De Compagnie Veredelde Stookketelbrandewyn Brosjure

Page 1


DE COMPAGNIE Wynlandgoed is geleë in ‘n landstreek wat bekend is vir sy majestieuse berge, oer-oue eikebome, oorvloedige somerson en snerpende sneeuwinters. Die landgoed van 27 hektaar is deel vandie historiese Val du Charron, die Wamakersvallei, en lê knus weggesteek in die nou vallei tussen die hange van die Hawekwa Bergreeks en Groenberg. In 1705 ken die Verenigde Oost-Indische Compagnie die plaas Rustenburg toe aan Jan Laurense. Vir meer as drie eeue word daar op DE COMPAGNIE geboer en wyn gemaak. In Februarie 2002 het Johann Loubser en Riana Scheepers die plaas oorgeneem. Om saam te val met die 400-jarige herdenking van die VOC se ontstaan in 1602, is die plaas herdoop na DE COMPAGNIE. Johann en Riana het dadelik begin met die liefdevolle proses van restourasie aan die pragtige 1760-opstal en die opknapping en uitbreiding van die bestaande wingerde.



DE COMPAGNIE maak ‘n beperkte voorraad noukeurig veredelde stookketelbrandewyn. Dit word dubbel gedistilleer in ‘n antieke koper alembiese stookketel wat spesiaal vir die plaas gemaak en die eerste keer in 1849 deur Ben Lategan gebruik is. Op die wynlandgoed van 16 ha wingerd gee ons toegewyde, persoonlike aandag aan elke faset van wingerdbou en wynbou om brandewyn van uitnemende kwaliteit te maak. Vir ons is wynmaak ‘n natuurlike proses. Ons beleid is om weg te bly van meganisasie en chemiese behandeling. Ons maak staat op ons natuurlike en menslike hulpbronne, daarom word ons druiwe vroegoggend met die hand gepluk. Ons pars in beperkte hoeveelhede van 50 kissies op ‘n keer, waardeur optimum toestande en kwaliteit verseker word.


NATUURLIKE PROSES

DUBBEL GEDISTILLEER

VOORTREFLIKE BRANDEWYN

HANDGEPLUK

VEROUDER IN FRANSE EIKEHOUT

UITSTAANDE KWALITEIT

ALEMBIESE STOOKKETEL

38% VOLUME ALKOHOL

NOUKEURIG VEREDEL


DE COMPAGNIE STOOKKETELBRANDEWYNREEKS De Compagnie se enkelkultivar-brandewyn word gemaak van noukeurig geselekteerde druiwe. Dit word met die hand gepluk van beleĂŤ 1976 Chenin Blanc druiwestokke.



5

DE COM

PREMIUM STOOKKETE BRANDEWYN


MPAGNIE

ELN

DE COMPAGNIE PREMIUM STOOKKETELBRANDEWYN DE COMPAGNIE Stookketelbrandewyn is ‘n versnit van vyf jaar Franse eik-verouderde natuurlike 100% stookketelbrandewyn. Hierdie brandewyn is bekroon met die Michelangelo International Awards: SILWER Medalje in 2005.

MICHELANGELO INTERNATIONAL AWARD SILWER MEDALJE


ENKELKU

FRANS V


ULTIVAR

SE EIKEHOUTVEROUDERING

10 10

ENKELKULTIVAR FRANSE EIKEHOUTVEROUDERDE STOOKKETELBRANDEWYN

DE COMPAGNIE Vintage Tien Jaar Stookketelbrandewyn is gemaak van ‘n enkel-oesjaarwyn wat vir tien jaar in Franse eikehout-vate verouder is. Die alkoholinhoud is 38% per volume. Hierdie brandewyn is bekroon met die Michelangelo International Awards: GOUE Medalje in 2009. In 2012 het dit ‘n SILWER medalje verower by die wêreld se gesogte International Wine and Spirits Competition (IWSC) in Londen.

MICHELANGELO INTERNATIONAL AWARD GOUE MEDALJE IWSC SILWER MEDALJE


15 15

NATUU SPESIAAL-

GERESERVEER ENKELKULTIV

100% NATUURLIKE SPESIAAL-GERESERVEERDE STOOKKETELBRANDEWYN Ons vlagskip, die DE COMPAGNIE Reserve Vyftienjaar Stookketelbrandewyn, is in 2012 bekend gestel. Dit is ‘n enkelkultivar, 100% natuurlike spesiaal-gereserveerde stookketelbrandewyn. Hierdie welbeleë brandewyn is vir vyftien jaar verouder in ‘n kombinasie van Limousin en Cognac eikehoutvate.


URLIKE

RDE VAR



DE COMPAGNIE se brandewyne kan sonder enige byvoegings geniet word om die volledige smaaksensasie van ‘n uitsonderlike brandewyn te ervaar. Bedien dit by kamertemperatuur, of effens verwarm in jou handpalm. Met ‘n paar ysblokkies of vonkelwater, is dit ‘n voortreflike somerdrankie. Dit is ook ‘n opwindende basis vir verskeie skemerkelkdrankies. DE COMPAGNIE brandewyne is die perfekte pasmaat vir ‘n groot aantal geregte, soos digte vrugteterte, crème brûlee, dadelpoedings of donker sjokoladenageregte; ook enige vrugtebord wat verglansde vye, dadels, sitrusskil, sagte droë perskes en sappige nektariens insluit. DE COMPAGNIE Vintage of Reserve brandewyn saam met ‘n dekadente gateau au chocolat fondant * is die koningin van alle nageregte. * Kontak ons vir ‘n gratis afskrif van die resep.


5 10 10 15 15 KONTAKBESONDERHEDE De Compagnie Wynlandgoed (Edms) Bpk Bovleipad WELLINGTON 7655 e-pos: mail@decompagnie.co.za webwerf: www.decompagnie.co.za

Posadres Posbus 395 WELLINGTON 7654 Tel: 021 864 1241 Faks: 086 6226 234

GPS koördinate E 19° 3’ 31.57’’ S 33° 38’ 33.73’’


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.