1
ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989
Bloemfontein & District November 2016 Newsletter/Nuusbrief
Geseënde Kersfees en `n Voorspoedige
Nuwe Jaar!
2
Besoek gerus ons “facebook” - oranjequiltersguild of ons blog by: Oranjequilters.blogspot.com
GROEPLEIDSTERS Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weis 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 Needles & Pins – 0824606326 Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Rafels - Christa Gouws 083 542 5709 Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 Sterre – Alta Stemmet 082 576 6223 Tolbossse - Mariëtte Venter 082 460 6362 Uile - Sonja Stroebel 082 460 7956 Zastron - Annelize Keevé 082 499 2364
*Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg.
UIT DIE VOORSITTER SE PEN,,,
3
Wees gegroet alle lapvriendinne!! Ek kan skaars glo dat ek in Februarie almal verwelkom het by ons gilde en dit „n “nuwe laslapjaar” genoem het! Namens my bestuur en myself wil ek julle nou almal bedank vir die ondersteuning wat ons, as Bestuur, van julle ontvang het. Dankie dat julle bygewoon het wat ons aangebied het. So was Christa en die Rafels se Lente Stikdag weereens „n heerlike dag en „n groot sukses. Baie dankie aan die groep en dank ook aan elkeen wat dit bygewoon het. “Patchjol” was ook, volgens my ooggetuies, „n heerlike jol. Baie dankie aan Carina en haar Kreatiewe Lappies, wat die dag vir almal gereël het. Ons het met blydskap verneem van Cecilia se wonderlike herstel. Dankie aan al die ou lede, wat weer by ons aangesluit het vir die afgelope jaar en ek glo die nuwe lede het floreer op al die inspirasie wat hulle tydens vergaderings gekry het. Ek glo elkeen in die gilde het gekry... inspirasie, aanmoediging, vriendskap, „ n nuusbrief, demonstrasies en vele meer by die Oranje Kwiltersgilde tydens 2016. Mag julle Kersfees geniet saam met familie en vriende. So ook die einde van die jaar en „n goeie begin maak in Januarie 2017. Vir die wat nie klaar gekry het met al die UFO‟s nie, vasbyt daar laslap-suster, want daar is nog „n maand of wat se stiktyd oor. Veilige reis vir elkeen wat ry en heerlike stilte en vrede tuis vir die van ons wat by die huis bly. Net die beste van ons Vader se seën, vreugde, blydskap, vrede en baie liefde vir almal oor die Kersseisoen. Laslap groete. Iessie Steenberg 082 7055 279 OF iessie@vodamail.co.za)
…`n lekker resep vir al die honger mae !…as jy besig is met kwiltwerk ! – maak vroegtydig `n pot!
4
“Sloppy Joes...”bedien op geroosterde “buns” met `n vars slaai of “chips”.
1. First, add the butter to a large skillet or dutch oven over medium high heat. Dump in the ground beef and cook it till it’s brown. When the meat is brown, drain out most of the fat. 2. Dice onion, green peppers and garlic. Throw in the onions and peppers…And the garlic! Cook this for a few minutes, until the onions and peppers start to get a little soft. 3. Measure a cup and a half (give or take) of ketchup. You can also a little jarred chili sauce, too. Throw it into the meat mixture… 4. Add a cup or cup and a half of water…stir. 5. Next, add in a little brown sugar, some chili powder, and some dry mustard. 6. While it’s cooking, sprinkle in some red pepper flakes to give the sloppy joes some bada BOOM bada BING BANG BOOM! But only if you’re into that sort of thing. 7. To serve the sloppy joes, toast the buns first. 8. Plop on the top of the bun and serve it up with a big bunch of kettle cooked potato chips. The crunch is essential! Oh, and if you’re feeling particularly naughty…you can melt a slice of cheese over the top. http://thepioneerwoman.com/cooking/sloppy-joes/
5
6
2015/16…
Die twee kwiltertjies, uit die geledere van die OKG, ontvang hul sertifikate en pryse van SAKG! Sue Prins (voorsitter SAKG ) doen die oorhandiging.
Charmaine Joubert onvang haar sertifikaat van Sue Prins(Voorsitter van SAKG). Charmaine het `n “highly commended” ontvang vir die blok wat sy gemaak het.
Calista von Wielligh met haar prys wat sy gewen het vir haar 1ste plek vir die kategorie: Graad 9-12
7
World Quilt Competition 2016… The results of the 20th annual World Quilt Competition have just been released today and South Africa has won three awards!!! You can see photos of all the winners here: http://www.quiltfest.com/upcoming-showsand-events/world-quilt-new-england/enter-the-quilt-competition/2015-world-quiltcompetition-winners/ The South African quilts which received awards from the judges are:
INNOVATIVE: First Place: #8008 The Three Watchers by Kathryn Harmer Fox, South Africa
Third Place: #8010 Pele: She-Who-Shapes-the-Land by Jenny Hearn, South Africa
BEST OF COUNTRY AWARDS: South Africa: #8003 Tree Spirit by Sue Cameron
(NOTE: South Africa did have a minimum of 10 entries - we had 20 entries this year, so we were eligible for a Best of Country Award.)
Thank you and Congratulations to all the South African entrants and to the winners for entering your wonderful quilts! They will represent South Africa at venues around America in the coming months at the World Quilt exhibitions. Many thanks Odette Tolksdorf South Africa Co-Ordinator – World Quilt Competition (USA) Phone: 031 2662978 Mobile: 074 1720544
8
9
10
11
*Dank en erkenning aan: Summer 2013 Quilter’s World Magazine Quiltersworld.com
12 Nuus van die Friendshipgroep… Ons vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand in Bernina se werkslokaal. Ons bestaan sedert 2002. Vier van die oorspronklike lede is nog deel van ons groep. So tussendeur die vreugdes en hartseer van menswees, het ons as groep harte – blokke geruil en word die kwilte nou finaal afgewerk. Party wil die kwilt vergroot met “sashings” tussen - in, ander wil nog blokke byvoeg. Dan was daar ook `n paar wat nie die laaste kwarte wou ruil nie, aangesien hulle `n eenvormige agtergrond wil hê. Dit was nou sommer regtig `n lekker projek en die lede kon nie wag om elke maand hul 6 harte uit te ruil! Teen Februarie wil ons graag dat almal hul harte - kwilte voltooi het, sodat ons daarmee kan spog by die Alg. Vergadering en ons wil sommer so intern by ons eie groepie dit uitstal en `n lekker spogdag maak met `n lekker saamkuier by ` n koffiewinkel. Anna Gropp het `n moeilike jaar beleef . Haar suster was met kanker gediagnoseer en is gedurende September oorlede. Anna het gehelp met haar versorging. Ons innige simpatie, Anna. Martie het `n operasie aan haar voet ondergaan. Dit het baie goed afgeloop en sy stap sommer flink sonder enige hulp. Elaine het `n operasie aan haar duim ondergaan. Ons hoop regtig die herstelproses is goed, sodat sy weer met gemak naaldwerk kan doen. Mari se gesondheid is nie altyd na wense en ons kwiltmaatjie is van tyd tot tyd opgeneem in die hospitaal, maar met haar positiewe gesindheid is daar nie keer aan al die mooi kwilterk was sy doen nie. Sy het darem ook tyd gehad om in Mauritius te gaan ontspan. Ons wens haar sterke toe met haar gesondheid .
Ons groepie het ook goeie tye beleef en Marlisa het die voorreg gehad om haar dogter se troue in Frankryk te gaan bywoon. Ai, en die foto`s wat sy gestuur het, het ons almal groen gehad – die Franse platteland bly maar mooi!
13 Marlisa het so tussen werk en kuier `n pragtige kwilt vir een van haar kleinkinders gemaak.
Daar word fluks aan die Baby Jane`s gewerk – Anna Gropp, Anna Rautenbach en Trudie v Rensburg is al besig met die laaste handwerk. Hulle het dit as `n “quilt as you go” projek gemaak . Estelle en Frances is nog besig met van die blokke. Estelle is tans besig met die buurduur van `n pragtige “crazy patch” – beertjie.
Amanda het `n pragtige kombers gebrei gedurende die wintermaande.
Hanli en Sanet het deel geneem aan die Kwiltdag gedurende September en elkeen het `n pragtige handsak gemaak.
Frances is besig om `n “log cabin” - te voltooi. Sy het ook Mari se “hoenders” – klas by die Kwiltdag gedoen. Maureen en Maxie kwilt en hekel om die beurt. Marietjie en haar man het baie rondgekuier tussen hul kinders en was nie altyd in Bloemfontein gewees as ons groepie bymekaar gekom het. Sy het egter ook `n stukkie handappliekwerk, wat sy saamdra en sou die kans hom voordoen, word daaraan gewerk. Tussen `n “ kunsstudent “ en haar werk, het Sanet tyd ingeruim om die “Patchjol” op Smithfield by te woon. Volgens haar het ons almal wat nie kon gaan nie , “uit gemis”! Die jaar het behoorlik gevlieg en alhoewel ons dalk nie al die kwiltwerk gedoen en afgehandel het wat ons wou, was en is dit steeds `n voorreg en `n heerlike vreugde as ons groepie bymekaar kom. Dan word daar behoorlik gekuier! Kwiltgroete tot ons weersien gedurende Februarie 2017!!!
14
Siyadala News – September 2016 1.
Festival Programme: Is almost ready to go to the printers! Details of all the workshops, lectures, timetable, costing etc. will be available in A4 booklets as well as on the festival website before the end of 2016. “Like” 2017 South African National Quilt Festival, Port Elizabeth on Facebook to be informed immediately of the latest Siyadala news. Programmes will be distributed to all the Regional Guilds as soon as it is ready.
2.
The Quilt Competition and Entry Forms: The different categories with the respective definitions and competition rules are on the Festival website on the Competitions page! There will not be paper Entry Forms – the online entry form will be active from 1 Feb 2017 – 31 March 2017. It will be on the Competitions Page of the festival website http://festival.quiltsouthafrica.co.za Deadlines: 31 March 2017 – submitting online Entry Forms. 03 May 2017 – final day of handing Competition quilts in.
3.
Computicket: Booking for workshops, lectures and functions will be through Computicket which will open on 1st March 2017 and closes on 31st May 2017. The Registration Fee will be R150 per delegate, this will give you access to the festival for the whole week and a very special tote bag! Note: We decided on 1st March so that everybody can recover from the Christmas and beginning of the year expenses!
4.
Accommodation: Booking for accommodation in the hostel will open on 1st March 2017. An online Booking Form will be on the Accommodation page under Collegiate Hostel. Bookings can be made for an individual or a group wishing to share a room. Rates will be published on the festival website soon.
5.
Evening Functions: All the evening functions will be held at the Jnr Collegiate School Hall which is on the same premises as the High School. Only 250 tickets per function will be available, so if you would like to attend any of these functions, you have to book your ticket as soon as it is available. Welcome Supper on Sunday 2 July Prize Giving Ceremony on Monday 3 July
15 6.
Farewell Supper on Saturday 8 July.
Sponsorship: Smaller options for sponsorship is available, ideal for smaller groups. Hanging of a quilt @ R500 Page in the Brochure @ R500. Contact Lauren Weakley at lauren@spectrumgroup.co.za should you wish to assist.
Regards. Marilyn Pretorius Chairlady Siyadala – We Create National Quilt Festival Tel: 041 3671634 Email: maripre@mweb.co.za Vir NOG MEER inligting oor die fees, besoek: http://festival.quiltsouthafrica.co.za ***********************
Uile se nuus… „n Vrolike lentegroet van die Uile en Zastronners se kant af. Wat lief en leed betref in ons groepie die volgende: Ons dink en bid nog steed vir tannie Estie, wie se man so drie maande terug oorlede is. Die wond is nog rou en ons weet die feestyd en „n klomp eerstes lê nog voor. Tannie Estie is vir ons almal „n Moeder in die groep en haar moed en durf verstom ons almal. Ons kry soveel liefde en raad en wysheid van haar en sy bly vir ons „n inspirasie. Wat die liefde betref, Lia Deysel trou die einde van die jaar. Ons bid die Here se seën af op hulle huwelik en wens hulle baie geluk en vrede toe. Sonja se seun het ook gedurende September getrou.
Die afgelope kwartaal het die Uile nie in „n winterslaap gegaan nie, maar was hulle besig met verskeie projekte. „n Klompie is besig met „n sterkwilt wat deur Iessie ontwerp is. Elke blok wat hulle kom wys, maak die afwagting net groter om die eindproduk te sien. Gerda is besig met „n harte en skoenlapper - kwilt wat ook ons asems wegslaan. Adie het al begin om Kersgeskenke vir haar skoondogters te maak, „n pragtige tafeldoek met ses tafellappe daarby (3 stelle). Anina het „n pragtige tafeldoek vryhand gestik, met kant.
16 Met al die jaareindfunksies, prysuitdelings en vele take wat nog afgehandel moet word voor die skole sluit, wens ons julle „n vrolike kwartaal toe. Mag die somervakansie vir julle „n welverdiende ruskans gee en elkeen met hope nuwe idees begeesterd word vir 2017. Kom ons bid almal saam vir welkome somerreëns. Volgens die Vrystaat Sinode is dit die ergste droogte in 112 jaar. Seisoengroete van die Uile!
Dagboek asb….. Alg. Vergaderings 2017 18 Feb – Uile
19 Mei Friendship/RCutters 19 Augustus Quiltmakers/LHP
4 November Needles & Pins
Lente Kwiltdag
17
4 September 2016‌ Die dames het onderleiding van Corli Swart van Lappiesland, diÊ pragtige handsakke gemaak.
18
Nog `n paar dames het Mari Strydom se “Hoenders” – klas bygewoon en meer geleer oor “reverse applique” asook “bobbin” – werk.
19
Iessie Steenberg wys hoe diĂŠ klein kwiltjie gemaak moet word.
‌natuurlik
moet daar iets te ete wees! Dis harde werk om heeldag te kwilt!
20
Kwetter Kwilters…. THE FYNBOS BLESSING. By Michhael Copley. May your spirit listen to the silence May the open spaces bring forth your dreams. May the edge of your courage Be the shield against all difficulties. May your assegaai aim at the golden sun. May your light touch all people. May the fynbos grow in your heart.
Ons begin sommer met die heel beste nuus. Rene gaan Ma word en so Regina, Ouma. Baie geluk, ons ander Kwetters is net so broeis soos Ouma. Magriet word net elke dag beter. Sy kan nou al kort rukke voor die masjien sit. Ons is baie bly daaroor. Van ons het die Lentedag bygewoon en dit baie geniet. Marietjie het Iessie se kursus gedoen, en haar kwiltjie is klaar. (foto) Die demonstrasie van die lapkleur het ons baie lus gemaak om ook so iets aan te pak.
Arina se hartekwilt vorder fluks. (foto) Esther werk ook volstoom aan hare. Van ons was ook by Smithfield se Patchjol, en het dit vreeslik geniet. Ons hoop hulle hou dit volgende jaar weer, dit is nou al ` n instelling. Groete aan almal hoop hulle het die kort vakansie geniet.
…2017 Tema: “Colour me crazy”… Kry solank jul kwilte gereed!!!
21
Macky Cilliers se klas….na afloop van die Alg. Vergadering Augutus 2016.
`n
Paar van ons Gilde – lede het die klas bygewoon. Sy noem dit die “corn plaster” – klas. Daar word rondom `n pleister borduur, die agtergrond van die kwiltjie word ook versier met drukwerk. Dit is `n baie lekker kreatiewe klas, soos net Macky kan aanbied, met baie idees en wenke!!! Hier is `n paar van die lede se blokke….
22
Langenhovenparkies se nuus‌ Lparkies geniet die somerweer en al die nuwe lewe in die natuur wat dit meebring. Flolinda se hartjie - kwilt is klaar en sy is besig om haar "home is where the heart is" - kwilt klaar te maak en werk tussen-in ook aan UFO's. Verder het sy by die afgelope twee vergaderings pryse gewen met haar pragtige kwilte. Ritha is ook nog besig met haar hartjie - kwilt en werk teen `n flinke pas om dit klaar te maak. Haar hart is maar seer op die oomblik, aangesien haar seun emigreer na Christchurch . Ansie vorder flink met haar gevorderde kwilt en is nou besig om haar hekeltalent ook te ontdek. Elize het haar kwiltwerk bietjie opsy geskuif en ons sien haar tans selde of ooit so tussen haar reise deur. Elsa is besig met verskeie projekte en gee nog skool ook so tussendeur. Ninor vorder fluks met een van haar onvoltooide projekte. Tannie Lena het met haar landskapkwilt begin en dit beloof om weereens `n treffer te wees. Lettie vorder baie stadig met haar gevorderde kwilt, aangesien sy net so baie rondrits tussen kleinkinders oppas en troues bywoon en ook help met troukoeke bak. Anna-Maria is altyd besig met nuwe projekte en ons geniet haar grappies terdeÍ in die klas. En ons het `n nuwe lid bygekry by ons groepie! Baie welkom Denise Naude. Ons hoop jy gaan sommer lekker saam met ons kwilt en kuier. Altyd lekker om `n nuwe vriendin by te kry. "Those who walk with God always reach their destination" anoniem
23
“Gouedrade
By die ” het die jaar te vinnig gevlieg tussen almal se werk en die lewe wat ‘n paar houe geslaan het. Dan is daar nog die paar kwilters tussen ons wat werk om professionele vakansiegangers ook te word…en hul kry dit reg… Sonja en Charlene is besig om hul sakke vir snymatte klaar te maak, terwyl Neranda hare los getrek het om oor te begin. Petro maak ‘n sak vir haar kleinkind – Oumas is darem maar net spesiaal. Rita, Marie, Breggie, Kokkewiet en Rina is besig om al hul vorige projekte wat halfklaar is te voltooi….selfs daardie “UFO’s” en laasgenoemde neem nog langer, want die “Unknown Foreign Objects” moet eers weer ontrafel en van voor af gepas word. Bettie maak kortbroeke vir haar student-kind met kwiltlap vol lugbalonne en boeke…hopelik sal dit hom laat sit en leer! Linda pak ‘n dooprok aan sonder ‘n patroon. Spierwit gehekelde rok met die mooiste helderkleurige gehekelde blommetjies …self Sonja het handjie bygesit met ‘n blommetjie. Corine hekel ‘n deken en omdat die winter nog nie wil verdwyn nie brei sy sommer ‘n serp ook tussen-in. Neranda wil nie net lostrek nie en werk tussendeur aan haar “hart-rag-kwilt”.
24
Tolbosse… Dit voel vir ons of die jaar verby gesnel het nog voor dit mooi begin het. Ons het baie minder gedoen as wat ons beplan het. Darem, het ons 'n kwilt “top” klaar gemaak vir Sheila se “Guinness Book of records” - poging. Sy het 4000 kwilte klaar en moet nog 7000 maak. Dit wil gedoen wees. Miskien raak ons weer begeester en maak vir haar nog een.
Almal by Tolbosse is besig met iets, van brei, skilder, borduur en kwilt. Santjie het 'n knie - vervanging gehad en sy doen net oefeninge om daai knie weer reg te kry. Antoinette hou haar besig met kleinkinders en is dankbaar dat hulle nog tyd het vir oupa en ouma. Geen kwiltwerk vir nou.
Susan brei voort, en mooie hangers en komberse kom te voorskyn. Ons is so trots op haar en onthou… sy gym nog 4 dae van die week.
Rina het Macky Cilliers se klas bygewoon. Vol nuwe moed huis toe gekom en selfs weer haar masjien ontdek. Toe knip en stik sy sommer 'n paar broeke. Daarna doen sy 'n “She Art” - kursus, so sy het nou baie planne om mooi goed te maak! Lynette en Mariëtte en 'n paar ander dames was na Smithfield se “Patchjol” en dit was 'n heerlike inspirerende dag. Ons wil net knip en stik. Soveel mooi is met ons gedeel. Lynette het ons ook geïnspireer met nuwe planne en een daarvan was hoe om jou gare te knoop. Sy het regtig 'n baie goeie demo aangebied. Ons leer so baie by mekaar. Heerlik!
Zanie het 'n groot werk gedoen. Behalwe baie naaldwerk vir hulle kerkbasaar het sy haar dogter se matriekafskeidsrok gemaak. Baie anders as almal het sy denim en kant gebruik en haar dogter het "stunning" gelyk. Regte "cowgirl".
So naby die einde van 2016 wens ons vir julle tyd om 'n UFO of 2 klaar te maak. Ons hoop julle deel iets van julle kwiltwerk met ander en ons wens vir elkeen 'n wonderlike Christusfees saam met familie en vriende. Mag julle almal met nuwe kwiltmoed terugkom.
25 Dankie aan die bestuur vir 'n jaar se harde werk. Ons sien dit raak en waardeer dit baie.
Foto` s tydens Lynette se demo. Almal oefen om die knoop reg te kry.
threads
26
…net vir interessantheid: Ons Gilde blyk gewild te wees by aanlynlesers/besoekers. Hetsy ons blog of ons fb - blad, as ook ons nuusbriefie, wat aanlyn gepubliseer word. Behalwe dat daar van ons plaaslike lede is, wat ons Gilde aanlyn besoek – is daar heelwat besoekers van dwarsoor SA/Namibië en natuurlike oorsese lande. Stuur dus asb. gereeld nuus en veral foto`s. Kwilters is gedurig op soek na idees en inspirasie en d.m.v ons aanlynfunksies, bereik ons heelwat kwilters en bemark ons die Gilde en kwiltwerk op `n byderwetse manier. ( Red)
Statistieke: Oranjequilters.blogspot.com “Pageviews for September” - 1 801 Sedert die blog se eerste inskrywings gedurende 2012 tot op hede het ons 221 497 besoeke gehad. Facebook - 751” friends “ – en weekliks is daar nog versoeke van plaaslike kwilters asook internasionaal. Hierdie blad word net gebruik vir promosie/kennisgewings van ons Gilde, “links“ na kwilttutoriale en ander kwilt verwante gebeure. Asook foto`s van ons Gilde se doen en late en die belangrikste - mooi en uitsonderlike kwilte. Joogmag.com : Hier is `n pdf van die “OKG Rytjie – kwilt”. Tot en met 7 Oktober 2017 was daar 616 “reads”. Dieselfde pdf is ook op issuu.com gelaai – en die besoekergetalle het so gelyk:
2 – “Reads” 114 – “Impressions” – dit is mense wat net gekyk het, maar nie die pdf oop gemaak het nie. Issuu.com – Ons Nuusbriefie word hier “gelaai” en is dan ook regstreeks gekoppel aan ons blog, waar jy dit ook kan lees. 15 “ FOLLOWERS” - hierdie mense is “gelink” en ontvang dus `n kennisgewing sou die nuwe nuusbrief opgelaai word.
27
Rafels se nuus… So is nog „n kwartaal verby en is ons in die laaste skof van die jaar. Ons groep het saam met Christa „n opwindende kwartaal agter die rug. Sy het hard gewerk en ons almal ingespan om „n wonderlike Lentekwiltdag te reël wat deur 31 lede bygewoon is. Daar is handsakke gemaak, hoendertjies is opgetof en pragtige prentjies is gemaak. Annatjie, Felicity en Christa het die Patchjol op Smithfield bygewoon. Dit was „n baie lekker en leersame dag. Met my twee seuns nog in die huis, kan ek myself nie indink hoe dit moet voel as jou kinders oorsee gaan bly nie. Dit het ook seker sy voordele soos Felicity sal weet, sy het vir haar kinders in Amerika gaan kuier en kan ons ander nie wag om al die stories te hoor nie. Alta Du Plessis het ook saam met haar man en seun „n bietjie in Skotland en Engeland getoer en as ek die Facebook “posts” so kyk, kon dit net lekker gewees het. Annatjie kuier darem net oor die provinsiale grense by haar seun en kleinkinders in Pretoria. Sy is „n dankbare Ouma met die twee seuntjies, wat 2 goue en 1 silwer medaljes ontvang het tydens hulle kooropvoering, en Ouma was daar! Soos dit enige Ouma betaam, het sy natuurlik saam gespeel en vlermuise in Pretoria se Botaniese tuine gesoek. Wat Oumas ook nie alles vir hulle kleinkinders sal doen nie! Sy is nie al ouma in ons groep nie. Beatrice beplan haar kleinseun se kwilt en as ek enige iemand raad verskuldig is, pas julle prentjielappies op, hierdie Ouma soek net prentjielap. Christa het lekker verjaarsdag gevier saam met haar kleindogter op haar 1ste verjaarsdag en so kan enige iemand sien daar gaan nog lekker gespeel word tussen die ou mooi dogtertjie en haar Ouma. Natuurlik was daar ook maar die hartseer in ons groep. Siektes, waar ons geliefdes moes groet en selfs „n inbraak. Ons Rafels het mekaar ook daar ondersteun met boodskappies en gebede. Maar moenie dink hier word net gespeel nie. Daar word gekwilt, hier en daar gehekel, reëlings getref vir November 2016 se kwartaalvergadering en uitruilgeskenkies word gemaak vir ons groep se jaarafsluiting. Sterkte aan al die Gilde se kwilters met die laaste deel van die jaar! Saamgestel deur Ruby van Straaten
28
Geskenk - idees … net `n ietsie klein vir daardie spesiale iemand…jou vriendin/dogter/kleinkind of om jouself mee te bederf.
… tweeledige speelgoedsakkie. …oulike sakkie vir grimeerkwaste of dalk juweliersware
…`n “tote bag” kan altyd gebruik word. ..`n oulike skuifknippie vir al die los patrone. …`n vriendelike uiltjie vir die “remote” wat alewig op soek is!
..`n Victoriaanse sakkie is net die ding vir juwele of sykouse wanneer daar gereis word.
..net die regte speldekussinkie vir `n kwilter – jou skêrtjie is sommer byderhand.
29
Besoek gerus Crayola.com vir nog gratis inkleurprente of http://www.bydreamsfactory.com/ vir hope gratis inkleurblaaie vir volwassenes.
‌nog lus vir inkleur? https://za.pinterest.com/source/colorpagesformom.com
30
31 `n laaste woord…
A garment is mentioned in God`s Word That fits every lady He made. It`s lovely and beautiful, modish and chic And guaranteed never to fade. Its fit is perfect and never too long… It`s never too short and always in style… In fact, it‟s a garment you`ll love! This garment is “PRAISE” with a heart full of joy, For then your heaviness goes. You‟ll feel anew, peace and sorrow will ease And leave in your heart a new glow. With heaviness gone and your heart filled with song Sing praise to the Lord on his throne. He`s dwelling inside and will comfort and guide each one who is truly His own. You`re suitably dress wearing garments of praise. The fit will be perfect on you. Just try it! You`ll see! Then join in with me; Together we`ll praise God anew! Norma Wiltse
Alg Vergadering Augustus 2016‌
32