Onderwysersgids graad 10

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE ONDERWYSERSGIDS

Kampeer Kamperen

GRAAD

10

Afrikaans Huistaal


INLEIDING Hierdie lespakket het “kampeer” as tema. Die leerders vertrek vanaf bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe wêrelde (Nederlands en Nederland en België). Hulle fokus op wat dieselfde in die verskillende lande en tale is, maar ondersoek ook dit wat anders is. Terselfdertyd ondersoek die leerders buitelugaktiwiteite en ’n gesonde leefstyl. Kampeer is ’n aktiwiteit wat Suid-Afrikaners graag beoefen. Dit gebeur dikwels omdat die weer so lekker by ons is. Maar wat van Nederland en België?

KURRIKULUM-INLIGTING Eenders & Anders Afrikaans/Nederlandse lespakket Graad 10 Onderwysersgids Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: Stock Photo Secrets Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za ISBN 978-1-4853-0841-6 Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: Stock Photo Secrets; Fluitsman & Van Tijn vir die liedjie “15 miljoen mensen”: bl. 10; Algemeen Dagblad, 19 Januarie 2014 vir die artikel “Nederlander wil weer luxe tijdens vakantie”: bl. 16; One Dollar Photo.

Die inhoud van hierdie lespakket dek al die werk wat in kwartaal 4, week 33 en 34 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit die weke direk voor en ná hierdie twee weke. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek ’n gedeelte waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, naamlik erfgoed, leengoed, eiegoed, neologismes, taalverskynsels en woordeskatontwikkeling. Weke Kwartaal 4, week 33 en 34

Luister en praat 1 uur Paneelbespreking Kenmerke en konvensies Pas konvensies toe Verryking: Luisterbegrip Taalstrukture en -konvensies Geïntegreer by al die vaardighede

Lees en kyk 4 uur Leesbegrip: Leesstrategieë Studie van die letterkunde Verryking:

Skryf en aanbied 4 uur Opstel: Verhalend/beskrywend/argumenterend Prosesskryf Beplanning, konsep, hersiening, redigering en aanbieding

Skryf ’n opsomming Formaat/kenmerke van gekose teks Sinstrukture Skryf van paragraaf Woordkeuse Register, styl en toon Taalkonvensies Eiegoed, erfgoed, leengoed Neologismes Taalverskynsels

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.

1


INHOUD Weke

Vaardighede Kwartaal 4, Luister en praat week 33 en 34 Lees en kyk Word taalvaardig Fokus op letterkunde Skryf en aanbied Taalhersiening

LEES EN KYK LB-bladsye

OG-bladsye

2, 13

2, 10

3

3

16

13

20

15

24

17

26

18

LB bladsy 3

Riglyne vir onderrig • Die pre-leesvrae op bladsy 3 dien as voorbereiding vir die leestekste wat volg. Die leerders kan die vrae individueel of in groepsverband beantwoord. • Die leestegnieke op bladsy 3 wat bespreek word, help leerders om elke keer ’n ander aanslag te hê by die lees van die tekste ten einde meer gefokus te lees. Die aantekeninge in die kantstroke van die leesstukke bevat nuttige inligting.

ONDERRIGSTRATEGIEË LUISTER EN PRAAT LB bladsy 2

Riglyne vir onderrig • In hierdie aktiwiteit vertolk die leerders visuele tekste en bespreek dit. Die idiomatiese uitdrukkings in Flink met taal sluit by die hoofstuk se tema aan. Bespreek die konteks waarin hierdie idiome gebruik kan word.

ANTWOORDE • In Suid-Afrika kampeer mens dikwels met wilde diere sommer naby jou. Die kampeerhutte waarin Suid-Afrikaanse kampeerders slaap, is dikwels van gras of riete gemaak (soos Afrika-hutte). Nederlanders kampeer dikwels met ’n “camper” – ’n voertuig waarin mens ook kan slaap. Dit kom ook in Suid-Afrika voor, maar minder. Suid-Afrikaners gebruik eerder woonwaens wat getrek moet word. • Daar is ’n vuurtjie, malvalekkers word gebraai, daar word musiek gemaak en mense lag en gesels. • Die natuur lyk soos die Bosveld met doringbome. Die afdak by die boma is van gras gemaak wat baie tipies is van Suid-Afrika. Enige antwoord wat sin maak.

• Gesels met leerders oor De Oranje Camping. Tydens groot sokkerbyeenkomste (bv. die Wêreldbeker in Suid-Afrika) kampeer Nederlandse ondersteuners in hulle oranje klere graag in die betrokke land. Behalwe dat dit goedkoper is om te kampeer, is dit ook geselliger. Daar is heelwat foto’s op die internet, alhoewel daar maar min van 2010 in Suid-Afrika beskikbaar is.

Pre-lees ANTWOORDE • Leerders gee hul eie mening, byvoorbeeld: Dit moet naby die see wees, dit moet skoon wees, dit moet in die natuur wees, dit moet veilig wees. • Junie tot Augustus; in die Europese somer en tydens die lang somervakansie. • Dit is nie so dig bevolk soos die res van België of Nederland nie. Die Ardenne het ’n pragtige, golwende landskap met bosse, riviere en klein dorpies. ’n Verskeidenheid van buitelugaktiwiteite kan hier beoefen word. Hier is ook ’n ryk kultuurlewe en heerlike eetgoed om te geniet. • Die Waddeneilande lê aan die noordekant van Nederland tussen Den Helder in Nederland en Esbjerg in Denemarke. Dit is ’n Wêrelderfenisgebied en kampeerders kan op die uitgestrekte sandgebiede stap, op ’n boot op die see vaar, die fauna en flora geniet of daar “waddenloop”. (Twee keer per dag stroom die water van die Noordsee in en twee keer per dag vloei dit weer heeltemal weg sodat mens op die bodem van die see kan stap.)

LEES Die leerders moet eers die koerantberig, advertensie en grafiek vluglees om sekere algemene vrae te beantwoord. Daarna moet die tekste gestiplees word vir fyner besonderhede.

2

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.