Hoekom is lopnde skrif so belangrik?
Graham en Santangelo het die volgende bevind:
Lopende skrif is goed vir jou brein
Drukskrif aktiveer een gedeelte van die brein terwyl lopende skrif verskillende dele van die brein aktiveer.
Dit help leerders met leerprobleme
Kinders met disleksie sukkel om te onderskei tussen letters wat in drukskrif baie na mekaar lyk. Die letters b en d lyk glad nie na mekaar wanneer dit in lopende skrif gevorm word nie. Dus word daardie probleem uitgeskakel.
Dit is moeiliker om na te boots
Jou kind gaan eendag sy eie handtekening moet maak. ‘n Handtekening wat met drukskrif gevorm is kan maklik nageboots word. Die is nie die geval met lopende skrif nie.
Jou kind sal ou dokumente kan lees
Baie ou manuskripte en selfs familiebriewe was in lopende skrif geskryf. Dit is wonderlik om die tipe dokumente te kan lees en verstaan.