E
Liewe Gebedsondersteuners
k het nog nooit die voorreg gehad om ‘n ‘Mighty Men’ Konferensie van Angus Buchan by te woon nie, maar ek volg met ‘n verwagting in my hart, die gebeure tydens en rondom die konferensies. En dan verwonder ek my oor ons ‘kerkmense’ se verskillende reaksies op die gebeure. Soos in Jesus se tyd is daar vandag ook onder die skares ‘n groot groep skeptici, kritici, Fariseërs, geestelike leiers en sedebewakers. Elkeen het hul eie agenda: hulle soek fout, toets die egtheid, bevraagteken die korrektheid, jaag wondertekens na en beskerm en beheer hul eie belange. Angus word geweeg en te lig bevind en sy getuienis dat hy ‘n opdrag van God gekry het, word geïgnoreer. Manne keer van die konferensies terug en hul geesdrif en entoesiasme word doodgeleef. So bly ons in beheer van wat God vir Suid-Afrika beplan en speel ons in die hand van ons vyand. Maar, dan is daar ook soos in Jesus se tyd, die handjievol wat hul sondes besef en bely, hul bekeer van hul verkeerde weë, wat terugdraai en Hom in gehoorsaamheid volg: Sy dissipels. Dit is aan hulle wat God Sy Verlossingsplan openbaar en vir wie Hy in die wêreld instuur om die Evangelie aan die hele mensdom te verkondig. (Mark. 16:15). Sudan 2009: Neels, Daniël en Dit is FCE se taak om deur al ons opleiding hierdie ywerige dissipels te begelei om Jesus se voorbeeld te volg om Tabioli dienskneg te wees: Hy het voete gewas, siekes gesond gemaak, visgevang, meubels gemaak, van dorp tot dorp gestap, en Sy uitsluitlike doel was om deur alles wat Hy doen, Sy Vader te verheerlik. In die sending loop ons soms die gevaar om mense te leer om die Christelike godsdiens en ‘kerkisme’ te onderhou en ons bring hulle nie in ‘n lewende verhouding met Jesus Christus ons Verlosser nie. ‘n Leier uit ‘n sekere Franssprekende Afrikaland het eendag die volgende gesê: “You missionaries brought us Christ, but never taught us how to live.” Ek het lank oor hierdie uitspraak loop en tob en tot die gevolgtrekking gekom dat ons soms dinge maklik vergeestelik en vaardig is met die Woord en uitdeel van Skrifgedeeltes. Ons funksioneer volgens die moets en die moenies van die wet, maar ons WEET nie hoe om as Christene in die volheid en vryheid van Christus te LEEF nie. Ons glo ons vervul ons rol as ons goeie boodskappe bring, Bybelversies aanhaal, mense tot bekering bring en ywerig vir die Here werk. En ons vergeet dat Jesus vir ons die voorbeeld gestel het. Die sendeling se doel is om God se wil te doen en nie om bruikbaar te wees of verlorenes te wen nie. ‘n Sendeling is bruikbaar en hy wen die wat verlore gaan, maar dit is nie sy doel nie. Sy doel is om die wil van die Here te doen. (Oswald Chambers). Die oomblik as ons besef dat dit nie oor onsself gaan en wat ons kan doen nie, maar oor Jesus en wat Hy wil bereik, dan ken en leef ons in God se wil. Ons maak staat op julle, ons gebedsondersteuners, om ons wagters op die mure te wees en ook soms vir ons in die bres te staan. Beoordeel ons werk en maak seker dat “ons die Woord in opregtheid verkondig, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God” (2 Kor. 2:17), sodat God verheerlik kan word.
Neels DISSIPELSKAP en SENDINGOPLEIDING Ek lees graag biografië van sendelinge, en dan verstom ek my met hoeveel mannemoed die mense van toentertyd op ‘n skip kon klim, die vreemde kon invaar en hul dikwels in vyandige gebied kon vestig, om nooit weer terug te keer na volk en vaderland nie. Die meeste van hulle kon nie met hul ouers en familie kontak maak nie en baie het jonk in die vreemde gesterf. Dan kan ek nie help om te wonder nie: is dieselfde murg nog in vandag se jongmense se pype? Uit ondervinding weet ek, dit is Sendingopleiding,Zambia,1999: nie murg in jou pype wat van jou ‘n sendeling maak nie. Maar wel: Nelle op reis die liefde van Christus wat jou dring! “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig…. “(Luk. 4:18,19) die Gees van God wat jou lei! “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees…… (Hand. 1:8) die gesag van Christus wat jou toerus! “Aan My is alle mag gegee in hemel en op die aarde. Gaan dan….” (Matt. 28:18) God het goed geweet dat as ons op ons eie krag en insig moes staatmaak, sou Sy Koninkryk nooit gebou word nie, daarom het Hy alles tot ons beskikking gestel wat ons bekwaam maak, daarom kan ons net in Christus roem. Wat wel verander het, is dat ons dikwels nie meer God se Woord ken nie God se stem kan hoor nie God se beginsels toepas nie en die steun van ons ouers, kerk of gemeenskap kry nie.
Opening, FCE Onderwyskollege 1997:Neels,Anita en Piet