Kwartaalblad
Mis op die berg Verootmoedigingsdiens Bladsy 3
Gereformeerde Kerk Brooklyn November 2013
Troyestraat Christelike Sentrum Bladsy 12 - 13
Wat gebeur in die “Grot” Bladsy 17
Uit al die windrigtings “Hulle het tot ’n hegte geloofseenheid gegroei,” sê leermeester, Fanie van der Schyff. Vyftien jongmense uit al die windrigtings van Pretoria het op 10 November vanjaar hul geloof in ons Drie-enige God bely: sewe seuns en agt meisies uit ses verskillende skole – ook enkeles van die platteland. Vyf van die jongmense is van graad 1 af saam in die katkisasieklas in Brooklyn-gemeente. Hulle het tot ’n hegte geloofseenheid gegroei en ondersteun mekaar baie. Hiervoor is ons baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader, sê Fanie van der Schyff, hul leermeester en mentor wat twee wonderlike jare saam met hulle gegroei het. Volgende jaar gaan hulle DV as kleingroep op dieselfde tyd en plek voort met hul saamkomste – soos in die “ou dae” in “die Grot” onder die saalverhoog. Daar het hulle hul harte oopgemaak vir mekaar, saam koffie gedrink en mooi boodskappe op die grot se mure geskryf – ’n soort eietydse rotskuns. Die groep het ook saam gaan kamp en saam met diep gesprekke ook jare se pret en kuiers geniet. Op die eerste aand van ’n kamp op Willem Daling-hulle se plaas naby Settlers het die eerste donderstorms van die somer die kampgangers oorval – en die geloof van ’n hele klompie van hulle beproef. Die krag was lank af en water moes aangedra word. Dit het die spangees verder verbeter. Niemand het in elk geval daardie nag ’n oog toegemaak nie. Op ’n geestelike noot is spiritualiteitstipes bespreek. Die jonges het tot die besef gekom dat almal veskillend is voor God, maar dat daar ’n uiteenlopende eenheid bestaan.
Grootste belydenisklas in jare.
Agter: Chris Lemmer, Linda Mennega, Du Toit Ferreira, Marno van der Meulen, Tweede ry: Isca Stolz, Marlien van der Hout, Tillie Herbst, Frances Moolman, Rohann Eloff, Carlien Bekker Derde Ry: Marilee van der Walt, Joánne Cunz Voor: Thiens van der Walt, Gertjan Screurs, Ruben Alberts God het ons almal uniek gemaak, maar ons bly ’n eenheid in die Here. Deur selfkennis, selfaanvaarding en selfgroei kom daar voortdurende groei om meer en meer Christus se beeld uit te straal. Dié groep het weekliks vir die hoërskoolgroep van die gemeente ’n
bemoedigende midweekboodskap ge-SMS. Fanie se wens vir hulle is: “Wees altyd geesdriftig, dien die Here”. “Ons dank die Here vir hierdie mooi groep jongmense en vra elkeen van die gemeente om vir hulle te bid sodat hulle altyd ons Here geesdriftig sal dien.”
Onbeskryflike genade. Ons leef uit God se genade. Romeine 11:33-12:1 is een groot uitroep: "God is ons genadig." Hiervoor kan ons God op geen manier vergoed nie. Al wat ons Hom kan bied, is onsself: "Gee jouself as lewende en heilige offer wat vir Hom aanneemlik is." Om jouself as lewende offer te gee is nie ’n teoretiese saak nie. Dit is ’n lewenstaak: om in liefde te lewe. In alles wat jy dink, sê en doen moet jou liefde vir ons Here, jou medemens en jouself opreg wees. God se onbeskryflike genade en liefde vir jou en jou opregte liefde vir Hom eis dat jy nie in jou toewyding moet verslap nie. "Bly altyd geesdriftig, dien die Here!" Preektema met belydenisdiens- Fanie van der Schyff.
Preke
Liefde as die allerbeste gawe Aan elkeen van ons is ’n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het (Efesiërs 4:7).
Só skryf Paulus in sy brief aan die Efesiërs. Aan die Korintiërs skryf hy: “Lê julle toe op die beste genadegawes” wat die Here jou gee. Dis ’n opdrag en in die volgende vers word die liefde uitgelig as die allerbeste gawe en dis ook die gawe wat elkeen het (1 Korintiërs 12:31). Toe ons Here Jesus gevra is oor die wet en hoe dit onderhou moet word, was sy antwoord: uiteindelik trek alles saam in liefde: liefde vir die Here (die eerste tafel) en liefde vir jouself en jou naaste (die tweede tafel).
In dieselfde katkisasieklas van graad 1:
Carlien Bekker, Marilee van der Walt, Gertjan Schreurs, Joánne Cunze en Linda Mennega het onlangs belydenis van hul geloof afgelê.
GELOOFSBELYDENIS Vandag mag ek hier voor U staan, o HEER! Ek is nog jonk, maar deur U Gees in my wil ek in alle opregtheid my geloof bely: Ek glo in God, drie-enig: Vader, Seun en Heil’ge Gees, in wie se Naam ek eens gedoop is en altyd kind van U verbond mag wees. Ek ken U as my God, my troue Vader, wat my met liefde en sorg omring. Ek ken U, Seun van God, as my Verlosser, wat deur U dood vir my versoening bring. Ek ken U, Heil’ge Gees, wat deur geloof my nuwe lewe gee en my U lof laat sing. U maak my deel van die gemeenskap van almal wat U Naam bely; Ek mag nou aansit en die Nagmaal vier, waar U met brood en wyn ons voed. Ja, ook vir my. Laat so my lewe reg wees voor U aangesig; Gee dat U Woord ook elke dag my pad verlig. En dankbaar vir U liefde en genade, HEER, wil ek my lewe toewy tot U eer. Mattys van der Hout
Paulus skryf oor die gawes van apostels, profete, evangeliste en herders en leraars in Efesiërs 4:12-16: “Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. ... Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ’n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.”
Die gawes van apostels, profete, evangeliste, herders en leraars (Efesiërs 4:11) gaan nie oor die amp nie, maar daaroor dat die Heilige Gees dit vrylik uitdeel soos Hy wil:
Brooklyn Brokkies
Apostels Die gawe van apostelwees bestaan vandag nog – dit is die volgelinge van ons Here wat uitgestuur word na buite. Ons is deur die Here geroep. “Gaan dan heen” is die opdrag van die Here.
Profete Die Heilige Gees werk steeds, die gawe van profesie bestaan steeds, maar die profetiese roeping van die Ou Testament het oorgegaan in die amp van die gelowige in profeet, priester, koning, wat sê: Liefde is die gawe wat al die ander gawes saamvat: Gee jouself in liefde ons is deur die Here geroep, ons is deur die Here toegerus om lig te wees, om sout te wees, om die Evangelie te gaan verkondig.
Evangeliste Die gawe van evangeliseer bestaan vandag nog. Daar is mense wat die besondere gawe het om uit te reik, mense wat die gawe het om dié wat afgedwaal het weer op te soek.
Herders ’n Herder is ’n predikant, maar die woord herder beteken iemand met ’n warm hart, iemand met ’n sensitiewe oor. Dis nie net tot predikante beperk nie. Dis ’n gawe wat die Heilige Gees gegee het – vir sommige.
Leraars ’n Leraar is nie net ’n predikant nie. Daar is baie nie-predikante wat ’n groot gawe het om die Woord te bedien.
Belydenis Die belydenisklas van 2013 Dit is moeilik om so ’n besonderse groep mense te beskryf wat saam ’n ongelooflike pad gestap het. Die afgelope twee jaar van katkisasie saam met mekaar het hegte vriendskappe en geloofsbande gevorm wat baie lank behoue sal bly. Ons kyk terug op twee jaar van spesiale gesprekke en kosbare tyd saam, al het ons vir dominee Fanie grys hare gegee. Ons wil hom bedank dat hy met ons uitgehou het en deurgedruk het met ons groep. Ons wens hom ’n tyd van rus toe en ook sterkte met die volgende groep. Laastens, maar die heel belangrikste, is ons ewig dankbaar vir ons Hemelse Vader wat sy hand van seën en genade oor ons elkeen afsonderlik en ook gesamentlik gehou het en bid dat Hy dit ook oor ons almal se lewe vorentoe sal hou vir die lewenspad wat voorlê. Rohann Eloff
2
Uittreksels uit ’n preek deur Fanie van der Schyff
Preke
Mis op die berg Verootmoedigingsdiens (Jesaja 6:1-8): Uittreksels uit ’n preek van Griffel van Wyk. Tafelberg. Dis moeilik om te beskryf hoe fassinerend hierdie enorme blok klip is, so in die middel van die platheid van die Kaapse vlakte. Maar party dae is die berg toe onder die mis. So toe dat jy jouself moeilik kan verbeel dié kolossale berg is daar. En die slag as die mis weg is, verwonder jy jouself weer van voor af oor die berg wat nog die hele tyd daar was – of jy dit nou kon sien of nie. Jesaja 6 is die wind wat die mis rondom God vir ’n oomblik vir ons kom wegwaai. Soms is ons perspektief op God mistig, soms is die mis so dig dat ons Hom glad nie kan sien nie ... en dan kan ons ook soveel van onsself nie verstaan nie. Maar as ons Hom sien vir wie Hy is, sien ons onsself en ook sy reaksie op ons. En wat ons sien, verander ons. En hierdie verandering is nodig want ons lewe oor die algemeen en Suid-Afrika vandag is in ’n gemors. So erg dat ons kerkverband vandag verklaar het as ’n dag van nederig wees voor die Here om weer perspektief te kry en te bid vir sy genade. Uit Jesaja 6 kom hierdie perspektief wat ons nodig het om onsself te verander. In Jesaja 6:1 hoor ons dat koning Ussia pas dood is, ná 52 jaar van koningskap in Juda. Die land het onder hom floreer, maar hierdie voorspoed het die samelewing sleg gemaak. Jesaja 1:21-23 sê die getroue stad het ’n ontrou slet geword. Die leiers is kop in een mus met die diewe. Versot op korrupsie. Skeep die armstes van die armes af. Klink amper soos Suid-Afrika vandag. Met Ussia se dood is die land se voorspoed, sekuriteit en kans vir morele omdraai saam met hom die graf in. Die mis het oor die berg gaan lê en hoop vir omdraai het verdwyn. En dís wat vers 1 van Jesaja 6 sy trefkrag gee: “In die jaar van Koning Ussia se dood het ek die Here
Geskrewe preke en preke op CD’s vir senior lidmate
Soms is ons perspektief op God mistig, soms is die mis so dig dat ons Hom glad nie sien nie. gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.”
As Jesaja God sien, waai die mis weg Om God só te sien, laat die mis vir Jesaja wegwaai. Hy sien God agter die skerms, onwrikbaar meer in beheer as wat enigiemand vermoed het. Dan sien ons meer... By Hom was ses-vlerkige engele. En selfs hierdie sondelose engele maak hul gesigte toe want hulle kan net nie na God se glorie kyk nie. En hulle maak hul voete toe as gebaar van onwaardigheid. En hoor dan wat roep hierdie engele: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” Die Een wat alles kan doen, is absoluut uniek en volmaak en perfek – en elke atoom en sel van die skepping straal dit uit. En vir ons is God baie keer sommer maar net ’n konsep in ons kop waaroor ons maklik praat asof ons oor verlede week se weer praat. As ons hierdie sin van verwondering oor God verloor, word kerk maar net kerk, die Bybel maar net die Bybel, ander Christene maar net ander Christene. Iemand wat jy kon gehelp het, is maar net iemand wat nou deur iemand anders gehelp moet word. Hopelik kom jy nou deur die oë van Jesaja agter dat jy nes hy behoort te reageer op God. “Ek is nie net in die moeilikheid nie. Dis eintlik al klaar, klaar met my.” Dis enige mens se reaksie wat maar vir ’n oomblik iets insien van God se glorie en eerlik is oor sy eie situasie. Dis Jesaja se reaksie. Maar God sien hoe dit Jesaja tref. En Hy kry nie net lekker daaroor en los Jesaja om nog so bietjie in sy eie sop te kook nie. God reageer. Hy stuur ’n engel om met ’n kool van die offeraltaar aan Jesaja se lippe te raak met die
woorde: “Noudat die kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.” God reageer in groot genade op hierdie erkenning van Jesaja met niemand anders as Jesus nie, want daardie kool kom van die altaar af. Die diere wat Israel in die tempel moes offer, was bedoel as ’n buitelynskaduwee van Jesus wat eendag geoffer sou word. As Jesaja nederig eerlik erken hoe groot moeilikheid hy het weens sy sonde voor God, maak God die offer van Jesus nog 600 jaar in die toekoms - geldig vir Jesaja op daardie oomblik. En God doen nog dieselfde 2 000 jaar ná Jesus op daardie oomblik dat jy nederig eerlik is oor jou situasie voor ’n God wat jy steeds heeltemal onderskat.
Sien God se glorie Sien Hom dan nou weer kraakvars raak in sy glorie op die troon van die heelal. Kyk eerlik na jouself in die lig en sien jou vuil. En staan weer verstom daaroor dat Jesus jou nie los op daardie plek waar jy skaam en oortuig is van jou vuilheid nie. En hoor dat God se Gees in ’n Suid-Afrika vol van baie groter probleme as in Juda vra: ”Wie kan ek stuur?” Suid-Afrika is in verskeie opsigte in ’n aaklige toestand. Vingerwys is nie die antwoord nie. Verootmoediging is. Dit gebeur in jou hart as jy soos Jesaja God in sy asemrowende glorie kan raaksien te midde van die daaglikse probleme en weet dat sy liefde die enigste ding is wat die nodige verandering in jou en in ons land kan bring. Vandag is ’n dag om diep te dink oor jou aandeel, jouself te sien waar jy vuil is, weer verstom te staan oor sy glorie en genade vir jou en weer jou hand op te steek: “Hier is ek! Stuur my!”
Ons het in 2012 begin om geskrewe preke en preke op CD’s beskikbaar te stel vir ons senior lidmate, veral dié wat nie meer kerk toe kan kom nie. Hierdie diens sal verder uitgebrei word wanneer die stelsel van medewerkers gevestig is om sodoende God se liefde in ons gemeente, ons gemeenskap en die wêreld daar buite uit te dra deur ons diens aan mekaar en aan ander. Brooklyn Brokkies
3
Liefde
Hoe lief Jesus ons het Hy was so onwelkom in sy eie skepping! Fanus Heystek wys ons op hierdie liefde van Christus veral in twee dinge uit Filippense 2. met mag weggeneem deur die plan van die Vader nie. Nee, Hy wou dit self doen. Hy was bereid om alles op te offer om die Vader se uitverkorenes van die ewige dood te verlos. Naas sy Goddelike natuur sou Hy vir ewig ook die menslike natuur aanneem. Hy het na die hemel opgevaar met daardie menslike liggaam – net verheerlik – ná sy opstanding.
Fanus en Susan Heystek Stel u ’n droë seisoen voor – min reëns. Die landbouer kyk oor sy vrugteboord. Alles lyk vaal en verdroog. Hy vind net enkele vruggies en dié is baie klein, bitter en hard. Hy spoeg dit uit – dit is oneetbaar. Meteens val sy oog op een boom wat vol blare is. Daar gekom, vind hy tot sy verbasing pragtige trosse. Dit is heerlik en soet. Hoe is dit moontlik, wonder hy. Dan merk hy iets baie vreemds op: die stam is self droog en die wortels al verrot. Toe hy daaraan vat, val dit sommer om. Die stam is dood, maar die takke is vol vrugte. Dit is omdat hierdie unieke boom die laaste van sy sap uit die wortels en stam onttrek het sodat die vrugte sap kon kry. Hoe lief het Jesus ons? Nog liewer as hierdie fantasie oor ’n baie merkwaardige vrugteboom. Ons sien hierdie liefde van Christus veral in twee dinge uit Filippense 2: 1. SY “GESINDHEID” (v 5a) Christus was, soos die Vader, van ewigheid af God met net één natuur, naamlik die Goddelike. Toe dit egter nodig was om die mens op aarde te red, was Hy gewillig om sy alleen Goddelike gestalte prys te gee. Dit is nie van Hom “geroof” (lees die Grieks) of
Brooklyn Brokkies
Dit sou ons versekering (waarborg) word dat ons aardse liggame ook deur ’n wonderbaarlike opstanding in die hemel kan kom. Dit kon net gebeur as Jesus se gesindheid (tot ons en die Vader se plan) alles opofferend was. Dit toon ons sy groot liefde. Liefde is die vrug wat uit die regte gesindheid groei. Christus Jesus stel vir ons die voorbeeld. Ons moet soos Hy, te midde van ’n droë wêreld, vrugte dra soos Hy – soos daardie merkwaardige boom. 2. DIE PRYS WAT HY SOU BETAAL (vs 6-8) Jesus het nie met ’n magtige leër van engele uit die hemel neergedaal om die Satan te verslaan en die demone te verdryf nie. By sy wederkoms sal Hy hulle wel gebruik om die Bose en sy trawante in die ewige vuurpoel te werp – asook om die mense op aarde te verdeel in “skape” en “bokke”. Met sy eerste koms was dit egter nodig dat Hy alleen sou kom, want Hy moes volkome mens word. Hy sou die wêreld binnekom as ’n baba in ’n krip. Hy was so onwelkom in sy eie skepping dat baie Hom dood wou sien. Hoewel Hy bestem was as koning oor alles en almal het trappe van vernedering op Hom gewag. Hy sou neerdaal en afsak tot in die diepste hel van Godsverlatenheid. Mense kan hieroor nogal mooi uitsprake maak, maar helaas het hulle weinig begrip van wat dit werklik is. Uiteindelik kan ons maar net sê: Sy liefde is onbeskryflik groot. Dit is oneindig meer as daardie fantasieboom wat sy laaste druppel sap gegee het.
Tientalle werk saam Baie dankie aan almal vir hul opoffering met bydraes vir hierdie uitgawe. Dit gee ’n terugblik op die jaar se gebeure en ’n kykie in die toekoms. Alles wat genadiglik gebeur het, vervul mens met dankbaarheid. Daar is hard en met ywer gewerk. Indien enigiemand uitgelaat is, vra ons by voor baat om verskoning. -Fanie van der Schyff 4
Brooklyn Brokkies
Petra de Klerk, Wina Cameron en die egpaar Van der Schyff is druk in gesprek.
Vreugde en dankbaarheid Bediening in Brooklyn: Fanie gee ’n oorsig…
Bediening in Brooklyn bring groot vreugde en dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader in Fanie se hart. Jeug- en kinderbediening het met ’n groot sprong van krag tot krag gegaan. Al die leerkragte word spesiaal vir hul leiding en toewyding by die katkisasie en kinderbediening bedank. Onder Danie Eloff se leiding is daar besondere groei en ’n mooi dinamika het ontwikkel. Saam met vele betrokke ouers het die volgende lidmate met hul gawes gewoeker: Yolandi Lategan (kindererediensbegeleiding), Marga Koelman (6-9jariges), Louise Marais (junior laerskool), Annelize van der Walt (senior laerskool), Ester Cloete (graad 7-8), Jan Koelman (graad 9), Griffel (graad 10) en Fanie (graad 11). Getuigskrifte van die vrug in die belydenisklas is nog ’n toonbeeld van positiewe bediening en versorging van die jonges in die gemeente. Dit is met ’n lied in die hart dat 15 jongmense belydenis van geloof afgelê het. Verloofdes, jonggetroudes, jonges met babas en kleintjies Ons predikante voel dat ’n toegespitste fokus vir die volgende tye al hoe meer moet wees op verloofdes, jonggetroudes, jongmense met babas en jong kinders asook die jonger-ouer groep (afgetrede lidmate moet nie dink hulle val in hierdie groep nie!). Hierdie groepe groei fenominaal in die gemeente – hulle begin die kern vorm vir toegespitste bediening. Die gemeente word as ’t ware “jonger”. Dit bring ook besondere vernuwing in “ou” Brooklyn. Hiervoor is ons almal dankbaar. Opregte, onvoorwaardelike liefde vir God en vir mekaar is nodig om ons te lei op die pad vorentoe. Alle wanperspsies wat mag bestaan oor die motiewe van mense wat met hart en siel hul gawes vir die Here gee, moet in liefde begrawe word. Hierdie uitgawe van Brooklyn Brokkies illustreer reeds met die bydraes hoe hoog, wyd, ver en diep die liefdesdiens in dankbaarheid in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn strek.
Perspektief
Ons streef na onvoorwaardelike liefde Geduldig in teëspoed, dankbaar in voorspoed Terugblik
Griffel van Wyk
’n Jaar van
klein, maar belangrike treetjies in die regte rigting op allerlei terreine. Griffel deel sy perspektief.
Die afgelope jaar was volgens my ’n jaar van klein, maar belangrike treetjies in die regte rigting op allerlei terreine: ons het indringende vrae met die vergrootglas-geleentheid gevra en die terugvoer van ons lidmate in ons bediening ingewerk. Ons het die bediening van die medewerkers ingestel en is nog besig om die kreukels uit te stryk. Ons bid werklik baie meer op al ons vergaderings in groter afhanklikheid. Ons ouderlinge doen saam met die medewerkers Bybelstudie en bid om daardeur opgebou te word en leiding te kry vir ons werk. Die kerkraad se vergaderings is aangepas om ons aanslag tot ‘onvoorwaardelike liefde’ te reflekteer. Juventus se grense is wyer gespan en het nou ook jong werkende lidmate in die bestuur. Nuwe kleingroepe is gevestig. Ons het ’n groter biltongfees gehad as nog ooit tevore en die ander sosiale geleenthede soos die kerrie-en-sjerrie-aand bars uit hul nate. Ons het aandag gegee aan ons infrastruktuur in die klankkamer en moederskamer. Ons nuwe webtuiste is gevestig. Ons kommunikasiekanale en metodes raak al beter. Ons midweekboodskappe gaan nou elektronies uit, bemoedig ons lidmate en word aangestuur as hulpmiddel vir uitreik. Ons het die ruimte voor die preekstoel gelig vir beter sigbaarheid en die benutting van die terrein en geriewe deur die week neem toe ... en dan word net ’n handjievol sake uitgelig! Verder het ek vanjaar die voorreg gehad om konferensies oor die omkeerstrategie in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en Suid-Kaap aan te bied en ek het onder die indruk gekom van hoe dankbaar ons kan wees oor God se werk deur sy Gees in ons hier in Brooklyn. Natuurlik is daar altyd ruimte vir groei, maar die groei wat klaar gebeur het, moet ons sien en in dankbaarheid daaroor bly wees.
Vooruitskouing Niemand kan die toekoms voorspel nie, maar ek sien reeds vrug vanweë die veranderinge oor die afgelope jare. Die meer onlangse vordering soos hierbo genoem, behoort ook DV vrug af te werp,
maar ons almal moet dit nog mooi laat vestig en insak gedurende 2014. In die jaar wat kom, hoop ek dat ons al meer ons formele en informele, direkte en indirekte bedieningsaktiwiteite as Christene sal bou op onvoorwaardelike liefde: naby aan persone wat op die rand staan, ver vir persone wat buite staan en dan in alle gevalle ook dieper en wyer.
Uitdagings Dit klink dalk als rooskleurig, maar laat ons eerlik wees: die uitdagings is baie! Ons rekenaardatabasis van lidmate sukkel om op datum te bly met mense wat kom en gaan sonder om kennis aan die kantoor te gee - wat bediening uiteindelik kniehalter. Die administrasie van ’n gemeente dreig maar altyd om die werklike bediening van die Evangelie en ware dissipelskap oor te neem. Die begroting is terselfdertyd ’n groot genade- én gebedsaak. Geskikte ouderlinge wat aan die vereistes van die Bybel voldoen en genoeg tyd op hande het, bly skaars. Die druk van die ekonomie en nie-Christelike samelewing op lidmate om perspektief te verloor op God se koninkryk is knaend. Effektiewe en duidelike kommunikasie val soms vas in die ratte van bediening. Lidmate op die rand voel soms selfs bedreig deur die kern en wonder oor hul plek in ons geloofsfamilie. Nielidmate word nie altyd effektief bedien en ingetrek nie en ons voetspoor in die gemeenskap kan nog altyd uitbrei.
Nogtans Nogtans hou ons vas aan die genoegsame onvoorwaardelike liefde en genade van God ons Vader deur Jesus Christus vir mense soos ons! Ons glo vas aan sy voorsiening van elke dag se brood. Ons woeker met daardie muntstukke wat Hy gee. Ons is tevrede met wat Hy nié gee nie. Ons streef om die onvoorwaardelike liefde sonder voorwaarde met mekaar te deel. Ons is geduldig in teëspoed en dankbaar in voorspoed... en ons soek om elke dag ons harte se onrus tot rus te bring in Jesus Christus... ons ENIGSTE troos.
Perfecting Holiness “Having therefore these promises, dearly beloved, let us cleanse ourselves from all filthiness of the flesh and spirit, perfecting holiness in the fear of God” (2 Corinthians 7:1). We must understand this passage in its historical context. By God’s grace, a church had been established in Corinth and there was a local gathering of those who were learning to follow Jesus Christ and becoming more like Him. Paul desires that the Corinthians will experience inner love and the joy of Christianity and he desires they will be separate from sin, become more holy…
Dr Brian de Vries
Continued on Page 6
Brooklyn Brokkies
5
New Life City Church
New Life City Church word selfstandig
Van 2004 tot 2010 is die geboue aan die Venda Gereformeerde Kerk onder leiding van prof Christopher Rabali beskikbaar gestel omdat Brooklyn self nog nie gereed was vir kerkplanting nie. Van 2008 tot 2010 het dr Brian de Vries ’n multikulturele Engelse gemeente daar begin. Prof Derrick Mashau het hierdie werk in 2011 voortgesit.
Die bestaan van die Afrikaanstalige Gereformeerde Kerk Sunnyside in Reitzstraat het in 2003 tot ’n einde gekom omdat bykans alle lidmate deur demografiese verskuiwings uit die gebied vertrek het. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het die geboue gekry en moes besluit wat om daarmee te doen.
Dit is met groot dank teenoor die Here dat die kerkraad nou kan berig dat New Life City Church in April volgende jaar aan die PretoriaOos Klassis ’n versoek sal rig dat hierdie multikulturele Engelstalige Gereformeerde gemeente selfstandig lid van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika word.
Die kerkraad het besluit dat die Gereformeerde Evangeliebediening vandaar moet voortgaan in die taal van die inwoners van die stadsomgewing.
Die geboue bly volgens ’n nuwe ooreenkoms die eiendom van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, maar alle onderhoud en munisipale kostes sal vir die rekening van die nuwe gemeente wees.
From Page 5
(Extracts from the sermon by Dr Brian de Vries at Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn: 2 Corinthians 6:11-14 to 2 Corinthians 7:1) and this remains the Holy Spirit’s earnest desire for all Christian believers. Like the Corinthians, we also need uncompromised holiness. There are two key activities in this verse. The first is cleansing – to wash clean from any dirtiness. Paul uses it here to speak of washing ourselves clean from the dirtiness and stains from sin. In theological terms, this is called sanctification: being purified and made free from sin; being set apart for a sacred purpose; being made holy. The second activity is perfecting – to bring about and to complete: “bringing holiness to completion”. In theological terms, this is called the process of holiness. Why is holiness required? 1. Holiness is commanded by God (2 Corinthians 14-16a). The first section is a command: “Be ye not unequally yoked together with unbelievers.” Paul’s lesson in this section is that believers must be separate from unbelievers: there can be no partnership, no fellowship and no accord. The identities of believers and unbelievers are different, although both live within the same sinful society. The difference is that believers have a new identity in Jesus Christ. Also, believers must be separate from sin; they must be holy. 2. Holiness is central to a believer’s identity and purpose. Look at verse 16: “For ye are the temple of the living God; as God hath said, I will dwell in them, and walk in them…” So now Paul says: You believers are God’s temple: you are the place where He has chosen to dwell and live; you are the spiritual place where He walks and acts and does wonders; you have been consecrated for this holy purpose. We often think of the church building as the actual church, the place where God is worshipped, a sacred place that should not be defiled or desecrated. But this is not entirely accurate. We believers ourselves are the church of God, the temple of the living God, the place that has been consecrated for the worship of the Holy Triune God. If we desecrate our bodies and minds with sin, then we are desecrating the temple of the living God. Paul is saying: you are God’s holy temple, therefore, separate yourself from all sin; become consecrated for holy service; do not touch any unclean thing. The pure worship of the Living God demands holiness. 3. Holiness is the essence of our relationship. Paul alludes to many texts in the Old Testament, which tell us that the Holy Triune God is the LORD God of the Covenant and that the Almighty God calls His people into a covenant relationship: He delivers them from their
6
Brooklyn Brokkies
yoke of bondage to sin; He washes them clean in the blood of the Mediator; He gives them His Holy Spirit to make them holy; He desires to fellowship with them. Therefore, says Paul, you must be holy, your relationship with the Holy God demands holiness. True passion for holiness is the fruit of a heart that is totally devoted to God and it is the passionate desire for true worship and consecration. When by faith you believe in Jesus Christ for salvation and by faith repent of your sins for the first time, then the Holy Spirit has sovereignly given new life in your heart, at the same time, the Spirit begins His work of sanctification. The principle of holiness involves our relationship and new identity in Jesus Christ: the new life and new state before God comes at the time a sinner is regenerated and justified before God; when God looks at us as regenerated sinners, He sees Christ’s perfect righteousness and holiness; the righteousness and holiness of Christ have been freely given to us so that they are now ours; the Holy Spirit then comes to live in our hearts spiritually and so He unites us with Christ. The process of holiness involves our daily activity and growth in sanctification: every day we must kill sin, fight against sin with passion; by God’s grace, if we are healthy Christians, we slowly become more and more holy in our minds, affections and behaviour. Holiness is not a condition that is earned. Rather, it is a gift of grace that bears fruit in our lives. True biblical holiness is a matter of the heart. Let us strive to become more like God (Christ) by killing the old sinful nature and strengthening our new holy nature. Living in the fear of God (in the sense of awe, love and respect) will lead us in the direction of perfected holiness. There is only one hope, one answer, one fountain open for sin and uncleanness – the fountain of Christ’s blood so you must repent and beg God for this principle of holiness. Increase your holiness by praying for desire after holiness; by using the Word to know the nature of true holiness; by rejecting any connection with Satan; by separating from known pollution in finding good friends, not becoming unequally yoked and living separate within the world; by having the purpose in your heart to not get dirty; by forming habits of holiness in deciding to enjoy godly activities and in being different and clean; and by achieving harmony and symmetry of holy living.
Aktiwiteite
Wat ’n (Biltong) - fees! Wina Cameron, sameroeper van dié fees, gee ’n kykie agter die skerms van wat die Biltongfees so ’n sukses gemaak het. Die aanloop tot die pasafgelope biltongfees het reeds in 2003 begin. Die rede hiervoor was dat die bedieningsgebied van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn ná die samevoeging van die Troyestraat-, Sunnyside- en Brooklyngemeentes geweldig uitgebrei het. Die verswakkende ekonomiese toestande in ons land was onder meer die beweegrede vir die ontstaan van die Diensgroep Projekte. Die doel was om bykomende fondse te genereer om so te help om die nood in ons midde en ook verder te help verlig. Daarmee saam was dit ook die doel om ’n gemeenskaplikheid, meelewing en saamdoen onder gemeentelede te bevorder. Met Wina Cameron as sameroeper het ’n geesdriftige diensgroep begin wat ’n verskeidenheid programme en pogings van stapel gestuur het - van aanvanklike klavieruitvoerings deur internasionale pianiste soos Francesco Cipolleta en Mariangela Vacatello, Cutt Glas, Weense musiek deur ’n strykkwartet met Mimi Coertse as verteller, optredes deur Amanda Strydom, Chris Chameleon, die Drakensbergseunskoor, Charl du Plessis en Zanta Hofmeyr tot ’n prettige potjiekoskompetisie met Riaan Cruywagen en Mariëtta Kruger as beoordelaars, Lucas Maree en ’n kalender met raak gedagtes vir die jare 2007/8. Hierdie fondse is onder meer aangewend as skenkings vir projekte en instansies soos die Paul Kruger-kinderhuise, koningskinders, Susan Strijdomtehuis, aankoop van Bybels, Residentia Stigting, Elandspoort en Hannes Pieters asook individuele gevalle waar nood onder ons aandag gekom het. Ons oogmerk bly steeds dieselfde al het die samestelling van die groep ietwat verander. Die idee van ’n biltongfees het saam met dr Biltongfeessameroeper, Wina enen vanjaar Fanie van der Schyff hier aangekom Dr Colin Cameron, van die was dit nou ons derdeskriba fees. Maar toekerkraad raak die saak ’n bietjie groter as wat ons voorsien het! Skielik moes daar vir sowat 860 mense sitplek gevind word en natuurlik ook genoeg biltong vir almal wat fluks kaartjies gekoop het sodat
’n Gedeelte van die sowat 860 mense is gereed om met meer as ’n halwe ton biltong klaar te speel. verskeidenheid programme en pogings van stapel gestuur het - van aanvanklike klavieruitvoerings deur internasionale pianiste soos Francesco Cipolleta en Mariangela Vacatello, Cutt Glas, Weense musiek deur ’n strykkwartet met Mimi Coertse as verteller, optredes deur Amanda Strydom, Chris Chameleon, die Drakensbergseunskoor, Charl du Plessis en Zanta Hofmeyr tot ’n prettige potjiekoskompetisie met Riaan Cruywagen en Mariëtta Kruger as beoordelaars, Lucas Maree en ’n kalender met raak gedagtes vir die jare 2007/8. Hierdie fondse is onder meer aangewend as skenkings vir projekte en instansies soos die Paul Kruger-kinderhuise, koningskinders, Susan Strijdomtehuis, aankoop van Bybels, Residentia Stigting, Elandspoort en Hannes Pieters asook individuele gevalle waar nood onder ons aandag gekom het. Ons oogmerk bly steeds dieselfde al het die samestelling van die groep ietwat verander. Die idee van ’n biltongfees het saam met dr Fanie van der Schyff hier aangekom en vanjaar was dit nou ons derde fees. Maar toe raak die saak ’n bietjie groter as wat ons voorsien het! Skielik moes daar vir sowat 860 mense sitplek gevind word en natuurlik ook genoeg biltong vir almal wat fluks kaartjies gekoop het sodat Harm Schreurs baie vinnig en flink die kaartjies moes druk en aanvul. Maar wat, ons is ’n vrolike klomp en ons maak ’n plan vir al die gaste en gemeentelede wat welkom is – dit gaan mos vir ’n baie goeie doel – om ons naaste met ’n blye hart te help. Die enigste oplossing was om nie net die DSG-saal (en verhoog) te benut nie, maar ook ons eie saal te gebruik om almal te huisves. Alles moes gedupliseer word. Daar was 10 wildsbokke, onder andere geskenk deur Bingle Kruger, Louis de Klerk, At van Rooy, Christoff Pretorius, Sylvia Venter, Kees van Dijkhorst, Tommie Potgieter en Eddie van Tshipise, Johan Pretorius asook
geskenk deur Bingle Kruger, Louis de Klerk, At van Rooy, Christoff Pretorius, Sylvia Venter, Kees van Dijkhorst, Tommie Potgieter en Eddie van Tshipise, Johan Pretorius asook borge soos Martin Prinsloo, Pierre Hoffman en Jaco Marais. Die jongste jagter was Kobus van der Schyff wat met pyl en boog gesorg het dat ’n bosvark (belangrik vir die maak van cabanossi) geskiet kon word! Daarmee saam was daar ook ’n geskenk van die varsste olyfolie van Jozef Henning. Die beesbiltong moes aangekoop word en ’n baie, baie lang lys van slaghuise is gebel om die laagste prys, maar die beste kwaliteit te bekom. Uiteindelik was dit Fanie en Jaco Marais wat al die pad Pongola toe is om 550 kg nat biltong te gaan oplaai. ’n Verdere 50 kg is met die hulp van Johann le Roux vanuit Botswana aangevul. Die probleem hier duskant was om droogplek te kry want dis biltongtyd en al wat slaghuis is se droograkke was reeds boordenstoe vol biltong. Die wild was oor die algemeen klaar gedroog en gevries, maar met die hulp van Bronberg- en Pegasus-slaghuise kon ons tussen allerlei logistieke probleme die bees- en sommige wildsbiltong droog kry. Die volgende probleem was om vriesplek te vind vir dié biltong wat vroeg reeds droog genoeg was. Gelukkig het vriendelike gemeentelede in vrieskaste plek gemaak vir hordes biltong wat moes hou tot net voor die fees. Toe was daar vanaf die Dinsdag voor die fees die groot kerf, weeg en verpak van biltong én gevriesde biltong wat skielik verrassings
Vervolg op bladsy 16
Brooklyn Brokkies
7
Aktiwiteite
Kerkbestuur berus by KVA Voorsitter: Dr Bingle Kruger
Die werk van die KVA sluit die kerk se belange by Brooklyn, Troyestraat en Reitzstraat in en gaan oor: Finansiële Sake
BROOKLYN REITZSTRAAT TROYESTRAAT
In die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn staan die Kommissie van Administrasie bekend onder die afkorting KVA. Die benaming dui ook die aard van die kommissie se werk aan. Vergaderings vind sowat agt maal per jaar plaas. Die lede van die KVA word deur die kerkraad aangestel en die voorsitter doen gereeld daar verslag. Lede bestaan uit die twee Brooklyn-predikante, die skriba en kassier van die kerkraad, die voorsitter van die KVA en bykomende lede wat kan bestaan uit ouderlinge, diakens en Brooklyn-lidmate met die nodige gawes. Die huidige lede is dr Fanie van der Schyff, ds Griffel van Wyk, Colin Cameron (skriba), Jochie van der Walt (kassier), Bingle Kruger (voorsitter), Pieter Heslinga, Petra de Klerk, Wina Cameron, Schalk van Vuuren, Leendert Dekker, Herman van der Schijff en Fanus Nortje.
Finansiële state Bestuur van kontantvloei Beheer oor inkomstes en uitgawes Kontraktering van predikante en dienspersoneel
Eiendomsake Onderhoud van kerkgeboue, saal en pastorieë Onderhoud van meubels en alle toebehore Instandhouding van tuine en persele
Spesiale opdragte
Centre for Reformational Urban Ministry in Africa (CRUMA) Kerkplanting Sunnyside (New Life City Church) Residentia Stigting Strategiese beplanning
Korrespondensie van die Kerkraad
Met die kerkverband en Administrasieburo Potchefstroom Sake oor meerdere vergaderings Navrae oor algemene sake
Die “bedieningsbedryfsarm” van die kerkraad vervul ’n koördinerende rol tussen die bedienings van diensgroepe Die Bedieningskommissie (BDK) is die “bedieningbedryfsarm” van die kerkraad en besin gereeld (waar moontlik maandeliks) oor die bedieningsaktiwiteite van die gemeente. Die BDK vervul ’n koördinerende rol tussen al die bedienings wat deur middel van diensgroepe die breë bediening behartig. Al die diensgroepe (en die predikante) wat hierdie bedieningsaktiwiteite bedryf, word dus hier verteenwoordig en beplan saam oor die verskillende bedrywighede. So is daar onlangs in Oktober ’n jaarlikse beplanningsgesprek gehou waar die gemeente-aktiwiteite en funksies vir 2014 bepaal is en die bygaande jaarprogram afgehandel is.
Die samewerkende diensgroepe en enkele van hul hoogtepunte die afgelope jaar is die volgende: E-bediening en klankspan.
Hierby word ingesluit die bedryf van die kerk se webwerf, ander inligtingstegnologiefunksies en die klankversorging van die kerk vanuit ’n tegniese oogpunt. Die kerkkantoor en die predikante se internettoegang is onlangs opgegradeer en die webwerf het ’n nuwe blaadjie omgeslaan. Die kerk se klankstelsel is opgegradeer en preke kan nou deur middel van die Wi-Fi-fasiliteit direk ná die diens op rekenaartablette en slimfone afgelaai word. Daar word beoog om sekere geleenthede soos die Dissipelskapkafee deur potgooie op die internet beskikbaar te stel. Die dataprojektors in die kerk is ook onlangs vervang as deel van die normale vernuwingsproses van die tegnologie.
Musiekbediening. Dié werksaamhede behels byvoorbeeld besluite oor
8
Brooklyn Brokkies
die liedere wat gesing word, sowel as die beplanning en uitvoering van die Pase- en kerkfunksies onder die diens.
Verwelkoming
van
nuwe
lidmate.
Hierdie groep kom gereeld byeen om te verseker dat nuwe intrekkers welkom voel in die gemeente en aangespoor word om by die kerkaktiwiteite betrokke te raak.
Agapé. Allerlei funksies word deur hierdie groep gereël soos die lentedag vir senior lidmate. Jeugbediening. Die katkisering van ons kinders en die volgehoue aanmoediging om betrokkenheid en bediening van die studentekomplement in ons gemeente is baie belangrik. Evangelisasie. Hier is die onlangs aangekondigde Bybelbankprojek ’n goeie voorbeeld.
Gemeentebedieningsmodel. ’n Nuwe bedieningsaanslag is onlangs in opdrag van die kerkraad geloods, met die doel om al die lidmate meer effektief te bedien. In die nuwe jaar gaan hierdie aanslag beter gestalte vind.
Voorsitter: Ivan Altin Bemarking en kommunikasie. ’n Kundige groep het vanjaar hiervoor verantwoordelikheid geneem. In die afgelope jaar is daar baie aandag gegee aan die kerk se beeld na binne en buite die gemeente deur met ’n oorkoepelende oorsig vanuit ’n kommunikasieen bemarkingsoogpunt die werksaamhede van al die bedieningsaktiwiteite te beoordeel. Die lokkende voorkoms en inhoud van die weeklikse Hart & Hand en die kerkwebwerf is sprekende voorbeelde hiervan.
Diensgroepe
Musiekbediening Philip Loots gesels oor die buitengewone musiektalent van jongmense wat deel is van die musiekbediening in die gemeente. Die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn is geseënd met ’n buitengewone groot hoeveelheid jongmense wat elkeen ’n besondere bydrae in die gemeente lewer. Die huidige groep van musiekbedienaars het gegroei van ’n skamele vyf of ses tot ’n groep van sowat 32. Dit het heelwat administrasie en organisering tot gevolg. Die orrelis, as musiekkoördineerder, is verantwoordelik om hierdie groot groep in verskillende groepe en kombinasies in te deel sodat elke instrumentalis en sanger ewe veel beurte kry om op te tree. Daarmee saam is daar eksamens en vakansiedae waarmee rekening gehou moet word. Maar steeds bly dit ’n wonderlike uitdaging en geleentheid om jou uit te leef as orrelis met al hierdie talentvolle jongmense.
Sommige van die musiekbedienaars wat vanjaar aan die studente se Kerssangdiens deelgeneem het As koördineerder het die musiekdirekteur ook mettertyd begin om sommige van die instrumentaliste tydens die oggenddiens in te span om solobydraes te lewer ná ’n versoek van gemeentelede. Aangesien daar ook veral tydens die oggenddiens besoekers is, vind hierdie gebruik byval en waardering word getoon. Die musiekdirekteur moet ’n groot aantal stukke verwerk aangesien baie van die werke nie spesifiek vir die betrokke instrumente geskryf is nie. Die verskeiedenheid van instrumente groei ook elke jaar, maar ongelukkig moet daar aan die einde van elke jaar afskeid geneem word van enkele spelers wat afstudeer en elders gaan werk. Ons soek dus voortdurend na nuwe talent onder eerstejaars en ander gemeentelede. As orrelis en musiekdirekteur betuig ek hiermee my dank aan die studente wat vrywillig hul dienste aanbied, aan almal wat vanjaar ’n bydrae gelewer het en dan ook veral aan God wat hierdie talente so mildelik uitgedeel het. Sonder sy hulp en die studente se onbaatsugtige dienste sou hierdie gemeente nooit die voorreg kon smaak waaroor ander gemeentes net kan droom nie.
Verwelkoming van nuwe lidmate Die vriendelike gasvrou, Elfrieda, vertel van die “starter pack” waarmee nuwe lidmate by Brooklyn welkom geheet word.
Magda, Fanus en Elfrieda maak elke kwartaal seker nuwe lidmate word ingelig en in die gemeente tuis gemaak.
Ons hou elke kwartaal ’n byeenkoms vir nuwe lidmate in die moederskamer. By dié geleentheid lig Fanie of Griffel die nuwe lidmate in oor die samestelling van ons gemeente, watter eredienste waar en wanneer aangebied word en watter diensgroepe daar is waarby hulle kan inskakel. Elke nuwe lidmaat kry ’n pakkie, ’n starter pack soos Griffel dit noem, met ’n inligtingsgids, ’n kalender, boekmerk en parkeerskyfie daarin. Ons maak ook seker dat elkeen se kontakbesonderhede volledig en korrek is en gee dit aan die kerkkantoor deur. Nuwe lidmate word gekontak wanneer die kerkkantoor hul attestate ontvang. Soms nooi ons mense wat ons by die kerk opmerk nog voordat hul “papierwerk” gedoen is. Die volgende byeenkoms is volgende jaar in Februarie. Kyk gerus in die 2014-
jaarprogram vir die datum of hou Hart & Hand dop. Dit is interessant en verblydend dat baie jongmense en jong gesinne veral die afgelope twee jaar deel van Brooklyngemeente geword het. Ons het by een geleentheid amper vyf paartjies met jong gesinne gehad wat almal op hul dag studente by Brooklyn was en nou weer terug is. Daar is sommer baie kindertjies wat Sondae die kleuterdienste bywoon.
Indien iemand weet van nuwe lidmate of jyself een is wat nog nie een van ons kuiertjies bygewoon het nie kontak ons gerus: Magda by 082 551 3625, Fanus by 084 764 6068 of Elfrieda by 072 179 5847. Brooklyn Brokkies
9
Diensgroepe
Jeugbediening –
geloof en liefde vir God Die jeugbediening hier by Brooklyn is ongelooflik belangrik en vorm die grondslag van ons kinders se geloof. Van kleuterklas tot belydenisklas is ons die hele jaar besig om ons kinders se geloof en liefde vir God uit te bou en te verstewig. Danie Eloff gee ’n oorsig van aktiwiteite: Agtergrond
Katkisasie vir hoërskoolleerders
Die Jeugbediening bestaan uit die volgende groepe:
Katkisasie vir hierdie groep word op ’n Sondagmiddag by die kerk gehou. Almal kom net voor 17:00 by die kerk bymekaar en staan altyd ’n rukkie en gesels lekker in een groot groep. Gewoonlik word daar dan vir een van die senior kinders gevra om met gebed te open. Reëlings word deurgegee en dan verdeel die kinders in die volgende groepe: Graad 7 almal saam Graad 8 en 9 saam Graad 10 saam Graad 11 saam – Belydenisklas Hoërskooljeug Dit is belangrik dat ons kinders die geleentheid kry om saam te wees om oor geloof en kerk te kan gesels en ook om die geleentheid te kry om voor ander te bid en vrylik te kan gesels. Dit maak ons jeug gereed om eendag hul geloof te kan uitleef in die skool, op universiteit en later ook in die werksomgewing. Ons kinders leef in ’n wereld waar hulle baie aanslae moet afweer. Een van die baie dinge wat ons jeug by die katkisasie leer is om die wapenuitrusting waarvan Efesiërs 6 praat uit te ken en ook te leer om dit aan te trek.
Ouderdomme 3 to 5 jaar Kinders van 3 tot 5 jaar oud is in die KinderErediensbegeleidingsklas (KEB). Hierdie klas vind plaas onder die erediens en is nie maar net ’n “besighou-van-kinders” om hulle uit die erediens te hou sodat die “grootmense”nie gepla word nie. Die kategete wat hierdie belangrike taak verrig, behandel die preke van die predikante op so ’n manier dat die kinders dit kan verstaan en geestelik verryk kan word daardeur.
Ouderdomme 6 tot 8 jaar Kinders van 6 to 8 jaar word in die kerksaal bymekaargebring. Die preke word dan met hulle bespreek en onduidelikhede word op so ’n manier verduidelik dat die kinders verstaan en die vrymoedigheid het om vrae oor kerk en geloof te vra.
Katkisasie vir laerskooljeug Katkisasie word op Sondae aangebied en twee groepe word behartig op twee verskillende tye. Die laerskoolkinders word in twee groepe bedien. Die eerste groep is van graad 1 tot 3 en die tweede groep is van graad 4 to 6. Hierdie twee groepe drink gou ná kerk saam koeldrank by die saal en as die dominee, of een van sy afgevaardigdes, die klok lui, kom die kinders by hul lokale saam vir katkisasie.
Go-klub Die doel van die Go-klub is om ons jeug te leer om uit liefde iets te gee aan ander omdat ons dankbaar is vir die verlossing wat ons klaar van Chirstus ontvang het. Die Go-klub bestaan onder meer uit projekte vir Eljadahuis en ander gemeentes waar daar behoefte bestaan. Ons wil ons jeug blootstel aan die “mense” waarvoor hulle byvoorbeeld geld insamel. Hierdie projek is nie net gerig op tasbare gawes nie, maar ook op die gawe van ons tyd. Ons wil graag volgende jaar met vier uitreike begin.
10
Brooklyn Brokkies
TAB – Tiener Aksie Beweging
Belydenisklas 2013 Wat kan ’n mens nog sê oor hierdie groep jongmense! Hierdie klas was beslis nie ’n gewone groep nie. Eerstens was die groep ’n hele 15 groot. Fanie het sy hande vol gehad met hierdie manne EN dames. Dit lyk my dit was hier nie ’n probleem om die skonere geslag en die seuns aan die praat te kry nie, maar eerder om hulle stil te kry. Ons bede is dat wanneer julle hierdie geloofsbelofte voor die Here en voor die gemeente as getuies aflê julle sterk sal staan in die geloof en weet waar jul hulp vandaan kom.
Kategete
Ons het vanjaar weer begin met TAB ná ’n afwesigheid van ’n paar jaar. Ons hoërskooljeug het ook ’n behoefte om saam te kan gesels en gesellig te verkeer. Ons het in 2013 begin met vier afsluitingsbyeenkomste net voordat die skole sluit. Ons beoog om ook uitreike te reël en sien uit na 2014.
Ons is dankbaar dat die gemeente van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn soveel lidmate het wat hulle beskikbaar stel om hierdie baie belangrike taak waar te neem en so ook liefde te betoon uit dankbaarheid vir wat Christus klaar vir ons geskenk het – verlossing en daarmee deel aan die ewige lewe.
KEB, Katkisasie, Go-klub en TAB
Geseënd
Hierdie aktiwiteite word aangebied nie om kinders besig te hou nie. Ons kinders is reeds BAIE besig met skool, sport en kultuurbedrywighede. Ons wil graag ons jeug weerbaar maak vir die wêreld daar buite en hulle ook toerus met alle “wapenrusting” wat hulle sal help om staande te bly in hierdie wêreld.
Ons by die jeugbediening is opgewonde oor 2014. Ons het kinders in die kerk wat lus is vir katkisasie en wat nie skroom om vrae te vra nie, al is dit ook van die “moeilike vrae”. Aan ons jeug in die gemeente sê ons dankie vir jul uitbundige deelname aan al die sake rakende die katkisasie. Ons is geseënd met pragtige jongmense in ons gemeente.
Bybelbank
Emke Stronkhorst sit hier by die GROOT Bybelkas van die Brooklyn Bybelbank. Ronel en Pieter Sronkhorst (wit hemp) verduidelik aan Pieter Heslinga hoe die Bybelbank werk.
Pieter en Ronel Stronkhorst dra saam met ander die Bybel in Afrika in. Hulle sê: “Die behoefte aan Bybels is ongelooflik groot in ons eie land en in die res van Afrika. Om dit makliker te maak om Bybels te bekom, begin ons met ’n Bybelbank by die kerk. Elke Sondagoggend ná kerk is daar Bybels by die saal beskikbaar teen R60 elk in al die tale van Suid-Afrika en die buurlande. Ons het ook donasies nodig om ’n voorraad Bybels aan te koop om die Bybelbank mee te begin.”
Bybelbank:
Gee en neem Sy eerste Bybel By die Victoria-waterval parkeer ons om na die waterval te gaan kyk. Daar is ’n sekuriteitsman wat ’n ogie hou en hy sê hy sal mooi na ons voertuig kyk. By ons terugkeer is alles piekfyn en ek gesels so bietjie met hom oor hoe dit in Zambië gaan. Ek bedank hom dat hy ons camper opgepas het en gee hom ’n New International Version-Bybel. Hy begin huil van blydskap ... sy eerste eie Bybel. Ons is ook diep geraak want ons het soveel Bybels by die huis, elkeen sy eie en ons aanvaar dit as so vanselfsprekend dat elkeen sy eie Bybel het.
“Must I go to church now?”
Pieter Stronkhorst vertel van hul verrykende ervarings wanneer hulle Bybels in Afrika versprei. Lidmate kan gerus deel neem en ook die vordering weekliks in Hart & Hand volg.
Die grensposte in Afrika kan soms ’n mens se geduld beproef. Ons is net buite die grenspos by die Victoria-waterval in Zimbabwe en daar is dit weer – ’n padblokkade. Die verkeersbeampte kom stadig aangestap. Ek draai die venster oop en groet beleefd. “Licence,” sê hy … en ek gee vir hom. “Tip,” kom dit van hom. Ek verduidelik ons ry met ’n carnet de passage. “Insurance,” sê hy. Ek gee hom ons COMESA-polis. Hy’s tevrede met al die dokumente en gee dit terug. Hy kyk stip na my en sê: ”Triangle,”… ek gee vir hom. Hy kyk weer en sê: ”You need two triangles.” Ek gee hom nog ’n driehoek. “I need to check the lights,” en hy stap na die agterkant van ons camper. Ek sit elkeen van die ligte aan en hy is tevrede. Hy kom teruggestap en sê: “You need a fire extinguisher.” Ek wys vir hom die brandblusser. Hy kom staan weer langs my en kyk stip na my en sê: “Then you need to give me something.” Ek sien ’n geleentheid en sê vir hom: “Sir, today is your lucky day,”en ek gee vir hom ’n Good News Bible. Hy hou dit voor hom ... kyk daarin en kyk toe weer na my. Toe vra hy: “Does this mean I must go to church now?” Ek sê vir hom: “Yes, every Sunday. Have a nice day,” en vertrek terwyl hy nog staan en kyk na die Bybel. Vir solank as ek hom nog in die spieël kan sien, staan hy nog met die Bybel in die hand.
Brooklyn Brokkies
11
Troyestraat
Troyestraat-bediening
Spilpunt vir baie gelowiges Ons uitdaging is om al die ander gelowiges wat ver van hul kerkgeboue af is ook liefdevol en sonder bymotiewe te betrek, sê Fanus Heystek.
12
Brooklyn Brokkies
TERUGBLIK Dit was ’n jaar van traumatiese gebeure rakende die kerkgebou in Troyestraat. Nebohof is ontruim sodat die halfleë Karmel tot op die vierde vloer gevul kon word. Die eetsaal en kombuis is na Karmel verskuif en die waskamer na Protea-Noord. Finansieel gesien was die stappe noodsaaklik. Met die meeste van die 156 woonstelle betrek, kan ons met dankbaarheid en vertroue in die Here die toekoms tegemoet gaan. Karmel is pragtig versier en daar is baie planne om die verpleging daar van die beste te maak. Die Troyestraat-bedieningspunt bestaan nie net uit die inwoners van Residentia Stigting nie, maar sluit ook lidmate wat in die omgewing woon in. Daarby word ook etlike ander ouetehuise vanuit Troyestraat bedien. Hierdie tehuise is Susan Strijdom, Fleurenville, Harmoniehof en Kronendal (Pretoriusstraat). By twee van hierdie tehuise hou ons met vrug maandeliks Bybelstudie en by die ander twee gesamentlike eredienste op Sondae. Die susters by Troyestraat het weer baie fluks gewerk en kon vanjaar die orrel opgradeer, rysmiere laat uitroei en ’n bedrag aan Brooklyn oorbetaal vir die instandhouding van die eredienste by Troyestraat. Al die gelde wat geïn is, is tot voordeel van die Troyestraat-kerkgebou en -bediening bestee. VOORUITSKOUING Die verhuring van Nebohof en ’n deel van sy jaarlikse wins vanaf volgende jaar bring bestendigheid en meer sekerheid vir die Sunnyside-skema asook vir die Troyestraat-bedieningspunt. Die skuiwe wat gemaak moes word, met die gepaardgaande onsekerhede, is nou iets van die verlede. Fleurenville skuif oor ’n jaar na Montana-omgewing en Susan Strijdom (waar ons laaste twee lidmate vanjaar oorlede is) word gaandeweg in ’n opleidingsentrum omskep. Ons aandag sal dus na ander plekke verskuif moet word. Ná die omskepping van die “kapel” in ’n eetsaal is gevind dat min van die inwoners van Karmel die eredienste op Sondae in die kerkgebou kan bywoon. Ons wou die diens elektronies herlei na Karmel, maar dit is te duur. Derhalwe is voorlopig besluit om ’n kort weergawe van die diens om 11:00 in die sitkamer van Karmel aan te bied.
In beeld Medewerkers aan die Midweekboodkap – baie dankie! Baie dankie aan diegene wat hierby gemoeid is – dit gee krag en padkos vir die stukkie week wat oor is tot Sondae. Ons waardeer dit opreg. Fanie van der Schyff
Christi, Gretha, Griffel en Gerhard van Wyk
UITDAGINGS In die stad en sy onmiddellike omgewing is daar maar enkele kerkgeboue wat nog in gebruik is. Die meeste is verkoop of het in onbruik verval. Gelukkig kon ons kerkgebou in Reitzstraat die sentrum word van kerkplanting in die stad onder alle tale. Die geseënde vordering wat daar gemaak word, is aan al ons lidmate bekend. Ons volgende uitdaging as gemeente is die toekoms van die kerkgebou in Troyestraat. Waarheen met dié gebou? Die behoefte aan Afrikaanse eredienste bly ’n gegewe met die Residentia Stigting oorkant die straat. Danksy die getroue diens deur ampsdraers van Brooklyn en die bywoning deur lidmate wat in die kontrei woon, beleef ons nog ’n ware en volle erediens. Vir die Residentia Stigting is die kerkgebou ’n groot bate aangesien hulle die gebou as plek van samekoms benodig – vir vergaderings, Woensdag-dienste, konserte, ens. Intussen is die Hervormde Kerk ten volle by die gebou betrek en ons bied saam met hulle eredienste en nagmaal om die beurt aan. Ons uitdaging is egter om al die ander gelowiges wat ver van hul kerkgeboue af is ook liefdevol en sonder bymotiewe te betrek. Baie van hulle is in rolstoele of beskik nie oor eie vervoer nie. Ou mense verander nie maklik van kerk nie en staan onder druk van hul kinders. Ons uitdaging is om suiwer Christus aan hulle te bedien en kerkbelange op die agtergrond te skuif – en tog om hulle ook by die kerkgebou betrokke te kry, want dit is die plek waar God ons saam laat vergader. Die kerkgebou behoort immers in die eerste plek aan Christus. Daarom dat ons die naam verander het na TROYESTRAAT CHRISTELIKE SENTRUM. Op die bord sal ons onderaan byvoeg: “Eiendom en bedieningspunt van die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn”. Die susters werk reeds baie jare hard aan ’n fonds waaruit die kerkgebou en orrel onder meer in stand gehou word. Dit is maar ’n klein groepie wat die saak dryf en daarvoor sweet. Inwoners ondersteun hierdie verkopings met ’n oop hand, maar die uitdaging bly om al hoe meer van hulle aktief te betrek. Dit is immers tot voordeel van die hele Stigting.
Skip Scheepers bring sy kant met omgewingsbewaring by die kerk
Saam het hulle op die skoolbanke gesit en saam sit hulle in die kerk – Frieda Pretorius en Erla van der Walt Brooklyn Brokkies
13
Diensgroepe
Die tegniese span verrig ’n noodsaaklike diens sodat almal kan sien en hoor wat in die kerkgeboue aangaan. Hulle sorg ook vir doeltreffende elektroniese kommunikasie met die gemeente. Braam van Zyl verduidelik hul verantwoordelikhede.
Andries Scheepers in die kontrolekamer tydens erediens
Tegniese span hou die ore gespits Verantwoordelikhede van die tegniese span Een lid van die tegniese span is altyd aan diens tydens die Sondageredienste. Dié lid sorg vir die volgende: Voor die diens word die Psalms en Skrifberymings in volgorde op PowerPoint vasgelê nadat die predikant die liturgie en die orrelis ekstra liedere verskaf het. Alle mikrofone wat tydens die diens gebruik sal word, word reggekry. Klanktoetse word gedoen en die bord ingestel vir die oggend of aand se verrigtinge. Die Psalms, Skrifberymings en liedere word met gemeentesang gewys. Die diens word opgeneem en ná die diens voorberei sodat dit as ’n potgooi afgelaai kan word. Die diens word ook op CD geskryf vir die kerkargief asook vir gemeentelede wat dit verlang. Die tegniese span help ook met klank by geleenthede soos die Biltongfees. Verder maak die tegniese span seker dat daar klank is by die Dissipelskapkafee op ’n Maandagaand. Die span ondersteun ook die predikante met die meer tegniese komponent van hul preke soos om videomateriaal voor te berei. Tegniese werk en installasies Werner het sagteware geskryf om die preke beskikbaar te stel vir potgooiaflaai van die kerk se Wi-Fi-stelsel. Tans kan die preek sowat 10 minute nadat die diens verby is op ’n slimfoon afgelaai word. Alle preke is ook op die kerk se webwerf beskikbaar. Die groot klankbord alle bekabeling 14 en Brooklyn Brokkies na die luidsprekers is vervang. Kabels vir die mikrofone vir die orkes saans is geskuif
webwerf beskikbaar. Die groot klankbord en alle bekabeling na die luidsprekers is vervang. Kabels vir die mikrofone vir die orkes saans is geskuif van die galery na die voorkant van die kerk. Die orrel se mikrofoon is vervang om opnamekwaliteit te verbeter en beter kwaliteit orrelklank in die moederskamer te gee. Nuwe rakke en hangplek is in die klankkamer aangebring. Alle kabels is gemerk vir lengte en georganiseer vir die doel waarvoor dit gebruik moet word. Werksinstruksies is opgestel vir alle werk wat die tegniese span moet verrig. Die dataprojektors is vervang nadat die tegniese span kwotasies gekry het. Die span het ook toesig gehou oor die installasie en hierna afrondingswerk gedoen. Versterkings is aangebring aan die balke wat die projektors dra. Die dataprojektors is van nuwe kabels voorsien. Die bekabeling na en in die moederkamer is verbeter. ’n Groter monitor is in die moederskamer ingesit.
sodat Gereformeerde Afrikaanssprekendes in ander lande én in SuidAfrika na die diens kan kyk terwyl dit aan die gang is of later wanneer dit meer geleë is. Dit sal die kerk in staat stel om die grense van die gemeente verder te verbreed. Ons wil ook kyk hoe ons die klank van die diens in ’n radiosein kan omskakel. Dan kan hardhorende gemeentelede in die kerk die diens met ’n klein radio/slimfoon opvang en met oorfone daarna luister. Die rekenaars van die tegniese kamer moet vervang word. Die bestaande rekenaars is oud en ons sukkel om nuwe sagteware daarop te laai.
Laai MP3-preke af 1. Klim op GKBrooklyn Wi-Fi Laai MP3 Preke af hotspot. 1.Klimna op die GKBrooklyn Wi-Fi 2. Gaan http://192.168.2.1 OF hotspot skandeer die QR-kode met jou 2.Gaan na http://192.168.2.1 OF skandeer die QR-kode met jou foon. foon.
’n Sterker klanktoerusting is vir kerkkampgeleethede aangeskaf en die werksinstruksies is daarvoor geskryf. Die Dissipelskapkafee kan ook nou baat vind by klanktoerusting wat op ’n tydelike basis ingesit kan word.
Beplanning vir 2014 Die kerksaal het aandag nodig. Ons wil die gemeente se behoeftes rakende klank en beeld vir die kerksaal bepaal en moontlik dienste na die internet stroom sodat Gereformeerde Afrikaanssprekendes in ander lande én in Suid-Afrika na die diens kan kyk terwyl dit aan die gang is of later
3.Kies die preek waarin jy belangstel. 3. Kies die preek waarin jy belang 4.Click die Download knoppie stel. 4. Kliek die Download- knoppie.
Swaarkry met lekkerkry klaarkry
Diensgroepe
Agapé is die diensgroep wat die gemeentesamekomste reël, organiseer en koördineer. Soekie Kruger vertel wat die sowat 16 susters vrywillig doen.
Werksaamhede sluit die volgende in: PASGA-ETE ’n Besige Soekie Kruger kry geleentheid om vinnig vir die fotograaf reg te staan. By haar is Louis Kruger.
DOOPLIDMATE In samewerking met die beertjiediensgroep gee ons ’n Bybel en ’n beertjie aan dopelinge.
UITREIKDAG Ons betrek die hele gemeente by teegroepe wat elke Sondag verantwoordelik is vir die koffieen teeskinkery. Dit is ’n baie goeie en werkende stelsel wat ook die geleentheid bied om medegemeentelede beter te leer ken.
LENTETEE VIR ONS LIDMATE BO 70 Vroeg in die lente nooi ons al ons senior lidmate na ’n lentetee. ’n Kunstenaar word genooi om die oggend op te vrolik en een en almal wat die oggend bywoon, geniet dit terdeë.
KERRIEENSJERRIE-AAND Een maal per jaar word ’n baie gesellige kerrie-en-sjerrie-aand gereël. Ai, en is dit nou vir jou ’n heerlike, gesellige aand!
VERHURING VAN KOMBUISTOERUSTING/BREEKWARE Gemeentelede kan fasiliteit gratis gebruik.
hierdie
KOSBANK
Op die Donderdagaand voor die Paasnaweek eet die gemeente saam. Die Agapé-diensgroep reël hierdie geleentheid en almal wat kom, word gevra om ’n pot sop en ’n broodjie te bring. Een van ons predikante behandel ’n aspek rondom die Pase met ons.
Lede van die Agapé-diensgroep hanteer ’n kosbank.
TEE NÁ BELYDENIS VAN GELOOF
REËL VAN VERJAARSDAGTEE
Die Agapé-diensgroep en die ouers van die jongmense wat belydenis aflê, hou ’n geselligheid vir die hele gemeente ná die diens. Op hierdie wyse verwelkom ons die nuwe lidmate in ons gemeente.
Een maal per kwartaal – elke drie maande – reël ons ’n verjaarsdagtee vir die gemeente. Die lidmate wat gedurende dié tydperk verjaar het, is verantwoordelik vir die verversings. Almal kuier lekker saam in die kerksaal.
GESELLIGHEDE NÁ DIE KERSPROGRAMME Die Kersprogramme is altyd ’n groot geleentheid en daar word baie moeite met die programme gedoen. Om die mooi geleentheid en die jaar se dienswerk af te sluit, reël ons ’n gesellige saamkuier in die saal.
Gemeentelede wat om die een of ander rede kos nodig het, word hieruit voorsien. Op hierdie manier ondersteun ons die lidmate wat hulp nodig het.
KOFFIE- EN TEESKINK NÁ KERK Ons betrek die hele gemeente by teegroepe wat elke Sondag verantwoordelik is vir die koffieen teeskinkery. Dit is ’n baie goeie en werkende stelsel wat ook die geleentheid bied om medegemeentelede beter te leer ken.
NAGMAALETES Die Agapé-diensgroep reël ’n gemeente-ete ná die eerste drie nagmaalgeleenthede van die jaar. Die senior lidmate word persoonlik vir een van die etes uitgenooi en getrakteer. By ’n ander geleentheid word ons studente spesiaal uitgenooi om saam met ons te eet. Die Agapé-diensgroep voorsien altyd die nagereg. Klein- en Bybelstudiegroepe word aangemoedig om ná die laaste nagmaal die jaar saam af te sluit deur saam te kuier. Die nagmaaletes word goed bygewoon en dra by tot die gesellige gemeenskap van die gelowiges.
VERSIERING VAN DIE SAAL EN KERK VIR GELEENTHEDE Ons het eenvoudig wonderlike sussies in hierdie groep van ons! Daar word elke keer met groot liefde en oorspronklikheid reggemaak vir die funksies wat ons het. Die biltongfees is ’n goeie voorbeeld hiervan. .
Ons strewe is om deur ons diens aan mekaar en ander, God se liefde in ons gemeente, ons gemeenskap en die wêreld uit te dra. Brooklyn Brokkies
15
GOklub
Jongmense
Liewe ouers Die Go-klub is ’n inisiatief wat begin is so ’n paar jaar gelede om ons kinders bloot te stel aan evangelisasie, omgee en uitreik na ander.
’n Terugblik op Juventus Dit was ’n jaar vol geleenthede en belowende vooruitsigte wag in 2014, sê Willem Daling. 2013 was ’n belowende jaar vir die Juventus-studentekorps. ’n Nuwe identiteit is aangeneem deur nie net op die studente te fokus nie, maar jong werkendes is as deel van hierdie groep betrek. Dit het gesorg vir ’n hele klompie nuwe gesigte en Sondagaande-geleenthede wat uit hul nate bars, tot groot vreugde van almal. Vervolg van bladsy 7 Kampe was weer die hooffokus vanjaar. Ons het afgeskop met die Visiekamp vir die senior studente en jong werkendes, waar ons ’n bietjie stilgestaan het om weer fokus vir die oplewer soos te nat vir kerf of te fris van lyf! komende jaar te kry. Die Eerstejaarskamp het Hier het Danie Eloff as die onbetwiste gevolg waar nuwe vriende toegevoeg is tot bobaaskerwer te voorskyn getree en dan was ons energieke gemeenskap. Die Lentekamp daar die “trimmers” wat elke biltong het verder dieper insig gebring in seksualiteit “aanneemliker” moes maak - sonder vet, en verhoudings en hoe dit God se liefde kan en moet reflekteer in ons alledaagse uitlewing minder vet of net-net genoeg. Elfrieda sorg vir insette, idees, brood en Bets daarvan. ’n Paar jong werkendes was ook hou kop met lyste en lyste name saam met verteenwoordigers op die WWESS-kamp waar Marga ná kerk in die saal plus aankope van wat ons met gelowiges van ander gemeentes kortkom. Almal moet kophou en koershou saamgespan het vir dinksessies en praktiese want enigiets kan verkeerd loop. Daar daag groei in die geloof. ekstra hande op uit die gemeente en dis net Op die dinee vroeg in die somer het ons lekker sakkies en skale en pryse. Frikkie was die man saamgekuier en gedans. wat al die snitte van name voorsien het en plek ’n Ywerige Juventus-bestuur was aan die stuur gekry het vir al die tafels. Ons verbaas ons aan van sake en daar is besluit om Sondagaande se geleenthede by die kerk te hou, eerder as om sy geduld. Dit word uiteindelk ’n miernes van na ’n ander plek te gaan, wat gesorg het vir bedrywigheid as die Agapé-dames die tafels lekkerder later aande. keurig versier en die biltong uitpak – alles word Dit was ’n jaar vol geleenthede wat ten volle nou in duplikaat gedoen sodat albei sale benut is om Juventus te laat groei. Daar kan genoeg kry. Nog hande sorg dat die tafels almal net voortgebou word op hierdie belowende ’n plek het – hopelik om die gasvroue min of vooruitsig in die toekoms! meer gelukkig te hou. Elfrieda hou boek van die veiling en intussen verkoop al die verpakte biltong soos blits. Ons Dissipelskapkafee bestaan nou reeds Braam van Zyl en Andries Scheepers sorg vir meer as twee jaar lank. Ons predikante en klank en musiek in albei sale. Neil van der Watt gemeentelede het met hul besonderse talente met sy “dixi band “en ons eie Philip Loots met ’n baie groot bydrae gelewer om van ons sy Salon Ensemble klits die aand vrolik op met Maandagaande waarlik ’n sukses te maak. hul musiek. Ons gesprekke het verseker dat ons Ons wag vir enige voorstelle en hoop om foute geloofsgroei gestimuleer is en dat ons van reg te stel, maar DV 2014, ons is reg vir die nuuts af ons dissipelskap ontdek het. volgende fees! Ja-nee, hierdie fees het ons Ons sê dankie vir een en almal wat ’n bydrae byna uitgeknikker, maar Fanie, jou idee het nou gelewer het. Ons is voorwaar baie geseënd om vlamgevat! hulle in ons midde te hê.
Biltongfees: voorstelle vir 2014
Dissipelskapkafee
16
Brooklyn Brokkies
Ons is oortuig dat dit in die kinders se belang is om hulle van vroeg af te leer van werklike opoffering ter wille van ander. Daarom is op ’n bedrag van R10 per maand besluit. Tog voel sommige ouers dat dit makliker is om op een slag die R120 te betaal en dan self maandeliks hul kinders te leer dat daar R10 van hul sakgeld na die kerk gaan (vir die wat reeds sakgeld ontvang het). Die geld is voorheen aangewend om boekies vir die Makwes in Mosambiek te koop en te vertaal. Hierdie projek het egter tot ’n einde gekom en ons gemeente het besluit om die geld wat deur die Go-klub geïn word aan te wend vir projekte nader in ons gemeenskap. Nadat die versoek in Hart & Hand verskyn het dat Eljadahuis fondse en hulp nodig het, het ons dit goed gedink om hierdie jaar die fondse aan hulle te skenk. Dit sal dalk ook in die toekoms moontlik wees om met ons kinders daar besoek af te lê en te sien waartoe hulle bydra en hulle ook perspektief gee om dankbaar te wees. Baie dankie aan al die kinders en hul ouers wat so getrou hul deel bygedra het. Dit word opreg waardeer. Indien julle as ouers meer betrokke wil raak by die Go-klub om saam te help met hierdie bediening sal jul insette verwelkom word. Vriendelike Go-klub-groete
Louise Marais 072 262 3602
In die “Grot”
Die “GROT” Hier bid ons, besin ons, bespreek ons, besluit ons en groei ons saam in ons geloof. Ons bemoedig en word bemoedig.
Fanie van der Schyff, Du Toit Ferreira, Marlien van der Hout en Rohann Eloff in hul “Grot
Hier begin ons verstaan wat onvoorwaardelike liefde naby, ver, diep en wyd beteken. Hier is ons op pad saam met God.
Lentekamp 2013
“Seksualiteit en verhoudings … O ja, en Jesus.”
“Seksualiteit en verhoudings … O ja, en Jesus.” Toe die tema van vanjaar se Lentekamp aangekondig is, was dit terselfdetyd ’n uitnodiging en ’n uitdaging. As studente en jong werkendes wat besig is om baie vinnig die wêreld van volwassenes te betree, is daar geen twyfel aan die groot rol wat verhoudings in elkeen van ons se lewens speel nie. Maar daardie s-woord … “Mens praat dan nie daaroor in die kerk nie!” Hoe dan nou gemaak? Hoe beantwoord mens die moeilike vrae as mens nie daaroor mag praat nie? Vir hierdie presiese rede is die tema gekies – sodat daar ’n geleentheid kon wees om ’n slag oop, eerlik en reguit te praat oor al die vrae en probleme, omring deur ’n gepaste gehoor EN met die regte grondslag – Jesus. Die kamp het redelik lig begin – gesprekke oor romantiese flieks en liedjies en besprekings van die wêreld se siening oor liefde, verhoudings en seksualiteit. Die belangrikheid van die onderwerp waarmee ons besig was, het net al hoe duideliker geword soos wat die naweek gevorder het. Die reeks “I am second”-video’s wat ons deurgewerk en in groepe bespreek het, het dinge al hoe nader aan elkeen se eie hart en omstandighede gebring. Elkeen se seer, skaamte en
Ilse de Villiers vertel van dié kamp. second”-video’s wat ons deurgewerk en in groepe bespreek het, het dinge al hoe nader aan elkeen se eie hart en omstandighede gebring. Elkeen se seer, skaamte en onsekerheid is op een of ander manier betrek – en tot ons skok het ons besef ons is nie alleen nie. Almal voer dieselfde stryd, net op verskillende slagvelde. Die kern van die probleem is ook nie noodwendig seksualiteit OF verhoudings nie – dit strek veel dieper. Die hoogtepunt het Sondagoggend gekom toe Griffel die hele naweek se besprekings saamgevat het. Ons oë is oopgemaak vir die beste liefdesverhaal van alle tye – die voorbeeld van hoe alle verhoudings tussen man en vrou eintlik moet wees: Christus se verhouding met sy Bruid, die kerk; meer spesifiek, sy verhouding met elke individu en sy volkome liefde en aanvaarding vir gebroke mense. Daar is nie ’n ander word as “wow” nie! Natuurlik, soos by enige kamp, was daar buiten die wonderlike boodskap ook baie pret en lekker kuier tussenin. Ons het ook baie sienings en opinies verskil – die hele “The Notebook vs. Anchorman”-debat sal seker nooit volledig uitgewoed wees nie! Verder was daar ’n uitstappie om rugby te gaan kyk –
vinnig besef hoe baie ouens en meisies se sienings en opinies verskil – die hele “The Notebook vs. Anchorman”-debat sal seker nooit volledig uitgewoed wees nie! Verder was daar ’n uitstappie om rugby te gaan kyk – waartydens die Doppers die kroeg naby die kampterrein VOL gepak het om te sien hoe Suid-Afrika Australië oortuigend oorwin. Gesels en sing om kampvure, die fliek Braveheart onder die sterre en soos altyd - die beste geselskap en herinneringe saam met die beste mense maak dit ’n onvergeetlike drie dae. Opregte dank aan Griffel, wat soos altyd die kamp en besprekings aangebied het soos niemand anders kan nie. Verder ook dankie aan Wessel, wat die kamp gereël het, Gerrie, wat gesorg het vir die kos, asook dankie aan elkeen wat daar was vir hul insette en meelewing. En vir dié wat (soos ek) aan onttrekkingsimptome lei – Visiekamp is in sig!
Sien almal hopelik weer in Januarie! Brooklyn Brokkies
17
Huidige diakonie
Diakonie
Die diakonie funksioneer deur middel van diensgroepe. Wanneer ’n diaken bevestig word, kan hy/sy self besluit in watter diensgroep hulle hul gawes wil aanwend.
Voorsitter van diakonie: Petra de Klerk
2014 – Wat lê voor? “’n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af” (Spreuke 16:1). “Dis dan met hierdie gesindheid dat die diakonie 2014 tegemoet gaan en enige projek wat oor ons pad mag kom met geloof en liefde sal aanpak,” sê Petra.
FONDSE
INKOMSTE
UITGAWE
NOEMNAAM Anita Bennie Bets Carlé Drikus Elfrieda Elzabe Engelett Erna Esté-Marié Fanus Hannes Hendrik Hennie Herbert Ingrid Marinus Petra
VAN Cilliers Aucamp Engelmohr Erasmus van der Walt Marais Barnard Knuppel Kruger Pieterson Nortje Welman Janse van Rensburg Badenhorst Knuppel Henning-Higgins van der Hout de Klerk
Roelof Soekie Steyn Walter Willem Wina
Pelser Kruger van Wyk van der Merwe Daling Cameron
Brooklyn Brokkies
Troyestraat Barmhartigheid: Troyestraat Finansies Eljadahuis Voorsitter en bejaardes/Barmhartigheid Vervoer: Troyestraat Agapé Juventus Finansies Juventus Kinderhuis/Barmhartigheid/ Susan Strijdom
E- POS anitacil@yahoo.com s29020736@tuks.co.za bets.e@vodamail.co.za carle@lantic.net drikus.vanderwalt@gmail.com elfrieda.marais@gmail.com beebarnard@gmail.com engelett.knuppel@absa.co.za ernabingle@mweb.co.za empieterson@gmail.com fanus.nortje@gmail.com hnswlmn@gmail.com hendrikjvrensburg777@gmail.com
079 038 0742 076 545 0125 083 726 4360 082 216 8304 082 553 8602
herbertk@vodamail.co.za henning-higgins@absamail.co.za mvanderhout@gmail.com filiae@law.co.za
082 412 7979 083 305 0323 082 828 9044 072 355 9066 082 929 3971 27828595216
roelof.pelser@gmail.com suki60@mweb.co.za vanwyksteyn@yahoo.com waltervdmerwe@gmail.com w.daling@yahoo.com ccameron@lantic.net
Bydraes maak barmhartigheidsdiens moontlik Die diakonie is vas oortuig daarvan dat Brooklyn se gemeentelede baie gelukkige mense moet wees, want soos in Handelinge 20:35 staan: [die Here Jesus] het self gesệ: “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang”. Hierdie bydraes het die diakonie in staat gestel om elke maand hul barmhartigheidsdiens te kon verrig en ook die onvoorsiene gevalle en ander instansies te help. Ons opregte dank teenoor die Here wat deur sy Gees in gemeentelede werk om liefde (hulp) aan minderbevoorregtes te bewys.
Die diakonie ontvang elke Sondag die kollektes wat onder die erediens opgeneem word (vir barmhartigheid, tensy anders aangedui). By die deure is dit gewoonlik vir die uitreikfonds of spesiale kollektes soos in Hart & Hand gepubliseer. Die diakonie kry maandeliks ’n vaste inkomste uit die verhuring van ’n woonstel wat aan die diakonie bemaak is. Verder is daar ander bewilligings deur lidmate. Die diakonie vergader maandeliks en daar word kwartaalliks van die finansiële wel en wee verslag gedoen in Hart & Hand. Daar is sowat 10 barmhartigheidsgevalle wat elke
maand ondersteun word. Dan is daar natuurlik nog die kinderhuise (wat al die diakonieë se verantwoordelikheid is), ’n bydrae aan ’n teologiese student se studie, asook hul voedselbank en mediese sorg in Potchefstroom en nog ander barmhartigheidsprojekte. Ad hoc-toekennings verskil van maand tot maand. Dit hang af van korrespondensie van ander gemeentes, buiteinstansies, studentekampe en onvoorsiene omstandighede. Dit word op die vergaderings bespreek en dan word besluite daaroor geneem.
Opsomming van finansiële kwartaalstaat op 30 September 2013 (gemiddeld vir vier maande) Totale inkomste Kollekte Ander inkomste
18
DIENSGROEP SELFOON Siekes 082 300 1105 Vervoer na en van kerk 072 014 8041 Kontakpersoon: Siekes 082 320 9133 Uitreik 082 828 0122 Barmhartigheid 082 894 7537 Nuwe intrekkers/Voedingsprojek072 179 5847 Siekes (hulp) 072 546 4612 Barmhartigheid: Troyestraat 082 614 8649 Terapie 082 453 2417 Skriba 083 738 7041 Nuwe intrekkers 084 764 6068 CD–biblioteek 082 850 1473 Uitreik 072 225 6245
R38 807.53 R20 915.54 R17 892.00
Totale uitgawe R33 484.74 Barmhartigheidsdiens R18 090.00 Ad hoc toekennings R 4 750.00
2013 lê op sy rug …..
Geldsake van GKSA
Ons kerke se gesamentlike roeping en verantwoordelikheid HOOFLYNE VAN GKSA 2013 – 2014 BEGROTING Totale begroting R48 m Bydrae vanuit ramings R27 m Bydrae vanuit beleggings R13 m
Kostes Emeriteringskoste R31 m Salarisse ne trakterings/besoldiging van personeellede van die Teologiese Skool Potchefstroom R8 m
(Bron: ’n Skrywe oor die geldsake van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) aan alle kerke en lidmate, afkomstig van die Administratiewe Buro – September 2013. Meer besonderhede is beskikbaar by die kerkkantoor van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn.)
Die middele wat God gee (ook geld) moet deur die kerke gebruik word om hul roeping te vervul. Benewens die kerke se individuele gemeentewerk wat onder meer ook geld benodig, bepaal Algemene Sinodes ook die noodsaaklike behoeftes vir kerkwerk wat gesamentlik gefinansier moet word, byvoorbeeld predikantopleiding, emeritiversorging en kerkskakeling. Kerke betaal dus hiervoor ’n ooreengekome bedrag per belydende lidmaat per jaar (raming), asook verpligte kollektes aan die GKSA se kas oor. Lidmate en kerkrade het dus die opdrag om die gesindheid hieroor te ondersoek en te reageer volgens die riglyn wat die Here gee in sy Woord. Die begroting van die GKSA vir die 2013/14 boekjaar is R48 miljoen – in hoofsaak word beoog dat 57% hiervan afkomstig sal wees van ramings, terwyl beleggings ’n verdere 27% sal bydra. Aan die kostekant hierteenoor, word beoog dat 65% emeriteringskostes sal behels (insluitend medies) en ’n verdere 16% vir salarisse wat bydraes tot traktering/besoldiging van personeellede van die Teologiese Skool Potchefstroom insluit. Wat die raming betref, word R560 beoog wat ’n gemiddelde verhoging van 7% op die vorige jaar verteenwoordig. Hiervan sal 62% aangewend word vir emeritaatsversorging en 17% vir die Teologiese Skool Potchefstroom. Soos sake nou staan, is daar egter R11.2 miljoen se agterstallige ramings (in hierdie begroting uitgesluit) weens sommige kerke se finansiële nood, wat dus sustentasie benodig, asook ander se negatiwiteit oor ramings. Die betrokke kerke en klassisse is vervolgens hieroor gemaan en werk saam met die oog op tydige regstelling om sodoende die druk te verlig op dié kerke wat wel betaal. Ivan Altin
DIE JAAR 2014… Skryf die datums in jou dagboek. Sondag 19 Januarie Maandag 20 Januarie Woensdag 12 Februarie Sondag 16 Februarie Vrydag 21 Februarie Sondag 23 Februarie Donderdag 6 Maart Woensdag 12 Maart Sondag 16 Maart Vrydag 17 April Sondag 20 April Saterdag 10 Mei Sondag 11 Mei Woensdag 14 Mei Vrydag 23 Mei Sondag 18 Mei Saterdag 24 Mei Woensdag 11 Mei Vrydag 20 Mei Sondag 1 Junie Woensdag 30 Julie Sondag 3 Augustus Vrydag 15 Augustus Sondag 17 Augustus Woensdag 20 Augustus
Jeugkleingroep begin Dissipelskapkafee begin Kerkraadsvergadering Nagmaal – Troyestraat Gholfdag Verjaarsdagtee Juventusdinee Kerkraadsvergadering Nagmaal - Duxburyweg Pasga-ete Paasprogram by Duxburyweg Agapé: Uitreikdag Nagmaal - Troyestraat Kerkraadsvergadering Musiekaand Nagmaal - Duxburyweg Gemeentepiekniek Kerkraadsvergadering Kerrie-en-Sjerrie-aand (Agapé) Verjaarsdagtee Kerkraadsvergadering Verjaarsdagtee Biltongfees 2014 Nagmaal – Troyestraat Kerkraadsvergadering
Met die genade van Ons Hemelse Vader kon gedinkskrum en beplan word vir 12 nuwe bladsye - Januarie tot Desember 2014 - waarmee ons vol ywer en dankbaarheid as gemeente dié jaar tegemoet kan gaan.
Sondag 3 Augustus Vrydag 15 Augustus Sondag 17 Augustus Woensdag 20 Augustus Sondag 24 Augustus Vrydag 12 September Woensdag 17 September Woensdag 15 Oktober Sondag 19 Oktober Sondag 26 Oktober Sondag 26 Oktober
Verjaarsdagtee Biltongfees 2014 Nagmaal – Troyestraat Kerkraadsvergadering Nagmaal - Duxburyweg Agapé: Lentedag Kerkraadsvergadering
Sondag 9 November Woensdag 12 November Sondag 16 November Sondag 30 November
Nagmaal - Troyestraat Kerkraadsvergadering Nagmaal - Duxburyweg 09:30 Kersprogram: Duxburyweg
Kerkraadsvergadering Verjaarsdagtee Jeugkleingroepe: Afsluiting 18:30 Kersprogram: Studente
Brooklyn Brokkies
19
Kerkplanting
Lidmaat en sendeling
Annlin church plant
Hannes Pieters
Church planting is not the work of one person; it requires the involvement of a core group of people who together begin the new church community.
Dr Brian and Lanae de Vries with their children, Krista-Sue and Micah. Our former pastor, Dr Brian de Vries, was inducted into service at the Reformed Church Annlin on Saturday 17 August. He was called by this church to serve as a part-time church planter in that area. Dr De Vries is now leading this group to become an autonomous English church within the denomination. He will also remain full time at Mukhanyo Theological College as Principal and Senior Lecturer while serving this church plant. The greater area around Annlin is rapidly becoming multiethnic. There is a growing need for an English-speaking church that is reformed and multiethnic. This area includes the entire Zambezi corridor from east of the N1 through to Pretoria North and Akasia. This new church plant is the only Reformed and English-speaking
church in the entire area. Church planting is not the work of one person; it requires the involvement of a core group of people who together begin the new church community. Dr De Vries is thankful for the core group that has assembled; they have now formed a steering committee and several ministry teams within the church. If you know English-speaking people who presently are not active members of a biblical church and who might want to become part of this new community, tell them about this new church plant and encourage them to join us as soon as possible. Pray for this church plant ministry as they reach out to the English population on “the north side of the mountain” in Pretoria.
“Die Here se goedheid en guns en sy genade maak alles moontlik. Ek is verwonderd as ek terugkyk oor sy getrouheid, selfs in my ongetrouheid op soveel wyses en kere. Ek bedank julle, liewe gemeente, vir jul gebede en jul liefde en jul geldelike bydraes en dat ons ook deel mag wees van jul familie in Jesus Christus!”
20
Brooklyn Brokkies
Hannes Pieters
Lidmaat en sendeling van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Hannes Pieters se verbintenis met die Gereformeerde Kerk en sy werk as sendeling het in 1995 begin toe sy pad met dié van ds Chris Coetzee gekruis het. Ds Chris het hom na Swaziland laat kom en vir hom werk by ’n dwelm- en alkoholrehabilitasiesentrum gekry. By die Gereformeerde Kerk van Pongola het hy belydenis van geloof afgelê en ’n lidmaat van daardie gemeente geword. Vandaar is hy na Ka-Shongwe waar hy saam met Sally McKibben en die gemeenskapswerkers van Thembalethu gemeenskapswerk begin doen het. Hier het hy byna vier jaar lank gewerk. Hy het in hierdie tyd taxi gery of per voet saam met die gemeenskapswerkers pasiënte besoek en versorg omdat hy nie ander vervoer gehad het nie. Ds Chris het hom na Mukhanyo Teologiese Skool gestuur vir opleiding. Hy was een jaar as student by hierdie inrigting, waar hy deur sy betrokkenheid as student mense wat siek was met MIV in die gemeenskap moes besoek en hulle versorg. Hy het besef dat die evangelisasie van en hulpverlening aan die siek mense sy roeping is en dr Flip Buys het hom uiteindelik toegelaat om voltyds tuisversorging te doen. Hannes het gedurende hierdie tyd (2001-2002) ’n lidmaat van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn geword en dr Johann le Roux was sy predikant. Ds Johan van Heyningen het ook by Hannes en sy werk betrokke geraak. Ds Van Heyningen het die kerk se jeug betrek en saam het hulle by verskeie geleenthede by Hannes besoek gaan aflê. Hulle het ook by die Nakalele-hospice besoek afgelê. Laasgenoemde is ’n inrigting wat deur Joke en Joop Parre van die Die Verre Naaste van Holland geopen is. Joop en Joke is steeds baie betrokke by hierdie inrigting asook by Hannes en sy werksaamhede. Hulle is ook geliefde vriende van ons gemeente. So het Hannes dan ook begin om aan pasiënte die Blye Boodskap van Jesus Christus se verlossingswerk te verkondig, Bybels te versprei, siekes te versorg, medikasie te voorsien, pasiënte na die hospitaal te vervoer en betrokke te raak by doodsbegeleiding en berading. Hy moes al tot vyf mense in een week begrawe. In 2008 is hy weer deur Sally McKibben gevra om terug te gaan na Ka-Shongwe waar hy tans nog werk. Hy werk oor ’n baie wye gebied – onder meer in die plakkerskampe van Komatipoort, Nkomasi-distrik, die Lebombo-grenspos en die grensdorpie Ressano Garcia. Baie mense kom uit Mosambiek oor die grens. ’n Groot aantal mense is baie siek aan tuberkulose en vigs en die armoede is groot. Daar is baie kinders wat vir hulleself moet sorg aangesien albei ouers reeds dood is. Hannes moet dikwels toesien dat kinders versorg is en skole bywoon. Hannes het twee kinders aangeneem en grootgemaak, Kenny en Senzo. Kenny is nou 23 jaar oud en Senzo is 18.
Wel en wee Met die afsterwe van tannie Diek van Stek in die rype ouderdom van byna honderd jaar het een van die laaste skakels met die vooroorlogse Nederlandse immigrante, wat as volwassenes in Suid-Afrika aangekom het, verdwyn. Sy en haar oorlede man, Arie, was van hul aankoms in Pretoria aktiewe, meelewende lidmate van ons kerk - eers van die Paul Krugerkerk en sedert 1947 die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos tot die afstigting van Meintjeskop in 1963 en toe weer van 1974 Pretoria-Oos en met die samesmelting in 2003 PretoriaBrooklyn. Diek van Nuffelen en Arie van Stek raak verloof en ’n paar maande later emigreer Arie na Suid-Afrika, waar hy in Desember 1935 per skip in Kaapstad aankom. Hy werk in Pretoria en neem later ’n kabinetmakersfirma oor. Diek volg en kom in Oktober 1936 met die Watussi in Kaapstad aan. Hulle trou op 17 Oktober 1936 in die Paul Krugerkerk, Pretoria en trek in ’n buitekamer van die Dykstras in Pretoriusstraat in. Hy maak onder meer ’n groot muntvertoonkas vir die Transvaalse Museum. In 1938 verhuis Arie se onderneming na ’n ruim skrynwerkersfabriek in Schubartstraat, waar hulle twee kantoortjies as woning inrig. Daar bly hulle totdat die oorlog in 1940 uitbreek. Toe trek hulle na ’n eenslaapkamerhuisie in Gezina. In Julie 1943 word Arie en Diek SuidAfrikaanse burgers. Hulle trek ook in dié jaar by die Van Dijkhorsts - Kees se ouers – in Parktown in. Arie begin sy eie onderneming, wat vloerteëls van masonite vervaardig. Hy huur ’n perseel in Bloedstraat, Pretoria, maar alles brand een aand af net toe hy mooi op dreef is. In 1957 stig Arie ’n maatskappy wat rondawels maak. Hierna maak hy allerhande nuttige en mooi meubels en ornamente. Arie was besonder vaardig met hout en het ook orrel gespeel. Ná die oorlog ontwerp, teken en bou Arie eiehandig hul eerste huis in Riviera, ook ’n tweede en in 1962 ’n derde huis in Riviera teen die berg met wonderlike uitsig. Dan kom ’n aanbod wat Arie nie kan weier nie en in 1974 trek hulle na ’n dakwoonstel in Sunnyside - ruim en met ’n pragtige uitsig. Arie is ná ’n smartlike lyding op 1 April 1981 oorlede. Ná Arie se dood was dié woonstel te groot vir Diek en sy koop ’n hoekwoonstel in die Swellendam-gebou, waar sy 10 jaar lank woon. In 1997 trek Diek in Fleurenville
Huldeblyk aan die egpaar Van Stek vir hul onbesonge weldade Dieuwke Tonia (Diek) van Stek, gebore op 17 Desember 1913 in Nederland en oorlede op 7 Oktober 2013 in Fleurenville, Pretoria. Huldeblyk geskryf deur Kees van Dijkhorst.
Kees en Nonna van Dijkhorst by tante Diek van Stek in Augustus vanjaar, ’n paar maande voor haar dood se dood was dié woonstel te groot vir Diek en sy koop ’n hoekwoonstel in die Swellendamgebou, waar sy 10 jaar lank woon. In 1997 trek Diek in Fleurenville in. Diek was kunstig en het borduurwerk gedoen, onder meer ’n afbeelding van "De Magere Brug" in Amsterdam. Sy was bekend vir haar deeglikheid. Sy het haar huiswerk self gedoen en haar woonstel was so skoon dat jy van die vloer af kon eet. Sy was baie betrokke by die kerk totdat sy betreklik immobiel geraak het. Arie en Diek was bekend vir hul liefdadigheidswerk. Hulle was lank betrokke by die Paul Kruger-kinderhuis. Arie stig ’n trust om ou mense in die Sunnyside-skema (Nebohof) van die Gereformeerde Stigting (nou Residentia Stigting) finansieel te ondersteun sodat hulle kan aanbly. Diek het Arie in die direksie opgevolg en intense belangstelling getoon totdat sy weens ouderdom nie meer die vergaderings kon bywoon nie. Die trust is die Arie van Stek Trust, maar omdat Arie en Diek nie wou bekend maak dat hulle betrokke is nie, is dit Nebo Hulpfonds genoem. So het talle van hul medelidmate in Pretoria-Oos onwetend bystand van die Van Steks ontvang. Die trust is steeds aan die gang en dit het reeds meer as R4,8 miljoen uitbetaal.
hul medelidmate in Pretoria-Oos onwetend bystand van die Van Steks ontvang. Die trust is steeds aan die gang en dit het reeds meer as R4,8 miljoen uitbetaal. Ná Arie se dood het Diek ’n aantal liefdadigheidsorganisasies ondersteun met mildelike bydraes. Sy was uiters nougeset en wou nie Arie se geld mors nie en dié organisasies moes almal eers hul sakeplan voorlê voordat sy geld toegedeel het. So het Diek dan haar laaste jare deurgebring. Sy het nooit geroem op die goeie dade wat sy verrig het nie. Trouens, ds Paul Geertsema, wat die begrafnis waargeneem het, is jare gelede al verbied om iets oor haar te sê. Die opdrag is uitgevoer. Sy het nooit rusie gemaak of haarself op die voorgrond gedruk nie. Beleef, vriendelik en dankbaar vir die weldade wat God aan haar bewys het, dit was sy. Die egpaar wou bitter graag kinders hê, maar kon nie. Hulle leef nie voort in ’n nageslag nie, maar wel in ons herinnering. Hul dade bly voortleef.
Roelof Pelser skryf oor tante Diek van Stek: Ek is van 1983 in die “oumens-gemeente” en dié gemeente het my geweldig verryk. Ek was dikwels verstom hoe fyn tante Diek se waarneming was. Sy het gesê dat sy saans dink ... en sy het seker want sy kon dinge raaksien wat ander miskyk. Tante Diek was besonder nederig, maar het nooit haar styl verloor nie. As voormalige lid van die Hollandia Zangers moes ek op ’n dag ’n stalletjie by die Paul Kruger-kinderhuis beman tydens ’n kermis. Omdat tante Diek in die kinderhuis se dinge belang gestel het, neem ek haar toe saam - onwetend van die omvang van haar betrokkenheid. Toe ek daar kom, is ek summier van my pligte by die stalletjie onthef solank ek net na haar omsien. Ek het bly wonder hieroor totdat ek later verneem het dat sy ’n paar duisend rand vir die geleentheid geskenk het.
Brooklyn Brokkies
21
Ondersteuning
Eljada Eljada
Eljadahuis se aanbouings op die huis Dawid de Wet (Projekbestuurder en Brooklyn-lidmaat) doen verslag Eljadahuis se aanbouprojek vorder goed noudat die hersonering van die terrein en die bouplanne goedgekeur is. ’n Voertuigafdak is reeds opgerig en op die oomblik word ’n ontspanningsafdak en pakkamer gebou. Dit behoort teen die einde van die jaar klaar te wees. Die pakkamer sal aan Annatjie broodnodige ruimte verleen om kos en materiaal te berg. Nog verbeterings gaan volgende jaar aangepak word. ResponSAbuild, ’n inisiatief van Martin van Veelen van AJCOR Civil Projects, doen hierdie bouwerk gratis. Martin het ResponSAbuild, ’n maatskappy sonder winsoogmerk, gestig met die doel om infrastruktuur by liefdadigheidsorganisasies te ontwikkel. Gaan kyk gerus op www.facebook.com/Responsabuild na foto’s van Eljadahuis se bouprojek.
Annatjie van Schalkwyk skryf oor reën en seën “Ek dank ons Skepper uit eerbied vir al die seëninge wat hierdie week weer oor ons gereën het asook vir die heerlike reën. Die gras hier by die huis het binne drie weke van vaalgrys na welige groen verander en ek staan in verwondering oor die Almag van God. Om die dooie gras na so iets moois te verander – hoeveel te meer nie ook ons hart en lewe as ons ons vertroue volkome in Hom stel nie. Die volgende fase van die bouwerk kan nou begin en ons het R10 000 nodig om stene aan te koop vir die verlenging van die stoep sodat daar meer ruimte vir die naaldwerk is. Tans het ek ses werkende naaimasjiene in een kamer en daar is geen ruimte om die knielkussings of
ander klaargemaakte items te bêre nie. Indien u dalk ’n naaimasjien en/of omkapmasjien het om te skenk, sal ek baie dankbaar wees. Ek wil graag vir die vroue masjiene gee om ook tuis te gaan werk. Ek het ook ’n werkie vir die manne – die herstel van ou strykplanke teen slegs R50. Bring gerus vir ons. Dit hou die manne uit die kwaad uit. Ek het spaarblikkies wat ek graag wil gebruik om fondse in te samel vir ons kinders se skoolgeld, klere en skryfbehoeftes vir 2014 – ’n uitdaging vir die kinders om ander kinders te help.
Waar ons ontvang word met ope arms, met grote sjarme word ons tog bekoor, met God se genade word ons gebede verhoor. Kom nader… kom nader… net soos jy is. Hier waar die liefde van onse Vader so vrylik vloei, waar God se Woord beter word as kos, aardse dinge raak minder belangrik, verryklik groei ons in ons geestelike verstande. Ons lag en gesels - ons almal het ons pyn, maar met tyd word alles klein. Ons huisie so ryklik gesëen, met tannie Ann en tannie Petro as ons leidster raak ons nooit weer die pad byster… Genade van Bo is kosbaar vir ons, met dankbaarheid nou ons lewenswyse, met onbeskryflike liefde van voorbeeldswyse sê ons dankie vir Eljada, tannie Ann en tannie Petro, sê onvoorwaardelike liefde want sonder julle was daar geen
Baie dankie vir die items wat ek ontvang het.”
Eljada…
STOKPERDJIE-ONTBYT VIR MANNE Lees wat sê Ian Mitchell oor dié ontbyt op 7 September vanjaar: “Ek het glad nie geweet wat om te verwag toe die advertensie vir die Stokperdjie-Ontbyt vir Manne die eerste keer in Hart & Hand verskyn het nie. Het manne nog stokperdjies, of het dit in ons hedendaagse gejaag in die niet verdwyn? Heerlik aangenaam was my verrassing toe die manne opdaag in ’n lekker groep. Daar was manne wat modelmotortjies versamel, staptoere reël, reis, voëls kyk en foto’s neem, reissakke en handsakke van leer maak, seëls versamel, legoblokkies en modeltreine versamel, skilder, houtwerk doen, duik, boogskiet, visvang en nog baie meer. Daar was tot iemand wat goggas versamel. Ek was verstom aangesien ek nie juis ’n stokperdjie het nie. Hierdie geleentheid het gewys manne is steeds kreatief en het ’n passie vir hul stokperdjie. Hulle is nie net vasgevang in die groef van die van-dag-tot-dag-bestaan nie. Die stokperdjies het die volgende oor die manne gesê – hul soeke na avontuur, ontdekking, kennis en trots met ’n behoefte om te deel dit wat hulle as manne in en deur hul stokperdjies geleer en beleef het. Al die manne het oor hul stokperdjies gepraat met ’n glinster in die oog – soos die Engelse gesegde sê: “They are doing what makes them come alive!” Is ’n stokperdjie nie iets wat ons as manne van ons Hemelse Vader gekry het nie? Spreek dit nie direk uit God se hart tot elke man nie? Nadat ons lekker stokperdjies gesels het, was dit tyd vir ontbyt – net soos manne dit kan doen. Geen frille en valletjies nie. Ons het sommer so rondom die braaiers gestaan met ons papierborde in die hand en gesmul aan ’n ontbyt vir konings. Tot ons volgende keer weer kuier, geniet jul stokperdjies, manne!”
22
Brooklyn Brokkies
Matrieks
Matrieks van President Krugerkinderhuise Ons is baie trots op hierdie groep kinders wat baie gemotiveerd is om ’n sukses van hul lewe te maak, skryf Marlene Richardson en Retha van der Merwe. President Kruger-kinderhuis se matrieks het gestraal op hul onlangse matriekafskeid. Enige ouer wat al matrikulante in die huis gehad het, sal verstaan hoe dol dit die afgelope tyd in ons huis gegaan het. Met vyf graad 12-leerlinge vanjaar is ons hard besig met al die “matriekdinge”. Daar moet leerlingrybewyse verkry word, tyd ingeruim word vir bestuurslesse en styf duim vasgehou word dat die kinders wel hul rybewyse kry. Die dogters, ons het vier, het ons regtig besig gehou met al hul idees en planne vir hul matriekafskeid. Ons kan met trots sê dat die dogters elegant en ons seun soos ’n galante heer gelyk het. Behalwe vir die skoolmatriekafskeid, hou die Kinderhuispersoneel jaarliks ook ons eie matriekafskeidsfunksie vir ons matrikulante, wat dan ook die eregaste vir die aand is. Gaste soos die Kinderhuisbestuur en lede van die Kinderhuis-Vriendekring word na dié
Lentetee
Gerda Snyman, skryf oor ’n BBP- gevoel
geleentheid genooi. Die tema vir vanjaar se Kinderhuis-matriekafskeid was ‘Grease’ en al die gaste moes volgens die tema aantrek, wat baie pret verskaf het. Die ‘Grease’-dekor, melkskommels, lekkergoedtafel en veral die jukebox het die gaste in die perfekte opskopluim gekry. Die KinderhuisVriendekring is reeds jare by die Kinderhuis betrokke en neem byvoorbeeld die verantwoordelikheid om die matrikulante se kostes rakende die leerlingrybewyse, bestuurslesse en rybewysgelde te betaal. Gedurende die matriekafskeidsfunksie van die Kinderhuis oorhandig die Vriendekring ’n ‘afskop-geldjie’ aan elke matrikulant wat vir die volgende jaar se aanvanklike studenteuitgawes gebruik word. Graag wil ons ook hierdie geleentheid gebruik om die Vriendekring te bedank vir hul volgehoue
ondersteuning en liefdevolle betrokkenheid deur al die jare. Tussen al die lekker dinge en die vol sosiale program wat net ’n matriekkind kan bybring, word daar darem goed voorberei vir die akademiese mylpale wat bereik moet word aan die einde van matriek. Vier van ons matrieks het in hul eksamen in die eerste kwartaal ’n gemiddeld bo 60% behaal (wat ’n voorwaarde by ons is vir verdere tersiêre studie). Die matrikulante beplan almal om in 2014 verder te studeer. Drie gaan aan Tukkies studeer in rigtings soos Aanvangsonderwys, BA (Regte), Dieetkunde en een beplan om ’n omroeperskursus by Intec te doen. Marlene Richardson en Retha van der Merwe is skakelbeamptes van die President Kruger– kinderhuise.
Amper soos Baie Belangrike Persone op Oscar-aand het hulle gearriveer: gryskoppe, minder gryses, selfs glad-nie gryses, almal ouer as 70. Ons kerksaal was fleurig getooi met oranje clivias en vrolike gesiggies op die tafels. Lente was waarlik in die lug! Susan Heystek het almal heel gou welkom laat voel. Ons moes God op so ’n pragtige oggend loof en hierin het Erna Kruger voorgegaan. Toe het die uitbundige vrolikheid begin. Soekie Kruger het gelukkig ’n goeie vriendin wat KAN sing, Tertia Knobel. Onder haar bekwame begeleiding het ons soos ’n klomp kinders tog te lekker saamgesing. Jeugherinneringe het teruggekom met Die Lied van Jong Suid-Afrika. Met Ou Ryperd is koers gevat na die Bolandse Nooientjie om uiteidelik aan te kom by O Boereplaas. Tussenin was daar nog vele afdraaipaaie Op die Blink Vosperd. Boetie, sy’s ’n perskeblom – waar is die jare tog heen? Toe die lafenis vir drooggesingde kele - heerlike tee en koffie. Elke gas kry ’n porsie lekkernye – niemand kan kul nie. Die “gesiggies” was die aandenking van die hoogs genotvolle oggend en ’n herinnering aan die lente, die heerlike samesang, gesels, teedrink en smul. Verbeel ek my of was daar ’n huppel in party gryskoppe se stap? Agapé, julle het julle weer oortref. BAIE, BAIE DANKIE.
Brooklyn Brokkies
23
Laaste brokkies
Rentia en haar rugbyspan Thinus de Wet het met “spanbestuurder” Rentia de Beer en “agterspeler-afrigter” Ela Mostert ’n onderhoud gevoer en bring hierdie eksklusiewe verslag. “Blitz” Heystek
Rentia de Beer en Ela Mostert
Het jy gehoor ek het Rentia se span gehaal ?
24
Brooklyn Brokkies
“Duiker” van der Schyff
Met Fanie “Duiker” van der Schyff as haker, Griffel “Plettervat” van Wyk op loskopflank en die ratse, voormalige Hoërskool Middelburg se ster-skrumskakel Fanus “Blitz” Heystek agter die skrum, kan Rentia ’n rugbyspan duisend bou vir die 2015-wêreldbeker. Rentia de Beer het oor die afgelope 39 jaar saam met nie minder nie as 15 dominees in haar “amp” as “kerkkantoordame” gewerk. Dis sekerlik ’n wêreldrekord in Gereformeerde kringe, om nie te praat van ’n algehele rekord vir mense in haar soort pos nie. Van die manne wat die vyftiental gehaal het, is die predikante Paul de Bruin, Ton Lindhout, Danie Snyman, Henk Stoker, Bouke Spoelstra, Pieter Kurpershoek, Paul Geertsema, Johan van Heyningen en so kan ons aangaan. Sy het beslis dominees van Nederlandse afkoms vir haar span verkies – mens wonder of dit gaan oor ’n gebalanseerde spankeuse of oor die aanvoeling wat Nederlanders vir rugby het. Ses jaar gelede het sy vir Ela Mostert ingeroep as agterspeler-afrigter en die twee vroueafrigters wen een ná die ander wedstryd teen die Klaagkouse, die Beterweteriges, die Boelies en sommer almal wat by die kerkantoor kom skoor soek. Want sien, die “kantoordames” het eintlik soveel base as wat daar gemeentelede, ampsdraers, kommissielede, diensgroepe en administatiewe buro’s is. Maar wat, hulle wen al hierdie wedstryde met ’n glimlag en baie geduld. Rentia en Ela se geluk en plesier kom tog ook van die kontak wat hulle met die “skare” het.
“Plettervat” van Wyk
Dis soos ’n familie. Lidmate kom pak maar af daar by die hoofkwartier van die tweetal. Ouer mense wat kom inloer, is altyd welkom. Dis vir hulle ’n tuiste. Daar is beslis gunstelinge en die name mag nie gepubliseer word nie. Dis opbouend en baie bevredigend. Dan oortref die lekkerte van die werk die pyne waarmee die werk soms gepaard gaan. Hul opwarmingsoefeninge is onder meer alle administrasie, geldsake, boekhouding, bankreëlings, agendas en notules, attestaatskribawerk, preekroosters, personeelsake, salarisse, samewerking met die finansiesmense, hulp met begrotings, kosterwerk, skoonmaakdienste, jaarprogramme, skakeling met die administratiewe buro, administratiewe hulp aan diensgroepe en baie keer ook vir ’n ampsdraer of twee, databasisbestuur soos op datum hou van lidmaatbesonderhede, afsprake maak, maandelikse bydraes, kollektes tel, kampadministrasie en sommer tussenin die telefoon antwoord en al die e-posse ontvang en stuur...
So, dink maar daaraan as jy ’n e-pos van kantoor@gkbrooklyn.org.za ontvang dat hierdie afrigter/skeidsregter/keurder/ pynpolisiespan van twee van ganser harte en met toewyding die belange van ons 500 plus “ondersteuners” op hul hart dra. Daarvan kan die span van 15 predikante sekerlik getuig.