Hart en hand 17 augustus 2014

Page 1

17 Augustus 2014

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Spanningsvolle kontras opgelos Ds Johannes Bingle

In hierdie bedeling van spanningsvolle kontraste is God nie afwesig nie. Hy werk juis met kontraste. Maar Hy los ook die spanning op wat dikwels in teenpole skuil. Dit word in die naamgewing van ’n verbondskind in Genesis 35:18 en verder deur die loop van die openbaringsgeskiedenis op ’n besondere wyse deur die Verbondsgod gedoen en deur die Heilige Gees laat opteken. Hy regeer oorwinnend en niemand kan Hom keer om dit te doen nie. En uiteindelik sal daar geen moedbrekende onheil meer wees nie!

Aanddiens

I am not ashamed of the gospel Prof Derrick Mashau Troyestraat

God verkry vir Hom ’n gemeente deur die bloed van sy Seun Ds Fanus Heystek

Die opstanding van Jesus was so ’n oorweldigende gebeurtenis dat die gelowiges vir lank net daaroor met ander kon praat. Wat het die opstanding egter moontlik gemaak en wat het daardeur gebeur? Vir die antwoord daarop lei die Heilige Gees Paulus na die bloed van Christus. So kom uiteindelik die KRUIS na vore as die fondament waarop die verlossing rus.

Eredienste Duxbury: 09:30 Ds Johannes Bingle Skriflesing: Genesis 35:16-20 (18) Sang: Sk 3-3:1, 2, 3, 4 Sk 3-3:5, 6 Ps 19c:4 Ps 68a:12, 13 én Sk 2-2:2 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Prof Derrick Mashau Skriflesing: Romeine 1:18-17 (16) Sang: Ps 40a:4 Sk 14-3:1, 3, 4

Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Handelinge 20:22-32 (28) Sang: Ps 116:7, 10 Sk 10-1:1, 2 Lb 168:1, 3 Sk 5-4:1, 2 Lb 241:1, 2 Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD- formaat beskikbaar.


Dagboek

Vandag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Woensdag: 18:00 Diakonie 19:00 Kerkraad Saterdag: Kameeldriftdamesoggend

Gelukwense

Die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie, en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie, sê die Here wat jou liefhet (Jesaja 54:10).

Troyestraat Christelike Sentrum  Woensdag 20 Augustus: Harmoniehof om 10:15 (Bybelstudie/kleingroep)  Woensdag 27 Augustus: Troyestraat: Openbaring 8 (direk ná tee)

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

17/8

Leonie

du Plessis

079 902 2794

17/8

Irma

Eloff

083 952 4764

17/8

Linda

Erasmus

012 333 5346

17/8

Flo

Mennega

012 341 0499

18/8

Ruani

Breytenbach

083 660 1839

18/8

Andre

Labuschagne

079 988 9469

18/8

Yolani

Steenekamp

083 338 0190

18/8

Kobie

Venter

082 459 5982

19/8

André

Pienaar

072 184 2251

19/8

Peet

van der Schyff

012 348 2467

19/8

Karin

Venter

082 459 0079

20/8

Louis

Kruger

083 375 4991

20/8

Mitze

Scheepers

082 376 9182

20/8

Sanette

Schreurs

012 460 0165

20/8

Nilo

Thiart

012 332 3631

21/8

Marita

Scheepers

082 871 5098

22/8

Lizanie

Coetsee

078 341 9334

22/8

Lize

van der Walt

012 348 8210

Bedanking

22/8

Gerda

Venter

072 316 8127

22/8

Flippie

Volschenk

082 691 0740

23/8

Ubert

Bolsens

072 688 2866

Baie dankie vir die kaartjie en gelukwense met my 92ste verjaarsdag. Dit word opreg waardeer. Babs Prinsloo.

23/8

Chloe

Breebaart

012 460 4270

Ter approbasie As ouderlinge: Peet Langley, Danie Bakker, Jan Dekker, Fanus Nortje en Marinus van der Hout.

Siekte Oom Tjaart Bosua is na die Intercarenasorgkliniek in Irene oorgeplaas en tannie Mintje Bosua (083 490 3225) is in die Unitas-hospitaal opgeneem. Ons bid hulle die krag en seën van die Here toe. Mariechen Schulze is steeds in die hospitaal. Ons dink aan haar is ons gebede. Ons is bly om te kan sê dat dit goed gaan met Henk Koelman en ons glo en vertrou hy is sommer gou weer op die been!

Onthou ‘n Aand van ligte musiek, jazz, soliste en ensemblewerk word op 29 Augustus in die kerkgebou aangebied. Bring iemand van ver, naby, vriende en families saam en kom geniet die musiek


Voorbidding

Libië Afval en seerkry “Weet jy wat is afval?” vra André en kyk na die pakkie wat die slagter aan sy ma gee. “Afval is seerkry,” antwoord Johan. Vir die stadskind het “afval” ’n heel ander konnotasie. Ons weet almal hoe val en afval voel. Dit hang net af van hoe ver of hoe diep om te bepaal of dit ons ego’s of ons siele is wat geskaad is. Kaïn en Saul is voorbeelde van ’n ewige val as hulle van die Here vergeet. In teenstalling daarmee pleit Dawid in Psalm 51 vir God se genade nadat hy owerspel gepleeg het. Sy dade word vergewe. Die donker diepte wat ons soms bekruip en wil versmoor, maak dat ons glo dat ons van alle hulp verlaat is. Ons weet dat daar troos is soos Job 5:6 sê: “Ellende kom nie sommerso uit die grond ..., swaarkry skiet nie sommer uit die aarde uit op nie”, selfs in die diepte: “Dit is my troos in my ellende” (Psalm 19:5) wat die Hoop in ons lewendig hou. Ons hoef net te val tot op ons knieë. Selfs vir die moordenaar langs Christus aan die kruis is hy in die laaste oomblikke van sy ewige val gered.

Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “GroepSonder-Naam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lankbeloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!

Datums vir 2014: 11 September, 9 Oktober en 13 November

Tegniese spanlede

Bid vir Libië, in die besonder vir wyse leiers wat sal help om ’n stabiele land te vestig waarin mense veilig en vry is om te leef, insluitende Christene. Hoewel dit nie eintik in die sekulêre media verkondig word nie, is hierdie land op die rand van anargie.

Diensgroep vir enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.

Dissipelskapkafee 18 Augustus Die Bybel: Geskiedenis van die Bybel Aanbieder: Paul 25 Augustus Die Bybel: Hoe moet ek die Bybel lees? Aanbieder: Paul

Pannekoek Op Vrydag 29 Augustus om 10:00 gaan die Troyestraat-susters lekker pannekoek bak. Kom geniet ’n gratis koppie tee of koffie en koop ’n kaneelsuiker-pannekoek teen R3 of ’n vleisvulsel-pannekoek teen slegs R5. Bring ’n bakkie en neem ’n paar pannekoeke saam huis toe. Bel Susan Heystek by 012 542 3662 of Hanneke Joubert by 012 341 3020 vir navrae.

Sestigplussers Ons volgende byeenkoms vind plaas op Donderdag 28 Augustus. Hou Hart & Hand dop vir verdere besonderhede.

Daar is dringend nog mense nodig in die tegniese span wat help om op Sondae die eredienste se klank- en Psalmvoorleggings te bestuur. As jy weet hoe ’n klankbord werk of wil leer hoe een werk, kom praat met Braam van Zyl, Andries Scheepers of Werner Pieterson.


’n Groter tent

Jesaja 54:1-8 (:2) Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 10 Augustus 2014) Die gebed van Skrifberyming 20-1:6 is langer as ses jaar hier in Brooklyn gebid: Plant U self Here, die kerk van Christus voort ... Op Saterdag 9 Augustus was ons die blye getuies van jare lange gebede wat deur ons Here verhoor is: ’n nuwe kerk is geplant in die hartjie van Sunnyside. New Life City Church is ’n multikulturele kerk, in kultuur en liturgie so totaal anders as die tradisionele wat ons ken, maar in teologie en geloof suiwer gereformeerd – deel van die familie van Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Wat meer kan ons sê as die tema van daardie grootse geleentheid: Rejoyce! Wees bly, juig, jubel, halleluja! Kerkstigting is nie mensewerk nie. Christus versamel, stig en bewaar sy kerk (Heidelbergse Kategismus, Sondag 21: vraag en antwoord 54) en daarom het niemand van ons enige reg, bevoegdheid of aanspraak daarop om te roem op wat ons hier vanuit Brooklyn reggekry het nie. Alle eer kom ons Here toe! Jesaja 54:2 stel dit baie duidelik: God bevestig deur die beeld van tentseile wat wyer gespan moet word ons roeping om as gemeente met geloofsmoed en geloofsverantwoordelikheid betrokke te wees by die uitdra van die Groot Opdrag: Gaan dan heen ... Ons kan niemand self tot bekering lei nie, net God kan. Om die beeld van die groter tent te gebruik: dit is Hy wat deur die werking van die Heilige Gees sy tent (kerk) vol maak. Tog gebruik Hy ons, mense, as instrumente en medewerkers in sy diens. Hoe groter die tent, hoe langer en dikker moet die tenttoue en hoe dieper moet die tentpenne ingeslaan word. Deur hierdie beeld word ons geleer om krag vir ons roeping in Christus se oorwinning oor die duiwel te vind. Satan probeer soos ’n stormwind “tente” uitmekaar skeur en omwaai – hy probeer die kerk wat Christus tot stand gebring het, verwoes. Juis daarom moet ons sterk staan en ons krag in Christus soek deur vir die kerk te bid! Tussen al die storms deur leef ons nogtans met die wonderlike troos: Die poorte van die hel sal die kerk van ons Here nooit oorweldig nie!

Augustus-dankoffer 2014 Ons doelwit vanjaar is om R900 000 met ons jaarlikse AUGUSTUSDANKOFFER en die BILTONGFEES in te samel. Briewe in dié verband sal binnekort uitgestuur word. Die BILTONGFEES vind op Vrydag 15 Augustus in die saal van ons buurskool plaas. Kom ons wend ’n spesiale poging aan om ons doelwit van R900 000 te haal met ons DANKOFFER en ons ondersteuning van die BILTONGFEES. Stort asseblief u DANKOFFER in ’n koevert of maak ’n oordrag na die bankrekening van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria, rekeningnommer 540 340 110 by ABSA Bank, met duidelike verwysing na u naam en dat dit bedoel is vir die AUGUSTUS DANKOFFER. Ons berig spoedig in Hart & Hand hoe ons met hierdie spesiale poging vorder.

Kommissie vir Administrasie

Geen nagmaalete Daar is geen nagmaalete op Sondag 24 Augustus nie. In die lig van al die aktiwiteite wat hierdie maand plaasvind, word ons nagmaalete afgestel. Ons eet weer saam met die laaste nagmaal van die jaar. Die Agapé-diensgroep

Rietvallei se LenteBoerefees 20 September vanaf 09:00 by die Zwartkopslapa, Centurion Toegang: R10 per voertuig Dans: R50 per paar Potjiekoskompetisie: 1ste prys: Gratis wegbreeknaweek vir vier mense 2de prys: Gratis kampnaweek vir vier mense 3de prys: ’n Kas wyn Beoordelaar: Ben Kruger (Okkie van Binnelanders) Stalletjies, gesigverf, spring-kasteel, pret en plesier vir die hele gesin Koelhouer/mandjiedans: 19:00-23:30


GESAMENTLIKE UITREIKAKSIE VAN PRETORIA-GEMEENTES georganiseer deur die Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin

DAMESOGGEND 27 September 2014 Op 27 September 2014 vind ons damesoggend ten bate van Huis Hermon-tehuis vir bejaardes plaas. Ons nooi elke gemeente in Pretoria en omgewing om deel te wees van hierdie heerlike poging. Plek: Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin Tyd: 09:00 vir 09:30 Gasspreker: Melanie Vosloo van die tydskrif Leef Tema: Net soos jy is. Elke gasvrou (of gemeente) is verantwoordelik vir die volgende: Die verkoop van 10 kaartjies @ R120.00 per kaartjie; eie breekgoed en glase, tee, koffie, suiker en melk. Die tafels sal gedek en versier wees.

Dit is vir ons noodsaaklik om te weet of u gaan deel in die projek sodat ons ons beplanning kan afhandel. Ons sal dit waardeer indien u ons voor 1 September 2014 telefonies of per e-pos kan laat weet vir hoeveel tafels u susters verantwoordelikheid neem. Daar sal ’n vrywillige donasie tydens die oggend ingesamel word. Bring ook ’n geldjie saam – ons het weer uitstallers! Gemeentes wat nie ’n tafel neem nie, kan steeds by wyse van ’n donasie betrokke wees. Dankie solank dat ons op u kan steun.

Marietjie Nortje Sel: 082 928 9565 Faks: 012 543 0745 E-pos: marietjie@lpartisan.co.za

Dit is vir ons noodsaaklik om te weet of u gaan deel in die projek sodat ons ons beplanning kan afhandel. Ons sal dit waardeer indien u ons voor 1 September 2014 telefonies of per e-pos kan laat weet vir hoeveel tafels u susters verantwoordelikheid neem. Daar sal ’n vrywillige donasie tydens die oggend ingesamel word. Bring ook ’n geldjie saam – ons het weer uitstallers! Gemeentes wat nie ’n tafel neem nie, kan steeds by wyse van ’n donasie betrokke wees. Dankie solank dat ons op u kan Waneer ons aan Bybelverspreiding dink, dink ons gewoonlik aan Bybels vir steun.

Bybelverspreiding … aan kinders

Marietjie Nortje maar moenie van die kinders vergeet nie. ’n Kinderbybel is omtrent grootmense, Sel:dieselfde 082 928 9565 en prys en die volgende is beskikbaar: grootte Faks: 012 543 0745 1. My Eerste Lees en Leer Bybel. Ekstra dik kartonbladsye, 9 gunsteling E-pos: marietjie@lpartisan.co.za

Bybelverhale, volkleur-illustrasies, ideal vir kinders van 2-6 jaar. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu @ R65 by die Bybelgenootskap. 2. Lees en Leer Kinderbybel. Vir kinders 7-12, al die gunsteling-Bybelverhale, volkleur-illustrasies, voetnote en merklint, 544 bladsye wat maklik lees. Beskikbaar in Afrikaans en Engels @ R115 by die Bybelgenootskap. 3. Kinderbybels. Vir kinders 9-12, hardeband, volkleur-illustrasies, 256 bladsye. Beskikbaar in Suid-Sotho, Xhosa en Zulu @ R59 by die Bybelgenootskap. 4. Kinders van God. 50 Bybelverhale soos vertel deur aartsbiskop Desmond Tutu. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Tswana, Sotho en Sepedi (NoordSotho) @ R80 by die Christian Literature Fund, Wellington. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel Stronkhorst by Brooklyn Bybelbank na kerk tydens koffie en tee drink.


Verruklike middagetes Dit is weer tyd vir die bekende middagetes van die Departement van Verbruikerswetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Op die spyskaart: ’n driegangmaaltyd geïnspireer deur die eetgewoontes van ’n spesifieke land, ’n glas wyn, ’n glas sap en koffie en tee. Wanneer: Elke Dinsdag en Donderdag Waar: Eat@UP in die Old Agricultural Building op die Hatfield-kampus Koste: R105 per persoon Tyd: 12:30-14:00 19 Augustus: Italian cuisine 21 Augustus: French cuisine 26 Augustus: German cuisine 28 Augustus: Peruvian cuisine Slegs 60 kaartjies per ete beskikbaar. Kontak Renée by 079 516 0959 vir kaartjies en enige verdere inligting.

Neem asb. kennis dat die parkering soos aangedui op die lugfoto van die terrein van die Gereformeerde Kerk Brooklyn en die Saint Mary’s School for Girls slegs vir busse bedoel is. Gemeentelede word versoek om nie van hierdie parkering gebruik te maak nie

BUSPARKERING Saint Mary's Diocesan School for Girls Slegs vir busse

HOU JY VAN

MUSIEK ?? ’n Pragtige program van jazz tot ligte musiek, ensemblewerk en soliste word op 29 Augustus hier in ons kerkgebou aangebied en dit is gratis! Ligte verversings word na die program aangebied.

Onthou 29 Augustus van 19:00 tot 20:00

Kom geniet ‘n dankiesê-aand ná die biltongfees


ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR

3. DIE WASLYN

word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za

Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596

2. MEENTHUIS TE HUUR: EQUESTRIA Netjiese tweeslaapkamereenheid met aparte sitkamer, eetkamer, kombuis met marmerblaaie en kersiehoutkaste. Tuin is ruim met besproeiingstelsel en tuindienste. Huur: R6 500 per maand. Beskikbaar van 1 September 2014. Kontak Adrie van Dyk by 082 850 6784.

4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’ Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.

5. FASILITEERDER BENODIG

’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za

Lees ... in hierdie uitgawe van Die Kerkblad

Teken nou in op Die Kerkblad.

Bestaan die duiwel regtig? Indien die duiwel wel bestaan, is hy ʼn persoonlike wese of net ʼn bose mag? Prof Callie Coetzee skryf hieroor in Redaksioneel. Dr Danie de Kock skryf in hierdie uitgawe oor huisgesinne as boustene van die kerk. In hierdie uitgawe begin ʼn reeks artikels oor die vrug van die Gees, geskryf deur prof Ben de Klerk. Die eerste artikel handel oor die wortel waaruit die vrug van die Gees groei. Trauma het die vermoë om binne ʼn paar sekondes mense in hul diepste wese te skud en aan te tas. Lees wat prof Wentzel Coetzer skryf oor die verwerking van trauma. Ds Gerhard Niemann skryf in “Die strand van glas” hoe die Here die mooi uit die slegte in ons lewe tevoorskyn bring EN NOG BAIE MEER.

Skakel Angie Mokobi by 018 297 3986 vir meer besonderhede of e-pos tydskrifte@gksa.co.za

Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

WEBtuiste

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum Plek 17 Duxbury Aug

Diensbeurt Ouderling Colin Cameron Diaken Steyn van Wyk

17 Aug 24 Aug

Troyestr

Nagmaal

Duxbury

Ouderling

Troyestr

Fanie van der Schyff

kantoor@gkbrooklyn.org.za

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

24 Aug

Predikante verbonde aan die gemeente:

Diaken Walter v.d. Merwe Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Trans-Oranje Instituut vir Buitengewone onderwys

Skinkbeurt Janneke

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds

Soekie/Sanet

INTREEPREEK Ds Chris de Beer sal DV op Sondagaand 7 September sy intreepreek as nuwe predikant in die Gereformeerde Kerk Brooklyn lewer. Meer besonderhede sal binnekort in Hart & Hand bekend gemaak word.

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.