FCE Nuusbrief Maart 2010

Page 1

2010

FCE NUUS MAART Liewe Gebedsondersteuners Die FCE Personeelkonferensies wat tweejaarliks plaasvind vorm ‘n integrale deel van die organisasie se karakter. Tydens hierdie konferensies ontmoet ons mekaar op hartsvlak en kry ons begrip vir mekaar se lief en leed. Ons skep ‘n eilandsituasie waar ons ongestoord die Here se aangesig soek om te toets of al ons werksaamhede nog binne God se visie vir FCE inpas. Die konferensie bied ook ‘n platform vir die personeel om openlik en eerlik hul harte te deel en om mekaar in liefde te versterk, te vermaan of te bemoedig. Dit is FCE se bergtop-ervaring om ons voor te berei om terug te keer na die vallei waar ons geloof, ons toewyding en volharding deur die jaar getoets word. Ons het hierdie konferensie met dieselfde entoesiasme en toewyding binnegegaan as vorige jare, min wetend dat elkeen in die organisasie soos deur vuur heen gelouter sou word. Van die oomblik wat die ramshoring geblaas is om die opening van die konferensie aan te kondig en die banier met die leuse, “Consider Your Ways,” gehys is, was ons bewus van God se Heilige Teenwoordigheid. Met vrees en bewing het ons tot Hom genader en het Hy ons harte, ons gedagtes en ons motiewe gefynkam. Ons het weer soos so dikwels tevore besef dat God erns maak met die opdrag wat Hy vir al Sy kinders gegee het. Hy is nie beindruk met ons “goeie werke” nie, Hy soek nie ons offers nie, wat Hy van ons verwag het Hy ook van Dawid destyds verwag: “die offer wat U wil hê o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie.” (Ps. 51:19). Die tyd het aangebreek dat ons as gelowiges besef dat die Evangelie nie vir ons gegee is vir eie gewin, vir gerief en gemak of vir selfsugtige voordeel nie. Die wêreld om ons stort in duie, mense se lewens is in chaos en die Evangelie wat ons verkondig, maak geen verskil in hierdie wêreld nie: omdat ons die Evangelie afwater, omdat ons die guns van mense soek; omdat ons die Evangelie tot ons eie voordeel misbruik en omdat ons hierdie wêreld liewer het as die Skepper van hierdie wêreld. Hoe meer die duisternis in hierdie wêreld toeneem, hoe helderder moet die lig skyn. En om ons lig te laat skyn, vra uithou, aanhou en vashou. Ons kan nie aanspraak maak op rus nie, ons sal dubbel so hard moet werk. Ons het nie beursies om saam te dra nie en ons kan nie terugval op versekerings nie. Ons kan nie na ons eie belange omsien nie, want God se belange is ons prioriteit, ons kan nie ons eie huise begin bou nie, want Sy huis lê in puin. Ons het die werklikheid van dissipelsmaak vierkantig in die oë moes kyk en het Jesus hoor sê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis dra en My volg”. (Mark. 8:34) Met hierdie boodskap kom ek na julle, ons gebedsondersteuners, diegene wat deur die Here oortuig is om ons hande te vat, om ons rug toe te maak en ons mede-werkers in die uitbreiding van Sy Koninkryk te wees. Bereken die koste – ons het jul ondersteuning baie nodig. Neels

KING’S HIGHWAY KUNSUITSTALLING SOMERSET WES GASTEHUIS

17 - 21 MAART 2010 (9:00 - 21:00)

‘n Verskeidenheid van kunswerke van verskeie kunstenaars sal te koop wees Kom en geniet kwaliteit kuns, ons teetuin Navrae: 0218515318 en King’s Highway gasvryheid. www.kingshighway.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.