Hart & Hand 17 November 2013
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
O, Here, versterk tog my geloof! Fanie van der Schyff 3 November – ’n Verbondskindjie word gedoop: "Dankie Here, vir U onbeskryflik groot liefde." 10 November - 15 jong lidmate lê belydenis van geloof af: "Dankie Here, vir ondeurgrondelike groot genade." 17 November - Ons vier Nagmaal: "Dankie Here, dat U ons in ons geloof versterk." 24 November - Kerssangdiens: "Dankie Here, vir die boodskap van vrede."
Aanddiens
Jou eie priester Griffel van Wyk Verlede week het jy gehoor Jesus is vandag nog jou reguit waarheid-pratende profeet en hoe nodig dit is vir jou verhouding met Hom. Vandag met Nagmaal ontdek ons hoe Hy vandag jou eie persoonlike priester is... en die waarde vir jou geloofslewe.
Troyestraat
So amper verbrand in oordeel van God Ds Fanus Heystek God, maar ook die Satan, is in elke situasie hier op aarde. In ons Skrifgedeelte lyk dit of Satan hierdie rondte gaan wen aangesien Dawid teen sy eie volk draai. Hy en sy manne meld aan by die Filistyne vir die oorlog teen Saul en Israel! Hy het dan altyd met oortuiging laat blyk dat hy nooit sy hand teen Saul, as gesalfde van die Here, sal lig nie. Nou doen hy dit!
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff
Skriflesing: Markus 9:14-29 (24) Sang: Sk 12-2:1-5 Ps 119b:18, 19 Ps 33a:6, 11 Sk 5-4:1, 2, 5, 6 Ps 46a:1, 6 Sk 13-3
Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Sag 6:13; Heb. 8:1-6 HK Sondag 12 Sang: Sal aangekondig word.
Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 Skriflesing: 1 Samuel 29 Sang: Ps 84:1, 6 Ps 119:63 Lb 241:1, 2 Sk 5–5:1, 2 asook Sk 5–4:1, 2
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Dagboek
Sondag: Nagmaal Ete in kleingroepverband Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Woensdag: Streeksinode Donderdag: Streeksinode
Gelukwense Wees stil en weet ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde (Psalm 46:11). 17/11 Isaac Mokholoane 072 096 4395 18/11 Johann Arnold 082 925 0420 18/11 Wihan Landsberg 076 318 3183 20/11 Rudi Delport 082 899 9900 20/11 Charl Goodey 082 872 5021 21/11 Ronel Pelser 082 469 4517 21/11 Loureth Steenkamp 083 447 3315 22/11 Hannes Maree 012 093 6887 22/11 Anne van Rooy 082 712 5408
Kersfees in November Troyestraat Christelike Sentrum vier DV Sondag 24 November om 17:00 in die kerkgebou Kersfees. U word almal hartlik uitgenooi om die diens by te woon. Vanjaar word die program deur die Hervormde Kerk aangebied. Kom almal saam om by hierdie interkerklike geleentheid ons Here Jesus te vereer. Verversings sal ná die tyd aangebied word. Navrae: Petra Cooper by 012 341 2003 of Hanneke Joubert by 012 341 3020.
Troyestraat Christelike Sentrum Sondagaand 17:30: Aanddiens by Troyestraat. Skrifgedeelte: 1 Samuel 30 Woensdag 20 November om 09:30: Woensdagdiens in kerkgebou gelei deur ds Cassie Aucamp. Woensdag 20 November om 10:30: Bybelstudie by Harmoniehof (2 Petrus 1 + 2) Woensdag 27 November: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30 (in konsistorie). Tema (op versoek): Mag ’n Christen homself verdedig? Hoe ver strek die naasteliefde?
Eljadahuis Kom neem deel aan ons spesiale projek hierdie Kersfees. Ons wil graag vir elkeen by Eljadahuis ’n pakkie met lekkernye gee - koekies, lekkers en koeldrank. By die deure sal sakkies wees met ’n lysie op. As jy wil deelneem, neem ’n sakkie en maak hom vol met die items op die lysie. (Dit sal so R50 se lekkernye wees.) Bring die sakkie dan vir ons terug voor die einde van November. Moet tog asseblief nie van die niebederfbare kos vergeet nie. Eljadahuis sluit oor Desember en daar word probeer om vir elke gesin ’n kospakkie te gee. Die kos kan in die houtkis in die saal se voorportaal geplaas word. Baie dankie vir die wonderlike ondersteuning die afgelope jaar. Ons kon elke maand ’n groot klomp kos by Eljadahuis gaan aflewer.
Lees en Bespreek Lees jy graag boeke om jou verhouding met God te verdiep? Wil jy graag die inhoud daarvan met iemand bespreek? Skakel gerus in by ons groep. Vir meer besonderhede skakel Contessa by 082 363 2690
Doopouers
Jou Christenskap en die reg Maandag 18 November 2013
Aangebied deur Kees van Dijkhorst
Marinus en Junette van der Hout op 3 November 2013
Voorbidding – Kameroen Daar is sprake dat die onafhanklike evangeliese kerke in Kameroen meer vyandigheid vanaf die regering te wagte kan wees – dat hulle onder die loep kan wees. Bid vir die Here se genade en wysheid vir kerkleiers terwyl hul gemeentes hierdie uitdagings die hoof bied.
Ons verkondig Christus aan die Naasteliefde: matrone Bets, suster Anita en wêreld oor die radio FEBA Radio Suid-Afrika is deel van ’n wêreldwye netwerk verpleegster Elzabe genaamd Far East Broadcasting Association, wat die Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente is baie spesiaal. Ons beywer ons om oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk by te staan, hetsy met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons wil graag ons "siek" mense opdra aan die Here en ons gemeente, vir hulle bid en hulle ondersteun, maar kan dit alleen doen as die gemeente ons inlig. Ons nooi dus almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel, al is dit net per e-pos of sms sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612.
Siekte Rie Kroes het die afgelope paar maande chemo-behandeling ontvang. Ons bede is dat die Here die nuwe behandeling, wat hierdie week begin, ook sal seën. Verder wens ons vir Gerrit en Rie sterkte en krag in die geloof toe. Mag God se belofte: “Jy is Myne” vir julle bemoedigend wees. Lucy Venter is in die Pretoria Oos-hospitaal opgeneem vir ’n operasie. Ons bid haar die seën en krag van die Here toe.
Nagmaal: 17 November Kuier na nagmaal in Bybelstudiekleingroepe saam. (Almal reël asb. self)
Kersprogram en Kerstee: 24 November (Duxbury)
of
Evangelie van Christus oor die radio verkondig. As volgelinge van Jesus Christus gebruik ons media en tegnologie om die lewensveranderende Evangelie na moeilik bereikbare plekke regoor die wêreld te neem; plekke waar Christene vervolg word, waar oorloë woed, waar verlorenes geen ander manier het om te hoor as deur die radio nie. Ons senders verkondig die Goeie Nuus reeds meer as 67 jaar jaar lank in ongeveer 54 lande in meer as 130 etniese tale en bereik die Verre-Ooste, die hele Asië, Indië, die Midde-Ooste, die Horing van Afrika, Frans-Afrika, OosAfrika en Suider-Afrika. Derduisende luisteraars, waaronder Moslems, Hindoes en Boeddhiste, kontak ons daagliks om hul getuienisse te deel van hoe hul harte deur ons lewensveranderende boodskappe aangeraak is. Benewens die programme wat FEBA Radio Suid-Afrika vir Franssprekende Afrika en die minsbereikte Yao Moslems van Malawi vervaardig, dien ons ook as steunwerwingsveld vir ons wêreldwye uitsaaibediening. Die gawes van donateurs stel ons in staat om die Evangelie na die minsbereikte wêrelddele te neem. U gebede is vir ons van groot belang. Kontak ons gerus vir meer inligting oor ons bediening of om deel van ons gebedskring te word. Dit spyt my dat ek so laat in my lewe eers vir God leer ken het en dat ek soveel moes ly sonder Hom. Danksy jul uitsendings het ek nou vrede in my hart, iets wat ek nooit vantevore gehad het nie. Ek sê dankie, uit die diepte van my hart!” – ’n luisteraar in Viëtnam.
FEBA Radio Suid-Afrika: Far East Broadcasting Association Kontakbesonderhede: Tel: 012 335 5708/764 Bring gerus iemand saam E-pos: febasa@corpdial.co.za Web: www.febaradio.co.za Sestigplussers facebook: 'FEBA Radio South Africa' Reserveer solank die datum vir ons Bankbesonderhede: vrolike jaarafsluiting op Donderdag 28 FEBA RADIO SA, Standard Bank – Gezina, Bankkode: November in die moederskamer. ONS 014 845, Rekeningnr: 201 084 775 FEBA RADIO SA, ABSA – Ben Swartstraat, SIEN JOU GRAAG DAAR!
Erna en Niek.
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
(Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Reëlings Datum
Plek
17 Nov
Duxbury
17 Nov
Troyestr
24 Nov
Duxbury
Diensbeurt
Kollekte
Skinkbeurt
Ouderling Koos Richards Diaken Petra de Klerk
Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds
Magda
Ouderling
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Almal
Diaken Soekie Kruger 24 Nov
Troyestr
Dienste deur Hervormde Kerk
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Dit was die grootste belydenisgroep in jare. ‘n Deel van die belydenisgroep, hul ouers en grootouers by die belydenis van geloof op 10 November. Michael du Toit se plek is leeg langs sy vrou Annetjie (links voor), terwyl hy foto’s vanaf die preekstoel saam met ander fotograwe neem (op die foto regs bo).
Eerstejaarskamp
Eerstejaarskamp
Stellenbosch 2014
Bloemfontein 2014
18-22 Januarie 2014 Koste: R562 Registreer by: www.gkstellenbosch.co.za/eerstejaarskamp.htm of by Mariétte by 072 778 7804 of Johan by 082 929 1733
10–12 Januarie 2014. Alle voornemende jong werkendes en studente in Bloemfontein wat belang stel, stuur ’n e-pos na studente@gkbloemburg.co.za of skakel Jan by 084 440 1662.
Botswana Bouprojek in Januarie
’n Nuwe bril “Is dit hoe die wêreld lyk?” vra die tiener verwonderd wat deur sy eerste bril na die omgewing kyk. Ons weet hoe jou oë geleidelik verswak tot die wêreld in ’n waas en jou arms te kort is. Behalwe die fisiese tekortkominge sê Eseg 12:2: “Mensekind, jy woon onder mense van die wederstrewige huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie.” Ons sien die wêreld dikwels net deur ’n donkerbril en glo dat ander se lense volgens ons oë geslyp is. Ons is gretig om “'n oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand” (Eks 21:24) te neem as ons verontreg is en soek gereeld die splinter in die oog van ons broer, terwyl die balk in ons s’n vir ons onsigbaar is (Matt 7:3). Jesus neem klei en smeer dit aan die blinde se oë (Joh 9:7) om hom weer te laat sien – en word beskuldig dat hy die sabbat ontheilig. Oë word beskou as die vensters van die siel. Mag die klei ook die skille van ons oë laat afval, sodat die vensters na ons siel oop is en almal kan sien dat ons volgelinge van Christus is.
Ons nooi julle uit vir ’n 10dag-uitreik na die noordwestelike deel van Botswana. Ons gaan ’n huis vir Bybelvertaler-gesinne bou, met sementstene. Lees meer oor die uitreik en die werk wat daar gedoen word: http://projekte.kruispad.net/b ou-in-botswana.html Datum: 15-25 Januarie 2013 Kostes: R1 000 - vervoer en kos ingesluit. Ons gaan langs die Okavangorivier kamp. Terwyl ons daar is, gaan ons ook die gebied ontdek! Kontak Anneke by anneke@kruispad.net Registreer: http://projekte.kr uispad.net/bou-inbotswana1.html Borg stene: http://projekte.kruispa d.net/borg-n-baksteen.html
Mekaarbediening (Uittreksels uit ’n preek deur Fanie van der Schyff)
Ons het in hierdie gemeente oor ’n baie lang tydperk gewerk met die gedagte van medewerkers – ons het ’n werkswinkel daaroor gehad, saamgesels en saamgebid oor die saak en uiteindelik het ons tot die besef gekom: Hier is ’n geleentheid om liefde te gee. Dit wat ons ontvang het, dit moet ons ook vrylik uitdeel. Paulus skryf aan die Korintiërs: “Lê julle toe op die beste genadegawes” wat die Here jou gee. Dis ’n opdrag. Verder lig Paulus liefde uit as die allerbeste gawe (1 Korintiërs 12:31 en 13:1). Die gawes is die boustene wat God self gee tot opbou van sy liggaam, die kerk - in die kleine. Maar dis ook die boustene wat die Here self gee om sy Koninkryk daar buite te gaan vestig. In die kleiner kring van die kerk is daar medegelowiges aan wie God ’n bepaalde taak gegee het. Gaan dan heen. Hy gee vir jou gawes vir die kerk. Maar Hy gee ook vir jou gawes na buite - buite kerkwees soos ons dit ken. Al hierdie gawes verskil, maar vul mekaar aan - die een is nie belangriker as die ander nie. Waarom is liefde as die genadegawe wat uitgesonder word dan so ontsettend belangrik? Agter ons liefde is God wat onvoorwaardelik liefde bewys het, steeds liefde bewys en altyd liefde sal bewys sonder enige voorbehoud net omdat Hy wil. Die liefde wat ons verniet ontvang het, moet ons ook verniet uitdeel. Die liefde van ons Here kom juis waar ons uitgaan na mekaar en daarom is die beoefening van hierdie gawe nie beperk tot ons nie. Dis nie beperk tot ’n binnekring nie. As jy bevriend is met iemand wat nie werklik liefde beleef nie, as jy weet van so iemand, as jy ’n verhouding het met so iemand, versterk daardie verhouding. Moenie gaan met ’n agenda van dat mens iets daaruit moet kry nie, dat iemand moet kerk toe kom, dat iemand moet bydra, gaan gee jouself - gaan gee liefde.
Só bedien óns mekaar
Soos wat reeds aan u bekend gemaak is, word die bestaande wykstelsel vervang deur ’n nuwe vorm van bediening en indeling. Die hele Brooklyn-groep wat nie deel vorm van die studente-bediening nie, is in agt groepe ingedeel. Die groepe is, sover moontlik, geografies of ouderdomsgewys ingedeel. Binne elke groep is daar ouderlinge en medewerkers wat die mekaar-bediening binne die groepe en bestaande kleingroepe koördineer.
Groep1: Jong getroude lidmate sonder en of met klein kindertjies; Groep 2: Brooklyn/Menlopark; Groep 3: Oostelike dele van Pretoria/Garsfontein; Groep 4: Colbyn/Moot; Groep 5: Waterkloof; Groep 6: Afgetrede persone; Groep 7: Faerie-Glen/Wilgers; Groep 8: E-Bediening aan lidmate buite Pretoria. Elke lidmaat sal eersdaags persoonlik in kennis gestel word in watter groep hy/sy/hulle val en onder watter ouderlingetoesig dit sal geskied. Dit bly vir die Kerkraad belangrik om dit te benadruk dat elkeen in die gemeente sy/haar gawes binne die raamwerk van mekaarbediening sal gebruik. Bo alles bly ons vra vir elkeen se voorbidding in hierdie saak.
Werksaamhede van die Kerkraad As ’n mens die Kerkorde sou naslaan, sal ’n mens waarskynlik agterkom presies wat die pligte en verantwoordelikhede van ’n kerkraad is. Maar prakties gesproke is dit tog duidelik, naamlik om die kudde van die Here te voed en te versorg soos ’n skaapwagter. Die bron van voeding is die Woord en liedere – en dit is die eerste prioriteit; om te sorg dat die Woord van die Here gereeld en suiwer aan die gemeente, maar ook daarbuite verkondig word. Die roeping, versorging en broederlike ondersteuning van die predikante en hul gesinne is dus kardinaal. In die praktyk verg dit dan ook voorsiening van geskikte behuising, instandhouding van geboue, reëlings vir vervoer asook beskikbaarstelling van elektroniese geriewe, deeglike beplannig op alle terreine en ’n doeltreffende administratiewe struktuur. Baie van hierdie take is aan kommissies gedelegeer of word deur die
diensgroepe behartig. Maar dit is net die een kant van die saak. Die ander is om die lidmate geestelik, en waar nodig materieel te versorg. In die verlede was dit nogal ’n hiërargiese proses en huisbesoek is amper as ’n “inspeksie” gesien, wat sy meriete gehad het want ouderlinge dra – soos in die bevestigingsformulier verwoord – die verantwoordelikheid om te sorg dat die sakramente heilig gehou word. Die fokus val nou ietwat anders en die begrip van “liefdevolle versorging deur ouderlinge” kry voorkeur. Met die implementering van medewerkers speel alle lidmate en al hoe meer susters ’n toenemende rol. Bid asseblief vir die ouderlinge en diakens sodat hul werk sal bydra tot die eer van ons Here en toenemende geloof en vertroue by ons lidmate vestig. Colin Cameron (Skriba) November 2013
Lentetee 2013 Die sneeu van die winter is op my hoof, maar dit is steeds lente in my hart (Victor Hugo). Ons het geluister en gekom om te deel in die genot van seisoenvreugde: Dit is belaai met soveel hartlikheid, liefde en Agapédeugde! Die ontwaking van LENTE groet ons om elke hoek en draai – dankie, Agapé, vir vandag se genietinge, dis nie te versmaai! (Ann van der Merwe)
CachetEerstejaars kamp 2014 Datum: 6-10 Januarie 2014 Plek: Nooitgedacht, 30 km buite Potchefstroom Koste: R750 (T-hemp en etes ingesluit) Vertrekpunt: Teologiese Skool Potchefstroom
Die Administratiewe Buro van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrka in Potchefstroom het ’n vakature vir:
’n Assistentrekenmeester. Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 November 2013. Indien u teen 6 Desember 2013 nie vir ’n onderhoud genooi is nie, het u aansoek nie geslaag nie. Diensaanvaarding: 6 Januarie 2014 Navrae: Johan Coetzee by 018 297 3986 CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom Faks: 018 293 1042 E-pos: johan@gksa co.za.
Troyestraat-diensgroep (Kontak Hanneke Joubert by 012 341 3020) Hierdie diensgroep het ten doel om die gemeenskap van gelowiges in Troyestraat te bevorder deur middel van dienslewering op die volgende terreine: 1 Teeskink 2 Begrafnisse 3 Troyestraat-funksies Hanneke Joubert 012 341 3020 4 Karmel Emmie Snyman 078 416 3018 5 Verjaarsdae Ansie Theunissen 082 773 5169 6 Beertjies Hanneke Joubert 012 341 3020 7 Klereverkopings Dalene Engelbrecht 076 394 0235 8 Orrelfonds Dalene Engelbrecht 076 394 0235 9 Tuin Ester Cordier 072 463 9844 10 Vervoer Word onderling gereël
Brooklyn Bybelbank
Die vreugde van ‘n eie Bybel
Hoe om ’n Bybel uit te deel Pieter Stronkhorst Die geheim agter die uitdeel van ’n Bybel is dat jy dit eenvoudig moet hou. Hier is ’n paar idees wat jou kan help: Hou ’n paar Bybels byderhand in die paneelkissie of bak van jou motor. Bid dat die Here vir jou die geleentheid sal gee en uitwys. Indien jy ’n geskikte persoon raakloop, groet vriendelik en vra hoe dit gaan. Knoop ’n geselsie aan oor enigiets (sport/weer/petrolprys/nuusgebeure) en wag vir ’n opmerking waarop jy kan inspeel: Indien die gesprek ’n positiewe trant het, kan jy sommer opmerk: “You are such a positive person... I’m sure you like good news. I’d like to give you a gift that has the best news ever. Would you like a Bible?” Indien die gesprek ’n negatiewe trant het, kan jy sommer opmerk: “I can see you can do with some good news? I’d like to give you a gift that has the best news ever. Would you like a Bible?” Indien die persoon dit aanvaar, gee jy eenvoudig die Bybel vir hom of haar en noem dat daar ook ’n blaadjie is wat hulle bietjie agtergrondinligting oor die Bybel gee en hulle sal help om dit te lees. Groet vriendelik en beweeg aan. Indien die persoon dit nie wil aanvaar nie, kan jy gewoon sê: “That’s not a problem, I just thought you might be interested.” Groet vriendelik en beweeg aan. Dit is hoe eenvoudig dit is! Probeer dit en deel gerus jou ervaring met die res van ons deur vir ons by die Bybelbank terugvoering te gee.
Dit is hoe ons as gesin toe ’n projek begin het wat ons “’n Bybel ’n dag” noem. Ons neem Bybels saam in die tale van die plekke wat ons gaan besoek en deel dan die Bybels uit soos ons deur die Gees gelei word Omdat dit vir ons so ’n ongelooflike belewenis is om die Bybels te versprei, wil ons die projek verder uitbrei en die gemeente ook die geleentheid bied om deel te neem. Die behoefte aan Bybels is ongelooflik groot in ons eie land en in die res van Afrika. Om dit makliker vir julle te maak om Bybels te bekom, gaan ons met ’n Bybelbank by die kerk begin. Daar sal elke Sondagoggend ná kerk by die saal Bybels beskikbaar wees teen kosprys van R60 elk. Ons sal Bybels in al die tale van Suid-Afrika en die buurlande in voorraad hou. Ons het ook donasies nodig om ’n voorraad Bybels aan te koop om die Bybelbank mee te begin. Indien jy self nuwe Bybels het wat jy wil skenk vir die projek sal dit baie help. As jy reis vir plesier of werk, maak plek vir ’n Bybel of tien. En as jy nie reis nie dink gerus aan ander uitreike waar Bybels baie welkom sal wees soos by New Life City Church, Vosstraat, Agapédamesuitreikdag en dan is daar ook nog die studente wat Swaziland of Malawi toe uitreik. Dink daaraan om vir jou huiswerker of tuinier ’n Bybel as kersgeskenk te gee. Indien enigiemand by die projek betrokke wil raak, is julle welkom om met ons te kom gesels.
Pieter en Ronel Stronkhorst
Kaartmasjien ’n Besluit van die kerkraad maak dit nou vir lidmate moontlik om met die gerief van ’n kaartmasjien debiet- en kredietkaarte vir die volgende dienste te benut: maandelikse bydraes; barmhartigheidsbydraes; boeketafel-aankope; kaartjies vir gemeentefunksies; betaling vir kampe. Die kaartmasjien sal op die volgende tye beskikbaar wees: Sondae ná die diens in die kerksaal by die persoon aan diens; Sondagaande by die boeketafel; weeksdae tydens kantoorure by die kerkkantoor; by spesiale funksies; vir Bybelbank-donasies.
ADVERTENSIES 1. MUKHANYO THEOLOGICAL COLLEGE is seeking to fill two positions: a registrar and a lecturer in Academic Literacy. Details of these positions are available upon request. Both positions will hopefully be filled to start working in January 2014. For questions about the Registrar position, please contact Dr Brian deVries (079 933 9884 or bdevries99@gmail.com). For questions about the Lecturer position, please contact Dr Hannes Breytenbach (083 414 7053 or hmbreytenbach@gmail.com).
2. TUINWOONSTEL TE HUUR, BESKIKBAAR 1 FEB 2014 2
20 m oopplan-tuinwoonstel met aparte badkamer (met stort, wasbak en toilet). Eie tuintjie en met ingeboude braaiplek. Nuut oorgedoen. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in geadverteerde prys. Gemeubileerd met ’n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksiestoofplaat en dubbelbed. Slegs 500 m van Steve Bikohospitaal-ingang. R3 100 p.m. en deposito betaalbaar. Kontak Mathilda du Preez by mathildadupreez@gmail.com (vir foto’s) of by 083 657 7007.
3. STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT Queenswood. Kamer met badkamer en instapkas. Ten volle gemeubileer met yskas en kookgeriewe. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Water en elektrisiteit ingesluit asook gebruik van wasmasjien. Naby Tukskampus, Gautrein-busroete en mediese kampus. R2 000 p.m. Kontak 082 570 1778. 3. RENAULT CLIO II 1.2L 16V 2002 MET NUWE VOORKOMS, PERFEKTE KLEIN STUDENTEMOTOR Volle diensrekord. Met onlangse diens is “cam”belt, waterpomp en remskoene vervang. Sentrale sluiting, elektriese vensters en spieëls, lugversorging, kragstuur en ABS-remme. Bande 80% 124 000 km. Rede vir verkoop - nie meer student nie. R45 000 sluit padwaardigheidsertifikaat en herregistrasie in. Kontak Leon by 072 248 3348.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.