Kwartaalblad
Gereformeerde Kerk Brooklyn Maart 2013
Opgwonde vrees Eerstejaars-kamp 2013 Bladsy 8 -9
Ontmoet ons nuwe intrekkers Bladsy 4
Wie is ek, en wat op aarde maak ek hier Visiekamp 2013 Bladsy 7
Prof Derrick Mashau
Giving New Life to Sunnyside Arthur Hall
\ Prof Derrick Mashau
“I have seen people who have grown from being just churchgoers to fully committed members who are passionate about the gospel and its spread around the world.”
Bevestiging Die bevestiging van Prof Mashau is waargeneem deur Dr Naas Ferreira van Rietvallei
A sound, which carried around the residential block, arose from the old church building. From far off, I struggled to establish where the sound came from, but as I came closer the sound became more discernible. It was the sound of a joyous congregation. This was the day! The day in which God brought his children at New Life City Church a shepherd to guide His flock in Sunnyside. The first thing I saw as I entered the church building, under the tumultuous sound of praise and worship, was the smile of a man. That man was Derrick Mashau. After Derrick Mashau was ordained, I happened to read the following passage from 1 Cor 3:5-9: What, after all, is Apollos? And what is Paul? Only servants, through whom you came to believe—as the Lord has assigned to each his task.I planted the seed, Apollos watered it, but God has been making it grow. So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God, who makes things grow. The one who plants and the one who waters have one purpose, and they will each be rewarded according to their own labour. For we are co-workers in God’s service; you are God’s field, God’s building.
Who is Prof Derrick Mashau? Until recently he was a professor in Missiology at the Theological School in Potchefstroom of the Reformed Churches of Southern Africa. He is now a pastor of the Reformed Church Brooklyn, appointed to lead the ministry at New Life City Church (NLCC). Apart from his commitment to NLCC, he was also allowed by the
Who is Prof Derrick Mashau? Until recently he was a professor in Missiology at the Theological School in Potchefstroom of the Reformed Churches of Southern Africa. He is now a pastor of the Reformed Church Brooklyn, appointed to lead the ministry at New Life City Church (NLCC). Apart from his commitment to NLCC, he was also allowed by the church council of Brooklyn to accept a position at Unisa in Missiology and further his involvement with CRUMA (Centre for Reformational Urban Ministry in Africa). The most descriptive characteristic of NLCC is praise and worship. The whole congregation moved as one as they celebrated their Saviour and the grace he brought upon them. The handful of singers at the front of the church did a perfect job of taking the congregation through praise for the Almighty. Behind them the band was not left behind, with music at every possible moment of the service. Among the many well wishers were Dr Bingle Kruger, an elder from the Brooklyn congregation, while others came from as far as Limpopo province. The formal part of the ordainment was led by Dr Naas Ferreira of Rietvallei congregation and also a colleague of Prof Mashau’s at CRUMA - Continue on p3
Kommentaar
“ Mylpale is deel van ons bestaan” Mylpale is ‘n deel van ons bestaan. Of dit nou ‘n kleinding is wat ‘n eerste tand sny, of ‘n doktorsgraad wat jy behaal, daar is ‘n sekere (soms) oordrewe geluksgevoel wat daarmee gepaardgaan. Omdat daar gewoonlik aan die begin van ‘n jaar soveel ekstase in die lug is na al die prestasies wat pas behaal is, het die redaksie dit goedgedink om te sorg dat die hele gemeente deel in die goeie nuus van dié wat tans op die wolke sweef. Baie geluk aan al die matrikulante van 2012 – ons is trots op julle en bid julle seën toe vir die toekoms. Meeste van ons studentelidmate wat verlede jaar graad gekry het, het reeds die gemeente verlaat. Gelukkig het ons in hulle plek ‘n vars groep eerstejaars gekry. Ons hoop julle voel klaar tuis en dat Brooklyn vir julle ‘n ware geestelike tuiste sal wees vir solank as wat julle in Pretoria woon. (Jare gelede toe ek self nuut in Brooklyn aangekom het, het ‘n suster wat haar oor die nuweling ontferm het vir my baie ernstig vertel hoe dinge in Brooklyn werk. Haar woorde was: “Sekere banke maak jou stert in die winter warm en wanneer die studente met vakansie is, ervaar Brooklyn die wegraping.”) Die grootste mylpaal hierdie kwartaal, is ongetwyfeld die bevestiging van dr Derrick Mashau as predikant in ons gemeente, met spesiale opdrag om kerk te plant in Sunnyside. Die New Life City Church is ‘n kerk wat alreeds sterk in sy eie kinderskoene staan en met so ‘n predikant kan hulle nie anders as om te groei nie. Wat ‘n begeesterde intreepreek (Hand 8:26-40) het hy nie op Sondagaand 24 Februarie gelewer nie! My oupa sou gesê het dit was ‘n eg gereformeerde preek (as kinders het ons gehoor dit is erg gereformeerd!) Ons is opgeroep om te verstaan wat ons in die Bybel lees. Om vertolkers van wat ons lees te word, om die kennis wat ons het met ander te deel. Om evangeliste te word waar ons woon en werk – met passie. Ek moes my net inhou om vir hom hande te klap toe hy in sy beste Afrikaans vir Brooklyn dankie sê. Ons bid hom seën toe, nie net in sy gemeente nie, maar ook waar hy by Unisa bedrywig gaan wees. Vir my is hierdie uitgawe van Brooklyn Brokkies meer die voltooiing van ‘n sirkel as ‘n mylpaal. Ek was deel van die span wat 14 jaar gelede die eerste Brokkies die lig laat sien het. Erna Dreyer (ek kan nie haar nooiensvan onthou nie; sy is die eggenote van ds Thomas Dreyer), was die eerste redakteur. Na haar troue het Willi Faling oorgeneem en beplanning was wonderlike tye rondom bekers koffie in Willi se woonstel. Na ‘n sabbatsverlof van 7 jaar is ons terug in die gemeente en is dit lekker om weer by die kwartaalblad betrokke te wees. Hierdie is ‘n blad vir die gemeente deur die gemeente. Die redaksie is daar om bydraes te koördineer. Enige lidmaat met ‘n storie kan dit vir ons stuur. Moenie bekommerd wees oor spel- of taalfoute nie, ons sal dit regmaak. Daar is egter ‘n paar versoeke: Hou dit so kort as moontlik en stuur foto’s saam. Wanneer spasie beperk is, sal artikels oor gemeentefunksies en beriggies oor lidmate wat daartoe bydra dat ons mekaar beter leer ken, voorrang geniet. Stuur ook vir ons grappies, gediggies, aanhalings en grappige staaltjies. Julle wenfoto’s is ook baie welkom. Miskien kan ons vra dat die twaalf beste foto’s vir volgende jaar se jaarprogram gebruik word? Dankie vir die lidmate wat reeds vir ons idees gegee het en belowe het om te help skryf. Dankie aan Thinus de Wet en Louis Kruger vir hulle professionele advies om ons binne die riglyne van die korporatiewe beeld te hou. (In die wandel staan hulle bekend as die “brand”-polisie.) Geniet hierdie uitgawe, dit was vir ons heerlik om dit te beplan en saam te stel. Aan God al die eer!
J 2
Brooklyn Brokkies
Brooklyn Brokkies Redakteur Johanna Hellberg Tel: 073 295 5848 Medewerkers Magriet Lee Louis Kruger Thinus de Wet Lenie van der Merwe Arthur Hall Bernard Hellberg Linda van Vuuren Arnline Kuun Elfrieda Marais Zania Vermaak Bingle Kruger Ilse de Villiers Leoné Pieters Riandi Malan Griffel van Wyk Menings wat in hierdie blad uitgespreek word is nie noodwendig dié van die redaksie of die kerkraad nie.
Lees ook binne Kamp saam met die studente Student-wees in Brooklyn Doen en late van lidmate Boekresensies Ontmoet nuwe intrekkers Die Midmar Myl Laat hoor van jou Stuur gerus jou bydrae vir die volgende uitgawe van Brooklyn Brokkies voor 20 Mei per e-pos aan: Die Redakteur Brooklyn Brokkies gereformeerdekerkbrooklyn@ gmail.com
Bevestiging
Praise and worship
From P 1
The most descriptive characteristic of NLCC is praise and worship. The whole congregation moved as one as they celebrated their Saviour and the grace he brought upon them. The handful of singers at the front of the church did a perfect job of taking the congregation through praise for the Almighty. Behind them the band was not left behind, with music at every possible moment of the service. Among the many well wishers were Dr Bingle Kruger, an elder from the Brooklyn congregation, while others came from as far as Limpopo province. The formal part of the ordainment was led by Dr Naas Ferreira of Rietvallei congregation and also a colleague of Prof Mashau’s at CRUMA. His message centred around Jacob’s son Issaschar who is described in Genesis 49:14 as a donkey who seeks only his own gain. Dr Ferreira appealed to all those present that we should not embrace our faith with just our own gain in mind but rather in the service of our brothers and sisters in Christ. Then it was time for the congregation to meet and greet their new pastor. This resulted in long queues forming in both passageways, where members of the congregation shook hands and embraced Derrick and his wife Ignetia. My last memory of NLCC was of the congregation dancing and praising the Lord, and moving like a stream in and out of the building. The ordainment of Prof Derrick Mashau was a new chapter in the miracle that is NLCC. When Derrick first started helping out at the congregation there were roughly 20 members. In the 21 months before his ordainment, the congregation had grown to 130 adults and 37 children. As Derrick remarked in NLCC’s annual report of 2012: “I have seen people who have grown from being just church-goers to fully committed members who are passionate about the gospel and its spread around the world.” NLCC now offers family, youth, pastoral and counseling, mercy and justice and small groups ministries. The day’s festivities ended at Brooklyn congregation where Prof Mashau delivered his inaugural sermon. The passage came from Acts 8:26-40 about Phillip who met the Ethiopian eunuch on the road from Jerusalem to Gaza— wanting to know from him whether he understood what he was reading from Isaiah. Derrick poses the question whether we as modern day Christians understood what we read in the Gospel. This was an apt way to end the day in which we celebrated the coming of a man whom God has sent to help us understand.
Brooklyn Brokkies Arthur Hall
3
Nuwe intrekkers
November
se oes
Roline, Henk en Annemarie Hoogenboezem Roline, Henk en Annemarie Hoogenboezem kom van die buurgemeente, Alkantrant. Die seun van die gesin, Schalk, was nieteenwoordig toe die foto geneem is nie. Henk is ‘n IT-projekbestuurder en Roline is ‘n tuisteskepper. Die kinders is albei in Menlopark Hoërskool. Roline en Jorita Watson is susters.
Clarisse Venter Clarisse Venter is ‘n inligtingkundige (bibliotekaresse) en werk by Tukkies se Groenkloofkampus. Sy reis graag, swem daagliks en sy is baie lief vir klassieke musiek.
Annemarie Kruger Annemarie Kruger woon in Waverley. Haar vriend, Quintus Tolken, is nog nie lidmaat in Brooklyn nie, maar kuier net by ons. Hulle werk albei vir Total – Annemarie in Waverley en Quintus in Waltloo.
Jan en Leandie Bekker
Annemarie, Theunis en Tienie Maritz
Jan en Leandie Bekker woon in Weavindpark. Jan is ‘n forensiese ouditeur. Leandie is ‘n apteker by Jakaranda Hospitaal
Tienie Maritz is ‘n sielkundige met sy eie praktyk. Vir ontspanning speel hy graag tennis. Annemarie is betrokke by die opleiding van tuisversorgers en sy vroetel graag in haar vrye tyd in die huis en tuin rond. Hulle seun Theunis is ‘n ouditeur by Deloitte. Die gesin woon in Menlopark.
4
Brooklyn Brokkies
Nuwe intrekkers
Februarie se oes Francois de Jager en Anton Meissner-Roloff Francois de Jager (links) is ‘n student wat graag student dinge doen soos lees (nie-akademiese stof), houtwerk doen, rekenaarspeletjies speel en fiets ry. Anton Meissner-Roloff (regs) is ‘n tweede jaar aktuariële wetenskapstudent. Hy is in Mopaniekoshuis en kom van Centurion af.
Nicolaas en Yolani Steenekamp Nicolaas en Yolani Steenekamp ken mekaar al sedert Hoërskooldae en is in 2010 getroud. Tans woon hulle in Faerie Glen. Yolani werk by Ford Suid-Afrika se hoofkantoor in hulle Kommunikasie-department. Sy reël onder andere hulle bekendstellings van nuwe voertuie aan die media. Haar stokperdjies is lees, reis, fotografie en mosaïk doen. Sy het ‘n passie vir diere en dierebeskerming. Nicolaas is ‘n meganiese ingenieur en werk in die mynbedryf as ‘n tegniese analis. AVENG Moolmans waar hy werk, spesialiseer in die oopgroefmynbedryf en besit groot masjiene waarvoor hy stelsels help implementeer om onderhoud te bevorder. Hy geniet dit om geskiedkundige land-, skeepsvaart- en lugvaartmuseums te besoek. Verder skiet hy skyf en is lief vir die buitelewe.
Corné, Kotie en hul dogter Zelné Minnaar
Peet en Marinda Langley Peet en Marinda Langley woon in Murrayfield. Hulle het 4 kinders wat almal reeds uit die huis is en van wie twee reeds getroud is. Peet het naby Bela-Bela geboer en Marinda is ‘n tuisteskepper. Haar stokperdjies is borduurwerk, spyseniering en lees. Peet se stokperdjie is ‘n aarbeiboerdery.
Corné, Kotie en hul dogter Zelné Minnaar het die platteland vir die stad verruil. Corné het sy eie onderneming in Kemptonpark en ry graag fiets. Kotie is ‘n tuisteskepper en life vir naaldwerk. Zelné is in graad 10 in Meisies Hoër. Brooklyn Brokkies
5
In Brooklyn
Studentwees in Brooklyn “Griffel het reeds met sy preek begin dan skud hulle nog blad en maak hier en daar nog ‘n grappie. Sondagaand sit hulle die rye in die kerkpropvol.” Zania Vermaak skryf oor die geestelike tuiste van studente in Brooklyn. Studentwees het sy uitdagings! Eerstejaars moet aanpas by die verrigtinge van hul kos- of daghuise, die nuwe tempo van die akademie en self verantwoordelikheid neem. Senior studente moet weer daarop fokus om te slaag, beurse te behou en die oorweging van werksaansoeke om hul loopbane mee af te skop. Dit klink altyd so lekker om 'n sorgvrye student te wees (wat party wel regkry), maar kyk 'n mens dieper, word daar besef dat buiten die lekkerte wat daarmee gepaard gaan, die uitdagings soveel meer gewig dra. Die balans wat gevind moet word tussen om sorgvry te wees en daardie uitdagings aan te pak, word beslis in ons gemeente gevind. 'n Platform word aan studente gebied om te kom deel in 'n saamwees waar daar gespeel, gekuier, geworstel en gekerk word! Jou uitdagings word geleenthede en saam-saam sorteer ons dit vinnig, maar deeglik en leersaam uit! Sondagaande sit ons die voorste rye in die kerk propvol en van bo af kan daar gesien word hoe daar nog hier en daar 'n grappie gemaak en nog bladgeskud word, al het
Reitzstraat Message of Goodwill
from Brooklyn to New Life City Church Brothers, sisters and children of New Life City Church: On this very special occasion I bring you greetings from your brothers, sisters and children of the Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. Bingle Kruger
-
6
Brooklyn Brokkies
Agter -Willem, Zania, Ilse en Andrea Voor – Kobus en Marné
Griffel reeds met sy preek begin. En keer op keer sien ek glimlagte vanaf die preekstoel of vanaf die ouer garde wat die studente se samesyn raaksien en waardeer. Die samesyn begin gewoonlik met ‘n Visiekamp wat senior studente aan die begin van die jaar bywoon om, soos die naam aandui, visie te kry vir die jaar vorentoe. Hier word daar saamgedink en gefokus op jou doel in die lewe. Op die eerstejaarskamp sien die eerstejaars die liefde, verstaan en grappigheid wat die groepleiers deel en daarna word hulle ook ingetrek. Sondagaande kuier ons heerlik saam en geniet die aksies wat die Juventusbestuur vir ons reël. Of dit nou net 'n lekker koffiedrinkaksie is, en of ons piekniek hou of lofprysing doen: saam word vriendskappe in die geloof gevorm. Ons nooi elke student of lid van die jeug van Brooklyn-gemeente, of van buite, om saam met ons hierdie jaar te kuier, te kamp, uit te reik en net te wees.
Anlie, Anneke, Arrie, Renske, Maggie, Siegfried, Hermann
So bou ons die Koningkryk van die Here, en elkeen kan en moet 'n deel daaraan hê.
On 28 November 2003, the Afrikaans Gereformeerde Kerk Sunnyside dissolved. This was the result of the change in demographics of the area. The Gereformeerde Kerk Brooklyn then became the new owner of the church building and related properties. The Brooklyn church council decided that these strategic properties should in future be used as a multi-cultural centre for spreading the Reformed Gospel in the language of the people of the densely populated Sunnyside. The activities at the Sunnyside Church facilities since the termination of Afrikaans services, speak of God’s work in spreading the Gospel of Jesus Christ without major interruption in the city: The termination of Afrikaans services at the end of 2003 made it possible for Venda services to start in 2004. The use of the church buildings by the Venda Reformed Church of Tshiavelo led by Prof Christopher Rabali from 2004 - 2010 spread the Gospel in Venda at a time when Brooklyn did not have a minister available to plant a new English church. The work of Dr Brian deVries, in planting a multi-cultural English church in Sunnyside from 2008 – 2010, was made possible by the Heritage Reformed Church in Grand Rapids, USA. Dr DeVries is a Reformed pastor with very special gifts in urban church planting context. From the beginning of 2011, when Dr DeVries took over from Prof Flip Buys as head of Mukhanyo Theological College, the services of Prof Derrick Mashau was made possible by the Theological School of North West University at Potchefstroom. Dr Mashau’s knowledge, experience and passion as professor of Missiology at Potchefstroom served him well to lead CRUMA and the church planting. Financial support came from North West University, the Heritage Reformed Church, and the Gereformeerde Kerke Brooklyn, Rietvallei and Koster. In his 2012 Annual Report, Dr Mashau presents the work of God when he describes the statements of Vision, Mission, Faith, and Strategic Goals and the growth of church membership as well as the many activities at New Life City Church. Brooklyn gives thanks to our Almighty and Living God for the work of the Holy Spirit in Sunnyside since 2003 and for leading his servant Derrick Mashau to accept Brooklyn’s calling to serve as pastor of New Life City Church. At the same time God uses him to teach Reformed Theology at UNISA. Dr Mashau and family, brothers, sisters and children of New Life City Church, Brooklyn will pray for you to grow and become a living, vibrant and dynamic missional instrument in the hands of the Missionary God. Glory be to our God who opened new doors for spreading the Reformed Gospel in the city.
Studente-nuus
Visiekamp
2013
Groep 2 en Tiaan
“Wie is ek, en
wat op aarde maak ek hier?”
Marilie
Van die dag dat ‘n kind verstand kry, begin hy of sy om met dié vraag te worstel.Ilse de Villiers skryf.
Water Volleybal
Ninja 2
Studente-nuus Beplanning vir eerstejaarskamp
Die soeke na God se doel en roeping vir jou as individu is en was nog altyd ‘n universele stryd in enige Christen se lewe. So word dit toe ook die eerste uitdaging wat die groep van ongeveer 30 senior studente wat Visiekamp 2013 bygewoon het, kaalvuis aanpak. Op die rustige, afgesonderde gronde van Kamp Reynard naby Cullinan, het ons onder die leiding van Griffel, 5 dae lank gesels en geredeneer oor die wêreld waarin ons leef, ons persepsies daarvan, en God se rol daarin. Temperamentsvraelyste en die oproep van herinneringe uit elkeen se eie lewe het gehelp om selfkennis te verbreed. ‘n Nuwe inslag tot gebed is ondersoek in ‘n DVD-reeks van Louie Giglio. Uiteindelik het ons alles bymekaar gebring deur vir onsself die vraag te vra: Wat is God se roeping in my lewe? Alhoewel die antwoorde nie altyd onmiddellik duidelik was nie, is daar beslis stof tot nadenke gelaat by ieder en elk wat die kamp bygewoon het.Gelukkig was introspeksie darem nie al
Elene
waarmee ons ons besig gehou het nie. Tussen die sessies deur is daar heelwat volleyball, water volleyball, en selfs rolbal gespeel, en in die aande het almal lekker om die kampvuur gekuier en mekaar goed leer ken. Die aand van die dinee is hierdie kennis goed op die proef gestel toe elkeen ‘n naam uit ‘n hoed moes trek en voor almal vir daardie person ‘n kompliment of positiewe boodskap gee. Nodeloos om te sê, mense wat as vreemdelinge by die kamp aangekom het, het as vriende teruggekeer Pretoria toe.
Opregte waardering vir Wessel wat die kamp gereël het, Marisa wat gesorg het vir vol magies van begin tot einde, Griffel vir al sy wysheid en ondersteuning, en sommer vir elkeen wat die kamp bygewoon het. “The sum of the experience is a product of the people” - elkeen se bydrae het gesorg vir ‘n lewensveranderende kamp. Mag ons vashou aan die visie, loop volgens Sy pad, en vir altyd onthou: Danksy Jesus, lewe ons vir nou en vir altyd “bo die groen lyn”.
Brooklyn Brokkies
7
Eerstejaarskamp Vriendloos “Ouerloos” ‘Clue’-loos
2013
Jan-Hendrik, Jan-Paul, Renier,Phillip, Kobus, Eduan, Chris en Francois
“Dit wat ons van onsself en mekaar geleer het is van onskatbare waarde” Die opgewonde vrees… ‘n jaar wat jy moontlik vriendeloos, “ouerloos” en algemeen ‘clue’-loos begin… Gelukkig is eerstejaarskamp daar om vriende te maak, reg? Weer eens het die kamp vol geestelike, fisiese, sosiale en breinaktiwiteite, heerlike kos en min slaap, alle verwagtinge oortref. Benewens die BLOU (melk, gemoed, atmosfeer) Maandag (dié keer het ons kosma OOK ‘n tantrum gegooi – goeie toneelspel Antelize, Griffel en Niek!), Bybelmania, Zefdag, Bidbuddies en Jabbokstiltes, was daar ook ander onvergeetlike oomblikke.
Chris, Stella, Tiaan, Jana, Phillip en Otto
Die Fort: Die groepleiers se aand van “attack and retreat” in dié geval na hul “indestructible” fort – bly uit! Maar hét die span eerstejaarmanne húlle ‘n streep getrek?! Ouderdom en ervaring het uiteindelik gewen, tesame met Siegfried en Otto se wilskrag, en die eerstejaars het die res van die aand meel uit matrasse, kussings, hare en klere geskud! ‘n Middernagmars deur die bosveld. Haarfyn beplan om bloedstollend “scary” te wees, het in ‘n avontuur nagwandeling ontaard. Maggie het die prys vir die reaksie van die aand gewen toe sy vir Cornél (terwyl hy in die boom sit om haar skrik te maak) vra “het jy vir my ‘n tissue? Maar toe besluit ‘n brawe eerstejaar sý wil die “skrik-van-die-aand”-faam hê. Dapper leier van dié tog, Wessel, swôt BA Regte, maar tree as paramedikus op, self met ‘n toon wat ‘n dag tevore agt steke gekry het. Eduan, Coenie, Hermann, Cornél, Jana en Johan het ook baie gehelp. Ons is almal baie dankbaar dat die Here Marné veilig bewaar het hospitaal toe na haar asma-aanval… en terug vir die volgende aand se dinee. aangebied deur die elegante Helana), stand-up komedie deur Chris en ‘n kitaaritem deur Jan-Paul en Kobus wat enige hart sal sagmaak. Maggie en Andrea het ons bekoor met ‘n operastuk. Die Volleyball-toernooi was ‘n daguitstappie met suksesvolle en minder suksesvolle pogings… (Goooooo DIRK!) Wessel se span het gewen, maar het
Griffel in musikale aksie 8
Brooklyn Brokkies
Carien en die “dans”span.
Cornél, Kobus, Jan Paul, Maggie,Mashudu en Andrea
SAAM, met sekerheid, op ‘n NUWE pad in 2013…
Waarmee is hierdie eerstejaars besig
Olimpiese spele en doppersport,die fort en ‘n middernagmars Leoné Pieters skryf oor die verstaan van ‘n eerstejaarskamp ge”forfeit” teen die ‘infamous’ Kosspan (minus ‘n noodsaaklike lid: Ilse was daar in die gees). Die span het seker gehoor van Coenie en Berend se uitstekende hand-oogkoördinasie in “KombuisKrieket” (‘n Lang paplepel en ping-pongballetjies, of alternatiewelik stukkies wortel en ander eetbare vervangings.) Olimpiese Spele en Doppersport het nie teleurgestel nie, en die eerstejaars het omtrent uitgehaal en gewys as dit kom by “skills”. Dis steeds onseker wie die wenners was, maar die uiteinde was 50 pare oë en smiles asook ‘n hele klomp molasse, meel, knoffel (die bewyse kon mens nog ‘n week later ruik, dankie Nico)en natuurlik MODDER! (Indien Malema of Zuma ooit ‘n ‘look alike’ soek: stuur Griffel die modderbad in!)
Kookspan- Ilse,Berend en Coenie.
“Fantasy”-dinee met karakters wat wissel van Indiana Jones, pirates, drake, die 7 dwergies, genies en ‘n matras [?] Daniël en Nico was komieklike seremoniemeesters (al was dit nie die bedoeling nie). Weer eens is almal verras met indrukwekkende talent: twee ingeoefende teaterstukke (genre: opera, action, drama, komedie én strekoefeninge, aangebied deur die elegante Helana), stand-up komedie deur Chris en ‘n kitaaritem deur Jan-Paul en Kobus wat enige hart sal sagmaak. Maggie en Andrea het ons bekoor met ‘n operastuk. Daar is ook ernstig en reguit gepraat oor die wêreld en sy kwessies, sienings is gedeel en die Here geloof en geprys! Dit is ongelooflik om te sien hoe ‘n groepie skaam, stil eerstejaars al teen die tweede dag stil gemaak moes word voor ‘n lesing. Nie lank nie of baie waardevolle en insiggewende kommentaar en vrae is gevra. Dit wat ons van onsself en mekaar geleer het is van onskatbare waarde. Na die kamp glo ek dat ons elkeen ‘n bietjie meer verstaan van ons plek en roeping in God se plan. Ons het gehoor, gelees en geoefen om mekaar ook as individue in Sy plan te aanvaar en te bemoedig terwyl ons saam groei in 2013.
Doppersport-Marné,Kobus en Gideon
Ai, ai Marlies
Coenie, kombuiskrieketkoning Brooklyn Brokkies
9
Dissipelskapkafee
Islam, Moslem of Mohammedaan
Soekie Kruger en Prof Piet Meiring
Prof Piet Meiring raak onstlae van sy “gereformeerde” das en baadjie , Magriet Lee doen verslag oor die eerste van twee gesprekke waarin hy oor godsdienste van die wêreld tydens ‘n dissipleskapkafee byeenkoms gesels het.
Persoonlike nuus
Prof Piet Meiring het op 21 Januarie in die eerste van twee gesprekke oor godsdienste van die wêreld veral die klem op die Islam laat val. Sy “gereformeerde” das en baadjie het nie lank gehou op die warm Maandagaand nie, en kon hy sommer gemaklik met sy gehoor gesels. Islam is die jongste van die groot wêreld godsdienste. Die profeet Mohammed is in 570 nC gebore en is vroeg in sy lewe aan die Christen- Jode- en Arabiese kulture blootgestel. Die invloede blyk duidelik uit sy leerstellinge. Hy het homself oorspronklik gesien as iemand wat die Christendom voortsit en dit was nie sy plan om ‘n nuwe godsdiens te begin nie. Islam is ‘n wettiese godsdiens met streng voorskrifte wat gevolg moet word om die ewige lewe te beërwe. Die 5 pilare waarop die uitlewing van Islam berus en wat elke Moslem gedurende sy lewe moet uitleef om gered te word, is die geloofsbelydenis, gebed 5 maal per dag, aalmoese wat 2.5% van jou inkomste moet wees, om te vas – wat dan met Ramadan jaarliks gevier word en dan, om ten minste een keer in ‘n leeftyd, as dit enigsens moontlik is, Mekka te besoek. Prof Meiring het die verwarring oor die naam uitgeklaar. Islam is die godsdiens, Moslem die mense en hulle aanvaar glad nie
die naam “Mohammedaan” nie, omdat dit slegs na volgelinge van die profeet en nie van God nie, verwys. Hy het ook die verskil tussen die Shi’ite en Suni’s verduidelik. Die Moslems in Suid-Afrika is hoofsaaklik Suni’s, wat die meer gematigde groep is. Islam het baie vinnig oor die wêreld versprei en het reeds ‘n eeu na Mohammed se dood oor ‘n groter gebied as die Romeinse Ryk gestrek. Die eerste Moslems het in die tyd van Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom – hoofsaaklik as slawe uit die ooste en het later as die Kaapse Maleiers ‘n sterk invloed op Afrikaans, kos en die sosiale lewe veral aan die Kaap gehad. Die eerste boek in Afrikaans was ‘n kommentaar op die Koran. Die bekendste persoon is Sjeik Jusuf, wie se graf ‘n bekende baken vir al die Moslems in die land is. Op ‘n vraag oor hoe ons pad vorentoe moet lyk, het prof Meiring gesê dat hy nog altyd die droom koester waar klein groepe Christene en Moslems met mekaar kan gesels en werklik luister. Glo Christen en Moslem dan in dieselfde God? Histories waarskynlik ja; maar die interpretasie, uitlewing en volvoering verskil totaal. Hy het dit ook beklemtoon dat mense van ander godsdienste net in Christelike liefde bereik kan word.
Kuier by die Camerons Colin en Wina Cameron het onlangs die susters in hulle wyk op ‘n oggendtee getrakteer.
It’s a boy! Congratulations to Brian and Lanae de Vries on the birth of their second child, a son called Micah. He was born on 9 February and weighed 3.16 kg and measured 53. Our best wishes accompany you in raising him. May he bring you lots of joy and may he have a blessed life. Brian added the following text to the birth announcement: “Who is a God like unto thee, that pardoneth iniquity, and passeth by the transgression of the remnant of his heritage? He retaineth not his anger for ever, because he delighteth in mercy.” (Micah 7:18).
10
Brooklyn Brokkies
Op die foto van links na regs is Wina Cameron, Erla van der Walt, Santa Taljaard, Elmarie van der Schyff, Arnline Kuun en Petru Wessels.
Persoonlike nuus
60
Jaar van genade Johanna Helberg het by Sarel en Emmie Lee gaan kuier en skryf hier oor die raad wat die paar na 60 jaar van getroude lewe met ons deel.
Ons kon ook al ons kinders verder laat studeer.” Die egpaar het vier kinders, drie seuns en ‘n dogter, Magriet, ook ‘n lidmaat van Brooklyn-gemeente. Hulle het ook agt kleinkinders van wie twee reeds predikante is en ‘n derde nog ‘n teologiese student. Sarel en Emmie het ook al die vreugde van ‘n eerste agterkleinseun beleef. Op die vraag watter raad hulle aan verloofde paartjies kan gee om ‘n huwelik vir 60 jaar te maak werk, was Emmie se antwoord: “Aanvaar jou huweliksmaat soos wat hy of sy is.” Sarel het sy kop geskud en gesê: “Vroeër jare was dit makliker; vrouens het vir hul mans geluister.” Toe die foto geneem moes word, het Sarel bewys dat sy sin vir humor nie met al die vallery in die slag gebly het nie. Hy wou weet of hy kon sit met so ‘n groot, dik Bybel op sy skoot en of Emmie langs hom kon staan met ‘n bossie blomme in die hand! Baie dankie vir die voorbeeld van standvastigheid, geloof en liefde wat julle vir ons stel.
Sarel en Emmie Lee het op 31 Januarie 1953 vir ewig trou aan mekaar belowe. Dit is ‘n belofte waarby hulle letterlik staan en val. Veral die val was die laaste jaar of wat ‘n groot deel van hulle lewe. Hulle het hulself ook letterlik in Karmel in geval. Albei is gebore en getoë Bosvelders en hulle het mekaar in Messina (deesdae Musina) ontmoet, waar Sarel begin skoolhou het as Geskiedenisonderwyser. Emmie het in die skoolkantoor gewerk. Die beginjare was maar moeilik, maar hulle kyk met vreugde terug op ‘n gelukkige en suksesvolle lewe. Soos Sarel sê: “Ons het die genade ontvang om nooit ‘n gesinslid deur ‘n erstige siekte te dra of deur die dood te verloor nie.
K l i p p i e s
Mag die jare wat julle nog vir mekaar en vir jul familie gespaar bly, steeds vir almal vreugde bring. Dit was lekker om by julle te kuier - ons maak weer so.
Daar’s sewe klippies in jou sak Deur die Here vir jou ingepak Sodat jy ene weg kan gooi Vir elke tiende jaar voltooi.
As uit jou hand die vierde val, Dan vlek die grys jou slape al, En dit wat in die sak oorbly, Te min om als gedoen te kry.
Daar is natuurlik taai kalante, Jy sien hul soms in die koerante, Wat net nie wil die emmer skop En eers na honderd om sal dop.
Eerste klippie, geen probleem Die spel sal donkiejare neem, Dink ons in ydel kinderwaan Die lewe gaan vir ewig aan.
Dan kom jy by halwe honderd, Nou galop die tyd bed….d, En na die bult-op lewenspad, Beginne jy die afdraand vat.
Of jy nou tot vervelens lewe, Of tata sê hier rondom sewe, By watter klip jy ookal stop, Gaan sal ons, die tyd raak op.
Op twintig waai die tweede klip, Yl van snor en rooi van lip, Windmakerder kan jy nie kry, Wat ek wil, skuld die wêreld my.
Voorlaaste klippie nommer ses Glip uit die sak voor jy sê mes Die wat gewerk het vir ‘n baas Kry sy persent en groet vir laas.
Ons wens jou dus ‘n sakvol klip, Genoeg vir daardie honderd trip En vreugde in jou kook en bak, Tot jou knieë daar op oudag knak.
Klippie drie die laat jou dink,Vir dertig jaar het jy rinkink,Vier sewendes is daar nou oor, Om op te maak vir tyd verloor.
O wee, o wee, nou klippie sewe, Skriftuurlik het jy klaar gelewe, Daar kom nou veel genade kortVir die wat dalk wil tagtig word.
Nou ja, ou maat, daar het jy dit, Al wat ons nou kan doen is bid Vir gesondheid, liefde en geluk, Met voorspoed vir die oorblystuk!
a a r
Brooklyn Brokkies
11
Persoonlike nuus
Wie is
JY
My eerste Midmar Myl “Hier verdrink ek vandag”, Ronel Stronkorst vertel van haar eerste eerste Midmar Myl swempoging. Na maande se oefen (en worry) het die groot dag op 9 Maart 2013 uiteindelik aangebreek, ek tree aan saam met die res van Team Rubber Duckie vir die 40ste Midmar Myl. Ons swem in die 3de item, die niekorporatiewe spanne. Team Rubber Duckie bestaan uit 5 swemmers: ek, my skoonsussie Emmare, haar broer Jannie en sy vrou Charine en haar swaer, Carlo. Ons item word aangekondig en ons 5 met ons groen swempette staan nader. Ons taktiek is om laaste in die water in te gaan, sodat die haastige swemmers maar eerste wegkom en ons nie raak skop op pad verby nie. Om in ‘n dam te swem is glad nie soos in ‘n swembad nie. Eerstens is die water bruin en jy kan nie die bodem sien nie (glo my dit maak nogal ‘n verskil) en daar is golfies en deinings en petroldampe van die bote. Die eerste 400m was ek nogal paniekerig, my vryslag wou net nie regkom nie en ek het gedink: “hier verdrink ek vandag”. Die feit dat ek bysiende is en maar hoop dat ek in die regte rigting op pad is, het ook nie gehelp nie. Toe ek besef borsslag werk vir my, ek kan beter sien waarheen ek gaan, het alles sommer beter geword. Op die ou end was ek die 3de swemmer van ons span om klaar te maak met ‘n tyd van 43min 16sek. Hoe meer tyd sedert die swem verloop, hoe lekkerder word dit. En ja, volgende jaar maak ek weer so! Ek was nie die enigste swemmer uit Brooklyn-gemeente nie, behalwe my skoonsussie, Emmare Stronkhorst, het Wouter & Melanie Potgieter, Alma McGill en Estie Delport ook geswem.
?
As jy in jou groei suksesvol wil wees, moet jy weet van waar jy wegspring. Die bestuursdeskundige, Ken Blanchard, het vier onwikkelingsfases voorgestel, elke fase met sy eie behoeftes. In watter klas val jy op die gebeid waar jy wil groei? Entoesiastiese beginner: Jy het iemand nodige wat jou rigting kan help gee. Ontnugterde leerder: Jy het iemand nodig om jou op te lei. Bekwaam maar versigtig: Jy het ondersteuners nodig om jou aan te moedig Selfstandige presteerder: Jy het mense as hulpbronne nodig om jou drome te verwesenlik. Soek mense wat jy nodig het om jou by te staan in die groeifase waar jy jouself bevind. Moet nooit vergeet nie; Die mense naaste ann jou bepaal jou vlak van sukses. Geneem uit: Die Keuse is Joune- John C Maxwell
“Kyk noukeurig na die nouste verbintenisse in jou lewe, want dit is die rigting waarin jy op pad is”. - Kevin Eikenberry
Leadership
Crucibles of leadership “ Crucibles force leaders into deep self-flection, wher they examine their values, question their assumptions and hone their judgement. It is the combination of hardiness and ability to grasp context that, above all allows a person to not only survive and ordeal, but to learn from it , and to emerge stronger, more engaged , and more committed than ever. These attributes allow leadersto grow from their crucibels, instead of being destroyed by them – to find opportunity where others might find only despair. This is the stuff of true leadership.” - Warren G Bennis and Robert J Thomas 12
Brooklyn Brokkies
Resensies Jesus MD: A doctor examines the Great Physician. Stevens D, Lewis G. Grand Rapids: Zondervan; 2001 Resensie deur
Magriet Lee
If you want to walk on water you have to get out of the boat John Ortberg Presbiteriaanse predikant en kliniese sielkundige. Zondervan 2001 Resensie Linda van Vuuren
.
What kind of physician would Jesus be? The orthopaedic surgeon will argue that He is a fellow doctor, because he made the lame walk and the “bowed” to stand straight (Luke 11:11-13), while the Internist see Him as a colleague, because he healed the people with heart failure (Luke 13:2-4). “He made the blind to see” (Luke 18:35-43) says the ophthalmologist and He was also a neurologist, because he cured the man with palsy (Luke 5:18-25). He cured the deaf (Luke 7:22) like an Ear- Nose & Throat specialist, and the doctors from the CDC can proclaim Him as an Infectious Disease specialist. He paid a lot of attention to children (a paediatrician), acted like a GP, because he healed whole families and worked in the community. He healed the mentally ill like a Psychiatrist and was a gynaecologist when He healed the woman with the issue of blood. Even the OR and ER doctors see a lot of similarities of Jesus’s practice to their worlds. Jesus is the ultimate doctor and is still practicing. Dr David Stevens had the calling early in his life to become a missionary doctor and his eleven years at Tenwek Hospital in Kenya was a lot more than the experiences of a doctor far from the USA. In Jesus M.D. Dr Stevens shares the insights he has gained into the life of the Great Physician and what it means to follow in his footsteps. He wrote an inspiring book and explains that Jesus did ward rounds, had His own residency programme, was the preferred provider, was on call, practiced compassion, and specialised in impossible cases. He uses stories from the Bible and his own experiences at Tenwek to explain the relationship between the work of Jesus and the world of today. The work that he and his colleagues did in Kenya – even in creating a hydro-electric power facility at the hospital, illustrates his faith and commitment. Dr Stevens uses familiar situations for every medical student, resident, doctor or patient to look at the
relationship between resident and attending physicians; the overcrowded patient quarters of a missionary hospital; and what it is like to improvise a facial reconstruction. You will gain insights from the life and methods of Jesus in his ministry to desperately needy people two thousand years ago . . . and today.
Dr Stevens is the Chief Executive Officer of the Christian Medical & Dental Associations, the largest faith-based organization of doctors in the USA.
If you want to walk on water you have to get out of the boat As jy nog nie John Ortberg se bekende boek oor Petrus se wonderbaarlike wanderling op die water gelees het nie, moet jy dit nie mis nie. Hy sonder dit uit tussen ‘n lys van onvergeetlike togte en wanderlinge in die Bybel: God in die tuin, Abraham en Izak na Moria, Moses en die Israeliete in die woestyn, Joshua om Jerigo, die Emmausgan gers, Paulus na Damaskus en Jesus na Golgota. ‘n Paar uittreksels: In this book, let Peter’s walk stand as an invitation to everyone who, like him, wants to step out in faith, who wants to experience … the power and presence of God … learn the skills essential to “water waling”: discerning God’s call, transcending fear, risking faith, managing failure, trusting God The kind of assignments God gives in the Bible is always God-sized. They are always beyond what people can do, because he wants to demonstrate his nature, his strength, his provision, and his kindness to his people.... (God called Moses: Go to Pharaoh – the most powerful man on earth. Tell him to let his labour force leave without compensation to worship a god he doesn’t believe in. Then convince a timid, stiff-necked people to run away into the desert. That’s your calling. And Moses said: “here I am.” … the only way Peter would be able to stay afloat was if God took over God helps people’s faith grow by asking them to take the first step. The single command in Scripture that occurs more often than any other is … “fear not.” Hope got Peter out of the boat. Trust held him up. Fear sank him. Everything hinged on whether he was focused on the Saviour or on the storm. John Ortberg het die rare gawe om tegelyk diepsinnig en humoristies te wees. Lees ook in die boek sy interpretasies van Josef en Dawid se lewes en God se opdrag aan Jona, sowel as verskeie hedendaagse ware ervarings. As jy voor moeilike keuses staan, of beproewing beleef, sal jy hier bemoediging en antwoorde vind, en boonop dikwels lekker lag.
John Ortberg – Presbiteriaanse predikant en kliniese sielkundige. Zondervan 2001 Brooklyn Brokkies
13
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
‘n Kykie na ons nuwe
webtuiste
Voorbeeld van landingsblad
Hooftoegang skakels
Toegangskakels aan linkerkant
14
Brooklyn Brokkies
Klankbane van preke in onderste helfte van webtuiste
Aftrekskakels waar onder andere toegang tot Hart en Hand gekry kan word
Brooklyn Brokkies
15
Agterblad
Laaste
Brokkies
Dankie uit die kerkkantoor Rentia vra net en siedaar… Arnline Kuun Baie dankie aan die diensgroep wat fondse beskikbaar gestel het vir die opgradering van ons kerkkantoor. So ook aan Wina wat meubels en muurbehangsels opgetoor het en veral aan die gemeentelid wat met sy gul hart die bouwerk, verfwerk, bedrading en nog vele meer, gedoen het. Rentia vra net en siedaar verskyn die kennisgewingsbord teen die muur! Tydens ‘n besoek aan die kerkkantoor het ek sulke vriendelike glimlagte teëgekom, dat dit duidelik is dat ons twee dames het wat nou soggens met vrolike harte werk toe kom. Voorwaar 'n aanwins vir ons kerk en gemeente.
Die dag toe ek ‘n stukkie grond by die kerk gekoop het! Arnline Kuun skryf oor haar “belegging”
Shavethon malheid vir
Cansa Riandi Malan vertel meer oor kaalkoppe en kleurkoppe Wat ‘n lieflike dag! Op 2 Maart is ons 7 uur die oggend op (meeste van ons) om die dag aan te pak. Ons het twee vroue se kosbare hare moes afskeer, maar gelukkig het genoeg vroue hulle hare ook behou! Dit was pret om mekaar met kleur te spuit en toe die gekleurde gel ontdek is, was dit net chaos! Ons het ook hier en daar nuwe haarkappers in ons midde ontdek asook vele kinders wat ma se kop wou spuit. Met gekleurde hande en hare verlaat ons laat middag Hillcrest Boulevard oppad om onsself ‘n paar keer te gaan was. Tonne pret en glimlagte het van die dag ‘n sukses gemaak. Dankie, Arrie, vir jou moeite en ook aan almal wat die dag gehelp het! Veral dankie aan ons slagoffers wat gesorg het dat ons ‘n mooi bedraggie aan Cansa kon oorhandig.
16
Brooklyn Brokkies
Met Bybel en handsakkie in die hand, loop ek rustig na die kerkdeur, maar in plaas daarvan dat ek die kerk binne stap, val ek die kerk toe binne. Soos wat ek na benede gaan sien ek die trapmuurtjie se hoek nader kom en toe tref ek moeder aarde! My skoene is uit, my handsak lê eenkant, my gesig is seer en ek bewe soos 'n riet. “Tannie, kan ek help?” vra iemand hier bokant my. Ek probeer op my knieë kom, maar hulle is so seer ek kan nie daarop stut nie.Tiaan Terblanche en vele ander hys my toe uiteindelik regop. Het jy seergekry, vra almal, maar ek is so verskrik dat ek nie behoorlik kan dink nie. Voorwaar ek is op my ouderdom kaalvoet die kerk in en sit gemaak op die bank. Hettie Henning wat saam met haar dogter reeds in die kerk was, vee my oog af wat aan die bloei is en vat my hand styf vas. Kom ek bid net gou vir jou sê sy en voeg die daad by die woord
. Toe ek my oë oopmaak staan iemand met 'n glas water voor my en nog iemand met 'n rol toiletpapier wat Hettie toe dadelik om my elmboog begin draai want beide is aan die bloei. Johan de Beer gee op daardie oomblik soos 'n wafferse heer my skoene vir my aan en Wilma vra of ek nie liefs huis toe moet gaan nie. ‘n Bietjie kalmer teen hierdie tyd, besluit ek om rustig te bly sit en die preek as my steunpilaar te gebruik. Dit het goed gewerk hoewel dit baie seer was om elke keer op te staan. Ons predikante preek gereeld oor betrokkenheid in die kerk en teenoor mekaar. Voorwaar, ek het daardie dag gemeentehulp en naasteliefde in oorvloed ontvang! My voordeel is dat ek sodoende ook 'n paar liewe mense se name leer ken het. Baie, baie dankie aan julle almal wat my weer “op die been” gehelp het.
Jip-jip vir nuwe Afrikaanse woordeskat Per e-pos ontvang, verwerk deur Johanna Hellberg ‘n Vakhoof by Hoërskool Richardsbaai het ‘n paar jaar gelede begin om die kinders aan te moedig om ‘n Wilde Woordeboek in Afrikaans te begin. Van hierdie woorde het al mooi in die volksmond kom lê (bv vloermoer) en jaarliks vergroot hulle hul lys. Hier is ‘n paar wat tot ons gespreek het: Volgende keer as jy spare ribs wil bestel, vra vir die kelner om vir jou vleiskitaartjies of otgenot te bring en kyk wat gebeur! Ons ken almal iemand wat weens gesondheidsredes geboard is. Wel, in die nuwe taal is so ‘n persoon onklaar verklaar. Ons weet almal hoe dit voel om deur ander “rond geshunt” te word. Wel, waarsku so ‘n persoon dat hy nie jou handvatsels moet glad vat nie. En wat van die arme softy wat ‘n sponskind genoem word of die nerd wat bekend staan as ‘n fundivakie. Die meerderheid in hierdie gemeente is al
by druktyd (sweet sixteen) verby. ‘n Student kan wonder of sy blindederm lank genoeg is om met die dosent te gaan praat (of hy die guts sal hê) – veral as hy nog aan ’n bewerlewer (hangover) ly. Verryk ons taal en hou dit suiwer!
In ligter trant Twee predikante, kom ons noem hulle argumentsonthalwe Fanie en Danie, gaan op ‘n hengelvakansie Nambië toe. Die eerste oggend ry hulle ‘n end strandlangs en kom by die plek waar hulle weet die visse sal wees. Hulle begin die hengelgereedskap gereed kry en skielik besef Fanie sy . aasmes lê nog in die voertuig. Hy stap om dit te gaan haal en toe hy terugkom vra hy vir Danie of hy dan nog nie ingegooi het nie. “Nee”, antwoord Danie. “Ek soek nog na die glase.”