Hart en hand 17 mei 2015

Page 1

Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn 17 Mei 2015 Nagmaal

Hart

&

Hand

Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Juis hiervóór het Hy gekom (Nagmaal)

Fanie van der Schyff Waarom het Jesus mens geword? Dikwels dink ons slegs aan Hom as die offer vir al ons sondes. God maak aan ons ’n geheim bekend: Jesus is méér as net ons Verlosser ...

Aanddiens

Agapé

Chris de Beer Die woord agapé wys na God se liefde. Vanaand gaan ons meer leer oor hierdie liefde en hoe dit ons dryf in ons alledaagse lewe. Residentia-Sunnyside

Hoe lyk God?

Ds Fanus Heystek Wonder jy ook soms oor die wese van God – oor wie of wat Hy is, hoe Hy moontlik lyk? Miskien moet jy jou eers afvra watter prentjie jy van Jesus het.

Johannes 12:27

Hebreers 1:3

“Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.

Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Johannes 12:20-33 (27) Sang: Ps 134a:4 Sk 3-6:1, 2 Sk 2-4:1 Sk 20-1:5, 6 Sk 17-3:1, 2 Sk 5-4 Sk 10-2 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Filippense 2:5-11 Sang: Ps 33a:1, 2 Sk 12-3:1, 2, 3 Ps 32a:1 Sk 18-6:1, 2, 4 Ps 116 (tussen tafels) Sk 13-3 Amen Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Ds Fanus Heystek Skriflesing: Hebreërs 1 (teks: vers 3) Voorsang: Ps 79 Sk 1–1, Lb 163 Lb 190 Onder die diens: Ps 8 Sk 3-2 Lb 188


DAGBOEK

Vandag: Jeug-kleingroepe gr 711 Nagmaal Nagmaalete Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Dinsdag: 08:30 Predikantetoerusting

U, Here, laat my lamp helder skyn: my God gee lig as dit donker is om my (2 Samuel 22:29). Lishe du Plessis Lettie Grobler Bram Schouwstra Andries v.d. Walt Daniël Gerryts Anja Smit Elbie Botes Philip Loots Carlien Bekker Lien Nell Makaylan Booyens Ansie Theunissen

23/5 23/5 23/5 23/5 23/5

Ide Bekker Johan Breed Gene de Beer Nico de Ronde Marthie Pelser

RESIDENTIA-SUNNYSIDE Woensdag 20 Mei: Bybelstudie om 09:30 in die eetsaal van Karmel (dr Braam)

Naasteliefde

Gelukwense

17/5 17/5 17/5 17/5 18/5 18/5 19/5 19/5 21/5 21/5 22/5 22/5

Woensdag: 19:00 Nuwe lidmate 19:00 Beginpunt

079 902 2794 012 991 0011 082 307 0981 084 626 8046 072 895 5577 082 530 0477 083 739 9557 082 614 9415 079 509 0737 082 455 6877 012 342 4204 Louis Mansion 402 083 444 2329 083 417 5622 012 362 0320 082 886 9450 082 253 4837

Voorbidding: Mexiko Meer as 3 000 Sondagskool-literatuurstukke is onlangs aan ses kerke in ’n inheemse gebied voorsien – loof die Here! Bid dat hierdie hulpbronne van groot waarde sal wees vir die gemeentes en dat die inhoud hiervan vir die leerlinge tot seën sal wees.

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Nancy Labuschagne is die afgelope tyd oorlede. Ons bid Pieter en die familie vertroosting toe in hierdie tyd.

Siekte Frieda Pretorius (012 361 3830) is in die Lynnwood Glenn-kliniek opgeneem. Ons bid haar seën en sterkte toe.

Kerrie-en-sjerrie-aand: Vrydag 5 Junie Kom geniet ’n glasie sjerrie en verskeie soorte kerrie saam met ons. Duxburyweg: 18:00 vir 18:30 Volwassenes, studente en hoërskoolleerders: R60 Laerskoolleerders: R30 Kleuters: Gratis Bring asb. eie eetgerei en iets te drinke. Kaartjies is beskikbaar by alle Agapélede asook in die kerkkantoor.


Voorbeeld

Fotobord Met die aanloop tot ons gesinsdiens aan die einde van die maand, het ons dit goedgedink om ’n groot bord aan te bring waarop almal foto’s kan plak van hul gesinne. Ons wil baie graag name by gesigte begin plaas en hierdie is sommer die ideale geleentheid daarvoor. As jy alleen is, sonder kind of kraai, bring asb. ook ’n foto van jouself met jou naam op. As jul nes leeg is en jul kinders dalk nie in ons gemeente is nie, bring nogtans jul foto. Op die ou end wil ons almal se gesigte hier te siene kry. Kyk in die saal vir die groot bord, een of twee foto’s sal reeds daarop veskyn sodat elkeen ’n goeie idee kan kry van wat ons hiermee beplan. Ons wil teen 31 Mei hierdie projek volledig hê.

 Bybelprojek in Samewerking met Judea Harvest

Bring jou gebruikte Bybels kerk toe gedurende Mei 2015 So dikwels staan daar goeie Bybels (in alle tale) op rakke wat net nie meer gebruik word nie. Daar is duisende Christene in ons eie land wat dit nie kan bekostig om ’n eie Bybel te koop nie. Bibles for Believers en Judea Harvest pak ’n gesamentlike projek aan om hierdie Bybels in te samel. Lidmate van gemeentes landwyd word genooi om hierdie Bybels gedurende Meimaand na die kerkkantoor te bring. Judea Harvest sal die afhaal van die Bybels gedurende Junie vanjaar reël en dit waar nodig aan arm Christene besorg.


Geagte gemeentelid Diakonale sake Ons wil u graag hartlik bedank vir al die geldelike bydraes wat ons van die gemeente ontvang het. U bydraes stel ons as diakonie in staat om ander te help wat die geld baie nodig het. Hiermee ’n gedetailleerde uiteensetting van die afgelope vier maande se inkomste en uitgawes van die diakonie.

Jan 2015

Feb 2015

Maart 2015

Apr 2015

Totale inkomste

48 527.00

54 568.83

53 395.50

30 551.70

Kollekte ontvang Ander inkomste

38 427.00 10 100.00

35 105.00 19 463.83

40 835.50 12 560.00

25 591.70 4 960.00

Totale uitgawes

53 968.65

55 465.34

55 624.97

74 090.63

Uitgawes Barmhartigheidsdiens Maandelikse toekennings Ad hoc-toekennings v.d. maand Ander/Diverse

32 988.00 14 000.00 6 397.00 583.65

32 988.00 15 500.00 6 000.00 977.34

33 888.00 14 500.00 6 269.00 967.97

33 888.00 14 500.00 24 671.60 1 031.03

Oorskot/Tekort

-5 441.65

-896.51

-2 229.47

-43 538.93

Die grootste deel van die diakonie se inkomste kom van die weeklikse kollekte onder die erediens. Die kollekte-inkomste en ander bedrae wat deur gemeentelede bewillig word vir die diakonie word soos volg aangewend:  Vir barmhartigheidsuitgawes: Dit is byvoorbeeld bewilligings aan behoeftige gemeentelede wat op ’n permanente grondslag van barmhartigheid afhanklik is.  Maandelikse toekennings: Dit is byvoorbeeld toekennings aan die President Kruger-kinderhuis en die Vosstraat-voedingskema.  Ad hoc-toekennings is byvoorbeeld toekennings aan gemeentelede wat vir ’n kort tydperk van barmhartigheidstoekennings afhanklik is.  Weens noodgedwonge instandhoudings- en verbeteringsuitgawes aan die Normandie-woonstel waarvan die diakonie die verhuringsinkomste ontvang, is Aprilmaand asook die daaropvolgende drie maande se ad hoc-uitgawes heelwat verhoog.

Kontak die diakonie gerus vir enige verdere navrae.

DIAKONIE INKOMSTE UITGAWES

TEKORT

Totaal vir tydeperk Januarie – April 2015

INKOMSTE

UITGAWES


When the Spirit of God is at work … Luke 4:31-37 Prof Derrick Mashau Sermon Sunday 18:30 3 May 2013 When and where the Spirit of God is at work, the footprints of God can be traced; the ministry is unstoppable and irresistible because God’s power is at work. Lessons drawn from Luke 4:31-37 is that when the Spirit of God is at work:

1.

The ministry field is clearly defined Just after his temptation by the devil (Luke 4:1-13) and his rejection by the Jews who wanted to kill Jesus, the Spirit of God directed him not to stop but to continue with the ministry of sharing the Word. He was directed to the city of Capernaum - a very strategic place to share the gospel. It was a strategic place within the Roman Empire that would have drawn many people from other nationalities as well. Whenever the gospel would have reached the people in Capernaum, those from outside the city would have taken it back to their respective places.

2.

The Word of God is preached and taught Verse 31 talks about Jesus Christ who started ministering the Word of God in the synagogue. It is interesting that Jesus used Jewish synagogues as an entry point to preach the gospel wherever He went. But what is even more interesting is that his preaching was not just an ordinary preaching; he preached with authority because the Spirit of God was at work. It was not just preaching for the sake of preaching; not preaching to entertain people or to appease them but to bring total transformation of their lives. Salvation was at the heart of his preaching and people called to repentance – by embracing God’s

righteousness; they were called to resemble the holiness of God. Holiness was not just preached by Christ, but made manifest in his lifestyle. After his preaching, they could see that these are the words of God, “Thus says the Lord”.

3.

The Word of God is preached with power When the Word of God is preached and the Spirit of God is at work, God’s power to save and deliver people is made manifest. In this case, the Bible talks about a demon-possessed man who received his deliverance. The evil spirit in this man was the spirit of disruption that manifested in the following ways:  It invaded the space of worship;  It recognised the authority in Jesus Christ as the Son of God but did not want to submit to him;  It wanted to speak at the same time as God, thereby disrupting the service;  It is the spirit that acknowledges knowledge that Christ is the Holy One of God but it was not saving knowledge;  It was a questioning spirit that sought to disrupt Christ’s preaching through questioning.

Christ responded with power because God’s Spirit was at work. He rebuked the spirit to keep quiet; but it was also an hour of deliverance for the possessed man because Christ commanded the spirit to leave the man. The man was saved and delivered.

Sestigplussers Ons volgende byeenkoms vind op 28 Mei plaas. Hou Hart & Hand dop vir meer besonderhede.


Good Friday and Christmas Under Threat by FOR SA | Feb 27, 2015 |

The recent proposal by the South African Law Reform Commission (SALRC) to remove Good Friday and Christmas as public holidays on the SA calendar, has triggered criticism around the country. Is the proposal as innocuous as it presents, or is there a greater agenda at work? According to the SALRC, an advisory statutory body responsible for identifying and revising laws that are at odds with the Constitution, “there is an element of prejudicial treatment in that the two main Christian holidays are declared as paid public holidays and adherents of other religions who celebrate other faith-based holidays are disadvantaged in that their holidays are not declared public holidays and they do not have an automatic benefit of pay on those days.” The SALRC accordingly suggests that either these holidays be reviewed, or that equal weight be given to holidays of other faiths. Uitreksel vanaf die webtuiste van Freedom of Religion South Africa

Goeie Vrydag en Kersdag Gee jou mening op ons webtuiste http://www.gkbrooklyn.org.za/

Jou mening

Donderdag 28 Mei

Skrif Fokusgedeelte: Eksodus 23:14-19; 34:18-26 Ds. HB (Bernard) Hattingh (Warmbad)

Feeste tot eer van God behaag Hom Ons vier elke Sondag fees tot eer van die Here en bely dan ons geloof in God. Maak ons dan nie ’n fout deur spesiale feeste te hê waarby spesifieke heilsdade van God herdenk word nie? God maak dit egter duidelik in sy Woord dat dit Hom behaag wanneer sy volk op groot skaal feesvier. In Deuteronomium 5 maak Hy dit duidelik dat die volk elke Sabbat daaraan moes dink dat hulle slawe was en deur God uit Egipte verlos is. Tog moes hulle jaarliks die Paasfees vier wat ten volle daaraan gewy is dat hulle moes dink aan hoe hulle verlos is. Alhoewel die Israeliete dus elke Sabbat aan hulle verlossing gedink het, moes hulle steeds jaarliks ’n grootskaalse verlossingsfees vier. Daar is dan geen probleem daarmee dat ons groot feeste hou nie. Hierdie feeste moet egter ten volle tot eer van God wees. 'n Kerspartytjie waarby drank, kos en die verskyning van ’n bebaarde kersvader die hoofitems van die fees is, grens aan afgodery. As die Paasnaweek bloot belangrik is op die kalender ter wille van die geleentheid om ’n langnaweek te kan hê, word God nie geëer nie. Wanneer Hemelvaart ophou om ’n fees te wees omdat ons nie meer 'n publieke vakansiedag het nie, was die viering van die troonsbestyging van ons Here Jesus nooit vir ons werklik ’n saak van blydskap en feesvreugde nie. Kerklike feeste het ’n belangrike plek en behaag God, maar dan moet dit waarlik feeste tot eer van God wees. Sing: Psalm 122:1 Uitreksel vanaf die webtuiste van Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (dagstukkies)


Tema-opsomming

Hy is ons Vader

Abba beteken Vader!

Openbaring 1:9–2:7 Die Koning van alle konings (Openbaring 1:12-18) skryf aan ons ’n persoonlike brief (Openbaring 2:1-7). Jesus verklaar daarin dat Hy ons deur en deur ken en Hy roep ons elkeen tot persoonlike verantwoording oor die vraag na die egtheid van ons liefde vir Hom. Besef dit mooi: die Koning van alle konings roep jou tot persoonlike verantwoording!

Romeine 8:15; Efesiërs 1:3-5; Galasiërs 4:4-7

Jesus se Koningskap is deur God die Vader aan Hom gegee (kyk Matteus 28:18). Die Vader het sy Seun Koning gemaak om ons te beskerm en te versorg. Om Koning te kon word, moes Jesus eers dienskneg word. “Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak” (Openbaring 1:5-6). Maar die Vader maak sy Seun ook weer van slaaf tot Koning en Regter van die heelal. As Regter-Koning heers Hy op so ’n manier oor ons dat niks en niemand ons ooit van sy liefde kan skei nie en niemand ons ooit kan aankla nie (Romeine 8:31-38). En tog, dieselfde Regter-Koning wat ons in sy liefde toevou en vryspreek, se bevinding is: “… julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Dink daaraan hoe ver julle al agteruit gegaan het. Bekeer julle …” (Openbaring 2:4-5). Ons vier DV volgende Sondag nagmaal. Maak tyd om aan God se liefde vir jou te dink:  Die Vader het sy Seun gegee, vir jóú!  Jesus het sy lewe gegee, vir jóú! Dink dan ook aan Hom wat jou tot verantwoording roep … het jy Hom werklik lief bo alles? Gaan na http://goo.gl/tXJkQk om na die preke te luister

Die Apostoliese geloofsbelydenis bely: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde … Daar is ’n paar lesse wat ons uit hierdie belydenis leer: Eerstens, ons hemelse Vader is die ewige Vader van Jesus Christus. Dit beteken dat die beskrywing van “Vader” die kern is van wie God is. Tweedens, God die Vader is die Skepper van alle dinge en alles behoort dus aan Hom. Hy onderhou en regeer sy hele skepping. Derdens, die Skepper en Regeerder van die heelal is my God en Vader/Pa. Vierdens, God is ons Vader oor Jesus Christus. Ons is kinders van God, nie oor ons dit verdien het nie, maar oor ons aangeneem is. God is die Vader van elkeen wat Jesus Christus as ’n ouer broer het (Hebreërs 2:10-17). Johannes 1:12 sê die wat Jesus ontvang het, het die reg gekry om God Vader te noem. Hierdie verhouding behoort nie ligtelik opgeneem te word nie, want dit het die Vader duur gekos. Hy moes sy eie Seun daarvoor opoffer. Vyfdens, beteken dit ons kan staatmaak op die Vader se voorsiening en sorg. Hy is met ons in goeie en slegte tye (kyk Romeine 8:28). Sesdens, ons leef met hoop want ons weet daar is ’n Vaderhuis wat vir ons wag. Die probleem is dat die mens se storie een van ballingskap geword het. Hoekom? Want die mens het besluit om sy rug op God te draai en vir hom- of haarself te leef. Met die sondeval is die mens uit God se huis verban en ons vra, hoe kan ons terugkeer? Die evangelie antwoord hierdie vraag deur aan ons te vertel dat Jesus sy eie huis verlaat het (Filemon 2:6-7). Hy is gebore weg van sy biologiese ouers se huis en in Matteus 8:20 lees ons hoe Hy rondloop sonder om ’n huis van sy eie te hê. Uiteindelik word Hy selfs buite die stad van God gekruisig as ’n teken van sy ballingskap en verwerping (Hebreërs 13:11-12). Hy het letterlik ons plek ingeneem en ervaar die ballingskap wat die mens verdien het, Hy is verwerp sodat ons weer in die Vaderhuis toegelaat word (kyk Johannes 14).


TOERUSTING VIR GROEPE EN GESINNE Weektema: Wat sal ons met hierdie kinders maak?

Teks: Markus 10:13-16 1. Lees/Luister: Lees as groep of gesin saam deur Markus 10:13-16. 2.

Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar .

3.

Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte: a. Wat is die sentrale gedagte van Markus 10:13-16? b. Hoekom was die mense opgewonde om hul kinders na Jesus toe te bring sodat Hy hulle kan aanraak? Wat keer ons om ook so opgewonde te wees? c. Wat het die kinder gekeer om by Jesus uit te kom? d. Waar keer ons soms ons kinders om by Jesus uit te kom? e. Hoe kan ons mekaar herinnner aan Jesus se ontsteltenis as ons kinders verhinder word om by Hom uit te kom? f. Hoe kan ons in die week wat kom die uitnodiging van Jesus dat kinders welkom is by Hom duidelik laat klink?

4.

Hande en voete: Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae: a. Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak? b. Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet ...” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

5.

Bid: Bid as gesin of groep saam vir die volgende: a. Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer. b. Bid vir gemeentelede en vir jou familie. Vra dat God verheerlik sal word deurdat ons mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus. c. Bid vir mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, skool, universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het. Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een van die bogenoemdes te bid.


Gemeentegeskiedenisboek

Want Ek het jou lief …

’n Baie verkorte weergawe van die boek is Sondae in die kerkantoor ter insae. Die verkoopprys is nog nie vasgestel nie, maar bestellings kan intussen geplaas word.

God is liefde: “Hierin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes” (1 Johannes 4:9-10).

Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê … (1 Johannes 3:16).

Biltongfees Dis weer biltongfeestyd op 28 Augustus. Nou rig ons weer ’n vriendelike en dringende versoek aan alle jagters en ook mense met familie of vriende wat jag om wildsbokke te skenk. Ons het vriesgeriewe indien enigeen reeds nou al ’n skenking sou wou maak! Enige finansiële skenking is natuurlik ook welkom. Kontak Fanie (083 446 6096), Wina (082 859 5216), Jaco (082 491 6204), Elfrieda (072 179 5847), Annalie (082 879 6654), Danie (083 952 4764), Harm (082 376 0527), Bets (082 320 9133), Frikkie (073 733 0799), of Henk (082 926 0708). Baie dankie by voorbaat!

Program vir Dissipelskapkafee Mei – Junie 2015

Hulp in tuin As daar ’n persoon is wat kan help met die aankoop van plantjies op ’n gereelde grondslag om die wat nie meer goed lyk nie te vervang, kontak Rentia by 012 362 0069. Koste sal deur die kerk gedra word.

Dinkskrum oor Brooklyn se toekoms Die kerkraad wil met ’n dinkskrum praktiese scenario’s bepaal vir die toekomsbeplanning van Brooklyngemeente volgens ons strategiese roeping in die stad. Lidmate wat hieraan wil deelneem, moet asb. met Rentia of die predikante skakel. Die datum en tyd sal volg. Kom gerus, bring iemand saam en woon hierdie byeenkoms by.

Mei Junie

25 1 8 15 22

Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel Vakansie Die Engele en die duiwel

Paul Grobler Chris en Paul Magdal Pienaar-Marais


Gesinsbediening Dit is die roeping en strewe van die kerkraad om die evangelie gerig te bedien. Dit is algemeen bekend dat die oggend-eredienste meer tradisioneel is en gerig is op ’n bepaalde segment van die gemeente. Die aand-eredienste is meer “informeel” en gerig op die jonger segment van die gemeente. Gerigte gesinsbediening met jong kleuters is as ’n leemte geidentifiseer en daarom het die kerkraad die volgende besluit: 

 

Op 24 Mei om 11:00 bied Louis Venter (baie jare se ervaring in kleuterbediening) ’n werkswinkel ná die oggenddiens aan. Dié werkswinkel is primêr gerig op die ouers van kinders van 3 tot 10 jaar oud en oppassers sal vir die kinders gereël word. Op 27 Mei om 19:00 gaan dr Rassie Smith ’n oop-gesprek lei in verband met gesinsbediening. Almal is baie welkom. Op 31 Mei om 11:00 gaan ons DV ’n eerste “gesinserediens” hou. Die fokus gaan wees op interdialogiese gesprek tussen die predikant en gesinne en ouers en kinders. Ons wil graag ’n omgewing skep waar ons gesinne saam God kan eer, dien en dissipels maak.

Agapé-uitreik ’n Baie groot dankie aan die hele gemeente vir die wonderlike bydraes vir Agapé-uitreik se wit-olifant-verkoping. Die inkomste daarvan het ons in staat gestel om ’n baie groot aantal Bybels in verskeie tale te skenk aan ’n klomp geesdriftige ontvangers. Die oggend was, soos in die verlede, baie gesellig: "an example of Christian fellowship" om een van die gaste aan te haal. Hierdie uitreik het gekom om te bly. Volgende jaar maak ons (DV) weer so! Erna Kruger, namens Agapé.


LIDMATE Vertrek met attestaat:

Ingekom met attestaat: Maritz Johannes J Van der Bijl Gerhard J Egg: Jeanette Dooplid: Yolanda Dooplid: Gerhard Dooplid: Stefan Van der Meer Louis F Burger Cecilia

Akasia Centurion

Bronkhorstspruit Die Bult

Ingekom met bewys:

Kempton-Park Noord

Welkom-Noord

Vertrek met Bewys: Van der Linde Karlien Engelbrecht Daleen Van Biljon Madri

Hansen Erich Egg: Dykema-Hansen Ellie Concordia Evangelical Lutheran Church

Jeffreysbaai Margate Swartkop

Gemeenskap opgesê:

Opgeneem: Du Plessis Corra

Du Plessis Willem A Lemmer Jacobus v R Wapadrant Egg: Debbie Dooplid: Rosemarie Dooplid: Breggie R Coetzee Gert A

Labuschagne Lizelle AGS

ADVERTENSIES GESOEK: TUINWOONSTEL OF EENSLAAPKAMERWOONSTEL vir werkende jong dame om te huur vanaf begin Mei. Skakel Hanri Pelser by 082 303 8709, Abri Pelser by 082 922 3888 of Dalize Pelser by 076 810 6622. 3-DIMENSIONELE HANDBORDUURWERK Stel jy belang om die kuns van 3-D handborduurwerk aan te leer? Borduur met sylint, wol, garing en krale. Ons borduur rose, blomme, bome, tuine en damesfigure mat aandrokke. Klasse word aangebied. Kontak Joey by 082 921 7266 vir meer inligting. HEARING HUB OUDIOLOË Ons bied gehoortoetse, gehoorapparate, gehoorbeskerming en spraakterapie vir jonk en oud. Skakel ons gerus by 012 346 0511 (Menlopark) of 012 997 1718 (Moreleta Park). Ons sien uit om u te ontmoet.

KOSMOS SKOONMAAKDIENS Skoonmaak van alle tipes woonhuise en wooneenhede volgens jou behoefte. Weekliks, maandeliks of eenmalig. Werk self saam met span. Kontak Ansie by 076 7687 056. BANTING BESKUIT TE KOOP Heerlike Banting beskuit - met onder andere amandel-meel en sonneblomsade - teen R70 vir 18 en R120 vir 36 te koop. Kontak Renée by 079 516 0959. KLADDS Sweedse brownies met ’n laag grondboontjiebotter verpak in duursame omgewingsvriendelike verpakking. Maak dit jou eie: sit ’n foto/prentjie en ’n boodskap op die verpakking. Die perfekte geskenk vir Moedersdag! R25 elk of R20 elk met 10 of meer bestellings. Kontak 079 516 0959. VUURMAAKHOUT Droë sekelbos-braaihout: 50 sakkies of meer @ R13 per sak afgelewer. Skakel Peet Langley by 079 640 8855 of e-pos na peet.langley@lantic.net

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Diensbeurt Ouderling Diaken Willem Daling

17 Mei

Troyestr

24 Mei

Duxbury

24 Mei

Troyestr

(Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fanusheystek@gmail.com

Baie dankie vir jou finansiële bydrae!

Reëlings Datum Plek 17 Duxbury Mei

Fanus Heystek

Ouderling Hannes Otto Diaken Carlé Erasmus Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatfonds

Skinkbeurt Bets en Ina

Onder die diens Diakonale werk By die deure Bybelverspreiding

Sanet

Met meer bydraes groei ons impak! Bank: ABSA, Hatfield-tak Takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede: Diakonale kas ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.