EENDERS & ANDERS AFRIKAANS / NEDERLANDSE LESPAKKET
Kampeer Kamperen
GRAAD
10
Afrikaans Huistaal
Eenders & Anders Afrikaans /Nederlandse lespakket Graad 10 Leerderboek Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: Stock Photo Secrets Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za ISBN 978-1-4853-0829-4 Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: One Dollar Photo: bl. iii, iv, 1, 5, 12, 14, 24 en 26; Stock Photo Secrets: bl. iv, 2, 5, 6, 9, 10, 11, 13, 15, 16, 21 en 23; Izak de Vries vir die foto’s: bl. 2, 19 en 25; Rapport vir die artikel “Fonteinedal in Pretoria nou Huis van Oranje”: bl. 4; KaapstadMagazine.nl vir foto van Oranje Camping: bl. 4; Protea Boekhuis vir die woordbeskrywings uit Protea Miniwoordeboek Afrikaans – Nederlands; Nederlands – Afrikaans, 2000: bl. 8; Algemeen Dagblad vir die artikel “Nederlander wil weer luxe tijdens vakantie”: bl. 6 en 20; Marianne Liebenberg vir die illustrasie en foto van Stef Bos: bl. 7 en 20; Weg vir die artikel “Kamp soos ’n koning – 101 puik wenke vir die langpad”: bl. 19 en 20; Niemandsland Uitgewers vir die gedig “Katwijk aan Zee – 1966”: bl. 22; Ramon Meijers en katwijk.info/nl vir die foto van die vuurtoring: bl. 22; Venter Manufacturing (Pty) Ltd vir die foto van die Ventertjie: bl. 27.
’n Blik op die lespakket Beste Leerder Welkom by Eenders & Anders Graad 10 – jou venster op die Lae Lande (Nederland en België) wat weer vir jou ’n blik op Europa bied. Eenders & Anders voldoen aan al die standaarde van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Hierdie lespakket sluit aan by die NKABV-kurrikulum kwartaal 4, week 33 en 34. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik te bied op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België). In graad 9 was die tema: Fietsry Fietsen. Nederlands is die taal van 16 miljoen Nederlanders in Nederland en van 6 miljoen Vlaminge in buurland België. Die Vlaminge praat hul Nederlands met ’n uitspraak wat partykeer soos Afrikaans klink. Dit word genoem Vlaams. Nogtans, in teenstelling tot Afrikaans, is Vlaams net ’n taal wat gepraat word. Skryf en lees doen Vlaminge in Nederlands. Gedurende die twee weke waartydens jy hierdie lespakket gebruik, wil ons jou op ’n opwindende, avontuurbelaaide reis na die Lae Lande neem. Aan die begin gaan dit dalk vir jou effens moeilik wees om die Nederlandse tekste waarna jy gaan luister en wat jy gaan lees, te verstaan. Jou ore en oë sal egter gou gewoond raak aan die Nederlands en aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands kan praat. As jy eers kennis gemaak het met Nederlands, kan jy die wonderlikste materiaal op die internet ontdek. Onthou, die Nederlanders/Vlaminge is tegnologies baie gevorderd en jy gaan op die interessantste video’s, toeps (apps), webwerwe, klankgrepe en speletjies af kom. In hierdie lespakket is die tekste soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Probeer voortdurend bewus wees van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Die vrae en opdragte is egter altyd in Afrikaans en jou antwoorde kan ook in Afrikaans wees. Kampeer is ’n gewilde vakansie- en naweekaktiwiteit in Suid-Afrika. In hierdie lespakket sal jy sien hoe hierdie aktiwiteit in Nederland en België in sommige opsigte ooreenstem met Suid-Afrika en in ander weer verskil. Dus, welkom in die Lae lande! Kom kampeer saam met ons.
Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.
ii
iii
Inhoudsopgawe
Kampeer Kamperen
KAMPEER KAMPEREN Luister en praat...............................................................................................................................................................................2, 13 Lees en kyk.......................................................................................................................................................................................................... 3 Word taalvaardig..................................................................................................................................................................................16 Fokus op letterkunde..................................................................................................................................................................20 Skryf en aanbied.....................................................................................................................................................................................24 Taalhersieniening...................................................................................................................................................................................26
WEBWERF ’n Spesiale webwerf – http://lespakket.co.za – is vir die Afrikaans-Nederlandse lespakkette van graad 6 tot 11 geskep sodat julle interaktief met die tekste kan verkeer en om aan te sluit by e-leer (elektroniese leer) in die onderwys. Nie net word ’n elektroniese weergawe van die pakket op die webwerf gelaai nie, maar die pakkette word voortdurend bygewerk met nuwe materiaal wat opgelaai word. ’n Blog en Facebookblad sal ook aan die webwerf gekoppel word. ’n QR-kode sal jou lei na interessante webtuistes oor kampeer in Nederland en België. Die idee is dat julle die materiaal op die webwerf gebruik om die opdragte in die lespakket uit te voer. Julle kan dan weer foto’s, video’s of ander interessanthede oplaai vir gebruik deur en kommunikasie met ander leerders. Daar word gehoop dat julle ook uiteindelik met Nederlandse/ Vlaamse leerders sal kontak maak, idees uitruil en sodoende mekaar se taal en kultuur beter leer ken. Ook onderwysers word aangemoedig om materiaal soos foto’s, oulike idees, opdragte en vraestelle op die webwerf te laai. Op dié manier is daar nie net interaksie met plaaslike kollegas nie, maar hopelik ook later met kollegas in Nederland en Vlaandere (België), by wie ons kan kers opsteek oor e-leer.
IN HIERDIE HOOFSTUK MOET JY: Luister en praat • illustrasies bespreek • ’n paneelbespreking voer • na ’n liedjie luister en vrae daaroor beantwoord
Lees en kyk • ’n koerantberig lees en vrae daaroor beantwoord • ’n advertensie lees en vrae daaroor beantwoord • ’n grafiek lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • ’n opsomming maak • ’n gedig/liedjie ontleed • taal-in-konteks-oefeninge doen
Skryf en aanbied • paragrawe orden • kort skryfoefeninge doen • ’n opstel skryf
Taalstrukture en -konvensies • oefeninge oor woordeskatuitbreiding en taalverskynsels doen • taal-in-konteks-oefeninge doen
iv
Kampeer. Baie Suid-Afrikaners is versot op die idee om in ’n tentjie te gaan bly langs die see, in die bosveld, berge of iewers anders in die natuur. Ander hou van die kampeerterreine wat in die lang Desembervakansie soos ’n miernes van bedrywigheid lyk. Rustige kampvuurtjies, die braai van malvalekkers en die geur van braaivleis spreek weer tot ander. Het jy geweet dat mense in Nederland en België net so baie van kampeer hou? Daar is pragtige kampeerterreine in woude, langs die see en ander natuurgebiede. Maar waar jy ook al besluit om jou tentjie op te slaan, in watter land ook al, moet jy dit net geniet!
1