BROOKLYNBROKKIES ONS PREDIKANTE SKRYF EERSTE TREË: CHRIS DE BEER VOL JAAR: FANIE VAN DER SCHYFF E-BEDIENING: PAUL GROBLER GROEIENDE GEES: FANUS HEYSTEK
2 3 4 5
Studente En jongmense
Gereformeerde Kerk PRETORIA-BROOKLYN
November 2014
Berigte deur Wessel Herbst
Met die goeie nuus dat ons ’n nuwe dominee kry, het ons die bal aan die rol gekry om hom sommer vroeg in die diep kant in te gooi. Die Lentekamp van 2014
Waar alles vandaan kom en waarheen alles gaan Fanie, Chris en Paul Jesus Christus is Here en Koning van die Gereformeerde Kerk Brooklyn ... hierdie kerk behoort aan Hom alleen en Hy alleen regeer oor ons. Hy gee gawes. Hy stimuleer tot diens. Hy vertroos en gee nuwe krag. Hy lei ons tot eerbetoon. Dít is waarvan ons wat voltyds in die bediening staan veral in die laaste tyd al hoe meer bewus geword het. Ons het diep onder die besef gekom dat ons nie hier in Brooklyn-gemeente is ter wille van onsself nie ... ons is geroep om God te eer, Hom en mekaar te dien en om dissipels van Jesus te maak ... oral, altyd! Om aan hierdie roeping gehoorsaam te kan wees, het ons nodig om mekaar aan te spoor en toe te rus om in die praktyk van die daaglikse lewe waarlik lig en sout te wees. Dit is alleen moontlik wanneer ons in totale afhanklikheid lewe vanuit die belydenis: Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen (Romeine 11:36). belydenis: Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle
het gefokus op die alledaagse struggle van studente en jong werkendes: "die struggle met struggle" en "die struggle om God te ervaar". Ons het Bybelstudie gedoen waar ons as medejongmense kon praat Meksikaanse dinee oor die struikelblokke wat ons elkeen ervaar. Ons het Agter: Hanlie Kruger, Willem Dirk Daling, Carlé Erasmus, Stephan lekker saam gelag en saam van der Merwe en Zania Vermaak Voor: Nikolaas Pienaar, Wickus Malan en Riaan Neethling gegroei. Chris het ons baie leiding gegee in ons almal se struggle met alledaagse dinge en dat jy nie die enigste een is met struikelblokke nie. Ons het baie geleer en sommer dadelik die gevoel gekry dat ons almal ’n lang pad saam met Chris gaan stap.
Blaaskans
Juventus se strewe en roeping vir 2015 Met die verkiesing van die nuwe Juventus-bestuur moes die tradisie voortgesit word dat ons ’n naweek lank as groep weggaan om te beplan en saam as ’n eenheid te groei.
Met die eerste vergadering het Chris Efesiërs 4 voorgelees en dit het ons strewe en roeping vir die volgende termyn geword. Op ’n lieflike Saterdagoggend het ons ’n bietjie ná 07:00 in ons motors geklim en na die Krugerplaas, kort duskant Alma, vir die naweek vertrek. Daar aangekom, het ons rustig afgepak en sommer dadelik die Bybels gevat en Bybelstudie gedoen. Weer eens het ons gefokus op Efesiërs 4 en vinnig agtergekom dat ons almal deel uitmaak van die liggaam waarvan Jesus Christus die hoof is. Ons het beplanning vir 2015 gedoen - hier is ’n paar aktiwiteite op die kalender waarna ons uitsien: Visiekamp (8-11 Januarie); Eerstejaarskamp (12-16 Januarie); Stapnaweek vir studente en jong werkendes (6-8 Maart); Lentekamp (11-13 September). Ons het in die dam geswem, selfs ook ’n paar pogings aangewend om ’n vis of twee te vang. My persoonlike ervaring van die Bestuursnaweek is dat ons ’n hegte groepie mense is. Watch this space!
BB 2…NUUT
1ste
PAAR TREË
BROOKLYNBROKKIES NOVEMBER 2014 Redaksie
T
Dit het gevoel soos my eerste rugbywedstryd.
T gekuier en heerlik oor Jesus gesels … ’n Mens kan nie vir beter vra nie. Skielik was die see van onbekendheid nie meer so vreemd nie. Die gesigte het nou name gehad en die liefde wat ons ervaar het, het net gegroei. Ons het die derde tree op 3 Oktober gegee - dit was ’n tree in die donker. Ons krag word afgesit en vir ’n week lank spartel ons gesinnetjie tussen huise, yskaste en rekenaars deur om te sorg dat daar gebad, geëet en gewerk word. Gelukkig is daar mos altyd die goeie saam met die slegte, want ek het nog nooit so baie gebraai nie!
Chris de Beer en sy gesin
Die volgende paar treë was net om agter te kom hoe baie dinge in hierdie gemeente gebeur. God het ons gemeente met so baie gawes geseën en dit is wonderlik om te sien hoe mense bereid is om hul tyd af te staan in diens van die Here. Dit laat my dink aan Jesus se gesegde: “om te gee is beter as om te ontvang … ”
Die gesegde lui mos dat ’n duisendmyl-reis begin met die eerste paar treë. So het ons ons eerste paar treë in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn begin loop. Die eerste paar treë is altyd interessant, want alles is vreemd en nuut. Ek onthou die eerste preek wat ek op 7 September hier in ons gemeente gehou het. Die see van onbekende gesigte wat voor my uitgestrek het en die spanning wat opgebou het. Dit het gevoel soos my eerste rugbywedstryd.
Die vraag is seker: hoe voel ons nou ná die eerste paar treë? Die antwoord het ek gevind in ’n gesprek met my wonderlike vrou. Geertje sê vir my ’n rukkie gelede: “Jy is baie besig hier, jy gaan moet leer om jou tyd beter te bestuur.” Vanuit ’n bietjie frustrasie antwoord ek: “Ja, skat, ek weet, daar gebeur net soveel en ek moet nog leer wat ek nie weet nie…” En sy sê: “Maar weet jy wat? Jy lyk gelukkig.” En ek antwoord: “Ek lyk so, want ek is … ” Baie dankie vir jul almal se liefde en geduld met ons. Ons sien vreeslik baie daarna uit om saam met julle vir Jesus te volg, want:
Die tweede tree was om saam met die studente te gaan kamp. Wat ’n heerlike ervaring! Ons het lekker gelag, lekker
Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge! (Romeine 11:36)
Hart & Hand: waar kom die naam vandaan? Joukje Geertsema
Byna 43 jaar gelede het die Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos se weeklikse gemeente-nuusbrief hierdie naam gekry na aanleiding van … Ek bied U hart en hande in will’ge offerande – al wat ek is en het; diep in my ingewand waar liefde en ywer brand draag ek u heil’ge wet (Totius-beryming van Psalm 40:4)
Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande En suiwer van hart is … (Totius-beryming van Psalm 24:4).
Lidia de Wet Thinus de Wet Louis Kruger Ela Mostert Medewerkers Ivan en Amalia Altin Godfrey Thamaga Chaane Ester Cloete Louis Cloete Chris de Beer Tiaan de Jager Naomi Eloff Joukje Geertsema Paul Grobler Annalie Grove Idillette Hartman Pieter en Joëlna Heslinga Wessel Herbst Fanus Heystek Hanneke Joubert Johan Kooij Bingle Kruger Erna Kruger Jana Kruger Rika Kruger Erika Schulze An van der Merwe Fanie van der Schyff Sanlie van der Walt Kobie Venter Lucy Venter Niek Wiechers
Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Duxburyweg 174 Hillcrest, Pretoria Tel. 012 362 0069 kantoor@gkbrooklyn.org.za
Hart en Hand wil ’n band wees tussen gelowiges om mekaar te bind en te sterk in die geloof, hoop en liefde. Die Here eis van ons liefde en ons gee dit en doen dit in Christus. Ook aan ons naaste gee ons hart en hand om Hom lief te hê soos onsself” (’n aanhaling uit die Hart en Hand van 16 Januarie 1972). Met die samesmelting van ons gemeentes, Pretoria-Oos, Pretoria-Sunnyside en PretoriaBrooklyn, in November 2003 is daar besluit om die naam Hart & Hand vir Brooklyn se (gesamentlike) nuusbrief te gebruik.
OORSIG …BB 3
’N VOL 2014 JAAR ...
Dit is diep gesprekke wat my persoonlik telkens laat besef dat dit nie ons kerk is nie, maar Christus s’n en dat Hy met ons op pad is.
Fanie van der Schyff ’ n Projek wat spesiale vermelding verdien, is die stigting van DOCENDA. Dit is ‘n inisiatief van Gereformeerde sakemanne wat in samewerking met die Teologiese Skool Potchefstroom werk om deur middel van die sogenaamde‘witbordtegnologie’ studente in teologie op te lei by verskillende leersentrums buite Potchefstroom. Ek is betrokke by die ontwikkeling en koördinering van fasiliteerders om lesse wat deur die ‘witbordtegnologie’ aangebied word, te fasiliteer. Die jaar 2104 was ‘n vol jaar in Brooklyn – ‘n Godgeseënde jaar ten spyte van menslike tekortkomings. Mag elkeen van ons in hierdie gemeente van ons Here ook in 2015 voluit vir Hom leef. Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge, aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid.
Die 2014-jaarprogram is reeds in 2013 gebore. Dit was ’n moeilike geboorte om al die gemeenteaktiwiteite vir hierdie jaar in te pas. Brooklyn is ’n uiters diverse gemeente met lidmate wat verspreid oor die hele Pretoria, Midrand en Marble Hall woon en as mens aan al die studente dink, dan is hier lidmate van regoor die land en Namibië. Ons lidmate werk die wêreld vol: Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, in die noorde van Afrika tot aan die uithoeke van die wêreld. Om vir so ’n diverse gemeente datums vas te tel, verg baie fyn beplanning. Die jaar 2014 was ’n jaar van hoogte- en laagtepunte. Nege lidmate het ons ontval, talle moes deur swaar beproewings gaan. Aan die ander kant is daar vanjaar tot op hede vyf babatjies gedoop, 95 lidmate het by Brooklyn aangesluit en ten minste 20 medewerkers het begin om aktief in die netwerkbediening binne die gemeente medegelowiges te begin bedien.
maklik nie! Brooklyn was etlike jare lank besig met kerkplanting in Sunnyside. Gedurende 2014 is New Life City Church as selfstandige multikulturele Gereformeerde Kerk van Brooklyn losgemaak. Derrick Mashau, wat leraar van Brooklyn was met die spesifieke roeping van kerkplanting, is as eerste predikant van New Life City Church bevestig. Dit was ’n wonderlike hoogtepunt van vanjaar. Ondertussen het Troyestraat ook radikale verwikkelings ondergaan. Afrikaanse eredienste in die Troyestraat-kerkgebou het geskuif na die Araratsaal aan die oorkant van die kerkgebou in die kompleks van die Residentiastigting. Die kerkgebou in Troyestraat is daarna tot beskikking gestel vir die vestiging van ’n Vendasprekende gemeente. So is ’n leë kerkgebou weer deur ons Here gevul met gelowiges wat Hom in ’n ander taal en kultuur as Afrikaans aanbid. Alle eer aan Hom.
As ek enkele hoogtepunte kan uitlig, is die eerste dié van ’n subkommissie van die strategiese kommissie wat al ’n geruime tydjie besig is om te worstel met antwoorde op die vraag waarheen Christus met hierdie gemeente op pad is. Dit is diep gesprekke wat my persoonlik telkens laat besef dat dit nie ons kerk is nie, maar Christus s’n en dat Hy met ons op pad is. Vanuit die klankkamer is alles ook in gereedheid gebring vir live streaming van Sondag-eredienste op lidmate se rekenaars tuis, op vakansie of oorsee. Brooklyn is vanjaar ook as die nuwe korresponderende kerkraad van die Klassis Oostelike Pretoria aangewys en Rentia het vanuit die kerkkantoor in Oktober haar eerste administratiewe vuurdoop in hierdie verband met vlieënde vaandels geslaag.
Die kerkraad van Brooklyn is tans besig om met twee ander gemeentes kragte saam te snoer om die Gereformeerde Kerk Mamelodi-Wes by te staan om geriewe aan te bou en om hul bediening daar te versterk. Vanuit die klassis is daar tans ook samesprekings om in die oostelike deel van Pretoria gesamentlik te poog om as Gereformeerde Kerke in die breër samelewing diensbaar te wees. Daar is ook onlangs begin met samesprekings om interdenominaal op die UP-kampus ’n multikulturele Engelse gereformeerde (kleinletters!) gemeente te begin. Ons het ’n besliste roeping binne ons gemeenskap: die oes is groot, maar die arbeiders min ... Op persoonlike vlak was ek vanjaar ook betrokke by die stigting van die Hoërskool Menlopark se bedieningsforum. Dit is ’n interdenominale forum van jeugleiers wat deskundiges in die skool bystaan met berading van kinders in nood en met geestelike advies. Dit is ’n groot genade dat ons Here deure oopmaak in skole terwyl daar ’n kreet is om skole vir die Christelike godsdiens te sluit! Ek is ook al etlike jare lank deel van die deputate vir TOIBO (Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys) en dien ook in die beheerliggaam van die Transoranje Skool vir Dowes in Pretoria-Wes. Die projek van ons diakonie vroeër vanjaar om uit die gemeente liggies vir die skool in te samel vir gebruik ten tye van kragonderbrekings is met groot dankbaarheid deur hierdie skool ontvang.
Die bedieningspan het gedurende 2014 verander. Griffel en sy gesin is in die middel van die jaar deur ons Here van hier in die Jakarandastad na Vanderbijlpark gestuur. Vir ’n kort rukkie was daar ’n verdwaasdheid onder ’n groep lidmate totdat ons Here vir Chris saam met sy vrou, Geertje, en hul kinders, Gene en Christiaan, hierheen gestuur het met ’n spesifieke gerigtheid op die bediening van die jonger segment van die gemeente. Ondertussen het Paul Grobler ook tot die ‘formele bediening’ in Brooklyn toegetree. Hy is as ‘ebedieningsevangelis’ geroep om spesifiek die ebediening in die gemeente te ontwikkel en diensgroepe in die gemeente toe te rus. Twee vaar beter as een, ’n driedubbele tou breek nie
BB 4…VOORUITSIGTE
NUUT
E-BEDIENING
Om te verleng en te versnel: T“Sekere afleidings word baie vinnig gemaak.” http://live.gkbrooklyn.org.za/ https://www.facebook.com/GKBrooklyn
Wanneer ons die woord e-bediening gebruik, word daar baie vinnig sekere afleidings gemaak oor wat dit is en wat dit nie is nie. In ons gemeente het ons hierdie vraagstuk begin aanpak deur na verskillende maniere te kyk waarop elektroniese media binne en buite die gemeente gebruik kan word. Vinnig is daar vasgeloop in opvattings dat dit ’n vervanger van sekere bedienings kan wees, maar dit is egter ’n baie gevaarlike manier om digitale media te gebruik. Wat ons wel besef het, is dat e-bediening twee fokuspunte het, naamlik verleng en versnel. Kom ons kyk na hierdie twee fokuspunte om te verstaan wat e-bediening hier in Paul Grobler Brooklyn kan doen. Verleng en versnel is twee woorde wat nie baie gehoor word wanneer daar oor tegnologie gepraat word nie, maar ek glo dit is die twee woorde wat die funksie van tegnologie die beste raakvat. Dit is daarom ook die twee woorde wat die funksie van e-bediening binne die gemeente die beste beskryf. Tegnologie of digitale media verleng die invloed van bestaande bedienings en dit versnel weer ander bedienings. Wat dit nie moet doen nie is om enige bediening te probeer vervang. E-bediening kan dus nie gesien word as ’n plaasvervanger vir enige verhouding of bediening of diensgroep nie.
Hoe verleng dit die bestaande invloed van enige bediening?
E-bediening kyk na wat reeds in die gemeente gebeur en vra hoe ons die invloed hiervan beter kan maak en dit via digitale media by meer mense kan kry. Neem as voorbeeld Sondae se preke. In die gemeente was dit die predikant se verantwoordelikheid om hard genoeg te praat sodat almal kan hoor. Dit is nie altyd moontlik nie, aangesien dit soms nodig is om sag te praat om ’n punt te maak of om nie die predikant se stem te ooreis nie. Ons het deur die jare klankstelsels in die kerkgebou geïnstalleer en in die afgelope jaar is dit verder ingestel en aangepas sodat die preek orals in die kerkgebou gehoor kan word. Ons het letterlik met ’n meettoestel geloop en op verskeie plekke die desibels gemeet. Verder is die klank van die musiekinstrumente ook belangrik en die meng van die klank het ook prioriteit gekry. Om die invloed van die musiek en die prediking te verleng is die preke op CD’s bekend gestel en later as mp3’s beskikbaar gestel om afgelaai te word via die gemeente se webblad of ’n skakel. Sodoende kan meer mense die boodskappe hoor en daardeur in hul geloof groei. Die gebruik van die borde om die sang en die preke by te staan, is ook ’n voorbeeld hiervan. Agter die skerms word daar gereeld gekyk na die doeltreffendste manier om die beeld te vertoon en watter kleure en lettergrootte gebruik moet word. Meer onlangs het ons ook daarna begin kyk om die eredienste regstreeks uit te saai via die internet om sodoende die invloed van die bestaande bediening te verleng. Dit is nie ’n maklike taak nie, maar die moeite werd. Daar kan tans met elke preek ingeskakel word by live.gkbrooklyn.org.za om die regstreekse uitsending via Youtube te kyk. Verskillende fases word beplan waarvan ons reeds die klank en die skyfies, soos tans tydens die diens op die projektors vertoon word, uitsaai. In 2015 word beplan om video by te sit en beter kwaliteit klank. Daarna sal daar na verskeie videokanale gekyk word om die invloed van die eredienste te versterk. Hierdie is net ’n voorbeeld van hoe e-bediening die huidige bediening bystaan en die invloed verleng.
Hoe versnel dit bestaande bedienings?
As daar gedink word aan toerusting in die gemeente kan die vraag gevra word: Hoe kan die gemeente met digitale media die invloed daarvan versnel? ’n Manier waarna gekyk word, is om toerustingsgeleenthede via video-aanbiedings (soos Google Hangout) aan te bied. Dit sal maak dat gemeentelede die toerusting wat aangebied word in sy of haar eie studeerkamer of huis kan bywoon en daarmee kan groei in hul geloof. Verder versnel die gebruik van sosiale media soos Facebook en Twitter die vloei van inligting en kan mense vinniger hoor en betrokke raak by bestaande groepe of bedienings. Brooklyn-gemeente se Facebook-blad (https://www.facebook.com/GKBrooklyn) bereik op die oomblik direk meer as 560 mense en soms indirek meer as 1 000 mense met nuus oor die gemeente. Die samestelling van hierdie groep mense word in die grafika aangetoon..
The people who like your page Dit is duidelik dat die invloed van die bestaande bedienings deur die gebruik van sosiale media versnel en verleng word om die ouderdomsgroep van 18-35 te bereik.
Wat word beplan vir 2015 en verder? Saam met verskeie groepe soos die mediaspan wat elke Sondag pligsgetrou tydens die eredienste werk, gaan Brooklyn-gemeente meer en meer blootgestel word aan die invloed van digitale media. Soos reeds genoem, gaan die regstreekse uitsending van die eredienste baie aandag geniet. Daar word ook beplan om toerustingsmateriaal via verskillende media soos video beskikbaar te stel. ’n Nuwe webblad word beplan om as sentrale plek van inligting te dien. Verder gaan meer mense betrek word om sosiale media te kan gebruik om verhoudings te bou met mense naby en ver. Mag die invloed van die bediening van die Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn naby en ver versnel en verleng word deur e-bediening tot aan die eindhoeke van die aarde. Mag ons as gemeente God daarmee eer, mekaar daarmee dien en dissipels van Jesus maak van almal wat die Here vir ons stuur.
https://twitter.com/GKBrooklyn; http://4sq.com/5uR9dP; https://www.youtube.com/gkbrooklyn; https://plus.google.com/103589112085300230052
SAMEWERKING …BB5
Alleen, maar nie eensaam nie Menige pouse het ek hom sien staan met sy kosblik – staan, nie sit nie - so lomperig aan die rond trap terwyl hy sy broodjie kou. “Sou hy iets makeer? Waar’s sy maats? Dat so ’n valerige kind nou so ’n mooi sussie moet hê” ... alles gedagtes wat vlietend by my opkom, terwyl ek my personeelkamer toe haas vir ’n welkome koppie tee. En só begin 2014 toe ... nuwe jaar ... nuwe kinders ... nuwe lesse ... Die nuwe gr. 10-klassie stap by my klas in en ek laat hulle summier alfabeties sit. Hy kom so ’n minuut of twee laat - die kosblikman ...”Jammer, Juffrou!” Ek gee my eerstedagverwelkomingsboodskap en deel papiere uit ... ”sodat ek julle beter kan leer ken”. Vul asseblief in … Jou sel, jou ma s’n, jou pa s’n ... wat jy verlede jaar vir Wiskunde gekry het en jou mikpunt dié jaar ... ook waarom daar ’n verbetering gaan wees en laastens iets oor jouself. Ná skool laat ek my oog val op die nuwe data wat ek ingesamel het. Ek blaai-blaai deur die papiertjies en ek stop by kosblikman s’n ... Hy weet nie wat hy verlede jaar gekry het nie, maar vanjaar is 80% die mikpunt, want sy omstandigdhede (soos benodigdhede gespel) is beter. En dan ... iets oor homself ... ”Ek is lief vir mense en vir God” onomwonde oortuig, opreg! Wat ’n getuienis!
Ester Cloete
GROEIENDE GROEI GEES
ENDE
van samewerking by Troyestraat-bedieningsentrum
Fanus en Susan Heystek Vroeër is daar twee oggenddienste gehou die eerste om 09:00 in die kapel van Karmel en daarna om 10:00 in ons kerkgebou. Met die omskepping van Nebohof tot studenteverblyf moes die eetsaal van Nebohof hervestig word in die kapel. Daar was meteens nie meer geriewe by Residentia beskikbaar wat vir eredienste gebruik kon word nie. Aanvanklik is almal oor die baie besige straat geneem – ook diegene in rystoele. Weerstand het uit verskeie oorde opgebou en Residentia Sunnyside was genoodsaak om ’n nuwe gerief te skep. Teen Julie 2014 was die saaltjie gereed en kon die bedeling van verdeeldheid met die twee eredienste uitgefaseer word. Nou kon man en vrou (een in ’n rystoel) langs mekaar sit in een gesamentlike erediens. By Kronendal in Pretoriusstraat staan daar ook ’n kerkgebou (NG) oorkant die straat, maar die erediens word vir al die inwoners in hul groot sitkamer aangebied. Almal van alle kerke kan dit nou bywoon, want dit is hul sitkamer of saaltjie. Elkeen behoort nog aan sy eie kerk of gemeente, maar die samebindende faktor is Christus, ons almal se Here en Koning. Dit was ’n stap tot voordeel van almal. Die eredienste word nou aansienlik beter bygewoon en ’n gees van samewerking is aan die groei. Die Sondagaand-eredienste asook die Woensdag-oordenkings en Bybelstudie is ook tot almal se voordeel na die saal verskuif. Maar wat gaan nou van die kerkgebou word?
Daar is selfs aan verkoop gedink. Die Here het egter voorsien dat hierdie pragtige gebou vir die evangelie behoue bly. Nog voordat daar begin is om die vertrek by Residentia groter te maak, kry ons ’n noodoproep van ’n Gereformeerde gemeente, die Light Reform Community Church (LRCC), wat al jare rondswerf op soek na ’n vaste adres. Hierdie geseënde gemeente, met dr Ramatswana as leraar, het groot geesdrif en planne vir die uitdra van die evangelie in die stad. Die droom van die kerkraad van Brooklyn om gemeentes te plant soos by Reitzstraat of te help soos by Troyestraat het hiermee werklikheid geword, onder die genadige hand van God. Brooklyn het sonder aarseling die gebou gratis beskikbaar gestel. Die LRCC is slegs verantwoordelik vir onderhoud, munisipale rekening en weeklikse versorging van die gebou met sy tuine. Vir ons is die kerkgebou steeds ’n bruikbare fasiliteit. Die konsistorie is pas gebruik vir die susters se klereverkoping asook ons geslaagde pannekoekdag. Ons mag ook steeds die gebou benut vir begrafnisse en feesvierings, soos met Kerstyd. Wie weet waarvoor die Here die gebou nog verder gaan gebruik? Die gebou is immers die eiendom van sy Seun en Hy kan daarmee doen soos dit Hom behaag. Ons is net te dankbaar dat ons mag deel in die gawes van die Heilige Gees wat ons ryklik geskenk word in Christus Jesus, onse Here.
BB 6…BYBELBANK
WOORD ENDE
DIE WOORD VAN DIE HERE word in Zimbabwe gehoor en versprei
God is orals en word nie gebind nie
Pieter en Joëlna Heslinga Die afgelope jare doen ons een of ander Afrikatrippie saam met vriende. Dis lekker om saam met vriende te gaan. Dit het ook groot voordele vanuit ’n veiligheidsoogpunt en gewoonlik is ons so vyf of ses pare wat in 4x4’s gaan. Ons het by ander vriende aangesteek en neem deesdae ’n aantal Bybels saam om oordeelkundig uit te deel. Ronel en Pieter Stronkhorst doen wonderlike werk in ons gemeente in hierdie verband. Ek koop ’n aantal Bybels by hulle vir vanjaar se trippie in Augustus na Zimbabwe. Maar eers sou ons ’n bietjie in ou Vendaland vir ’n paar dae rondry. Met die hulp van ’n gids besoek ons wonderlike plekke, onder meer die Modjadjibroodboomwoud, die Reënkoninginwoud waar mens nie sonder permit mag kom nie en ook nie betree nie, die Baleni-kultuurdorpie op die oewers van die Klein Letabarivier en Fundudzi, ’n kulturele dorp waar ons hoog in die berge slaap. Ons slaap in tradisionele hutte met lae deurkosyne, geen vensters en geen elektrisiteit nie. Venda-vroue dra vir ons water aan om mee te kook en te was. Langs die pad sien ons ’n bordjie – Siloam-sendingstasie. Ons kry geleentheid om met die plaaslike bevolking te meng en hier en daar ’n Bybel uit te deel. Hul gesigte straal van blydskap. Ons neem foto’s. Hierna steek ons die grens oor by Beitbrug, daar is nuwe reëlings by die grensposte en ons is vinnig deur. Ons sou die Gonarezhou,
Chimanimani, Vumba en Nyanga Nasionale Parke besoek. Ons is lief vir mense, die natuur, die diere, die voëls, maar bo alles kinders van God. Soos wat ons aanbeweeg, gee ons ’n Bybel waar ons kan - ag, maar ons het heeltmal te min! By Masvingo besoek ons die groot Zimbabweruïnes en ry om die Kyle-dam. Ons ontmoet ’n swart seun wat krale en armbande verkoop. Hy maak geld bymekaar om in Suid-Afrika te gaan studeer. Hy gee my sy selfoonnommer - hy kry ’n Bybel. Hoe wonderlik! Ronel Stronkhorst het aanbeveel dat ons ook ’n paar Kinderbybels saamneem. By Nyanga vra ek ’n vrou of sy kinders het, sy sê ja. Ek gee ’n Kinderbybel om vir haar kinders te lees en te vertel. “Watwou,” sê sy, “dis net so goed vir my!” By Chimanimani kamp ons hoog in die berge by ’n plek met die naam Bridal Falls. Dit is Sondag. ’n Groep jong swartmense het ’n kerkkamp daar. Later die oggend kom hulle vir ons sing – met oorgawe – hulle loof die Here en straal. Ons groepie sing ook vir hulle Psalm 146: Prys die Here. Ons gee vir die groepleier ’n Bybel. Wat ’n ongelooflike ervaring in die vreemde – God is orals en word nie gebind nie, ons beleef ware Sabbatseën. Ons sit ons reis met vreugde voort. Ons is voorspoedig. Die mense van Zimbabwe praat goeie Engels, hulle is vriendelik, maar so arm. Die kamp- en huisiegeriewe is gedaan, maar skoon en netjies oral waar ons kom. Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Ons het ‘n ongelooflike vakansie gehad - 3 500 km gery. Julle moet ook gaan, dis wonderlik, dis veilig! En ons is dit eens met mekaar – die Woord van die Here word in Zimbabwe gehoor en versprei.
Afskeidsgedagtes Daar was ’n dringendheid in haar stem: "Oupa is op sy laaste ..." ’n Reeds oorvol dag word herbeplan en tydens die middagete-breek jaag ons Centurion toe, ouetehuis toe ... Deur sonnige gange, verby helder gordyne en gesigte met die spore van jare daarop uitgekerf - dan die bekende kamer. Ons aarsel ’n oomblik ... en gaan in. Die eenvoud tref. Net ’n bed, wasbak, stoel en ’n foto ... Ouma glimlaggend, amper winkend vanuit die portretraam. Ander aardse goed is nou sonder waarde. En ons weet - Oupa is in die pylvak. Ons praat saam, onthou, herleef ... hy kon so goed perdry - fier en regop - al die vreugdevolle plaasjare ... Ouma was sy mondstuk, sy sieraad, sy alles ... Nege lang jare moes hy alleen regkom. Behae in die lewe het getaan, maar Goddank, die wenstreep is in sig. Die eens bruingebrande vel is spierwit, donker hare nou ylgrys. Die indringende oë is reeds gesluit vir die hede en die waardige figuur rustend met net nog ’n vlak asemhaling hoorbaar. En plotseling stol die tyd. Dis asof ’n atmosfeer verhewe bo aardse gejaag die kamer vul. Vir oulaas streel ons oor die voorkop, druk die nog warm hand. ’n Still gebed: "Here, moet nie laat hy verder ly nie - kom neem hom, hy's gereed." Ons groet met vol gemoed. Die dag se drukte vervaag ... Die dieper dimensie van lewe en sterwe laat ons opnuut klein voel. Ons vergeet so maklik van die eintlike bestemming in die gewoel van elke week. "Here, vergeef ons ..." In die geseënde ouderdom van 88 jaar sterf Oupa teen skemer. ’n Voorbeeld vir sy nasate in handel en wandel, maar bowenal in onwrikbare geloof in God Almagtig.
Pieter Heslinga ontvang wenke van Pieter Stronkhorst vir Bybelverspreiding in Afrika
Ester Cloete namens 14 kleinkinders en 7 agterkleinkinders
KLEINGROEPE …BB 7
ONS MOOT KLEINGROEP hier in die Moot-omgewing
Kobie Venter
Vreugde met Lentedag Wat ’n vreugde om “bejaard” genoem te word! Wat ’n genade om “bejaard” te k n word! In jonkheidsjare wens ons om lank te mag leef – Om te groei, leer, doen en onbewus te streef – Deur te speel, werk en voluit ons gawes te geef! Nou weet ons oudwees is soms swaar en moeilik; Is die mooi en die vrug van ondervinding verfoeilik? Néé, dis kosbaar, dis wysheid, geloof en liefde! Kom daar ’n dag soos hierdie vir aansit en geniet, Weet ons dis Agapé wat soveel wysheid bied! Bejaardes kan gawes van diens erken en waardeer: Dankie vir die moeite, ons sien julle DV weer!
An van der Merwe
Ons kleingroep, wat sedert 2008 hier in die Moot bestaan, is Jaco en Elfrieda, Joe en Janneke (wat eersdaags na Oos-Londen vertrek), Anina en Gerhard, Chris en Ina, Pieter en Leonie (wat elke keer van anderkant die berg ry), Marthinus (die plaaslike ouderling) en Marie, Matthys en Annie, asook Marlise en Kobie, wat die enkel-gereformeerdes verteenwoordig. Ons kleingroep kom op ’n weeklikse basis, Donderdagaande, by iemand se huis bymekaar of as een van ons ’n nuwe lapa of afdak by die huis aangebou het, natuurlik in die nuut aangeboude lapa of onder die nuwe afdak. Dit is nou as daar nie ander noodsaaklike verpligtinge is soos byvoorbeeld kinders wat eksamen skryf, oueraande of familie en vriende wat van ver af kom kuier wat ons weghou nie. Ons is een groot geloofsfamilie en ons mis nie maklik ’n kleingroepbyeenkoms nie. Die kleingroep se ouderdomme wissel van middel-40 tot anderkant 50 en die meeste van ons kleingroeplede is getroud en het kinders op skool of universiteit en party lede se kinders is al getroud, kan julle dit glo! Wat die verwantskappe betref, het ons twee lede in die kleingroep wat familie is - twee susters, naamlik Elfrieda en Ina, wat amper na mekaar lyk. Pieter en Leonie se seun kuier by Marthinus en Marie se dogter en sover my kennis strek, is hulle ’n ‘item’. Voordat ons met die amptelike Bybelstudie begin, hoor ons vinnig of stadig (hang af van hoeveel daar is om te vertel) hoe dit met elkeen gaan en ruil ons ’n paar gebeure en gedagtes en frustrasies sedert die vorige kleingroepbyeenkoms uit. Dit kan wissel van studente, skoolen kerkaktiwiteite, vliegavonture en die aanhou van broodbome. Elfrieda bring ons tydens hierdie geleentheid ook op hoogte van Agapé se volgende aktiwiteite – ’n mens moet weet wat op sosiale vlak in die gemeente aangaan. ’n Deelnemende bespreking van sowat een uur volg van saam Bybel lees, vrae vra, saam dink en praat, praktiese gebeurtenisse en ervarings deel en onduidelikhede opklaar saam met die wyse manne en vroue in die kleingroep. Daar is selfs geleentheid om met mekaar te redeneer
en van mekaar te verskil. Selfs die getroudes stry met mekaar! Maar gelukkig het daar nog nooit iets gebreek of mense seergekry nie, waarvoor ons dankbaar is. Elkeen kry die geleentheid om te sê wat hy of sy op die hart het oor die Bybelgedeelte of enige ander gedeelte wat ons behandel het. Daar is nie ’n ding soos ’n verkeerde of regte antwoord nie. Met al die insigte van my medekleingroeplede is die kanse om af te dwaal van die waarheid van die Bybel baie skraal en as ons afgedwaal het, kom ons weer terug op die paadjie. Wat meer is, dit is vir my ’n heerlike vrugbare tyd rondom die Bybel saam met my geloofsfamilie. Net soos gewone lidmate stry ek en die mense in my kleingroep ook teen die sondes en gebeur daar terugslae en minder aangename dinge ook met ons kleingroep se mense en hul familie en vriende, wat ’n ernstige impak ook op ons lewens kan hê. Ek het saam met my kleingroeplede op ’n gereelde grondslag die vrymoedigheid om met mekaar die vreugdes en hartseer van die lewe te deel, advies te vra en selfs daaroor saam te bid. Ons is bevoorreg om Marie in ons groep te hê, want sy kan ons begelei met haar kitaar. As die geleentheid hom voordoen, sing ons heerlik Psalms en ander geestelike liedjies saam. Die kleingroepbyeenkoms word afgesluit met tee en koffie en heerlike verversings soos pepermenttert, kolwyntjies en vrugteslaai met roomys wat deur die vroue in die kleingroep voorgesit word. Hier gaan ek nou niemand uitsonder nie want anders is ek in die moeilikheid. Ek sê sommer hier baie dankie daarvoor. Tydens hierdie teedrinksessies word daar heerlik gekuier tot die volgende kleingroepbyeenkoms. Ek dink dit is wat eintlik met die “gemeenskap van die gelowiges” bedoel word. Dit is regtig lekker om jou kleingroeplede by die kerk of iewers raak te loop en te weet jy het ’n baie spesiale verhouding met elkeen van hulle mense wat jou ken en opreg vir jou omgee en saam met jou op pad is met God. As jy ook so ’n verhoudingsgedrewe geloofsfamiliegeleentheid met ’n kleingroep in Brooklyn wil beleef, begin sommer self ’n kleingroep in jou omgewing of by die kerk. As ’n eerstejaarstudent van die platteland af ’n kleingroepie in haar koshuiskamer kan begin, kan jy mos ook? As julle nou begin, kan julle die nuwe jaar sommer lekker afskop!
BB8…OUD EN JONK
PLUSSERS 60 KRAG TOT KRAG “It was a happening”
Niek Wiechers Sowat 10 jaar gelede het Erna Kruger my oorreed dat daar in ons gemeente ’n behoefte bestaan vir ’n groep waar ouer persone bymekaar kan kom en gesellig verkeer. So het die Sestigplussers dan ontstaan. Daar was geen stigtingsvergadering nie. Dit het net gebeur – soos die Engelse sê: “It was a happening”. Ons het geen ledelyste, notules of verkiesing van ampsdraers nie - ons bestaan net. Ons enigste agenda is ’n gemoedelike samesyn. Hieronder volg ’n paar los gedagtes oor die laaste 10 jaar se bedrywighede: Ons vergader die vierde Donderdag van elke maand (uitgesonder Desember). Ons het dus al meer as 100 byeenkomste gehad sedert ons bestaan. Ons het al heelwat gedenkwaardighede besoek, soos die Lugvaartmuseum, die Van Wouw-huis, die Smuts-huis en die Sammy Marks-museum. Ons het ook saam met lidmate van ander gemeentes ’n besoek afgelê aan die Vrystaat, waar ons onder meer die Kgatse-dam besoek het. Verder is daar ook besoek afgelê by die Angora-haseplaas en die Blikplek, waar ’n groot hoeveelheid geroeste blikke en ander interessante skroot-voorwerpe verkoop word. Ons het heelwat kunsuitstallilngs besoek. Frieda Sonnekus het dan alles vir ons leke verduidelik. Haar kennis en insig, gekombineer met ’n interessante verteltrant en sin vir humor, het dit ’n loutere genot gemaak om na haar te luister. Heelwat bekendes het by ons opgetree soos Marinus Wiechers, Kees van Dijkhorst, Louw Alberts, asook Carel Trichardt en Petru Wessels. Ek moes self noodgedwonge ’n paar keer optree, onder meer met temas soos “Niks” en “Spreekwoorde”. ’n Interessante voorbeeld
Kleuterkerk en kinderkerk Annalie Grove
...EN DIE JONGER AS SESTIG HOU DINEE EN LEER MEKAAR BETER KEN
van “Niks” was John Cage se komposisie 4’ 33” waar ’n pianis, in aanddrag geklee, 4 minuute en 33 sekondes lank doodstil voor ’n klavier moet sit. Martin Gardner sê hieroor: “I’ve not heard 4’ 33” performed, but friends who have, tell me that it is Cage’s finest composition.” In “Spreekwoorde” is spreekwoorde soos “so waar as padda manel dra”, “die koeël is deur die kerk” en “gekkeparadys” bespreek, om te bepaal waar dit vandaan kom – dus die etimologiese herkoms van die uitdrukkings. Saam met sprekers wat soms hul praatjies deur video’s toegelig het, het ons interessante lande besoek. Onder meer was ons op hierdie manier in Rusland, Indië, Ierland, Australië, die Kaaimanseilande en Saoedi-Arabië. Kees van Dijkhorst se reis deur Afrika was ’n absolute juweel. In vakansiemaande het ons koffieplekke soos Grenadine en Paradiso, nou net ’n herinnering, besoek. Juliemaand is gewoonlik pannekoekmaand by Harries Pancakes. Dan word daar kopstukke gepraat. Geen probleem is te groot of te klein om te bespreek nie – hoewel geen probleem ooit daar opgelos word nie. Ons vergader normaalweg in die moederskamer. Ons het egter deur die jare dikwels die gasvryheid van die Harms, die Sonnekusse, die Scheeperse, die De Buy’s, die Bosuas en die Krugers ervaar. Hulle het ons altyd hartlik in hul huise ontvang. Daarvoor wil ek hulle almal graag opreg bedank. Deur die jare is heelwat van ons lede oorlede. Ek dink byvoorbeeld in deernis terug aan mense soos Kobus Coetzer, Coert van der Walt en Nettie Bekker. Die entoesiasme waarmee die lede die byeenkomste bywoon, is ’n riem onder die hart. Dit beloof ’n groeiende lewenskragtigheid van die Sestigplussers. Ek is altyd bly as nuwe lede by ons aansluit en hoop dat die Sestigplussers steeds van krag tot krag sal groei.
Wat ’n groot seën in die lewe van elke ouerpaar met jong kinders! Ons is so dankbaar as dominee op ’n Sondag aankondig dat al die kleintjies na hul onderskeie punte toe moet gaan. Ouers kan dan rustig agteroor sit en die erediens met oorgawe geniet en inneem. Maar wie sit agter hierdie ‘besig hou’ van die kleintjies? En ‘besig hou’ is dit beslis ook nie. Op hul vlak word die Woord ook aan elkeen van hierdie klein mensies tuisgebring. Ons groot dank gaan aan Jolandi Lategan by die kleuterkerk en die vroue wat haar uithelp indien nodig; ook Marga Koelman, Anmarie van der Walt en Annelize by die kinderkerk. Hierdie mense verrig wonderlike werk. Elke Sondag moet hulle ’n les voorberei en ons besef maar al te goed hoe bederf ons is om so ’n diensgroep by ons kerk te hê. Baie dankie, ons almal waardeer julle opreg!
AGAPÉ …BB 9
Bybelvasvra op die jaarlikse Agapéuitreik Een van die hoogtepunte - en daar is baie - op Brooklyn se jaarkalender is Agapé se uitreik na die vroulike lidmate van New Life City Church, die Gereformeerde Kerke van Atteridgeville en Mamelodi en natuurlik ons eie lidmate. So ’n oggend bestaan uit heerlike musiek van New Life, gesellige kenmekaar met allerlei speletjies, lekker informeel kuier en verversings geskik vir ’n koning. Een deel van die program vanjaar was ’n Bybelvasvra, wat Soekie Kruger opgestel het. (Ons Bybelkennis was toe nie so goed as wat ons gedink het nie - niemand kon eens volpunte behaal nie!) Hier volg die vasvra in geheel. Kyk hoe vaar jy ... 1. Wie was die oudste seun van Adam en Eva: Set, Kain, Abel of Enog? 2. Wie het op die baba Moses afgekom waar hy in die water gedryf het: Miriam, sy moeder, Maria of die Farao se dogter? 3. Watter besering het Jakob opgedoen ná sy stryd met die Here: sy skouer, knie, kop of heup? 4. Wat was die eerste voël wat Noag uit die ark gestuur het: duif, raaf, mossie of arend? 5. Van watter stad was Nebukadneser koning: Rome, Jerusalem, Babilon of Londen? 6. Wat het Dawid gebruik om Goliat mee dood te maak: swaard, spies, geweer of klip? 7. Waar is Jesus gebore: Nasaret, Betlehem, Jerusalem of Jerigo? 8. Op watter plek het Jesus grootgeword: Nasaret, Betlehem, Jerusalem of Jerigo? 9. Wat het God gesê toe Jesus gedoop is: "Dit is my ... seun. Oor Hom verheug Ek my (Matteus 3:17): oudste, enigste of geliefde? 10. Wat moet ons doen om Jesus te volg: verloën (deny) jouself, neem jou kruis op, volg Jesus of al drie?
AGAPÉ
SELFOPOFFERENDE LIEFDE E
Erna Kruger Namens Agapé-diensgroep
Bybelvasvra 11-20 11. Watter saadjie is die kleinste, maar word die grootste plant of boom: komyn, appelsaad, grassaad of mosterdsaad? 12. Met hoeveel brode het die Here die menigte gevoed: 2, 4, 5 of 7? 13.Wat het met Jesus gebeur toe Hy Jakobus, Petrus en Johannes hoog op die berg geneem het: Hy is verheerlik, Hy het opgevaar na die hemel of Hy het gebid? 14. Hoe moet ons word om die koninkryk van die hemel in te gaan: soos die dissipels, Johannes die Doper, die vrou by die put of die kinders? 15. Wie het vir Jesus gevra om sy eerste wonderwerk te doen: Petrus, Johannes, Josef of sy moeder? 16. Wie, het Jesus gesê, sal die dissipels herinner aan alles wat hy gesê het nadat hy opgevaar het na die hemel: Paulus, Petrus, Maria of die Heilige Gees? 17. Saulus van Tarsus was die leier van die woedende skare wat Stefanus wou doodmaak. Op watter manier het dit gebeur: doodgetrap, gestenig of opgehang? 18. Vir wie het Jesus genees van sewe duiwels: Elisabet, Ester, Maria Magadalena of Johanna? 19. Watter ‘siekte’ het Paulus getref op pad na Damaskus: doofheid, lamheid, blindheid of epilepsie? 20. Hoeveel boeke is daar in die Bybel: 55, 42, 75 of 66?
Hoe het jy gevaar? Lees ook vroue in die SELF Bybel op bladsy 18 in hierdie uitgawe van
Brooklyn Brokkies
Agapé se voetspore strek ver en wyd, onder meer op die volgende plekke: weeklikse betrokkenheid by New Life City Church se vinnig groeiende kleuterskool; administrasie van die kosbank (bevrore geregte) aan lidmate waar nodig; weeklikse bediening van koffie en tee aan lidmate ná die oggenddiens; weeklikse organisasie van spensen kombuisvoorraad; maandelikse beplanningsvergaderings en gesellige saam-eet; maandelikse bymekaarkom van Groep-sondernaam vir stokperdjies en saamkuier; voorsiening van nagereg met nagmaaletes; organisering van kwartaallikse verjaarsdagtees; formele verwelkoming van nuwe lidmate; diverse hulp by die Biltongfees; organisering van die Kerrie-en-sjerrie-aand; organisering van die jaarlikse uitreikfunksie na New Life City Church en Gereformeerde gemeentes van Mamelodi en Atteridgeville; organisering van die jaarlikse Lentetee vir senior lidmate; reëlings vir die ontvangs en afskeid van predikante; organisering van die Pasga-ete voor Paasnaweek; voorsiening van tee vir lidmate ná aflegging van belydenis van geloof; en laaste, maar nie die minste nie, Agapé sorg vir liggaamlike verkwikking nadat die gemeente geestelik verkwik is met die Kersprogram. Die woord agapé beteken SELF-OPOFFERENDE LIEFDE: Die ander persoon of saak staan in die middelpunt. Dit is ook die ideaal van die Agapé-diensgroep!
BB10… MENSE
MENSE OOT Marietjie de Klerk: blywende erfenis
SAAM OP PAD MET GOD
Pretoria-Brooklyn, doen en late, lief en leed
Bron: De Klerk, B. 2012. Ons oudste emeritus-weduwee. Die Gereformeerde Vroueblad, (Aug):16-17 (verkort en bygewerk deur Lidia de Wet).
Marietjie de Klerk op 15 Februarie vanjaar, drie dae voor haar 96ste verjaarsdag
Toe ‘n baba die dood uitgelag het... Fanie van der Schyff In ons gemeente gebeur baie dinge onder die radarskerms. Een daarvan is dat die tegniese span van die klankkamer besig is om livestreaming te ontwikkel, wat beteken dat jy vir die erediens op jou rekenaar kan inskakel ongeag waar jy is, solank daar net ’n internetsein is. Op Sondag 28 September was ek met griep (of piep!?) in die bed vasgekluister. Ek het die ‘verleentheid’ in ‘geleentheid’ omskep en die kans gebruik om via livestreaming in die erediens te deel. Ek het ’n ellelange skakel by Braam gekry en het dit reggekry om op die erediens in te skakel – slegs klank, sonder beeld. Dit was Chris se eerste oggenddiens in hierdie gemeente. Hy het uit 1 Tessalonisense 4:13-18 gepreek met die tema van hoop rondom die dood. Die eerste deel van die preek het gehandel oor die werklikheid van die dood met al die swaar en die seer daarvan. Die tweede deel is ingelei met ’n verwysing na 1 Korintiërs 15:55: “Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?” Chris het nog na die eksegese van die bekende teoloog Spurgeon verwys wat geskryf het dat mens na hierdie oorwinningslied oor die dood sommer kan uitroep: “Na-na-na-na-na (soos wat jy iemand sou koggel). Satan, die sonde en die dood is oorwin!” En toe ... midde-in daardie beklemtoning van oorwinning oor die dood hoor ek uit die stilte van die gemeente die helder gelag van ’n babatjie opklink. Die kleintjie het behoorlik uit sy of haar magie gelag! Dit het my diep aangegryp ... kompleet asof dit ’n bevestiging van die Heilige Gees self is dat die dood inderdaad geen houvas op ons Here se kinders het nie. Ek kan nie dink dat ek daardie oomblik ooit sal vergeet nie ... toe ’n baba die dood uitgelag het …
Marietjie de Klerk, wat op 21 Junie vanjaar in die mooi ouderdom van 96 jaar oorlede is, was die oudste emeritus-weduwee van die Gereformeerde Kerk. Maar sy was ook die moeder van Louis de Klerk, ouderling in ons gemeente, die ouma van Fanie van der Schyff, ons predikant, en die suster van ds Dirkie van der Walt, weermagkapelaan en tot met sy afsterwe lidmaat van ons gemeente. “Die voorbeeld wat Marietjie de Klerk vir haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gestel het en steeds stel, is ’n erfenis wat blywend is. Baie ander gelowiges is deur haar lewe en optrede geraak en dit bly steeds ’n voorreg om haar as deel van die familie en gemeenskap te geniet.” Só skryf prof Ben de Klerk in ’n Vroueblad-artikel in Augustus 2012 oor sy moeder. Sy is as sesde kind van Louis en Lenie van der Walt gebore en het haar vroegste kinderjare op ’n plaas deurgebring. Sy gaan studeer onderwys op Graaff-Reinet waarna sy by plaasskole skoolhou en daarna ’n laerskoolpos op Middelburg in die Kaapprovinsie kry. Hier het sy die predikant van die Gereformeerde Kerk Middelburg, dr Ben de Klerk, ’n wewenaar, ontmoet en in 1944 met hom getrou. Hy het reeds drie kinders, Kosie, Bouie en Mathilda, gehad. (Mathilda was Fanie se moeder.) Drie kinders, Ben, Lenie en Louis, is later uit hierdie huwelik gebore. Die De Klerks was hierna die predikantspaar van Kroonstad en later Bloemfontein, waar Marietjie leiding geneem het met die Sustersvereniging – sy was voorsitter van die Vrystaatse komitee en tesouriere van die uniale komitee. Hulle verhuis na Potchefstroom toe haar eggenoot as professor na die Teologiese Skool beroep is. Hy was egter net ’n jaar daar toe hy aan ’n hartaanval sterf. Hierna begin Marietjie weer skoolhou om vir haar ses kinders te sorg. Hieroor skryf prof Ben de Klerk: “Sy kon met die Here se krag sorg dat haar kinders almal goeie geleerdheid ontvang, wat sy as die grootste genadegeskenk beskou.” Sy was altyd baie lief vir die natuur en vir sport – om self deel te neem én om daarna te kyk. Petra de Klerk, ons voorsitter van die diakonie, vertel dat haar skoonmoeder sportmal was. Sy was ’n groot Blou Bul-ondersteuner – sy het al die spelers se name geken - en het ook graag krieket en tennis op televisie gekyk. Sy het op ’n keer taamlik ontsteld vir Petra vertel dat die ou mense so by haar sit en kuier in Huis Eikelaan in Potchefstroom dat sy byna die Blou Bulle se rugbywedstryd op televisie misgeloop het. “Sy was ’n vrolike en positiewe mens,” vertel Petra oor haar skoonmoeder.
21 Mei 1928 – 19 Aug.2014
MENSE… BB 11
Joe Jagga
Oom Joe: gereelde kerkganger en hoofrolspeler Hanneke Joubert Oom Joe Jagga was ’n ou man toe die Here hom... kom haal het, om presies te wees ses-en-tagtig. Al was hy nie lidmaat van ons kerk nie, het ons hom almal as ons geliefde oom of broer beskou.
Hy het baie jare in die Residentia Stigting gewoon, eers in Nebohof en later in ’n Louis Mansions-woonstel. Hy het ook ’n paar maal ’n draai in Karmel gemaak en uiteindelik het die Here hom daar kom haal. Ek onthou hom as ’n baie flinke man wat altyd hard saamgewerk het met elke geleentheid wat hom voorgedoen het. As daar ’n funksie was, het oom Joe die stoele in die sitkamer reggesit of as ons susters pannekoek gebak het, was hy daar om die geld in te vorder. As daar kleingeld was om terug te gee, het hy sommer vinnig gesê: "Baie dankie vir die donasie" en so is menige klant van hul geldjies ‘beroof’, maar altyd op ’n lughartige manier. Joukje Geertsema het hom haar wyksuster in Nebohof genoem. Wanneer ons konserte gehou het of ’n toneeltjie opgevoer het, was oom Joe altyd in die hoofrol en het ons dikwels geskaterlag oor al sy manewales. Dikwels het hy sy dialoog vergeet en dan sommer sy eie woorde gebruik, soms heeltemal onvanpas, maar omdat ons hier by die aftreeoord oud is, het dit glad nie saak gemaak nie, solank ons net plesier gehad het. Oom Joe het altyd kerk toe gekom, maak nie saak watter denominasie nie. Hy was ’n Jesusmens en nie ’n kerkmens nie (om sy eie woorde te gebruik). Hy kon eindeloos uit sy verlede vertel en baie interessant ook, want sien hy was in sy jongdae die hoofkok by die destydse Boulevard Hotel en hulle het baie Government-funksies gespysenier. Dus het oom Joe al die ministers van ouds en hul gades geken. Dit was juis die gades wat onder die loep gekom het. Nie altyd ewe eervol nie en ons het dikwels gekraak van die lag. Hy was ’n man vol fiemies soos baie van ons inwoners kan vertel en met militêre presiesheid het hy al die inwoners van Nebohof in presisie gehou, wat dan dikwels groot stryd tot gevolg gehad het. Maar altyd is die liewe vrede weer ingestel en kon ons almal weer rustig voortgaan met ons doen en late. Hy was nie ’n gesonde man nie en het dikwels baie pyn verduur weens osteoporose en artritus veral in sy rug. Ten spyte daarvan het hy altyd met alles sy kant gebring, al was hy soms amper heeltemal kromgetrek en het hy dikwels geval, maar wonder bo wonder nooit ’n been in sy lyf gebreek nie. Ek kan nog baie vertel oor al sy dinge, maar Brokkies sal nie alles kan bevat nie. Ons sal hom baie mis, hy het ’n groot gat in ons midde gelaat, maar ons gun hom die rus. Mag sy familie en geliefdes deur ons Heer vertroos word.
Oupa word 90:
Oom Gerhard Oosthuizen soos deur die kunstenaarsoog van sy kleinkind, Diaan Kruger, gesien Oom Gerhard Oosthuizen het in Oktober vanjaar uit die kerkraad getree ná 65 jaar as diaken en ouderling. Hy was net drie maande lank diaken voordat hy ouderling geword het. ’n Deel van hierdie tyd het hy in die kerkrade van vorige gemeentes gedien, maar die laaste paar jaar was hy by ons op sy pos as ouderling.
Twee dogters word gebore Dit is so beskore Gou word hul groot Gelei deur God se woord
Almal word betrek By ’n ernstige gesprek Indien iemand begin twyfel Verdryf hy dit sonder wyfel
Vertel graag ’n mooi verhaal Dit staan uit soos ’n paal Hard sal hy werk Ook vir die kerk
Skoonseuns kom ook by Hy was regtig baie bly Saam moet hul dra sy kruis Is gou deel van sy huis
As iets hom pla Sal hy nooit kla In God kry hy krag Vir elke liewe dag
Die Bybel is sy erns Geen ompad na nêrens Pligsgetrou vanaf dag een Laat geen ongeroerde steen
Kleinkinders doen niks verkeerd Van hul wil hy net goed weet Vir hul het hy ’n ruim hart Hy vat altyd hul part
Saterdagaand se braai Dit sal hy nooit versmaai Vleisie op die kole en pap Duisend keer beter as slaai en sap
Nederigheid het hy ons geleer Bring nie rykdom of eer Jou geloof vat jy nie lig Dit is jou erns en nie ’n plig
1924 Junie 18 ’n Seuntjie wat die lewenslig sien Word groot in die Paarl Wat ’n mooie kêrel Verantwoordelikheid vat hy gou Het in die myne gaan grou Werk is sy plig Dit vat hy nie lig
Kom dit by sy gesin Word daar eers deeglik besin Op die Here sal hy vertrou Fondasies moet ons bou ’n Man wat sy man kan staan Altyd van krag tot krag gaan ’n Voorbeeld sal hy stel Dit kan niemand kwel
Hy drink geen wyn Dit is geen skyn Daaraan sal hy net ruik Dit is beslis te sterk
Sy maat ontmoet hy in die kerk Dit het vir hul gewerk Lief is hy vir Vroutjie Sien nooit ’n kleine foutjie
Vriende word graag besoek Soms kry hy ’n stukkie koek Gereeld durf hy die pad Vir hom ’n saak van die hart
Opgedra aan Gerhard Oosthuizen Geskryf deur Rika Kruger en ingestuur deur Idillette Hartman (albei dogters van oom Gerhard)
Sien jy hom met ’n koppie Daarin is ’n bietjie koffie Dit is genoeg vir hom Werk altyd soos ’n bom Vir almal sal hy bederf Vir die hond ’n vleisie kerf Gunsies is nie te veel Hy sal met almal deel
’n Leeftyd se liefde en omgee Saamstap elke liewe tree Genade deur sy dag geweef ’n Voorbeeld om na te streef Dankie vir so ’n kosbare vader Hy is altyd ons berader Dankie vir ’n voorbeeld gestel Dit is beslis al wat tel Pappa se krag kom van Bo Ons weet wat Pappa glo Mag Pappa verder gaan Op die pad wat God baan
BB 12…STORIES
GELOOF
OM GELOWIG en dankbaar te wees
’N Plek waar jy hoort Is die kerk net ’n gebou Waar ons Sondae kerk kan hou? Of is die kerk ál die lede van die liggaam Wat vir die Vader werk – almal tesaam? Jy kan dalk vra: waarom het ek ’n kerkfamilie nodig? Miskien dink jy: “Ag, dis mos sommer oorbodig.” Die antwoord op jou vraag kry jy in die Woord. Maar lees hier verder en jy sal weet dat ook jy hier hoort.
Tannie Lucy Venter - ’n toonbeeld van oorvloedige dankbaarheid Ivan en Amalia Altin Tannie Lucy Venter is amper 89 jaar gelede op 8 Desember 1925 in die Ventersdorp-distrik in die destydse Wes-Transvaal gebore. Sy was ’n nooi Van Eck. Die gesin was geseën met vyf dogters en twee seuns en in die dertigerjare het hulle op die plaas Sterkstroom gewoon. Dit is interessant om te noem dat die gesin in dié tyd by die oupa van dr Fanie van der Schyff, een van ons huidige leraars hier in Brooklyngemeente, loseer. Sommer gou vertel sy glimlaggend ’n staaltjie uit haar kinderdae. “Die plaas Sterkstroom was dig bewoon – meestal Van der Schyffs, De Kocks en Venters – ’n ware Gereformeerde plaas! Dit was die gebruik dat een van die ouderlinge elke Sondag ’n leesdiens in die skool hou. Op dié betrokke Sondag was dit broer Petrus se beurt en hy lees toe ook voor uit Matteus 12. Met die lees kom hy by vers 24 en die woord Beëlsebul kom sukkel-sukkel Be-ël-su-bul uit. Hy lees egter verder en in vers 27 staan weer Beëlsebul - en dis toe dat hy sommer sê: ‘Ag, dis maar dieselfde bul van flussies’ – en lees verder.” In nog ’n herinnering vertel tannie Lucy dat sy en haar pa eendag sit en tuur oor die veld. Skielik vra haar pa wat maak so stof in die verte. Sy noem toe dat dit seker niks is nie, waarop haar pa skertsend sê dat hy dink dit is seker die “Doppers” wat so tiekiedraai… (onthou die “Doppers” mag nie gedans het nie – maar hulle is wel “toegelaat” om te tiekiedraai). Hoewel hulle as kinders “Hervormd” grootgeword het, is drie van die kinders met “Doppers” getroud. Vandag nog is tannie Lucy ’n getroue lid van dié Jesusaanbiddingsgroep! In Julie 1944 is tannie Lucy getroud en twee weke later verhuis sy en haar man na die Waterberg waar hulle gaan boer. Uit dié huwelik is vyf kinders gebore – twee seuns (albei reeds oorlede) en drie dogters. Terloops,
(albei reeds oorlede) en drie dogters. Terloops, een van hierdie dogters is ook aan ons hier in Brooklyn-gemeente baie bekend, naamlik Bets Engelmohr, wat al geruime tyd onder meer ’n baie aktiewe lid van ons diakonie is. Die huwelike van tannie Lucy se kinders is ook besonder geseënd en sy spog vandag met 10 kleinkinders en nege agterkleinkinders – van wie sommige in die buiteland werk. In 1980 verhuis sy na Pretoria nadat haar man oorlede is en sy hom twee jaar lank in ’n rystoel versorg het. Sy woon 26 jaar lank in haar woonstel in Arcadia waarvandaan sy verhuis na die Kingswood-aftreeoord in Waterkloof Glen, waar sy nou nog woon. Hoewel sy oor die algemeen en onder omstandighede goeie gesondheid geniet, het sy verlede jaar ’n been verloor weens swak bloedsirkulasie. Sy moet gevolglik nou met ’n rystoel oor die weg kom. Haar suster, tannie Martie, nou reeds 91 jaar sterk, woon ook in die kompleks, is lid van die Hervormde Kerk en is dikwels ’n baie welkome besoeker by ons eredienste in Brooklyn – verder is dié tannie van onskatbare hulp met die alledaagse lewe vir tannie Lucy. Dit was die afgelope bykans agt jaar my voorreg om tannie Lucy se ouderling te wees. In dié tyd was dit vir my opvallend hoe positief oor die lewe, Godvresend en dankbaar teenoor haar Skepper sy is. As sy gevra word hoe dit gaan, is die antwoord telkens “… ek het genade onbeskryflik groot!” Sy is steeds ’n bedrywige mens onder meer met naaldwerk en gebak. Elke einde van die jaar bak sy en haar een dogter vrugtekoeke op bestelling – en so het hulle een jaar tot 31 vrugtekoeke gebak! Verder is sy deurentyd besig met naald- en breiwerk. Sy doen vir baie inwoners van Kingswood klereverstellings en het onlangs
Vervolg op bladsy verstellings aan ’n matriekafskeidsrok vir18’n opgewonde tiener gemaak. Oor die voorstel dat sy die lewe kalmer moet
Ons is saam sy liggaam, nie apart. Alleen raak jy maklik verward. Jou kerkfamilie red jou van selfgesentreerde isolasie. Onthou: Jy is saam op die trein, nie alleen op die stasie. Soos Christus ons lief het, tot in die dood Dis hierdie soort liefde wat in die kerk hoort. Wees lief vir mekaar en deel in lief en leed. Ons behoort van mekaar se lewens te weet. Die passiewe toeskouer wat net dienste bywoon Dink verniet hy’t genoeg kerklikheid getoon. Jy bou geestelike spiere deur vir die kerk te werk. Neem daarom ten volle deel aan die lewe van die kerk. Elkeen van ons het talente ontvang. Waarom is jy vir die deel van jou talente bang? Al dink jy jou aandeel is klein en nietig Christus se liggaam het ook vir jóú nodig. Elkeen wat sy talente gee Werk tot groei van die gemeente mee. ’n Sterk gemeente wil ons graag bou om ons Vader se koninkryk in ere te hou. Saam werk, saam bid, saam lag, saam huil. Die kerk is die plek waar ons almal kan skuil. Kom ons werk saam in ons Vader se boord. Die Gemeente van Christus is ’n plek waar ook jy hoort.
Verwerk deur Elizabeth Steenekamp uit ’n Doelgerigte lewe deur Rick Warren
BROOKLYN BROKKIES 2008 …BB 13
LIEFDE
’N LEWE VOL LIEFDE
en respek. Die huwelik van Tjaart & Mintjie Bosua
Die huwelik ná bykans 59 jaar Ses jaar gelede het ek die voorreg gehad om ’n onderhoud te kon voer met Tjaart en Mintjie Bosua. Hulle was daardie jaar 59 jaar getroud en het vir my ’n paar van hul “geheime” neergepen. En so kon die berig langsaan in Brooklyn Brokkies van Augustus 2008 verskyn. Wat my altyd bybly, is hul liefde en respek vir mekaar, en hul groot liefde vir hul kinders en kleinkinders en veral vir ons Hemelse Vader. Nou’s dit ses jaar later en is hulle in die Intercarenasorgkliniek in Irene opgeneem. Maar steeds kan ons, as “jongetjies”, hulle en hul ouers se wysheid ter harte neem en ietsie by hulle leer. [Albei se gesondheid het intussen sodanig verbeter dat hulle kon verhuis na hul eie huisie by die Kleinfontein-aftreeoord naby Rayton.]
Joukje Geertsema
Tjaart: Hoe kan mens ná bykans 59 jaar nog steeds gelukkig getroud wees? Ons het vanaf ons geboorte baie dinge in gemeen gehad: Ons is albei op plattelandse dorpe in 1926 gebore. Ek is presies een dag ouer as Mintjie. Ek is die tweede jongste van vyf broers en geen susters en Mintjie is die tweede jongste van vyf susters en twee broers. Ons is beide half-Nederlands en half-Afrikaans. Ons gesinne het mekaar geken. Al die vier ouers en agt grootouers was standvastige gelowige kerkmense [Calviniste] en het hul kinders streng en volgens hul vaste beginsels opgevoed. Tjaart: Wat het my ouers my onder meer geleer? Die regte gesindheid moet in die lewe uitgeleef word. As kinders het ons geleer om getrou die eredienste Sondae by te woon. Ook moes ons die hele Heidelbergse Kategismus, Psalmverse, Bybeltekste (ook 1 Korintiërs 13) en die Onse Vader uit ons kop leer. Tjaart: Hoe het dit ons lewe geraak? Huwelik: Ek probeer steeds vandag om die bede van die Onse Vader ook in my huwelik uit te lewe (as vanselfsprekend, maar nie noodwendig altyd doelbewus nie), naamlik: “Vergeef ons ons sondes soos ons dié vergewe wat teen ons sondig.” Kinders: Ons het probeer om mekaar en ons kinders teen die verkeerde (sondige) dinge rondom ons te beskerm. Ons het hulle aan die beskerming van die Here opgedra. Ten spyte van my eie baie en selfs pynlike tekortkominge is ons so onverdiend geseënd dat ons vandag kan getuig dat ons kinders EN kleinkinders nog na ons beste wete almal sterk staan in die Christelike geloof. Vriende: Ons vriende van ons verskillende vriendekringe (kerk, sport en kollegas) ag almal die huwelik baie hoog. Mintjie: Hoe kan mens ná bykans 59 jaar nog steeds gelukkig getroud wees? Vir huweliksgeluk bestaan geen resepte nie. ’n Egpaar is self daarvoor verantwoordelik. Maar omdat dit ’n instelling van God is, moet God se voorskrifte, soos in die Bybel gegee, nagekom word. Nogtans kom elkeen met bagasie uit ’n ouerhuisagtergrond. Hoewel daar geen formele huweliksvoorligting in ons tyd was nie, was daar tog … Mintjie: Pappa het gesê … Jy kies jou eie huweliksmaat. As jy jou bed gemaak het, slaap JY daarop. PUNT! Mintjie: Mamma het gesê … Daar is nie so iets as ’n liefdesteleurstelling nie. Dis graag of glad nie! Kies uit jou eie kraal en verkieslik uit jou eie kerk! Onthou, jy trou nie net die man nie, maar ook die familie. ’n Man het jou net so lief as wat jy jouself het. Moenie die kar eers eenmaal was nie, dan IS dit jou werk. ’n Vrou se werk is nooit klaar nie, so … “You can just as well like it”. “Nobody was created to make YOU happy.” ’n Mens praat nie uit jou slaapkamer nie. Jy trou oor jy liefhet en dan het jy lief omdat jy getrou het. Hou die kroon op jou man se kop, dan is jy die koningin. Mintjie: Aan my twee seuns het ek gesê … “Ma verwag van julle om jul vrouens eendag te behandel soos julle sien jul Pa my behandel.” Mintjie: Aan my dogter het ek gesê … “Moet nooit vergeet dat ’n man se kop anders werk as ons s’n nie.” Opsommend Mintjie: Dankie liewe Here vir ’n gelowige huweliksmaat en amper 59 geseënde huweliksjare. Tjaart: Ons kan dus nie anders as om al die eer aan die Almagtige drie-enige GOD, VADER SEUN EN HEILIGE GEES te gee nie!
BB 14…HULDE
HULDE
OTTO EN MARIECHEN SCHULZE
Tribute to Mariechen Schulze Martha Maria (Mariechen) Schulze: 15 September 1931 – 14 Augustus 2014 The Bible conveys a message that death is not the end of life; it is only the body that perishes, the spirit can never die ... it continues to live. This thought brings a lot of comfort during the time of sorrow. When our hearts weep for the end of our dear Mariechen's life, our minds tell us that this is not the end, but a new beginning of the journey with God. Nonetheless, when grief over death strikes us, it becomes difficult to be able to think rationally. We become, in many instances, confused, discouraged, shocked and totally disburbed! The fact that we will not be able to speak to Mariechen again, to hold, touch, smile, or even have breakfast, lunch or dinner with her is enough to make us feel vulnerable, hopeless and helpless. Life would never be the same without her presence, but it is important to move on, as she too has moved on from this journey of life to the next. Psalm 46:1: God is our refuge and strength, an ever-present help in trouble. To the Schulze family and friends, may the loving memories bring you peace that surpasses all understanding, comfort and strength, today and always. God bless you and may her soul rest in peace.
Godfrey Thamaga Chaane
Huldeblyk aan Otto Schulze Otto Carl Schulze: 15 Februarie 1938 – 25 Augustus 2014
Op ’n ou CV van Otto is daar benewens die paragrawe oor sy kwalifikasies en werkondervinding ook die volgende geskryf: “In sy vrye tyd hou Otto daarvan om aan allehande goed te peuter. Hy beoefen houtwerk as ’n stokperdjie, neem graag foto’s van diere in hul natuurlike omgewing, ontspan soms met ’n interessante speurverhaal en luister graag na klassieke musiek. ’n Hoogtepunt in sy lewe is ’n rustige naweek in die natuur saam met sy vrou, Alta, en hul vyf dogters.” En wat ’n raak opsomming is dit nie van die man wat ons as broer, eggenoot, pa, oupa of vriend geken het nie. Hy was ’n man wat nederig gelewe het – naby aan sy God en naby aan sy geliefdes. Iemand vir wie daar nie iets soos ’n onoplosbare probleem bestaan het nie – hy kon altyd ’n plan maak en was altyd gereed om enigiets te maak of te herstel. En of dit nou tegnies, planne vir sy werk, ’n badkamerkassie vir Alta, speelgoed vir die kinders en kleinkinders of ’n veldstoof vir die Voortrekkers was, die gehalte was altyd dieselfde – presies, pragtig afgerond en duursaam. Net so was die waardes wat hy as hoof van sy gesin gehandhaaf het eenvoudig, duidelik en sonder grys gebiede. Die resultaat was ’n stabiele, liefdevolle omgewing met volop blootstelling aan wat werklik belangrik is: Godsdiens, respek vir ander mense, diere en die natuur, waardering vir kuns, kultuur en mooi musiek, harde werk en bowenal dat ’n gesin en familie saam kan staan in goeie, sowel as swaar tye en enigiets kan vermag. So het hy dan ook in tye wanneer dit finansieel swaar gegaan het, steeds gesorg dat daar aan al sy geliefdes se behoeftes voldoen is, en dat al sy kinders die geleentheid gehad het vir verdere studie, sodat hulle ook hul eie drome en ideale kon gaan verwesenlik. Dit is hierdie onbaatsugtige toewyding aan sy familie en sy opregte, sagmoedige en behulpsame geaardheid wat hom die geliefde persoon gemaak het van wie ons vele wonderlike herinneringe sal bly koester.
Geskryf deur Erika Schulze (dogter) en voorgelees deur Johan Kooij (skoonseun)
Een het omgedraai Iets vang my oog by die deur en ek stop in die middel van my verduideliking van waarom die definisieversameling van ’n parabool beperk moet word voordat jy die inverse kan bepaal ... Die klas verwelkom die blaaskans! En daar staan hy ... bruingebrand ná ’n laaaaaang matriekvakansie met sy blouselblou oë ... “Hallo Juffrou! Lekker om Juffrou te sien! Kan ek Juffrou ’n drukkie gee?” Sy groot sterk mansarms vou my toe ... “Ek het net kom dankie sê ... dankie vir Juffrou se hulp en geduld. Dit was so lekker in Juffrou se klas.” Ek aarsel ...“Dankie man ... Ek waardeer dit, maar wat is jou planne vir die jaar?” “Klaar ingeskryf by TUT. Ek gaan prosteses maak ... wat ek nog altyd wou doen!” En sy glimlag gaan van oor tot oor ...”Mooi kind”, dink ek ... “En die Wiskunde?” ... vra ek versigtig ... “Nee wat, geen probleem nie. Ek doen dit hierdie jaar net weer oor terwyl ek swot.” Hy het ’n stille tevredenheid oor hom, met blink oë oor die toekoms wat wink. “So lekker om jou te sien. Kom kuier weer - wil graag hoor hoe dit gaan!” “Ek maak so Juffrou!” Hy wuif-wuif by die trappe af en draf dit tweetwee kaf met sy atletiese lyf. Skielik dink ek aan die storie in die Bybel van die 10 melaatses wat gesond geword het - net een het kom dankie sê ... en *Johan het nie eens heeltemal ‘gesond’ geword nie - die enigste van ons 200 matrieks in 2013 wat nie Wiskunde geslaag het nie. Hy was nooit regtig ’n man vir syfers nie, en tog het hy kom dankie sê - opreg, sonder pretensie ... Diep ingedagte gaan ek terug na die parabool en sy inverse. Hierdie beroep verras jou keer op keer! *Skuilnaam
Ester Cloete
FEES-KOFFIE-KATKISASIE …BB 15
FEES
BILTONGFEES
’n fees van lag, gesels en smul
Annalie Grove Dié fees van ons gemeente is so groot en suksesvol – ek kan nie glo dit het nog nie die sosiale dagblaaie gehaal nie! Soveel mense, soveel tafels, soveel biltong! ’n Paar dae voor die Vrydag het al die reëlings van maande se beplanning uiteindelik mooi uitgewerk. Kilogramme biltong en droëwors is by die kerk afgelaai – ek moet sê, ons vleis, behalwe die bees, het van oor die hele land aangekom. Die biltong is gesorteer, baie daarvan is geweeg en verpak, skottels en nogmaals skottels vol, en dit om amper 700 mense te voed. Die gasvroue en manne het sommer baie moeite gedoen met kaartjieverkope en elkeen se tafel was een groot feestelikheid.
Katkisasie: Graad 1-3 Die jaar het op ’n galop afgeskop en so het ons kleintjies ook vinnig aan die gang gekom met die nuwe Aros-boekies waarmee ons vanjaar begin het. Die inhoud waarmee ons werk, is met tye uitdagend, maar oor die algemeen baie duidelik en verstaanbaar. Dit is ’n jolige, woelige klompie kinders waarmee ons besig is vanjaar. Gelukkig is daar elke week twee of drie mammas en/of pappas wat kom hand bysit om bietjie orde te handhaaf. Gedurende die jaar het ons ook gefokus op die Onse Vader en probeer sorg dat elke kindjie dit onder die knie kry. Verlede week het ons die Bergrede behandel en elkeen kon mooi verstaan waar die gebed vandaan kom. Ek wil graag dankie sê aan elke ouer wat hand bygesit het vanjaar, as ek kan uitsonder, Elmarie van der Walt, Marita Scheepers en Elnette van Zyl. Julle was altyd daar en ek kon enige tyd op julle steun. Dankie vir die ouers wat ook gesorg het dat die kleintjies se werk op datum is en ook vir ’n bietjie voorbereiding op die volgende les, dit word sommer baie waardeer.
Heerlike brode, konfyt, kaas en aarbeie het saam met al die vleis op die lang tafel gepryk. Dit was voorwaar weer ’n heerlike aand vol lag, gesels en heerlik smul. Danie Eloff was afslaer op die veiling en ons is dankbaar vir die geld wat ons daarmee kon insamel. Philip Loots se skoliere het weer pragtig musiek gemaak en die kinders het soos gewoonlik dit gate uit geniet. Ek dink nie hulle was die grootste eters van die aand nie, maar wel dié wat baie pret beleef het. Dankie nogmaals vir elkeen se hulp, breinkrag, energie en tyd - dit word baie hoog op prys gestel.
Koffie ná kerk “Hoe op aarde kom dié mense wat op die galery sit so vinnig in die saal dat hulle nooit sukkel om ’n bekertjie heerlikste boeretroos in die hande te kry nie?” Dis ’n vraag wat ek al menigmaal moes aanhoor. Dit is darem nie aldag dat ’n gemeente sulke heerlike koffie bedien nie en niemand wil dit misloop nie. Dit is ’n groot gekwetter soos voëltjies as hierdie saal vol gemeentelede is, almal met ietsie te drinke in die hand. Die manne kuier onder die boom, vriende ontmoet weer ná ’n week se werk, nuus word uitgeruil en dit is net die ene vrolikheid. Die kinders geniet die ruimte, hardloop die kerkerf vol en speel te heerlik, natuurlik ook met ’n koeldrankie so tussendeur. Wat sou ons sonder die Agapé-dames en al hul helpers gedoen het op ’n Sondag? Ons het groot waardering vir hul werk en opoffering elke Sondag om almal gelukkig te hou met ’n lafenis ná kerk.
BB 16… BESINNING
HOU DAAI BESIN TONG
VOORUITSIGTE …BB 3
in toom en ander insigte
Ingestuur deur Kobie Venter
oordra,” skryf hy.
’n Skerp tong kan vriendskappe kelder, familiebande skaad en selfs jou huwelik bedreig, sal menige sielkundige jou vertel. Mense met skerp tonge glo meestal hulle is bloot net besonder reguit. Ook dat dit nie húl skuld is as ander hulle nie wil aanvaar soos hulle is nie. Kenners meen giftonge het dikwels ’n lae selfbeeld. Om ander dan te verneder en af te kraak, laat hulle beter en meer in beheer voel. Die slegste is dat kinders hierdie gedrag by ’n ouer kan erf. Want kinders se gedrag word in groot mate bepaal deur dit wat hulle in hul ouerhuis sien gebeur. Richard Carlson, skrywer van Don’t sweat the small stuff with your family, sê sulke ouers kan verander. Veral as hulle eers besef hoe hul optrede hul kinders beïnvloed. Hy glo ouers wat meestal geduldig, liefdevol en verdraagsaam is, bring die beste in hul spruite na vore. “As vrede in jou huis vir jou belangrik is, sal die klein dingetjies ophou om jou so te irriteer. En jy sal jou besadigheid aan jou kinders
GIFTONGSTRATEGIE Giftonge is nie altyd skreeuerige mense nie, maar gebruik dikwels die volgende subtiele taktieke om te kwets: Geïrriteerde sarkasme: Dit raak naderhand só ’n gewoonte om neerhalende en sarkastiese aanmerkings te maak eerder as om reguit te sê wat hulle pla dat hulle dit nie eens meer agterkom nie. Lyding: Hulle gooi graag hul gekrenkte gevoelens voor ander se koppe as dié nie na hul pype wil dans nie. En voeg dan ook sommer by: “Maak maar nes jy wil.” Veral as hulle sien hulle gaan dalk nie hul sin kry nie. Skuld: Hulle plaas graag die skuld vir hul probleme en mislukkings op ander se skouers: “As dit nie vir jou was nie, was ek vandag . . . ” Stilstuipe: Eers stoom afblaas en dan dae lank stilbly, is een van die bekendste giftongtaktieke. Vroue sowel as mans gebruik dit dikwels met die hoop dat dit ’n huweliksmaat “tot hul sinne sal bring”.
DIE DROOM Hy beur deur ’n miswolk wat alles omgewe. Die lug druk swaar en ’n tonnel gaap groot; Word langer en nouer en donker soos dood In die soel atmosfeer Wat alles omswewe. ’n Lang swart kleed sleur swaar om sy voete. Hy voel ’n yslike steen op sy hoof; Dis berou en boete. Sy gees so verslae, so stom geslaan. Waar kom tog hulp en rus vandaan? Maar ’n lig skyn skielik sag. Van waar? Sy oë het ’n winkende ster gewaar! Miswolke en donker het vinnig verdwyn En, ontslae van die sware steen en pyn Bruis sy hart en vlug sy voete heen Na helder lig in die tonnel — Met ’n deur Waarop ’n houtkruis staan.
Naomi Eloff
Hou jou tong en humeur só in toom: As jy glo jou lewe is veel moeiliker as ander s'n, is dit nie ’n verskoning om jou lelike humeur vrye teuels te gee nie. Hoe weet jy buitendien of diegene op wie jy jou tong loslaat nie dalk méér probleme as jy het nie? Moenie vuur spoeg as jy dink iemand behandel jou onregverdig nie. Die kuns van selfgeldend te wees, lê juis daarin om bedaard en ordentlik op jou regte aan te dring. As jy in ’n besonder hewige rusie betrokke is, sal jy kalmer kan bly as jy eerder jou sinne met "Ek voel..." as "Jy is..." begin. Onthou altyd jou wederhelf is nie ’n kind vir wie jy gedurig ultimatums kan stel nie. Ultimatums laat volwassenes ingeperk en opstandig voel. Los ou koeie in die sloot waar hulle hoort. Moenie van ’n onvoltooide rusie af wegloop nie. Jy skep frustrasie by die ander persoon wat dalk bereid sou wees om die saak uit te praat. Moenie op jou kinders skreeu nie. Hulle raak so gewoond daaraan dat jy naderhand net al hoe harder moet skreeu om enigsins resultate te kry. Moenie jou kollegas gedurig in die rede val, jou stem verhef of sarkasties met hulle wees nie. Hulle sal jou gou ’n koue skouer gee. Onthou gerus dié reël: Dis nie net wát met jou gebeur wat belangrik is nie, maar ook hoe beskaafd jy dit hanteer. As jy met mense oor iets debatteer, gee soos ’n ordentlike mens jou mening asof dit een van vele is. Nie asof dit ’n voldonge feit is nie. Erken as jy verkeerd opgetree het en vra om verskoning. Onthou egter ook dat jy nie altyd diegene naby jou maar net kan slegsê en verneder en dan dink jy kan alles elke keer maklik regmaak deur net jammer te sê nie. Een of ander tyd word blywende skade aangerig. As dit vir jou so belangrik is om ’n rusie te wen dat jy nie omgee om sarkasties of beledigend met jou opponent te wees nie, moet jy hand in eie boesem steek. Mense wat na ander se menings luister, mooi praat en bereid is om soms ’n kompromis aan te gaan, word baie meer gerespekteer as ongeskikte bullebakke. Dit help ook om eerder op jou medemens se goeie punte as hul irriterende gewoontetjies te konsentreer, reken Richard Carlson. "Dan sal jy gou agterkom hulle is ook verdraagsamer teenoor jou slegte gewoontes. Want slegte gewoontes," beklemtoon hy, "het ons almal maar in mindere of meerdere mate." Om heeltyd agter jou motor se stuur te skreeu en tekens vir al die ongemanierde bestuurders rondom jou te wys, dien geen doel nie. Luister eerder na rustige musiek en keer so dat jy ’n permanente fronsplooi of sooibrand kry. Jy sal baie gewilder wees en minder vyande hê as jy dit nie jou lewenstaak maak om jou familie, vriende en kollegas heeldag te kritiseer nie. As kritiek onvermydelik is, doen dit só dat die persoon nog met waardigheid van jou af kan wegstap. As iemand jou daarvan beskuldig dat jy ’n giftong het wat besig is om handuit te ruk, is dit waarskynlik so. Gaan sien dan ’n professionele persoon voordat kyf en baklei jou tweede natuur word.
NEW LIFE CITY CHURCH…BB 17
VREUGDE
NEW LIFE
City Church: kleuterskool
Erna Kruger
Oudregter Kees van Dijkhorst, lidmaat van Brooklyn, saam met prof Marinus Wiechers (regs), staats- en administratiefregkenner en voormalige rektor van Unisa, op die bekendstelling van Kees se jongste boek, Arnoster en die prokureurtjie - en ander vertellings, waarvan prof Wiechers die illustrasies behartig het. Arnoster en die prokureurtjie volg Kees se suksesvolle boek, Die hof verdaag, op. Kees was kortstondig prokureur, 20 jaar advokaat en voorsitter van die Pretoriase Balieraad en daarna 21 jaar op die regbank. Hy het in 2000 afgetree en boer tussen Ermelo en Piet Retief met bome en Drakensbergers as hy nie tuis in Pretoria as skrywer, waarnemende regter en arbiter optree nie. Hierebenewens het hy as bergklimmer van formaat sommige van die wêreld se magtigste pieke bestyg. Die hof verdaag, wat steeds in aanvraag is, is soos ’n warrelwind wat ’n kostelike vrag anekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede en opgetekende onmoontlike uitsprake vir die leser bring. Ondanks die klaarblyklike ligsinnigheid van die titel van Arnoster en die prokureurtjie, bevat hierdie opvolgwerk ’n diepsinnige blik op die tragiek van twee oorloë, droewe ekspedisies na Ruwenzori en Everest en anekdotes waar die reg en die lewe onverwagte draaie loop. Arnoster en die prokureurtjie sowel as Die hof verdaag is beskikbaar by RosslynPers by 082 347 4658.
Op Woensdagoggende suiker ek vroeg Sunnyside toe – dan sing, dans, skree en speel ons op instrumente by die kleuterskool van New Life City Church. Die skooltjie het heel beskeie begin met drie kinders, later nege outjies en nou: die skool bars uit sy nate met 60 kinders! My aankoms by die skool word begroet met ’n groot gejuig - die kinders geniet die musiek. Hoe kan ek anders as baie welkom voel, al gaan dit miskien meer oor die halsbandjie as oor die hondjie. Die kinders word in drie groepe verdeel volgens ouderdom. Aangesien daar geen gestremde kinders in die skool is nie, word daar in die terapeutiese doelwitte meer gekonsentreer op selfvertroue, aandagspan, beurte neem en die genot van die musiekbelewenis met sang en beweging. In die eerste groep is daar nou wel Blessing (nie ’n bynaam nie!), wat ’n bietjie hier en daar en oweral is, en
Die kleuters geniet elke oomblik van die musiekbelewenis wat lateraan waarskynlik meer aandag sal kry oor aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit, maar vir die oomblik hou die musiek hom besig genoeg. Ons begin en eindig elke groep met sy eie groetliedjie. Tussenin sing ons, dans ons, spring ons, draai, swaai en lag uitbundig vir die wonderlike vreugde wat musiek bied. Die skoolkinders en personeel is innig dankbaar teenoor die lidmate van Brooklyn vir al die wonderlike skenkings wat saamgaan met die Woensdag se kleutervreugde.
NEW LIFE CITY CHURCH Klein oorwinnings by die naskoolsentrum
Dis so maklik om as student vasgevang te raak in die (selfsugtige) studentelewe. In ons geval kom perspektief uit ’n onverwagse plek: ’n groepie laerskoolkinders in Sunnyside. Wanneer ek Dinsdaemiddae by New Life City Church aankom, word ek gegroet deur ’n warboel kinders. Elkeen het ’n storie te vertel, iets om oor te lag. Dis ’n uitdaging om aandagafleibare kinders te kry om te fokus op hul huiswerk, maar op die een of ander manier kom ons tog op die ou end by huiswerk uit. My weeklikse besoek aan die naskoolsentrum by New Life City Church is ’n hoogtepunt. Tydens die twee ure kan ek nie kla of myself jammer kry nie, want mens word oorweldig deur kinders wat jou aandag annekseer. Ignetia Mashau wou ’n naskoolprogram by New Life City Church begin om ’n veilige plek te skep vir kinders van die omgewing wat nie andersins
skep vir kinders van die omgewing wat nie andersins naskoolhulp kan bekostig nie. Ons kleingroep wou erens betrokke raak en het New Life City Church genader juis in dié tyd dat Ignetia op soek was na mense om haar idee werklikheid te maak. Nou fasiliteer ’n groep van ons studente weeksmiddae die naskool. Toe ons in Mei begin het, was daar so 10 kinders en ons het sommer in die kerkgebou op die vloer gesit en werk. Vandag kom daar byna 30 kinders en die konsistorie het huiswerkklas geword met wiskundeplakkate teen die mure. Die studenteorganisasie van die Departement van Aktuariële Wiskunde aan die universiteit het onlangs betrokke geraak en nou kan ons ook hoërskoolleerders help met wiskunde en rekeningkunde. Om met hierdie
kinders te werk maak ons oë oop vir die realiteite van ons samelewing. Die meeste van ons het grootgeword met ouers en onderwysers wat aan ons onderrig toegewyd was. Hier loop ’n agtjarige alleen in Sunnyside rond, sy ouers kom saans laat huis toe en binnekort gaan hulle ook nie meer die vaardighede hê om hom te help om sy werk te verstaan nie. Die grondslag bestaan nie. Om te lees is ’n stryd, en boonop in Engels, ’n taal wat hy nie heeltemal magtig is nie. In hierdie konteks is die eenvoudigste goed oorwinnings – ’n kind wat ‘n som regkry, iemand wat nou beter lees as die vorige week, name wat onthou word. Op hierdie onverwagte plek bou ons verhoudings en leer ons meer oor onsself as wat ons ooit sou verwag. Ons sal enige hulp baie waardeer, veral aangesien daar weekliks meer kinders by ons aansluit. Vir verdere inligting, of as jy betrokke wil raak, skakel Jana Kruger by 072 076 5077 of janakruger@live.com of Tiaan de Jager by 083 419 7247 of tiaandjager@gmail.com
VROUE… BB 18
VROUE
IN DIE BYBEL
Het elke mens ’n vroulike en manlike kant?
Is dit waar dat elke mens ’n vroulike en manlike kant het? Of is mans net eenvoudig sissies as hulle huil, kosmaak en nie rugby speel nie?
Oorgeneem uit Modkats en ingestuur deur Erna Kruger
Wat was Jesus se houding jeens vroue? Hy het vroue en mans genees (Matteus 8:14-15, Matteus 9:18-26, e.a.). Hy gebruik vroue in gelykenisse (Matteus 13:31-33 e.a.), vroue ondersteun Hom (Lukas 8:1-3); vroue is onder sy volgelinge; Marta se belydenis; die arm weduwee en haar gawe; vroue was die eerste getuies van sy opstanding.
Dissipelskapkafee: geloofsgroei, besinning en verdieping Die Dissipelskapkafee word op Maandagaande om 19:00 in die kerksaal gehou. ’n Spreker lei ’n gesprek oor ’n bepaalde onderwerp in waarna ’n lekker informele bespreking plaasvind. Die kafee sluit weer gewoonlik om 20:30. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. Dit doen ons op ’n interaktiewe en informele wyse, maar tog met ’n spesifieke fokus en struktuur. Die program vir 2015 is reeds opgestel en ons is baie opgewonde daaroor. Almal is baie welkom om hierdie geleenthede by te woon. Dit is nie ’n studente-aksie nie, dus kom gerus, gesels en leer saam met ons. Soekie Kruger
In Israel het die vroue ’n sekere mate van vryheid en selfstandigheid gehad, soos dit ook in Mesopotamië die geval was. Ons lees dat die herderinne op doodnatuurlike wyse en sonder skroom met vreemdelinge ’n gesprek gevoer het (Genesis 24:14). Hulle het saam opgegaan na die heiligdom (1 Samuel 1:2). In Israel was sekere vroue beroemd as heldinne en profetesse, bv. Debora, Hulda, Jael, die wyse vroue van Abel-Bet-Maaga. In die Ou Testament kom daar ook ’n ander sy na vore, naamlik dat die vroue die Israeliete tot afgodediens verlei het (Jeremia 44:15), veral die vreemde vroue (Esra 10:1 en volgende) en in daardie opsig kan ’n harde oordeel soos in Prediker 7:26 verstaan word. Daarteenoor staan vas dat die Ou Testament in gevoelvolle woorde die lof van die deugsame huisvrou roem in Spreuke 31:10 en volgende.
Die storie van tannie Lucy Venter Vervolg van bladsy 12 verstellings aan ’n matriekafskeidsrok vir ’n opgewonde tiener gemaak. Oor die voorstel dat sy die lewe kalmer moet neem, is haar reaksie altyd… “ek het soveel vriende hier en ons help mekaar, deel alles en buitendien hou ek van die uitdagings – daar is dan soveel om oor dankbaar te wees teenoor die Skepper!” Ek vra haar met verwondering waaraan sy haar goeie gesondheid te danke het. Die antwoord is onomwonde: “My gesonde liggaam is die gevolg van my gesonde gees want ek is baie geseënd! Verder glo ek dat ek my brein altyd besig moet hou en sodoende bly my gees ook jonk en energieryk. Vir my is my geloof sentraal – alles kom tog van die Here.” Vir my is tannie Lucy ’n ongelooflike inspirasie – en daar is kwalik ’n beter beskrywing vir dié lewensbenadering as Kolossense 2:7: “... in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle onderrig is, terwyl julle oorvloedige dankbaarheid betoon.”
’n Nagmaalnaweek in 1932
“People are often unreasonable and selfcentred. Forgive them anyway. If you are kind, people may accuse you of ulterior motives. Be kind anyway. If you are honest, people may cheat you. Be honest anyway. If you find happiness, people may be jealous. Be happy anyway. The good you do today may be forgotten tomorrow. Do good anyway. Give the world the best you have and it may never be enough. Give your best anyway. For you see, in the end, it is between you and God. It was never between you and them anyway.” Mother Theresa
Ons het ver van Klerksdorp gewoon, waar ons kerk was. Met nagmaal het ons met die ossewa kerk toe gegaan alles wat nodig was, is daarop gepak. My bababoetie sou ook by dié geleentheid gedoop word. Hy was ’n bottelbaba, wat in daardie tyd beesmelk beteken het. Koelhouers was daar nie. Al genade was dat die melkkoei, ou Witbooi, en haar kalfie moes saamgaan - asook ’n melkemmertjie. Ou Witbooi is heel voor langs ’n vooros ingespan. Die kalfie is voor op die wa vasgemaak. So is daar soggens en saans vars melk vir boetie se bottel voorsien. Gedurende die dag het ou Witbooi saam met die osse in ’n kamp gewei wat voorsien is vir almal se osse en die kalfie het rustig vasgemaak aan die wa gestaan. So het die nagmaalnaweek ook aangenaam verbygegaan. Maandagmôres het ons weer met die ossewa terug plaas toe gery.
Ingestuur deur Ester Cloete
Lucy Venter
Anyway
BB 19…DIEN EN VRIENDSKAPPE
Waardevolle vriendskap in Christus Ek wil graag gesels oor die waarde van vriende. Vriende in Christus ... soos ons Bybelstudiegroep. Daar gaan dalk byeenkomste verby waar ons nie juis iets nuuts geleer het nie, maar daar gaan nooit ’n aand verby dat ons nie met mekaar gedeel het nie. Soms is dit oor kinders en hul geite of die beter hantering van skoonouers, of dalk net saam vir iemand bid. Maar omdat ons gewortel is in dieselfde familie dink en leef ons dieselfde waardes en kan ons almal tuis voel. Dis so wonderlik dat ons kinders mekaar om die kerk jaag op ’n Sondag. Hulle is reeds besig om vriende te maak wat dieselfde waardes gaan deel as die familie van Christus.
Sanlie van der Walt
Bybelstudie Sanlie van der Walt
HOU AAN DIEN OM TE DIEN Roelof Pelser verlaat die grenspos, maar hou aan dien
Ds Fanus Heystek Die oorskuif van die kerkgebou na die saal van Residentia het die Pelsers verplig tot bestekopname. Hul kinders was die enigste twee dooplidmate by Troyestraat, maar moes nou gekatkiseer word. Dit was net logies vir hulle om na Duxburystraat se eredienste te skuif. Roelof het in 1983 in Ararat ingetrek en ná ’n paar jaar diaken geword. Hy was voorsitter van die diakonie tot die samesmelting met Brooklyn. Aanvanklik was die Troyestraatgemeente (Pretoria-Oos) selfstandig en sterk. Destyds was daar twee jeuggroepe. Een van die groepe het gereeld 40 jeugdiges na Donderdagaande se Bybelstudie gelok. Gaandeweg het die omgewing en ook die gemeente egter verander totdat die samesmelting onafwendbaar was. Deur al die jare het Roelof voortgegaan om te dien. Hy het jare lank tannnie Diek van Stek en Barbara Mostert in Arcadia gaan oplaai vir kerk. Hy het ook baie jare lank die voorsang gelei en was altyd op sy pos. Op die ouderdom van 47 het hy getrou met Ronel, wat ewe getrou by sy dienswerk ingeval het. Die Here het aan hulle ’n seuntjie uit die huwelik geskenk – kleine Andries, vernoem na
sy oupa, ds Andries Pelser. Roelof onthou sy voorreg om deur die jare verskeie besondere lidmate te kon leer ken. Onder hulle tel Hettie Molenaar (kasette gedoen en vir ander voorgelees), Charles Louwings (ouderling en het voorheen sang gelei), tannie Deuwke (Diek) van Stek (jarelange lidmaat – sy en Arrie het diep spore in die gemeente, Kinderhuis en ouetehuis getrap), tannie Barbara Mostert (blind, maar op 90 steeds ’n getroue kerkganger), oom Jan van Rensburg – mense het voor Sonnheim gestop om ’n foto van hom, in sy pak klere, te neem waar hy vir Roelof wag, oom Jozua Welding, ’n beginselvaste man wat toegewyd te voet baie kilometers in diens van God afgelê het. Uiteraard was dit vir Roelof baie swaar om die jarelange verbintenis met Troyestraat te laat vaar. As diaken het hy altyd die diakonievergaderings by Duxbury bygewoon asook alle ander funksies daar. Die volle inskakeling by Brooklyn-Duxbury kan gesien word as: hulle is nou by die hoofkantoor. Hulle het hul taak op die grenspos met vrug afgehandel. Van Troyestraat se kant betuig ons ons dank vir al die jare se insette en opofferings. Ander neem nou by die grenspos oor.
Ek wil ’n paar punte uit die Bybel met julle deel – oor hoekom hierdie Bybelstudie of omgeegroep eintlik so belangrik is en wat die Bybel daaroor sê:
1. Die Here is Koning in die geloofsgemeenskap. Daarom kan ons sy riglyne vir die lewe of bepalings navolg, want nie net staan dit vas nie, dit is betroubaar. Dit bring sekuriteit, stabiliteit en rus vir en in die geloofsgemeenskap. Ons kan dus veilig voel by ons geloofsvriende, in die gemeente en gemeenskap van die gelowiges. 2. Efesiërs 4:1-16: Ons moet saam in alle opsigte groei na Christus. In Efesiërs sê Paulus hoe belangrik die eenheid van die kerk is. En dat die eenheid saam moet groei en ontwikkel – groter word. Paulus spel die lewenswandel waarnatoe ons geroep is uit in vyf aspekte: beskeie, vriendelik, geduldig, verdraagsaam en die handhawing van eenheid. Dit is die dinge waarop gefokus moet word in die proses om aan God gehoorsaam te wees. Let op dat die eenheid vir Paulus belangriker is as die ander aspekte en dat hy in vers 4-6 die motivering vir eenheid gee deur sewe manifestasies van die eenheid te beskrywe: Daar is een liggaam, Gees, hoop, Here, geloof, doop, God en Vader. God is een wese, al is Hy drie persone, en die geloofsgemeenskap is een, al is hulle verskillende mense en het hulle selfs verskillende rolle. As verhoogde en verheerlikte Here vul Hy alles met sy teenwoordigheid en gee aan alle gelowiges genadegawes. En let op dat die genadegawes aan almal gegee is, omdat alle gelowiges een is. Sommige gelowiges is selfs gawes – die begin van ons ampsbeskouing – wat hul rol betref: apostels, profete, evangeliste, herders en leraars. Ons almal se lewenswandelsopdrag is dieselfde – dit kom van een Koning – die Enigste Koning. Ons almal het net een doel en dit is om die liggaam van gelowiges toe te rus vir die gebruik van hul gawes - gawes om mekaar te dien sodat die kerk in sy doel kan slaag, om in alle opsigte te groei na Christus toe. Soos elkeen sy funksie vervul, bou die liggaam homself op in liefde. 3. Hierdie groep vriende in Christus daag ons toegewydheid en vlak van groei uit – deurdat ons saam oor onderwerpe gesels en redeneer. 4. Efesiërs 2:19-22: God woon in die gemeenskap van gelowiges. Paulus gebruik vyf beskrywings van hierdie gemeenskap van gelowiges: medeburgers, huisgesin, gebou, tempel, geestelike huis. Die gemeenskap van gelowiges is nou die tempel en nie ’n kerk nie. Hy skryf dat die gemeenskap van gelowiges ’n plek word waar God woon. Soos Hy vir ons ’n plek in sy teenwoordigheid gegee het, so kry Hy ’n plek by ons, in ons teenwoordigheid. En weereens, dit is nie net ter wille van onsself nie, maar sodat sy teenwoordigheid sigbaar kan word vir die wêreld. Die kerk, as liggaam van Christus, is in ’n besondere sin nou die beeld van God, soos die mens dit aanvanklik was (Genesis 1:26). ’n Kerklike gemeenskap wat nie hiervoor leef nie, mis sy doel. Soos Spreuke 27:17 sê: Yster slyp yster, vriende vorm mekaar. Dan is ek baie bly dat ek deur vriende soos julle geslyp kan word - vriende wat dieselfde dink en glo as ek. Ek dink hierdie saamkuier is net so nodig soos die kos wat ons elke Sondag in die kerk kry.
BB 20…AGTERBLAD
WIEHAN RUS GENADE AAN ONDER DIE KREMETART Louis Cloete Ek is nie op ’n lekker plek vanaand nie. Ek dink te veel. Kyk te veel teen die donker kant van die lewe vas. Voel en dink aan ander mense se seer. Ek voel so sedert die naweek. Ek wonder hoekom - miskien is dit oor *Wiehan. Laasweek jag ek saam met ’n groepie vriende in die harde Bosveld naby die *Sandrivier, op *André se plaas agter die Soutpansberg. Ons ry met die jagbakkie deur die mooiste mopaniewoud, sagte rooi sandveld. Voor ons staan die grootste kremetart op die plaas. Pragtig en statig. So asof die Here gespeel het met die plant daarvan en vir die grap besluit het om hom onderstebo te draai met sy wortels in die lug. En onder die kremetart lê Wiehan. ’n Eenvoudige grafsteen: ’n kruis met sy naam en van op, sy geboortedatum en sterfdatum. Oorlede Julie 2012. Hy was 18 jaar oud. André se seun. Wiehan se beste vriend se hemp lê op die hopie grond waar die graf is. Uitgedroogde rose lê netjies in ’n ry voor die grafsteen. Ek staan daar in stilte met respek vir die oomblik en dink aan die seer en die vrae en die trane wat daar gestort is langs ’n oop graf. Nie lank gelede nie. Die aand sit ons om die vuur. Elkeen met ’n brandewyn of bier of whisky. Die vleis braai sappig in die rooster en die reuk van krummelpap en sheba hang in die lug. Almal lag en maak grappe. Vertel vir mekaar die dag se veldstories. André is ook deel, maar hy is stil. Ek gaan sit langs hom en komplimenteer hom op sy plaas. Dis wragtag spesiaal om hier te jag. En ek vra hom oor Wiehan. Hy het ’n koors ontwikkel. Die dokter op die dorp het besluit Wiehan moet eerder Pretoria toe. In die hospitaal opgeneem word vir toetse en behandeling. ’n Week later
is hy dood - aan ’n hospitaalkiem. Hoe verwerk ’n ouer dit? Die lewe is nie so aanmekaar gesit dat jou kind voor jou begrawe moet word nie. Veral nie as hy in die fleur van sy lewe staan nie. Wildbestuur gaan swot. Elke beskikbare naweek op die plaas. Want hy wil daar gaan woon as hy klaar is en voltyds boer. Sy passie en liefde vir die plaas ken geen perke nie. Ek en André gesels verder. Hy is ’n toegewyde gesinsman. Hulle het deur die jare as gesin ure saam om die bosveldvuur deurgebring. Hy het kosbare herinneringe. Hy vra my uit oor my kinders. Ek vertel hom ek is geseën met die vier wonderlikste kinders op die aarde. Hulle bring vir ons ure se genot. Ons is trots op hulle. Hulle ken liefde. Ek probeer my bes om betrokke te wees. Maar ek wonder konstant of dit genoeg is. Ons boer ook. Ons was hierdie winter vir die eerste keer in vyf jaar saam as gesin op die plaas om daar ons eie bokke te gaan jag. Die vorige jare moes ek elke winter werk. Kon nooit weggaan nie - dringende projekte, kritieke spertye. Maar dis die lewe en die realiteit van ’n daaglikse bestaan. Maar ek dink aan André en Wiehan. Al is hy ’n toegewyde pa, is ek seker André sou graag nog meer wou doen, meer tyd saam met sy gesin wou spandeer. Graag nog een keer ’n koedoe saam met Wiehan wou jag. Niemand sal André se pyn kan verstaan nie ... Ek wil ook graag meer doen - meer aandag en meer liefde gee. Ek doen my bes. Maar daar is nie ’n manual vir ouerskap nie. ’n Pa moet as broodwinner baie balle in die lug hou: pap op die tafel sit; die wêreld se houe vat en soms uitdeel; vir sy gesin sorg en hulle versorg; ’n lunsklip wees vir die gesinsheining; soos ’n witkruisarend ’n arendsoog hou oor almal se bewegings én hul bedreigings; soos ’n leeumannetjie die welpies toelaat om te gaan verken en te speel en te ontwikkel, terwyl hulle weet hul pa is naby genoeg dat niemand hulle kwaad sal aandoen nie ... Ek weet nie waar lê die antwoord nie. Ek werk hard. Ek het ongelooflik lief. Ek ondersteun waar ek kan. Ek stel altyd belang. My lewe is geseën in tonnemaat. Dankie my Hemelse Vader. Ek weet dis net genade. Ek weet ek verdien dit nie. En Wiehan rus onder ’n kremetart ... * Dit is ’n ware verhaal. Uit respek is skuilname vir mense en plekke gebruik.
Verwelkoming van ds Chris de Beer en gesin Chris en Geertje, Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring. Met hierdie aanhaling van die apostel Paulus in Romeine, wil die gemeente Pretoria-Brooklyn julle verwelkom. By ons is daar die innige begeerte om waarlik kerk van ons Here Jesus Christus te wees. Derhalwe wil ons die volgende agt teksgedeeltes in ons welkomswoord met julle deel: 1 Met groot dankbaarheid kan ons getuig dat die Here van die begin af vir Brooklyn ruim voorsien het met predikante wat as “’n wolk van getuies” volgens Hebreërs hier gewerk het. 2 Ons glo dat julle koms hierheen ’n gawe van God is. Soos in die geval van Paulus is dit vir ons ’n antwoord op die versoek in Handelinge: “Kom oor na Macedonië en help ons.” 3 Daar bestaan ’n besondere behoefte vir meerdere bediening in Brooklyn - veral vanweë sy samestelling en ligging naby die Universiteit van Pretoria. Daarom glo ons dat soos vir Paulus in Troas, het die Here vir jou, Chris, hier in Brooklyn volgens 2 Korintiërs “die deure wyd oopgemaak”. 4 Aangesien jy jonk is, wil ons Paulus se advies aan die jong Timoteus ook aan jou rig: “Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ’n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid.” 5 Ons is ook diep bewus van God se opdrag aan ons as gemeente om vir jou te bid want Paulus skryf aan die gemeente in Efese: “Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.” 6 Verder is ons daarvan bewus dat ons ons drie predikante se dienswerk in onderdanigheid moet ontvang, want die Hebreër-skrywer sê: “Julle voorgangers hou wag oor julle en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hul werk in vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.” 7 Vir al drie ons predikante geld wat Paulus aan die Korintiërs skryf: “Ons verkondig die woord in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God.” 8 Ten slotte sê Paulus: “Wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.”
Bingle Kruger