Oranje Quilters` Guild Feb 2016

Page 1

Oranje Kwiltersgilde/ Oranje Quilters` Guild Since 1989

Bloemfontein and surrounding Voorblad: Kykerskeuse Nov 2015 Kwilt gemaak deur::

Doretha Jacobs

Newsletter/Nuusbrief Feb 2016


OKG BESTUUR 2016… Voorsitter SAQG Vertnwdgr O/Voorsitter Sekretaresse Tesourier Skou Vertnwdgr Reisende Uitstalling en Media Nuusbrief/Blog/FB Koöpteerde lid Uitreikprojekte

Iessie Steenberg Iessie Steenberg Marianne Le Roux (Needles&Pins) Lynette Eloff (Quiltmakers) Riana Nel (Rafels ) Iessie Steenberg Alta Stemmet (Sterre) Frances vd Walt (Friendship) Marie Coetzee (Gouedrade) Lenie Lourens (Kwetter Kwilters)

GROEPLEIDSTERS Friendshipgroep - Frances vd Walt 078 803 4019 Goedharte – Du Maurier Weis 083 4071545 Gouedrade - Marie Coetzee 083 448 6921 Kwetter Kwilters - Lenie Lourens 082 438 5191 Kreatiewe Lappies( Smithfield) - Lee Minnie 082 453 4155 LHParkies - Lettie Rhené 082 466 2986 ( Bloemskou) Needles & Pins – 0824606326 (Nasionale Kwiltdag) Quiltmakers - Lynette Eloff 083 973 8161 Rafels - Christa Gouws 083 542 5709 (Gasvroue/Laphandelaars/Lentedag) Rotary Cutters - Wilna Geel 084 462 1212 ( Lief/Leed) Sterre – Alta Stemmet 082 576 6223 (Reisende Uitstalling) Tolbossse - Mariëtte Venter 082 460 6362 ( Jeugprojekte) Uile - Sonja Stroebel 082 460 7956 (Grondwet) Zastron - Annelize Keevé 082 499 2364

Celebrating 27

Years!!! *Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – 2 winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg


UIT DIE VOORSITTER SE PEN,,, Wees gegroet alle lapvriendinne!!

Welkom by die begin van ‘n nuwe laslap-jaar met nuwe laplekkertes. Mag hierdie jaar vir jou die jaar wees waarin al jou kwiltdrome en -doelwitte gaan waar word. En ook die jaar waarin al jou onvoltooide projekte kant en klaar gemaak gaan word.

Die Bestuur het so ‘n bietjie verander en dit het meegebring dat ek nou die Voorsitter gaan wees vir die volgende twee jaar (ek dink ons moet dit verander tot net een jaar, sodat meer kwilters kans kan kry om te dink wat op hierdie bladsy gesê moet word!)

Ek wil julle nou almal bedank vir die ondersteuning wat ons, as Bestuur, van julle gaan ontvang. Dankie vir al die wenke en idees wat julle gaan deurgee na ons, om hierdie Gilde een van die bestes en lekkerstes in die land te maak. Onthou dat ons net alles bymekaar hou, en sonder julle het ons ook nie ‘n Gilde nie en ook nie ons kwilt-pelle nie (wat ‘n ramp as ek net daaraan dink!). Soos Frances tereg in haar laaste Nuusbrief gesê het: ons is ‘n span saam met julle almal.

Soos die meeste van julle weet, gee ek kwilt- klasse by my huis en soms ook op ander plekke. Ek vind dit dan moeilik om die telefoon altyd te antwoord. Die beste is om aan my ‘n sms of Whats App te stuur wat ek dan op my eie tyd kan antwoord. As dit vir jou belangrik is om met my oor die foon te praat (en kan ek klets!!), dan sal ek jou aanraai om my tussen halfsewe en nege - uur in die aand te bel. Dankie aan al die ou lede wat weer by ons aangesluit het en ook welkom aan elke nuwe lid. Vra asseblief as daar enige iets is waarmee ons julle kan help. Net indien jy dalk gewonder het …nadat jy jou ledegeld vir die jaar by jou groepie betaal het, kan jy reken op inspirasie, aanmoediging, vriendskap, ‘n nuusbrief, demonstrasies en vele meer by die Oranje Kwiltersgilde. Net die beste lap-jaar vir almal. Laslap - groete.

Iessie Steenberg (082 7055 279 OF iessie@absamail.co.za)

3


LIEF EN LEED… Friendshipgroep Trudie v Rensburg se motor is gesteel. Maureen was in die hospitaal met hartversaking. Mari Strydom het gedurende Januarie 2016 belangrike prosedures en behandeling ontvang. Gouedrade Rita Botha se mammie is oorlede op 7 Januarie. Kwetter Kwilters Magriet was 9 keer in die hospitaal – in en uit!

N & Pins Lorene se seun het verloof geraak. Marianne en Doretha se seuns het matriek geslaag. Elsa het goed aangesterk na ‘n rugoperasie.

Rafels Tannie Rina Schutte se broer is oorlede. Riana Nel se dogter het matriek geslaag met 7 onderskeidings en is onder die Top 100 Matrieks in die Vrystaat. Martina van der Linde het vroeg in Januarie ‘n aortaklep-vervanging gehad. Tolbosse Rina Bredenkamp se skoonsus Lenie du Plessis is skielik voor Kersfees oorlede. Hantie se dogter Alri slaag matriek met 5 onderskeidings. Uile/Zastron Marike vd Merwe se seun is ontslaan en word nou tuis versorg, nadat hy ernstige breinskade opgedoen het a.g.v bysteke.

“…hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe.” Matt 6.25 (NLV)

4


INLIGTING AAN GROEPE TOV REËLINGS VAN ALG. VERGADERINGS: Verpligtinge vir die oggend sluit in:

1.

`N Uitnodigingskaartjie word gemaak, wat die nodige inligting bevat bv. tyd, plek spreker ens. Dit word by die Bestuursverg. uitgedeel en op Whats App geplaas. 2. Die saal is alreeds bespreek – bevestig by Rene 051 522 5418 – NGK Kantoor te Altonasingel. Gee betyds aan haar deur hoeveel tafels benodig word! 3. Die groep verantwoordelik vir die Kwartaal verg. moet asb. ook sorg vir `n ligte verversing by die tee na die Bestuursvergadering – gewoonlik 3 weke voor Alg. Verg. Die klem val op `n ligte verversing – dit is net vir daardie “honger” gaatjie wat so by 11 uur ontstaan - dit is ons manier om om gasvry te wees en almal te bedank vir die tyd wat hulle afstaan sodat die Gilde kan funksioneer. 4. By die Algemene Vergadering poog ons om gewoonlik `n demonstrasie of spreker te kry wat verband hou met kwiltwerk. (Verwys na besluit op Bestuursvergadering) 5. Daar word ook verversings na die Alg. Vergadering aangebied – gewoonlik soet en sout saam met tee en koffie. Hou dit alles asb so minimalisties as moontlik. Gedurend wintermaande is sop en broodjies ook `n alternatief. 6. Die groepe verantwoordelik vir die dag se Alg. Vergadering - moet ook sorg dat daar buite die deur persone is om die tafel vir ontvangs te beman. Hier word plakkers uitgedeel vir die stem van “Show & Tell”, asook die “challenges”. Besoekers betaal R50.00 . Daar sal `n kleinkas voorsien word asook `n kwitansie boek en ledelys. Indien die Tesourier nie teenwoordig kan wees nie kan die lys, kwitansieboek en ledelys, na afloop van die vergadering aan die sekretaresse oorhandig word of soos deur tesourie gereël. 7. Groepleidsters kan na afloop van die Vergadering die Nuusbriewe by die Sekretaresse afhaal. 8. Daar word verwag dat alle inligting rondom jou groepie soos bv. lief en leed kwartaalliks aan die Redakteur of sekreatresse deurgegee word sodat dit in die Nuusbrief geplaas kan word. Sou jou groepie enige kursusse of fondsinsamelings hou of enige ander kwiltnuus, kan daardie inligting ook in die Nuusbrief verskyn. Gee dit net vroegtydig via e - pos deur aan die Sekretaresse of Redakteur. 9. “Show & Tell”: Kwartaalliks stal die groepies hulle kwiltwerk uit. Elke groepie het `n kwiltstaander. Dit word saamgebirng na elke kwartaalverg, sodat die kwilte daaroor gehang kan word. Dit is net mooier as wat dit oor `n stoel sou hang. Lede moet onthou om hulle kwilte te merk met `n “label” waarop jou naam, naam van jou kwilt, inspirasie vir die kwilt en `n datum verskyn. Gedurende “Show & Tell” vertel elke uitstaller meer van haar kwilt. Lede moet die plakker wat hulle by die deur ontvang gebruik om voor die vergadering vir hul gunsteling te stem. Groepies sal voortaan elkeen hul eie “show & tell” hanteer. 10. Onthou om jou ledegeld wat hierdie jaar R180.00 beloop voor die einde van 28 Februarie 2016 aan jou groepleidster te betaal. 11. Welkom aan alle nuwe lede. Indien daar iets is wat jy nie weet nie, vra gerus jou groepleidster of kontak van die Bestuurslede. Ons help graag. Geniet jou stokperdjie saam met ons, dit is `n absolute voorreg om deel te wees van `n groep baie talentvolle vroue, wat mekaar nie net rondom die wêreld van kwilte inspireer nie, maar ook sommer baie spesiale vriende word! 12. Laastens maar BAIE BELANGRIK – groep verantwoordelik vir vergadering maak asb. seker dat alle ligte en urn afgeskakel is, die vensters toe is, en trek asb. die voordeur toe nadat almal uit is. Stuur sms of bel asb. Rika 083 337 5019 en gee kennis dat Verg. afgehandel is, sodat sy kan toesluit. Dankie.

5


OKG Uitreik 2015… Die kwilt is gemaak deur die Friendshipgroep. Lootjies is verkoop en die mooi bedrag R2200.00 is oorbetaal aan die fonds t.b.v Charlize Botha.

Thea Slabbert van die LHparkies het die wenlootjie gekoop!!! Geluk Thea, ons hoop die kwilt verskaf jou baie vreugde.

12 Maart 2016 “Nelia Venter is besig met beplanning – inligting sal betyds deurgegee word.”

6


…dis Skoutyd 27 April – 6 Mei 2016!!! Laslap & Kwiltwerk Patchwork & Quilting…

7


8


06 December 2015 Dear Fellow SAQG Members

This short, final letter of the year is to keep you informed about a few matters. Welcome to Louise Swanepoel: We welcome Louise Swanepoel, new Representative for Vaal Triangle to our SAQG committee. Proposal for Treasurer: Pat Mostert, who was for many years the SAQG Representative for Good Hope Quilters’ Guild and also SAQG Treasurer, is willing to be co-opted to the SAQG Committee as Treasurer. Committee Meeting SAQG reps next year: The logical decision would be to hold the committee meeting in July in Cape Town. Good Hope Quilters’ Guild are very eager to host this meeting, and Renée de Beyer has offered to hold the meeting in her very comfortable home, using her enormous dining room table. Quilt Teachers Accreditation Course 2016: We have had quite a good enrolment into this latest course, and the organizer, Jenny Hermans, anticipates about 50 students. We have learned a lot since the first course, so we are confident that next year’s course will be even better. The 7 course tutors are already hard at work, writing and checking assignments as well as updating their portions of the course’s Study Guide. SAQG Website: My aim is to update the SAQG website at least once a month or even more often. However, this requires assistance from all of you in the form of information and images. Please let me know when one of your quilters wins an award or their work is showcased, what special activities your guild is planning and please send loads of pictures, especially of quilts. Also, please look over your guild’s page on the website and send me any updates you want reflected there. I would like to change the Gallery page to the Pro Dedicate page and include images of all the past Pro Dedicate awardees, not just the latest one. I am therefore looking for good images of Marline Turner, Hettie Schwelnus, Odette Tolksdorf, Margie Garrat, Maretha Fourie, Hazelmay Duncan and Louise Rheeder. If any of you have pictures of these fine ladies, please send them to me. That’s all my news for this year. In conclusion, I would just like to thank you all for your hard work this past year on behalf of SAQG and to wish you a wonderful holiday season, filled with laughter, love and family.

Sue Prins

SAQG President www.quiltsouthafrica.co.za sjprins@mweb.co.za (h) 028 314 1918

9


(m) 072 248 3425

OKG 2015 - “Row – by – row” – kwilt… Na aanleiding van die besoekersgetal aan ons “blog” en die statistiek wat wys, wat die belangstelling is t.o.v gratis kwiltontwerpe, is daar blokke uit die geledere van ons groepies gevra, om dan `n “row by row” – kwilt, eie aan die OKG op die “blog” te plaas. Sou daar lede wees wat belangstel in die patrone, kontak Frances vd Walt 078 803 4019 en die patrone sal dan beskikbaar gestel word – slegs `n minimale koste vir die druk van die patrone sal verhaal word. Alg. Inligting:

OKG Rytjie – kwilt 2015

1. 2.

Gebruik jou eie kleurskema. Blokgrootte – 51/2 ” X 51/2 ” – dit sluit ¼ duim naattoelating in. Blokke na voltooing 5” x 5” . 3. “Sashing” tussenin – 2” breed – sluit naattoelating in of breedte wat jy verkies. 4. “Border” 3 1/2” of soos jy verkies. 5. Kwilt soos verkies – meeste “stitch in the ditch” en/asook “echo” en ander “free motion” of handkwiltwerk. Versier met siersteke ens. Gebruik jou eie idees om die kwilt te “enhance” – hier is geen definitiewe reëls – gebruik die blokke waarvan jy hou en maak die kwilt na die grootte wat jy verkies. 6. Tegnieke wat gebruik word: 1. “Paperpiecing” 2. 3d Vouwerk 3. “Crazy Patch” – werk 4. “Rouche” – werk 5. Appliekwerk MAAK SOVEEL BLOKKE EN RYE SOOS JY VERKIES – HIER IS GEEN REëLS – WEES KREATIEF, DINK BUITE DIE BOKS – DIE “PATROONBLOK” WAT ELKE GROEP VOORGESTEL HET IS NET `N IDEE - GEBRUIK JOU EIE INISIATIEF VERDER! *Groepe wat blokke bygedra het – Friendship Goedharte Kwetters LHparkies Rafels Quiltmakers Sterre Uile … vervolg bl. 11

10


Ry 1 … OKG logo - variasie van die “Twinstar” of ook genoem “9 patch Texas star.

Ry 2 … Friendshipgroep - 3 D Vouwerk

Ry 3 …Goedharte – “crazy patch” of appliekhart – keuse is joue.

Ry 4 …Kwetter Kwilters se “Kruis”

Ry 5 …LHP se “appliek rosie”

Ry 6…Laslappies se tradisionele “Log cabin”.

Ry 7 … Rafels het `n blokkie met “Rouche” – werk gekies wat afgewissel word met `n appliekmotief (naaimasjien) van die Quiltmakers. Maak die kwiltjie onder die naald, `n klein kwiltjie vir `n driedemensionele voorkoms.

Ry 8 … amperse 9 –“patch” met appliek - ster.

Ry 9 …Appliek- uil op diagonale blok geplaas. 11


*Slegs `n Grafiese voorstelling.

1 ste ry – OKG Logo

*Blok – 51/2 dm x 51/5 dm – sluit naattoelating in.

2de ry – 3D blok

* 6 blokke per ry of soos jy verkies.

3de ry – Hart van jou keuse 4de ry – Kruis

5de ry – Appliekrosie

Sashing – 2 en ½ dm. of soos verkies.

6de ry – “log cabin”

7de ry – Rouche & appliek naaimasjien 8ste ry – 9 patch appliekster 9de ry – Uile

Border 3 of 4 en 1/2dm of soos jy verkies.

12


Resep…

Dalk `n ou bekende, maar dis die tyd van die jaar wat almal braai – wat kan dan lekkerder wees om die manne mee te bederf saam met hul vleisie!

 SUIDWES - PAP 1½ koppie braaipap 1/4 koppie suiker 2 eetlepels botter 1 t bakpoeier 3 eiers knypie sout 1 blik pitmielies 2 blikke sweetcorn Gooi water van pitmielies af. Meng die bestandele in 'n mengbak Bak vir 45minute by 180 º C. Dit is heerlik saam met braaivleis …en `n lekker groenslaaitjie.  Variasies – room, kaas, spek ..kan bygevoeg word. 

fabulous-food-recipes.com

AANDAG: Ledegeld 2016 Ledegeld vir 2016 – R180.00 pp Bo 75 – gratis Groepleidsters betaal asb. jul ledegelde direk in die volgende bankrek. voor 28 Februarie 2016. ABSA: Tjekrekno: 157 0160 199 *onthou om as verwysing jou groepie se naam te meld. Dankie 13 Tesourier


Oranje Kwiltersgilde Uitstalling by Kovsies Verbruikerstudies Olimpiade 2015.

14


Kykerskeuse 2015 : Doretha Jacobs Tegnieke gebruik – “raw edge” – appliekwerk en vryhandstik – die rand is versier met “prairie points”. Doretha is lid van die Needles & Pins. Sy is verbonde aan die Dept. Verbruikerstudie by Kovsies. Hierdie “kwilt” is eintlik `n “valanche” of gordynkap. Baie geluk Doretha!

Doretha (regs) ontvang haar prys van Miemie Pretorius ( Show & Tell).

15


Ons “challenge” – wenner! My mooiste speldekussing! Marianne le Roux

16


`n Besonderse kwilt, gemaak deur een van ons OKG lede. Lenie Lourens se “Camino” – kwilt… Algemene inligting oor:

Additional Information below

“THE CAMINO DE SANTIAGO DE COMPOSTELLE” Die “Camino” is `n eeu - oue pelgrimstog in Europa, veral Spanje. Die Pelgrims het van regoor Europa, per voet gekom tot by die Katedraal in Santiago, waar hulle geseën en gereinig is. Die roete wat ons geloop het word “Saint Jacques de Compostella” genoem. Dit is 800km vanaf St JeanPied-de-Port in Frankryk oor die Pirenese berge tot in Santiago Spanje. Ons (groep) het net 400km geloop. Die kwilt: Die Magdalena - brug is in Pamplona. Die naam Magdalena ( my naam) gee die rede hoekom ek hom gekies het.

Die kwiltjie in die middel, is `n kwiltjie wat in die kantoor gehang het, waarons moes registreer in St Jean.

Ons is eendag per bus na die klein gehuggie in die berge, O'Sebreiro, daar het ons die kerkie gesien. Op die middelblok, wat `n vadoek is, wat ek daar gekoop het, is die Katedraal in Santiago waar ons geeïndig het. Asook die roete wat ons geloop het. Asook die wierook - houer wat in die Katedraal aan dik toue geswaai word om pelgrims te reinig. Aan die beginjare was daar nie hostels en gastehuise waar hulle kon oornag nie. So toe hulle in Santiago gekom het was hulle vuil en besmet.

17


Die skulpie is` n "logo" vir vandag se pelgrims. Jy kry vir jou so `n skulp as jy begin en hang dit aan jou rugsak. Dit was vroeër ook as beker en lepel gebruik.

Omdat die “Camino” meesal Rooms gedrewe is, is daar baie verskillende kruise. Elke area het sy eie kruis. Daar word ook baie kruise opgerig vir mense wat op die Camino sterf. En glo my, daar gaan jaarliks `n hele klompie mense dood wat die Camino stap. Die geel pyltjies en streep skulpies is die wegaanwysers. Ons is ook deur groot dele "lavender". Ons was in die Canola - tyd daar. Lande en lande canola en koring met windlaaiers op die hoogtes.

Middel onder is al die woude waardeur ons is. Dit was baie. Die stilte is iets om te beleef. Al wat jy hoor, is die voëls.

Die papawers groei daar soos die kosmosse hier by ons. Plate en plate papawers. Somtyds saam met wit blommetjies. Onder is blomme wat my aan die potte vol malvas herinner. Wat heel pad in die vensters geblom het.

Aan die einde ontvang jy n sertifikaat wat bevestig jy het die “Camino” gestap. Wel gedaan Lenie! – nie net oor die roete wat jy gedoen het nie, maar ook die feit dat jy hierdie pragtige kwilt ontwerp en gemaak het. *****************************

Every quilter has a masterpiece within. 18


…nuus van die Kwetter Kwilters. Groepleidster Lenie Lourens – 082 438 5191

Die Kwetters het `n heerlike afsluiting vir 2015, by “Die Meerkat” gehad. Almal het uitgesien na die rustyd wat voorlê.

Met dankbare harte kan ons sê dat dit beter gaan met Magriet. Na maande in die hospitaal en 9 keer terug teater toe is sy nou by die huis. As gevolg daarvan het sy met `n blink plan te voorskyn gekom. Daar was nie kans om geskenke te koop nie, so sy het vir die dogters blokkies gesny en gegee. Hulle het vir hulle die lieflike kussings gemaak.

Marietjie was Vleesbaai toe, maar het ook tyd gemaak om aan haar gevorderde kwilt te werk. Sy was so fluks om 40 boontjiesakkies vir haar Graad Een klas te maak. Die res van ons het gekuier by kinders. Die wat tuis was, het ook die tyd gebruik om te rus en gaste te onthaal. Ek glo almal het goed uitgerus, en is nou baie lus vir die lappies. Ons sal die nuwe jaar met ywer aanpak. “Welcome to 2016. Do not be afraid Jesus is already there.”

Our lives are like quilts – bits and pieces, joy and sorrow, stitched with love. Anon 19


Friendshipgroep se nuus… Groepleidster – Frances 078 803 4019

Sewing fills my days, not to mention the living room, bedroom and closets.

Na `n lang ”summer break” van lekker see – vakansies en familie - kuiers is ons groepie slaggereed om met 2016 te begin! Ons pak hierdie jaar `n groepsprojek aan en teen Oktober behoort ons elkeen `n bo-stuk te hê, wat jy dan kan kwilt of sommer vir `n tafeldoek kan gebruik. Dit is `n “scrappy” – projek met harte - motiewe en ons het alreeds ons eerste 4 blokke met harte en sal dan maandeliks nog 4 blokke byvoeg terwyl ons die uitgesnyde harte ruil.

Meeste van ons groep werk nog aan “ufo’s”. Anna Raubenheimer werk aan `n kwilt wat, sy gemaak het van `n vorige groepsprojek waar ons blokke uitgeruil het, en haar “dear Jane” kort nog 1 ry. Estelle werk ook nog aan haar “Dear Jane”. Hanli se mooi harte is `n groot treffer en sy kan nie voorbly om te maak. Amanda maak huis “skoon” en werk ook “ufo`s” – wat vòòr die volgende Clarens kwiltfees afgehandel moet wees, sodat sy met nuwe projekte kan begin. Elaine het na `n meenthuis getrek en julle weet wat beteken trek! …skoonmaak, pak, uitpak, rondskuif, weggooi ens. en werk ook “ufo`s” sodat sy met nuwe projekte kan begin wanneer dit tyd is vir die Clarens kwiltfees. Maxie werk fluks aan `n klomp heksagone - sy voltooi sommer Maureen s`n ook – en het die mooiste handsakke en lopers gemaak.

Frances het nog 2 “ufo`s” van Wilna de Beer en haar “DJ” vorder soos mens `n olifant eet – blokkie vir blokkie. Sy het ook `n “primitive” – kwilt voltooi. Die patroon het sy as geskenk gekry en moet nog net die kwiltwerk doen.

Martie en Anna Gropp werk so stil- stil en as jy weer sien word die kwilt voor jou oopgegooi. Anna Gropp en Trudie V Rensburg se “DJ” – kwilte staan ook nou end se kant toe. Ons begin 2016 met `n nuwe lid – Marietjie Brink. – Baie welkom Marietjie – hoop jy geniet die “kwiltlewe” saam met ons!

Mooiste wense aan al ons mede - kwilters vir `n jaar vol van kwiltvreugdes!

My soul is fed by needle and thread. Anon.

20


Dagboek asb!!! Alg. Vergaderings 2016 Saterdag 13 Feb – Uile/Zastron/R Cutters Vrydag 13 Mei – Tolbosse/ LHparkies Vrydag 12 Augustus – Sterre Saterdag 5 Nov - Rafels/Kwetters 21


Needles & Pins… Ons is aan die begin van 2016, ‘n nuwe jaar vol nuwe uitdagings en geleenthede. Niemand van ons weet wat die toekoms inhou nie. Vir sommige van ons sal dit miskien droefheid inhou ander weer ongekende vreugde. In ons kwiltvereniging sal ons nuwe lewentjies verwelkom en so sal ons met groot hartseer geliefdes aan die dood moet afstaan. Of die nuwe jaar nou vreugde of hartseer inhou, God is saam met jou en sal jou nooit verlaat nie.

Na ‘n heerlike vakansie van see en sonskyn, familie en feestelikhede is ons nou terug en lus vir kwilt. Die groepie beplan weer ‘n hele mandjie vol lekkerhede vir die jaar. Marianne neem deel aan die Pan-African Friendship Quilt Challenge. (“The challenge involves quilters being ‘twinned’ with other quilters from another African country. Every set of quilters will produce two quilts – each quilter works on her own quilt and then swaps with her twin – who works on the piece adding to the design and increasing the size. When this is completed, the quilt top is returned, her twin who then sandwiches, quilts and finishes her own quilt.”) Ons is vreeslik nuuskierig om die eindprodukte te sien. Die Needles & Pins se jaar het goed begin. Lorene se seun het verloof geraak. Marianne en Doretha se seuns het matriek geslaag en is nou amptelik eerste - jaartjies. Elsa het goed aangesterk na ‘n rugoperasie. Rika het ons verlaat terwyl Reinette by ons aangesluit het. Welkom Reinette, jy gaan dit sommer baie geniet! Needles & Pins groete

Gouedrade…Ons groep spog met twee nuwe lede naamlik Louisa Basson en Neranda Botha. Ons is volstoom aan die

gang. Louisa gaan die jaar 'n beginnerskwiltklas loop by Marie en sy het alreeds 'n pragtige drasak gemaak. Neranda is besig om 'n “log cabin” - piekniek kwilt van blou swhe –swhe - lap te maak. Breggie is besig om 'n blokkies kombers te maak en Sonja en Corine is amper klaar met hul beginnerskwilte. Sonja het 'n klein optel katjie gekry en sy naam is Neels. Corine se seun Philip het sy sleutelbeen gebreek en moet hierdie jaar weer vir 'n groot operasie aan sy been gaan. Sterkte daarvoor Corine! Connie is besig met 'n pragtige hekelkombers en'n handprojek van hexagons. Sy het ook besluit om ons te verlaat hierdie jaar weens persoonlike omstandighede. Ons gaan jou mis Connie! Rita se mammie is oorlede op 7 Januarie en ons is almal baie hartseer saam met haar. Sy is ook nog besig met haar beginnerskwilt en 'n “log cabin”- sak. Haar oog se drukking is ook baie laer na die operasie en ons is bly vir haar. Kokkewiet se oudste kleinseun het matriek geslaag en sy is besig met 'n appliekkwilt met die naam “shabby houses”. Daarna moet sy nog 'n babakwilt maak vir 'n vriendin. Petro het nog 'n kleinseun oppad en hy kry 'n nuwe kwilt vir sy kamer. Dit gaan baie goed met Rina en sy het lekker gerus die vakansie. Sy het nog niks beplan vir die jaar nie behalwe 'n “sew-away” later in die jaar. Linda het 'n nuwe kleindogter oppad en sy het pas met 'n uiltjie-kwilt vir haar begin. Sy en haar man was die 16de Januarie 34 jaar getroud! Baie geluk Linda. Haar oudste kleindogter het ook vanjaar begin skoolgaan. Marie se seun het matriek geslaag en haar pa sterk goed aan nadat hy 'n hartaanval en lomleiding gehad het. Marie sê sy gaan nie aan iets nuuts begin werk voor al haar “ufo's” nie klaar is nie. Charlene is ook nie tans besig met iets nie en haar jongste seun is hierdie jaar in matriek. Bettie het ook nie enige projek waaraan sy tans werk nie. Verder gaan dit goed met almal en ons is bly om mekaar weer te sien. Talent and individual expression are not qualities that just other people possess. You have it too! All of you have a capacity for creativity in your quilting. Let yours happen and realize there are no boundaries to your unique expression. Anon


Rafels…Ons Kersafsluiting was ‘n ‘reuse’ lekker afsluiting by

Greenside Kwekery. Baie dankie aan Annatjie en Felicity wat dit vir ons gereël het. Daar is baie oulike handgemaakte geskenke uitgeruil, geëet en gelag net soos kwilters kan. Na die baie warm dae is alles weer aan die gang na die vakansie en ons glo al die Rafels het lekker uitgerus en dat daar gekwilt is en gaan word. Ons groepie begin weer op 16 Januarie 2016, en sal elke 2de Saterdagmiddag van die maand by Stellenryk Aftree-Oord bymekaar kom. Karin was die afgelope tyd baie besig om kwilts vir haar kleinseun, Rainier, wat einde Feb, begin Maart gaan arriveer, te maak. Felicity het Mari se uile-kwilt kursus gedurende 2015 gedoen en haar kwilt, ook vir ‘n kleinseun in Kanada, vorder fluks. Beatrice beplan om ‘n paar UFO`s klaar te maak en is ook besig met die beplanning vir ‘n prentjieskwilt vir haar nuwe kleinseun, Nicholis. Die Rafels is besig om ouer te word en slegs 4 van die lede is nie Oumas nie. Die res het almal verhoogde status van een of meer kleinkinders, en dan natuurlik ons “matriarg”Tannie Rina, is oumagrootjie. Ruby is besig om haar kwilt met hoenders op, met die hand te kwilt en sy hoop om dit teen die einde van die jaar klaar te maak. Sy het nou meer tyd op hande, aangesien haar ma se chemo-behandeling nou agter die rug is. Annatjie, Tannie Rina en Magdaleen is nog besig met hulle “Crazy Patch”- blokke. Magdaleen en Martina is ook nog aan die gang met hulle heksagone. Juanita en Riana is baie bedrywig met hulle ‘English paper piecing’ blokkies: Juanita het al meer as 1000 papiertjies oorgetrek en Riana (ongeveer 860) en dit is so kleurvol. Vasbyt julle twee met die vaswerk! Elsie is altyd vol verrassings – sy het opgedaag met die mooiste en kreatiewe badkamergordyn waaraan sy werk – sy is besig om van haar ma se outydse geborduurde lappies (ons ma’s het almal daarvan gehad) op die gordyn vas te werk. Die gordyn se soom is afgerond met geborduurde kant. Alta du Plessis is besig met ‘n hekelkombersie. Haar vlytige hande staan vir niks verkeerd nie. Alta Street is besig om 3 medium - grootte kwilte met die hand te kwilt en werk ook so tussen-in aan Japanese kwiltblokkies. Christa het die afgelope paar maande nie kwiltwerk gedoen nie, maar is nou weer besig met haar lapjoernaal. Die groep het besluit om die ‘Vriendskapkwilt – Gebroke harte’ wat by die 2015 se Patchjol op Smithfield, gedemonstreer is, aan te pak. Christa het ‘n paar voorbeelde gemaak. Ons gaan eersdaags vir ‘n hele Saterdag daaraan werk. Baie geluk aan Iessie Steenberg en Lynette Eloff met hulle take as Voorsitter en Sekretaresse.

Rotary Cutters… Die Rotary Cutters het hulle gevorderde beginnerskursus by Iessie voltooi en spog nou met nuwe dubbelbed - kwilte. Vir 2016 beplan ons ‘n medaljon en “free motion” - kursus weer aan huis van Iessie. Marietjie van Rensburg het operasies aan beide voete laat doen en was vir lank buite aksie. Weet sy gaan vanjaar inhaal met als wat sy gemis het! Frances van Schalkwyk se seun blink uit in Italië waar hy vir die “Zebres” rugby speel. Is altyd lekker as die kinders goed vaar. (Hy is die man wat heelvoor hardloop met die bal in die hand.) Rika van der Merwe en Wilna Geel se dogters verwag albei hul 2de seuns. Baie geluk aan hulle! Na ‘n afwesigheid van 1 jaar, is Sonja Snyman weer terug. Welkom terug Sonja en mag jy dit geniet om weer saam met ons te kwilt. Mag 2016 vir almal ‘n geseënde en vlytige kwiltjaar wees.

23


Tolbosse… Ons het ‘n heerlike jaareind - funksie gehad by die nuwe

“ Iewers Nice” in Heuwelsig. Elkeen het ‘n pragtige handgemaakte geskenk ontvang en nadat ons dit alles bewonder het, kuier ons ‘n hond uit ‘n bos daar in Bloemfontein.

Maar van daar af het die droogte en die hitte ons lamgelê. Niemand was vreeslik produktief nie, almal net te moeg en warm om iets kreatiefs te doen.

Ons het ‘n matrikulant wat met vlieënde vaandels deur is met 5 onderskeidings en ons is net so trots soos Hantie op Alri. Sy gaan hierdie jaar by Kovsies swot, so ma en dogter kan nog baie “bond”. Rina Bredenkamp se skoonsus Lenie du Plessis is skielik voor Kersfees oorlede en dit was ‘n groot skok. Ons harte gaan uit na haar kinders en ander familie.

Al het die droogte ons lamgelê, het party van ons darem handgemaakte geskenke gemaak, soos vrugtekoeke is gebak, strand handdoeke is gemaak, tafellopers en vele meer. Ons skop darem die jaar af met mooi goed. Elkeen moet einde Januarie ‘n teemussie ingee wat uitgeruil gaan word met verjaardae. Groot opwinding om te sien wat is in jou pakkie. Gebrei, gehekel of gekwilt is jou keuse wat jy maak.

Dan gaan elke lid ook ‘n beurt kry om ‘n demonstrasie te gee van iets wat vir haar spesiaal is of wat sy iewers gesien het. Ons sien baie uit daarna om van mekaar te leer. Hantie is sommer 1ste aan die beurt met ons eerste bymekaar kom die 19e Januarie.

Ons kom 1 keer per maand bymekaar vir ‘n lekker lang werkdag. Gewoonlik op ‘n Dinsdag of ‘n Donderdag. Hier kry ons tyd om aan ons kwilte te werk aangesien by die huis altyd iets is wat jou aandag aftrek. Maar die selfone hou steeds party besig dan kry hulle ook maar min gedoen. Susan Pieterse is ons “grande dame” en sy ry sowaar nog al die pad van Bloemfontein af om die dag te kom kuier of te brei. Die oë wil nie meer so lekker die klein stekies sien nie. Ons waardeer haar baie en leer steeds baie by haar. Hoop julle het een en elk ‘n ongelooflike kreatiewe kwiltjaar wat voorlê.

He who works with his hands is a labourer. He who works with his hands and his head is a craftsman. He who works with his hands and his head and his heart is an artist. St. Francis of Assisi

24


Rondreisende Uitstalling!!! …in Bloemfontein

1 – 30 April 2016 Tyd en venue sal nog deurgegee word.

World quilt Competition 2015 www.quiltfest.com

Innovative – Best Hand Workmanship: Energy of fire By the Grassroots Guild South Africa  Traditional – Best Machine Workmanship: Africa fusion by Claire Wallace South Africa

Best of Country Award – South Africa: Hide and Seek by Claire Wallace.

25


`n laaste woord:

Gebed vir reën wolke vergader bring die reën nader ons vra ons Vader bring vir ons asseblief water ons grond is droog ons damme vol suurstof ons oë is hoog ons paaie vol stof

hier en daar ‘n druppel elke bietjie maak vol die mensdom is kruppel sonder God ook maar net halfvol water gee lewe mens dier en plant asseblief Here ons bewe wonder nou na watter kant gaan ons ontsout of riool suiwer Here ons was stout in U gehuiwer

geen water vir die mens geen kos vir die dier ons is op die grens maar moet dit langer verduur

ons wag dan vir U O God want U tyd is onpeilbaar as dit nou reën sal sommige spot maar ek weet dat U ons spaar

so dan vra ek nou vir reën asseblief op my knieg en klein dit wat U kan spaar vir mens se been gee asseblief Heer ons wag in pyn *deur Duane Woes.co.za images – bing..om/images

(…intussen het dit gereën!!! Ons dank U, Heer!!! Red. )

26


Alg. Verg. November 2015 ‌maklike/vinnige Kersgeskenke! Gasvroue: Needles & Pins.

27


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.