Onderwysersgids graad 6

Page 1

EENDERS & ANDERS

AFRIKAANS / NEDERLANDSE ONDERWYSERSGIDS

Aangename kennis! Prettig met je kennis te maken!

GRAAD

6

Afrikaans Huistaal


INLEIDING Hierdie lespakket – die eerste van ’n reeks wat van graad 6 tot graad 11 strek – het ten doel om leerders aan die Nederlandse/Vlaamse kultuur, taal en letterkunde bekend te stel. Dit heet dan ook Aangename kennis! in Afrikaans en Prettig met je kennis te maken! in Nederlands. Leerders vertrek vanaf ’n bekende terrein (Afrikaans en Suid-Afrika) na nuwe wêrelde (Nederlands en Nederland en België). Hulle fokus op wat dieselfde in die verskillende lande en tale is, maar ondersoek ook dit wat anders is.

Eenders & Anders Afrikaans/Nederlandse lespakket Graad 6 Onderwysersgids Eerste uitgawe, eerste druk in 2018 deur Protea Boekhuis Posbus 35110, Menlopark, 0102 Burnettstraat 1067, Hatfield, Pretoria Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria protea@intekom.co.za www.proteaboekhuis.com Skrywer: Marieta Nel Redakteurs: Ronél Gouws en Carla Lang Projekleier: Eureka Barnard Proeflesers: dr. Annette M. Oud-van Dijk, Wim Wijnands, Leen De Smedt, Wim van Keulen, Marina Rochtus, Bouke Wouda, Danie Botha en Dineke Ehlers Medewerkers: Karen Botter-Vegt, Gerda Grobler en Liza Voppen Bandontwerp: Dion Rushovich Bladuitleg en ontwerp: Dion Rushovich Omslagfoto: One Dollar Photo Gedruk en gebind: CTP Printers, Kaapstad © 2018 SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, webwerf: http://sasnev.co.za ISBN 978-1-4853-0837-9 Finansieel ondersteun deur die Willem de Zwijger Stichting, Stichting ZuidAfrikahuis Nederland en die Orde van den Prince. Erkennings Die skrywer en SASNEV bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s: One Dollar Photo: bl. 1, 20, 21, 22 en 23; Stock Photo Secrets: bl. 20, 21, 22 en 23.

Die meeste leerders sal bekend wees met die legendariese karakters wat bespreek word, en sal besef dat ons kulture baie deel, maar dat daar tog verskille is – sommige oppervlakkig; ander meer diepgaande. In hierdie lespakket word daar heelwat op België gefokus omdat soveel strokieskarakters daar ontstaan het. In die loop van die reeks sal leerders egter albei die Lae Lande goed leer ken.

KURRIKULUM-INLIGTING Die inhoud dek al die werk wat in week 5 en 6 in kwartaal 2 in die kurrikulum uiteengesit word, maar betrek ook werk uit ander weke. Dit is juis so gekies dat die Nederlandse lespakket ter verryking of as hersiening gebruik kan word. Die taalaspekte dek onder andere gedeeltes waar ooreenkomste en verskille tussen Afrikaans en Nederlands duidelik ter sprake is, naamlik spelling en woordeskatontwikkeling.

Aangename kennis!

Dag!

Prettig met je kennis te maken!

HAllo!

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiti

1


Luister en praat (mondeling) 2 uur Kwartaal 2, Luister na en week 5–6 bespreek ’n fabel/legende • Gebruik ’n teks van ’n handboek of uit die onderwyser se hulpbronlêer

Lees en kyk

Taalstrukture en -konvensies 5 uur 4 uur 1 uur Lees ’n Skryf ’n fabel/ Werk met kortverhaal/ legende woorde fabel/legende • Gebruik ’n teks van ’n handboek of uit die onderwyser se hulpbronlêer

Skryf en aanbied

• Gebruik karakters, agtergrond • Gebruik intrige

• Gebruik ’n tema • Identifiseer temas, • Pre-leesaktiwiteite: of boodskap vra vrae en bring voorspelling • Druk idees idees met eie wat op die titel duidelik en logies lewenservaring in en/of grafiese uit verband voorstellings • Ontwikkel en gegrond is • Identifiseer en organiseer idees bespreek hoe • Lees hardop • Voorsien ’n stereotipes en sag, pas eerste konsep gevorm word leesstrategieë aan met bewustheid om die doel en • Bespreek teks van die sentrale gehoor te pas • Bespreek sosiale, idee en • Identifiseer morele en toepaslike taal en en ontleed kulturele waardes konvensies vir die kenmerke van die in verskillende spesifieke doel en genre tekste en lewer gehoor kommentaar • Bespreek sosiale • Besin oor en op hoe dit en kulturele evalueer self die in die teks waardes in tekste finale produk, oorgedra word, • Interpreteer asook saam met byvoorbeeld deur en bespreek klasmaats en stereotipering boodskap onderwyser • Gebruik • Toon begrip • Gebruik klanke aanbiedingsvir die teks en en spelreëls om vaardighede hoe dit met eie te spel soos volume, ervaring verband pousering, hou postuur, gebare, ensovoorts

• Woordvorming: basisvorm, afleiding, samestelling • Woordbetekenisse (woordeboekgebruik) • Leenwoorde • Werk met sinne • Woordsoorte: voorsetsels • Enkelvoudige sin: gesegde, onderwerp, voorwerp, bepalings • Woordorde • Spelling en punktuasie • Spelling en spelpatrone • Afkortings, verkortings en akronieme • Woordeskat in konteks

INHOUD

2

Vaardighede

LB-bladsye

OG-bladsye

Luister en praat Lees en kyk Word taalvaardig Skryf en aanbied Taalhersiening

2 4 11 16 19

4 7 11 15 17

ONDERRIGSTRATEGIEË Inleiding

LB bladsy 1

Riglyne vir onderrig • Suid-Afrikaanse leerders is oor die algemeen meer vertroud met Nederland as met België. Op hierdie vlak assosieer hulle Nederland dalk met kaas, klompe en windmeulens, terwyl hulle nie dadelik ’n assosiasie met België sal hê nie. Dit is dus nuttig en sinvol dat hierdie graad 6-lespakket meer op België as Nederland fokus. • Op die openingsbladsy word leerders aan die bekende strokieskarakter Kuifie (internasionaal bekend as Tintin) bekendgestel. Hulle moet die tekenprent goed bekyk voordat hulle die vrae eers in groepe en dan as klas bespreek. • Dit is belangrik dat die oorkoepelende tema van die reeks, Eenders & Anders, en die graad 6-tema, Aangename kennis! Prettig met je kennis te maken!, van die begin af ontgin word. • Voorbeelde van hoe Afrikaans en Nederlands ten opsigte van hierdie hoofstuk se tema eenders en anders is, is dat Afrikaans ook nes die Belge strokieskarakters het (bv. Agent Snoet), maar ons Kuifie staan in Nederlands bekend as Kuifje en in Frans as Tintin. Eenders & Anders loop soos ’n refrein deur die reeks en alles wat dieselfde (eenders) en verskillend (anders) is omtrent die Nederlandse en Afrikaanse taal, kultuur en letterkunde, verdien aandag.

ANTWOORDE • Kuifie (Tintin) en sy hond Spokie (Snowy). As jy baie bekend is en die meeste mense van jou weet. Of dit kan beteken dat baie stories oor die karakter vertel word, terwyl dit nie seker is of hy/sy wel bestaan het nie. • Asterix en Obelix. Mense wat werklik geleef het, soos Nelson Mandela, en karakters waarvan die bestaan onseker is, bv. Van Hunk of Antjie Somers.

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.