19 Oktober 2014
Eredienste
Hart
&
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Ons Pa ... naby en ver
Fanie van der Schyff Afstand bring skeiding: as jou Pa op ’n verafgeleë eiland sit, kan jy nie van jou kant af kontak met hom maak nie en kan hy van sy kant af jou ook nie help en bystaan as jy aan hierdie kant in ’n krisis beland nie. Soms voel ons Here soos iemand op ’n eiland - ek kry dit nie reg om met Hom te praat nie (Hy is te ver) en omdat Hy so ver is kan Hy my ook nie help nie. Jeremia sê egter ons Here is naby en ver ... Aanddiens
God se voorsienigheid
Chris de Beer Teen dié tyd van die jaar raak almal se batterye bietjie pap. Sommige van ons is moeg gewerk en ander is flou studeer. Dalk is jy gedaan en ervaar nie die Here so intens soos jy graag wil nie. Kom loer vanaand saam waarmee God besig is in tye soos hierdie. Troyestraat
Die Christen en die politieke stryd om mag
Ds Fanus Heystek God het Dawid laat salf tot koning oor die hele Israel, maar Abner het Is-Boset koning van die tien stamme gemaak. Dit het gelei tot ’n burgeroorlog waarin Israeliet teen Israeliet geveg het. Dawid moes ’n einde daaraan maak en daarom onderhandel hy met Abner. Joab, Dawid se generaal, vermoor egter vir Abner. Politiek bepaal die gang van sake en dit laat Dawid na die Here roep.
Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Jeremia 23:23, 24 Sondag 46 HK Sang: Sk 12-3:1, 2 Ps 134a:4 Sk 1-6:1, 2, 3 Sk 20-2:5, 6 Sk 10-2 Ps 145a:1, 4 Ps 145b:2 Ps 145a:10, 12 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Genesis 37:12-36 & Genesis 39:1-23 Sang: Ps 121 Ps 146b:1, 4 Sk 14-2:1 Ps 42a:1, 3, 5 Lb 292:1 (sit) Ps 23a:1, 2 Sk 13-3 Amen Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: 2 Samuel 3 (39) Sang: Voorsang: Ps 10, Sk 2-4 en Lb 212 Onder diens: Lb 184, Ps 143 en Sk 1-3
Dagboek
Sondag: Jeug kleingroepe Verjaarsdagtee Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Donderdag: 18:00 Jeugbegeleiding en katkisasie
Voorbladfoto: Blue ring Angle Fish
Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag 22 Oktober 10:15: Bybelstudie by Troyestraat: Die sesde basuin (Openbaring 9:13-21) Woensdag 29 Oktober: Huisbesoek by lidmate wat nie in aftreeoorde woon nie.
Gelukwense
Naasteliefde
Elke oomblik van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gebrei is, die blye oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God (Hebreërs 12:11).
Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-
19/10 20/10 20/10 20/10 20/10 21/10 22/10 22/10 22/10 22/10 22/10 23/10 23/10 23/10 23/10 25/10 25/10 25/10
Sune Anrich Hennie Anneleen Marinus Fleur Hugo Tinus Anni Elmarie Nellie Robert Karla Frieda Jakomien Chris Johan Stella
Kusche Briedenham de Beer Swanepoel Venter le Roux Breed Ferreira Pienaar v.d. Schyff van Dyk Bestes Crous Pretorius van Staden v.d. Meer v.d. Meer v.d. Walt
082 493 8995 076 141 8029 083 564 3753 072 065 3595 082 552 6574 082 821 5867 079 697 1922 071 876 9542 072 280 7601 084 245 3935 083 326 5536 082 372 9301 083 291 7176 012 361 3830 072 398 4895 073 796 0614 073 734 6018 084 606 0146
Ingekom met attestaat: Viviers Andrea Mocke Jan A Egg: Anel Kok Ruaan N Dooplid: Kok Margaret A
Potchefstroom-Oos Silverton Silverton Silverton
Vertrek met attestaat: Potgieter Joanel Odendaal Elana
Lydenburg Centurion
gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Meelewing Eddie Terreblanche (083 574 4310), Liza se man, is in die Unitas-hospitaal opgeneem vir behandeling. Ons bid hom krag en seën toe. Ons vra voorbidding vir Christene in die Midde-Ooste wat deur IS vervolg word. Ons bid sterkte en voorspoed toe vir al die matrieks wat môre met hul eindeksamens begin.
Voorbidding:
Turkmenistan Bid vir die oorklankingsproses van Christen-rolprente, animasie en oudioboeke na die Turkmeense taal; in besonder vir die regte stemkunstenaar. Mag die Here hierdie projek seën en talle harte daardeur versterk word.
Ter approbasie As diaken: Willem Reyneke
Dissipelskapkafee Oktober 2014 DATUM
TEMA
AANBIEDERS
20/10
Koninkryksperspektief ’n Soso-ekonomiese benadering Koninkryksekonomie ’n Sosio-ekonomiese benadering
Louis en Hugo Louis en Hugo
27/10
November 2014 DATUM
TEMA
2/11 9/11
Agapé Wat sê die Bybel oor Heiligheid Heiligheid van die Heilige Gees
AANBIEDERS
Paul
Dissipelskapkafee 27 Oktober 2 Timoteus 3:1-5 1. MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 2. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, 3. sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, 4. verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; 5. mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
Diakonale sake
Vir enige verdere navrae, kontak die diakonie gerus
Vir al die geldelike bydraes wat ons van die gemeente ontvang het, wil ons u graag hartlik bedank. U bydraes stel ons as diakonie in staat om ander te help wat die geld baie nodig het.
Hooflyn oorsig: Tydperk Junie 2014 tot September 2014
Gereformeerde Kerk Brooklyn
Finansies: Ontvangste 2014-2015 finansiĂŤle jaar MAANDELIKSE
BEGROTING
R246 450
AUGUSTUS
Tydperk
MAART-JULIE 2014 BEGROOT
R1 232 250
werklik
R1 200 633
TEKORT
R31 617
DANKOFFER
R116 000
Ontvangste Maart-Julie 2014
NETTO INKOMSTE
BILTONGFEES
R110 000
SOSIAAL Verjaarsdagtee Ek sal self
Woorde wat elke ouer se nagmerrie is as jy haastig is en die kleuter weier dat jy hom help aantrek of skoene vasmaak. Jy weet dis noodsaaklik, maar dit kan so langdradig wees en jy is haastig. Die Ou Testament is vol voorbeelde van Israel en sy konings wat eers alles sonder die hulp van die Here wil doen, hulle dan na afgode wend en eers as hulle in verdrukking is, besef dat hulle van God afhanklik is. Dan gebruik die Here ook die mense wat die minste na gebore leiers lyk soos Gideon, Dawid en Jael om sy volk te verlos. Eugene Marais skryf in sy gedig, Hier hebben wy geen vaste verplyfplaats, soos volg:
Sondag 19 Oktober 2014 Kom VIER jou VERJAARSDAG saam met die hele gemeente. Sal almal wat in Oktober, November en Desember verjaar asb. ’n bordjie handeetgoed bring. Agapé-diensgroep voorsien lekker koffie, tee en koeldrank. Kom kuier gesellig saam en leer ’n paar nuwe gemeentelede ken asook die wat verjaar!
GK Rietvallei Koop-enKuier-fees
In al die grootheid van my handewerk, Met band en klip en staal versterk, Toe alles klaar was, huis en dam en sloot, Toe gaan ek dood.
Op 1 November vanaf 08:00 tot 15:00 word die dag aangebied ten bate van evangelisasie met allerlei stalletjies en vele pret. Daar sal parkering by Hoërskool Waterkloof beskikbaar wees.
Ek sal self… die Here het vriende, familie en geloofsgenote gegee om my soms te help om my skoene vas te maak en ook te weet: “My hulp kom van die Here … Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie” (Psalm 121).
GK Pretoria-Wes bied aan: Jac de Priester
Dissipelskapkafee 20 Oktober 2014 Toeligting ten opsigte van die Koninkryk van God Die moderne mens het met verloop van tyd beheer afgestaan aan die stelsels en praktyke van die koninkryk van die wêreld. Die koninkryke is egter in totale onversoenbare posisionerings teenoor mekaar opgestel. Die implikasie van ons postmoderne leefstyl is dat die Koninkryk van God in godsdienstige retoriek en onbenullighede verval het, sonder enige praktiese sosioekonomiese relevansie. Die vertrekpunt om sodanig na God terug te keer is om eerstens vanuit Sy Woord toeligting in die verband te ontvang.
Wanneer: 8 November 18:00 Ete 19:00 Vertoning Koste: R150 (ete ingesluit) R120 (ete uitgesluit) R50 Laerskoolkinders (ete uitgesluit) Waar: NG Kerk Oosterlig Learstraat 469, Waterkloof Glen Kontakpersone: Marié Weideman by 082 872 2510 Epos: mmwe123@gmail.com Marié Barnard by 082 925 2677 E-pos: mariebarnard35@gmail.com
Bedanking Dankie aan Frans en Elsie du Buy wat ’n stoel en tafel aan die diakonie geskenk het.
Die wegkruipertjie-gode
Matteus 12:39-41 Chris de Beer (Preek-uittreksels: Sondagaand 12 Oktober) Die mens se hart is soos ’n afgod-fabriek. Ongelukkig sien ons die afgode soms moeilik raak, want hulle kruip weg in ons persoonlike lewe, kultuur en godsdiens. Een van die beste voorbeelde van wegkruipertjie-gode vind ons in die verhaal van Jona, want dit is ’n baie skerp narratief oor die afgode wat soms ons gedagtes en dade dryf. In 2 Konings 14:25 lees ons hoe Jona Israel se koning Jerobeam geroep het om sy land se grense uit te brei. Die profete Amos en Hosea was teen die koning se korrupsie, maar Jona het ’n blinde oog gegooi, want hy wou sy volk en nasie opbou. Jona was ’n nasionalis in hart en siel … volk en vaderland was waarvoor hy geleef het. Dan kom die Here en roep hierdie korrupte profeet om hul vyand, Nineve, tot bekering te roep. In plaas van na Nineve vlug Jona na Tarsis. Hierdie reis neem hom letterlik deur ’n storm, ’n vis en bekering. Uiteindelik gaan hy na Nineve, roep die mense op om te bekeer en dan gebeur dit, maar die oomblik wat Jona se grootste triomf moes wees, word toe die openbaring van die afgode in sy hart. Jona het net omgegee vir sy eie volk en dit veroorsaak dat hy nie genade en liefde aan ander volke en rasse kan betoon nie. Gelukkig is God anders. Hy eindig sy les aan Jona deur ’n kontras te stel tussen hulle. Hy sê vir Jona: “Jy het dalk nie meegevoel en liefde nie, maar Ek het.” God sou hierdie mense liefhê op ’n manier wat Jona geweier het. Daarom lees ons eeue later hoe Jesus aan sy luisteraars vertel dat Hy die regte en ware Jona is (kyk Matteus 12:39-41). Jona wou nie sy gemaksone verlaat nie, maar toe Jesus aarde toe gekom het, het Hy sy gemaksone verlaat om mense te kom bedien wat Hom uiteindelik sou spot en seer maak.
Om hulle te red sou Hy uiteindelik baie meer moes doen as om vir hulle te preek, Hy moes vir hulle sterf. Terwyl die mense gedink het dat Jona in die see gesterf het, het Jesus werklik vir ons gesterf. Die ware Jona het ons werklik kom red!
Hervormingsdiens Ontvang hiermee die uitnodiging na die gesamentlike Hervormingsdiens vir Klassis Oostelike Pretoria DV op Sondag 26 Oktober 2014 om 18:30 by GK Derdepoort. Ná die erediens, wat gelei word deur ds Cassie Aucamp, sal ’n kort herdenkingsprogram aangebied word. Verversings sal ná afloop van die verrigtinge in die kerksaal beskikbaar wees.
Eljadahuis Eljadahuis het begin met ’n groenteverwerkingsprojek waar hulle groente verwerk en dit dan gevries word. Hierdie projek het Solidariteit se Helpende Hand "Projek van die Jaar" gewen. Ondersteun gerus hierdie verdienstelike saak. Al die inligting en bestelvorms is op hul webwerf beskikbaar by eljadahuis@mweb.co.za of telefoon 012 377 0503 of 072 855 8827. Ons voedselprojek gaan ook aan, dus vra ons asb. enige nie-bederfbare kos soos blikkies vleis en vis, pasta, mieliemeel, boksmelk, tee, koffie, toebroodjiesmeer soos Bovril, konfyt en grondboontjiebotter. Toiletware is ook altyd welkom.
Sestigplussers Kom luister na ’n praatjie deur Marinus Wiechers oor pres. Zuma op 23 Oktober om 10:00 in die moederskamer. Groetnis, Niek.
Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.
Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD-formaat beskikbaar.
ADVERTENSIES 1. TWEEKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Baileys-koppie, Maraisstraat-veiligheidsbuurt. Stapafstand van Tuks-hoofkampus. Beskikbaar 1 Nov 2014. R2 800 pp per maand. Water en elektr. ingesluit. Skakel Renate by 083 285 5485.
2. WEGGOOIDOEKE EN ANDER PRODUKTE VIR VOLWASSENES
7. HUISHULP BESKIKBAAR Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.
8. MOTOR TE KOOP
Molicare, Clemens, Tena, ens. Doeke, sanitêre doekies en Linen Savers. Goeie pryse en aflewering in Pretoria, 48 Adults Wetwipes vir R35. Kontak Magda indien u enige inligting benodig oor produkte by 082 322 6117 of 012 567 6996 (10:00-18:00).
Te Koop: Wit 2007 Ford Ka 1.3 Trend 118 000km, radio/CD, kragstuur, lugsak, lugverkoeling, ABS, “anti-smash and grab” op vensters, volledige diensrekord beskikbaar by Ford. Onlangs vir groot diens gegaan. Uitstekende toestand. R45 000 Kontak: Madri van Biljon by 072 643 9081.
3. TYD VIR ’N WEGBREEK?
9. HUIS TE KOOP IN COLBYN Andries en Marita Scheepers vertrek na die Kaap en hul huis is te koop. Dit is geleë in Colbyn, Amosstraat, naby die kerk, universiteite en naby die Gautreinstasie. Dubbelverdieping met 4 slaapkamers en 3 badkamers – kyk gerus plasing by Private Property en kontak ons by 082 776 1671.
Eenheid by Mabalingwe beskikbaar 21-28 November 2014: pragtige uitsig, patio en braai, swembad baie naby chalet. R870 per nag – slaap 6 volwassenes - 3 slaapkamers, 2 badkamers. Foto’s op navraag. Kontak Fanus by 083 376 8274.
4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’ Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.
VAKANSIETYD!
5. EL SHADDAI-TEHUIS VIR BEJAARDES IN EAST LYNNE Ons het tans plek vir selfversorgende bejaardes vanaf R3 500 per maand. Ons beskik oor ’n siekeboeg met 24/7-versorging. Behuising sluit in 3 etes per dag, wasgoed, skoonmaak van kamers. Skakel Magda Muller El-Shaddai 074 1180 232. 6. KUNSKLASSE Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za
Die vakansie is voor die deur. Waar julle ook gaan vakansie hou is daar altyd geleentheid om aan iemand ‘n Bybel te kan gee. Kom gesels gerus met Pieter en Ronel na oggenderedienste.Neem Bybels saam wanneer julle gaan vakansie hou en versprei so die Woord van God.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za
Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings Datum 19 Okt
Plek Duxbury
19 Okt
Troyestr
26 Okt
Duxbury
26 Okt
Troyestr
Diensbeurt Ouderling Hannes Grobler Diaken Walter v.d. Merwe Ouderling: Pieter Heslinga Ouderling Diaken Carle Erasmus Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Skinkbeurt Janneke en Petra
Onder die diens Diakonale werk By die deure Bybelverspreiding
Sanet
Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).