Oranje Quilters` Guild

Page 1

ORANJE KWILTERSGILDE ORANJE QUILTERS`GUILD Since 1989 Bloemfontein & Omgewing/ Surroundings Mei 2014

Nuusbrief/Newsletter

May 2014

Kwiltuitstalling 8 – 27 Maart 2014 Oorlogsmuseum, Bloemfontein

1


‌ daar is gekyk, gekuier, gekoop en lekker geÍet!

2


…om te dink ons is midde in die herfsseisoen! Die eerste kwartaal het behoorlik gevlieg! …seker omdat ons so besig (plesierig) was! Die Kwiltdag/uitstalling by die Oorlogsmuseum was `n groot sukses! Ons het lekker gekyk, gekuier en gekoop! Dankie aan elkeen wat gehelp het, sodat ons die dag kon aanbied. `n Spesiale dankie aan Alta Stemmet wat die verantwoordelikheid gehad het as kurator vir die uitstalling, Christa Gouws wat gesorg het vir die nodige stoele en tafels vir die vendors en Mari Coetzee wat gesorg het vir die snoepgoed. Nog was dit “het einde niet” van mooi kwilte! Die skoukas was volgeprop van pragtige kwilte! Baie geluk aan al die pryswenners! Dankie ook aan Iessie en haar span vir al die harde werk - van inskrywings ontvang ,gereed maak vir beoordeling en uitstal, tot elke kwilt weer by sy regmatige eienaar is, asook die voorbereiding van die pryse! Baie dankie aan ons 2 beoordeelaars – Ina Meyer(SAQg Judge - Pta) en Frances van Schalkwyk (SAQG Judge –Bftn). Dan ook `n groot dankie aan Anina Louw wat sorg vir pragtige foto`s en sodoende 00k ons argief opdatum hou. Die Reisende Uitstalling begin Saterdag 10 Mei 2104 en duur tot die 27 ste Mei. Dit word by die Oorlogsmuseum uitgestal. Gebruik sommer die geleentheid en maak `n lekker familie- uitstappie. Daar`s baie vir “pa en boeta/sussie ” om na te kyk!..terwyl jy rustig jou kan verlustig aan die pragtige kwilte! Dankie aan Vicky Heunis, Johan van Zyl en die Personeel van die Museum wat dit vir ons moontlik maak om daar uit te stal, asook `n baie groot dankie aan Alta Stemmet, sy is weereens die kurator vir hierdie uitstalling. Ons mor soms oor die seisoene, dan`s dit te warm en dan weer te koud! … maar net soos die natuur het ons ook nodig om “stil” te raak, sodat ons weer genoeg “krag” kan kry vir al die “storms” van die lewe. En wat `n beter tyd as die winter - met `n kwiltwerkie op die skoot! “My soul is fed by my needle and thread.” Anon. Geniet dus die winter met jou eie kwiltwerk, of as jy lus het, daar wag `n lekker kursus aangebied deur Wilna de Beer gedurende Juniemaand. Kyk advertensie op bl. 24 Warm kwiltgroete Frances

3 ”Winter, spring, summer, and fall, there is always a place for a quilt” Anon


“show and tell” Our winner at the General meeting during February!

ADIE BOTHA… … WELL DONE ! (ADIE IS A MEMBER OF THE “UILE”. )

“I wonder if the snow loves the trees and fields, that it kisses them so gently? And then it covers them up snug, you know, with a white quilt; and perhaps it says "Go to sleep, darlings, till the summer comes again.” ― Lewis Carroll, Alice's Adventures in Wonderland & Through the LookingGlass

4


MEI: 10 – 25 mei 2014 REISENDE UITSTALLING

OKG KWILTPROGTAM 2014

Oorlogsmuseum *toegang R10-00 – Tarief vir MuseuM:

JUNIE: 20 & 21 Junie – Kursus Wilna de Beer

AUGUSTUS: 14 Augustus – Alg. Vergadering Kreatiewe Lappies/ Friendship Tema: Keltiese Kwiltwerk

SEPTEMBER 19 & 21 September Kursus – Besig met reêlings tov “teacher”

OKTOBER LEKKER KUIER EN KWILT OGGEND IN BOTANIESE TUIN – DATUM SAL BETYDS DEUR GEGEE WORD.

NOVEMBER 15de November – Kersfees Rondomtalie Demonstrasies – maak jou eie Kersgeskenke!

5


Wishing you, on Mother's Day, and always.... a little more happiness to brighten your way, a little more cheer to fill every day, God's peace in your heart the whole day through and His love and blessings in all you do!

6


Lief en leed… Friendshipgroep: Maxie het `n skoueroperasie gehad. Mari Strydom het `n nodige behandeling ontvang gedurende April. Marlene Scholtz het 2 oogoperasies ondergaan. Gouedrade: Ons geliefde medekwilter, Rina van Straten, is met beenmurgkanker gediagnoseer! Ons bid dat ons Hemelse Vader haar en haar gesin die nodige krag en sterkte sal gee in die tyd wat voorlê! Sonja van Heerden en Anida Etsebeth is albei werkloos. Ons bid ook dat hulle spoedig ‘n werk sal vind. Connie se moeder is die 20ste Maart oorlede. Sterkte vir jou en jou familie! Dit gaan baie beter met Ria na die hoeveelste sessie brongitus! Pas jou mooi op Ria. Rita se oogoperasie was ‘n reuse sukses, sy loof die Here vir Sy groot Genade! Linda gaan weer ouma word van ‘n dogtertjie. Petro geniet haar enigste en eerste kleinseun, Dillan vreeslik baie! Met ons ander lede gaan dit goed, danksy ons Vader se wonderlike Genade!... …die Gouedrade Rafels Elsie het haar Honneursgraad tydens die Herfsgradeplegtigheid ontvang. Ruby se oudste seun, Ruan, is hoërskool toe en sy is nou ook weer in graad 8. Tannie Rina se 2de agterkleinkind is ‘n maand gelede in Washington, VSA, gebore en het ‘n pragtige bos rooi hare. Bea se eerste kleinkind, Erica, is aan die begin van Februarie gebore en sy so in haar skik met haar kleindogter. Haar jongste seun Gustav het verlede jaar sy graad in B.Com.Regte behaal. Hy het die graad ook tydens die Herfsgradeplegtigheid ontvang. Madeleine se skoondogter het die Southern Africa Coal Processing Societyprys gewen vir die beste projek in chemiese ingenieurswese. 7


*Die Gouedrade was die gasvroue by die Koshuis gedurende ons Kaleidoskoopfees 2013. Skenkings vir ekstra komberse is gevra, omdat dit sou koud is gedurende Juliemaand. Bg. Komberse is van hierdie skenkings.

8


Vrywillige hande vir hierdie uitreik… Oranje Kwilters …onthou julle ons was in die verlede betrokke by die brei van mussies. Die behoefte bestaan steeds en met die winter op hande is hierdie `n lekker “werkie” om te doen vir daardie “soms” ledige oomblikke! Die mussies wat 2-3 jaar gelede deur die Oranje Kwilters gebrei en geskenk is aan die Neonatale Afdelings van Universitas- en Pelonomi hospitale, het baie vroeggebore babas se stryd om oorlewing makliker gemaak, maar die voorraad is nou baie laag! Elke mussie wat gebrei is, het „n verskil gemaak. Vrywillige bydraes sal verwelkom word en dit is dalk „n manier om op klein skaal uit te reik na „n deel van die gemeenskap wat moeilik oorleef. PATROON VIR BABA MUSSIES: 4-draad babawol. Nommer 11 breinaalde. 81 steke. Brei rifsteek (1purl 1 plain) vir 13cm Verminder – brei dan 7 steke en dan 2 tesame in R (koussteek). Aweregs terug. In volgende ry – Ry = brei 6, dan 2 tesame totdat ±8 steke oor is. Ryg draad met stopnaald deur laaste steke en trek vas. Werk naat vas en vou rifgedeelte terug. 

Bring klaar gebreide artikels saam na Alg. Vergadering of kontak Christa 083 322 8546 sy sal dit by die nodige afdelings afgee. 9


Augustus 3D Tegnieke

November Keltiesewerk

“CHALLENGE PACKS” QUILT FESTIVAL 2015 What is a Challenge Pack? The Challenge is one of the Categories in the Quilt Competition, and involves receiving a "Challenge Pack" - in this pack are the details & rules of the quilt to be made for the competition. In the past this Category has proved very popular. Basically the Festival Committee issues a “Challenge” to quilters . The quilts will be hung as part of the Quilt Exhibition at the Festival in KZN in July 2015. What is the Cost? The packs cost R150 each. There is a further R50 payable when you submit your entry. (Note that Quilt entry for any category is R200, so the contents of the pack are basically free). They are sold on a first-come first-served basis Who may enter? The Packs can be bought by anyone wishing to enter this category. (you cannot enter this category without first buying a challenge pack). By buying a pack (sight unseen!) you are rising to the challenge by saying “I’ll do it!”. The challenge is popular amongst quilters, as it usually puts them outside their boxes in making a quilt. How do I get a Challenge Pack? Please contact Frances 078 803 4019

10


… nuus van die Friendshipgroep

Ons groepie kan deesdae nie wag vir “posdag”! Sedert die begin van die jaar het ons begin om poskaarte te ruil binne die groep, en dis een groot lekkerte as jy jou poskaartjie ontvang. Hier is so `n paar voorbeelde. (Elke maand `n ander tema – hierdie was landskappies.) Elkeen van ons het ook nog ander projekte wat ons besig hou. Hanli handel UFO`s af, maak tussen deur beertjies en moes nog eers gordynvoerings ook afhandel. Frances werk aan haar “crazypacth” beertjie en tussen deur aan haar “Baby Jane”. Tannie Magriet se “Baby Jane” is besig om vorm aan te neem – te pragtig in wit en skakerings van blou. Estelle het eers `n paar skikbordlappies vir hul kerkbasaar gemaak maar werk ook tussen deur aan haar “Baby Jane”.

Martie is besig om haar “Doortjie” – kwilt aanmekaar te werk. Dit is regtig iets besonders.

11


Marlene Shcoltz se handwerk moet eers wag, sy het 2 oogoperasies ondergaan en haar sig is stadig besig om te verbeter. Ons 2 Anna`s werk beide ook aan `n “Baby Jane”. Anna Gropp werk met pragtige pienk kleure en Anna Rautenbach werk met skakerings van bruin. Sy het ook al van haar blokke aanmekaar begin werk. Trudie het `n “UFO” afgehandel – blokke wat ons groepie so `n paar jaar gelede ondermekaar uitgeruil het.

Amanda en Elaine werk aan hul “ Bugs and the Beautiful” kwilte nlv. `n klas van Wilna de Beer. Dit gaan voorwaar twee pragtige kwilte wees.

Maxie herstel van haar skoueroperasie en borduur tans graag. Die borduurgogga het ook vir Maureen gebyt, maar tussendeur is hulle besig met `n “free motion” klas by Iessie. Ons twee Bultfonteinvriendinne se vingers is nooit stil en dis altyd lekker as hulle kom kuier, want daar is altyd iets nuuts om na te kyk! Mari herstel na haar onlangse behandeling, maar dit weerhou haar nie om alreeds klasse aan te bied. Neline en manlief het so vinnig `n draaitjie by die see gaan maak, maar het alreeds haar en haar huishulp Johanna se “challenge packs” bespreek. Met die winterswindjie wat soggens en saans begin knyp, wens ons groepie al die OKG lede `n lekker warm winter vol van kwiltwerk toe!

12


Goedharte se nuus… Omstandighede het veroorsaak dat ons groepie selde vergader en dan nog soos wisseltande om die tafel sit. Party verhuis en die ander reis of het net bloot ander verpligtinge. Anne hou haar steeds besig met onafgehandelde projekte en Dalene werk nog aan haar dollasprojek. Elsa se diamantkwilt het veel groter geword as wat sy aanvanklik beplan het, maar vir haar is dit „n heerlike “winterwerk”. Du Maurier het „n kwilt voltooi vir hulle kerk se kombersprojek en het ook kloskant gemaak. „n Mooi stukkie lap het haar so geïnspireer dat sy dit gemosaïek het. Rene het ‟n foto wat sy in Peru geneem het met mosaïekteeltjies verewig op „n voeltjiehuisie en is ook besig om „n tafeldoek wat sy uit heksagone maak, aanmekaar te werk. M-O-T-H-E-R "M" is for the million things she gave me, "O" means only that she's growing old, "T" is for the tears she shed to save me, "H" is for her heart of purest gold; "E" is for her eyes, with love-light shining, "R" means right, and right she'll always be, Put them all together, they spell "MOTHER," A word that means the world to me. - Howard Johnson.

13


Doen en late van die Gouedrade Meisies… 1. Anida is nog besig met haar seun se kwilt. 2. Bettie is amper klaar met haar “Free-motion” - kwilt en haar “Braidquilt” -kussing is klaar! 3. Breggie het met Februarie se klas gewys hoe om ‘n kussingsloop van die “Braidquilt” tegniek te maak. Sy is ook besig om ‘n “memory” -kwilt vir iemand te maak. 4. Charlene werk aan ‘n pragtige denimsak en is klaar met haar “Braidquilt”-kussing. 5. Connie trek dasse los waarvan sy ‘n kwilt wil maak. 6. Linda is besig met die mooiste kwilt vir haar skoondogter, ek hoop sy waardeer haar skoonma!! 7. Marie is besig met haar “Braidquilt” -kussings en ook met raad en bystand vir almal wat nodig het! 8. Petro jaag om haar beginnerskwilt van Hettie Pringle klaar te maak vir die Bloem Skou. 9. Rina is besig met ‘n baie mooi appliekkwilt van “Cottontales”. 10. Corine gaan haar “Braidquilt” -kussing verander na ‘n loper met huisieblokkies tussen in. Sy kom baie mooi reg vir ‘n beginner. 11. Rita se kussing is ook klaar, sy het begin met die beginners kursus by Marie en kom baie mooi reg. Sy is ook besig met haar “pre-cut” - kwilt. 12. Sonja Mosterd kom ook goed reg vir ‘n beginner – sy is ook besig met haar kussing. 13. Sonja van Heerden is uiteindelik klaar met haar “Grafitti”-blokkies! Sy is ook besig om ‘n rand aan haar kattekwilt te sit. 14. Kokkewiet vorder goed met die maak van haar dasse -kwilt vir haar man. 15. Ria is besig met ‘n babakwilt van ‘n prentjielap vir ‘n nuwe babatjie in die familie. Fluit-fluit my storie is uit……. Marie Coetzee Groepleidster van die Gouedrade

14


Kreatiewe Lappies… Eerstens baie welkom aan ons nuwe lid Sandra van Wyk, dis heerlik om jou by ons te hê, mag daar vir jou ook lekker tye volg. Ons wil ook hulde bring aan tannie Isabel van der Merwe vir wie ons n kwiltjie gemaak het (in die vorige nuusbrief) toe sy ons verlaat het vir haar laaste dae van versorging. Dankie Tannie vir die voorbeeld van deursettings vermoeë wat jy vir ons nagelaat het. Al kon sy nie meer met n masjien werk nie, het sy nog altyd met die hand `n lappie gelas en het sover sy kon altyd iets by `n vergadering kom - "ek kyk en bewonder net". Sy is onlangs oorlede. Ons jaar het die goed afgeskop met `n definitiewe poging om almal masjienvaardig te maak met bietjie losser en meer innoverende kwiltwerk. Ons oefen dat dit klap...Carina Lubbe is `n voorbeeld vir ons almal met haar nuutgevonde vaardighede. Intussen het Luna besluit "trip around the world" moet ons nog beter bemeester en het ons behoorlik ingelig...toe raak sy self so begeesterd en maak sommer 3 in `n maand, ai ons sukkel om by te bly. Fabrice het `n baie groot koning grootte voltooi en skrik toe nie daarvoor om sy "free motion" baie suksesvol daarop toe te pas nie. Wat die skou betref is ons vlytige Fabrice ons inspirasie om nie minder nie as 4 kwilte voltooi en in te skryf....glo my oorspronklikheid gaan weer almal na hul asems laat snak, kan nie wag om te sien nie! Buiten ons kwiltoefeninge en "trip around the world" is Carina Lubbe ook nog vlytig met die mooiste sakke wat sy maak en verkoop en Lettie Swanepoel wys vir ons dat jy nooit moet vergeet om nog tussenin te hekel ook nie. (Sy maak die mooiste kombersies van oorskiet wol). Cecilia Cilliers het uiting gegee aan die begeerte om `n 3D- kwilt te maak en eindig toe met `n doolhof kombinasie 3D vir haar seun. Op die foto pronk ons vrolik met ons kwilte wat ons seremonieel aan ons eie oumensies gaan oorhandig. Omdat meeste van hulle gaan kuier het oor Paastyd gaan ons dit binne die volgende weke oorhandig, maar dan is dit te laat vir hierdie publikasie. Groetnis uit Smithfield

15


Kwetters Kwilters… Ons is ook almal besig om aan een of ander kwilt te werk. Sommige is besig om die BOM van “Stitches” te maak, en terwyl ons vir die volgende uitgawe wag werk ons aan al die baie “UFO's”. Arina ons nuwe lid is amper klaar met n pragtige appliekkwilt. Ons hoop om hom een van die dae op "show en tell" te sien. Regina en Marietjie het kwilte op die Skou en ons hou duimvas! Groete van die Kwetter Kwilters.

Kwetter Kwilters met die uitdaagkwilt wat hulle vir die uitreik gemaak het. Die Kwetters het dit baie geniet… “ons het dit werklik met al die liefde in ons harte gemaak.”

16


24 April – 4 Mei 2014 pryswenners: 5.1 Tradisioneel 700 Groot Estie Maartens 1 Beste Tradisionele Kwilt Martie Botha 2 Ritha Swannepoel 3 Adie Botha 4

*Iessie Steenberg Wisseltrofee

701 Klein

Magriet Bester 1 Sonja Stroebel 3 5.2 Innoverend

702 Groot

Anina Louw 2 Fabrice Rebouillat 3

703 Klein

Wilna Geel1 *Mariette Venter Wisseltrofee Beste Innoverende Kwilt Dalene van der Colff 2 Madeleine Coetzee3 Anina Louw 4 5.3 Hand Appliek, Masjien gelas en Masjien Gekwilt 704 Groot 705 Klein 5.4 Masjien Appliek en Masjien Gelas & Masjien gekwilt 706 Groot Anna-Maria Flannegan 1 *Oranje Kwiltersgilde Wisseltrofee Beste Gekwilte Artikel *Mev H Odendaal Wisseltrofee Mees Uitstaande Artikel

Anina Louw 2 707 Klein

Gerda Breytenbach 1 *Anita Kleynhans Wisseltrofee Meeste Punte in die Laslap- & Kwiltwerk Afdeling Wilna Geel 2 Cristelle Myburgh 3 5.5 Hand Geborduur, masjien gelas en Masjien Gekwilt 708 Groot 709 Klein Gerda Breytenbach 1

17


5.7 Kwilt totaal met die hand gemaak 712 Groot Alta Street 1 Madeleine Coetzee2

5.10 Beginnerskwilt 716 Groot Sonja van Heerden

717 Klein Anna Gropp

3

3

5.11 Gebruiksartikel wat nie ‘n kwilt is nie 718 Frances van Schalkwyk Cristelle Myburgh 2 Lorene Erwee 4

1

5.12 Groepskwilte 719 Groot Marietjie Prinsloo 1 Nelia Venter 2

720 Klein 5.13 Ander Tegnieke 721

5.14 “Whole Cloth” Kwilte

723 Iessie Steenberg 1 *Raadzaal Matlokaal Wisseltrofee – Beste Vryhand Masjien Gekwilte Artikel Fabrice Rebouillat 2

5.16 Kunskwilte 726 Groot

Marianne le Roux Wisseltrofee - Beoordelaarskeuse Gerda Breytenbach 2 Regina Raubenheimer Lorene Erwee

1

Frances van Schalkwyk

3

5.17 Kwilte gemaak deur Hoerskool-leerlinge 744 Klein *******************

Baie geluk aan al die pryswenners! 18


Kursus - Wilna de Beer

20 & 21 Junie 2014 NGK Saal Altonasngl. Fichardtpark R190.00 per OKG lid per dag R220.00 vir nie lede

Harte Bestaan uit 25 harte (blokke) Jy ontvang vir kursus 6 blokke 3 blokke sal in oggend en 3 in middag gedoen word. Ekstra blokke kan teen R25.00 aangekoop word. (25 - 6 = 19 x 25.00 = R475.00)

Ama-zing 3D Bestaan uit 1 middelblok en 6 pare blokke Jy ontvang vir kursus die middelblok plus 4 pare blokke – die res x2 pare moet jy aankoop - Koste: R120.00 ( R60.00 per paar)

Kontak Frances 078 8034019 -

nog plek is beskikbaar 19


LHparkies… So is ons alweer amper in die middel van die jaar en die herfsblare verf alles in die mooiste herfskleure! Met die Skou op hande het Ritha en Lettie gehelp met die organisasie vir die beoordeling van die kwilte en ook met die hang van die kwilte. Wat ‘n bedrywigheid, maar heerlik om al die mooi kwilte te sien en waardeer. Ritha het ‘n derde prys by die skou gekry vir verlede jaar se projek wat sy in die klas gedoen het. Baie geluk Ritha! Dit gaan baie goed met Ritha se Ma na haar oogoperasie. Thea het haar projek wat sy in die groep gemaak het verlede jaar afgehandel en dit by die Oorlogsmuseum uitgestal. Sy noem die kwilt “nooit”, want dit het gevoel of sy dit nooit gaan klaarkry nie. Lucy beleef tans baie gesondheidsprobleme en ons dink almal aan haar. Ninor is besig met haar derde laaste UFO. Haar skoondogter se voet-operasie het haar wel bietjie teruggehou. Haar 6-jarige kleinseun speel in die o/7 eerste span! Lena het pas 85 geword en gee ons jonges nog `n “go”. ‘n Ware voorbeeld van lewensblyheid en volharding! Sy is byna klaar met verlede jaar se projek en reg om met die volgende projek te begin. Iessie het haar Namibiese reis terdeë geniet en het baie om te vertel en sy het die pragtigste foto`s geneem. Ons ander Namibiërs voel sommer groen van jaloesie. Sy was baie bedrywig met die Skou voorbereidings en het ‘n trofee gewen vir haar vryhand katkwilt wat sy pas voltooi het! Baie geluk Iessie! Lettie is besig met die laaste blokke van haar beginnerskwilt in die groep en sien uit daarna om met ‘n nuwe projek te begin, veral met ‘n vierde kleinkind op pad! Kan nie wag om te weet of dit blou of pienk gaan wees nie. Loanda,` n nuwe lid in die groep, is tans besig om haar beginnerskwilt wat sy in Worcester begin het, te voltooi. Welkom Loanda! Sterkte ook met jou gesondheid. Anna-Maria is ook n nuwe lid in ons groepie en het sowaar 2 trofees gewen by die skou vir die beste gekwilte artikel en die mees uitstaande kwilt!! Baie geluk Anna-Maria, ons is so trots om jou in ons groepie te hê en baie welkom by ons. Elize is ook besig om die laaste blokke van haar beginnerskwilt klaar te maak en sien ook uit na ‘n nuwe projek. Ons groepie se uitreikprojek is “ borsies” vir KANSA en ons werk almal ywerig om gereeld “borsies” te verskaf. Welgedaan en baie dankie vir almal se bydraes. Sommige mense hardloop van die een ding na die ander, so aangevuur deur ambisie en die soeke na sukses dat hulle vergeet hoekom hulle hul lewe met stres vul. Verminder spoed en kyk om jou rond. Jy is dalk besig om die beste deel van die lewe mis te loop.

20


Rafels … Alle tekens is daar dat die winter in aantog is met die bome se blare wat so pragtig verkleur en begin afval. Die aande word nou lekker lank om voor die kaggel / verwarmer en TV te sit met handkwiltwerk en as dit ‘n groot kwilt is, sommer oor die bene ook te gooi en elke oomblik te benut en dalk ‘n paar “UFO’s” klaar maak. Die twee Alta’s het ‘n heelike wegbreek vakansie gehad Marokko toe. Ons het hulle nog nie te siene gekry nie – hulle was seker nog te moeg om ons van al hulle wedervaringe te vertel. Ons kan nie wag om al die nuus te hoor nie. Karin het haar belofte gestand gedoen, en sy het 3 “UFO’s” voltooi, waarvan een sommer baie groot is. Geluk Karin. Juanita het ook ‘n “UFO” voltooi en dit is baie mooi en vrolik. Ruby het ook ‘n kwilt vir ‘n dogtertjie gemaak in die mooiste skakerings van groen en pienk. Ons verwelkom vir Martina by ons groep. Sy is baie entoesiasties en is fluks besig met haar eerste projek. Sy gaan ook Doortjie Gersbach se kursus, Klein, kleinder, kleinste, bywoon. Die Rafels het ook deelgeneem aan die uitreik na Dewetsdorp Ouetehuis en daar is vyf pragtige kwilte gemaak. Vyf van ons lede, Ruby, Antjie, Martina, Annatjie en Christa gaan die kursus by Doortjie bywoon aan die begin van Mei 2014. Hulle het al wild gesny aan hulle lappe wat hulle onder mekaar verdeel het en sien baie uit na die kursus. Riana en Karin en hulle gesinne het vir hulle huise gebou langs die dam by Mulberry naby Tweespruit en hulle geniet die tye daar saam met hulle geliefdes. Moenie dink hulle vang net vis en sit en rus nie – kwilte word uitgeryg daar langs die dam! Dit is een van die dae weer skoutyd en die Rafels het ook ‘n paar kwilte ingeskryf. Groete aan al die kwilters en vasby deur die koue maande.

21


Rotary Cutters‌

Die Rotary Cutters het die jaar sommer baie fluks afgeskop. Met ons eerste byeenkoms in Februarie het almal ingespring en blokke gestik vir ons groep se Uitreikkwilt. Maart is daar fluks begin met Jelly Roll kwilte en April is die uitnodigingkaartjies vir Novembermaand se vergadering wat ons saam met die Naaldekokers aanbied, gemaak. Verder beplan die groep om 2 of meer hekelklasse te doen om meer gevorderde tegnieke te kan baasraak. Die dames kuier heerlik saam op die groepaande en kry sommer baie inspirasie so onder mekaar.

22


Vendors vir hierdie kwartaal: Pfaff Marie’s Sewing Creations h/a PFAFF Bfn Bergstedt straat 8, Fichardtpark, Bfn Tel: 051 522 4554 E-pos: pfaffbfn@telkomsa.net

Quiltalk - Cecile - 082 800 5727 Hannahs` Creations - Fransie – 084 965 1910

… ander lapverkopers: Lappiesland Bultfontein – 083 274 9161 Quilt Cottage Langenhovenpark W.E.G Louwstr. 16 Langenhovenpark

Christine 082 412 5438

Bernina Bloemfontein – 051 448 6754 Singer Bloemfontein - 051 444 6706 Quilters Den – Bethlehem – Lizel 082 822 6967 23


Sterre… Met die Kwiltdag 8 Maart was die Sterre verantwoordelik om die Kwilte te gaan hang. Ons het geswoeg en gesweet en op die ou einde het 60 kwilte gehang vir die uitstalling. Die Kwiltdag by die Oorlogsmuseum was baie lekker en elkeen het dit baie geniet. Die Sterre is aan die gang. „n Paar van ons lede het begin met “free motion” en is hard aan die werk. Ander lede is besig met half klaar kwilte wat nou klaar moet kom. Iessie was twee weke Namibië toe en het met klomp stories terug gekom. Ons sien uit na die Paasnaweek en hopelik is daar baie tyd om by al die kwiltwerk uit te kom! Ons Sterre brei uit en kort kort is daar iemand wat kom inloer. Geniet die winter met al die lekker soppe! Groete van al die Sterre 

Ons kom elke derde Donderdag om 9h00 by Iessie se plek bymekaar.

24


Tolbosse… 2014 en hier trek ons al by Meimaand. Waar vlieg ons kwilttyd heen????? Dit is baie erg, want ons het nog bitter min gedoen hierdie jaar. Santjie het wysgemaak met die viltmakery en dit is so lekker en ook so terapeuties. Dit is ongelooflik om te sien hoe die wol onder jou hande verander in lap (vilt). Baie lekker en ons gaan hulle die keer kleur ook. Lekker, lekker!!!!!!! Elkeen hier by Tolbosse is maar met hul eie goedjies doenig. Pikkie maak „n ou wêreldse kwilt klaar. Ons is so trots op haar. Sy gaan ook weer ouma word so sy sal beslis moet roer en nog kwilte maak. Antoinette het die wêreld plat gery so ons het haar erg gesmis. Hulle het met hul bakkie en matras agterin al langs die Oranje rivier opgery. Hulle het saam met vriende gegaan wat al die proviand kon vervoer en so het hulle sommer in die veld gekamp, in die rivier geswem en gebad. Baie opwindend en goedkoop volgens haar. So het hulle sommer ook die Richetersveld, Namibia en Etosha gesien. Vir ons wat agter gebly het het dit gevoel of sy „n ewigheid weg is. Maar ons weet sy is vol planne terug. Maetumeleng, haar huishulp se kwilt is ingeskryf vir die Bloemskou. Ons hou duimvas! Susan is besig om handskoene te brei vir die kerk wat hulle vir „n skool naby Bloemfontein gaan gee. Wat „n goeie idee vir die koue wat oppad is, nou sal die kinders se vingers nie so dom wees nie! Santjie weer is besig met paar projekte, onder andere “Flying Geese” en kuier tussendeur by die kinders op „n Karooplaas by Victoria Wes.. Hantie steeds besig met haar Maggy Ball -kwilt en dit is hulle kerk se Eeufees hierdie jaar. So sy werk aan vatlappe en mooi goed want hulle gaan „n hele naweek fees hê. Dan moet sy nog skoolkar ry en al die punte bymekaar hou.

25


Rina het „n gebreide kombers by haar skoonsuster persent gekry en summier haar breinaalde gaan uithaal. Sy het baie jare terug haar breinaalde “opgehang” en besluit dit is nie vir haar nie. Maar hier gaan sy nou weer!!!!! Sy het „n klein heksagon kwiltjie by Heleen Wolfaart geërf en die was nie heeltemaal klaar nie en dit is ook nou skoubaar. Baie geluk!!!! Dan het sy die Bernina-demonstrasie wat in Bultfontein was bygewoon, baie geniet en besef hoe agter ons nou is. Lyk my ons sal almal weer „n kursus of iets moet gaan om te sien wat is nut op die mark. Mariëtte brei, hekel en brou. Sy is besig om te werk aan haar nuwe klas wat so 1 keer „n maand in Bloemfontein plaasvind en dan het sy „n groepskwilt uitgehaal wat al so 6-7jr gelede geryg is maar nog altyd weggekruip het in die kas. Die MOET nou eenvoudig gekwilt word. Lynette is besig om vir haar dogter wat „n sjef was op die skepe „n “memory” kwilt te maak. Baie mooi fotos word gebruik op die wêreldkaart waar sy oral was. Dit gaan voorwaar „n baie mooi iets wees om te hê na al haar omswerwinge op die see. Verder is Lynette nou op „n baie lang vakansie en ons hoop sy kom huis toe met baie vis. Hoop julle het almal „n heerlike genotvolle kwilt winter.

26


Categories for the 2015 National Quilt Festival “Creative Energy� Contemporary Traditional Quilts that are strongly rooted in Tradition, but are the entrant’s original design. Can contain elements from the public domain, but the majority of the quilt must be original. No restrictions on materials or techniques, but on-the-whole reflecting the materials and techniques of traditional quilting. Guideline: Generally, quilts having a formal structure (blocks, strips, medallion), with symmetry and with a rectangular/square outline, constructed using traditional techniques and materials and with a conventional edge finish. 1. Contemporary Traditional Small: No quilt wider than or longer than 150cm 2. Contemporary Traditional Large: No quilt wider than or longer than 250cm 3. Contemporary Traditional Masters: Entries from those who have obtained Master Quilter status in any previous category. No quilt wider than or longer than 250cm Innovative Work based on traditional quilting, but which moves beyond that level, exploring design, techniques and materials. Must be entirely an original design. Guideline: The emphasis is on design modification that changes the historically recognizable work to a new form, with no restrictions on materials and techniques. With a traditional edge finish and no loose hanging elements. 4. Innovative Small: No quilt wider than or longer than 150cm 5. Innovative Large: No quilt wider than or longer than 250cm 6. Innovative Masters: Entries from those who have obtained Master Quilter status in any previous category. No quilt wider than or longer than 250cm Freestyle Textile art. Completely original works, free in design, construction and technique, however still predominantly made from cloth (or textile). Some part must consist of at least 3 layers with some visible quilting though all layers. Must be able to be hung from a sleeve. 7. Freestyle Small: No quilt wider than or longer than 150cm

27


8. Freestyle Large: No quilt wider than or longer than 250cm 9. Freestyle Masters: Entries from those who have obtained Master Quilter status in any previous category. No quilt wider than or longer than 250cm Open Category Quilts made from published patterns, quilts made from public-domain patterns, replicas of antique quilts, quilts designed by someone other than the quilt maker, quilts started in a class/workshop and quilts made from non-quilted traditional techniques (Yo-yo’s, Cathedral Window). No quilts from kits allowed. 10. Open Small: No quilt wider than or longer than 150cm 11. Open Large: No quilt wider than or longer than 250cm 12. Group Quilts – Quilts made by a group of 2 or more people. No quilt side wider than or longer than 250cm. 13. Bags · Dimensions, excluding handle to be: No smaller in height than 15cm. No taller than 70cm. No wider than 30cm · At least a half of the surface area is to be quilted through 3 layers. · All work from inception to completion is to be that of the entrant. · All entries must be able to be hung/displayed hanging from one peg. · Acknowledgement, design credit and inspiration is to be noted. · No bags made or started in class to be submitted 14. Challenge Detailed rules for the Challenge quilts will be enclosed in the Challenge Pack. These packs will be available from your regional guild representative as from February 2014. You may not enter this category without receiving a challenge pack. · The theme is Creative Energy. Quilts will be judged as to appropriateness to the theme. · Each quilt is to be completed entirely by one individual · The quilt size is fixed. 50cm across(wide) and 75cm down(high) · The quilt is to be quilted or tied through three layers · 75% of the challenge fabric is to be used on the top of the quilt · A maximum of four other fabrics is to be used for the top of the quilt · Embellishments are allowed.

28


…volgende Algemene Vergadering 14 Augustus 2014

Oranje Kwiltersgilde Die Friendshipgroep en Kreatiewe Lappies, Nooi al die lede van die Gilde vriendelik uit na `n heerlike oggend saam met ons. Bring `n vriendin saam!... en kom leer meer oor Keltiese Kwiltwerk. 14 Augustus 2014 Om 8.30vm vir 9.00vm Te NGK Saal, altonasngl, Fichardpark, Bloemfontein. “May you always have work for your hands to do. May your pockets hold always a coin or two. May the sun shine bright on your window pane. May the rainbow be certain to follow each rain. May the hand of a friend always be near you. And may God fill your heart

with gladness to cheer you.” Irish Blessing

29


`n laaste woord‌

O God, Who for our redemption

Gave your only- begotten Son to the death of the Cross, and by His glorious Resurrection delivered us From the power of our enemy: Grant us so to die daily to sin, That we may evermore live With Him in the joy of His resurrections. 1979 Book of Common Prayer

30


Bloemskou 2014

31


Baie geluk aan…

Marline Turner Dubai International Quiltshow 2014… 1ste – Tradisioneel 1ste – “Judges choice: Best of Show” 3de – “Viewers Choice”

*Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.

32


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.