10 Augustus 2014
Hart
&
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
’n Groter tent Fanie van der Schyff
’n Gesin met klein kindertjies slaap gemaklik in een tent wanner hulle gaan kamp. Wanneer die kinders egter groter word en vriende saamnooi, pas almal nie meer gemaklik in die oorspronklike gesinstent nie. Die enigste manier om almal dan te huisves, is om die kampplek te vergroot. Dit is die beeld wat in Jesaja 54 gebruik word. Wat beteken dit vir die kerk van ons Here vandag?
Aanddiens
Dis net genade...dat ons 'n verantwoordelikheid het Paul Grobler
So baie keer hoor ons iemand sê: "Dis net genade." Maar wat beteken dit eintlik? Beteken dit dat God alles doen en ons kan terugsit en wag tot die wederkoms of die dood, hang af van watter een eerste kom? In hierdie teks leer ons dat ons baie ontvang wat ons nie verdien nie, ons noem dit genade. Maar God het ’n plan en Hy maak ons deel van daardie plan. Ons veranwoordelikheid kom saam met die genade. Dis ’n verantwoordelikheid om nie die genade te misbruik nie, maar juis vanuit die genade teenoor ander te leef.
New Life City Church New Life City Church (NLCC) het gister formeel onafhanklik geword soos wat ons reeds geruime tyd in die gemeente bekend gemaak het. ’n Lang verwagte droom van kerkplanting in die hartjie van Sunnyside is bewaarheid. Soli Deo Gloria! Derrick Machau is dus nie meer predikant in Brooklyn nie, maar predikant van NLCC. Ons bid hierdie nuwe gemeente die ryke seën van ons Here toe!
Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Jesaja 54 (:2) Sang: Ps 105a:1, 2 Ps 80a:6 Sk 2-6:7 Lied 168:3 Sk 8-3 Sk 20-1:6 Sk 20-1:3, 5, 7 Ps 134b:1, 2 Ps 134a:3, 4 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Paul Grobler Skriflesing: Efesiërs 1:1-14 Sang: Ps 18-2:1, 7 Sb 12-2:1-5 Magaliesburgse aandlied
Troyestraat Christelike Sentrum: 9:30 (Residentiasaal) Hierdie diens word deur die Hervomde Kerk gereël. Preke is aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD- formaat beskikbaar.
Dagboek
Vandag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee Vrydag: Biltongfees!
Gelukwense
Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde (Psalm 46:11). 10/8 10/8 10/8
Louise Susan Renier
Marais Steyn van Jaarsveld
072 262 3602 073 183 8230 082 324 7878
11/8
Marthinus
Barnard
082 874 9360
11/8
Janneman
Basson
082 555 8477
11/8 11/8 11/8
Pollie Annette Gerda
Minnaar Snyman Snyman
Karmel 084 207 9272 083 625 6353
11/8 12/8 12/8 12/8
Rouan Mias Jeanettte Roline
Venter Bekker Dell Hoogenboezem
082 388 1217 083 650 7537 083 402 3066 073 175 2053
12/8 13/8 13/8 13/8
Neels Ester Mia Babs
Matthyser Cloete Lategan Prinsloo
082 923 0991 084 588 3520 082 976 0756 012 440 2651
13/8 14/8 14/8
Ben Hennie Nadia
Vorster Badenhorst Willemse
083 225 8919 079 038 0742 072 097 2579
08/15 08/16 08/16 08/16
Juan Louwrens Alida Chris
Human Bester du Plessis Robbertse
072 264 4979 071 874 8082 082 492 0145 072 209 7426
Ter approbasie As ouderlinge: Peet Langley, Danie Bakker, Jan Dekker, Fanus Nortje en Marinus van der Hout.
Enkellopende en jonggetroude diensgroep
Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.
Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
Augustus-dankoffer 2014 Ons doelwit vanjaar is om R900 000 met ons jaarlikse AUGUSTUS-DANKOFFER en die BILTONGFEES in te samel. Briewe in dié verband sal binnekort aan u gestuur word. Daar bly nog twee weke oor voor die BILTONGFEES, wat op Vrydag 15 Augustus in die saal van ons buurskool gaan plaasvind. Kom ons wend ’n spesiale poging aan met ons DANKOFFER en ons ondersteuning van die BILTONGFEES om ons doelwit van R900 000 te haal. Stort asseblief u DANKOFFER in ’n koevert of maak ’n oordrag na die bankrekening van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria, rekeningnommer 540 340 110 by ABSA Bank, met duidelike verwysing na u naam en dat dit bedoel is vir die AUGUSTUS DANKOFFER. Ons berig spoedig in Hart & Hand hoe ons met hierdie spesiale poging vorder.
Kommissie vir Administrasie
Voorbidding
Indonesië Aardbewings en oorloë Missiele in Gaza en ’n aardbewing in Suid-Afrika. Vir ons wat nie aardbewings gewoond is nie, was dit ’n minuut toe alles gebewe het, maar dit het gevoel asof die tyd stilstaan. God gebruik aardbewings om mense paniekbevange te maak (1 Samuel 4:15), maar kom na Elia in ’n “fluistering in ’n windstilte” (1 Konings 19:11) en nie in ’n aardbewing nie. Esegiël beskryf aardbewings dikwels as deel van sy profesieë. In die Evangelies word twee aardbewings beskryf: as Jesus sterf en as Hy opstaan (Matteus 27-28). So word die verlossing van sy volgelinge deur twee aardskuddende gebeure bevestig. Waar oorloë en bloedvergieting so oud soos die mensdom self is en aardbewings dikwels voorkom, en daar somtyds na die eindtye verwys word as dié twee sake ter sprake is, sê Matteus 6:24: “Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie” want elke dag is ‘n nuwe dag van God se raadsplan en “vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag” (2 Petrus 3:8).
Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “GroepSonder-Naam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lankbeloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!
Datums vir 2014: 11 September, 9 Oktober en 13 November
Tegniese spanlede
Dit is moeilik vir nuwe gelowiges om die Islamitiese leerstellings agter te laat. Dit is ook vir hulle moeilik om die basiese Christelike leerstellings soos die heerskappy van Jesus en die drie-eenheid te verstaan, omdat hulle voorheen gedink het dat Christene meer as een God aanbid. Daarom is deeglike dissipelskap van kardinale belang sodat hulle standvastig kan wees in die geloof. Bid dat die komende dissipelskapprogram hulle geestelik sal voed en hul geloof sal versterk.
Kerkkantoor Let asseblief daarop dat Rentia steeds by die huis herstel ná haar skoueroperasie en dat Ela gedurende hierdie tydperk in die kerkkantoor sal wees van 08:00 tot 13:00.
Dissipelskapkafee 11 Augustus Museums en die Bybel: Artifakte wat die Bybel en godsdiens belig Aanbieder: Gerrie 18 Augustus Die Bybel: Geskiedenis van die Bybel Aanbieder: Paul 25 Augustus Die Bybel: Hoe moet ek die Bybel lees? Aanbieder: Paul
Daar is dringend nog mense nodig in die tegniese span wat help om op Sondae die eredienste se klank- en Psalmvoorleggings te bestuur. As jy weet hoe ’n klankbord werk of wil leer hoe een werk, kom praat met Braam van Zyl, Andries Scheepers of Werner Pieterson.
God se tyd is mooi tyd
Prediker 3:1-15 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondag 3 Augustus 2014) Elke ding se vaste tyd God het tyd gemaak en God bepaal steeds alle tyd. Hy is immers die Alfa en die Omega, die begin en die einde. Hy oorspan tyd en ewigheid, want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Daarvan was die Prediker diep bewus toe hy geskryf het dat vir elke ding in hierdie wêreld (letterlik: onder die son) is daar ’n vaste tyd, ’n voorafbepaalde tyd. Kragtens sy ewige raadsbesluit het Hy alle dinge, van die grootste ingrypende dinge, tot die kleinste skynbaar onbenulligste dingetjie tot in die fynste detail bepaal en dit aan tyd gekoppel (Prediker 3:14). Hy het alles mooi gemaak in tyd (Prediker 3:11a, ou Afrikaanse vertaling). Die groot troos Tog kan mens die werk van God nie ten volle verstaan nie. Ons kan nie verstaan waarom daar steeds so baie seer en swaar in hierdie lewe is nie. Die groot troos wat Hy ons egter gee, is dat Hy deur die swaar en seer van sonde steeds ons Here bly wat ons deur alles heen in hierdie lewe dra (artikel 13, Nederlandse Geloofsbelydenis). Ons roeping Tyd is ook gebind aan roeping. Ons lewe is nie doelloos nie. Ons Here gebruik ons elkeen in sy diens. Prediker 3:10 sê: “Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het om hom mee besig te hou.” Hierdie taak is ook aan tyd gekoppel – dit is so lank as wat ons lewe. Ons is sout en lig – God self het ons dit gemaak. Laat ons dit wees... God se mooi tyd Elke ding het sy tyd en God se tyd is mooi tyd. Sien dit raak in jou lewe, nie net in tye van vreugde en dankbaarheid nie, maar ook in die tye van swaar en onsekerheid. Sien jou lewe en roeping teen die agtergrond van ons Here Jesus wat mens geword het en saam met ons “in tente woon” totdat die tyd gekom het dat ons lewe hier op aarde oorgaan in ewigheid. Tot dan, koop God se mooi tyd uit, tot verheerliking van Hom deur jou lewe, tot opbou van hierdie kerk waarvan jy deel is en tot eer van ons Here se Naam.
Gereformeerde Kerk Meyerspark
Samewerkingsgesprek: Die tweede tree Die tweede gesprek waartydens samewerking tussen verskeie gemeentes van die Gereformeerde Kerke in die Ooste van Pretoria oorweeg word vind op Donderdag 14 Augustus 2014 om 18:00 by die Gereformeerde Kerk Meyerspark plaas. Sake wat bespreek sal word is onder andere die volgende: Projekte waarmee u gemeente tans besig is om die evangelie uit te dra; Projekte wat met armoedeverligting te make het; Projekte wat ten doel het om immoraliteit in die samelewing teen te werk; Projekte wat ‘n impak kan maak op teenwerking van korrupsie en ‘n geweldskultuur; Aanwending van hulpbronne om die uitdra van die evangelie te bevorder; Bedienaars van die Woord en ander personeel wat tans besig is met die uitdra van die Woord die wêreld in; Evangelisering van kinders, jong mense, gesinne, en ander; Enige saak waarin gemeentes hande kan vat om ’n groter impak te maak; Troumaberading in samewerking met die SAPD Spesifieke behoeftes in ons gemeenskap, waarvan u bewus is, maar nie genoegsame aandag geniet nie, kan gerus vir bespreking voorgelê kom word. Lidmate wat die aand se verigtinge wil bywoon moet asseblief hulle name teen 11 Augustus aan die kerkantoor deurgee sodat getalle aan Meyersparkgemeente bepaal kan word ter voorbereiding van ‘n ligte ete wat aangebied word.
Navrae kan ook aan Fanie gerig word by 083 446 6096
Oorweeg ’n interessante skenking vir ons blitsveiling Kaartjies vir die BILTONGFEES Betalings vir die BILTONGFEES As daar persone is wat reeds hul geld vir die fees wil inbetaal, kan dit gedoen word in die volgende rekening: Diensgroep Projekte, ABSA-tjekrekening: 40 7921 5606. BAIE BELANGRIK: Meld asseblief “biltong” en jou naam as verwysing.
In die BILTONGFEES-slaghuis Daar is lekker gemsbok-wildsbene te koop @ R20 per pak, asook elandbraaiwors @ R65 per kg. Indien enigeen ’n kontak vir ’n koedoe en twee vlakvarke het, kontak asseblief vir Fanie by 083 446 6096. Ons wag ook skenkings in van bv. interessante wyn en tablette (iPads).
Nader asseblief die volgende persone vir bespreking van tafels of individuele plekke en kaartjies: Bets Engelmohr by 082 320 9133,
Elfrieda Marais by 072 179 5847, Wina Cameron by 082 859 5216 of Annalie Grové by 082 879 6654. LET WEL: Daar is slegs nog 100 kaartjies beskikbaar! Vir skenkings en algemene navrae, kontak Fanie
van der Schyff by 083 446 6096, Wina Cameron by 082 859 5216, Danie Eloff by 083 952 4764, Frikkie Labuschagne by 073 733 0799 of Jaco Marais by 082 491 6204. Kaartjiepryse Volwassenes: R120 Studente en hoërskoolkinders: R100 Laerskoolkinders: R50 Voorskoolse kinders: Gratis
Dankie vir almal se ondersteuning en voorbidding! -Wina Cameron
Rietvallei se LenteBoerefees 20 September vanaf 09:00 by die Zwartkopslapa, Centurion Toegang: R10 per voertuig Dans: R50 per paar Potjiekoskompetisie: 1ste prys: Gratis wegbreeknaweek vir vier mense 2de prys: Gratis kampnaweek vir vier mense 3de prys: ’n Kas wyn Beoordelaar: Ben Kruger (Okkie van Binnelanders) Stalletjies, gesigverf, springkasteel, pret en plesier vir die hele gesin Koelhouer/mandjiedans: 19:0023:30 Stalletjie: R200 Potjie-inskrywing: R150 Laaste datum vir inskrywing en besprekings: 31 Augustus
Neem asb. kennis dat die parkering soos aangedui op die lugfoto van die terrein van die Gereformeerde Kerk Brooklyn en die Saint Mary’s School for Girls slegs vir busse bedoel is. Gemeentelede word versoek om nie van hierdie parkering gebruik te maak nie
BUSPARKERING Saint Mary's Diocesan School for Girls Slegs vir busse
HOU JY VAN
MUSIEK Dan is dit nou die geleentheid ’n Pragtige program word op 29 Augustus hier in ons kerkgebou aangebied en dit is gratis! Agapé sal ligte verversings bedien
Onthou 29 Augustus van 19:00 tot 20:00
ADVERTENSIES 1. GEMEUBILEERDE KAMER Klein, gemeubileerde kamer met eie ingang en eie badkamer beskikbaar in Menlopark, 2km van UP. Water en ligte ingesluit. Geen kombuis, ontbyt onderhandelbaar. R1 900 p.m. Dadelik beskikbaar. Kontak Mia by 082 443 0760.
2. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596.
3. VERBLYF VIR MANSTUDENT Enkelkamer met badkamer en instapkas. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Naby UP-kampus en mediese kampus asook Gautrein-busroete. Huur van R2 2000 p.m. sluit in elektrisiteit en water asook wasgoed- en skoonmaakdiens. Skakel Joan by 082 570 1778.
4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’ Verbeter u gehoor by Liza Van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.
5. KRIEKETKOLF BENODIG Ek is op soek na ’n krieketkolf vir buitekrieket wat nie meer gebruik word nie. Ek sal dit graag oorneem. Kontak Liza Terblanche by 073 588 6907 of e-pos terblancheliza@gmail.com
Bybelverspreiding … aan kinders Waneer ons aan Bybelverspreiding dink, dink ons gewoonlik aan Bybels vir grootmense, maar moenie van die kinders vergeet nie. ’n Kinderbybel is omtrent dieselfde grootte en prys en die volgende is beskikbaar: 1. My Eerste Lees en Leer Bybel. Ekstra dik kartonbladsye, 9 gunsteling Bybelverhale, volkleurillustrasies, ideal vir kinders van 2-6 jaar. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu @ R65 by die Bybelgenootskap. 2. Lees en Leer Kinderbybel. Vir kinders 7-12, al die gunsteling-Bybelverhale, volkleur-illustrasies, voetnote en merklint, 544 bladsye wat maklik lees. Beskikbaar in Afrikaans en Engels @ R115 by die Bybelgenootskap. 3. Kinderbybels. Vir kinders 9-12, hardeband, volkleur-illustrasies, 256 bladsye. Beskikbaar in Suid-Sotho, Xhosa en Zulu @ R59 by die Bybelgenootskap. 4. Kinders van God. 50 Bybelverhale soos vertel deur aartsbiskop Desmond Tutu. Beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Tswana, Sotho en Sepedi (Noord-Sotho) @ R80 by die Christian Literature Fund, Wellington.
Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Werkende enkellopendes Pak jou piekniekmandjie... en kom geniet ’n heerlike dag saam met ons! Datum: Saterdag 9 Augustus, Tyd: 12:00, Plek: Rietvleidam (www.rietvlei-reserve.co.za) Koste: R45 per volwassenes R25 per kind R.S.V.P. voor 7 Augustus willemien.nederveen@gmail.com of 072 406 9829 ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
WEBtuiste
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings
17 Aug
Duxbury
Diensbeurt Ouderling Louis de Klerk Diaken Marinus v.d. Hout Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Ouderling Diaken Steyn van Wyk
17 Aug
Troyestr
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za (Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
Troyestr
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
10 Aug
Fanie van der Schyff
kantoor@gkbrooklyn.org.za
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Datum Plek 10 Duxbury Aug
Predikante verbonde aan die gemeente:
Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Skinkbeurt Marie
Onder die diens Diakonale werk By die deure Trans-Oranje Instituut vir Buitengewone onderwys
Janneke
Ds Chris de Beer sal DV op Sondagaand 7 September sy intreepreek as nuwe predikant in die Gereformeerde Kerk Brooklyn lewer. Meer besonderhede sal binnekrort in Hart en Hand bekend gemaak word.
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).