Onderwysersgids graad 8

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE ONDERWYSERSGIDS

Ridders en rolmodelle Ridders en rolmodellen

GRAAD

8

Afrikaans Huistaal i


INLEIDING

Eenders & Anders Afrikaans /Nederlandse lespakket Graad 8 Onderwysersgids Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: One Dollar Photo Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za ISBN 978-1-4853-0839-3

Daar is ’n ouwêreldse romantiek, hoflikheid en avontuur wat met ridders geassosieer word. Rolmodelle is weer ’n groot behoefte onder ons jeug – jong mense het goeie rolmodelle dringend nodig. In gesprekke met onderwysers en leerders blyk hierdie behoefte duidelik. In hierdie lespakket word daar gepoog om leerders nie net aan bekende Nederlandse, Belgiese en Suid-Afrikaanse rolmodelle bekend te stel nie, maar ook om eienskappe van die ridders van weleer deel van die leerders se emosionele en geestelike wapenrusting te maak. Eienskappe soos hoflikheid, onverskrokkenheid, weerbaarheid en dapperheid word bespreek. Die leerders se aandag word ook daarop gevestig dat rolmodelle nie noodwendig perfek is nie, en soms ook voete van klei het. Hulle word aangemoedig om hul rolmodelle krities te bekyk en uit hul foute te leer. In die lespakket word daar gekyk na hoe die hedendaagse Suid-Afrikaanse ridders ooreenstem met Nederland en België s’n (eenders), maar ook verskil (anders). Die ooreenkomste en verskille tussen die Afrikaans en Nederlands word ook ondersoek. Die Afrikaanse leerder word deurlopend aan die hand van ridders en rolmodelle aan die Nederlandse/Vlaamse kultuur, taal en letterkunde bekend gestel.

KURRIKULUM-INLIGTING Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 van kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar het ook ekstra komponente. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik is, byvoorbeeld woordeskatontwikkeling en spelling.

Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: One Dollar Photo: bl. 21, 22, 23 en 24; Stock Photo Secrets: bl. 21, 22, 23 en 24; dr. Willem Botha vir inligting oor “skoon” in Afrikaans in ’n e-pos gedateer 26 Mei 2017. Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.

ii

1


Weke

Luister en praat

2 uur Kwartaal 2, Luister- en week 5 praatstrategieë en 6 Luister met begrip

Lees en kyk 3½ uur Literêre teks soos drama/toneelstuk

• Belangrikste kenmerke van (gebruik opname van letterkundige teks dialoog) soos karakter, • Luister na dialoog stygende lyn van spanning, dialoog, • Maak aantekeninge intrige, konflik, - taalkonvensies agtergrond, ruimte, - toon verteller en tema - atmosfeer Die leesproses: Pre - inleiding en leesstrategieë afsluiting • Beantwoord vrae • Tekskenmerke – titels, opskrifte, Groepbespreking/ onderskrifte en illustrasies dialoog • Dele van ’n boek – • Dui rolle aan titelbladsy, flapteks, • Sprekers neem inhoudsopgawe, beurte hoofstukke, • Verduidelik woordelys, indeks, standpunt en bylae, voetnotas, ens bereik konsensus Poësie • Gebruik gepaste taal, styl en register Belangrikste kenmerke van ’n gedig • Aanbieding • interne struktuur van ’n gedig soos beeldspraak/ stylfigure, rym, ritme • uiterlike bou van ’n gedig soos reëls, woorde, strofes • tipografie • figuurlike betekenis • atmosfeer • tema en boodskap

Leesstrategieë vir begrip • Doel en teikengroep • Maak van afleidings • Eie mening gee • Tussen feit en mening onderskei • Direkte en geïmpliseerde betekenis

2

Skryf en aanbied Taalstrukture en -konvensies 3½ uur 1 uur Langer Woordvlakwerk transaksionele Byvoeglike naamteks, bv. dialoog/ woorde: trappe van vergelyking, resensie Konvensies van ’n paragraaf • Korrekte formaat • Identifiseer die doel en teikengroep • Logiese opeenvolging van sinne • Gebruik voegwoorde om samehang te verseker • Gebruik ’n verskeidenheid sinsoorte, -lengtes en -strukture

Fokus op die skryfproses • Beplanning • Konsep • Hersiening • Redigering • Proeflees en aanbieding van finale konsep

intensiewe vorme, verboë vorme Soortname, eiename

Sinsvlakwerk teenwoordige tyd, vraagvorme, stelsinne, gesprekskonvensies, direkte en indirekte rede, verlede tyd

Betekenisleer en woordeskatuitbreiding: • Antonieme • Sinonieme • Paronieme • Leenwoorde • Volksetimologie • Kontekstuele en letterlike betekenis

Leestekens en spelling • Spelpatrone en spelreëls, punt, komma • aanhalingstekens, klemteken

INHOUD Vaardighede

LB-bladsye

OG-bladsye

Luister en praat Lees en kyk Word taalvaardig Fokus op letterkunde Skryf en aanbied Taalhersiening

2 3 10 16 19 22

3 6 12 15 17 19

ONDERRIGSTRATEGIEË LUISTER EN PRAAT LB bladsy 2 en 3

INLEIDING Riglyne vir onderrig • Bespreek die prente op bladsye iii, iv en 1 met die leerders – die gebrandskilderde venster met die ridders sal minder bekend aan die leerders wees. Gesels oor wat hulle van ridders weet. • Moedig die leerders aan om die verband tussen ridders en rolmodelle raak te sien. ’n Manlike rolmodel sal byvoorbeeld dikwels daarna strewe om ridderlik op te tree. Die leerders sal van sogenaamde rolmodelle weet wat op die ou end voete van klei gehad het (dink maar aan sportmanne soos Oscar Pistorius, Joost van der Westhuizen en Lance Armstrong). • Rolmodelle verskyn dikwels op die voorblaaie van tydskrifte of daar word boeke oor hulle geskryf. Christo Davids (wat Errol in 7de laan speel) en Wayde van Niekerk verskyn dikwels op die voorblaaie van tydskrifte. Anne Frank se dagboek is al in feitlik alle belangrike tale van die wêreld – meer as 60 tale – vertaal en daar is al heelwat boeke oor haar geskryf. Rolmodelle kan natuurlik ook gewone mense wees wat die leerders ken, soos ’n familielid, gesinsvriend of ’n onderwyser. • Die feit dat ridders op gebrandskilderde glaspanele verewig is, dui op hul rol in die Middeleeuse samelewing. Hulle is ook rolmodelle en stel voorbeelde wat nagestreef kan word.

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.