Hart en hand 12 oktober 2014 (2)

Page 1

12 Oktober 2014

Hart

&

Hand

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens

’n Lewe wat saak maak

Paul Grobler Ek het onlangs die volgende gelees: “My greatest fear is not failure, but being successful in something that doesn't matter.” Dit het my baie laat dink oor waarmee ek besig is en of dit saak maak. Hoe maak ek seker dat dit waarmee ek besig is saak maak en vir wie maak dit saak? Dalk is ek en jy besig met goed wat saak maak vir myself, ander, die wêreld, vriende, familie… maar maak dit regtig saak. Wat van as ons die woorde “vir ewig” of “in die koninkryk” insit? Maak dit wat jy doen saak in die koninkryk van God? In Matteus 25:31-46 vertel Jesus ons iets van wat saak maak in sy koninkryk. Mag ons uit hierdie gedeelte leer dat ons mense moet wees wat besig is met dinge wat saak maak. Aanddiens

Die wegkruipertjie-gode

Chris de Beer In ons lewe is daar soms afgode wat wegkruipertjie met ons speel. Ons sien hulle moeilik raak, want hulle kruip weg in ons persoonlike lewe, kultuur en godsdiens. Jona se verhaal leer ons dat hierdie gode ons uiteindelik sal vernietig as ons hulle nie vind en vernietig nie.

Preke Aanlyn by http://goo.gl/JyFAMg en in CD-formaat beskikbaar

Eredienste Duxbury: 09:30 Paul Grobler Skriflesing: Matteus 25:31-46

Sang: Ps 147:1-3 Sb 10-2 (Onse Vader) Sb 18-6:1-5 (Ek sien ’n nuwe hemel kom) Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: Matteus 12:38-41 Sang: Lb 151:1, 2 (staan) Ps 119a: 4, 11, 13 (sit) Sk 12-3:1-2 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Residentiasaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Dissipelskapkafee 20 & 27 Oktober Handelinge 2:47 “terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is”


Maandag: Skole heropen UP lesings begin 18:00 Klassis Oostelike Pretoria Dinsdag: 18:00 Juventis Dagboek Woensdag: 18:00 Diakonie 19:00 Kerkraad Voorbladfoto: Powder Blue Tang Fish

Donderdag: 18:00 Jeugbegeleiding en Katkisasie

Ter approbasie As diaken: Willem Reyneke

Gelukwense

Naasteliefde

Die winter is verby, die reën is weg. Die wêreld is vol bloeisels. Die tyd het gekom on te sing. Hoor hoe koer die tortelduiwe die hele land vol (Hooglied 2:11-12).

Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

12/10 14/10 14/10 14/10 14/10 15/10 16/10 16/10 16/10 17/10 18/10 18/10 18/10 18/10

Jan Lidia Gwen Janneke Marco Contessa Heleen Elizabeth Andrea Marcel Bernard Roné Pieter Nina

Dekker de Wet Hussem Nortje v.d. Hout Kruger Ferreira Koekemoer Viviers Bolsens Hellberg Pretorius v.d. Mescht v.d. Walt

079 897 3943 083 260 3772 083 441 6461 082 761 2925 082 958 1222 082 464 2690 072 850 5425 082 640 2998 082 568 7085 082 892 3328 083 346 9574 076 898 5699 084 417 5456 012 348 8210

Dissipelskapkafee 20 & 27 Oktober 2 Timotheus 3 1-5 1. MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 2. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, 3. sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, 4. verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; 5. mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Sestigplussers Die volgende byeenkoms vind plaas op 23 Oktober. Hou Hart & Hand dop vir meer besonderhede.

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

Voorbidding:

Rusland

Bid vir ’n groot vrag literatuur wat na Azerbaidjan vervoer word. Daar bestaan ’n groot behoefte hieraan. Bid dat hierdie hulpbronne die hande en harte sal bereik van diegene wat deur die Here hiervoor voorberei en bestem is.


Koninkryksperspektief

Dissipelskapkafee Oktober 2014 DATUM

TEMA

6/10

Vakansie

13/10

Klassis Sal aangekondig word

20/10

Koninkryksperspektief ’n Soso-ekonomiese benadering Koninkryksekonomie ’n Sosio-ekonomiese benadering

27/10

AANBIEDERS

Louis en Hugo Louis en Hugo

Die geregtigheid van God (om in sy weë te wandel en in 'n goeie verhouding met Hom te leef) verwys na alle aspekte van die lewe. Christene se lewenstyl moet hulle van die res van die van die wêreld onderskei. Dit behels  Individuele perspektief  Gesinslewe  Onderwys, opleiding en opvoeding  Sosiale lewe  Ekonomiese en finansiële sake  Invloedsfeer  Dissipelering Lees 2 Timotheus 1-5 en besin oor jou perspektief. Tydens die Dissipelskapkafee byeenkoms op 20 Oktober 2014 word hieroor gesprek gevoer.


Die volgende krisis in die distrik wat nou aandag moet kry, is watervoorsiening aan plaasboere en hul werkers asook die versorging van die veekuddes. Dit sluit in die vervanging van waterpype en toerusting, omheinings en ook die vervoer van hierdie voorraad en toerusting. Die diakonie van GK Harrismith het nog noodfondse beskikbaar en sal dit onder meer vir hierdie doel aanwend. Die regering het reeds die gebied tot rampgebied verklaar en daar word hulp van die regering verwag. Die probleem is egter dat die regering Foto: NETWORK 24 aangedui het dat dit sowat 40 tot 60 dae sal neem om opnames te maak waarná dan eers Terugvoer – besluit sal word wie word in watter mate gehelp. Brandhulp vir Harrismith Enige verdere bydraes sal steeds as hulp aan ’n Met die fondse wat uit verskillende bronne ontvang gemeenskap in groot nood waardeer word. is, kon die diakonie van GK Harrismith hulp ten Ons is dankbaar vir die Here se voorsienning. bedrae van sowat R110 000 verleen vir:  hulp aan gesinne wat alles verloor het, Bankbesonderhede is soos volg:  veevoer en die vervoer daarvan, Bank: FNB  veeartsenykoste en veemedisyne, Rekeningnaam: GK Harrismith  asook ’n bedrag aan die Harrismith Rekeningnommer: 62348706021 Noodlenigingsfonds. Verwysing: Noodfonds Bogenoemde hulp het gehelp om die onmiddelike Brande nood in die gemeenskap te verlig.

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Finansies: Ontvangste 2014-2015 finansiële jaar MAANDELIKSE

BEGROTING

R246 450

AUGUSTUS

Tydperk

MAART-JULIE 2014 BEGROOT

R1 232 250

werklik

R1 200 633

TEKORT

R31 617

DANKOFFER

R116 000

Ontvangste Maart-Julie 2014

NETTO INKOMSTE

BILTONGFEES

R110 000


SOSIAAL Verjaarsdagtee Nog net een keer “Nog net een keer Here,” onderhandel jy in gebed. “Maak my gesond/gee my ’n kind/maak my kind gesond, dan sal ek my lewe vir U gee.” Jy is magteloos oor ’n situasie wat jou lewe tot stilstand geruk het. Jou uithou het opgehou. Hanna onderhandel suksesvol met die Here in Samuel 1 oor ’n kind wat later een van die groot geloofsfigure in die geskiedenis sou word. Hiskia kry 15 jaar grasie nadat hy dodelik siek geword het (2 Konings 20:1-11) en ontvang die belofte dat die stad gered sou word. God het vergewe en het ’n groter doel gehad wat nie een van die mense sou verstaan nie. In soveel gevalle bly ons versoek in daardie stadium onbeantwoord. Die kitsoplossing waarvoor jy vra, voel soms ’n soos ’n permanente stilte. Dit voel onmoontlik om te aanvaar en te oorleef. Tog dra God ons tree vir tree en gee soms die antwoord as ons dit die minste verwag. Mag almal wat die week struikel onder die vrag, die krag kry in die wete dat die kruis reeds gedra is en onderhandelings nooit weer nodig is nie.

DIE AULA Vrydag 24 Oktober om 18:30

’N FEES VAN

ONS BESTE DUETPARE Jannie Moolman en Corlea Botha Burgerd (van Romanz) en Zita (“Ons Lieflinge”) Willie en Natasha Joubert Kaartjies by info@duetfees.co.za of 082377 1112 Gereformeerde Kerke Bergsig en Andeon (620 kaartjies reeds verkoop)

Sondag 19 Oktober 2014 Kom VIER jou VERJAARSDAG saam met die hele gemeente. Sal almal wat in Oktober, November en Desember verjaar asb. ’n bordjie handeetgoed bring. Agapé-diensgroep voorsien lekker koffie, tee en koeldrank. Kom kuier gesellig saam en leer ’n paar nuwe gemeentelede ken asook die wat verjaar!

GK Rietvallei Koop-enKuier-fees Op 1 November vanaf 08:00 tot 15:00 word die dag aangebied ten bate van evangelisasie met allerlei stalletjies en vele pret. Daar sal parkering by Hoërskool Waterkloof beskikbaar wees.

GK Pretoria-Wes bied aan: Jac de Priester Wanneer: 8 November 18:00 Ete 19:00 Vertoning Koste: R150 (ete ingesluit) R120 (ete uitgesluit) R50 Laerskoolkinders (ete uitgesluit) Waar: NG Kerk Oosterlig Learstraat 469, Waterkloof Glen Kontakpersone: Marié Weideman by 082 872 2510 Epos: mmwe123@gmail.com Marié Barnard by 082 925 2677 E-pos: mariebarnard35@gmail.com

Kan iemand dalk help? Die diakonie soek ’n tafel/tjie en 1 of 2 stoele vir iemand om by te eet en ’n sitstoel of bank. Kontak Petra de Klerk by 082 553 8602.


Die Evangelie se toets

Lukas 10:25-37 Chris de Beer (Preek-uittreksels: Sondagoggend 5/10/2014) ’n Wetsgeleerde wou vir Jesus toets met ’n strikvraag: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Wat hy nie geweet het nie was dat Jesus op pad was om hom te toets. Die vrae in Jesus se vraestel is soos volg: 1. Verstaan jy die probleem van jou eie vraag? Jesus probeer die wetsgeleerde daarop wys dat sy eie geregtigheid hom nie kon red nie. Hy is soos die man in die verhaal wat besig was om te sterf. Hy het hulp van buite af nodig anders sal hy nie gered kan word nie. 2. Verstaan jy die oplossing? ’n Barmhartige Samaritaan reik uit om die man te red. Die wonderlike nuus is dat ons ook ’n barmhartige Samaritaan het wat ons gered het 2 000 jaar gelede. Daarom staan daar: Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit sy genade is julle gered (Efesiërs 2:4-5). 3. Wat beteken dit vir die praktyk? Jesus eindig met die woorde: “Gaan maak jy ook so…” Wanneer iemand die barmhartigheid begryp wat God aan ons bewys, kan hy of sy nie anders as om barmhartigheid aan ander te bewys nie. Jakobus getuig hiervan wanneer hy skryf: Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: ‘Mag dit goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,’ maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood (Jakobus 2:15-17).

Lees ... in hierdie uitgawe van Die Kerkblad 

“Wat op die preekstoele van ons kerke gebeur, sal die vraag beantwoord of ons nog gereformeerd is.” Lees wat prof Callie Coetzee skryf oor die onderwerp: “Wat is Gereformeerde prediking?”  Gereformeerde spiritualiteit ken die uitsig op die Drie-enige God. Dis nie ’n ingewikkelde leerstuk nie; dis by uitstek prakties en deel van ons lewe. Dr Jan Hoek brei in sy derde artikel verder uit oor gereformeerde spiritualiteit.  Na aanleiding van die afgelope tyd se berigte in die media oor die rol van “godsdiens” in die skool, skryf dr Marina van Loggerenberg oor hierdie belangrike onderwerp.  Ds Carel Jansen skryf in hierdie uitgawe oor die komende Algemene Sinode, en waaroor die kerke moet besluit. EN NOG BAIE MEER Teken in op Die Kerkblad. Skakel Angie Mokobi by 018 297 3986 vir meer besonderhede; e-pos tydskrifte@gksa.co.za

8 November 2014 Vriende van Cachet

Oud-Cachetters kuier saam. Kom kuier weer saam met ou vriende. Heerlike skaap op die spit, soos net Cachet kan! 8 November 2014 om 17:00. R120 pp, kinders onder 12 @ R30. Plek: Geref Kerk Rietvallei Bring eie drinkgoed en eetgerei. Sopie: 082 873 5942 / Grandi 082 094 4995 / Mari-Louise 076 234 4330


ADVERTENSIES 1. AFRI-DUETFEES KAARTJIES

6. SAIPA-KLERKSKAP

Ek het twee kaartjies bespreek vir die AfriDuetfees (N32 en N33) op 24 Oktober in die Aula. Dit word gereël deur die Gereformeerde kerke Bergsig en Andeon. As jy sou belang stel om dit by my oor te neem teen R300, skakel Loraine asb by 082 874 6398.

Gevestigde rekenmeesterspraktyk in Pretoria, Magalieskruin benodig Saipa-klerke. Stuur asseblief CV’s na Service@prispek.co.za of kontak Gerhard Labuschagne by 012 567 5502.

2. WEGGOOIDOEKE EN ANDER PRODUKTE VIR VOLWASSENES

Molicare, Clemens, Tena, ens. Doeke, sanitêre doekies en Linen Savers. Goeie pryse en aflewering in Pretoria, 48 Adults Wetwipes vir R35. Kontak Magda indien u enige inligting benodig oor produkte by 082 322 6117 of 012 567 6996 (10:00-18:00).

3. TYD VIR ’N WEGBREEK? Eenheid by Mabalingwe beskikbaar 21-28 November 2014: pragtige uitsig, patio en braai, swembad baie naby chalet. R870 per nag – slaap 6 volwassenes - 3 slaapkamers, 2 badkamers. Foto’s op navraag. Kontak Fanus by 083 376 8274.

4. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’

Verbeter u gehoor by Liza van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir ’n gehoortoets in Menlopark. Skakel ons by 012 346 0511 vir ’n afspraak.

5. FASILITEERDER BENODIG ’n Jong dame of student word ’n paar uur per week benodig as fasiliteerder en hulp met Kirstin. Kontak Amalia Altin by 082 895 4230 of amalia.altin@axxess.co.za

7. KUNSKLASSE

Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of renne@live.co.za

8. HUISHULP BESKIKBAAR Mita is op soek na ’n nuwe werk, aangesien haar vorige mense weggetrek het. Sy doen strykwerk, huis skoonmaak en wasgoed was, en kan ook so ’n bietjie kos maak. Kontak Mita by 076 226 9919 of Renske van Heerden by 079 969 4949.

9. MOTOR TE KOOP Te Koop: Wit 2007 Ford Ka 1.3 Trend 118 000km, radio/CD, kragstuur, lugsak, lugverkoeling, ABS, “anti-smash and grab” op vensters, volledige diensrekord beskikbaar by Ford. Onlangs vir groot diens gegaan. Uitstekende toestand. R45 000 Kontak: Madri van Biljon by 072 643 9081.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 chris@gkbrooklyn.org.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum 12 Okt

Plek Duxbury

Diensbeurt Ouderling Henk Welman Diaken Steyn van Wyk

12 Okt

Troyestr

Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

19 Okt

Duxbury

Ouderling Hannes Grobler Diaken Walter v.d. Merwe

19 Okt

Troyestr

Kollekte Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds

Skinkbeurt Dalina

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Janneke en Petra

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum)

012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfieldtak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.