Kwartaalblad
Ontmoet Paul Grobler Bladsy 4
Gereformeerde Kerk Brooklyn Mei 2013
Juventusdinee
Kleuterskool in Sunnyside
Bladsye 6 & 7
Bladsy 12
Wat is Apologetiek?
W
anneer laas het jy vir iemand vertel dat Jesus oor die wêreld regeer en dat Hy dit vir mense moontlik gemaak het om van hulle rebellie teen God genees te word en om in God se gesin aangeneem te kan word?
Geloofsgesprekke is nie iets wat Afrikaanse mense eintlik doen nie. Vir meeste van ons is geloof 'n persoonlike saak en ons reken eintlik dis effens ongeskik om met mense te praat oor wat hulle glo oor God en die wêreld. En ás 'n mens waag om daaroor te praat, is dit definitief ongeskik om te laat blyk dat iemand hulle opinie moet aanpas omdat dit nie met die feite strook nie.
Wat maak 'n mens dan as jou broer een Sondagmiddag verduidelik dat die Nuwe Testament onbetroubaar is omdat dit glo 150 jaar ná die gebeure eers opgeteken is, of jou baas wil weet of jy in wetenskap of in godsdiens glo, of jou kind nie meer kerk toe wil gaan nie, want hoe kan Christene so seker weet net húlle is
Hierdie kwessie waaroor ons almal wonder en praat, word deur Laurette Marais duidelik gemaak
reg, of jou klasmaats reken die kerk is net vir skynheiliges?
Apologetiek kan hier help. Maar wat is dit? Die woord het by die Antieke Grieke ontstaan en ons sien dat Petrus die idee gebruik wanneer hy Christene aanmoedig om altyd gereed te wees om 'n antwoord te gee oor die hoop wat hulle het (1 Petrus 3:15). Die Griekse woord is 'apologia', wat 'antwoord' of 'verdediging' beteken. As ons na die res van die Bybel kyk, sien ons dat daar verskillende maniere is om hierdie 'antwoord' te verstaan: aan die een kant as 'n reaksie op 'n spesifieke vraag wat iemand jou vra, en aan die ander kant as 'n algemene antwoord op die kultuur rondom ons. Dit is ook 'n 'verdediging' van Christenskap as die waarheid.
'n Mens sien hierdie bereidwilligheid om 'n antwoord of verdediging te gee veral in Paulus se doen en late. Ons lees dat dit sy gewoonte was om na die sinagoges te gaan en met die Jode te redeneer, en ons lees - Vervolg op bladsy 3
Kommentaar
Brooklyn Brokkies
Preke deur leke?
Redakteur Johanna Hellberg Tel: 073 295 5848
Apologe ek: Die woord wil-wil jou tong laat knoop. Dis nie eens ‘n besonderse mooi woord nie. Dit is ‘n woord wat maar onlangs eers reg g in gewone lidmate se lewes begin verskyn het. Dit is egter alles behalwe ‘n askies-dat-ek-leef-woord, al wil dit lyk en klink asof dit oor verskonings gaan.
Medewerkers Magriet Lee Laure e Marais Anita Cilliers Ronel Stronkhorst Ilse de Villiers Bernard Hellberg Colin Cameron Marisa Stols Zania Vermaak Joánne Cunze Erna Kruger Annalie Grové Thinus & Lidia de Wet
Apologe ek is ‘n proses wat jou aan die dink sit. Dit is ‘n toerus ngsproses om van jou ‘n ingeligte gelowige te maak. Hoeveel van ons het nie kwellende geloofsvrae wat niemand vir ons bevredigend kan antwoord nie? Apologe ek is die verskil tussen hoe om te glo en hoekom om te glo. Ons word via die media gebombardeer met twyfelstellings oor God en die Bybel. Nie almal van ons het ‘n teologiese agtergrond om altyd argumente met ongelowiges en aanhangers van ander godsdienste aan te gaan nie. Apologe ek is daar om dit vir ons almal moontlik te maak om standpunt in te neem en dit te verwoord. Aangesien hierdie Laure,e Marais se passie is, vertel sy vir ons meer daarvan. Ons vertrou dat die begrip nou meer sin maak!
Menings wat in hierdie blad uitgespreek word is nie noodwendig dié van die redaksie of die kerkraad nie.
Dankie vir al die posi ewe terugvoer oor die vorige uitgawe van Brooklyn Brokkies. Brokkies is egter die beste voorbeeld van ‘n spanpoging binne die gemeente. Die bladuitleg is baie professioneel deur Louis Kruger gedoen en sy slapelose nagte het goeie dividende opgelewer want hy hoef dit nou nie weer te doen nie! Hy het vir die kuiken vlerke gegee sodat ons nou op ons eie kan vlieg. Louis, weer eens, in die openbaar, baie dankie. Jy laat ons wat die skryfwerk doen, goed lyk!
Lees ook binne ♦ ♦ ♦
Louis Kruger
♦ ♦
Wat ‘n wonderlike inisia ef van Hermann Pretorius om ‘n boeketafel op die trappe van ons kerk te begin! Linda van Vuuren doen al lankal haar bes om met haar boekresensies in Brooklyn Brokkies die gemeente aan die lees te kry. Nou het niemand meer ‘n verskoning nie, die boeke is le,erlik, soos die Engelse sal sê: on our doorstep! As iemand wat alreeds self drie boeke daar gekoop het, kan ek net noem dat nie net die verskeidenheid boeke nie, maar ook die vriendelike diens en die pryse beïndruk. Sterretjie vir jou, Hermann! Hermann en Hulda Viljoen op hulle pos agter die boeketafel 2
Brooklyn Brokkies
Groete tot volgende keer.
J☺ ☺
♦ ♦
Gevangenisbediening Peas in a Pod-uitreik Gemeentepiekniek Beertjie-projek Persoonlike nuus Duif se manewales Wie is almal gedoop? Laat hoor van jou
Stuur gerus jou bydrae vir die volgende uitgawe van Brooklyn Brokkies voor 9 Augustus per e-pos aan: Die Redakteur Brooklyn Brokkies gereformeerdekerkbrooklyn@ gmail.com
Apologetiek Vevolg vanaf bladsy 1
ook woorde soos “oortuig”, “oorreed”, “verdedig”, “bevestig” en selfs “bewys” raak. Baie mense reken dat jy nie iemand tot geloof kan “redeneer” of “oortuig” nie, maar tog sien ons dat hierdie benadering 'n belangrike deel van Paulus se verkondiging van die evangelie was, in navolging van Jesus se opdrag in Matteus 28. Een van die beste voorbeelde hiervan is Paulus se gesprek met die Atheners by die Areopagus. Hy begin deur op te merk dat die Grieke 'n tempel vir 'n 'onbekende god' het, en dan verduidelik hy dat hy hulle sal vertel van hierdie God wat alles gemaak het en wat Here van die hemel en die aarde is en van sy Seun wat uit die dood uit opgestaan het. Hy klim dus binne-in hulle prentjie van die wêreld in en wys vir hulle hoe Jesus die volledige antwoord daarop is.
aanspreek, sodat verkeerde feite hulle nie van God af kon weghou nie. Tog het hy goed besef dat net God mense se harte kan verander: sommige mense het tot geloof gekom, ander het vir hom gelag. Party mense se slim redenasies was eintlik net rookskerms vir hulle rebellie teen God. Dit het hom egter nie gekeer om sonder ophou met mense te praat en te redeneer nie. Per slot van rekening kan 'n mens eintlik niks doen om iemand tot geloof te bring nie, maar ons weet ons moet God liefhê met hart, siel én verstand, en die Heilige Gees kan ons gehoorsaamheid in al hierdie opsigte gebruik om die mense om ons te raak. Wat is die soort dinge waaroor ons vandag moet redeneer en waarvan ons mense kan oorreed? Met ander woorde, hoe lyk apologetiek vandag?
Ons leef in 'n vreemde postPaulus se toewyding om te “oortuig” moderne samelewing, waarin menen “oorreed” en “bewys” wys dat hy se vaagweg reken dat elkeen tot sy graag mense se vrae en twyfel wou eie opinie geregtig is, solank die opinie nie behels dat ander mense verkeerd is nie. Klink dit bekend? Maak dit sin? In hierdie chaos bevraagteken mense alles van Christenskap: die betroubaarheid van die Bybel, die opstanding van Jesus, die bestaan van God, die bestaan Die Dissipelskapkafee en Dink Saamvan objektiewe morele groepe wat Maandagaande by die waarheid, God se kerk bymekaar kom spreek juis liefdevolheid in pyn en hierdie vrae aan. Kom luister, kom swaarkry, die nut van die kerk, die uniekheid leer en kom neem deel. Sien julle van Christenskap... daar! Die lys is eindeloos. Gelukkig, omdat God genadig is en Regeerder is van die
Laurette en Willem Marais waarheid, is daar goeie antwoorde hierop. Sommige daarvan is suiwer intellektueel, ander raak die hart van die saak aan met die kragtige waarheid van Christus aan die kruis.
Ons kan soos Paulus in ons eie kultuur inklim en na argeologie, geskiedenis, filosofie, wiskunde, wetenskap, letterkunde, etiek en baie ander velde kyk om te wys hoe die Bybel betroubaar is, dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het, dat God bestaan en die wêreld geskep het, dat Hy die grondslag vir moraliteit is, dat Jesus Homself aan die wêreld oorgegee het as 'n antwoord op die pyn en swaarkry van die mensdom, dat God sy kerk in stand hou en dat Christus absoluut uniek en sonder gelyke is onder al die gelowe in die wêreld. Apologetiek is 'n poging om 'n antwoord te gee oor die hoop in ons. Dit dek die spektrum van die mensdom se vrae en dit poog om sulke hindernisse uit die weg te ruim sodat mense Jesus in sy volle glorie kan sien as die Verlosser van die wêreld. Uiteindelik is Hy Koning oor alles: ons kultuur, ons filosofieë, ons verskonings, ons vrae en ons twyfel. Brooklyn Brokkies
3
Leer mekaar ken
Wie is Paul Grobler? Nadat hierdie vraag een keer te veel gevra is, het Johanna Hellberg besluit om met die man self te praat en uit die perd se bek die antwoord te kry. Oor koppies koffie en stewige snye koek kuier ons laatmiddag in Hillcrest. Om Paul lank genoeg vas te pen vir ‘n onderhoud is nie maklik nie! Hy is permanent aan die beweeg. Hy het begin om Elektroniese Ingenieurswese by Tukkies te studeer, maar aan die einde van sy tweede jaar het hy hom geroepe gevoel om teologie te gaan studeer. Paul het sy B-graad in teologie met lof geslaag en daarna ‘n honneursgraad en ‘n MDiv-graad suksesvol voltooi. Paul was ‘n jaar lank predikant in Rustenburg-Wes toe die Here dit vir hom duidelik gemaak het dat hy sy talente in prak ese teologie anders en elders moet toepas. Paul het twee roepings: om vir gelowige mense wat los van ‘n kerk/gemeente funksioneer ‘n relevante tuiste of omgewing te skep waar hulle geloofsgroei kan ervaar; en om ‘n dissipel te wees vir nuwe gelowiges, maw daardie mense wat nog nougese,e bediening en aandag nodig het. Dit maak natuurlik van hom ‘n professionele koffiedrinker, want waar anders as om informeel te kuier kan daar soveel sukses behaal word? Paul beskou homself as ‘n voltydse ouderling. Toe ek hom druk vir ‘n posbeskrywing sê hy hy is ‘n sosiale entrepreneur — iemand wat ‘n verandering in die sosiale omgewing wil teweeg bring. Sy bediening word in stand gehou deur ‘n groep sakemanne wat die leemte in die samelewing raak gesien het en gevoel het die leemte moet gevul word. Paul het nie ‘n pligtestaat nie en sy projekte sluit van die herskep van gemeentes (ook CRUMA en GKSA) se webblaaie; dissipelskapopleiding; fasilitering by kerklike werkswinkels en toerus ng vir predikante, ouderlinge en ander in. Hy is pas terug van die KKNK waar hy gehelp het om die GKafee (Gee maak mens gelukkiger as kry. Hand 20:35) te beman. Dié van julle wat gelukkig genoeg was om daar ‘n draai te kon maak vir ‘n gra s koppie koffie, sou hom daar
4
Brooklyn Brokkies
in aksie gesien het. Sy oë blink as hy vertel van die mooi dinge wat daar gebeur het. Hy vertel ook dat hulle tydens KKNK 19 000 koppies bedien het en onder andere ‘n halwe ton suiker gebruik het! Alles genade uit die Here se hand sodat mense net vir ‘n rukkie in hulle tent kon vertoef! Pas terug van die KKNK is hy volgende week op pad Durban toe waar hy as fasiliteerder gaan optree by ‘n landwye werkswinkel wat deur GK Pinetown gereël word oor die GKSA se Omkeerstrategie. Dit maak Paul opgewonde om te praat oor hierdie klein gemeente wat getalle betref, maar groot is in die impak wat hulle maak. Soos hy sê: dis tog waaroor dit gaan! Daarna is dit Suidkus toe, dan ….. Die gevoel wat ek tydens die onderhoud gekry het is dat hierdie man ongelooflike werksbevrediging ervaar, wat hy dan ook beaam. Op ‘n stadium was Paul ook betrokke by Geopende Deure en is hy saam met ‘n afvaardiging Marokko toe om daar kerkleiers te gaan toerus. Hulle is gearresteer, ondervra en vir drie dae in die tronk gegooi. Hierdie trauma ese ervaring is een van die twee groot gebeurtenisse in sy lewe wat hy sy Marokkopad-ervaring noem. Die ander een was sy besluit om uit die formele bedieningstruktuur van die kerk te tree. Hierdie twee gebeurtenisse het sy siening oor teologie en kerkbegrip gevorm na wat dit vandag is. Voor ons klaar gekuier het vra ek op ‘n meer persoonlike vlak of daar darem ‘n meisie in die agtergrond is, waarop hy flink antwoord “die Here het haar nog nie voorsien nie”. Ek het hom egter daarop gewys dat die Here van ons verwag om self ook ‘n mate van verantwoordelikheid te neem, waarop ek beloon is met blink oë en wat net beskryf kan word as ‘n “knowing smile”.
Troyestraat
Baie meer as drie beertjies
Magriet Lee het by die Residentia-stigting gaan inloer om te beleef hoe daar gewerk KAN word. So het sy uitgevind waar al die wol heen verdwyn! Hanneke Joubert is ‘n besige vrou. Dis twee dae voor die Residentia-mark en haar woonstel is ’n “fabriek”. Sy spring kort-kort op om die piesangbrode gereed te kry en blatjang te bottel. Oral is breiwerk in verskillende stadia van voltooiing en die storie van die beertjies en al die ander produkte wat deesdae uit die span se hande kom, laat jou in totale verwondering. Die projek is oorspronklik deur Joukje Geertsema begin en toe hulle Worcester toe verhuis het, het sy vir Hanneke gevra om die leisels oor te neem. Sy beklemtoon dat dit die span van so 10-12 dames is wat die projek lewendig hou en dat sy net die bymekaarvat werk doen. Die beertjies word, behalwe vir die doopbaba’s in Brooklyn, ook aan twee krisissentrums verskaf, waar herstelwerk aan mishandelde kinders en ma’s gedoen word. Die beertjies is dikwels die eerste sagte, vriendelike maatjie wat ‘n kind kan vashou. So is daar al tot 50 beertjies vir ‘n sentrum geskenk. Vir die kombersies word daar blokkies gebrei en Hanneke doen die aanmekaarwerk. Daar word 36 blokkies vir elke kombers gebruik en komberse van alle groottes en kleure word aan mense in Karmel en ander verdienstelike gevalle verskaf. Hanneke vertel van die dame wat bedlêend en in ‘n diep depressie vasgevang was – tot hulle die helderkleurige kombers oor haar gegooi het. Sy het die res van die dag gelag – so dat die suster later kom kyk het na die totale metamorfose wat plaasgevind het. ‘n Vriendin van Hanneke wat ‘n mediese dokter is, het saam met haar man ‘n huis vir haweloses begin en op ‘n stadium vertel van die groot aantal baba’s waarna hulle omsien. Die kleintjies was meestal prematuur en is op onnoembare plekke gevind. Die breispan het dadelik begin om popgrootte truitjies van afvalwolletjies te brei en miniatuur baadjies en koordfluweelbroekies te maak. Dan is daar nog die seekatte ook, waarin elke flentertjie oorskietwol gebruik word. Die vroue mors niks. Die breigroep bestaan uit dames van al die kerke wat
in die Stigting bly. Hulle is soos familie vir mekaar. Soms neem een van hulle “Sabbatsverlof” om eers die kleinkinders van truie te voorsien, maar kom meestal terug. In die somer is die beertjies gewilder, Hanneke Joubert sit toegepak met terwyl die komhandwerk in haar woonkamer berse weer in die winter voorkeur kry. Elke steek word met liefde gemaak en die besef dat jou handewerk so ‘n verskil aan ‘n kind of bejaarde se lewe maak, is die beste motivering vir al die breiers. Dit is ook ‘n manier om hulle dank aan ‘n Groepie by hulle handwerk die Here uit te leef, sonder wie se genade dit nooit so ‘n groot sukses sou wees nie. Hanneke sê haar familie en vriende is al versigtig as sy kom kuier want sy gaan nooit met leë hande weg nie. Wol, knope, stopsel en enige ongebruikte naaldwerk- en breiding wat sy kan afbedel, kom terug Steenberg toe. Jy hoef ook nie te wag tot sy kom kuier nie – skenk sommer jou wolle en ander bruikbare items aan die groep wat deur hulle liefdeswerk ‘n nuwe doel in die lewe gekry het. As iemand in Residentia se mure net noem dat sy verveeld is, vra Hanneke eerste hoe bruikbaar die hande is en met ‘n bietjie aanmoediging is daar nog ‘n breier – en ‘n lewenslange vriendin. Om ‘n verskil aan die begin en einde van ‘n mens se lewe te maak is seker die grootste liefdesdaad wat ‘n mens kan bewys - en die span dames doen dit met vreugde. Brooklyn Brokkies
5
Studente-nuus
Sal jy asseblief my ‘date’ wees? Indien jy al vergeet het hoe dit was om ‘n student te wees kan jy jou herinneringe herleef deur Zania Vermaak se opsomming van Juventus-dinee 2013
Die rooi tapyt is uitgerol, die meisies tooi hulself op en die ouens trek vir die laaste keer hul dasse reg, want Juventus se jaarlikse dinee het aangebreek.
soos wat almal kom saamdans het, en nie lank daarna nie is 'n strandbal en rekwisiete binne-in die sirkel gewaar wat die pret net nog meer aangehelp het.
So aan die einde van die somer en die begin van die herfs is 'n geleentheid aan studente gegun om hul skoene uit te skop, te kom dans en 'n lieflike aand saam met vriende te kom geniet.
Die aand is afgesluit met koffie en tee en heerlike kolwyntjies. Die opruim is gewoonlik 'n groot kopseer, maar getrou aan hierdie gemeente se studente se aard, is daar vinnig ingespan met 'waar bêre ons hierdie?' en 'nee wat, ek help sommer gou hier!'
Daar is gesnoep aan borde propvol heerlike eetgoed, van frikkadelle en pasteitjies, tot vetkoeke en sosaties. Tydens die ete is ons vermaak deur Bruwer Malan, wat jazz-klanke deur die saal laat klink het en party manne lusgemaak het vir 'n romantiese dans saam met hul metgeselle. Toe die dansery eers begin het, was daar geen keer nie. Naderhand is 'n groot sirkel gevorm
Dankie aan die Juventus-bestuur vir 'n aand waar die herinneringe definitief sal opduik as daar na hierdie aand se foto's gekyk word. Volgende jaar maak ons weer so, of is daar dalk binnekort 'n winterdinee ook??
Tuks vs Maties Tuks doen dit alweer! Stellenbosch, April 2013 Ilse de Villiers Alhoewel die opskrifte byna wil klink na ‘n beskrywing van die “Varsity Cup”-rugbyeindstryd, praat ons hier van ‘n baie meer intellektuele kragmeting – die finaal van die ATKV-debatkompetisie vir universiteite. Nes met die rugby, het Tuks hier ook met die louere weggestap. Die wenspan,het bestaan uit Carike Jacobs, Daniël du Plessis, Martin Nel en ons eie Hermann Pretorius. Die span het elk R2000 asook as ‘n goue
6
Brooklyn Brokkies
Tuks A aandag=g aan die luister. Van links sit Hermann, Mar=n, Daniël en Carike. Foto: Nadine Aucamp
medalje ontvang. Bo en behalwe dit is Hermann ook saam met Jana Roos van die Universiteit van Stellenbosch aangewys as beste taalgebruiker tydens die finaal. Hiervoor het hy ‘n verdere R800 en ‘n HAT-woordeboek ingepalm. Welgedaan, Hermann!
Brooklyn Brokkies
7
Studente-nuus
Peas in a pod–
Marisa Stols vertel vir ons meer oor hierdie gereelde studenteaksie
uitreik Peas in a Pod is ‘n gespesialiseerde plek van veiligheid in Sunnyside vir mishandelde dogters tussen 2 en 18 jaar. Die huis se fokus is om skoolwerk in te haal waarmee die meisies agter geraak het as gevolg van mishandeling. Hier ontvang hulle tuisonderrig.
Al wat elke persoon nodig het is liefde en aandag. Dit is dus presies wat ons as uitreikgroep vir hierdie meisies bied. Almal word mooi getooi vir ‘n fotosessie Vir afleiding doen ons Saterdagoggende ak witeite met die meisies met die doel om persoonlike aandag aan elkeen te gee. Ons hou byvoorbeeld piekniek, versier koekies, eet roomys, maak armbandjies van krale, swem en spat mekaar nat. Ons speel ook allerhande speletjies, dans, sing saam, swaai mekaar, lag uit ons maag en geniet net die oomblik.
Deur liefde en glimlagte aan hulle oor te dra, bring dit mee dat hulle ook weer liefde kan oordra aan ander. Saam bou ons mekaar.
Ons maak armbande van krale
The grass is not, in fact, always greener on the other side of the fence. No, not at all. Fences have nothing to do with it. The grass is greenest where it is watered. When crossing over fences, carry water with you and tend the grass where ever you may be. - Robert Fulghum. American Author and Teacher
8
Brooklyn Brokkies
Persoonlike Nuus
Ons neem afskeid
Carel Trichardt en Petru Wessels, die bekende en beminde akteurspaar, het besluit om Somerset-Wes toe te trek. Volgens Petru het sy besluit en Carel het vriendelik ingestem om saam te gaan! As gesoute Brooklyners en betrokke lidmate, gaan hulle vertrek beslis ‘n leemte laat. Hulle gaan veral gemis word vir hulle professionele deelname aan ons gemeente se Kers– en Paasprogramme. Waar hulle nou (soos daar in Gereformeerde kringe gesê word) na ‘n ander staat van lewe oorgaan, wens ons hulle net die beste toe. Enige oupa en ouma sal verstaan dat dit baie beter is om nader aan die kleinkinders te wees! Mag julle veel vreugde in julle nuwe omgewing beleef en mag julle gou tuis voel in ‘n nuwe gemeente.
’n Wit Kersfees Ek is op 8 Desember verlede jaar weg Duitsland toe vir ‘n maand as uitruilstudent en die volgende oggend land ek in ‘n yskoue Frankfurt met ‘n temperatuur van -12°C! Die plek waar my gasgesin woon is Haunzendorf, so 5 km buite Burkenstadt. Dit is eintlik ‘n plaasgemeenskap met so agt huise in die “dorpie”. Die huise is baie anders daar en families bly saam. My gasgesin het ‘n dubbelverdieping huis en die ouma en oupa woon op die grondverdieping. Ek moes uithaal en wys met die taal want die ouers kon nie Engels praat nie. Ek het ook daar skool bygewoon en al die klasse was in Duits behalwe Frans en Engels. Die Franse onderwyser se Engels was beter as die Engelse onderwyser s’n en hy het my ook meer uitgevra oor Suid-Afrika. Ek het besef die mense het ‘n groot wanindruk oor ons land en ek is onder andere gevra hoekom ek wit is en of ons op olifante ry! Suid-
Joánne Cunze vertel vir ons van haar kultuurskok en wat dit behels om ‘n uitruilstudent in Duitsland te wees Afrikaanse skoolkinders het beslis meer respek en beter maniere. Die gesin het my baie rondgeneem na historiese plekke. Vir Kersfees het ek ‘n kaartjie gekry om ‘n Apasionata te besoek in München – dit is ‘n soort perdeskou en daar het ek Weißwurst geëet en Weißbier gedrink. In Duitsland mag jy bier drink as jy 16 jaar oud is. Ek het ook ‘n vriendin daar raakgeloop wat in Mosselbaai woon – wys net hoe klein is die wêreld! ‘n Hoogtepunt was om perd te ry in die sneeu en omdat dit so veilig is, soms ook deur die woude. Opwindend was die “snow diving” waar ‘n motorband agter aan ‘n vierwielmotorfiets vasgemaak word en met jou deur die sneeu jaag. Ek was nie baie suksesvol om te leer ski nie, maar het in die proses ‘n Suid-Afrikaner ontmoet en ons het saam gaan warm sjokolade drink. Kersdag was vir my moeilik. Die son het min geskyn en ek het na die son en see in Suid-Afrika verlang. My gasgesin is Roomskatoliek en ons is kerk toe. Die gewoontes in die kerk was vir my vreemd en ook ontstellend en ek het groot waardering gekry vir ons kerk. Een aand het ek vir ons Suid-Afrikaanse kos gemaak – melktert en ‘n eenbak maalvleisgereg. Ek het baie vreemde kos daar geëet en alhoewel ek eers baie skepties was, het ek daaraan gewoond geraak. Dit was ’n voorreg, maar ek is dankbaar om terug te wees by ons kultuur en al die sonskyn.
Op ‘n perd in die sneeu
Bydrae verkort—Red. Brooklyn Brokkies
9
Persoonlike Nuus
Doop Brent en Heidi Breebaart het al die pad van Sydney in Australië gekom om hulle jongste, Chloe, in Brooklyn te doop. Lidmate wat al lank in die gemeente is sal hulle onthou. Heidi is die dogter van Christo en Arnline Kuun. Vir ‘n kort rukkie was die Kuuns onlangs die rykste oupa en ouma in Pretoria. Op die foto is Arnline, Heidi met Chloe in haar arms, Brent, hulle oudste dogter Mienke, en Christo.
Fanus en Janneke Nortjé het hulle seun, Joshua, onlangs gedoop. Janneke is die dogter van Ma,hys en Annie van der Hout. Baie geluk ook aan hulle as grootouers. Op die foto is Fanus met ousus Leané in sy arms en ‘n stralende Janneke hou vir Joshua vas.
“The Church does not dispense the sacrament
of baptism in order to acquire for herself an increase in membership but in order to consecrate a human being to God and to communicate to that person the divine gift of birth from God.” ― Hans Urs von Balthasar, Unless You Become Like This Child.
Baba Pieter van der Merwe is onlangs, tydens ’n baie spesiale geleentheid, deur sy oupa gedoop. Oupa is dr Sarel van der Merwe, predikant van die Gereformeerde Kerk Mafikeng. Op die foto is dr Sarel van der Merwe, sy vrou Belia, ma Marilie met klein Pieter en pa Kobus wat vir ouboet Sarel vashou.
10
Brooklyn Brokkies
Kriek en Renate le Roux het hulle baba, Emma, ook onlangs gedoop. Op die foto hou pa Kriek die dopeling vas terwyl Renate vir ousus Fleur in haar arms hou. Ons hoop julle kinders gaan vir julle nog baie vreugde bied. Sterkte met die grootmaakproses!
Gemeentepiekniek
Brooklyn Brokkies
11
Reitzstraat
’n Baken van lig in Sunnyside
New Life City Church se kleuterskool help ook ouer kinders met huiswerk. Ronel Stronkhorst vertel vir ons van hierdie wonderlike inisia ef.
New Life Kleuterskool het stadig en klein begin, vir ses maande was daar net een kleuter, later was daar drie en toe agt, en vandag is daar 22 kleuters. Die kleuters wissel van vier maande oud tot graad R. Daar is tans vier permanente personeellede asook mev Ignetia Mashau, wanneer sy beskikbaar is. Die kleuterskool begin om 06:30 tot 18:30. Na ontbyt is dit tyd vir godsdiensonderig. Die kleuters luister na Bybelverhale en leer Christelike liedere en waardes. Met my besoek was dit middagete – die kleuters eet met oorgawe aan die lekker kos. Sodra hulle klaar geëet het is dit tyd vir ‘n middagslapie.
Margareth met ‘n kleuter op die arm
Ek ontmoet vir Lesy en Magareth, twee personeellede en kuier saam met hulle. Hulle albei sien uit na die Agapé Damesuitreik wat oor twee dae plaasvind. ‘n Behoefte wat hulle tans ervaar is verf vir die kleuters — die algemene poeiertipe wat met water aangemaak word. ‘n Wonderlike inisiatief by New Life Kleuterskool is die huiswerkhulp wat hulle in die middag aan ouer kinders verskaf. Tans is daar 11 leerlinge tussen graad 2 en graad 9 wat hiervan gebruik maak. Hulle kom smiddags na skool en die personeellede help hulle met huiswerk waarmee hulle sukkel. Hierdie was my eerste besoek en ek was werklik beïndruk met die wonderlike werk wat daar gedoen word. Ek hoop om binnekort weer te gaan kuier en vir hulle verf vir die kleuters te neem. Indien jy graag verf wil stuur of ‘n donasie wil maak om verf aan te koop, kontak Ronel Stronkhorst by 083 299 7413 of soggens na kerk. As jy self wil gaan inloer, die kleuterskool is in Vlokstraat 154, Sunnyside, Tel: 012-343 0194.
12
Brooklyn Brokkies
Die Kleuterskool
Uitreikaksie
Agapé doen dit weer! ’n Feestelike saal met glasbakke vol lemoene en sonneblomme. Die Saterdag breek blou en goud aan.
Vol verwagting ry 'n groepie van ons saal toe, gewapen met massas kolwyntjies, lekker broodjies en geurige pizzas. Die saal lyk ook sommer gou feestelik met glasbakke vol lemoene en sonneblomme orals.
New Life City Church se lofprysingsorkes arriveer, en die verrigtinge begin vorm aanneem. Toe die instrumente oral gekoppel is waar dit moes, begin die musiek en sang, en soos die gaste aankom, swaai en draai almal op maat van die jubelende musiek. As die sanggroep sing: "Jesus is number one," beaam die gehoor dit entoesiasties met woord en gebaar. Ignetia Mashau lewer 'n inspirerende praatjie oor: "Hoe ontvang ons iemand van buite in ons persoonlike ruimte?" Christus is ons voorbeeld waar hy geassosieer het met tollenaars en sondaars, en geen onderskeid gemaak het tussen mense nie.
Die Wit Olifant-tafel waartoe baie gemeentelede bygedra het, lewer 'n groot bedrag op ten bate van Bybelverspreiding. Onder die aanwesiges word ook 'n klompie Bybels in verskillende tale uitgedeel.
Die busboikot ten spyt, is die opkoms selfs beter as verlede jaar. Die saal sit lekker vol! Een van die aanwesiges vra met die uitstap: "gebeur hierdie uitreik elke Saterdag?" Agapé beskou dit as 'n groot kompliment! Ons maak (DV) volgende jaar weer so! 13
Brooklyn Brokkies
Vroue wat saam dans en sing — Erna Kruger gee vir ons die resep vir ‘n suksesvolle oggend
Spesiale Bediening
God is oral — ook in ons tronke Dit is my voorreg om betrokke te wees by die Crossroad Bible Institute (CBI). Dit is ‘n inisiatief van die Presbiteriaanse Kerk van Grand Rapids in Amerika wat ‘n Bybelkursus aanbied vir persone in die gevangenis. Plaaslik word dit onder beskerming van die Gereformeerde Kerk Die Kandelaar bedryf.
Die kursus behels verskeie vlakke en begin van heel eenvoudig tot op diplomavlak. Alle studente en nasieners moet by vlak een begin.
Nasieners kry elke twee weke twee vraestelle om na te sien met ‘n memorandum en ‘n “Padkaart” van elke student. Op die Padkaart kan die nasiener gou agterkom of die student verstaan waaroor die Evangelie werklik gaan. ‘n Persoonlike brief van aanmoediging word dan aan elke student (in Engels) geskryf.
Anita Cilliers skryf vir ons oor haar lewensverrykende betrokkenheid by ‘n baie spesiale bediening in die gevangenis In ‘n antwoordstel wat ek onlangs ontvang het, is die onderstaande stukkie deur die betrokke student geskryf. Dit het my aangegryp en ek het gedink om dit in Brooklyn Brokkies met almal te deel. Onthou, terwyl u dit lees, dat hierdie voorheen ‘n geharde misdadiger was wat tans in die maksimum afdeling van die gevangenis sy vonnis uitdien. THE GARDENER God is above all. Jesus is showing us the way of life as is written in the Book of Law and of Truth … We are the plants in God’s garden and Jesus cares about us, feeds us, teaches us until that specific day when God says: “Jesus, my Son, go and pick me the flower (lees jou eie naam hier)”. Then it will be the time I’m waiting for, to be with God and Jesus our Saviour.
Inligting oor alle studente word gekoördineer en terugvoer word gereeld deurgegee aan die hoofkantoor in Amerika. Terugvoer van die Gevangenisowerhede by Baviaanspoort-gevangenis (waar daar spesifiek gewerk word met die gevangenes in die maksimum afdeling) is dat hulle geen probleme ervaar met die CBI-studente nie.
Om hierdie werk in God se koninkryk te doen is geweldig verrykend. Indien iemand belangstel om saam te werk (dit neem so twee ure in beslag elke twee weke) kontak my asseblief by 012 332 3749 of anitacil@yahoo.com. Anita se kat, Twinkels, besig met Bybelstudie 14
Brooklyn Brokkies
Thinus and Lidia de Wet summarised extract from the sermon given by Dr Brian deVries at theGereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn on 14 April 2013
Meditation
One truth for life 1 Timothy 1:15/2:1-15 Contemporary society and culture demands tolerance for all religions but the Bible teaches an exclusive truth with no tolerance for others: There is only one true God and all other beliefs are false.
♦
The Bible is inclusive in its truth claim: the gospel is offered without discrimination to all people in all places;
♦
The gospel is offered to each person individually: everyone is free to believe or reject this gospel. If you believe this gospel, then you are saved by Christ alone. If you reject this gospel, then you are damned forever in hell.
Look at 1 Tim 2:5: “For there is one God, and one mediator between God and men, the man Christ Jesus …” There are many truth claims, also called worldviews, contradicting each other. Even the Constitution guarantees the right to personal religious belief but the Bible does not allow for conflicting perspectives on truth. Allowing other truth claims means you don’t know God.
To believe in Jesus means: ♦
to reject as false all other truth claims and therefore to trust in Jesus only,
Ultimately, you must make a choice: either allow religious tolerance or trust in the one true God. The Christian faith is exclusive and demands exclusiveness.
♦
to worship without fighting and to worship and live beyond reproach;
♦
to pray for all people because all people need our prayers;
God desires all people to be saved and so God desires your salvation too …
♦
to live godly and honest, in modesty and with self-control;
Jesus, the Mediator, is a man, meaning that He is fully human in every way yet without sin. Jesus is God, fully God in every way. Jesus is the perfect Mediator because Jesus reconciles the holy God and sinful people.
♦
to proclaim this truth to all other people because our proper profession in a pluralistic society is to display good works as a
Jesus gave himself as a ransom. He is the one who gave His life to make liberty and freedom possible. Jesus gives us true freedom: Jesus saves us from slavery to sin and the devil and Jesus gives us equal identity in Him. The Bible’s truth is the only foundation of true eternal freedom. This is the Christian gospel - reconciliation with God via Jesus: The Bible is exclusive in its truth claim: there is no other gospel, no other name, no other way – all other truth claims are false and lead to eternal hell;
♦
Dr Brian deVries
15
Brooklyn Brokkies
Die duif by Nagmaal
Agterblad
Laaste
Brokkies Baie dankie aan die kommissie wat gesorg het dat die liturgiese ruimte voor in die kerk ‘n letterlike opheffing kry!
Nie net kan almal nou mooi sien wat alles daar voor gebeur nie, dit laat ook sekere kerkraadslede langer lyk wat daar verby loop na hulle sitplekke toe!
Colin Cameron vertel vir ons hoe hy ’n kosbare lewensles geleer het
Magriet Lee Dit was die eerste Nagmaal van 2013. Die kransduif het voor die diens by die kerkvenster ingevlieg en op die regterkantse hoogste houtpyp van die orrel gaan sit. Fanie het benoud boontoe geloer na die nuwe lidmaat wat homself op die baie ongewone bank sit gemaak het en die diens begin. Die duif het tjoepstil deur die hele diens gesit – net so nou en dan ‘n bietjie versit, soos enige ander lidmaat in die kerk. Net voor Fanie die seën uitgespreek het, het die duif opgevlieg en op die hoogste, middelorrelpyp (reg bokant die dominee se kop) gaan sit en na die seën weer afgevlieg na die houtpyp aan die regterkant, waar hy gebly het tot die afkondigings verby was. Toe die gemeente die kerk verlaat het, het die duif ook uitgevlieg. Dit was ‘n grys Afrika-duif wat in vrede die Afrikaanse Nagmaal bygewoon het. Die dromer in my dink hy het na die tyd van die broodkrummels buite opgepik, maar hy het waarskynlik net met vrede in sy hart weggevlieg.
Hoe meer haas, hoe minder spoed
Nadat ons getroud is het ek en Wina in die Panorama-woonstelblok in Jorissenstraat gewoon terwyl ek op Onderstepoort gewerk het. Saans het ons Franse klasse by ‘n Switserse vrou geneem. Hoe dít gebeur het is ‘n storie op sigself. Ek het dikwels smiddae op die hoek van die brandtrap gesit en verlang na die dag wanneer ek onder my eie boom se skaduwee sou kon sit. Hoe wonderlik geseënd is dit dat na soveel jare ons die voorreg het om werklik elke dag ons eie tuin te geniet! Dit het skraps gegaan maar ouma Miemie het die insig en inisia ef gehad om meubels wat ons nou nog het, by ‘n vendusie vir ons te laat koop. Maar ons het ook ‘n boekrak nodig gehad. Gelukkig het ek toegang tot die houtwerkkamer met ‘n bietjie gereedskap agter Sunnyside se kerkgebou in Reitzstraat gehad. Ek het toe ‘n klompie planke gaan koop en begin mmer. Een middag het ds TT Spoelstra daar aangestap gekom en op ‘n afstand gesê: “Colin, jy saag skeef!” Hy was reg. By die deur ingekom vra ek hom: “Hoe het dominee dit geweet?” “Ek het dit gehoor. Jy moet nie so grgrgr saag nie; jy moet shshsh saag!” Stadig! Stadig! En geduldig! Wat ‘n lewensles!
16
Brooklyn Brokkies