Hart en hand 12 april 2015

Page 1

Gereformeerde Kerk PretoriaBrooklyn 12 April 2015

Hart

&

Hand

Foto: ‘n Antieke Egiptiese sonwyser

Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

Watter skatte sien jou kind in jou huis?

Fanie van der Schyff Hiskia het letterlik by die dood omgedraai weens ernstige siekte. God bring genesing. Vandag word ’n verbondskindjie in hierdie gemeente gedoop. Wat leer die Heilige Gees ons almal deur Hiskia se siekte en genesing? Aanddiens

Die offer van gelowiges

Chris de Beer In Romeine lees ons van twee offers wat gebring word. Die eerste is gebring vir gelowiges en die tweede word gebring deur gelowiges.

Gelukwense Baie geluk aan Nicolaas en Yolani Steenekamp met die doop van hul babaseuntjie, Ralph, vanoggend. Mag hy julle baie vreugde verskaf. Baie geluk aan Paul en Carla Grobler met die bevestiging van hul huwelik gister. Ons bid hulle die Here se rykste seën toe.

Jesaja 38: 7-8 7] Ek, die Here, gee vir jou die volgende teken dat Ek sal doen wat Ek gesê het: 8] Ek sal die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas se sonwyser afgesak het, tien trappe laat terugskuif.” En die son het tien trappe teruggeskuif op die trappe waarop dit reeds afgesak het.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Jesaja 38:1-8 Jesaja 39 (:4) Sang: Sk 12-3:1, 2 Ps 100a:1, 2, 3, 4 Ps 134a:4 Lb 292:1, 2 Ps 128:3, 4 Sk 10-2 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Romeine 12:1-8 Sang: Ps 107a:1, 10 Ps 9a:1, 7 Ps 25b:4 Ps 145a:1, 2, 4 Sk 13-3 Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.


DAGBOEK

Maandag: Skole heropen Dinsdag: 08:30 Predikantetoerusting Woensdag: 18:00 Bedieningskommissie 19:00 Beginpunt

Gelukwense

Donderdag: 12:00 KVA

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Naasteliefde

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee (2 Korintiërs1:3). 12/4 12/4 12/4 12/4 13/4 13/4 13/4 14/4 14/4 14/4 15/4 15/4 15/4 16/4 16/4 16/4 16/4 16/4 16/4 16/4 17/4

Magdie Chaney Renée Bert Dalina Margie Peter Thelma Rendani Jan Paul Nico Koos Jacques Steinman Rudi André Corlia George Chris Baba Ina

Hartman Heystek Myburg v.d. Walt Breed Coetzee Jacobs de Jager Kruger Lubbinge v.d. Linde van Dyk Willemse de Bruyn de Lange Laubscher Pienaar Steenkamp Swanepoel van Rooy v.d Walt

18/4

Louw

Steyn

071 608 8400 079 267 8381 079 516 0959 082 778 2872 072 548 5147 Steenberg 202 082 391 1503 084 745 9902 082 697 1523 078 215 3497 078 298 5849 083 326 5536 079 362 8312 082 786 5909 072 228 8461 082 95 51163 082 96 08771 083 447 3315 082 374 3210 083 284 5195 Louis Mansions 302 082 775 3366

Sestigplussers Ons volgende byeenkoms vind plaas op 23 April. Hou die volgende Hart & Hand dop vir meer besonderhede.

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte Ons vra u voorbidding vir Eddie Terblanche (083 574 4310), wat die afgelope week ’n operasie ondergaan het, en ook vir Magda Richards (082 551 3617), wat die afgelope tyd in die hospitaal was.

Voorbidding:

Mianmar Bid vir diegene wat in Boeddhisbeheerde gebiede woon en tans stoei met die gedagte of hulle Jesus gaan volg. Hulle word deur die monnike gedreig dat hul werksgeleenthede geweier sal word of dat hul besighede geboikot sal word as hulle hul lewe aan Jesus Christus sou oorgee.


Tema-opsomming

JESUS LEEF Johannes 20:1-10; Matteus 28:1-10 As opgestane Here openbaar Jesus Homself eerste aan Johannes, “die dissipel vir wie Jesus baie lief was” (Johannes 20:2) en daarna aan twee vroue, “Maria Magdalena en die ander Maria” (Matteus 28:1). Op totaal verskillende maniere verkondig Hy aan hulle dat Hy inderdaad uit die dood uit opgestaan het en leef! Toe Johannes vroeg die Sondagmôre in die graf ingaan, sien hy ’n hoop doeke waarin die liggaam van Jesus met sy begrafnis toegebind was en aan die ander kant van die leë graf sien Hy die doek waarmee Jesus se kop en nek toegedraai was. Die kopdoek het egter nie soos die ander doeke opgefrommel op ’n hoop gelê nie, maar was netjies opgerol. Johannes het besef dat daardie opgerolde doek ’n direkte boodskap van Jesus aan hulle was ... en hy het geglo (Johannes 20:8)! In die Joodse kultuur van destyds het ’n opgefrommelde en ’n netjies opgerolde servet aan ’n etenstafel elkeen sy eie boodskap verkondig:  

’n Opgefrommelde servet in die bord ná ete het vir die gasvrou gesê: “Dankie, my bord is leeg” en “Ek het heerlik geëet.” ’n Opgerolde servet in die bord ná ete het vir die gasvrou gesê: “Dit was vir my glad nie lekker om hier te eet nie” en “Nooit weer kom ek as ek uitgenooi word nie.” ’n Opgerolde servet langs die bord ná ete het vir die gasvrou gesê: “Ek is net vir ’n oomblik uit” en “Ek kom nou weer terug.”

Toe Johannes daardie hoop opgefrommelde doeke en die netjies opgerolde kopdoek wat eenkant lê, raaksien, het hy onmiddellik besef dat Jesus ’n servet aan etenstafel as beeld gebruik het om daar in die leë graf vir hulle ’n boodskap te los oor sy eie opstanding: 

Die opgefrommelde hoop grafdoeke het verkondig: Ek is nie meer toegedraai soos ’n mummie in ’n graf nie; Ek het opgestaan; Ek leef!

 Die opgerolde kopdoek het aan die een kant verklaar: Ek het een maal vir jou sonde gely, gesterf en die angste van die hel tot die dood toe ondergaan. Dit was ’n eenmalige betaling van al jou sonde. Dit is volbring: Tetelesthai!  Die opgerolde kopdoek het aan die ander kant verklaar: Ek kom terug na julle! Ek was dood, nou leef Ek! Nadat die twee dissipels weg is van die graf, het die twee vroue ook die leë graf verlaat. Hulle het skielik in Jesus vasgeloop en Hy het hulle informeel soos ou vriende gegroet met die woord hello of hi (Matteus 28:9). (Die Griekse woord is gaire en kan letterlik vertaal word met hello of hi.) Deur hulle so informeel te groet, het Jesus in die eerste plek sy teenwoordigheid bevestig. Ons groet mekaar tog wanneer ons mekaar ’n tyd lank nie gesien het nie. Dit is asof ons, as ons iemand groet, sê: “Kyk, ek was weg, hier staan ek nou weer in jou teenwoordigheid.” So groet Jesus hulle dan om vir hulle te sê: “Kyk, hier staan Ek voor julle in lewende lywe. Ek het opgestaan uit die dood.” Jesus se informele groet het ook warmte en intimiteit verkondig. Dit is asof ons Hom hoor sê: “Al is Ek opgestane Here oor lewe en dood en Satan en alle magte, bly jy nog steeds kosbaar Myne wat Ek altyd sal lief hê en onthou ook, Ek is met jou al die dae van jou lewe.” Dieselfde Jesus wat Homself aan Johannes en die twee vroue bekend gemaak het as opgestane Here, bevestig sy opstanding aan ons deur sy Woord en die gawe van die Heilige Gees wat geloof aan ons gee. Daarom kan ons ook vandag nog met sekerheid glo en bely: “Jesus ons Verlosser, leef!”


FRANSE RADIOBEDIENING Hoop, sekerheid en ware vertroue mag nie afwesig wees nie Ds Eric Kayayan Ons is besig om ’n groter fokus op die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te probeer plaas en nouer bande met plaaslike Gereformeerde predikante aan te knoop. Tot dusver is die groot stad Lubumbashi, in die suide van die DRK, aangrensend aan Zambië, nog nie gedek met die programme van die Franse Radiobediening via ’n plaaslike FM-radio nie - wel met ons kortgolf-uitsendings, maar dié word al hoe minder deur mense gevolg. Die meeste mense wat in groot stede woon, skakel in op hul gunsteling plaaslike radiostasie. Ons broeder en getroue samewerker, ds Banze, wat teologie in Potchesftroom gestudeer het, het my pas laat weet van ’n Christelike FM-radio in Lubumbashi wat bereid sou wees om ons programme uit te saai – teen 30 dollar per uitsending van 15 minute, dus 1 560 dollar per jaar. Miskien kan die tarief onderhandel word. Hierdie 1 kW-radio het ’n potensiële gehoor van sowat 300 000 mense. Indien ons dit regkry om voldoende fondse voor die einde van 2015 in te samel, kan ons van 2016 op die lug in Lubumbashi kom. Maar dan moet ons dit volhoubaar maak en aanhou om op die lug te bly! Wat so ’n projek strategies belangrik maak, is dat ’n klomp Gereformeerde predikante die gemeentes in Lubumbashi bedien. Indien hoorders vrae het oor hierdie of daardie aspek van ’n radioprogram, kan hulle dan met een van die betrokke predikante skakel. Die opvolg van die radiobediening word dus gemonitor, en dit kan ’n positiewe invloed hê op die groei van plaaslike Gereformeerde gemeentes. Terwyl groot herstelwerk in ons huis hier in Frankryk uiteindelik aan die gang gekom het, gaan die ontwikkeling van geskikte media-platforms vir ons Franse bediening steeds voort, veral wat die bou van ’n nuwe webtuiste betref. Ek neem ook deel aan gesprekke met verskeie plaaslike Christelike groepe, soos die Groupes Bibliques Universitaires (GBU). Hulle het my uitgenooi om op 24 en 25 Maart aan hul Veritas-aande deel te neem oor temas soos “Is die Bybel ’n betroubare teks?” oor oorlewering, manuskripte, ens. en “Is daar sin in die lewe?” Dié gesprekke was gemik op studente van verskillende kampusse in die groot stad Angers wat basiese vrae oor die Christelike geloof regstreeks aan Christene wou vra. Ek kon onder meer ’n baie sinvolle gesprek met ’n Marokkaanse Moslem-student voer, aan wie ’n Bybel in Frans geskenk is tydens dié aand. Bid asb. dat die saad wat geplant is, sal groei en dat al hierdie jongmense sal ontdek dat daar in Jesus Christus sin en vreugde vir hul lewe is - nie net hier op aarde nie, maar in die nuwe hemel en op die nuwe aarde wat die Here vir al sy kinders voorberei. Bid ook asb. dat die bearbeiding wat ek van tyd tot tyd probeer doen by die jong plaaslike predikant van die Protestantse gemeente in Saumur vrugte sal dra, sodat hy die suiwer evangelie elke Sondag sal begin preek en nie ’n boodskap waarvan hoop, sekerheid en ware vertroue heeltemal afwesig is nie.

MAAK JOU EIE SONWYSER ❶

Druk die potlood versigtig deur die Skryf horlosie nommers rondom middle van die bord die bord

Jy benodig

 ‘n Papierbord  ‘n Merkpen  ‘n Potlood

Wys die 12 op die bord na Noord en die son sal vir jou wys hoe laat dit is.


Agapé-kosbank

Jesus se vierde kruiswoord En toe word dit skielik, helder oordag, stikdonker ’n doodse anderse donkerte as gewone nag. Dit is twaalfuur, ’n Vrydagmiddag, in aanloop tot die Paasfees. Omstanders by die drie kruise op Golgota wonder oor die betekenis van hierdie dinge. Aan die middelste kruis worstel Jesus met Satan. Pynlik, intens ... Hy weet dat hierdie verskrikte donkerte God se oordeel oor mensesonde is waarvoor Hy moet betaal. Teen drieuur die middag weerklink ’n stem van wanhoop en angs: “My God, My God, waarom het U My verlaat” (Matteus 27:47). Deur God verlaat! Dít was Jesus se betaling vir jou sonde sodat jy met die sekerheid mag leef: Nooit sal ek ooit deur God verlaat word nie. Dank Hom vir Jesus se betaling van sonde ...

Agapé vra soos in die verlede weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes na mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb. die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Kontak Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625.

19 April: Verjaarsdagtee Die die eerste Sondag ná die skoolvakansie en almal wat in April, Mei en Junie verjaar, word gevra om ’n bordjie hand-eetgoed saam te bring. Ná die diens kuier ons almal dan gesellig saam om die die verjaarsdae te vier.

Program vir Dissipelskapkafee April – Junie 2015 April

Mei

Junie

Kom gerus, bring iemand saam en woon hierdie byeenkoms by.

6 13 20 27 4 11

Vakansie Geen Dissipelskapkafee nie Klassis Oostelike Pretoria Vakansie Agapé-vergadering Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees?

18 25 1 8 15

Wat is die werk van die Heilige Gees? Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Agapé-vergadering Die Engel Vakansie

Paul Grobler Paul Grobler

22

Die Engele en die duiwel

Magdal Pienaar-Marais

Paul Grobler

Chris en Paul

Wit-olifant-verkoping Ons hou ’n wit-olifant-verkoping om geld in te samel vir Bybelverspreiding. Begin dus nou al om al die wit olifante na die kerkkantoor te bring. Kontak Bets Engelmohr by 082 3209 133 of Erna Kruger by 082 4532 417 vir meer besonderhede


Agape-diensgroep baie dankie Beroepenuus Sondag 5 April 2015

BEROEPE AANVAAR  Ds E Naude (Emile) van Eden na Boksburg-Suid.  Ds FJ Potgieter [Fritz] van Meyerton na Bloemfontein-Suid Sondag 12 April 2015

BEROEPE ONTVANG  Ds JP van der Walt (Jan) van Strand na Otjiwarongo. BEROEPE AANVAAR  Ds JP van der Walt (Jan) van Strand na Otjiwarongo.

Ingekom met attestaat: Coenraad W Rietvallei Egg: Ilma Tania Dooplid: Angelique M Dooplid: Coenraad W Dooplid: Jean M

Lucas Maree herdenk by GK Meyerspark Lucas Maree se musiektalent word op Vrydagaand 17 April in Pretoria herleef. Lucas se dogter, Monica, en Jacobus Silwer van Bloemfontein (waar Lucas gewoon het) bied ’n vertoning aan ter nagedagtenis aan Lucas by die Gereformeerde Kerk Meyerspark (hoek van Emmerentia- en Nicolettestraat). Dit begin om 19:00. Kaartjies is by die deure beskikbaar, maar kan ook bespreek word by die kerkkantoor by 012 803 4312. Kaartjies kos R60. Ligte verversings word ná die tyd in die kerksaal bedien waar CD’s van Lucas Maree ook te koop aangebied sal word.

Vetkoek-Vrydag was ’n reusesukses! Baie dankie aan almal wat hierdie projek ondersteun het. Ons waardeer dit regtig baie. Al die fondse gaan gebruik word vir die Sustersaamtrek wat ons gemeente moet reël. Ons volgende Vetkoek-Vrydag is op 15 Mei en dit beloof om baie lekker te wees!

Eljadahuis Kos bly ’n daaglikse behoefte by die gemeenskapshuis Eljada in die weste van Pretoria, waar tot 60 mense daagliks kos kry. Indien jy ’n bydrae wil lewer, kan niebederfbare kos in die houtkis in die voorportaal van die saal geplaas word. As daar iemand is wat eerder kontant wil gee, kan dit in ’n koevert, wat gemerk is "Eljadahuis", in die kollektesakkie geplaas word.

AGAPÉ-UITREIK Die jaarlikse gesellige uitreik saam met die Brooklyndames en hul huiswerkers en vriendinne vind weer plaas op Saterdagoggend 9 Mei om 09:00 vir 09:30 in die kerksaal. Dit beloof om soos elke vorige jaar ’n vrolike kenmekaar-geleentheid te wees saam met die orkes van New Life City Church en ’n interessante, informele program. Hierdie geleentheid word ook gebruik om geld in te samel vir Bybelverspreiding d.m.v. ’n wit-olifantverkoping. Begin dus reeds nou om al die wit olifante na die kerkkantoor te bring. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133 of Erna Kruger by 082 453 2417 vir meer besonderhede.


BEURTKRAG

Bystand-kragopwekker Enige bydrae vir hierdie buitengewone koste-item is baie welkom.

Ons bedieningswerk in die kerk, saal, kantore en by die pastorie moet aangaan te midde van beurtkrag omdat die agterstand van Eskom nie gou uitgewis sal word nie. Hiervoor het die kerkraad tenders uitgestuur en toe ’n bystand-kragopwekker by Genpower Electrical bestel. Die besonderhede is soos volg: 50 KVA Cummins-dieselopwekker met klankkas en oorskakelmeganisme; Totale koste plus BTW en installasie: R181 000; Dit tree in werking teen middel April 2015.

.

Plaas u bydrae elektronies oor in bankrekening Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, ABSA, rek.nr. 540 340 110 ( verwysing Generator) of in ’n gemerkte koevert in die kollektesakkie.

ADVERTENSIES DIE WASLYN Ons was gordyne: ons kom haal dit af, was, droog en stryk dit en hang dit weer vir u. Skakel 078 296 4596. 3-DIMENSIONELE HANDBORDUURWERK Stel jy belang om die kuns van 3-D handborduurwerk aan te leer? Borduur met sylint, wol, garing en krale. Ons borduur rose, blomme, bome, tuine en damesfigure mat aandrokke. Klasse word aangebied. Kontak Joey by 082 971 7266 vir meer inligting. HEARING HUB OUDIOLOË Ons bied gehoortoetse, gehoorapparate, gehoorbeskerming en spraakterapie vir jonk en oud. Skakel ons gerus by 012 346 0511 (Menlopark) of 012 997 1718 (Moreleta Park). Ons sien uit om u te ontmoet.

STRANDHUIS IN CANNON ROCKS, OOS-KAAP beskikbaar oor Paastyd en vakansie. Die huis loop uit op die strand met 180-grade-seeuitsig. Hoofslaapkamer vir 2 en kinderkamer met 5 stapelbeddens plus 1 bedbank in woonkamer, groot woonvertrek, kombuis en 2 badkamers, stoep plus motorhuis. Ten volle toegerus: beddegoed, badhandoeke, DSTV, speelgoed, boeke, Weber. Kontak Linda van Vuuren by 082 825 0220. TUINWOONSTEL BESKIKBAAR Ruim, veilig en netjiese tuinwoonstel beskikbaar in Menlopark vir enkelpersoon. Onmiddellik beskikbaar @ R4 500 (w&l ingesluit, 1x per week skoonmaker). Nie-rokers & geen troeteldiere nie. Skakel 083 303 1122 of 083 459 4905. KOSMOS SKOONMAAKDIENS Skoonmaak van alle tipes woonhuise en wooneenhede volgens jou behoefte. Weekliks, maandeliks of eenmalig. Werk self saam met span. Kontak Ansie by 076 7687 056.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum Plek 12 Duxbury Apr

Diensbeurt Ouderling Gerrie Kirsten Diaken Fanus Nortje

12 Apr

Troyestr

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

19 Apr

Duxbury

Ouderling Diaken Hannes Welman

19 Apr

Troyestr

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Skinkbeurt Marié

Onder die diens Diakonale werk By die deure Die Kerkblad

Elfrieda en Ester

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.