13 Julie 2014
Hart
&
Hand
Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens
Wanneer jy iets groots aanpak. Christoff Pretorius (leesdiens)
Wat is ‘n mens se instinktiewe reaksie as jy iets groots wil aanpak? Jy storm in, basuin jou planne uit, gryp die eerste beste mense…en begin van ‘n kant af werk! Hoekom nie Nehemia nie? Wat kan ons by Nehemia leer oor hoe om ons werk aan te pak. Aanddiens
Die Verseëling deur die Lewende God
Ds Fanus Heystek Hoe bly gelowiges in Moslemlande staande in hulle geloof? En wat van die student wat onder ‘n ateïstiese proffie studeer? En wat van ons wat voortdurend aanvalle op Jesus, die Bybel en die kerk moet aanhoor? Hoe volhard ons as baie om ons begin twyfel, val of negatief raak?
Voorbidding: Irak Daar is ‘n lang geskiedenis van God se verkose mense wat in stede soos Bagdad en Mosoel (Nineve) woon; daar word geglo dat Abraham gebore is, in wat vandag bekend staan as moderne Irak. Net ‘n dekade gelede, was Irak die tuiste van een van die grootste Christengemeenskappe in die Midde-Ooste. Maar vandag, weens oorlog en verdrukking, is daar ‘n massa eksodus aan die gang en Christenskap is op die rand van uitsterwing. Bid tydens Ramadan dat Irak weereens die ware Koning sal aanbid.
Eredienste Duxbury: 09:30 Christoff Pretorius (Leesdiens) Skriflesing: Neh 2 Sang: Sing PS 33 1,2 en 6 Ps 92:1,6 (Du Toit, tweede melodie) SB 9-3:1,2 Ps 100:1,3 Ps 18:1,14 Duxbury: 18:30 Ds Fanus Heystek Skriflesing: Openbaring 7:1-3 en 13:3 - 8 Sang: Ps 84:1 + 6 Lb 163 Sk 5 – 4:1, 5 + Troyestraat Christelike Sentrum: 09:00 (kerk) 10:00 (Residentiasaal) Hierdie dienste word gereël deur die Hervormde Kerk
New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau
Brooklyn
Geen aktiwiteite vir die week nie. Deeltydse koster Indien daar iemand is wat bereid is om nauurs en naweke in te staan as koster inedien daar ’n krisis is en Frans nie beskikbaar is nie, kontak Rentia by 082 775 6907.
Dagboek
Troyestraat Christelike Sentrum
Geen Bybelstudie in die vakansie nie.
Naasteliefde
Gelukwense
U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe. (Psalm 23:6).
Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyngemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons "siek" mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om van ons diens gebruik te maak en ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.
07/13
Huibrecht
Botha
082 613 3683
07/13
Phillip
Buys
079 696 8891
07/13
Zelné
Minnaar
083 987 6522
07/13
Isca
Stoltz
076 539 8311
07/13
Hanlie
Van Zyl
082 770 4159
07/14
Phillip
Louw
082 469 4517
07/14
Monica
Venter
078 664 2695
07/15
Nicolaas
Steenekamp
082 922 3849
07/16
Carl
Altin
072 271 0007
Kerkregering
07/16
Chris
Bos
082 879 7700
07/16
Tjaart
Coetzee
082 674 8151
07/17
Lené
Opperman
082 490 3934
07/17
Hermann
Pretorius
079 875 4290
07/18
Ilse
De Villiers
083 310 7436
07/18
Joggie
Fourie
012 342 7994
07/18
Amelia
Van Den Berg
083 458 0622
07/19
Sarina
Greyling
082 924 4141
07/19
Jorita
Nienaber
083 514 8264
-vervolg van bladsy 6 liggaam (kerk) funksioneer en daarom luister elke kerklike vergadering na die Woord. Meerderevergaderings het ten doel dat meer gelowiges saamluister na wat die Hoof, Christus, in die Woord sê. Wanneer ons dus praat van “GKSA” (die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika) erken ons die kerke plaaslik, wat die gemeenskaplike geloof uitleef (in kerkverband). 3.5 Verhouding kerk en staat Kerk en staat word onderskei van mekaar. Kerk is nie in diens van die staat of omgekeerd nie. Kerk (as gelowiges) ontken nie die gesag van die staat (bv. in gehoorsaamheid aan sy wetgewing) nie, maar kerk en staat funksioneer elk op sy eie Godgegewe terrein (Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 36; Mat 22:21; Rom 13:1-4; 1 Pet 2:13-17). Die kerk meng nie in in die verantwoordelikhede van die staat nie, maar het wel die roeping om die getuienis van die Woord oral te laat hoor, ook teenoor die staat en vir die staat voorbidding te doen (vgl.
Administrasie op Sondae Baie dankie aan Arnline Kuun wat ingestem het om Marga Koelman op Sondae met die adminstratiewe werk behulpsaam te wees. Ons waardeer dit baie!
Gereformeerde Skool Dirk Postma ’n Opedag word aangebied op 14 Augustus 2014. Graad 000 tot graad 12 word onderrig by dié skool, wat geleë is in die Moot. Vir meer besonderhede kontak die skool by 012 332 3222.
Sestigersplus
Die volgende byeenkoms vind plaas op 24 Julie. Hou die volgende Hart en Hand dop vir meer besonderhede. Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 36
BILTONGFEES Nader asseblief die volgende persone: Vir besprekings van tafels of individuele plekke en kaartjies: Bets Engelmohr by
O die donkie Dis nie net Chris Blignaut se donkie wat in die geskiedenis verewig is nie. In die Bybelse tyd word die donkie as ʼn belangrike vervoerwyse beskou. In die Tien Gebooie word daar na die lasdier verwys as een van die dinge wat nie begeer mag word nie (Exodus 20:17). Bileam se donkie wys hom tereg (Numeri 22) en met ʼn eselskakebeen slaan Simson ʼn duisend Filistyne dood. (Rigters 15) Ons kan goed met donkies assosieer – as pakdonkie met almal se bagasie dra of as bakkiespompdonkie wat vir die res van my lewe al in die rondte loop en uitkom nie. “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie” profeteer Sagaria. Dit word waar as Jesus Jerusalem op Sy laaste tog binne ry. Dieselfde mense wat hom prys en klere voor hom op die pad gooi, laat hom later kruisig. Die donkie word verhoog bo al die diere as hy die Meester vervoer en ons word gered deur Jesus wat die lydenstog volvoer het.
Ontsnap die roetine Agapé het ’n splinternuwe groep begin... die “Groep-SonderNaam”. Oud en jonk, manne en vroue, getroud en ongetroud, lidmate en vriende en familie van lidmate word uitgenooi om op elke tweede Donderdag van die maand van 09:00 tot 12:00 te kom ontsnap van die gewone oggendroetine en genotvolle uurtjies saam met ander in die kerksaal te kom geniet. Sleep jou buurman saam en kom speel daardie lank-beloofde potjie skaak hier saam met ons oor ’n lekker koppie koffie of tee of bring daardie lank-vergete handwerkie saam. Jy is ook baie welkom om sommer net te kom kuier en gesels en al kan jy net van 10:00 tot 11:00 kom, is jy steeds baie welkom om oë te kom wys. Ons wil jou graag hier sien en saam met jou kuier!
Datums vir 2014 - 10 Julie - 11 September - 9 Oktober - 13 November
082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5847, Wina Cameron by 082 859 5216 of Annalie Grové by 082 879 6654: Vir skenkings en algemene navrae: Fanie van der Schyff by 083 446 6096, Wina Cameron by 082 859 5216, Danie Eloff by 083 952 4764, Frikkie Labuschagne by 073 733 0799 of Jaco Marais by 082 491 6204. Dankie vir almal se ondersteuning en voorbidding! Wina Cameron
Alle lidmate en ampsdraers word hartlik uitgenooi na: die 3de OPBOU- EN UITBOU KONFERENSIE van die STREEKSINODE PRETORIA
Saterdag 2 Augustus 08:30 – 14:00 GEREF KERK ANDEON Inleiers: Ds. Flip Buys, Douw Breed, Wim Vergeer, Chris de Beer. R50..verversings en heerlike ete ingesluit. Skakel Ds Johan Nel 076-065 6347 of skryf in by die kerkkantoor of by jou dominee.
Dissipelskapkafee
Program: Julie tot September 2014 Datum Julie 21 28
Onderwerp
Spreker
Dissipelskap in die huis : Jesus se gesin Dissipelskap in die huis : Kindwees in die gesin
Paul Paul
Augustus 4 11 18 25
Agapé-vergadering Museums en die Bybel: Artifakte wat die Bybel en godsdiens belig Die Bybel: Geskiedenis van die Bybel Die Bybel: Hoe moet ek die Bybel lees?
Gerrie Paul Paul
September 1 8 15 22 29
Agapé-vergadering Die Liefdesdriehoek Die Liefdesdissipels (1 Johannes 1-5) Liefde met grense Moet ek nog my sonde bely terwyl Jesus reeds daarvoor betaal het?
Fanie Fanie Fanie Fanus
Help asseblief! Die nood is steeds groot
Beroeping van predikant ter approbasie.
Daar is steeds groot nood in Rustenburg en omgewing al is die mynstaking verby. Die diakonie skakel met gemeentes in Rustenburg en vra daarom hulp in die vorm van kosskenkings: nie-bederfbare kos soos blikkiesvleis, blikkiesvis, blikkiesgroente, langlewemelk, pasta, rys, tee, koffie en suiker. Hierdie kos kan in die kombuis op die bedienluik geplaas word, sodat dit nie verwar word met ons koshulp aan Eljadahuis nie. Indien u liewer kontant wil gee, kan dit in die kollektesakkie geplaas word - duidelik gemerk: RUSTENBURG.
Ds C de Beer van Boksburg-Suid is beroep na Pretoria-Brooklyn as medeleraar. Hy moet teen 27 Julie ‘n antwoord deurgee.
Baie dankie, ons vertrou ons gaan ’n groot reaksie van ons gemeente kry soos in die verlede wanneer daar ernstige nood is. Diakonie
Enkellopende en jonggetroude diensgroep Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé asb. by 072 546 4612.
Kerkkantoor Let asseblief daarop dat Rentia steeds by die huis herstel na haar skoueroperasie en dat Ela gedurende hierdie tydperk in die kerkkantoor sal wees van 08:00 tot 13:00.
Die Kerkregering in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika 1. Vertrekpunt Die vertrekpunt en basis vir die kerkregering is die Bybel, as die primêre Bron (“grondwetlike” reg of normerende norm). Hoe ons die Bybel moet verstaan, word in die Belydenis uitgespreek (bv. Die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikels 30-32). Vir die praktiese uitlewing hiervan het ons die Kerkorde (bekend as die bedienende reg of bedienende norm). Die Kerkorde, vasgestel by die Sinode van Dordtrecht (1618-1619) en gewysig by verskillende Sinodes van die GKSA, lei ons om die reg van God en die regering van die Here Jesus in en aan kerke te bedien. 2. Kerkregering owerheid die gesag oor die kerk uit. In die wêreld bestaan verskillende Die independentistiese kerkregering: hierdie stelsel oorbeklemtoon die selfstandigheid van die kerkregeringstelsels: Die Roomse kerkregering: die kern hiervan is dat plaaslike kerk so, dat elke gemeente self oor sy die Pous die hoof van die kerk is en naas die doen en late besluit en niemand anders in ag hoef te neem nie. Bybel die finale gesag het. Waar die amp Die kollegialistiese kerkregering: die plaaslike (priester) teenwoordig is, daar is die kerk. Die Lutherse kerkregering: in sy wese word geglo kerke is eintlik takke van die hoofkerk, omdat die dat die kerk onsigbaar is, maar daar kerk tot stand gekom het deur die vrywillige waar gelowiges saamkom, oefen die plaaslike keuse van mense. -Vervolg op volgende bladsy almal saam (opgetel) vorm dan die kerk. Hulle owerheid die gesag oor die kerk uit.
Kerkregering
Vervolg van vorige bladsy Hulle kom saam in gemeentes en almal saam (opgetel) vorm dan die kerk. Hulle sou kon praat van “die kerkverband” asof die groter struktuur die kerk is. Die presbeteriale kerkregering: die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika volg hierdie vorm van kerkregering omdat dit op sekere Skrifpilare gebou is. 3. Die pilare waarop die gereformeerde kerkregering gebou word Pilare is die draers van ʼn brug. In elke brugontwerp word ʼn aantal pilare vereis sodat die brug aan sy doel kan beantwoord: bv. om vir die toekomstige jare daagliks ʼn getal voertuie in beweging, te kan dra. As ons in die kerkregering van pilare praat, dan voorsien die Bybel die pilare waarop die kerk gebou is, om in die daaglikse aktiwiteit in beweging te bly, d.w.s. dat die kerk in hierdie wêreld as kerk kan funksioneer om getuies te wees van Jesus Christus. Ons erken 5 pilare waarop die kerkregering gebou is: 3.1 Die plaaslike kerk is selfstandig Ons bely in die Apostoliese Geloofsbelydenis: “Ek glo aan ʼn heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van heiliges.” Met hierdie belydenis word twee openbaringskante van die kerk erken: universeel of wêreldwyd is die kerk liggaam van Jesus Christus (Hd 9:31; Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 27). Die heiliges (gelowiges) vergader plaaslik (op ʼn bepaalde plek) as ʼn gemeenskap, as kerk. Elke plaaslike kerk is volledig openbaring van die liggaam van Jesus Christus op ʼn bepaalde plek, waar God elkeen in die liggaam gevoeg het (1 Kor 12:12-14, 18 & 27; Op 2 & 3). 3.2 Christus is Hoof van sy kerk Jesus Christus is, op grond van sy offer aan die kruis en sy opstanding uit die dood, verhoog “tot die hoogste eer” (Filp 2:9) en daarin ook aangewys as Hoof van die kerk (Ef 1;22 en Kol 1:13 & 18). Daarom is die Here Jesus Christus die enigste Gesagsdraer in die kerk, universeel en plaaslik. Vanuit die Bybel het geen ampsdraer of kerklike vergadering gesag nie. Alleen Christus het gesag en ampdraers is in diens van Christus om met hulle hele hart te doen wat hulle Hoof wil hê. Christus maak sy gesag bekend deur die Heilige Gees en sy Woord (Bybel) (vergelyk Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 29).
Elke gelowige en alle gelowiges saam, buig voor Hom en erken dat Hy die Here is (Filp 2:11). 3.3 Christus se regering word deur die ampte bedien
Jesus Christus, die Hoof van die kerk, maak van mense gebruik om sy gesag in en aan kerke te bedien. Die Kerkorde (artikel 1) sê dan, op basis van die Bybel (1 Kor 14:33 & 40), dat Christus die dienste/ampte gegee het vir die goeie orde in die kerk. Dat elkeen op die plek waar God hom/haar geplaas het (1 Kor 12:18), sinvol sy/haar gegewe taak kan uitvoer (waarvoor die Heilige Gees die gawes gee) (Rom 12:4-8; 1 Kor 12:4-6; Ef 4:7, 1 Kor 12:28). Die dienste/ampte is persone aan wie Christus ʼn bepaalde taak gegee het om die ledemate/ lidmate toe te rus vir hulle dienswerk vir die opbou van sy kerk (Ef 4:11-13). Hulle funksioneer as ligamente binne die liggaam van Christus (Kol 2:19). Wanneer die kerk (gemeenskap van heiliges) bymekaarkom deur die verkondiging van die evangelie (Heidelbergse Kategismus, Sondag 21:54) moet daar ouderlinge (presbiters) aangewys word (Hd 14:23; Tit 1:5) om Christus se versoening en regering aan gelowiges te bedien. Hierdie ouderlinge saam word die kerkraad (presbeterium) genoem (1 Tim 4:14). 3.4 Kerke leef in kerkverband met mekaar Al is kerke selfstandig, bely ons steeds “ʼn heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van gelowiges ” (Apostolicum). Die gemeenskap van gelowiges word wyer as net die plaaslike kerk uitgeleef. In sekere sake het meer as een plaaslike kerk dieselfde belang. Daarom dat die kerk (gemeente) in Antiogië hulle medegelowiges in die kerk in Jerusalem opgesoek het (Hd 15) om ʼn saak wat al die kerke raak, te hanteer. Benewens die mees primêre vergadering, die kerkraad, kom kerke in kerkverband bymekaar vir sake van gemeenskaplike belang. Vanuit die Skrif (Hd 15) raak dit beginselsake of die hoofsake/hoofinhoud van die leer (vergelyk die inleiding tot die Nederlandse Geloofsbelydenis) wat alle gelowiges raak. Kerke leef met mekaar saam in kerkverband hoofsaaklik in meerderevergaderings (klassis, streeksinode, algemene sinode). Die meerderevergaderings het nie hoër gesag as die plaaslike kerk nie, omdat Christus die Hoof is. In sy Woord openbaar Hy aan ons hoe Hy wil dat sy – vervolg op bladsy 2
ADVERTENSIES 1. HUISVESTING BESKIKBAAR Huisvesting is tans beskikbaar in Monumentpark vir ’n student of jong werkende man of meisie. Ruim slaapkamer met en suite-badkamer, kombuis en gemeenskaplike sitkamer. R2 500 p.m. ongemeubileerd (kan ook gemeubileerd gehuur word). Huur sluit in water en ligte, gratis internet en veilige parkering. Vir navrae kontak Paul Grobler by grobler.paul@gmail.com
2. GEMEUBILEERDE KAMER
8. VAKANTE POS
Klein, gemeubileerde kamer met eie ingang en eie badkamer beskikbaar in Menlopark, 2km van UP. Water en ligte ingesluit. Geen kombuis, ontbyt onderhandelbaar. R1 900 p.m. Dadelik beskikbaar. Kontak Mia by 082 443 0760.
’n Prokureursfirma is dringend op soek na ’n persoon vir ontvangs en administratiewe werk. Vereistes: tweetalig, eie vervoer, goeie telefoonetiket, moet onder druk kan werk, verkieslik regsagtergrond hê. Salaris: onderhandelbaar. Faks kort CV en salarisverwagting na 086 539 7230.
3. TE KOOP
Goeie werkende elektriese stoof (oond, plate en suigwaaier) in vlekvrye staal-afwerking asook ’n wit porseleinwasbak met voetstuk te koop vir R2 000. Kontak Gerda by 083 625 6353 .
4. KAMER TE HUUR
Erla van der Walt het ’n kamer te huur vir ’n damestudent van 1 Augustus 2014. Dis binne loopafstand van UP en daar is parkering beskikbaar. Kontak Erla by 076 840 3731.
5. DIE WASLYN Unieke wasdiens aangebied: Ek kom haal u gordyne af! Ons was, droog en stoomstryk dit. Daarna kom hang ek weer u gordyne op. Tevredenheid gewaarborg! Kontak Keith by 078 296 4596. 6. HEERLIKE GESONDHEIDSBESKUIT Student in hotelbestuur verkoop beskuit vir ekstra geld – 1kg @ R60. Plaas asseblief bestelling vooruit. Kontak Marié by 079 523 0185.
10. OPSIGTERSWERK BESKIKBAAR Daar word dringend gesoek na ’n betroubare egpaar vir opsigterswerk by ’n woonstelgebou in Arcadia. Baie netjiese gebou in Johannstraat. Vereistes: goeie menseverhoudinge en moet inwoon. Vergoeding: onderhandelbaar (óf gedeelte van huur óf vaste salaris). Kontak Renate gedurende kantoorure by 012 481 6060.
11. VERBLYF VIR MANSTUDENT
Enkelkamer met badkamer en instapkas. Eie ingang en motorafdak. Goeie sekuriteit. Naby UP-kampus en mediese kampus asook Gautrein-busroete. Huur van R2 2000 p.m. sluit in elektrisiteit en water asook wasgoed- en skoonmaakdiens. Skakel Joan by 082 570 1778.
12. OUDIOLOЁ BY DIE ‘HEARING HUB’
17–24 Aug en 25 Aug–1 Sep
Verbeter u gehoor by Liza Van Wyk Oudioloë. Kom gerus vir `n gehoortoets in Menlo Park, Pretoria. Vir `n afspraak, skakel ons by 012 346 0511.
Kom ervaar die nostalgie van die Weskus en die towertapyt van Namakwaland. Baie hoogtepunte! Slegs R7 640 p.p. wat deel. Vir inligting en besprekings kontak Elzette Minnaar Toere by 012 546 0770.
Webtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za
7. NAMAKWALAND EN WESKUS:
ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.
Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)
E-pos
WEBtuiste
012 542 3662 073 777 1254 fansan@lantic.net
Philip Loots 082 614 9415
Reëlings
13 Jul
20 Jul
20 Jul
Duxbury
Diensbeurt Ouderling Ivan Altin Diaken Hannes Welman
Troyestr
Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël
Duxbury
Ouderling Louis de Klerk Diaken Hendrik J v Rensburg
Troyestr
012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za (Troyestraat Christelike Sentrum)
Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:
13 Jul
(Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )
Fanus Heystek
Sondae Administrasiehulp
Plek
Fanie van der Schyff
kantoor@gkbrooklyn.org.za
www.gereformeerdbrooklyn.co.za
Datum
Predikante verbonde aan die gemeente:
Ouderling
Kollekte
Skinkbeurt
Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds
Janneke
Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstroom Teologiese Studentekas
Sanet
Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)
082 971 2725 mashautd@gmail.com
Ds C de Beer van Boksburg-Suid is beroep na PretoriaBrooklyn as medeleraar
Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!
Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).