Hart en hand 26 oktober 2014

Page 1

26 Oktober 2014

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

God se Woord is ons riglyn na Christus vir ons lewenspad tot en met die wederkoms Daniël Maritz (Teologiese student)

Sola Scriptura… Een van die slagspreuke wat tydens die reformasie geheers het. Die reformatore het weer opnuut teruggegryp na die Woord van God – na die Skrif! Hulle het besef dat alles aan die Skrif gemeet moet word. En nou die vrae aan ons vandag: Watter rol speel die Bybel in ons elkeen se lewe? Besef ons altyd dat dit werklik die Woord van God is, of hanteer ons dit soms maar soos enige ander boek op ons boekrak? Lees ons dit om werklik die Here beter te leer ken, of lees ons soms maar net ons Bybel om dit agter die rug te kry? Aanddiens (Kerssangdiens)

Die Jesus-gesindheid: ’n skokkende verhaal Chris de Beer

In die kersfeestyd is mense se fokus op baie dinge, maar selde op dit waaroor dit regtig gaan. Die verbruikerskultuur waarin ons leef, neem so maklik mense se fokus weg van die wonderlike verhaal wat die Bybel ons vertel. Die verhaal oor die “Jesus-gesindheid.”

Eredienste Duxbury: 09:30 Daniël Maritz (Teologiese student) Skriflesing: 2 Petrus 1:1-21 (19) (83-vertaling) Sang: Ps 145a:1, 2, 4, 5 Lb 169:1, 2, 3 Ps 119b:18, 19 Sk 14-1:1, 2, 3 Sk 13-3 Amen Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Matteus 1:1-6; 18-25 Lukas 2:1-20 Sang: Sk 4-1:1, 3, 6 Sk 4-4:1, 3, 4 Sk 4-6:1 Sk 13-3 Amen Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFA Mg en in CDformaat beskikbaar.


Dagboek

Sondag: Jeug-kleingroepe afsluiting Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Donderdag: 19:00 Nuwe lidmate

Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag 29 Oktober: Huisbesoek by lidmate wat nie in aftreeoorde woon nie.

Gelukwense

Naasteliefde

Hy het Israel onder hulle uit gelei met ’n sterk hand en uitgestrekte arm. Hy het die Rietsee oopgekloof en Israel veilig laat deurtrek. Aan sy liefde is daar geen einde nie (Psalm 136:11-14).

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-

26/10 26/10 26/10 27/10 27/10 27/10 28/10 28/10 28/10 29/10 29/10 29/10 29/10 30/10 31/10 31/10

Renate Hendrik Peet Magriet Jaco Theuna Louis Ina Jan Flip Corien Ian Bettie Jacolene Hestie Abri

Burger J v Rensburg Langley Goosen Pienaar Stoltz de Klerk Herbst v.d. Merwe Krüger Mitchell Mitchell Wiechers Lubbe Krüger Meyer

083 751 7585 072 225 6245 079 640 8855 083 232 9443 083 651 4394 082 534 1167 082 229 9829 082 488 5464 082 314 1941 082 334 4422 083 989 8650 082 782 5463 082 517 0863 084 763 5417 012 346 3612 084 607 1108

Hervormingsdiens Ontvang hiermee die uitnodiging na die gesamentlike Hervormingsdiens vir Klassis Oostelike Pretoria DV op Sondag 26 Oktober 2014 om 18:30 by GK Derdepoort. Ná die erediens, wat gelei word deur ds Cassie Aucamp, sal ’n kort herdenkingsprogram aangebied word. Verversings sal ná afloop van die verrigtinge in die kerksaal beskikbaar wees.

gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Voorbidding:

Indonesië Ten minste 23 kerkverwante voorvalle regoor Indonesië is tussen Desember 2013 en Mei 2014 aangeteken, soos brandstigting of plundering van kerke. Bid vir wysheid vir die kerkleiers wie se kerke deurgeloop het en dat gelowiges aan die Here sal bly vashou.

Dissipelskapkafee Maandag 27 Oktober 2014 Die ongemaklike Waarheid van koninkryk van God. Suid Afrika in ‘n ekonomiese krises Die moontlikheid van Koninkryksekonomie

die

‘n


Besoek aan Suid-Soedan Ds. Malan van Rhyn vertrek DV Maandag 27 Oktober, in opdrag van die Deputate Ekumeniese Sake (buitelands), na Juba in Suid-Soedan. Sedert Desember 2013 het daar burgeroorlog in Suid-Soedan uitgebreek. Ds. Patrick Jok het laat weet dat verkeie lidmate in die geweld gesterf het, asook predikante en evangeliste. Ongeveer ʼn miljoen mense is ontwortel en het alles verloor. Die lidmate van die Sudanese Reformed Churches (SRC), met wie ons kerklike eenheid het, het of na buurlande gevlug of woon tans in haglike omstandighede in vlugteling kampe. Geen oeste kon geplant word nie en hongersnood dreig. Na ʼn brief wat ds. Malan in samewerking met die Deputate vir Diakonale Sake aan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika geskryf het, kon hulle ʼn groot bedrag insamel om hierdie kerkverband, die SRC, en sy lidmate te ondersteun – R 174 000! Christ’s Children Foundation in Amerika het hiervan gehoor en die bedrag verdubbel! Hulle betaal ook ds. Malan se reis en verblyfkoste. Hy gaan dus nou Suid-Soedan toe om soveel as moontlik van die lidmate in kampe te besoek en te bemoedig en so ons meelewing te betuig met hulle, asook om met die leierskap van die kerk te vergader en ʼn plan op te stel hoe die fondse aangewend kan word om die nood te verlig. Hy sal in Suid-Soedan wees van Maandag tot Vrydag (27 - 31 Okt.) en probeer om soveel as moontlik lidmate in Juba, Malakal, Bor en Bentui te besoek. Vrydag (31 Okt.) vertrek hy na Nairobi in Kenia. Hy sal Sondag daar preek in ʼn Reformed Church. Van Maandag af woon hy ʼn traumaberadingskursus by saam met die leierskap van die SRC wat deur die Christian Reformed Church vir hulle aangebied word (rev. Mwaya wa Kitavi reël dit). Dit sal ook die ideale geleentheid wees om dan saam ʼn plan op te stel om die fondse aan te wend om die nood te verlig in Suid-Soedan. Ds. Malan keer DV Donderdag, 6 November, terug U voorbidding vir ʼn veilige en geseënde reis word gevra. Dr. Douw Breed (Voorsitter: Deputate Ekumeniese Sake – buitelands)


AUGUSTUS DANKOFFER

Bydraes

REEDS ONTVANG

Geleentheid

LIDMATE KAN STEEDS BYDRAE

Bydraes wat reeds tot die Augustus dankoffer gemaak is, is met groot dankbaarheid teenoor God ontvang Daar is egter nog tyd en ‘n geleentheid om dankoffers by te dra. Sodoende is dit moontlik dat die geraamde mikpunt bereik kan word

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Finansies: Ontvangste 2014-2015 finansiële jaar MAANDELIKSE

BEGROTING

R246 450

AUGUSTUS

Tydperk

MAART-JULIE 2014 BEGROOT

R1 232 250

werklik

R1 200 633

TEKORT

R31 617

DANKOFFER

R116 000

Ontvangste Maart-Julie 2014

NETTO INKOMSTE

BILTONGFEES

R110 000


Ons Vader ... naby en ver Jeremia 23:23 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 19 Oktober 2014) Romeine 8

Afstand bring skeiding. ’n Pa wat byvoorbeeld van sy huis af na ’n ander plek reis, laat sy gesin alleen by sy huis agter en omdat hy weg is, kan hy ook nie help as daar ’n krisis by sy huis opduik nie. Jesus leer ons in die bekende Onse Vader-gebed dat ons ’n Vader in die hemel het wat ons nooit alleen laat nie. In Romeine 8:15-17 word genoem dat ons deur die inwerking van die Heilige Gees vir God “Abba” mag noem, dit beteken Vader, Pa, Pappa, Pappie. Wie “Abba” sê, erken daardeur: ek is sy kind (Romeine 8:16), ek is begenadigde (Romeine 8:33), ek is kosbaar in sy oë (Romeine 8:28), ek het boeties en sussies in die geloof (Romeine 8:29), ek het die sekerheid van ’n hemelse Vaderhuis (Romeine 8:17) en niks kan my ooit van my Vader se liefde skei nie (Romeine 8:38,39). Die sekerheid wat ons daardeur ontvang, is dat ons sy kinders genoem mag word. Anders as ’n aardse pa wat, as hy sy huis verlaat, sy geliefdes alleen agterlaat, is ons Vader wat in die hemel dáár is altyd ook met elkeen van ons híér waar ons ook al is. Hy is immers ons Vader wat altyd naby en ver is (Jeremia 23:23, 24). Hy is Vader op my persoonlike lewenspad, maar Hy is ook Here van die ganse mensdom. Hy is Vader vir elkeen wat ly en vervolg word, maar Hy is ook Regter oor die bose magte. Hy is Vader vir elkeen wat moedeloos is en tot Hom vlug, maar Hy is ook Regeerder van alles en lei sy hele skepping na hemelse heerlikheid. Ons het ’n hemelse Pa wat altyd naby en ver is. In hierdie lewe met al sy swaar en seer, is jy nooit alleen nie. Glo dit!

Al ooit gewonder: Waar woon God ...waar is sy huis? Lukas 11:2 – Jesus sê: Ons Vader is in die hemel. Jesaja 66:1-2 - die Here sê self: Die hemel is My troon en die aarde die rusplek vir My voete. Joshua 22:19 – God woon in die tabernakel. 1 Konings 8:13 – Salomo sê: Here, ek bou vir U ’n waardige huis (tempel) waar U altyd kan woon. Handelinge 7:48 – Stefanus .. nee, God woon nie in tempels nie. Deuteronomium 33:16 – Moses: God woon in ’n doringbos. Psalm 9:12 – Op Sionsberg. Psalm 135:21 – in Jerusalem. Esegiël 43:7 – eenvoudig onder die kinders van Israel. 1 Konings 8:12 – God self sê Hy wil in duisternis woon. 1 Timoteus 6:16 – Paulus: God woon in ontoeganklike lig. Psalm 68:7 – God woon in ewigheid. Johannes 1:14 – die Woord het onder ons kom woon. Efesiërs 3:17 – Jesus Christus woon in ons harte. Romeine 8:9 – die Heilige Gees woon in ons. Romeine 8:10 – Jesus IS in ons. Waar woon ons Here dan nou eintlik? Jesus sê: God woon nêrens nie, God IS. Die woordjie “woon” is ’n aardse term wat ons verstaan en nou word dit in die Skrif as beeldspraak gebruik om ons iets van God se wese te laat verstaan. (In die teologie word hierdie wyse van beskrywing “antropomorfisme” genoem.) Al hierdie tekste van waar God “woon” beklemtoon maar net een enkele waarheid: God is alomteenwoordig! Gaan lees gerus Psalm 139 deur.


God se voorsienigheid

Genesis 37:12-36; 39:1-23 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 19 Oktober 2014)

Wat maak ons wanneer ons God nie so intens ervaar in ons lewe nie? Een ding wat ons kan doen, is om stil te staan by Josef se verhaal en daaruit te leer. Josef se lyding:  Sy broers gooi hom in ’n put, wil hom  doodmaak en verkoop hom uiteindelik (37:23-27).  Hy beland onskuldig in die tronk (39:10-19).  Die mense vir wie hy help, steek hom in die rug en vergeet hom (40:20-23). In tye soos hierdie het gelowiges veral perspektief van God se voorsienigheid nodig. God se voorsienigheid: A. God werk altyd met ’n plan vir sy kinders! In Josef se verhaal sien ons dit duidelik raak. Die Here het geweet daar is sewe maer jare wat vir Egipte en die omliggende lande voorlê. Hy het toegelaat dat Josef deur al daardie moeilike tye gaan, want Hy wou hom onderkoning maak sodat duisende mense uiteindelik gered sou word. God gebruik Josef om sy gesin, Egipte en ander volke te red. B. Die doel van God se plan is om Hom te eer en ons te transformeer In Markus 6:45-51 lees ons hoe Jesus toelaat dat die storm om die dissipels woed. Hy maak nie die storm stil nie, maar loop wel op water na die manne in die boot. Die Here laat soms toe dat ons deur moeilike situasies gaan sodat ons Hom sal eer en in geloof sal groei. Dink bietjie aan die verhaal van Sadrag, Mesag en Abednego. God het nie gekeer dat hulle ingegooi word nie, want Hy wou juis die vuuroond gebruik (Daniël 3).

Wanneer ons perspektief op God se voorsienigheid kry, vorm dit bepaalde vrug in ons lewe:  geduld in tye van teëspoed;  dankbaarheid in tye van voorspoed;  vaste vertroue vir die toekoms. Die dieper vlak Daar is nog ’n rede waarom ons kan vashou aan God se voorsienigheid, want Josef se verhaal het ’n baie dieper vlak. Josef se verhaal wys eintlik na die ware en volkome Josef (Jesus Christus):   

Net soos Josef word Jesus ook deur sy eie mense verraai, verwerp en verkoop. Josef bring bevryding ten spyte van sy lyding, maar Jesus bring bevryding deur sy lyding. Josef wat aan die regterhand van die farao gesit en regeer het, wys eintlik na Jesus waar Hy nou aan die regterhand van die Vader sit en die heelal regeer. Net soos Josef sy broers vergewe het, vergewe Jesus ons ook

Eljadahuis wen:

“Projek van die Jaar” Eljadahuis het begin met ’n groenteverwerkingsprojek waar hulle groente verwerk en dit dan gevries word. Hierdie projek het Solidariteit se Helpende Hand "Projek van die Jaar" gewen. Ondersteun gerus hierdie verdienstelike saak. Al die inligting en bestelvorms is op hul webwerf beskikbaar by eljadahuis@mweb.co.za of telefoon 012 377 0503 of 072 855 8827. Ons voedselprojek gaan ook aan, dus vra ons asb. enige nie-bederfbare kos soos blikkies vleis en vis, pasta, mieliemeel, boksmelk, tee, koffie, toebroodjiesmeer soos Bovril, konfyt en

grondboontjiebotter. Toiletware is ook altyd welkom.


SOSIAAL Nuwe lidmatebyeenkoms

Vooroordeel, veroordeel, oordeel “Ek is nie ’n rassis nie, maar…” “Kan daardie dik vrou nie iets aan haar voorkoms doen nie…” Die Israeliete het ook geglo hulle is die uitverkore volk en neergesien op ander. Veral die Samaritane is as minderwaardig beskou. Jesus breek hierdie vooroordeel as Hy vir die Samaritaanse vrou water vra (Johannes 4) en ook in die gelykenis oor die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:25-37). In Johannes 8 word die owerspelige vrou veroordeel om gestenig te word en die geleentheid word gebruik om Jesus vas te vra. Tog antwoord hy: “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip op haar gooi.” Nadat die aanklaers verdwyn het, sê Jesus dat hy haar nie veroordeel nie, dat sy kan gaan, maar nie verder moet sondig nie. Oordeel kom maklik as ons benadeel word. “Jou dag sal kom” bly in jou kop en jy soek geleenthede om dit te laat gebeur. Romeine 12:19 gee die antwoord: Moenie self wraak neem nie, laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. “By the grace of God…” – Gaan heen en sondig nie meer nie.

Dissipelskapkafee Oktober en November 2014 DATUM

TEMA

27/10

Koninkryksekonomie ’n Sosio-ekonomiese benadering Agapé

Louis en Hugo

Wat sê die Bybel oor Heiligheid Heiligheid van die Heilige Gees Die Heiligheid van Christus

Paul

Die Heiligheid van die Kerk

Paul

2/11 9/11

16/11 23/11

AANBIEDERS

Paul

Alle nuwe lidmate word genooi om te kom kennis maak op Donderdag 30 Oktober om 19:00 in die moederskamer. Ons sien uit daarna om julle te ontmoet. Vir verdere navrae kontak Elfrieda by 072 179 5847 of Fanus by 084 764 6068.

GK Rietvallei Koop-enKuier-fees Op 1 November vanaf 08:00 tot 15:00 word die dag aangebied ten bate van evangelisasie met allerlei stalletjies en vele pret. Daar sal parkering by Hoërskool Waterkloof beskikbaar wees.

GK Pretoria-Wes bied aan: Jac de Priester Wanneer: 8 November 18:00 Ete 19:00 Vertoning Koste: R150 (ete ingesluit) R120 (ete uitgesluit) R50 Laerskoolkinders (ete uitgesluit) Waar: NG Kerk Oosterlig Learstraat 469, Waterkloof Glen Kontakpersone: Marié Weideman by 082 872 2510 Epos: mmwe123@gmail.com Marié Barnard by 082 925 2677 E-pos: mariebarnard35@gmail.com

Gaan jy Namibië toe? Ek het ’n pakkie wat na Gobabis in Namibië moet gaan. Dit is ongeveer ’n skoenboks-grootte. Indien iemand in daardie rigting gaan en die pakkie vir my kan saamneem, sal ek dit baie waardeer. Kontak Ronel Stronkhorst by 083 299 7413.


Reformed Church of North India Greetings to all of you from Varanasi and Surat churches! We all are doing fine by the grace of our God Almighty. The last two months were so busy and whatever I could do is only through our Lord Jesus Christ, who strengthens me. Here is some of the news briefly. It will give you an idea of what to pray for us. We do thank you for your prayer in the past. There are both good and bad news. A mentally retarded girl, who is a regular comer in our church in Varanasi, was raped by a Muslim boy last month. Sunita and Manita are two sisters who have lost their dad a few years back. They both are mentally retarded and have only their mom in the family. Sunita is the younger girl at the age of 16 years. Their mother works in the police camp just outside their village where our church is situated. She went looking for her mom to return from the work in the evening but she got delayed and it was getting dark. This Muslim guy was looking for her for two or three days. He found her alone and took her away by cycle and raped her. Good that she was not killed, some people heard her crying and brought her home. That guy is in jail right now but people from his side are threatening Sunita’s mom to change her statement. Sunita’s cousin is a bit educated so he is handling the case and the opposite party is offering him money to withdraw the case. Pray that justice will be done in this case and the girl’s family will be safe and sound. Apart from this bad news everything is going well in Varanasi. I was there for a few days. We had two pastors’ meetings as we usually do whenever I am in Varanasi. We had the first pastor meeting in Ballia and there were more than 20 pastors. They had a lot of problems regarding the free will so I spoke on John 8:31-59. It was a long session and discussion but it was beneficial to all of them. Those who were fighting for the free will are quiet now. The second one was in Varanasi. It was also very encouraging, 30 people attended this meeting and the same passage was presented to them. They requested that it must be done often, like every month not every two months. Please continue praying for Rakesh, his uncle is quiet for some time but his sister is severely sick. She was admitted to Banaras Hindu University Hospital four days ago. She has had tuberculosis for a long time now. Due to his sister’s situation, the sewing programme is not running at the moment but will start as soon as she is out of hospital. Pray

but will start as soon as she is out of hospital. Pray that she will get well soon. Financially, the Rakesh family is not so good. Remember them in your prayer. Here in Vyara, I continue teaching at the Gujarat Bible School and we are nearly in midyear. Some more students have come for study. I have almost completed one subject and the second subject is ending in February 2015. I do enjoy teaching at this Bible school but some new responsibilities have come up. Furthermore, we had a big problem at the pastors’ meeting in Vyara. Two months ago I delivered a study on the limited atonement and almost all the pastors were against me. They said that I am teaching false doctrine. They said if I am going to teach such doctrines, they are not coming any more. I was discouraged but never gave up, continued phoning them, talking to them. Some of them said not to phone them. The worst thing is that even my very close friend, Pastor Joy, also turned against me. O, but God is so good, He heard my prayer, we had the same meeting the following month and half of those pastors and half of new pastors came to attend it. Only six of them are not coming but more than six members have joined us. Praise God. We had another meeting on 20 September on election and a lot of people have appreciated it. Rev Ramesh, a Methodist minister, says that it is right and it is according to the Bible. He was also against me previously but last meeting he attended and he told his wife about it, they were not sure about this doctrine. Next day his wife was praying and reading Bible and she read the Gospel of John, Chapter 17 and her eyes were opened by the Word of God. She told her husband, Rajesh is right, Christ died for his people and praying for them only not for the whole world. That very same evening, I went to visit them for the first time and they told me these things. They both believe in this limited atonement. Actually Rev. Ramesh is going to help me start another Bible study in the neighbouring district of Vyara. Pray that God will bless many people by these studies. I must stop here.

God bless you all. Thank you for your prayer and support, Rajesh and family.


ADVERTENSIES 1. TWEEKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Baileys-koppie, Maraisstraat-veiligheidsbuurt. Stapafstand van Tuks-hoofkampus. Beskikbaar 1 Nov 2014. R2 800 pp per maand. Water en elektr. ingesluit. Skakel Renate by 083 285 5485.

2. WEGGOOIDOEKE EN ANDER PRODUKTE VIR VOLWASSENES Molicare, Clemens, Tena, ens. Doeke, sanitêre doekies en Linen Savers. Goeie pryse en aflewering in Pretoria, 48 Adults Wetwipes vir R35. Kontak Magda indien u enige inligting benodig oor produkte by 082 322 6117 of 012 567 6996 (10:00-18:00).

3. GERIEFLIKE KAMER IN QUEENSWOOD Ruim slaapkamer met badkamer en instapkas. Goeie sekuriteit met eie ingang en onderdakparkering. 5 km van Tuks en Mediese Kampus. Een blok vanaf Gautrein-bushalte. R2 200 per maand. Elektrisiteit, wasgoeddiens en skoonmaakdiens ingesluit. Skakel Joan by 082 470 1778.

4. CANON EF 100-400 MM F4.5-5.6 L IS USM LENS (WIT LENS) TE KOOP Ek wil graag bogenoemde lens verkoop aangesien ek dit wil vervang met ’n lens wat verder kan uitzoom. Die lens is splinternuut, ek het dit verlede jaar in November by Outdoor Photo gekoop en net een keer gebruik. Dit kom saam met sy oorspronklike boks, sagterware, ’n Kenko Pro Digitale UV Filter, ’n lenssak (pouch) en ’n hood om direkte sonlig uit te hou. Daar is geen krapmerke op nie. Die lens kos nuut R18 500 en ek wil graag R14 000 daarvoor hê. Skakel Pieter Heslinga by 082 551 0130.

6. KUNSKLASSE Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za

7. HUISHULP BESKIKBAAR Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.

8. MOTOR TE KOOP Te Koop: Wit 2007 Ford Ka 1.3 Trend 118 000km, radio/CD, kragstuur, lugsak, lugverkoeling, ABS, “anti-smash and grab” op vensters, volledige diensrekord beskikbaar by Ford. Onlangs vir groot diens gegaan. Uitstekende toestand. R45 000 Kontak: Madri van Biljon by 072 643 9081. 9. HUIS TE KOOP IN COLBYN Andries en Marita Scheepers vertrek na die Kaap en hul huis is te koop. Dit is geleë in Colbyn, Amosstraat, naby die kerk, universiteite en naby die Gautreinstasie. Dubbelverdieping met 4 slaapkamers en 3 badkamers – kyk gerus plasing by Private Property en kontak ons by 082 776 1671.

VAKANSIETYD!

Die vakansie is voor die deur. Waar julle ook gaan vakansie hou, is daar altyd geleentheid om aan iemand ’n Bybel te gee. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel ná oggenderedienste.Neem Bybels saam wanneer julle gaan vakansie hou en versprei so die Woord van God.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Plek Duxbury

(Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae!

Reëlings Datum 26 Okt

Fanus Heystek

Diensbeurt Ouderling Diaken Carlé Erasmus

26 Okt

Troyestr

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

2 Nov

Duxbury

Ouderling Kobie Venter Diaken Carle Erasmus

2 Nov

Troyestr

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Bybelverspreiding

Skinkbeurt Sanet

Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Ester

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Al die leiers en die hele volk het die geld met blymoedigheid gebring en in die kis gegooi. So het al die bydraes ingekom. 2 Kronieke 24:10


Saam op pad met God Saam op pad met God is ‘n publiasie van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn wat binnekort in elektroniese formaat gepubliseer gaan word. Hier volg ‘n uitreksel uit die voorwoord geskryf deur Colin Cameron. “ Dit is 10 jaar sedert die eenwording van die drie gemeentes: Pretoria-Brooklyn, PretoriaSunnyside en Pretoria-Oos op 30 November 2003. Uit dankbaarheid vir die wonderlike leiding van die Here het daar ’n sterk behoefte ontstaan om die gebeure vir die nageslag op te teken. Die hand van die Here kan duidelik gesien word deur die pad wat die gemeentes geloop het. Hy het bepaal dat ons saam met Hom op pad sal wees en Hy het ons paaie gelyk gemaak. Die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos lê gewortel in die totstandkoming van die Gereformeerde Kerk Pretoria in 1859. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos het op 28 Desember 1930 afgestig van die Gereformeerde Kerk Pretoria. Die afstigting van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn van Pretoria-Oos op 23 Februarie 1949 en die gebeure daarna is deur ouderling Hansie Bingle in die publikasie, Gemeenteblad 1984, bewaar. In ’n publikasie met die vyftigjarige feesviering van die gemeente in 1999 word die verloop van die meer onlangse gebeure saamgevat (Feesblad Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn: 1949-1999). Intussen het die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside op 22 Junie 1958 van die Gereformeerde Kerk PretoriaOos afgestig. Die historiese verloop van sake is belangrik, maar dis belangriker om waar te neem hoe die Here die verloop van die geskiedenis gerig het en ontvanklike gesindhede geskep het om nuwe en omvangryke bedieningsmeganismes te laat ontplooi. Hierdie publikasie fokus op hoe die samesmelting van die drie gemeentes in 2003 die uitbreiding van God se koninkryk op aarde en in ons harte bevorder het en hoe die bedieningsterreine oor die afgelope dekade veranderings ondergaan het.”

Meer inligting en besonderhede oor dié elektroniese publikasie sal binnekort in

Hart & Hand

bekend gemaak word.


PREEKTEMA

TEKS NOTAS

WAT LEER EK OM GOD TE EER?

WAT LEER EK OM ANDER, BINNE EN BUITE ONS GELOOFSFAMILIE, TE DIEN?

WAT LEER EK OOR HOE OM DISSIPELS VAN JESUS TE MAAK?


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.