Hart & Hand 24 November 2013
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
O, Here, ek smag na vrede Fanie van der Schyff Eer aan God Vrede op aarde ... vir die mense in wie Hy ’n welbehae het – só klink die engelelied die nag ná Jesus se geboorte. Omdat ons Here ’n welbehae in ons het, het Hy aan ons: die allergrootste liefde bewys – Hy het Jesus mens laat word; die onbegryplikste genade betoon – Jesus betaal vir my sondes; die gawe van geloof gegee – Jesus, persoonlik in my plek! Dìt is my vrede. Daarom eer ons God.
Aanddiens
Jou eie koning Griffel van Wyk Baie Christene aanvaar dat Jesus die waarheid praat as profeet en selfs offer as priester, maar gee Hom nie graag die plek van gesagvolle koning nie. Dit is beslis die probleem in Suid-Afrika. Dalk is dit wat kort in jou Geestelike groei!
Brooklyn Bybelbank Gesels met Pieter en Ronel Stronkhorst ná kerk by die teedrink of kontak Pieter by 072 600 7449 om ’n Bybel te bestel in die taal van jou vakansieplek.
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff
Skriflesing: Lukas 2:14 Sang: Ons sing vanoggend saam en luister na psalms, gesange en ander geestelike Kersliedere. Daarna gaan ons kindertjies ’n kort Kersprogram opvoer.
Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Jesaja 32:1, 2 Sang: Sal aangekondig word.
Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 Vandag se erediens word deur die Hervormde kerk gereël.
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Sondag: Kersprogram Kerstee
Troyestraat Christelike Sentrum
Dagboek
Gelukwense
Kersprogram: Sondagmiddag om 17:00 by Troyestraat (in die kerkgebou), aangebied deur die Hervormde Kerk. Woensdag 27 November: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30 (in die konsistorie). Tema (op versoek): Mag ’n Christen homself verdedig? Hoe ver strek die naasteliefde?
Eljadahuis
24/11
Pieter
Heslinga
082 551 0130
25/11
Estelle
Venter
084 510 1480
25/11
Hannes
Venter
082 320 8400
25/11
Zania
Vermaak
072 152 6391
26/11
Dorie
Fourie
012 460 6418
26/11
Laubscher
076 858 3468
27/11
ChandréLeigh Sakkie
Fourie
078 4754058
27/11
Arnline
Kuun
082 551 7648
28/11
Jan
du Plessis
072 560 1419
28/11
Peter
Jacobs
082 298 4701
Kom neem deel aan ons spesiale projek hierdie Kersfees. Ons wil graag vir elkeen by Eljadahuis ’n pakkie met lekkernye gee koekies, lekkers en koeldrank. By die deure sal sakkies wees met ’n lysie op. As jy wil deelneem, neem ’n sakkie en maak hom vol met die items op die lysie. (Dit sal so R50 se lekkernye wees.) Bring die sakkie dan vir ons terug voor die einde van November. Moet tog asseblief nie van die nie-bederfbare kos vergeet nie. Eljadahuis sluit oor Desember en daar word probeer om vir elke gesin ’n kospakkie te gee. Die kos kan in die houtkis in die saal se voorportaal geplaas word. Baie dankie vir die wonderlike ondersteuning die afgelope jaar. Ons kon elke maand ’n groot klomp kos by Eljadahuis gaan aflewer.
28/11
Anna
Kruger
Nebohof 314
Lees en bespreek
29/11
Mikhe
du Plessis
079 902 2794
29/11
Henk
Hoogenboezem
012 460 0734
29/11
Elmarie
Kruger
078 256 7855
29/11
Hannetjie
van der Walt
084 370 5602
Lees jy graag boeke om jou verhouding met God te verdiep? Wil jy graag die inhoud daarvan met iemand bespreek? Skakel gerus in by ons groep. Vir meer besonderhede skakel Contessa by 082 363 2690.
30/11
Rudi
Breytenbach
083 660 1839
30/11
Riadri
de Klerk
082 883 4376
Kersfees in November
30/11
Mulanga
Mashau
082 971 2725
30/11
Miené
van Zyl
083 400 2819
Troyestraat Christelike Sentrum vier DV Sondag 24 November om 17:00 in die kerkgebou Kersfees. U word almal hartlik uitgenooi om die diens by te woon. Vanjaar word die program deur die Hervormde Kerk aangebied. Kom almal saam om by hierdie interkerklike geleentheid ons Here Jesus te vereer. Verversings sal ná die tyd aangebied word. Navrae: Petra Cooper by 012 341 2003 of Hanneke Joubert by 012 341 3020.
In tye van nood is die Here ’n veilige vesting. Hy ken elke mens wat op hom vertrou (Nahum 1:7).
Ter approbasie
As ouderling: Hannes Grobler
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE NABY – VER – DIEP - WYD
Voorbidding – Rwanda en Burundi Die atmosfeer in Rwanda en Burundi het oor die afgelope twee jaar verander weens terroriste-aktiwiteite. Besige plekke soos bushaltes het om geen spesifieke rede ’n vlaag handgranaataanvalle beleef. Bid dat die Christene goddelike wysheid en waagmoed sal hê te midde van hierdie groeiende onveilige omstandighede.
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente is baie spesiaal. Ons beywer ons om oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk by te staan, hetsy met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons wil graag ons "siek" mense opdra aan die Here en ons gemeente, vir hulle bid en hulle ondersteun, maar kan dit alleen doen as die gemeente ons inlig. Ons nooi dus almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel, al is dit net per e-pos of sms, sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Agapé-diensgroep: Uitreikdag Ons is die diensgroep wat die gemeentesamekomste reël, organiseer en koördineer. Die Agapé-diensgroep bestaan uit sowat 16 susters wat vrywillig deel is van hierdie groep. Ons hou een maal per maand vergadering aan huis van Erna Kruger. Twee van die lede maak vir ons kos en ons eet lekker saam. Dit is die diensgroep waar ons die “swaarkry met lekkerkry klaarkry”. Die Agapé-diensgroep hou sedert twee jaar gelede ’n uitreikdag. Dit is ’n multikulturele dag waartydens ons evangelisasie doen, lekker saam sing en mekaar beter leer ken. Bybels word ook uitgegee vir diegene wat nie een het nie. Dié geleentheid is maar een van baie wat ons reël. Lees meer hieroor in Brooklyn Brokkies.
Soekie Kruger
Sestigplussers Almal word vriendelik uitgenooi na ons vrolike jaarafsluiting. WAAR? Moederskamer by die kerk WANNEER? Donderdag 28 November TYD? 10:00 WAT OM SAAM TE BRING? ’n Positiewe gesindheid. Ons sien jou graag daar! Groete, Erna en Niek.
Ingekom met attestaat: Marthinus Barnard Helena C Minnaar Jacobus J Schutte Gerhardus D Kirsten Kevin Williams Plettenbergbaai Egg: Johanna A Daniël Bakker Egg: Marlize Dooplid: Kyla Dooplid: Milan Celeste Marshall Lizzy Marshall Jan Hendrik Jooste Ewald L Landsberg Waterkloofrand
Rietvallei Randburg Mooifontein Pretoria-Noord
Pretoria-Wes
Warmbad Warmbad Heilbron
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za
WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.org.za Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
(Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Derrick Mashau (New Life City Church kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Reëlings Datum
Plek
24 Nov
Duxbury
Diensbeurt Ouderling Diaken Soekie Kruger
24 Nov
Troyestr
1 Des
Duxbury
Dienste deur Hervormde Kerk Ouderling Diaken Steyn van Wyk
1 Des
Troyestr
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA Dankbaarheidsfonds
Skinkbeurt Almal
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).
Belydenis van geloof afgelê - 10 Nov. 2013
Botswana: Bouprojek in Januarie Die voëls van die hemel Met die eerste nagmaal vanjaar het ’n duif dit bygewoon. Met die laaste nagmaal – ’n swaeltjie. Ná duisende kilometer kom maak hy hom tuis op die orrelpyp in die kerk met ’n nagmaalsdiens – soos in Psalm 84:4 staan: “Selfs ’n mossie het ’n nes en ’n swaeltjie ’n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God!” Van die vyfde dag van die skepping is voëls deel van die mensdom. Noag laat ’n kraai vry om vas te stel of die aarde weer bewoonbaar is, die arend skop sy kleintjies uit wanneer hulle selfstandig moet word, maar vang hulle met sy vlerke en dra hulle na veiligheid (Deuternomium 32:11). Lukas 12:6 illustreer God se sorg: “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? … nie een van hulle [word] deur God vergeet nie.” Desondanks al die beloftes, maak ons soos Dolf van Niekerk beskryf: “met die kraanvoël se roep, en die hees geskree van die hadida; / jy ken my net - as jy gunste vra.” Mag die duif en swaeltjie ons aanspoor tot ’n loflied – wat die krys van ons eie hadidas stil sal maak.
Ons nooi julle uit vir ’n 10dag-uitreik na die noordwestelike deel van Botswana. Ons gaan ’n huis vir Bybelvertaler-gesinne bou, met sementstene. Lees meer oor die uitreik en die werk wat daar gedoen word: http://projekte.kruispad.net/b ou-in-botswana.html Datum: 15-25 Januarie 2014 Kostes: R1 000 - vervoer en kos ingesluit. Ons gaan langs die Okavangorivier kamp. Terwyl ons daar is, gaan ons ook die gebied ontdek! Kontak Anneke by anneke@kruispad.net Registreer: http://projekte.kr uispad.net/bou-inbotswana1.html Borg stene: http://projekte.kruispa d.net/borg-n-baksteen.html
Belydenisklas, ouers, grootouers en ander familielede
Só bedien óns mekaar Soos wat reeds aan u bekend gemaak is, word die bestaande wykstelsel vervang deur ’n nuwe vorm van bediening en indeling. Die hele Brooklyn-groep wat nie deel vorm van die studente-bediening nie is in die volgende agt groepe ingedeel:
Groep 1: Jong getroude lidmate sonder en of met klein kindertjies; Groep 2: Brooklyn/Menlopark; Groep 3: Oostelike dele van Pretoria/Garsfontein; Groep 4: Colbyn/Moot; Groep 5: Waterkloof; Groep 6: Afgetrede persone; Groep 7: Faerie Glen/Wilgers; Groep 8: E-Bediening aan lidmate buite Pretoria. Die groepe is, sover moontlik, geografies of ouderdomsgewys ingedeel. Binne elke groep is daar ouderlinge en medewerkers wat die mekaar-bediening binne die groepe en bestaande kleingroepe koördineer. Elke lidmaat sal eersdaags persoonlik in kennis gestel word in watter groep hy/sy/hulle val en onder watter ouderlingetoesig dit sal geskied. Dit bly vir die Kerkraad belangrik om dit te benadruk dat elkeen in die gemeente sy/haar gawes binne die raamwerk van mekaarbediening sal gebruik. Bo alles bly ons vra vir elkeen se voorbidding in hierdie saak.
Eerstejaarskamp
Stellenbosch 2014 18-22 Januarie 2014 Koste: R562 Registreer by: www.gkstellenbosch.co.za/ee rstejaarskamp.htm of by Mariétte by 072 778 7804 of Johan by 082 929 1733
Eerstejaarskamp
Bloemfontein 2014 10–12 Januarie 2014. Alle voornemende jong werkendes en studente in Bloemfontein wat belang stel, stuur ’n e-pos na studente@gkbloemburg.co.za of skakel Jan by 084 440 1662.
Cachet-Eerstejaarskamp 2014 Datum: 6-10 Januarie 2014 Plek: Nooitgedacht, 30 km buite Potchefstroom Koste: R750 (T-hemp en etes ingesluit) Vertrekpunt: Teologiese Skool Potchefstroom
Liefde as die allerbeste gawe
Fanie van der Schyff
Hoe lyk liefde? 1 Korintiërs 13:413 beskryf liefde soos volg: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” En daarom eindig hierdie gedeelte ook met die uitspraak: van al
hierdie dinge is liefde die heel grootste. “En die grootste hiervan is die liefde!”
(1 Korintiërs 13:13).
Liefde is die gawe wat al die ander gawes saamvat: Gee jouself in liefde!
Ons lees in 1 Korintiërs 13:2: “Al het ek die gawe om God se boodskap te verkondig en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om selfs berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.”
Hoe lyk liefde in die praktyk van die daaglikse lewe? Praktiese liefde is nie wat jy sê, nie wat jy kan doen nie. Dis wie jy is in jou verhouding tot die Here. Gaan wees wie die Here jou gemaak het, wat hy jou gegee het, opreg in jou liefde.
Troyestraat-diensgroep (Kontak Hanneke Joubert by 012 341 3020) Hierdie diensgroep het ten doel om die gemeenskap van gelowiges in Troyestraat te bevorder deur middel van dienslewering op die volgende terreine: 1 Teeskink 2 Begrafnisse 3 Troyestraat-funksies Hanneke Joubert 012 341 3020 4 Karmel Emmie Snyman 078 416 3018 5 Verjaarsdae Ansie Theunissen 082 773 5169 6 Beertjies Hanneke Joubert 012 341 3020 7 Klereverkopings Dalene Engelbrecht 076 394 0235 8 Orrelfonds Dalene Engelbrecht 076 394 0235 9 Tuin Ester Cordier 072 463 9844 10 Vervoer Word onderling gereël
Kaartmasjien ’n Besluit van die kerkraad maak dit nou vir lidmate moontlik om met die gerief van ’n kaartmasjien debiet- en kredietkaarte vir die volgende dienste te benut: maandelikse bydraes; barmhartigheidsbydraes; boeketafel-aankope; kaartjies vir gemeentefunksies; betaling vir kampe. Die kaartmasjien sal op die volgende tye beskikbaar wees: Sondae ná die diens in die kerksaal by die persoon aan diens; Sondagaande by die boeketafel; weeksdae tydens kantoorure by die kerkkantoor; by spesiale funksies; vir Bybelbank-donasies.
ADVERTENSIES 1. OP SOEK NA BLYPLEK IN CENTURION Pas getroude paartjie soek blyplek Januarie Tweeslaapkamer-tuinwoonstel/meenthuis Centurion Mall teen ’n bekostigbare Kontak Renske vd Walt by 079 969
vanaf 2013. naby prys. 4949.
2. TUINWOONSTEL TE HUUR, BESKIKBAAR 1 FEB 2014
20 m2 oopplan-tuinwoonstel met aparte badkamer (met stort, wasbak en toilet). Eie tuintjie en met ingeboude braaiplek. Nuut oorgedoen. Water, elektrisiteit en wasgoed een maal per week ingesluit in geadverteerde prys. Gemeubileerd met ’n klein yskassie, tafel, stoel, mikrogolfoond, klein induksie-stoofplaat en dubbelbed. Slegs 500 m van Steve Bikohospitaal-ingang. R3 100 p.m. en deposito betaalbaar. Kontak Mathilda du Preez by mathildadupreez@gmail.com (vir foto’s) of by 083 657 7007.
3. STUDENTEVERBLYF VIR MANSTUDENT Queenswood. Kamer met badkamer en instapkas. Ten volle gemeubileer met yskas en kookgeriewe. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Water en elektrisiteit ingesluit asook gebruik van wasmasjien. Naby Tukskampus, Gautrein-busroete en mediese kampus. R2 000 p.m. Kontak 082 570 1778. 3. RENAULT CLIO II 1.2L 16V 2002 MET NUWE VOORKOMS, PERFEKTE KLEIN STUDENTEMOTOR Volle diensrekord. Met onlangse diens is nokbelt, waterpomp en remskoene vervang. Sentrale sluiting, elektriese vensters en spieëls, lugversorging, kragstuur en ABS-remme. Bande 80% 124 000 km. Rede vir verkoop - nie meer student nie. R45 000 sluit padwaardigheidsertifikaat en herregistrasie in. Kontak Leon by 072 248 3348.
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.