Hart en hand 14 september 2014

Page 1

14 September 2014

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Die roemryke dade van die Here

Ds Cassie Aucamp God maak Homself aan ons kinders bekend deur verbondsouers wat hul kinders vertel van die dade van God...ja van Jesus Christus self:  Verbondsouers vertel...  Sodat ons kinders kan weet...  En as hulle weet...sal hulle vertrou...  En as hulle vertrou... sal hulle gehoorsaam. Aanddiens

Christus-gesentreerd: die resultaat

Chris de Beer ’n Christus-gesentreerde lewe het sekere gevolge, want Jesus staan in die middel van alles wat ons aanpak. Hy plant ons in sy wingerdstok in, Hy laat ons groei en Hy bewerk vrug in ons lewe.

Dissipelskapkafee: Maandag 15 September Lees asseblief 1 Johannes deur en bring jou eie Bybel en ander vertalings. Ons gaan Bybelstudie uit hierdie kort brief doen met die volgende onderwerp in gedagte: Johannes as die ‘dissipel van liefde’.

Eredienste Duxbury: 09:30 Ds Cassie Aucamp Skriflesing: Psalm 78:1-17; 38-41; 65-72 (Psalm 78:3-4) Sang: Ps 89:1, 3 Sk 9-1:1, 2, 11 Ps 146:8; Ps 78b:1, 2 Ps 34:2, 6 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Johannes 15:1-8 Sang: Lb 273:1, 3, 4 (staan) Sk 12-3:1 (staan) Ps 145b:1, 3, 6, 8, 9 (staan) Sk 13-3 Amen (staan) Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg

en in CD-formaat beskikbaar.


Dagboek

Vandag: Jeug: Kleingroepe Lentekamp eindig Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Woensdag: 18:00 Diakonie 19:00 Kerkraad

Gelukwense

Ivan Marinda Braam Sanlie Steyn Alta Callie Karen Carin Mariaan Martinus

19/9 19/9 19/9 20/9 20/9 20/9

Daan Ria Wouter Wico Joanel Marilee

Altin Langley v.d. Walt v.d. Walt van Wyk Schulze Steijn Booyens Booyse Heystek v.d. Merwe Guillaume Molenhuis Potgieter Booyse Potgieter v.d. Walt

Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.

Naasteliefde

Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en wil julle nie graag straf nie (Joël 2:13). 14/9 14/9 14/9 15/9 15/9 16/9 17/9 18/9 18/9 18/9 18/9

Enkellopendes en jonggetroudes

082 444 3666 082 585 7626 012 361 1280 083 661 7711 082 828 9044 012 362 0356 083 491 2981 083 635 7308 012 460 2142 072 805 8545 072 497 5089 083 254 2994 083 655 4367 082 768 9201 083 645 4461 082 850 7983 082 850 6975

Gemeente-omsendbrief Die gemeente-omsendbriewe sal vandag by die deure uitgedeel word. Maak asseblief seker jou huishouding ontvang ‘n brief

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Magda Richards (082 551 3625) is ongesteld en in die Wilgers-hospitaal opgeneem vir toetse. Ons bid haar krag en sterkte toe.

Gelukwense Baie geluk en seën aan ds Chris de Beer en ouderlinge Marinus van der Hout, Peet Langley en Danie Bakker wat verlede week bevestig is. Vanaand word Jan Dekker bevestig. Hartlike seënwense word hom ook toegebid.

Voorbidding:

Viëtnam Sedert April vanjaar dreig die owerhede om 116 kerke in ’n suidoostelike provinsie van Viëtnam toe te maak. Bid dat die Heilige Gees hierdie kerke sal versterk en dat hulle hul vervolgers met die dapperheid en nederigheid van Jesus sal hanteer.


Antoinette van der Meulen van die Woord vir die Wêreld skryf in haar jongste nuusbrief soos volg:

Liewe Vriende, Asië: In Junie en Julie het ek die voorreg gehad om ’n konsultasie in Asië te doen. Dit was 'n interessante belewenis in 'n interessante omgewing. Die ontvangs was baie hartlik, die kos was lekker en die klimaat aangenamer as wat ek verwag het. Al wat gepla het, was die muskiete. Werk: Ons het met mening ingeklim en Genesis in vyf tale nagesien. Die tale is verwant aan mekaar, wat baie help met so 'n groepskonsultasie. Die tegniese versorging was goed en die samewerking was wonderlik. Genesis is een van my gunstelingboeke, want dit lê 'n fondament vir die res van die Bybel. So ver ek kon vasstel, was die vertalings goed. Die veranderings wat aangebring is, was meesal kulturele aanpassings, eerder as ernstige teologiese foute. So het ons byvoorbeeld rys, sy en buffels uit die teks gehaal. En ons het ander besonderhede ingesit. Die vertalers kon byvoorbeeld nie 'n woord vir broer, suster of afgod vind nie en moes spesifiseer of dit 'n ouer of jonger broer of suster en 'n groot of klein afgod is. Moeilike hoofstukke soos Genesis 1 en 49 het tyd geneem, maar is op die ou end baie mooi poëties weergegee.

Die res was sommer vinnig, omdat ek baie selfs 'n raps voor skedule, wat ons 'n middag tyd gegee het vir 'n vrolike en dankbare afsluiting, kompleet met sang en dans, en 'n dag vir bere, tiers en kinders. Teen dié tyd was ons almal baie moeg en lus vir huis toe gaan, maar net so lus om volgende jaar weer so te maak. DV sien ons mekaar weer in April. Gebedsversoeke:

• veiligheid vir die projekte en vir dié wat daaraan werk in 'n land wat die Christendom nie goedgesind is nie; • uithouvermoë en gesondheid; • seën op ons werk aan die Chikundavertaling in Zimbabwe.

Groete, 082 965 7598, avdmeulen@twftw.org Antoinette van der Meulen

Ondersteuning : Die Woord vir die Wêreld, ABSA Bank, rek: 4050058851. Takkode 335-345. (Belangrik) My voorletters avdm en u

naam


Eben-Haeser

1 Samuel 7:12 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 7 September 2014 met die bevestiging van ds Chris de Beer en drie ouderlinge)

“Samuel het toe ’n klip gevat en dit regop gesit  Ons Eben-Haeser staan nie tussen Mispa tussen Mispa en Sen. Hy het die plek Ebenen Sen nie en neem ons nie terug na Haeser genoem, ‘want’, het hy gesê, ‘tot nou toe uitkoms oor die Filistyne nie (tot hier: die Ou Afrikaanse vertaling) het die  Ons Eben-Haeser staan op Golgota en Here ons gehelp’” (1 Samuel 7:12). neem ons terug na Jesus, wat daar vir al Die naam Eben-Haeser beteken letterlik: die klip ons sonde betaal het. van die hulp. Samuel het dus ’n eenvoudige  Ons Eben-Haeser neem ons terug na ’n monumentjie opgerig om die volk te laat oop graf ... die dood is oorwin. terugdink aan Hom wat hulle as volk tot hier toe  Ons Eben-Haeser neem ons terug na die gehelp het. Olyfberg met ’n enkele opdrag, gekoppel Hy het die ark wat vroeër deur die Filistyne aan ’n belofte– gaan maak dissipels en gebuit is, teruggebring (Samuel 6:1-7:1); Hy het onthou: Ek is met julle al die dae tot aan sy afgedwaalde volk weer na Hom laat terugkeer die einde van die wêreld. (Samuel 7:2-6) en Hy het hulle uit die mag van  Ons Eben-Haeser neem ons terug na die Filistyne gered (Samuel 7:7-11). Jerusalem waar die belofte vervul is van Bo alles is die Here God alleen dié Helper of die Heilige Gees wat in sy volheid oor ons Hulpverlener wat sy kinders teen die duiwel uitgestort is. beskerm en hul wêreldse of geestelike leegheid  Ons Eben-Haeser neem ons na die hemel met sy heilige teenwoordigheid vol maak. – na Jesus Christus wat aan die regterhand Ons het nodig om tyd te maak om terug te kyk in van God die Vader sit van waar Hy as ons lewe (en in die geskiedenis van die kerk van Koning oor alles en almal, ook oor ons, ons Here) net om opnuut weer raak te sien hoe regeer. dié Helper (God) ons tot hier gedra het: Eben-Haeser: ons Helper wat ons met sy volheid vervul en ons in liefde bewaar – oral, altyd..

Ken jy dié land…

Dié fotos het die afgelope 9 weke op die voorblad van Hart & Hand verskyn .Weet jy waar dit is?


Ek is… Johannes 6:22-40

Chris de Beer (Uittreksels uit die intreepreek Sondagaand 7 September 2014)

Herders en leraars “Ek wonder of die nuwe dominee ’n herder of ’n leraar is,” mymer Pa met die nuwe predikant se ontvangs. “Miskien is hy al twee – dat sy preke en sy sorg ’n weerspieëling van sy roeping sal wees.” In die geval was dit so en was dit ’n geborge gemeente wat jare later weer van hom afskeid moes neem. In Eksodus word die Leviete aangewys as priesters wat verantwordelik was vir die ark en die tempeldiens. Die oorerflikheid van die amp het ook sy probleme, soos wat Eli met sy spruite ervaar het. Die verwagtinge wat sommige lidmate van ’n predikant het, grens soms aan ’n persoonlike bedienaar wat 24/7 beskikbaar moet wees. Aan die ander kant is die versoeking vir ’n predikant om sy gedagtes as God se planne te interpreteer altyd daar en moet hy (of sy) ekstra bedag wees. Soos wat God sy kinders toerus met verskillende gawes wat tot eer van sy koninkryk aangewend word, rus hy ook predikante, waarop daar ’n ekstra verantwoordelkheid geplaas word, toe: as herders, leraars, bouers, sprekers, doeners, bewaarders, vernuwers – en ook maar mens wat baie ondersteuning en gebed nodig het.

Biltongfees Baie dankie aan elkeen wat bygedra het om ons Biltongfees ’n sukses te maak. Ons wag nog vir ’n paar uitstaande betalings voordat ons ’n volledige verslag aan die gemeente kan deurgee. Uitstaande geld kan in die bankrekening van die Diensgroep Projekte betaal word: ABSA:Rek: 40 7921 5606. Ons is opreg dankbaar vir ’n gemeente wat saam kan feesvier – ook tot eer van die Here.

op

In Eksodus 3 openbaar God Homself aan Moses as “Ek is wat Ek is” (Eksodus 3:14). Hierdie woorde speel ’n baie prominente rol in Jesus se lewe. Wanneer Jesus hierdie woorde gebruik, wil Hy vir ons graag iets oor sy identiteit leer. Ek is die brood wat lewe gee (Johannes 6:35) Jesus konfronteer ’n groep mense met hul grootste nood. Hy sê aan hulle: “Ek is die brood wat lewe gee.” Dit beteken die ware en ewige lewe is slegs by Hom te vind. Net soos wat gewone brood jou voed en krag gee om te leef, is Jesus die een by wie ons gevoed word en krag kry. Ware geluk, vrede en lewe word net in Hom gevind. Maar Hy stop nie hier nie, want Hy is nog baie meer… Ek is die lig vir die wêreld (Johannes 8:12) Wanneer dit voel of ons wêreld pikdonker word, kan ons daaraan vashou dat Jesus Christus se lewe ook in ’n stadium pikdonker geword het. Hy het God se donkerte ingegaan sodat ons dit nooit hoef te doen nie. Daarom kan Hy sê: “Ek is die lig vir die wêreld,” want Hy het die oordeel wat ons verdien op Hom geneem. Maar Jesus se identifikasie is steeds nie klaar nie… Ek is die goeie herder vir die skape (Johannes 10:14) Hy is ook ons Herder. Hy roep, lei en beskerm ons. Die Herder ken elke skaap persoonlik en lê sy lewe vir hulle af. Hulle is afhanklik van sy versorging en beskerming. Maar om Jesus werklik te volg, moet ons ten diepste begryp wie Hy werklik is, want Hy is … Ek is! Ek is die Alfa en die Omega (Openbaring 22:12-13) Jesus se identiteit word verder beklemtoon in die laaste hoofstuk van die Bybel. Dieselfde skrywer van die Johannesevangelie skryf: “Jesus sê toe weer: ‘Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde’” (Openbaring 22:12-13).


Sola Scriptura-konferensie

DIE AULA Vrydag 24 Oktober om 18:30 ’N FEES VAN ONS BESTE DUETPARE Jannie Moolman en Corlea Botha Burgerd (van Romanz) en Zita (“Ons Lieflinge”) Willie en Natasha Joubert Kaartjies by info@duetfees.co.za of 082-377 1112 Gereformeerde Kerke Bergsig en Andeon (620 kaartjies reeds verkoop)

Gesamentlike uitreik Op 27 September 2014 vind ons damesoggend ten bate van Huis Hermon-tehuis vir bejaardes plaas. Ons nooi elke gemeente in Pretoria en omgewing om deel te wees van hierdie heerlike poging. Plek: Gereformeerde Kerk Pretoria Annlin Tyd: 09:00 vir 09:30 Gasspreker: Melanie Vosloo van die tydskrif Leef Tema: Net soos jy is. Elke gasvrou (of gemeente) is verantwoordelik vir die volgende: Die verkoop van 10 kaartjies @ R120.00 per kaartjie; eie breekgoed en glase, tee, koffie, suiker en melk. Die tafels sal gedek en versier wees. Laat weet ons asseblief voor 1 September telefonies of per e-pos hoeveel tafels u susters neem. Gemeentes wat nie ’n tafel neem nie, kan steeds ’n donasie maak. Kontak Marietjie Nortje by 082 928 9565, 012 543 0745 (faks) of marietjie@lpartisan.co.za

Titel: God sê: Ouderlinge slegs mans Datum: 24 September (vakansiedag) Tyd: 9:00-15:00 Prys: R65 (worsbroodjies & filterkoffie ingesluit) Plek: Gereformeerde Kerk Rietvallei Bespreek deur www.itickets.co.za (die volledige program vir die dag is hier beskikbaar) Program: 09:00: Opening. Christiaan Jooste 09:15: Hoe weet ons die Bybel is God se Woord? Attie Bogaards 10:00: Hoe lees mens die Bybel reg? Koos Adendorff 10:45: Teetyd: Boeretroos. 11:15: Hoe bepaal ons wat tydlose kernsake in die Bybel is? Faan Smit 12:00: Is manlike ouderlingskap ’n kernsaak? Slabbert le Cornu 12:45: Middagete: Boereworsrolle. 13:45: Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra? (Rom 14) Cobus Rossouw 14:30: Vraag- en antwoordsessie 15:15: Afsluiting Gereformeerde Kerk Bet-El www.gereformeerd.org

Brooklyn Brokkies vanjaar vol stories oor ons lief en leed Elke mens het ’n storie en daar gebeur dikwels interessante dinge met mense waarvan ons nie weet nie. Skryf asseblief ’n kort beriggie met foto oor persoonlike uitreike, jul prestasies en dié van jul kinders of oor sportbedrywighede – van alles en nog wat. Só kan ons die seën wat die gemeente die afgelope jaar beleef het in die jaarlikse uitgawe van Brooklyn Brokkies weergee. E-pos asseblief so gou moontlik jul bydraes met die opskrif Brooklyn Brokkies na kantoor@gkbrooklyn.org.za


ADVERTENSIES 1. EIENDOMME TE KOOP EN TE HUUR

4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’

word dringend gesoek in die ou ooste van Pretoria (Lynnwood, Menlopark, Brooklyn, al die Waterkloofbuurte en omstreke) vir groot vraag na behuising. Talle ambassades benodig tans huureiendomme. Kontak my asb. met alle verwysings. Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia@remaxinfo.co.za

Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.

2. OPSTEL VAN TESTAMENTE EN BEREDDERING VAN BESTORWE BOEDELS Niel van der Merwe prokureurs Ons lewer n professionele diens en het gesamentlik meer as dertig jaar ondervinding in die opstel van testamente en bereddering van bestorwe boedels. Skakel gerus vir niel van der merwe op selnommer 082 9005 354 of Braam Neethling op selnommer 083 3096 854 vir enige navraag of bystand.

3. TYD VIR ’N WEGBREEK? Eenheid by Mabalingwe beskikbaar 21-28 November 2014: pragtige uitsig, patio en braai, swembad baie naby chalet. R870 per nag – slaap 6 volwassenes - 3 slaapkamers, 2 badkamers. Foto’s op navraag. Kontak Fanus 083 376 8274

Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-Sonder-Naam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lankvergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!

5. FASILITEERDER BENODIG ’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za

6. MOTOR TE KOOP

Opel Corsa 1.6 Sport te koop, volle diensrekord beskikbaar, meganies in puik toestand, 98 600km, 2004-model, Dunlop SP-bande en nuwe battery, 15"-GSI-allooivellings (rims), R65 000 onderhandelbaar. Kontak Bernard: 083 346 9574.

7. WERK GESOEK ’n Lidmaat, Hannes van Wyk, is op soek na tydelike werk, voordat hy volgende jaar oorsee verder gaan studeer. Indien iemand van iets weet, kontak hom by 084 820 5100. 8. SAIPA-KLERKSKAP Gevestigde rekenmeesterspraktyk in Pretoria, Magalieskruin benodig Saipa-klerke. Stuur asseblief CV’s na Service@prispek.co.za of kontak Gerhard Labuschagne by 012 567 5502.

Afloskoster Ons is baie dankbaar dat ons ’n man (Adam) kon kry om op te lei as afloskoster. Hy sal naweke en deur die week op die terrein werk.

Sestigplussers Ons volgende byeenkoms vind plaas op 25 September. Hou die volgende Hart & Hand dop vir meer besonderhede.

Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum 14 Sep

Plek Duxbury

14 Sep

Troyestr

21 Sep

Duxbury

21 Sep

Troyestr

Diensbeurt Ouderling Koos Richards Diaken Drikus v.d. Walt

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Danie Bakker Diaken Elzabé Barnard

Ouderling Ivan Altin

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Deputate Jeugsorg

Skinkbeurt Anita

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstroom Teologiese Studentekas

Ina

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.