Onderwysersgids graad 11

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE ONDERWYSERSGIDS

Sprokie vir ’n stadskind/ Sprookje voor een stadskind

GRAAD

11

Afrikaans Huistaal


INLEIDING Hierdie lespakket het ’n tweeledige tema, naamlik sprokies en stede. Die leerders vertrek vanaf ’n bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe wêrelde (Nederlands en Nederland en België). Hulle fokus op wat dieselfde in die verskillende lande en tale is, maar ondersoek ook dit wat anders is.

Eenders & Anders Afrikaans/Nederlandse lespakket Graad 11 Onderwysersgids Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: One Dollar Photo Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za ISBN 978-1-4853-0842-3 Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: One Dollar Photo, LyricFind vir die woorde van “Tulpen uit Amsterdam”: bl. 13; LyricsFreak © 2017 vir die woorde van “Wereldmeid”: bl. 14.

In hierdie pakket word leerders blootgestel aan die opwindende stadslewe in Brussel en Amsterdam. Die geskrewe en visuele tekste dien as lusmakertjies: nie net om hierdie stede eendag te besoek nie, maar ook om te besef watter geleenthede hier gebied word. Twee tekste oor Kaapstad bied ’n Suid-Afrikaanse perspektief. Verder word daar ook gehoop dat leerders bewus sal word van die gevare verbonde aan die stadslewe. Hulle sal versigtig, maar doelgerig en aanhoudend, vorentoe moet beweeg, want aan die einde van die neonboog is daar ’n skat te vinde: interessante studie- en sportgeleenthede, ’n goeie werk, gesonde verhoudings, ensovoorts. Hulle moet van elke dag ’n sprokie maak. Die lespakket begin met ’n graffititoneel van “Kilroy was here” (die mannetjie met die lang neus wat oor die muur loer). Dit sluit aan by die behoefte van die mens, veral die tiener, om ’n merk te maak om te wys: Ek was hier. Dit sluit goed aan by die gedig “Besoekersboek” (een van die gr. 12 voorgeskrewe gedigte) en Nanette van Rooyen se jeugboek Ek was hier (waarmee die lespakket afgesluit word). Soldate het tydens die Tweede Wêreldoorlog die graffiti “Kilroy was here” teen mure aangebring. Dit was hulle manier om in die aangesig van die dood te wys: Ek was hier.

KURRIKULUM-INLIGTING Die pakket is heelwat langer as ’n hoofstuk in Platinum Afrikaans Huistaal of een van die ander taalhandboeke: 24 bladsye teenoor byvoorbeeld 16 bladsye in Platinum. Die inhoud dek al die werk wat in kwartaal 4, week 33 en 34 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit die weke direk voor en ná hierdie twee weke. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek ’n gedeelte waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, naamlik erfgoed, leengoed, eiegoed, neologismes, taalverskynsels en woordeskatontwikkeling.

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.

2

3


Weke

Luister en praat 1 uur Kwartaal Informele besprekings/ 4, week gesprekvoering 33 en 34

Kenmerke en konvensies Beplanning, navorsing, organisering Aanbieding Taalstrukture en -konvensies Geïntegreer by al die vaardighede

Lees en kyk 4 uur Leesbegrip: Woordeskatontwikkeling en taalgebruik Studie van die letterkunde

Skryf en aanbied 4 uur Transaksionele teks: • vriendskaplike/formele of informele briewe aan die pers • formele briewe (versoek/klagte/ aansoek/sakebrief) • curriculum vitae en dekbrief • huldeblyk • agenda en notule • formele of informele verslag • resensie • koerantberig • tydskrifartikel • toespraak • dialoog • onderhoud

INHOUD Weke Kwartaal 4, week 33 en 34

Vaardighede Luister en praat Lees en kyk Word taalvaardig Fokus op letterkunde Skryf en aanbied Taalhersiening

LUISTER EN PRAAT LB bladsy 2

Beplanning, konsep, hersiening, redigering en aanbieding

Riglyne vir onderrig

Formaat/kenmerke van gekose teks

• In hierdie aktiwiteit bespreek en vertolk die leerders visuele tekste op bladsye iii, iv, 1 en 2.

Sinstrukture Skryf van paragraaf Woordkeuse Register, styl en toon Taalkonvensies Eiegoed, erfgoed, leengoed Neologismes Taalverskynsels

Geïntegreer by al die vaardighede

OG-bladsye 5, 13 6 16 18 21 22

ONDERRIGSTRATEGIEË

Prosesskryf

Taalstrukture en -konvensies

LB-bladsye 2, 15 3 19 24 27 32

Algemene taal, veral semantiek Eiegoed, erfgoed, leengoed Neologismes Taalverskynsels Algemene taal, veral semantiek

• Raai die leerders aan om Nanette van Rooyen se boek Ek was hier te lees. Dit handel oor groen graffiti. Daar is ’n resep in vir die maak van saadbomme en verwysings na van die bekenste graffiti-kunstenaars. Behalwe dat die boek maklik lees, sal die leerders gefassineer wees deur al die inligting oor graffiti. • Die idiomatiese uitdrukkings in Flink met taal sluit by die hoofstuk se tema aan. Bespreek die konteks waarin hierdie idiome gebruik word.

ANTWOORDE • Graffiti kom in groot stede voor omdat dit kenmerkend is van groot stede. Dalk omdat: mense vasgevang voel in die stad se betonoerwoud; daar baie beton- en muuroppervlakke is wat hulle leen tot graffiti; die graffiti-tekenaars wil hê dat hulle werk opgemerk word (dus waar baie mense dit kan sien). • Rooikappie. • Die wolf(hond) saam met Rooikappie, die draak en die meisie wat ’n masker dra. • Dis dalk as gevolg van die lugbesoedeling in die stad/Sy word uitgebeeld as ’n karakter in ’n wetenskap-fiksieverhaal. • Maak van elke dag ’n sprokie – Jy moet die beste van elke dag maak en die lewe met ’n positiewe ingesteldheid benader.

4

5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.