November 2015 nuusbrief

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989

Bloemfontein & Omgewing/ Surroundings

November 2015 Nuusbrief / Newsletter November 2015

1


Van die voorsitter… Liewe Kwiltvriendinne, die jaar lê amper op sy rug! Ons het 365 dae gekry om te doen wat ons moes en moet, tussenin, wat ons wil …en die meeste van ons wil graag, sou daar `n beskikbare tydjie wees…kwilt! Ons het `n heerlike kwiltjaar beleef met 4 Kwartaalvergaderings ( meer geleer oor appliekwerk, “crazy patch” –werk en sommer `n oulike speldekussing ook gemaak). `n Nasionale Fees, die Skou Uitstalling, 2 baie aangename kwiltdae wat werkwinkels ingesluit het, is ook gehou, asook `n “Patchjol” in Smithfield en die Lappoppe (Country- groep) se Kwiltuitstalling in Bultfontein… en dan was daar ook nog die lekker kuiers by ons groepies! Wat `n voorreg! Die Gilde het ook sy eb en vloed getye. Na 2 jaar is dit weer tyd vir `n nuwe Voorsitter/Komitee. Baie geluk aan Iessie Steenberg! … vir die volgende 2 jaar is die Gilde in haar bekwame hande! Vir die groepleidsters van die afgelope 2 jaar, wil ek hartlik bedank vir al jul tyd, hulp en ondersteuning, die reël van ons Alg. Vergaderings, die koffiemandjie en seker die belangrikste – die skakel tussen ons lede en die Komitee. `n Spesiale dankie aan Christa Gouws(sekr) vir al jou tyd en geduld om die Gilde se notules en ander administrasie op datum te hou asook vele ander take! Jy is `n STER! Baie dankie ook aan Riana Nel wat ons finansies met `n ferm hand hanteer het. Iessie Steenberg, haar helpers en Frances Van Schalkwyk (judge) het gesorg dat die Skou -Uitstalling en beoordeling glad verloop. Baie dankie. Dankie aan Lenie en Miemie wat vir ons die “Show & Tell” hanteer het. Baie dankie Linda, vir die “charms” wat jy geborg het. Mariëtte Venter en Iessie Steenberg het ons die afgelope 2 jaar by SAQG verteenwoordig, baie dankie ook vir julle tyd en insette. Laastens ook my opregte dank aan Anina Louw vir die neem van foto`s by vele kwiltgeleenthede! – baie sterkte ook aan haar en gesin wat na George verhuis. Soos julle kan sien, is dit eintlik `n span wat saamwerk om ons Gilde te laat funksioneer – baie dankie aan elkeen – lid of Komiteelid, hetsy op watter manier jy betrokke was. Dit is `n voorreg om saam met julle te werk en om saam met julle te kan kwilt. My opregte waardering en `n baie groot dankie aan elkeen van julle.

Kwiltgroete Frances “`n Hoop klippe hou op om net klippe te wees, die oomblik wanneer iemand met `n katedraal in gedagte, daarna kyk.” Antione de Saint – Exupèry …dieselfde kan dalk gesê word, dink ek, van `n kwilter wat na lap kyk!.. jy sien onmiddelik `n kwilt!

2


Hierdie datums is voorlopig en moet deur die nuwe Komitee bevestig word.

DAGBOEK 2016

Saterdag 13 Februarie Uil/Zastron/Rotary Cutters Vrydag 13 Mei Tolbosse/LHparkies Vrydag 13 Augustus Friendship/Kwetters/Naaldekokers Saterdag 5 November Rafels/Sterre

*Uittreksel uit Daaglikse Oordenkings van John C Maxwell: “Verban die toekoms. Leef net vir die uur en sy toegekende taak. Dink nie aan hoeveel verrig moet word of die doelwit wat behaal moet word nie, maar konsentreer stip op die takie waarmee jy besig is en volstaan daarmee. Ons plig is nie om te kyk na wat dofweg in die verte is nie, maar om te doen wat duidelik voor ons lê.”

3


‘Twas the Night Before Christmas … A Quilter’s Poem (Author Unknown) ‘Twas the night before Christmas and all through the house, The only one sleeping was a Quilter’s dear spouse The Log Cabin stockings were almost completed, “Just a few stitches left,” our sweet quilter repeated. "Then I can hang them and head off to finish the pillows I'm making, fulfilling Mom's wish For something quilted to put on her couch", as she pricked her poor finger, our quilter said, "Ouch!" When from out in the kitchen there arose such a crashing, she sprang from her work, and she dropped all her sashing. Away to the doorway she flew like a plane, wondering just what was happening and who she would blame. When what to her wandering eyes should appear, but Old Mrs Claus and her bag of quilt-gear... With her elves bearing gifts, through the kitchen she came, she directed and pointed and called them by name. "Now Elna, now Pfaff, now Bernina and Viking, the Hoffman and Mumm should be just to her liking. To the sewing room - there, it's just back of the hall, now dash away, dash away, dash away all!" "My Dear," said The Claus (as she liked to be called), "There really is no need to worry at all. Your projects will all be completed this night, I'm terribly sorry we gave you a fright." "Sit down. Have some tea. It's relaxing, you'll see. My friends and I've come a long way to help thee." She thought she was dreaming, our dear Quilter did, In fact she quite feared that she'd near flipped her lid! But the flash of the needles and the twist of the thread soon gave her to know she had nothing to dread. They spoke no more words, but went straight to their sewing. How the work went so quickly she had no way of knowing. The stitches, how fine! The corners, how straight! This Claus-woman's talent was awfully great. They finished the pillows, then started to quilt. Before they all knew it, the whole thing was built! Now old Mrs Claus, she knew quilters real well, and she knew they'd need help on this night most of all so she said to our quilter, "Just move over dear, I've brought my own needle. We'll get done, never fear. I told dear old Santa about what quilters do. How they plan all these projects but have other work too. So her taught me his magic for doing things fast. There, that pillow's done. Now this is the last." They tidied their thread snips, and picked up the scraps and chased our dear quilter's six cats from their laps. As they scurried away with their thimbles still gleaming dear Mrs Claus paused, her cap ribbons streaming. "Merry Christmas, my dear, now just have a

ball!"

4


5


Hanteer kopiereg so…… Erkenning aan: Ginger Davis Allman – www.TheBlueBottleTree.com

6


Recipe‌ Iced Tea 4 cups boiling water 5 teaspoons (or five teabags of) black tealeaves (preferably Nilgiri or Ceylon) 3 tablespoons sugar 1/2 tablespoon lemon juice Mint sprigs for garnish (optional) Ice cubes (approximately five cups) 1. Pour boiling water over the tea leaves. 2. Steep for five to six minutes, and then remove the tealeaves from the tea. 3. Add the sugar and lemon juice, then stir well. 4. Pour the mixture into a heat-resistant pitcher of ice. 5. Pour into tall glasses. 6. Top each glass with a sprig of mint and serve. 7. Alternately, you can add ice at immediately before serving. This method works well for picnics, barbecues and parties. For more variations – visit http://www.eatingwell.com 7


Pincushions‌ http://www.marthastewart.com/1082584/myst ery-tomato-pincushion What's red and ripe and bursting at the seams with sewing pins? That enduring icon of the needlework world: the produce-inspired pincushion better known as the tomato cushion. If you grew up in a crafty household like I did, odds are you've seen one before -- either in your mother's sewing box or tucked away in a drawer among a pile of unraveling spools. But did you ever stop to wonder where this little oddity comes from? Pincushions come in all shapes and sizes, but the tomato is the design that prevails as the classic. But why a tomato of all things? Turns out it's not random: There's actually a reason for the tomato design, and it dates back to the Victorian era. The first-ever documented mention of a generic pincushion dates back to the Middle Ages. Of course, in those days, they were more whimsically called "pimpilowes," "pyn pillows," and "pin-poppets." The pincushion was invented as a practical aid for storing pins and needles, but it also showcased one's collection of pins and needles. (Needles were costly, after all.) But the lessiconic shapes of dolls, birds, and prettily-packaged boxes left something to be desired. Enter the time-honored tomato. According to tradition, placing a tomato on the mantel of a new home ensured prosperity by warding off evil spirits. When tomatoes were out of season, people weren't totally out of luck: They simply improvised with red material, sawdust, and a little bit of ingenuity. A lady of the Victorian era would take immense pride in a parlor room stocked with shelves upon shelves of pincushions, but the tomato was always the crown jewel of her collection. Since then, we've been piercing our pins into stuffed fabric tomatoes without question. But it's "sew" much more fun to know where they come from, am I right? 8


Speldekussings - Alg. Vergadering Augustus 2015 - deur die handmetode te gebruik by die maak van `n “cathedral window” –blok. Dit is `n tradisionele blok en Marie Coetzee het die demonstrasie gegee. Hier is van die lede se kussinkies…

Wat jy maak, is net die oorblyfsels van die pret wat jy gehad het. Diane Ericson 9


…illustrasie hoe om die “Catheral Window” – blok te maak….

10


Uitreksel uit: The Complete book of Patchwork, quilting & applique by Linda Seward

11


- Lief en Leed Rafels: Familie van Christa se man is gedurende `n plaasaanval in die Oos- Kaap, vermoor. Christa se broer is oorlede. Sterre: Alta Stemmet se pa is oorlede. Laslappies: Maria du toit se eerste kleindogter is gebore. Rotary Cutters: Rika van der Merwe het „n klein operasie ondergaan. Wilna Geel word gedurende Maart weer Ouma.

12


Needles & Pins… Die kersklokkies begin lui en dit beteken dat 2015 amper op sy rug lê. Ons begin bietjie vinniger werk want die vakansie is om die draai. Die tyd van die jaar is ook ‘n tyd van afsluitings en terugdink aan al die goeie en die slegte. Gelukkig onthou en koester ons die goeie. “ Your brain protect you and remove bad memories over time”

Wat ‘n heerlike vinnige derde kwartaal vol opwinding het ons nie beleef nie!! Sommer so met die begin van die kwartaal het ons weggespring met ‘n heerlike kursus vol speel, stik en eksperimenteer, aangebied deur Marietjie Thomas.

Ilze het vir ons “fabric weaving” kom demonstreer en die groep het pragtige klein artikels gemaak met die tegniek. Die vroue van Needles & Pins was besig - besig. Christine en haar dogter het ‘n pragtige “memory”- kwilt gemaak vir ‘n graad 11 uitruilstudent. Ons “ youth”- kwiltertjie hou ook baie van bak en brou en maak die mooiste versierde koeke. Die twee gelukkigste vroue in ons groep is sekerlik Lorene en Rika. Lorene het ‘n Bernina stoomstasie gewen by die 13


Kwiltfees in Durban. Rika het `n pragtige nuwe naaimasjien gekry by haar man en stik sekerlik nou met ‘n lied in die hart. Ons werk nog ywerig aan ons “graffiti”- blokkies en as als verloop soos beplan gaan elkeen 20 van die mooiste blokkies hê wat verwerk kan word in n kwilt.

Ons het ook ‘n paar “jetsetters” in die groepie. Reinette was op‘n lekker toer na Italië terwyl Elsa saam met haar man en kinders heerlik getoer het in Europa. Nelia en Lorene gaan eersdaags na Kroatia op ‘n staptoer. Dan is daar ook die ma’s wat besig is om matriek te skryf. Marianne en Doretha voorspoed word toegewens aan jul twee seuns met die eindeksamen !!! Wessie het “dorp” toe getrek en geniet dit baie. Sy kan sommer nou gou gou Nothridge Mall toe stap vir ‘n koffietjie. Wessie ons dink nog aan jou en jou gesin met die dood van ‘n familielid vroeër in die jaar en Lorene jy moet sommer baie gou beter voel. ‘n Heerlike laaste kwartaal vir almal, met ‘n terugkoms gelaai met voltooide kwilte – dit is ons wens aan elke kwilter wat aan ons Gilde behoort. En dan natuurlik ook ‘n baie geseënde Kersfees om ons Here se geboorte te herdenk. 14


Patchjol 22 September 2015 Smithfield

15


Nuus van die Kwetter Kwilters... Ons nuwe lid, Magriet het regtig „n baie slegte tyd agter die rug. Na „n rug operasie het sy infeksie in die wond opgedoen en moes toe bykans 6 weke in die hospitaal spandeer. Ons is dankbaar dat sy nou uiteindelik nog steeds onder baie sterk antibiotika, weer by die huis is. Intussen het die ander Kwetter Kwilters met heelwat projekte gevorder. Rene het die pragtige kussing vir „n vriendin gemaak. Regina het die heerlike dag op Smithfield bygewoon en dit terdeë geniet. Lenie maak die pragtige kwilt vir haar suster se 81e verjaarsdag.

Lenie maak die sak klaar na die dag by Cecile. Elsie van der Bijl stuur vir ons die foto van haar gevorderde kwilt wat uiteindelik klaar is en wat einde Desember op pad is Nieu -Zeeland toe na een van die seuns en daag Marthie Marie uit om hare ook nou klaar te maak.

16


Van al haar afval lappies maak Elsie die kwilt klaar.

Tans “skuur” Mara net rond en is bitter jaloers oor alles wat die ander doen en klaarkry. Heerlike werk aan al die kwilters en mag julle projekte elke dag vorder.

Goedharte… Du Muarier Weis het die afgelope jaar die inisiatief geneem en begin met `n uitreikprojek by die Woodland Hills Community Church. Haar goeie vriendin Dalene Volsteedt het haar bygestaan met hierdie projek. Onderaan is foto`s van die dames met hule voltooide kwilte. Welgedaan!

17


Friendshipgroep se nuus… Hierdie groepie is net wat sy naam aandui - by tye word daar meer gekuier as gekwilt! - …want dis so lekker om te verneem wat in jou kwiltvriende se lewe gebeur – goed of sleg – ons lag saam– ons huil saam … en dan, as daar nog tyd oor is, kwilt ons! Dankie Bernina vir jul kwiltruimte – lekker sonnig en lappies is sommer om die draai om te koop! Ons groepie het `n groot skoot teleurstellings en hartseer die afgelope jaar beleef! …darem nie net slegte tye – goeies was daar ook baie van! So kwilt ons: -

18


Lief en leed van die Friendshipgroep: Estelle Calitz se kleindogter is weer op die been na ernstige longonstekening. Maureen het herstel van `n bloedklont in haar been – benewens dat sy geval het en haar hand beseer het. Amanda Palvie moet deel met die verlies van haar ouers en boonop is by haar ingebreek terwyl sy in die huis was - `n skokkende ervaring. Anna Raubenheimer het die voorreg om by haar dogter in Amerika te gaan kuier – geniet, Anna! Mari Strydom het behandeling ondergaan – maar soos ons haar ken – deurloop sy alles met `n glimlag, liefde in haar hart vir almal en kla nie een oomblik nie- al voel sy hoe siek! Voorwaar `n inspirasie vir ons almal. Anna Gropp is op haar stil manier vir haar familie absolute `n steunpilaar - eers na al die ongevalle hoor `n mens wat sy beleef het – tans ondersteun sy haar man wat `n skouerbesering het. Maxie loop ook deur met slegte gesondheid – sterkte Maxie! Hanli Henderson se kinders uit Namibië het by haar gekuier - `n groot vreugde vir die ouma om weer haar kleinkinders te sien. Elaine het ook baie rond gekuier – met reg …kleinkinders kom voor kwilt! Trudy is die handige oumagrootjie wat die mooiste koeke bak vir die kleinkinders en agterkleinkinders – hierdie ouma is `n sjef duisend! Neline Pienaar is ons flukse en handige boervrou – sy reël sommer tjop-tjop `n veiling of “boere” – dag! Hoop sy kry kansie om te kwilt! Martie Botha…ons stil maar baie kreatiewe kwilter…ervaar ook maar die bang van alleen ingaan by `n leë huis – gelukkig is haar seun darem net `n selfoon ver. Hy laat ook nie op `n wag as Martie nie haar sel antwoord – daar word sommer vinnig-vinnig rond gebel tussen die kwiltvriende!

`n Vriend is iemand wat jou aanvaar nes jy is; Met wie jy goed kommunikeer; Wat die selfde waardes het as jy; Watjy resepekteer en wat jou respekteer; Op wie jy kan reken; Saam met wie jy kan lag; Saam met wie jy dinge kan doen; Wat jou terugvoering en perspektief gee; Wat die beste in jou na vore bring; Wat jou inspireer. (Romi vd Merwe)

19


Tolbosse… Meegaande insetsel het Mariëtte Venter op FB gelees – dit is een van die redes hoekom sy by die projek “little quilts of love” begin het….

20


“Little love quilts” – gemaak deur Rafels Tolbosse het 'n heerlike dag saam met Trienie Krugel beleef hier op Pentzplaas! Sy het haar kwilte kom wys - van haar heel 1e kwilt tot nou! Dit is 'n transformasie!! Van blokkies las tot wen kunskwilte wat sy nou maak. Ons monde het oopgehang. Sy het ons vertel van die internet kwiltkursus wat sy by Katie Pasquini Masopust doen, hoe dit werk en haar klaar kwilte met ons bespreek. Ons het so baie geleer en is vol inspirasie na die dag, al sal ons nie almal skielik kuns -kwilte maak nie, weet ons daar is 'n wyer kwilt wereld as blokkies. 'n Rooiletterdag vir Tolbosse gewees. Ons beplan beslis meer sulke dae sodat ons geïnspireer kan bly en hopelik iets nuuts probeer. Tolbosse tol soos altyd. Almal,is besig met iets mooi. Nou werk almal aan die kersgeskenk wat hand gemaak MOET wees. Groot opwinding en aangesien dit 'n geheim is wonder ons wie se geskenk ons gaan kry. Al was nie een van ons by die kwiltfees nie, gebeur hier baie. As ons nie mooi goed op "water soluble" maak nie, van bakkies tot gordyne, maak ons ons eie kleurwiele. Ook het ons elkeen 'n Twista artikel klaar gemaak. Dit was 'n heerlike dag vol, opwinding om te sien hoe die eind produk gaan lyk. Elkeen bly besig en mooier as mooi kwilte word opgetower. Ons kan nie glo hoe vinnig die jaar onder ons uit beweeg nie. Hier broei nog soveel planne wat sal moet oorstaan tot 2016. Hopelik sal ons met nuwe ywer begin aan nuwe projekte. Hantie het aangekondig dat sy nou nie meer ons leidster gaan wees nie,so ons wil haar graag bedank vir alles wat sy in 3 jaar vir ons gedoen het. Sy het gesorg dat ons op hoogte bly van wat aangaan by Oranje Kwilters en ons waardeer al haar tyd en planne. Hantie jy is 'n blink Tolbos ster, ons waardeer jou. Dankie aan Oranje se bestuur vir die werk in 2015 en stetrkte vir die nuwe bestuur. Mag elke kwilter 'n geseende Christus Fees beleef en vol kwiltplanne terug kom in 2016. God Bless!

21


Sterre… Dankie tog, die winter is verby! Nou kan ons weer die mooi en kleurvolle skoonheid van die lente en somer aanskou. Ek twyfel vir geen oomblik dat ons tonge weer binnekort sal sleep van hitte nie, maar die blomme en die groen bome se skoonheid maak dit die moeite werd. Maxie en Madeleine was vir `n wyle nie wel nie en Alta het haar geliefde pa aan die dood afgestaan. Die Liewe Vader vou julle toe in Sy hande en dra julle. Tannie Lulu se dogter het getrou en Madeleine se man sterk vinnig aan. Tussen alles deur steek ons `n kanker kers van hoop aan en vind ons opnuut inspirasie in hoop en geloof. Dit was `n besige reis seisoen vir soveel van ons lede. Tannie Lulu kuier in die Kaap en Namibië. Marieta het bietjie gaan kuier en Tannie Marietjie S was in Nelspruit en in die Kruger Wildtuin. So terloops sy is al weer oppad Nelspruit toe maar die keer om die vreugde van `n nuwe kleindogter. Geniet haar terdeë! Ilse het in Grahamstad gaan kuier om haar kleinkinders se verjaardae saam te herdenk. Ons hoop julle het lekker partytjie gehou. Alta en Iessie maak ons almal groen van jalousie! Alta het Amerika gaan besoek en ons kon nie genoeg kry van al die reis stories nie. Deur haar oë kon ons saam reis. Iessie is China toe en ons kan nie wag vir haar om terug te kom nie. Wat `n voorreg om twee keer in een jaar oorsee te kan gaan deur die oë van ons groep. Dit klink so of ons net gaan toer het en niks gewerk het nie. Hou vas mense! Die Sterre het gewerk dat dit klap tussen alles deur. Marika het ballet rompe, dra sake, lopers en vele meer gemaak. Charmaine het speelgoed gehekel. Ria het haar kleindogter(10) geleer om met die masjien te werk en sy het 6 “nine patch” - blokkies gewerk. Marietjie T se handewerk lys is so lank! Dankie van almal af, wat saam met jou by jou huis kan kom werk het. Ons het dit almal nodig gehad. Dankie vir jou inspirasie en die poppe wat ons gemaak het was `n vars briesie vir ons almal. Ons hoop ons kan in die toekoms weer so stik - stik saam kuier. Jy bly `n ware “Ster” vir ons almal. Ons planne vir afsluiting is reg en ons werk hard aan die voorbereiding vir die Feestyd. Voor dan het ons nog baie om klaar te stik! Sterre groete en liefde. Charmaine 0833041304

22


Rotary Cutters… En so is dit alweer die einde van nog ‘n jaar en kan ons met dankbaarheid terugkyk op ‘n jaar waarin ons groep heerlik kon kwilt en saamkuier. Almal van ons is heelwat wyser na ‘n jaar aan huis en onder leiding van Iessie se Gevorderde Beginners kursus. 5 September het 4 van ons lede die kwiltdag bygewoon en dit baie geniet. Rika van der Merwe en Hanlie Hoffman het elk ‘n log cabin sak gemaak en Magda du Plessis het begin met ‘n muurbehangsel. Ons sien uit daarna om te sien hoe hy in die volgende paar maande gaan groei soos wat sy hom gaan versier. Frances van Schalkwyk het haar kleindogters bederf met rugsakke wat sy self gemaak het na aanleiding van die klas wat sy by die Fees bygewoon het. Verder het sy vanjaar ‘n pragtige hempie kwilt gemaak waarop sy baie trots is. Elsa De Wet het verder aan haar MBA graad studeer, maar kon des nieteenstaande meeste groep aande bywoon waar sy haar Gevorderde Beginnerskwilt van ‘n paar jaar terug, kon begin deurstik. Marietjie van Rensburg het ‘n pragtige dubbelbed kwilt gemaak met Suikerbekkies (Hummingbirds) wat sy op van die blokke borduur het. Werklik ‘n pronkstuk. Alle dank en eer aan ons Hemelse Vader wat ons met so ‘n uitsonderlike talent toevertrou en ‘n organisasie soos die Oranje Kwilters Gilde wat ons as kwilters se belange op die hart dra. Dankie.

23


Rotary Cutters se kwiltwerk…

Frances van Schalkwyk se “hempie” – kwilt .

Hanlie Hoffman se sak.

Rika se sak.

Marietjie se kwilt.

`n Kreatiewe idee dryf jou tot by die onmoontlike! Michélle v Breda 24


Gouedrade se nuus… Lyk of ons groeplede tans op ‘n kwilt staking is, maar ek glo ons sal weer spoed kry. * Linda gaan weer ouma word! Haar beste vriendin het ‘n dubbele mastektomie gehad, maar sy sterk darem goed aan. * Rita se moeder het 80 geword. Verder glo en vertrou ons dat die Hemelse Vader ons gebede sal verhoor en vir ons uitkoms sal skenk op ons dorre aarde. * Connie se derde hekelkombers is amper klaar. Sy het al begin met die vierde een, almal is dubbelbed grootte. * Met Corine gaan dit goed, werk nog aan haar beginners -kwilt, kan nie wag om te sien hoe hy gaan lyk sodra hy klaar is nie. * Met Kokkewiet gaan dit ook goed, sy is besig om klere te maak vir ‘n troue. * Enigste nuus wat Sonja het is dat dit baie goed gaan met haar. * Betty probeer haar huis reg pak en kry onttrekkings simptome omdat sy nie by haar naaldwerk uitkom nie * Charlene se jongste seun is gekies vir die matriek komitee (leerlingraad) vir volgende jaar. * Met Breggie gaan dit ook goed. * Rina is besig om ‘n borduurblokke - kwilt aan mekaar sit, verder gaan dit goed met haar. * Petro het alweer vakansie gehou by Oubaai. Daar is ‘n tweede kleinkind oppad en dis ‘n dogtertjie. * Marie is besig met als behalwe kwilt. Christo het weer Sporter Skoleskiet kampioenskap gewen tydens afgelope SA kompetisie en met Ruan het dit ook goed gegaan. Nou lê die matriek eindeksamen vir Christo voor, hoop en vertrou dit sal goed gaan.

`n Spesiale woord van dank aan Alta Street wat altyd bereid is om te help met die proeflees van ons nuusbrief asook ander geskrewe werk. Baie dankie, jou hulp word opreg waardeer. – Redakteur

25


Rafels…Hierdie kwartaal se nuus kom uit die pen van Riana Nel….. Die Rafels is elkeen steeds besig met hulle eie handwerkies – nooit „n vervelige oomblik nie….. Juanita werk aan UFO‟s – kan amper nie dink dat daar nog ene is nie, want een na die ander mooi ding spring uit haar kwilthoekie. Annatjie was saam met haar man en vriende vir „n lekker „outing‟ na Sterkfonteindam en sy is besig met Crazy Patch. Sy stuur vir ons die dierbaarste video waar sy haar kleindogter help met naaldwerk – wat „n kosbaarheid om so „n ouma as mentor te hê! Beatrice het op 1 Oktober weer ouma geword – wat „n vreugde dat daar nou „n kleinseun ook in die familiekringe is. Sy beplan sterk aan die seuntjie kwilt en gaan hom in die nuwe jaar aanpak. Christa het ook ouma geword en sy het die pragtigste kwilt vir die sussie kleinding gemaak. Karin se oudste dogter is getroud en sy kan nie wag om ouma te word nie…….sy beplan al aan 3 kwilte vir daai kleinding. Thea laat weet dat sy besluit het om die Rafels groepie te verlaat. As Bloemfontein net so bietjie nader was aan haar kon sy gou kom inloer het, maar dinge werk net nooit vir haar uit nie. Ons gaan haar baie mis – sterkte Thea! Christa lei die Rafels groepie behoorlik van voor en beplan vir ons „n lekker jaarafsluiting – ons gaan buite die „box‟ dink en „n „stamp en stencil‟ oggend hou – sien baie uit daarna! My groot hoogtepunt van die jaar, was „n heerlike oorsese reis saam met my man GP. Op 4 September vertrek ons na Kroasië en daarna vlieg ons oor na Frankryk en besoek die European Patchword Meeting. Vir 21 jaar word hierdie geleentheid jaarliks gehou en dit trek kwilt entoesiaste van oor die hele wêreld. Dis in die Franse platteland en 4 “villages” van die Val d‟Argent open hulle heel mooiste plekke wat vir 4 dae omskep word in regte kwilt kuns gallerye. 22 000 besoekers van oor die wêreld heen het geleentheid om ongeveer 1200 tekstiel kunswerke te aanskou. In elke kerk, saal of museum is „n uitstalling. Daar is altesaam 21 uitstallings in die volgende 4 dorpies…..Saint-Marie-aux-Mines, Saint-Croixaux-Mines, Liepvre en Rombach-le France. Daar vertrek elke 20 minute „n bus na die ander uitstallings in dorpies wat so tussen 1,5 en 4 km uitmekaar is. Vervoer is gratis op bewys van betaling van jou dagfooi. Ons het vir 2 dae toegang betaal…..25 euro per persoon. Dis „n bedrywigheid in hierdie klein dorpies en parkeerplek skaars. Die 2 dae wat ons die kwiltfees bygewoon het, het dit gereën; maar dit het niemand gestuit nie. Almal is voorberei met reënklere en sambrele. Die groot vendors area bevat 150 uitstallers…..iets van alles. Ons gaan soek die Suid-Afrikaanse uitstaller op….Tambani African Embroidery. Dis „n werkskeppings projek waar 23 Venda vrouens borduurwerk doen in SA en dis hulle enigste inkomste. Die SA Trade and Industry befonds hierdie projek en

26


voorsien fondse om 3 groot skoue in „n jaar oorsee te besoek. Die wêreld is darem so klein, want hier ontmoet ek weer vir Marinda du Preez van Kaapstad, wat 2 jaar gelede saam met my een van Paul Schutte se klasse bygewoon het by ons kwiltfees – en daar gesels ons te lekker in Afrikaans in die verte! Die tweede dag ry ons direk vanaf ons hotel Le Bouton D‟or in Obey na Rombach-le-France. Dis n pragtige blomme dorpie en daar is 2 uitstallings......een is in n kerkie en n ander baie groot uitstalling is in die gemeenskapsaal. Ek hou baie van n Italiaanse uitstalling: Treviso – “painted Town” . Dis `n Italiaanse uitstalling van kwilte geïnspireer deur die pragtige fresko's wat die ingange van paleise, kerke en kloosters in Italië versier. Ons beweeg aan na Liepvre, nog `n klein historiese dorpie wat verbind word net die klein vallei van Rombach. O my genade....maar hier was nou mooi kwilte! En wat so lekker is, is dat feitlik elke kwilter/kunstenaar teenwoordig is by sy uitstalling. Hulle beantwoord vrae, poseer vir foto's en gesels sommer rond. `n Amerikaanse kunstenaar Sheila Frampton Cooper se werk is besonder mooi. Sy's nogal `n misterieuse vrou wat inspirasie vir haar werke kry van haar innerlike fantasieë. Sy begin `n kwilt en werk aan hom totdat hy klaar is....GP klop my op die skouer en sê hoor daar! `n Duitse kwilter Barbara Lange se werk is ook baie mooi - sterk helder kleure. Twee Spaanse susters het `n baie interessante uitstalling....Tastextile. Geure, reuke, kleure en teksture van elke dis van die menu van `n restaurant was die uitdaging vir hulle. Anders.....maar baie interessant, met baie volledige beskrywings. Ek wens ek kon elke uitstalling beskryf....maar ekt al klaar party vergeet. Ons ry verder na Saint-Croix-aux-Mines – dis` n woud dorpie....groen met opdraendes. Dit reën behoorlik....maar almal is rustig en kalm. Oral sien jy n kleur van sambrele en almal het reënklere aan. Dis te oulik...almal sit hulle nat sambrele buite die uitstallings neem en as jy klaar is, is jou sambreel maar daar! Die uitstalling “We all Love Flowers” verteenwoordig suzanis (borduurde muurbehangsels) en kwilte wat in Afghanistan met die hand borduur is. Nog `n interesante ene was van Rusland...Republic of Sakha (Yakuti) verteenwoordig 1/5 van Rusland......kommunikasie bestaan glad nie. Yakut patchwork is alles handgemaak met vilt....en die uitstallers is gretig om te wys hoe dit gedoel word. Ek kry `n foto saam met een van hulle.... Daar's vele meer, mooier en interesante uitstallings wat ons alles kyk. Ons gaan weer terug na Saint-Marie-aux-Mines. Ons gaan kyk weer na n uitstalling “Sculpted Quilt” deur` n Amerikaner Fraser Smith. Hy's nie n kwilter nie, maar n 'wood carver'. Hy het 5 hout kwilte op die skou....asemrowend mooi. Ons kry geleentheid om met hom te gesels....hy kom dadelik agter ons is nie van Europa nie maar dink ons is New Zealanders. Hy `s baie interessant en sy werk is so eiesoortig - jy moet regtig teenaan die werk staan om te sien dis nie van lap gemaak nie. Teen 4 uur die middag het dit eers opgehou reën. Ons gaan loop nog vir oulaas deur die baie winkeltjies en oe-en-aa oor al die mooi goete. Ek besef weer dat ons baie bevoorreg is in SA met kwiltgoete....en ons lappies is gladnie duurder as wat dit hier kos nie. Hier's baie “gadgets en goodies” wat by ons ook maar is. Ons ry terug na ons hotel en wil graag intyd wees om vir oulaas` n Franse ervaring in hul restaurant te hê. Ek voel steeds bederf om hierdie ervaring te kon meemaak....

27


Lhparkies se nuus‌ Nog `n jaar nader sy einde en ons is alweer besig om te dink aan Kerstyd, funksies en vakansies! Ons groepie het baie lief en leed ervaar hierdie jaar en ons dank ons Hemelse Vader wat ons hierdeur gedra het. In die afgelope maand het Ritha se seun n baie ernstige motorfiets ongeluk oorleef en Elize se man het geval en homself baie sleg beseer. Ons wens hulle en hulle geliefdes baie sterkte toe. Ons het heerlik getoer in China saam met Iessie danksy tegnologie en is bly sy is veilig terug om ons nog baie van lappies te leer. Op kwiltvlak gaan dit goed en sommige van ons kon self `n kursus of twee inwerk. Ons is flink besig om hierdie jaar se projekte te voltooi en sien klaar uit na volgende jaar se nuwes! Ons wens almal n geseÍnde Kerstyd toe en bid dat almal in die feestyd weereens die betekenis van Kersfees sal onthou en ervaar. Kersgroete L/Parkies

Lappiesland: 083 274 9161 Pfaff: 051 522 4554 Quiltalk: 082 800 5727 Bernina: 051 448 6755

28


`n

laaste woord‌

29


Lente Kwiltdag - 5 September 2015

30


Masjienstikwerk is groot pret, tot die gare op die spoeletjie opraak. pinterest.com

31


Alg Verg. Augustus 2015‌

*Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.

32


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.