannes 13: 1. Ons liefde moet bereid wees om ons lewe vir ons broer af te lê. è John Stott sê mos : “As ons ‘n definisie vir liefde soek, moet ons dit nie in ‘n woordeboek soek nie, maar eerder by die kruis.” è Wil jy weet hoe lief God jou het? Augustinus het gesê: “God het elkeen van ons so lief, asof daar net een van ons is om lief te hê.” è Daar is ‘n anonieme spreekwoord wat lui: “Die liefde van God is soos die water van die Amasonerivier wat vloei om een magrietjie nat te gooi.” Maar daarmee gesê wil Jesus ons wys op ons verpligtinge. “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Jesus sê as julle mekaar liefhet, sal dit die kenteken wees van navolging van Hom. Wil jy dit nie jou gebed vir hierdie dag maak nie? (Ek pas Kent Ira Groff se spreuke aan). “Here, mag elkeen wat by my vergaan, in my gesig die gesig van Christus en sy liefde sien.” Jou gebed:

58


Dag 38 Woensdag

Julle sal my getuies wees

Lees Handelinge 1:1-8 :8.“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in Jerusalem en Judea en Samaria en tot aan die uiteinde van die wêreld.” Hierdie teks is natuurlik oorbekend, maar dit maak dit nie oorbodig nie. Dit bly nog steeds relevant tot vandag toe nog. En as jy nog nie ‘n getuie vir Jesus is nie, dan is jy ongehoorsaam en moet jy hierdie teks met rooi ink onderstreep want dis deel van die eise van dissipelskap. Kom ons kyk na die teks asof ons dit vir die eerste keer lees. Sien jy wat die geheim agter jou getuienis is? Die Heilige Gees moet oor jou kom. Hy moet ín jou wees. Want Hy verskaf die vermoë, die krag, die dinamiet waarvan hier sprake is. Maak dus eers seker van die volheid van die Heilige Gees. Maar as jy vir my sê jy glo in Jesus as jou Verlosser, dan woon die Heilige Gees in jou. (Johannes 3:3; 1 Korintiërs 1:12). Paulus verseker ons wat glo, dat die Heilige Gees oorvloedig oor ons uitgestort is deur Jesus Christus ons Here (Titus 3:6). Hy máák jou bekwaam om te getuig. So terloops, getuiewees is nie om te preek nie, nog minder om te veroordeel. ‘n Getuie is bloot iemand wat vertel wat gebeur het, 2000 jaar gelede en ook daarna in sy lewe. Joseph Bayly het gesê: “Jy moet net in jou gewone lewe wys wat jy glo.” Ek stem saam met Colemen as hy sê: “Om te getuig is nie ‘n stokperdjie of ‘n-een-dag-‘n-week aktiwiteit nie. Dis ‘n lewenstyl.” Mense moet Jesus so in jou sien dat hulle oortuig word van God se liefde. Soos iemand gesê het: “Om jouself ‘n Christen te noem, is een ding. Om Christen genoem te word deur diegene wat jou dophou, is ‘n heel ander storie. Dan word jy ‘n betroubare getuie.” En laastens, waar getuig jy? Daar waar jy werk! As jou werksplek nie God se werksplek is nie, waar werk jy dan vir God? Sterkte met jou getuienis. Jou gebed:

59


Dag 39 Donderdag

Onvoorwaardelike prysgawe

Lees Romeine 12:1-8 :1b “Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.” Geloof en gehoorsaamheid is soos die twee kante van dieselfde muntstuk. As albei kante nie gemunt is nie, is daardie muntstuk nie eg nie. WAAR BEGIN ‘N LEWE VAN GEHOORSAAMHEID? Paulus sê jou eerste stap is om jou liggaam aan God te offer. Hierdie liggaam waarmee ek dink en doen. Hierdie liggaam waarmee ek aanbid. Waarmee ek voor God kniel. Hierdie liggaam waarmee ek God en my naaste dien. ‘n Offer wat beteken jy is bereid om jouself sonder reserwe aan God te gee. Ek teken myself af. En dit beteken dat God my kan gebruik soos Hy wil. Jy weet in die Ou Testament is diere as offers gebring. En die simboliek hiervan was onder andere dat die offeraar gesê het: “Hiermee gee ek myself as offer aan die Here.” Die probleem was dat die dier later as ‘n plaasvervanger vir my EIE OORGAWE AAN GOD geword het. Dat my uitgangspunt was: “Hier is my offer, Here, maar daarom hoef ek nie myself aan U te gee nie; dat ek bereid is om IETS van myself te gee, maar nie MYSELF nie.” Ek bring my dankoffer en as die Here meer wil hê, sal ek selfs my dankoffer verhoog. Selfs meer die kerk besoek, maar daarmee is die saak afgehandel. è Moenie vir my vra om myself te gee nie! è Moenie van my verwag om iewers behulpsaam te wees nie! è Moenie van my verwag om na mense in nood uit te reik nie! Moenie van my verwag om met iemand ‘n gesprek oor sy geestelike lewe te voer nie. My geld wat ek gee, is genoeg. Nee, sê Paulus. God soek JOU LIGGAAM as ‘n offer - JYSELF. Maak seker dat jy onvoorwaardelik alles prysgegee het en dat jy nie meer aan jouself nie, maar aan jou getroue Saligmaker behoort. Jou gebed:

60


Dag 40 Vrydag

Volharding - Hou jou oog

Lees Hebreërs 12:1-4 :1 “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het...” Om die volharding van die gelowige uit te beeld, gebruik die skrywer die metafoor van ‘n atletiekbyeenkoms. En die eerste ding wat die skrywer vir ons wil sê, is: 1. Daar is ‘n pawiljoen vol toeskouers rondom die baan. è En, so sê die skrywer, is daar ook ‘n skare geloofsgetuies rondom ons: è Abel (wat met sy lewe moes boet). è Noag (wat terwyl al wat leef en beef, hom spot, die ark moes bou). è Abraham (wat moes trek sonder om te weet waar hy sou beland). è En ons sou nog ‘n paar name kon byvoeg: è As jy mooi kyk, sal jy dalk ‘n ouma of ‘n oupa op die pawiljoen sien. ‘n Ouma wat ‘n geweldige indruk op jou geloofslewe gemaak het. è ‘n Pa wat in die geloof volhard het ten spyte van swaarkry en lyding. è Dalk sien jy jou ma daar wat voortdurend op haar knieë gebly het vir jou. è Ons sien hulle daar en ons hoor hulle roep: “Hardloop my kind. Moenie moed verloor nie. Hou jou oog op Jesus!”

Maar daar is ‘n tweede aspek van ‘n atletiekbyeenkoms wat belangrik is, 2. Daar is ‘n wegspringplek en ‘n wenpaal So is daar in ons geloofslewe ook ‘n wegspringplek en ‘n wenpaal. Vers 4 sê: “Jesus is die begin en die voleinder van ons geloof ”. In die geloofswedloop is Jesus my wegspring - en my - wenpaal. Die vraag is: Wat gebeur tussen die wegspring en die wenpaal? Is ek dan op my eie? Nee, en ek wil aansluit by die Ou Afrikaanse Vertaling wat nog gesê het: “Jesus is die leidsman en voleinder van die geloof.” ‘n Leidsman is mos iemand wat voorstap of saamstap - die Gids. Daarom is Jesus nie net die begin van my geloof - en die wenpaal van my geloof nie. Hy is ook die leidsman tussen die wegspring en die wenpaal. Onthou, dit help nie jy spring goed weg nie. Jy word nie beloon as jy goed wegspring nie, maar wanneer jy die wedloop voltooi! Volhard deur Jesus te volg. Jou gebed:

61


Dag 41 Saterdag

‘n Geesvervulde lewe

Lees Efesiërs 5:18-20 :18 “Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul...” Interessant dat Paulus ‘vol wees van die Heilige Gees’ en ‘vol wees van drank’ in een asem noem. Dit lyk vir my daar is twee moontlikhede: óf jy kan vol van drank óf vol van die Heilige Gees word. Drank maak jou brieke los. Die ellende is dat te veel wyn tragiese gevolge kan hê. Ons weet hoe wreed drank met ‘n man en sy gesin en die samelewing kan wees. Aan die ander kant is daar die opdrag om vervul te word met die Heilige Gees. Hoekom moet ons met die Heilige Gees vervul word? As ons byvoorbeeld na Efesiërs 4 en 5 kyk, dan sien ons die Heilige Gees ons moet leer om ons ou leefwyse te laat vaar en ‘n nuwe lewenswyse aan te kweek. En hierdie is ‘n voortdurende proses. As ‘n mens na die Griekse werkwoord kyk dan staan dit geskryf in die ‘voortdurende, teenwoordige tyd.’ Dit beteken jy moet dit so vertaal: “Laat julle voortdurend vul met die Heilige Gees.” Met ander woorde: dis nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie, dis ‘n voortdurende saak. En die rede hiervoor is omdat ons voortdurend met ‘n stryd in ons lewe te doen het. Daarom is die vervulling van die Heilige Gees onontbeerlik vir ‘n dissipel van Jesus. Jou gebed:

62


Skryf jou getuienis hier neer... ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ ___________________________ 63


64


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.