LEERDERBOEK Graad 9

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE LESPAKKET

Fietsry Fietsen

GRAAD

9

Afrikaans Huistaal


Eenders & Anders Afrikaans /Nederlandse lespakket Graad 9 Leerderboek Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: One Dollar Photo Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za ISBN 978-1-4853-0828-7 Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: One Dollar Photo: bl. iv, 4, 6, 8, 9, 10, 11 en 12; Stock Photo Secrets: bl. iii, 3, 5, 20, 21 en 23; Fietsersbond, Utrecht, Nederland, vir die foto van ’n bakfiets: bl.1; Bicycle Portraits vir die foto van Jak Khoza: bl. 6; Rapport vir die artikel “Projek sonder brieke”: bl. 6 en 7; Gedichten-freaks.nl vir die gedig “fietsen”: bl. 8; Fietsen123.nl vir die artikels “Nederland ultiem fietsland” en “Fietsen langs het water van Vlaanderen”: bl. 10 en 11; ROBIN UTRECH/AFP/ Getty Images vir die foto van Koning Willem-Alexander: bl. 13; Het Nationale Park De Hoge Veluwe vir die foto van wit fietse: bl. 15; Die Burger vir die berig “Merckx meester van fietsry in twintigste eeu”: bl. 16; Dion Rushovich vir die foto: bl. 16; Eureka Barnard vir die foto: bl. 17; Querido vir die uittreksel uit De hemel van Heivisj van Benny Lindelauf en Protea Boekhuis vir die vertaling in Afrikaans deur Daniel Hugo: bl. 18 en 19; Izak de Vries vir die foto: bl. 22; OFM.co.za vir die berig “Stander se dood plaas veiligheid van fietsryers opnuut in die kollig”: bl. 24; Mandie Stander vir die foto’s van Burry Stander: bl. 24. Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.

ii

’n Blik op die lespakket Beste Leerder Welkom by Eenders & Anders Graad 9 – jou venster op die Lae Lande (Nederland en België) wat weer vir jou ’n blik op Europa bied. Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Hierdie lespakket sluit aan by kwartaal 2, week 5 en 6 van die NKABV. Die doel van hierdie lespakket is om jou ’n blik te bied op die letterkunde, taal en kultuur van Nederland en Vlaandere (die Nederlandssprekende deel van België). In graad 8 was die tema: Ridders en rolmodelle Ridders en rolmodellen. Nederlands is die taal van 16 miljoen Nederlanders in Nederland en van 6 miljoen Vlaminge in buurland België. Die Vlaminge praat hul Nederlands met ’n uitspraak wat partykeer soos Afrikaans klink. Dit word genoem Vlaams. Nogtans, in teenstelling tot Afrikaans, is Vlaams net ’n taal wat gepraat word. Skryf en lees doen Vlaminge in Nederlands. Gedurende die twee weke waartydens jy hierdie lespakket gebruik, wil ons jou op ’n opwindende, avontuurbelaaide reis na die Lae Lande neem. Aan die begin gaan dit dalk vir jou effens moeilik wees om die Nederlandse tekste waarna jy gaan luister en wat jy gaan lees, te verstaan. Jou ore en oë sal egter gou gewoond raak aan die Nederlands en aan die einde van die lespakket gaan jy selfs ’n bietjie Nederlands kan praat. As jy eers kennis gemaak het met Nederlands, kan jy die wonderlikste materiaal op die internet ontdek. Onthou, die Nederlanders/Vlaminge is tegnologies baie gevorderd en jy gaan op die interessantste video’s, toeps (apps), webwerwe, klankgrepe en speletjies af kom. In hierdie lespakket is die tekste soms in Afrikaans en soms in Nederlands. Probeer voortdurend bewus wees van die ooreenkomste (eenders) en die verskille (anders) tussen die twee tale. Die vrae en opdragte is egter altyd in Afrikaans en jou antwoorde kan ook in Afrikaans wees. Ons wens is dat jy nie net vir twee weke lank uit jou doodgewone skoolsituasie weggevoer sal word nie, maar dat jy tydens die reis verlief sal raak op die Lae Lande. Dus, welkom in die Lae Lande! Geniet die reis saam met ons. Hopelik sal jy hierdie lespakket so geniet dat jy Nederland en België self eendag per fiets wil gaan verken. Intussen kan jy gerus hulle goeie voorbeeld volg en fiks en gesond bly deur dikwels fiets te ry.

iii


Inhoudsopgawe

Fietsry Fietsen

FIETSRY / FIETSEN

IN HIERDIE HOOFSTUK MOET JY:

Luister en praat........................................................................................................................................................................................... 2 Lees en kyk.......................................................................................................................................................................................................... 5 Word taalvaardig ................................................................................................................................................................................12 Fokus op letterkunde..................................................................................................................................................................17 Skryf en aanbied.....................................................................................................................................................................................21 Taalhersiening..............................................................................................................................................................................................24

WEBWERF ’n Spesiale webwerf – http://lespakket.co.za – is vir die Afrikaans-Nederlandse lespakkette van graad 6 tot 11 geskep sodat julle interaktief met die tekste kan verkeer en om aan te sluit by e-leer (elektroniese leer) in die onderwys. Nie net word ’n elektroniese weergawe van die pakket op die webwerf gelaai nie, maar die pakkette word voortdurend bygewerk met nuwe materiaal wat opgelaai word. ’n Blog en Facebookblad sal aan die webwerf gekoppel word. Ook maak hierdie lespakket gebruik van QR-kodes sodat jy op jou eie ontdekkingstog kan gaan. Die idee is dat julle die materiaal op die webwerf gebruik om die opdragte in die lespakket uit te voer. Julle kan dan weer foto’s, video’s of ander interessanthede oplaai vir gebruik deur en kommunikasie met ander leerders. Daar word gehoop dat julle leerders ook uiteindelik met Nederlandse/Vlaamse leerders sal kontak maak, idees uitruil en sodoende mekaar se taal en kultuur beter leer ken. Ook onderwysers word aangemoedig om materiaal soos foto’s, oulike idees, opdragte en vraestelle op die webwerf te laai. Op dié manier is daar nie net interaksie met plaaslike kollegas nie, maar hopelik ook later met kollegas in Nederland en Vlaandere (België), by wie ons kan kers opsteek oor e-leer.

iv

Luister en praat • na ’n liedjie luister • vrae beantwoord • aan ’n groepbespreking deelneem

Lees en kyk: • ’n koerantberig, ’n gedig en twee webartikels bestudeer • vrae beantwoord

Letterkunde • ’n uittreksel uit ’n roman lees • taal-in-konteks-oefeninge doen

• vrae beantwoord

Skryf en aanbied • met paragrawe werk

• ’n agenda en notule skryf

Taalstrukture en -konvensies • • • •

kyk na byvoeglike naamwoorde, voorsetsels en leenwoorde meer te wete kom oor inleidende en slotparagrawe kyk na woorde wat chronologiese orde aandui taal-in-konteks-oefeninge doen

Leeswerk • lees Die hemel van Heivisj deur Benny Lindelauf in Afrikaans of Nederlands Fietsry! Watter beelde tower dié woord by jou op? Jy dink dalk aan die fiets wat jy as ’n laerskoolkind gehad het of die topfiks fietsryers wat jaarliks die Argus-fietswedren aandurf ? Of dalk iemand wat op hul fiets op pad werk toe ry terwyl groot vragmotors en ander motors by hul verbyjaag? Wel, in hierdie hoofstuk gaan jy sien hoe gewild fietsry veral in Nederland is. Dit is nie net gewild nie, maar een van die land se algemeenste vorme van vervoer. Dis byvoorbeeld ’n daaglikse gesig om ’n ma te sien wat haar kinders per fiets skool toe neem. In België is fietsry ook gewild.

1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.