OKG 2015 - “Row – by – row” – kwilt… Challenge 2016 Sou daar lede wees wat belangstel in die patrone/inligting, kontak Frances vd Walt - 078 803 4019 die patrone sal dan beskikbaar gestel word – slegs `n minimale koste vir die druk van die patrone/inligting sal verhaal word. Dit is ook op ons blog beskikbaar – oranjequilters.blogspot.com
Alg. Inligting:
OKG Rytjie – kwilt 2015
Beginners sal met leiding van `n “quilt teacher” moet werk.
1. Gebruik jou eie kleurskema. 2. Blokgrootte – 51/2 ” X 51/2 ” – dit sluit ¼ duim naattoelating in. Blokke na voltooing 5” x 5” . 3. “Shashing” tussenin – 2” breed – sluit naattoelating in of breedte wat jy verkies. 4. “Border” 3 1/2” of soos jy verkies. 5. Kwilt soos verkies – meeste “stitch in the ditch” en/asook echo en ander “free motion” of handkwiltwerk. Versier met siersteke ens. Gebruik jou eie idees om die kwilt te “enhance” – hier is geen definitiewe reëls – gebruik die blokke waarvan jy hou en maak die kwilt na die grootte wat jy verkies. 6. 7. Tegnieke wat gebruik word: 1. Tradisionele metodes 2. “Paperpiecing” 3. 3d Vouwerk 4. “Crazy Patch” – werk 5. “Rouche” /smok– werk 6. Appliekwerk
MAAK SOVEEL BLOKKE EN RYE SOOS JY VERKIES/OF GROOTER – HIER IS GEEN REëLS – WEES KREATIEF, DINK BUITE DIE BOKS – DIE “PATROONBLOK” WAT ELKE GROEP VOORGESTEL HET IS NET DIE IDEE - GEBRUIK JOU EIE INISIATEF VERDER!
Ry 1 – Variasie van die Texas star – OKG logo
Blok 5½ dm x 5½dm – naattoelating ingesluit. Wanneer in rytjie vasgewerk is blok se finale grootte 5dm x 5dm. Kan met “paperpiecing” gedoen word of andersins tradisionele metode. Gebruik kleure van jou keuse – dit hoef nie die kleure van die OKG te wees – maak die blokkie in die keuse van jou kleurskema wat jy vir die kwiltjie gekies het.
Ry 2 – 3 d vouwerk Hierdie blokkie is deur die Friendshipgroep ingestuur. As dit klaar gevou is het dit die voorkoms van `n blommetjie – plaas net `n knopie of “yo-yo” in die middel. Hou dus ingedagte, by die keuse van jou material, dat kontras tussen agtergrond en blommetjie belangrik is. Sny agtergrond lappie 5½ dm x 5 ½dm – hou eenkant. Sny nou jou `n langwerpige blok van 11½dm x 10dm Volg instruksies verder om heksagon te sny. Hier is `n lys van verskillende groottes heksagons – erkenning aan – http://www.fromthebluechair.com/2012/08/tutorial-cutting-accurate-hexagons.html
The first number on the chart refers to the width of the block or corner to corner. The second number refers to the actual height of the hexagon. The final number is the rounded number for cutting. Use the numbers on this chart for the following steps in cutting your hexagons. All increments are in inches.
Cutting the hexagon… 1. Cut the beginning rectangle to the recommended size. 2. Fold in half along the long side. Finger press. 3. Place ruler along the corner of the of the fold with the 60 degree line along the fold. Cut from the very point of the fold to the upper edges. Repeat with the other side without moving the fabric. 4. Open the hexagon and check accuracy of all sides and diameters before cutting many hexagons. Make sure that each side and diameter is nearly the same. 5. Don't forget to save the scraps! The extra triangles make perfect half-rectangle triangles. This technique works best with larger hexagons. 6. Although I've provided measurements for smaller hexagons, when cutting smaller hexagons (under 6” or so) for machine piecing I would still recommend using templates or an acrylic ruler for better accuracy.
‌vou van 3 d blokkie.
*Erkenning aan: Fantastic Fabric Folding by Rebecca Wat. ************
Ry 3 – Harte (Goedharte) Sny agtergrond blok van 5½dm x 5½dm. Sny hartvorm om in blokkie te pas. Appliek op agtergrond. “Crazy – patch” – hart kan ook gemaak word en dan ge-appliek word op agtergrond. Gebruik jou eie idees om hart te “enhance” Hart kan met satyn, kombers, siersteke of vryhand stikwerk op agtergrond aangebring word.
Ry 4 – Kwetters se Kruis Blok 5½ dm x 5½dm – naattoelating ingesluit. Wanneer in rytjie vasgewerk is blok se finale grootte 5dm x 5dm. Kan met “paperpiecing” gedoen word of andersins tradisionele metode.
Maak die blokkie in die keuse van die kleurskema wat jy vir die kwiltjie gekies het. Let op na kontras sodat die Kruis duidelik sigbaar sal wees.
Ry 5 – Appliek “pansy” of rosie Hierdie blokkie is die keuse van die Langenhovenparkies. Blokgrootte 5½ dm x 5½ - sluit naattoelating in. Finale grootte wanneer in rytjie vasgewerk – 5dm x 5dm Kleure van jou keuse. Appliek met satyn, komberssteek – hand of masjien. 5½dm x 5 ½dm
5½dm x 5½dm
Ry 6 – “Log cabin” Hierdie blok is deur die Laslappies ingestuur. Dit is `n tradisionele blok met variasies van die blok uitleg. Kies kleure volgens jou keuse. Blokgrootte 5½dm x 5½dm. Sny stroke (in kleure van jou keuse) van 1dm ( ingesluit naattoelating). Werk dan aanmekaar soos vir “log cabin” van jou keuse. Finale grootte wanneer in rytjie vasgewerk 5dm x 5 dm.
*Voorbeelde - erkenning aan “ The directory of Quilting thechniques ” deur Caroline Rodrigues
Ry 7 – Rouche – werk en appliek - naaimasjien Hierdie blokkies is ingestuur deur die Rafels en die Quiltmakers. Blokgrootte na voltooing 5½ dm x 5½dm NAAIMASJIEN
Trek naaimasjien af / verplaas op appliekpapier. Onthou 1/4dm toelating daar waar dele van die naaimasjien “overlap” Die kwiltjie onder die naaimasjien kan apart gemaak word, en los bo-op geplaas word om `n 3d – effek te kry. Onthou ook die “mirror image” sou jy jou naaimasien aftrek en op appliekpapier verplaas.
Agtergrond vir appliek naaimasjien: Maak `n posseël - blokkie van 5½dm x 5½dm naattoelating ingesluit . Blokkies dus 1½dm x 1½dm . Wanneer jou posseël – blokkie klaar is – kan jy jou naaimasjien daarop appliek – weereens jou keuse – satyn of komberssteek of as jy dan sou wou ook vryhand.
*slegs voorbeeld van posseël – blokkie 5½dm x 5½dm Gebruik verskillende kleure vir elke klein blokkie – grootte 1½dm x 1½dm . Hierdie klein blokkies kan ook op Vilene vasgestyk word en dan net met “zig – zag” steek al op die nate vasgewerk word – let net op dat jou blokkies dan 1dm x 1dm sal wees.
Rafels se blokkie – “Lattice” smokwerk of amperse “rouche” – werk:
*Erkenning aan: Na `n idee van Elize Nel (oud Rafel)
Ry 8 - Amperse “9 patch” met appliek ster.
Blokkie is deur die Sterre ingestuur. Paper piece/tradisionele metode met appliekster. Gebruik jou eie kleurskema. Blokgroote 5½ dm x 5½dm ( naattoelating ingesluit) – 5dm x 5dm nadat dit in rytjie gewerk is. Hoekblokkies 1dm x 1dm ( plus naattoelating = 1½dm x 1½dm) Middelblok – 3dm x 3dm ( plus naattoelating 3½dm x 3 ½dm) Langwerpige blokkies ( 8) – 1dm x 1½dm ( plus naattoelating 1½ x 2dm) Nadat blokkie voltooi is doen rappliek soos jy verkies bv. satyn, kombersteek of sels vryhand appliek.
Voorbeeld:
Ry 9 - UILE APPLIEK BLOK GROOTTE - 51/2 dm – naattoelating ingesluit – finale blok vasgewerk in rytjie – grootte 5dm x 5dm. 1. Agtergrondblok: 5/12dm x 5/12dm . Gebruik kleure van jou keuse. Sien voorbeeld en werk die die vier hoeke met `n ander kleur. Jou blokkie is nou gereed vir appliekwerk 2. Trek uiltjie af op appliekpapier – onthou beginsel van “mirror”- image. Voeg 1/4dm toelating by, waar uiltjie – patroondele “overlap”. Stryk patoondele vas op appliekpapier. 3. Gebruik satyn, komberssteek om Uiltjie te appliek of selfs vryhand stikwerk vir `n meer modern voorkoms. 4. Versier uiljie met siersteke, knope of dalk 3d-vere. Die keuse is joune!
*********************************************** *Sashing tussen elke ry - 2½dm of soos jy verkies *Border – 3 of 4½dm of soos jy verkies.