Onderwysersgids graad 9

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE ONDERWYSERSGIDS

Fietsry Fietsen

GRAAD

9

Afrikaans Huistaal


INLEIDING Die tema van hierdie lespakket is fietsry, met die fokus op dié aktiwiteit. (Terloops, leerders sal dit interessant vind dat die werkwoord in Nederland “fietsen” is.)

Eenders & Anders Afrikaans /Nederlandse lespakket Graad 9 Onderwysersgids Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: One Dollar Photo Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za ISBN 978-1-4853-0840-9 Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: One Dollar Photo: bl. 19, 20, 21 en 22; Stock Photo Secrets: bl. 19, 20, 21 en 22; LyricFind vir die woorde van “Fiets”: bl. 4.

In Nederland is daar meer fietse as inwoners. Meer as 70% van alle ritte wat byvoorbeeld in Amsterdam en Rotterdam onderneem word, is per fiets. Voor die Tweede Wêreldoorlog het die meeste ritte ook per fiets plaasgevind, maar in die vyftiger- en sestigerjare het die motor gewilder geword. Dit het tot ’n ongekende hoeveelheid padsterftes gelei. Die veldtog “Stop de kinderenmoord” is van stapel gestuur om meer, beter en veiliger fietspaaie te bou. Dit, tesame met die oliekrisis in die sewentigerjare, het die regering gedwing om in fietsry-infrastruktuur te belê. Oral is daar nou veilige fietspaadjies en in Nederland en België weet almal fietsryers geniet voorrang bo motoriste. Bordjies soos “Fietsstraat. Auto te gast” verskyn oral. Nog voordat hulle kan loop, “fiets” Nederlandse kinders al. Hulle ry in ’n spesiale sitplek op hulle ouers se bakfietse. ’n Bakfiets is ’n aflewerings- of vervoerfiets en eg Nederlands. Ondersoek deurlopend saam met die leerders die ooreenkomste (eenders) en verskille (anders) tussen fietsry in Suid-Afrika en in Nederland en België. Dit sou ook interessant wees om saam met hulle na die video’s op die webtuiste http://www.bbc. com/news/magazine-23587916 te kyk om die verskille tussen fietsry in Engeland en die Lae Lande te ondersoek. Suid-Afrika se fietsry-omstandighede is soortgelyk aan Engeland s’n, net nog slegter. Aan die hand van fietsry word die Afrikaanse leerder ook bekend gestel aan Nederlands en die Nederlandse/Vlaamse kultuur, taal en letterkunde.

KURRIKULUM-INLIGTING Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 van kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar het ook ekstra komponente. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik is, byvoorbeeld leenwoorde (woordeskatontwikkeling) en spelling.

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.

1


Luister en praat 2 uur Kwartaal 2, Luister- en week 5 praatstrategieë • Luister na ’n en 6 Weke

mondelinge teks soos ’n onderhoud/ mondelinge aanbieding/ storievertelling om begrip te demonstreer • Maak aantekeninge gedurende luister • Luister krities • Onderneem ’n groepbespreking/ forumbespreking wat gebaseer is op die mondelinge teks • Neem beurte • Gebruik gesprekskonvensies

Lees en kyk 3½ uur Lees ’n letterkundige teks, bv. drama/ kortverhaal/ volksverhaal • Fokus spesifiek op letterkundige tekskenmerke. Toon begrip van die ontwikkeling, intrige en konflik, karakterisering, keerpunt, agtergrond/milieu, rol van verteller, tema, afsluiting en slot

Die leesproses: • Pre-lees: Lei die teks in • Tydens lees: kenmerke van die teks • Post-lees: Beantwoord vrae, vergelyk, kontrasteer, evalueer

Poësie

Belangrikste kenmerke van ’n gedig • interne struktuur van ’n gedig soos beeldspraak/ stylfigure/rym/ritme • uiterlike bou van ’n gedig soos reëls, woorde, strofes • figuurlike betekenis • atmosfeer • tema en boodskap

Lees en kyk vir begrip (gebruik geskrewe en/of visuele teks soos strokiesprente) • Vluglees • Soeklees • Aandagtige lees • Maak afleidings t.o.v. karakters, ruimte, milieu en boodskap • Afleiding van betekenis van onbekende woorde deur woordaanpakvaardighede • Gevoelstaal • Hersien die struktuur van ’n opsomming

2

Skryf en aanbied 3½ uur Skryf ’n transaksionele teks – kennisgewing, agenda en notule • Woordkeuse • Persoonlike stem en styl • Lewendige beskrywing • Toon • Kern- en ondersteunende gedagtes • Kopkaarte om samehangende idees te organiseer • Bied teks vir assessering aan • Fokus op die skryfproses • Beplanning • Konsep • Hersiening • Redigering • Proeflees en aanbieding van konsep • Skryf ’n kennisgewing, agenda en notule deur die skryfproses te volg

Taalstrukture en -konvensies 1 uur Woordvlakwerk • Basisvorme, voorvoegsels en agtervoegsels • Byvoeglike naamwoorde • Voorsetsels

Sinsvlakwerk: • Definiërende paragraaf • Inleidende paragraaf • Slotparagraaf • Tyd (oorsigtelik) • Sinstruktuur • Sinsoorte

Betekenisleer en woordeskatuitbreiding • Idiomatiese uitdrukkings, spreekwoorde

Leestekens en spelling • Spelpatrone en spelreëls

INHOUD Vaardighede

LB-bladsye

OG-bladsye

Luister en praat Lees en kyk Word taalvaardig Fokus op letterkunde Skryf en aanbied Taalhersiening

2 5 12 17 21 24

3 6 10 13 15 16

ONDERRIGSTRATEGIEË LUISTER EN PRAAT LB bladsy 2

INLEIDING Riglyne vir onderrig Gesels met die leerders oor hoe hulle oor fietsry voel en waarvoor hulle moontlik fietse gebruik. Dit is belangrik dat hulle van die begin af agterkom dat fietse in die Lae Lande nie net vir sport en ontspanning gebruik word nie, maar dat dit deel van die daaglikse lewe vorm – om werk en skool toe te gaan, om kinders en dinge te vervoer, om inkopies te doen …

ANTWOORDE • Die leerders gesels oor hul ervaring van en gevoelens oor fietsry. • In die Lae Lande is die fokus op die praktiese gebruikswaarde van ’n fiets. Dit moet dinge en mense kan vervoer. Niemand gee om om op ’n ou, lelike swart fiets te ry nie. Die outydse bakfiets is eg Nederlands en gewild onder jonk en oud. In Suid-Afrika gaan dit dikwels oor die nuutste model en die duurste en blinkste fiets.

LUISTER NA ’N LIEDJIE LB bladsy 2

Riglyne vir onderrig Pre-luister • Verduidelik dat daar min berge in Nederland en België is en die landskap baie gelyk is; daarom is dit maklik om daar fiets te ry. • Ja, hulle ry van kleins af saam met iemand of alleen op ’n fiets en word elke dag aan fietse blootgestel.

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.