EENDERS & ANDERS
AFRIKAANS / NEDERLANDSE ONDERWYSERSGIDS
Koningskos Een koningsmaal
GRAAD
7
Afrikaans Huistaal
INLEIDING In hierdie lespakket word die Afrikaanse leerder deur middel van die kostema aan die Nederlandse kultuur, taal en letterkunde bekendgestel. Daar word gekyk na hoe Nederlandse en Belgiese kos ooreenstem met kos in Suid-Afrika (eenders), maar ook hoe dit verskil (anders). Die fokus verskuif van tradisionele geregte na die kos wat die Nederlander en Belg van vandag eet.
Eenders & Anders Afrikaans /Nederlandse lespakket Graad 7 Onderwysersgids Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: Stock Photo Secrets Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za
Moedig die leerders aan om navorsing oor Nederlandse en Belgiese geregte te doen, dit te maak en te proe, en dan natuurlik daaroor te praat en te skryf! In hierdie lespakket gaan al die sintuie ingespan word om die verskillende (en eenderse) kostradisies te leer ken. Agterna kan die woordeskat vasgelê word deur die kwartetspel met die leerders te speel.
KURRIKULUM-INLIGTING Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 van kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar het ook ekstra komponente. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik is, naamlik leenwoorde (woordeskatontwikkeling) en spelling. Kos is ’n goeie metafoor om die begrippe “erfgoed”, “leengoed” en “eiegoed” te verduidelik. Suid-Afrikaanse potjiekos kom byvoorbeeld van die Nederlandse hutspot (erfgoed), in Suid-Afrika het ons nie oliebolle presies soos die Nederlanders nie, maar wel koeksisters (leengoed), ’n gereg wat van Maleisië na Suid-Afrika gebring is, en as gevolg van Suid-Afrikaners se liefde vir vleis het ons boerewors (eiegoed) ontstaan.
ISBN 978-1-4853-0838-6 Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: Stock Photo Secrets: bl. 18, 19, 20 en 21; One Dollar Photo: bl.: 18, 19, 20 en 21. Uitgeverij G.A. van Oorschot vir die Gedig “Brood”, Uit: Verzameld werk, 1976: bl. 4. Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.
1
Weke
Luister en praat (mondeling) 2 uur Kwartaal 2, Luister- en week 5–6 praatstrategieë Luister na en bespreek die gedig • Deel idees en ervarings en toon begrip van konsepte • Beantwoord vrae • Verduidelik aan ’n vriend waarom jy van ’n spesifieke gedig hou Voorbereide hardoplees • Toon, stemprojeksie, uitspraak, frasering, oogkontak • Gee aandag aan leestekens • Gebruik gepaste liggaamstaal
2
Lees en kyk
Skryf en aanbied
Taalstrukture en -konvensies 4 uur 4 uur 2 uur Literêre teks: Kreatiewe skryf: Woordvlakwerk gedigte eie gedig • Samestellings; Infinitiewe Leesmetodes Strofekonvensies werkwoorde, Onafhanklike lees • Struktuur van voornaam’n strofe Pre-leesstrategieë woorde, • Gebruik • Herken besitlike voegwoorde kenmerke van voornaamvir samehang die teks soos woorde • Gebruik ’n titels, opskrifte, Betekenisleer en verskeidenheid illustrasies woordeskatsinsoorte, • Herken dele van uitbreiding -lengtes en die boek soos • Rym, leenwoorde, -strukture die boekomslag, idiomatiese • Gepaste flapteks, uitdrukkings, taalgebruik titelbladsy, indeks, spreekwoorde, hoofstukke, • Gepaste alliterasie, woordelys gebruik van vergelykings, figuurlike taal Poësie: metafore, Fokus op die tussenwerpsels, Belangrikste skryfproses sinonieme, kenmerke van ’n antonieme gedig • Beplanning Lees- en skryftekens • interne struktuur • Konsep van ’n gedig soos • Hersiening • punt, komma beeldspraak/ • Redigering stylfigure, rym, • Proeflees en ritme aanbieding van • uiterlike bou van finale konsep ’n gedig soos • Skryf ’n gedig reëls, strofes, tipografie • figuurlike betekenis • atmosfeer • tema en boodskap
INHOUD Vaardighede
LB-bladsye
OG-bladsye
Luister en praat Lees en kyk Word taalvaardig Skryf en aanbied Taalhersiening
3 4 12 18 21
4 6 11 14 15
ONDERRIGSTRATEGIEË Inleiding
LB bladsy 1
Riglyne vir onderrig • Wafels met room of roomys is ’n bederfdis vir enige Suid-Afrikaanse kind. Hierdie wafels is gewoonlik groot en rond. • Stel die leerders nou bekend aan die oorsprong van ons wafels: Belgiese en Nederlandse wafels. Die Nederlandse stroopwafel is rond en kleiner met stroop tussen twee lae. Dit word saam met koffie bedien. Dit word gewoonlik bo-op ’n koppie stomende koffie geplaas. Dit maak die harde karamelstroop tussenin lekker sag. Die Belgiese wafels is groter en word, nes in Suid-Afrika, as nagereg of ’n bederfdis bedien. Daar is twee hoofsoorte Belgiese wafels: die Luikse wafel is ovaal- of ruitvormig, swaarder en met suikerkristalle daarin verwerk, terwyl die Brusselse wafel langwerpig en ligter is, met strooisuiker daaroor gesprinkel. • As daar iewers ’n Nederlandse bakkery in die omgewing is, kan die leerders gerus die stroopwafels gaan proe.
3